Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

50
Dames met Charisma SONSASIE EERSTE UITGAWE 2014 Gaan jy staan vir HK of Mentor? Ons gee raad! The ‘inside scoop’ on what it takes to make the cut and fulfil your duties. ‘We’ll always have Paris’ - What to see, do and experience in France. Plus we share some studying opportunities abroad. Read more inside... Van Ronnie’s Sex Shop tot Karoo koue en warm wyn: Ons vertel meer van die KKNK toer. DANS DANS DANS Ons ‘show af’ met Stellenbosch se mooiste meisies. Wie, wat, waar en hoe? Ons leerken die Eerstejaars...

description

Sonop vertel hoe haar Eerste Semester van 2014 was. Hoe, waar, wat en hoekom...sowel as 'n paar inspirerende idees en onvergeetlike oomblikke. Geniet hierdie uitgawe van Sonsasie!

Transcript of Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Page 1: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Dames met Charisma

SONSASIE EERSTE

UITGAWE 2014 Gaan jy staan vir HK of Mentor?

Ons gee raad! The ‘inside scoop’ on what it takes

to make the cut and fulfil your duties.

‘We’ll always have Paris’ -

What to see, do and experience in

France. Plus we share some studying

opportunities abroad. Read more

inside...

Van Ronnie’s Sex Shop tot Karoo

koue en warm wyn: Ons vertel

meer van die KKNK toer.

DANS DANS DANS –

Ons ‘show af’ met Stellenbosch se

mooiste meisies.

Wie, wat, waar en hoe?

Ons leerken die

Eerstejaars...

Page 2: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Lewe sonder ‘n Lysie

Nuwejaarsvoornemens is die duiwel in my eerlike opinie. Teen die tyd van die jaar voel ek soos

‘n harde verloorder in die spel genaamd die lewe. Maar nouja, êrens lê my lysie van ‘dreams and

hopes’ vir 2014 en my hoeveelheid voltooide pogings is soveel minder as my suksesvolle

pogings, dis relatief hartseer. Tog is ek bevoorreg genoeg om nou hier te sit op ‘n stoep in

Glentana, met ‘n glas wyn in die hand en vriende wat ek op universiteit ontmoet het, saam met

wie ek ‘Born in the USA’ ongeskik hard sing... En ek besef hoe gelukkig ek is om so iets te kan

doen, al was dit nie eers op ‘n lysie nie. Die grootste bekommernis tans is die hoeveelheid bacon

wat ons kan bekostig vir ons brekkie môre oggend. En dan moet jy weet, die voorspoed verveel

jou.

Ons drome is op lysies neergeskryf, maar soms fokus ons so baie hierop dat ons die alledaagse

dinge dikwels miskyk, dinge wat selfs nog beter kon wees as daardie fantasie oor die toekoms

waarmee ons onsself vermaak. Hierdie uitgawe van die Sonsasie lê klem op hoeveel elke

Sonopper al reggekry het, deelgeneem het aan en ervaar het hierdie semester. Hoewel die

redaksie van ‘n gesonde dosis drome en planne skryf, maak ons seker om oomblikke wat reeds

verby is vas te vang. Sowel as oomblikke wat op ons wag. Sonoppers aspireer om op die HK te

dien, die regte trouman te ontmoet of om jou graad te cum. Dit is wonderlik en bowenal, nodig!

Maar wat maak jou universiteitsjare waarlik onvergeetlik?

I’m no expert when it comes to the the true meaning of life. I don’t pretend to know how to make

sense of our own surreal and fleeting time on this earth. What I do know is something my parents

taught me, something I had to learn the hard way. All you have is this moment. The small things

in life, the unplanned and seemingly uneventful evenings that tend to turn into the most

unforgettable memories. Those are the moments that make us who we are, that will inevitably

form part of our once in a lifetime experience of student life.

Page 3: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Make those little Sonop and Stellenbosch moments count. You don’t have to tick off all the

boxes on your list. Just tick off the one that really counts: I lived my life in 2014, felt and

savoured every moment.

Geniet hierdie uitgawe van die Sonsasie.

Linda Möller (Redaktrise)

Page 4: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe
Page 5: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

ONE LIFE. THIS MOMENT.

Page 6: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

In die uitgawe...

+ Eerstejaars Verwelkomingsweek

+ Eerstejaars Skindernuus

+ Tweedejaarsindroom

+ Koshuis, kuier en kolskoot keuses

+ Gaan jy dorp toe vanaand?

+ Feseste vir die koue winter

+ France, Mon Amour

+ Dans, dans, dans - foto’s

+ Sêrleier 2014

+ Ontmoet die sêr van 2014

+ Sonop KKNK toer

+ HK en mentors - the heart and backbone of Sonop

+ Toneelfees 2014

+ Slaag hierdie winter met ʼn gesondheidsonderskeiding

+ Winter wardrobe inspiration

Page 7: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Deur Annelet Rossouw

We, we don't have to worry 'bout nothing 'Cause we got the fire, and we're burning one hell of a something. They, they gonna see us from outer space, outer space. Met die woorde is Sonopwees letterlik in ons aangewakker. Met die eerste tree in Sonop het ons welkom gevoel. Welkom gevoel omdat ons weet in die Huis van Styl en Faam gaan soveel herinneringe oor die jare heen afspeel.

In die verwelkomingsweek het die HK hul goed van hul werk gekwyt deur ons as eerstejaars 24/7 besig te hou. Van matiesfietstoere, step-over-the-line, skakels, sokkies, fliek, Master Chef, Bondelsport, Colourfest, primont-voering, ensovoorts. Na die ver-welkomingsweek het elke eerstejaar tuis gevoel en begin om haar student-lewe as Sonopper voluit aan te vat.

People like us—we don’t Need that much, just some-

One that starts, Starts the spark in our bonfire hearts

Eerstejaars

Verwelkomingsweek

Page 8: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Kwaaiste HK : “Lene’ du Bois”, “Janri Geldenhuys”, “Jahne Maree”

Vensters in 3 woorde : “unforgettable”,”you-gotta-work-b!*#$”, “verby”

Beste van verwelkomingsweek: “Maties-fietsry”, “Prim-ontvoering”,”Majubaquadshower”

Gunsteling eetsaalkos behalwe Schnitzel : “Lasagne”, “Flapjacks”, “Mac’n Cheese”

Helshoogte ouens : “Mooi was nog nooit lelik nie”, “Beste tjomme”, “Oulike gwappe”

Lekkerste event van die skakels : “Salomi-sokkie”, “Blindfoldskakel”, Tennisbaansokkie”

Het jy nog kontak met mense wat jy by skakels ontmoet het : “NEE”, “JAAAA”

Het jy al jou studentekaart verloor : 30% = “JA”, 70% = “NEE”

Hoe voel jy oor Burn en Bonfire Heart? : “Ahh..tyd om op te staan”, “YEAH..finally

slaaptyd!”

Pretpakkies –beskryf dit : “Jolig”, “Gemaklik”, “Herinneringe”

Beoordeel die HK se groetmy uit 10 : “100”, “15”, “10”

Met Bondelsport, in watter koshuis wou jy nie wees nie : “Nulnerva”, “Urine”, “Ericapienk”

Noem Sonop se waardes: “Vryheid”, “Motivering”,

Verantwoordelikheid”, “Eenheid”,”Respek”

Page 9: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Eerstejaars Skindernuus

Jeanie de Klerk

Vir die seniors in die koshuis is dit soms moeilik

om die eerstejaars op te som, maar is die stories

wat rondloop en die skandes wat deur ons almal

gemaak word , hoe ons wil hê hulle ons moet

sien? Soms is skindernuus nie skandes nie, maar

die snaaksste ding wat in jou lewe al gebeur het.

Vir baie van ons is dit 'n nuwe en groot ervaring

om tussen al die mooi manne en meisies te kuier,

en soos ons almal weet is meisies nie die beste

drinkers nie, maar soms bring dit die grootste

genot as jy sien hoe iemand wat nooit sou drink

nie, so slukkie te veel gehad het.

Verwelkomingsweek/MAD²/Jool

'n Paar eerstejaars het egter nie 'n goeie voetjie

voor gesit in verwelkomingsweek toe 'n paar

heeltyd laat opgedaag het nie.

Mens sal dink teen die tyd wat mens

volwassenheid bereik dat jy nie meer wieletjies

nodig het vir fietsry nie, maar daar is bewys dat

van Sonop se eerstejaars nie kan fietsry nie.

Sonopdanse

As mens aan Sonopdanse dink sal daar altyd 'n

glimlag op jou mond kom. Dis die tyd wat ons die

meeste herinneringe maak en gewoonlik 'n goeie

storie het om na die tyd te vertel. Die tonge het

egter geklap toe 'n paar Sonop-meisies

(eerstejaars) amper geëet is tydens die

eerstejaarsdans. Daarom moet daar 'n paar

grondslag reels neergelê word vir danse in die

algemeen.

Kry vir jou 'n date

Mens gaan nie alleen na 'n dans toe nie, dis

kommin. Of jy wys net hoe gat daar in jou sosiale

lewe is. Verkieslik moet jou date kan dans. Dis

nou as jy hou van dans.

Maak seker jy sit aan 'n lekker tafel

Niemand hou van 'n akward tafel nie, en dis nooit

lekker as almal daar sit met 'n mond vol tande of

geselsies wil maak oor politiek nie.

Hou jou lippe by jou eie date

As jy voel dis nou tyd om in te tree, maak seker jy

kan sien wie jou date is. Dis akward as jou date

besig is om jou vriendin te vat en met almal

behawe jou tyd spaneer.

Page 10: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Sonop meisies "downs downs" nie

Dis nie lekker om te weet dat jy absoluut niks

weet van die vorige aand nie. Alkohol verhoed die

funksie van jou lewer, en daarom wil baie meisies

die badkamer gebruik. So moenie langs die toilet

slaap as die ander graag die badkamer wil gebruik

nie.

Weet waar jy bly

Mens word in graad een geleer tel, en darem het

Sonop, anders as Helshoogte, net 3 vloere. So

weet waar jou kamer is sodat jy nie in iemand

anders se kamer opeindig omdat jy vergeet het om

verder as twee te tel en daarna moet beddegoed

was nie.

Op 'n ander noot - Dit is ook so dat Deidré,

Mabru, Jacki en Mariska al ietwat kamerpunte in

Helshoogte gekry het vir hulle betrokkenheid.

Daar is laat weet dat hulle vloerfonds moet betaal

en dat hulle enige tyd welkom is vir inbly-naweek.

In ons midde het ons ook vir Lana Giliomee van

Singapoer af. 'n Eg Suid-Afrikaner en 'n regte

sweet heart. Sy was 'n finalis vir mejuffrou

Simonsberg, en tussen al die perde deur het sy

Sonop baie trots gemaak toe hulle haar as wenner

bekroon het. Sy het egter nie genoeg gehad van

mooi wees nie en het die mejuffrou Pieke titel ook

ingepalm.

Om vol fiemies te wees is 'n slegte gewoonte, en

om nie te weet hoe om kos te maak nie is ook nie

die ideaal nie. Sonop is geseën met 'n goeie

spannetjie in die kombuis en met C3 wat vir ons

kos sorg, hoef mens nie te kan kos maak nie. En

omdat ons studente se sakke so lig is, is dit soms

moeilik om te verstaan waarom van ons

eerstejaars op Woolies kos lewe.

Ons almal weet nou al teen die tyd dat universiteit

nie vir sissies is nie en toetse kan ook maar

moeilik raak, maar Mariska laat almal mos goed

weet sy stress vir haar toets toe sy die vorige aand

gou 'n draai by die hospital moes maak. So, leer

maar eerder lank genoeg voor die tyd dat jy nie 'n

panick attack kry nie.

Almal van ons kry maar ons dag, en elkeen van

ons sal nog op die trappe val. So maak seker jy

laat die mense van jou goeie en snaakse stories

hoor, en nie die een wat jou soos 'n neut sal laat

lyk nie. Wel, ten minste nie die stories wat jy nie

wil hê hulle nie moet hoor nie.

Page 11: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

As voornemende studente word matrikulante deeglik voorberei vir wat op

hulle wag in Stellenbosch. Soos skool ons egter leer om krities na alle inligting

te kyk, neem ons ‟n “sien is glo” houding in. Daarrom begin eerstejaars hulle

universiteitsloopbaan effens skepties, skrikkerig en onseker. Tweedejaar is

egter ‟n ander storie... Ek‟t bietjie van Sonop se huidige tweedejaars gevra hoe

hul tweedejaar vergelyk met hul eerstejaar.

Quinta-Mari van der Merwe beskryf

tweedejaar as een van die beste jare

van haar lewe sover. Sonop voel

waarlik soos haar huis en sy‟s baie

meer in “gesettle” as in eerstejaar.

Alhoewel sy akademie as aansienlik

moeiliker ervaar, weet sy nou hoe

om dit aan te pak. Sy glo ook dat jy

teen tweedejaar jou ware vriende

vind.

Wat die akademie betref, beaam

Rize-Mari Hugo dat „n mens nog

effens deurmekaar is in jou

eerstejaar.Die universiteitsboekie

het handig te pas gekom vir die kere

wat sy so effens verdwaal het – wat

blykbaar nogal heel gereeld was.

Die Engelse handboeke was iets

waaraan sy eers gewoond moes

raak. Rize-Mari het egter ‟n baie

volwasse perspektief oor haar

akademie gevorm – sy glo dat hoe

meer en harder sy werk, hoe

vinniger vang sy daardie graad. Wat

die sosiale lewe betref, voel sy dat ʼn

mens as eerstejaar nog baie tyd en

energie het vir dorp toe gaan, maar

dat dit effens moeiliker raak in jou

tweedejaar.

Jana du Plessis het haar ervaring as

volg opgesom: “Hierdie jaar voel ek

meer gemaklik met Stellenbosch en

sy mense. Ek weet hoe klasloop

werk, kan my tyd doeltreffend

tussen akademie, sosiaal en die

koshuis verdeel en geselsies maak

op kampus word al hoe lekkerder.

Alhoewel jy teen Junie van jou

eerstejaar glo dat jy goed aangepas

en ingepas het, is dit eers met die

aanvang van jou tweedejaar wat jy

besef dat jy nou eers die

universiteits dinge onder die knie

gekry het”.

Sy glo ook dat Sonop en al die

Sonopsussies universiteitslewe al

hoe lekkerder maak soos die tyd

verloop.

Jeanne Bell geniet tweedejaar

sosiaal soveel meer as eerstejaar

met al die baie skakels wat ʼn mens

in jou eerstejaar jooltyd het. Sy voel

ook dat die tweedejaarsgroep

hegter is as in eerstejaar. Jeanne is

‟n onderwysstudent en ervaar

akademie baie meer prakties in haar

tweedejaar as wat dit in haar

eerstejaar was.

Eerstejaars, as daar van julle is wat nog effens onseker of skrikkerig voel,

elkeen van die tweedejaars waarmee ek gepraat het getuig van positiwiteit wat

die veranderinge van eerstejaar na tweedejaar betref. Geniet eerstejaar egter

met alles wat julle het. Daar gaan nie gou weer ‟n tyd, indien ooit, kom waar

julle so gereeld op ‟n Woensdagaand kan uitgaan nie!

Deur Mariaan Prins

Page 12: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe
Page 13: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Koshuis, kuier en kolskoot keuses

Deur Jana du Plessis

Universiteit is in enige student se

lewe ‘n afsonderlike hoofstuk, die

begin van volwassenheid, ‘n

verandering waarmee jy van

vooraf kan begin. Ma is nie meer

so naby om heeltyd om jou te

kloek nie en reëls en raad word

nou al minder na jou kant toe

gemik. Met hierdie

onafhanlikheid, grootwordtyd en

(amper) absolute vryheid, kom

daar verantwoordelikheid, keuses

en situasie-beoordeling gereeld

oor jou studentelewe pad. As

meisies sukkel ons altyd om nee

te sê vir ‘n blokkie soet sjokolade

en gaan dit moeilik as ons die fliek

moet stop vir ‘n draffie om die

blok. Maar moenie te bekommerd

raak nie. Al is die huis, skool en

buitemuurse aktiweite nie meer

daar om jou gewig in toom te hou

nie, volg hier ‘n paar wenke en

idees oor hoe om steeds ‘n

gesonde balans op Stellenbosch te

handhaaf.

As die honger knaag…

Stellenbosch se restuarante,

oulike winkels en natuurlik die

gewilde Food Lover’s Market,

skep om elke hoek en draai die

behoefte (of eerder begeerte?) om

iets te ete te koop. Daar is in die

Neelsie DCM se muffins, die Hub

vir ‘n laatnag sjokolade

suikerinspuiting of selfs ‘n Big

Mac na ‘n aand in die dorp… Die

bogenoemde lei daartoe dat jy die

volgende oggend opstaan met

dieselfde plan as gister: om meer

gesond te eet en meer gereeld te

oefen. Nou kom daar voor die

vraag hoe ons hierdie

studentedorp se kulinêre

smaaklikhede kan geniet sonder

Page 14: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

om ons gesondheid in te boet, te

staan gekom.

- Food Lover’s bied elke dag ‘n

groot verskeidenheid warm kos

soos geroosterde groente, maar

ook koue opsies soos verskeie

slaaie. Daar is selfs ‘n smoothie bar

vir daardie snikhete somersdae.

Onthou net om verby die doughnut-

stasie te loop!

- C3 bied vele opsies om van te

kies wanneer jy jou etes bespreek.

Daar is onder andere ‘n

gesondheidsopsie. Met die

spyskaart wat een van die dae op

die besprekingswebblad te sien,

gaan dit nou makliker wees om ‘n

ingeligte keuse maak.

- Een van die gesondste opsies is

om van jou etes self voor te berei .

En met ‘n yskas en mikrogolf is

dit makliker as wat jy dink!

1. Koeskoes is eenvoudig en

maklik. Meng dit met mikrogolf-

gestoomde mikrogolf of voeg vars

slaaigoed daarby.

2. Gerookte hoender is gerieflik

om by slaai, Crackerbread of op ‘n

toebroodjie te eet.

3. Jogurt, oats, All-Bran flakes en

vars vrugte is gesonde

ontbytkosse wat maklik in ‘n

maaltyd omskep kan word sonder

‘n kombuis.

4. Hou ongesoute springmielies

(voeg eerder jou eie speserye soos

kaneel of rooipeper by) en

gedroogte vrugte in jou kamer om

aan te peusel.

- Weerstaan die behoefte vir

ongesond eet wanneer jy in die

vroeë oggendure van die dorp af

terugkeer ... ‘n BP ciabatta kan

egter soms uitgesonder word!

Dus is die belangrikste om te

onthou om gesond te kies waar jy

kan sodat jy steeds elke nou en

dan jouself kan bederf met ‘n

romerige gelato by Lecca il Gelato

of ‘n gesellige middagete-pizza by

Bohemia sonder om skuldig te

voel!

Hou bene hou!

Oefen is vir die meeste van ons

tyd, inspanning en net te veel

moeite. Maar met ‘n vriendin of

twee wat saam met jou die fiks-

wordberg aanpak, is dit makliker

en soms pret! Die moontlikhede

is oneindig en jy kan kies en keur

tussen die verskillendee vorme

van oefening wat Stellenbosch jou

bied. Hier volg ‘n paar idees:

- Virgin Active in die Eikestad Mall.

Dit is verseker een van die

besigste geboue op Stellenbosch!

Page 15: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Die gimnasium is die voorkeur

van meeste studente en jy sal

altyd iemand daar raakloop wat jy

ken.

http://www.virginactive.co.za/clubs/stel

lenbosch_western-cape

- Suspi gimnasium is nog ‘n opsie.

Die is geleë by die Coetzenburg

stadion. Dus naby aan die koshuis

en ‘n goedkoop opsie.

http://www.suspi.co.za/

- Van der Stel Sports Centre is

nog ‘n gimnasiumopsie.

http://www.vdstelgym.co.za/

- As die beperking van vier mure

te veel jou oefen-lus demper, is

daar ook verskeie maniere om in

die buitelug te oefen. Draf, fietsry

en stap in ‘n plesier deur die mooi

Stellenbosse buurte of die

Coetzenburg berg.

-En moenie vergeet van al die

sportklubs op kampus waar jy

kan aansluit nie. Daar is onder

andere netbal, swem, waterpolo,

gimnastiek en hokkie.

Hoe nou gemaak?

Jy het nou ‘n hele paar idees en riglyne om die dinkwerk uit jou

oefenprogram te haal. Al wat jy hoef te doen, is die daad by die woord voeg

en dit toe te pas. Onthou dat jy elke wenk kan aanpas om by jou

persoonlikheid en leefstyl aan te pas. Die kern bly steeds dat jy gelukkig

moet wees terwyl jy balans handhaaf.

Geniet student-wees. Die dorp, die kuier, die mense, die werk (!), die goeie

tye, die herinneringe. As jy jou aandag gebalanseerd verdeel tussen elke

sfeer van jou lewe, is jy goed op dreef om gesond te lewe. Onthou net

altyd: Te veel van ‘n goeie ding is ook nie meer goed nie

Page 16: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe
Page 17: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Indien jou antwoord hierop Nee is; baie geluk. Jou ouers sal

aan die einde van jou eerstejaar met groeiende trots van jou

akademiese suksesse vertel.

As jou antwoord egter Ja is. . . Lees verder en laat my toe

om die onderwêreld van ons pragtige studentedorp vir jou te

ontsyfer.

Die Vet Gogga wat die primêre oorsaak kan wees dat jy níe

Finrek aan die einde van die jaar slaag nie, het vyf

gevaarlike voelers. Ons begin by die listigste, mees berugte:

Tollies. Ah, hier gaan dit lekker. Ongeag haar goeie

voornemens, sal elke Sonop dame wat haar sout werd is haar

op een of ander stadium in verskillende fases van

besopenheid hier bevind. Tollies is die local watering-hole

van die Stellenbosch-wildtuin. Hier word drankies in

plastiekglasies oor ‘n vuil toonbank bedien. Kom na tien in

die aand en word verlei deur die oorvol, polsende massa

van ons almal se gunsteling kuierplek. Hier leer jy gou om

die kollig te deel nadat jy jou lyfie rondgegooi het op die

piepklein verhoog. Los jou persoonlike spasie by die huis.

So ook jou baadjie (Tollies is propvol warm lywe. Ha.) By

Tollies kuier ons lekker totdat die altyd betroubare Piano-

man ons almal in ‘n inkoherente sirkel saamdwing en elkeen

sy eie rigting inslaan. . .

As jy nie regtig geaffekteer word deur hoë volumes rook in

die lug nie en meer van die alternatiewe tipe mens hou, is

Bohemia defnitief die plek vir jou. Daar is twee vloere met

heeltemal te min sitplek, so maak seker dat jy vroeg daar

uitkom en ‘n tafel steel. Donderdae aande speel daar

gewoonlik live bands en op Sondae kan jy gaan bingo speel.

As ‘n nuwe Matie, moet jy ten minste een van daai twee

geleenthede bywoon, ten minste een keer die jaar. Bohemia

is altyd baie raserig,tog gesellig.

‘n Lekker boksie wyn gaan goed saam met ‘n smullekker

Bohemia pizza as die verlange huistoe jou gedagtes begin

oorneem.

Catwalk is die plek om te wees as jy vreeslik hou van dans

en stywe rokkies dra. Die eienskap wat Catwalk so uniek

maak, is die feit dat die kuierplek in twee vlakke verdeel

word; die onderste vloer is waar mens kan los dans, terwyl

mens op die boonste vloer kan gaan sokkie. As jy op die

onderste vloer is, probeer om nie op die verhoog te eindig

nie – mans het ander bedoelinge as om bloot te kyk hoe jy

dans daar bo. Onthou om altyd jou studentekaart saam te vat

as jy gaan kuier. By Catwalk sorg dit dat jy verniet in mag

gaan.

Tensy daar ‘n groot geleentheid is wat daar aangebied word,

wil jy nie voor twee uur die oggend in Springbok wees nie.

Almal vlok gewoonlik saam in ‘n groot groep om daar uit te

kom, na Tollies en Catwalk toegemaak het. Dit is in

Springbok waar die vreemdste dinge gebeur en jy die

uniekste van mense raak kuier. Daar is ‘n paar bars, wat

beteken dat jy gewoonlik nie te lank hoef te wag vir ‘n

drankie nie, snoekertafels en ook te min sitplek. Maak seker

dat jy altyd iemand het om saam met jou koshuis toe te stap

na jy daar gekuier het.

Soms wil ‘n mens bietjie roetiene breek en wegkom van die

gewone Stellenbosch kuierplekke af. Opskop is so tien

minute se ry van Sonop af en dien soms as ‘n lekker

wegbreekkansie saam ‘n groot groep vriendinne. Daar speel

meestal sokkie musiek, so as jy nie veel van sokkie hou nie

stel ek voor dat jy liewers nie saam gaan nie. Daar is lekker

balkonne waar jy ‘n ruskansie in die wind kan gaan vat as jy

moeg gedans is. Woensdae aande is hulle groot trekpleister

te danke aan baie goedkoop drank. Jy sal defnitief deur ‘n

paar vreemdelinge gevra word om te dans, wat dit ‘n lekker

geleentheid maak om nuwe mense te ontmoet. ‘n Belangrike

ding om te onthou is om vroegtydig iemand aan te wys as

bestuurder, sodat hulle nie drink nie!

Die bostaande is maar net die punt van die ysberg. Ontdek

en geniet ook Brazen’s (‘n fees op St. Paddy’s day), Terrace

(waar die five second-rule níe geld nie- hou vás aan jou I-

phone!), Entourage, Nubar en en en. Stellenbosch is een

groot oester met talle blink pêrels wat vir jou wink! Geniet

dit dames. Wees verantwoordelik, ken jou limiet en moet

nooit alleen huis toe stap nie.

Retha de Wet & Elsce Sϋllwald

Gaan jy Dorp toe

vanaand?

Page 18: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

As jy vrees dat die nat winter weer jou

mistroostig gaan laat voel hierdie

volgende paar maande, laat vaar jou

bekommernisse en lees graag aan. Na ‘n

keurige siftingsproses het ek maar ‘n paar

van die lekkerste events en plekke

uitgesoek om te verseker dat hierdie

winter ‘n seisoen vol vuurwarm

herinneringe is.

Ek glo baie van julle is reeds vertroud met

die Wacky Wine Weekend en dus is ‘n

formele bekendstelling nie nodig nie.

Basies is die naweek ‘n onsamehangenede

verloop van aktiwiteite wat kos- en

wynproe, big-screen rugby, live musiek

van onder andere Arno Carstens en

aKING, wingerde en springkastele insluit.

Datum: 5-8 Junie

Venue: al langs die Robertson Wine Valley

Tyd: all day err’ day

Koste: R110 (die res van die naweek is pay-

as-you-go)

Die Hermanus Whale Festival is ‘n 10-

dae lange fees wat die terugkeer van die

Southern Right Whales na die Suid-

Afrikaanse waters fier. Die fees behels live

musiek, stand-up comedy en, natuurlik

baie whale watching.

Datum: laat September

Venue: oral oor Hermanus

Hoog op my persoonlike moet-doen lysie

is die Dirtopia Volmaan Hikes. Jy

stap/klim deur die Renosterveld

Conservancy tot by die toppunt van die

Klapmutskoppie. Die sonsondergang is

Feeste vir die koue winter…

Page 19: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

asemrowend met wynlandgoed en

Tafelberg in die verte. Bring gemaklike

skoene en ietsie warm vir die aand.

Datum: 28 of 29 Oktober

Venue: Dirtopia Trail

Centre, Delvera Plaas, R44, tussen

Klapmuts & Stellenbosch.

Tyd: arriveer vanaf 17:00h. Hoe vroeër hoe

beter, vir meer tyd op die berg.

Koste: R60 per person. Dit sluit jou

permit, kaart en ‘n optionele shuttle in.

Book in time to avoid disappointment!

En dan, natuurlik, Rocking the Daisies.

Mid September. ‘n Naweek van hipsters,

camping gear en lekker bands naby

Darling. Hierdie jaar vind dit op die Cloof

Wine Estate, vanaf 2 tot 5 Oktober plaas.

Behalwe vir die bogenoemde is daar talle

markies, soos die Route44 mark, sowel as

nuwe restaurante en bier brouerye (my

gunsteling is Thirsty Scarecrow en Craft)

in en rondom Stellenbosch. Get out there

and Explore. You never know what good

things and people you will encounter.

Page 20: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

France, Mon Amour…

hether it’s the irresistible

and poetic atmosphere, the

mouth-watering cuisine, the

enchanting language, or the magnificent

architecture and landscapes, the allure

of France is so overwhelming that the

country itself is venerated by countless

of the world’s citizens. Many individuals

dream of having the unique experience

that France offers, and only few are

lucky enough to actually live the coveted

dream.

Inspired by the recent travels of

Sonopper and BA International Studies

student, Mia Conradie, who was one of

the lucky few to see and experience

France in all its splendour, a brief list

has been compiled that offers readers

insight into opportunities available for

studying in the country, including

possibilities for volunteer-work, tourist

attractions, and must-see monuments!

Concerning education…

Study opportunities for students

American Institute for Foreign Study (AIFS). Study and live in Grenoble. The program concentrates on French language and culture and offers courses (taught in English and French) in art history, business administration, economics, history, literature and political science.

CISabroad - Center for International Studies. Study a semester in Aix-en-Provence. The program offers a wide variety of courses taught in English and French, as well as French-language classes, in the following disciplines: archaeology, art history, business, civilization, comparative literature, economics, education, film, government, history, philosophy, political science, psychology, studio art, and theatre.

University Studies Abroad Consortium: Pau - Semester or Year, French Language and European Studies. The Pau program offers an intensive language approach that allows individuals to complete up to one and a half years of university language coursework in one semester. Additional courses in subjects such as literature, political science, film, culture, and art history are offered and taught in English or French, depending on the semester.

Marist College: Marist-Mod'Spe Paris Fashion Program. Study fashion comprehensively in Paris – the hub of the French fashion industry! Marist College and Mod’Spé Paris have partnered to offer students a study abroad program that is highly-focused on international fashion. With all fashion coursework in English, the program offers students not (yet) fluent in the French language an opportunity to engage with leaders in the field. Semester, academic year, and summer internship options are all available.

W

The ideal location for the adventurous, hard-working, and vigorous student.

Page 21: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Internship opportunities

Business Internships. Undertake an internship in Paris in banking, marketing, communication or exportation. Requirements include an Intermediate to Advanced knowledge of the French language, as well as the status of being a current university student.

Health Internships. There are many possibilities for internships in Health and Human services, such as working at hospitals, physical and occupational therapy providers and in different social work associations. Students can observe in a hospital before entering Medical school and can also occupy research roles. One must be a current university student to intern in France.

Volunteering opportunities

Volunteers for Peace: Earthwatch Institute - Wine and Wildlife in Bordeaux. In the world-renowned wine growing region of Bordeaux, volunteers will be introduced to the biodiversity associated with viticulture at Chateau Les Vergnes over the course of the French summer.

Institut Mediterraneen de Langues &

Services: French Language, culture

and volunteering at the IMLS. The

IMLS organizes housing, academic

programs, excursions, cultural activities

and volunteering in humanitarian

organizations, schools and hospitals.

As for the entertainment...

Attractions

Disneyland, Paris. When it comes to

something as awesome and memorable

as Disneyland, no age is too old to enjoy

the attraction in all its glory. With

attractions like Pirates of the Caribbean

and the rollercoaster of Space Mountain:

Mission 2, one hardly needs to be

persuaded to attend the entertainment

resort.

Moulin Rouge, Paris. A world-famous

cabaret, visitors from all over the world

attend the club to experience its iconic

dance entertainment and extravagant

shows.

Chamonix-Mont-Blanc Ski Resort,

Alps, Rhône-Alpes. Known as the

“gateway to the European Cascades”,

this ski resort is one of the oldest in

France and is the perfect getaway for ski

Page 22: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

and mountain enthusiasts.

Nausicaa Aquarium, Boulonge-sur-Mer. This aquarium is one of the largest public aquariums in Europe, and contains exhibits such as the Shark Aquarium, Tropical Lagoon and Submerged Forest.

Palais Garnier Opera House, Paris. Magnificent architecture aside, Theatre and Opera enthusiasts will enjoy the deep history the 1979-seat opera house possesses, and will no doubt wish to explore the setting of one of the most famous musicals in the world, The Phantom of the Opera.

Monuments

Place de la Bastille, Paris. One of the most famous spots in Paris, the Bastille was a prison that housed prisoners such as Voltaire and “The Man in the Iron Mask”. The prison was completely destroyed during the French Revolution; only paved stones marking its outline remains.

Eiffel Tower, Paris. Naturally, the symbol of France and one of the world’s most famous structures will be included in this list. This monument hardly demands an explanation, and besides its world-renowned architectural status, the Eiffel Tower offers visitors a

panoramic view of Paris – a breath-taking experience to be enjoyed during the day and night.

Palace of Versailles, Versailles. Overflowing with gold, marvellous paintings on every ceiling, stunning gardens, remarkable fountains and The Hall of Mirrors (to name but a few), the Palace of Versailles was the royal palace

of Louis XIV. It is a definite must-see for anyone visiting France and guarantees an extraordinary experience one would be too astounded to forget.

Palais des Papes, Avignon. A historical palace, and one of the largest and most important medieval Gothic buildings in Europe. It was the seat of Western Christianity during the 14th Century, and is one of the most visited monuments in France. The frescoes and interior decorations and cultural activities, such as classical musical concerts, summer art exhibitions, and the Avignon Theatre Festival, serve as large attractions for the palace, guaranteeing that it remains a marvellous source for the wonders and presence of art.

Page 23: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

To describe France as “spectacular”

would be an understatement, because it

offers humans countless experiences

that are almost impossible to

comprehend. With the numerous study

and work opportunities it offers

students, France truly is the place to be,

possessing magnificence that is simply

begging to be experienced and explored.

-Pascale Gerard

Page 24: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Kan Ekke met jou Dans?

Page 25: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Van Seniordans, tot

Huisfondsdans en Eerstejaarsdans

tot Huisdans. Sonop girls definitely

know how to clean up well.

Page 26: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe
Page 27: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe
Page 28: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

2

0

1

4

Page 29: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe
Page 30: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

SȇR

- Joaneske Nel

Page 31: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Sȇrleier 2014,

Leané Kock

Deur Joaneske Nel

Wie is almal deel van sonop se sȇr?

Die sêr bestaan uit 19 meisies. Ek is die

sêrleier en Yolandi Otto (2011 & 2012

Sêrleier van Sonop) en HW de Jager (2013

Sêrleier van Sonop) help die sêr ook uit die

jaar, waar hulle van die verwerkings van die

liedjies doen asook soms help afrig.

Hoe voel jy oor sonop se sȇr die jaar?

Ek is ongeloooooflik opgewonde vir Sonop

sêr hierdie jaar. Binne die eerste week

vandat die oudisiesvorms uitgedeel was,

het ek 45 aansoekvorms ontvang en by die

oudisies was dit duidelik dat Sonop

ongeloofik talentvol is. As ek meer meisies

kon kies om deel te wees van die sêr sou ek

verseker!!

Ek is nie net opgewonde vir die jaar en alles

wat voorlê nie, ek is ook opgewonde oor die

feit dat mens as ‘n groep saam kan sing en

vriendskappe maak en bou. Van mens beste

herinneringe is van sêr en die tye saam

mense wat almal ‘n passie vir musiek het.

Hoe lank is jy nou al deel van sonop se sȇr?

Dit is my tweede jaar wat ek deel is van

Sonop Sêr. Ek het van skool af sêr gekyk en

Sonop ondersteun al die pad!!!! Ek sing

ook nou die tweede jaar vir die Universiteit

van Stellenbosch.

Waarvoor mik jy vir sonop se sȇr die jaar?

Dit is die grootste vraag wat vir alle sêrleiers

gevra word, en ek dink al lank hieroor, maar

waarop dit vir my neerkom is dat ek regtig

net ‘n ongelooflike lekker jaar saam die

belaglike oulike groep meisies wil hê, wat

almal mal is oor musiek en sang en ‘n passie

het om musiek te maak. Sêr gaan nie vir my

oor die wen nie, maar meer die die hele

ervaring en herinneringe saam almal, wen

sal die bonus wees

Hoe lyk die kompetisie van jaar en

watter dameskoshuis is sonop se

grootste kompetisie?

Sêrkompetisie op Stellenbosch is altyd

sterk. Stellenbosch het al baie Nationals

gewen en ek weet elke sêr sit almal harde

werk en ure in. Elke jaar hou sy verrassings

Page 32: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

in en elke jaar lyk die kompetisie anders, so

ons sal maar moet wag vir uitdunne en

moet sien wie ons sterkste kompetisie gaan

wees die jaar.

Is sȇr harde werk en hoeveel ure

spandeer julle aan sȇr oefening?

Sêr is verseker baie harde werk. Daar gaan

baie meer in as om net liedjies te leer en te

dans hehe. Ons werk al van laes jaar af, en

elke aspek is belangrik; mens moet die

regte liedjies kies, die regte tema vorm, en

een van die belangrikste aspekte is verseker

die verwerkings en hoe dit oorgedra word.

Ons oefen gemiddeld 4 ure ‘n week en dan

is daar ook ‘n sêrkamp en sêrnaweke waar

ons oefen. Al veg dit baie ure en oefening is

dit verseker die moeite werd!!! As mens

enige mens vra wat al sêr gesing het sal

elkeen van hulle vir jou kan sê dat die beste

oomblik en gevoel is as mens op die Endler

se verhoog staan en al jou harde werk kan

wys vir almal en hoendervleis kry deur die

hele optrede. Die vriende wat mens maak

en memories maak ook alles die moeite

werd!

Hoe is dit om Sonop se sȇrleier te wees?

Om sêrleier te wees van Sonop is die

groooootste voorreg, en verseker ook ‘n

groot verantwoordelikheid. Ek geniet elke

oomblik en sien baie uit om al ons harde

werk en idees met Sonop te deel! After all

we are representing Sonop!!!!

Jaarprogram:

29 & 30 Julie: Sêr Cluster

optrede

4-9 Augustus: Uitdunne Endler

10-13 Augustus: Sêrloop

14-15 Augustus: Semi-Finals

Endler

23 Augustus: Finals CTICC

Sonop Charisma SER 2014

1. Leané Kock S1

2. Linda Moller S1

3. Mariska Grundling S1

4. Kelly Smith S2

5. Marguerite Wolfaardt S2

6. Jana du Plessis S2

7. Natalie Steyn S2

8. Corné vd Berg S2

9. Nicola Ashmore A1

10. Tracey February A1

11. Ingrid van Huysteen A1

12. Shelley Pryde A1

13. Gretchen Jansen A1

14. Christine Prins A1

15. Adri Thiart A2

16. Helani Blom A2

17. Suzaan Krige A2

18. Marga Viljoen A2

19. Bernice Taljaard A2

Page 33: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Ser-doelwitte

Linda Om vir onsself die mooiste

musiek te maak, sodat mense nie anders kan

as om te luister nie.

Marga Vir die sêr om GREAT

te wees en om lekker te sing

Mariska Make friends & to go to

finals!!!

Marguarite Om ‘n inspirasie vir

ander te kan wees deur wat ons doen & deur musiek.

Suzaan Enjoy every moment, to

make friends & to be proud of Sonop sêr.

Jana Saaaaaam!!!!

Corné Giving it our all & making it a

good year.

HW Wen is my doelwit!!!:D

Christine Elke sekonde te geniet.

Om deel te wees van die beste oomblik.

Page 34: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Nicola Feeling music on stage with

people.

Adri To make it the best sêr yet.

Ingrid To have that amazing feeling while singing on the Endler

stage & for people to be in awe of us.

Natalie Om deel van 'n groep te

wees & saam te kan groei saam

mense met dieselfde passie as ek.

Tracey Grow closer through Music

Bernice Get Sonop into Finals!!

Helani Werk hard en geniet dit!!

Yolandi Walk in fields of gold!

Gretchen To shed a tear for sêr &

music. To meet cool people.

Shelley Become more confident

performing & make friends.

Leané Magical jaar met musiek,

harde werk, vriendskap & memories!

Let’s do the music justice!

Page 35: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

SONOP NEEM

OUDTSHOORN OP

HORINGS

Sonop se jaarlikse KKNK toer ‘n reuse sukses

Deur Marli van Eeden

Die jaarlikse Sonop KKNK toer is hierdie jaar

weer sonder uitsondering aangepak en alhoewel

daar net ‘n handjievol dames op die toer was,

kan hulle almal beslis getuig dat dit ‘n ervaring

vol hope pret was. Hierdie jaar was Sonop na

die KKNK toe vergesel deur die aantreklike

manne van Helderberg en dit was nou voorwaar

vir jou ‘n fees!

Die verrigtinge het op die 29ste Maart afgeskop

toe die dames van Sonop die manne van

Helderberg uit die vere moes gaan jaag. Die

manne se stadige pas het nie dié entoesiastiese

dames aangestaan nie. Die dames van Sonop

was veels te opgewonde om nog enigsins tyd te

mors. Daar moes spoedig in die pad geval word,

die fees kon immers nie sonder hulle begin nie!

Na ‘n gesukkel het die opgewonde toergangers

omstreeks 10 uur die oggend uit Stellenbosch

weggetrek. ‘n Pitstop by Ronnie’s Sex Shop was

eerste op die to do lysie, gevolg deur ‘n

uitstappie na die eerstejaar Pippa Schoeman se

plaas in Calitzdorp waar ons behoorlik op die

hande gedra is! Hier het almal ‘n glasie wyn

geniet en uitgespan op die stoep met ‘n pragtige

uitsig oor hulle plaas terwyl daar gebraai is.

Pippa se gasvrye ouers het ‘n heerlike middagete

voorgesit en uit hulle pad gegaan om ons

welkom te laat voel. Na ‘n rustige middag met

‘n ontspanne atmosfeer het die ons ongeduldig

die laaste entjie Oudtshoorn toe aangepak, die

opwinding was net eenvoudig te groot!

Aangekom in Oudtshoorn is ons begroet deur ‘n

aansteeklike atmosfeer, elke persoon vol

Page 36: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

verwagtinge van wat hierdie toer mag inhou. By

die kampterein waar ons sou bly is tente

opgeslaan en nes geskrop voordat daar haastig

aanstaltes na die dorp gemaak is. Daar was

oorgenoeg festivities om alle ouderdomme te

vermaak en gou was dit duidelik dat hier nie ‘n

oomblik van verveeldheid sal wees nie...

Bedags is daar ure lank deur die Rivierbuurt se

stalletjies gedrentel waar daar rye en rye tafels

vol ditjies en datjies was vir die feesgangers om

van te kies en te keur. Verder is daar gekuier in

die Absa kuiertent en ‘n paar toergangers het

selfs die kultuur ondersteun deur ‘n toneelstuk

te gaan kyk. Ons het beslis seker gemaak dat

elke oomblik goed benut word en geen sekonde

vermors is nie. Die aande was geensins anders

nie en daar was geen keer aan die ons gees nie.

Daar is ‘n hond uit ‘n bos gekuier! Een van die

gewildste kuierplekke waar Sonop en

Helderberg beslis hul teenwoordigheid laat geld

het, was in die Kuiertuin. Hier het ons alte

lekker gekuier en sommer in die Helshoogte

manne ook vasgeloop. Ons is selfs “bederf” deur

‘n optrede van niemand anders nie as Nicholis

Louw en dit het verseker gesorg vir hope pret.

Blykbaar raak almal sy grootste aanhanger na

‘n paar drankies… Nicholis het die verhoog met

‘n oormaat selfvertroue en ‘n killer outfit

aangevat en ‘n performance gegee wat skrik vir

niks. Nou kyk, ons Sonop meisies is mos nie

skaam nie en ons het nie geskroom om by hom

op die verhoog te gaan aansluit en te sing en te

dans nie. Sonop represent! Ons laaste aand by

die fees was voorwaar ‘n night to remember.

Lank nadat die kuierplekke daardie aand al

gesluit het en die dorp al leeg was, was die aand

nog lank nie vir hiérdie toergangers verby nie.

Terug by die kampterein het almal hulle

slaapsakke gaan haal en om die vuur kom sit

waar daar nog tot in die vroeë oggendure gesels

is. Op die oggend van die 31ste Maart is daar

stadigaan begin opruim en die tente is een vir

een afgebreek. Die toer is afgesluit met ‘n ontbyt

by Spur waar daar vir oulaas totsiens gesê is en

in die pad geval is. Nou ja, koebaai’s is nooit

lekker nie en die lang pad huistoe is maar

ongewillig aangepak. So kom alle goeie dinge

tot ‘n einde.

Page 37: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Alhoewel almal lekker uitgeput was na die toer, sal daar saamgestem word dat die toer beslis die moeite

werd was en nog lank onthou sal word. Elke persoon het beslis ‘n oorvloed herinneringe om van die toer

weg te neem. Dit was ook ‘n wonderlike geleentheid om ons toekomstige jool partners vir volgende jaar

beter te leer ken. Laastens, net ‘n woord van dank aan Marga Viljoen wat die toer gereël het. Baie dankie

vir al jou moeite Marga – dit was ‘n fees!

Page 38: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Deur Ancheri van Greunen

HK is die ruggraat van Sonop en hulle is ook die mense wat sorg dat alles glad verloop in die koshuis.

Being part of the HK gives you great responsibility as a leader, but it is also a lot of fun. I asked a few

HK members a few questions to find out what this position mean to them.

As jy oorweeg om te staan vir Primaria, Onder-primaria of HK in die toekoms, dan is hier ʼn paar

wenke om jou te motiveer:

Ek spot partykeer en sê ek juggle alles. Maar dit

is nogal nie ver van die waarheid af nie. Ek dink

die geheim is beplanning - ek weet wanneer

watter aspek aandag nodig het. Mens kan nie

altyd 100% by alles wees nie, en tog is dit wat

verwag word. So ek beplan my tyd só dat die

regte ding op die regte tyd die grootste deel van

my aandag geniet. Dit is ook belangrik om te

prioritiseer en te weet wanneer om nee te sê vir

iets wat nie gaan bydra tot die sukses van jou

'groter prentjie' nie.

Ja dis my eerste keer wat ek op die HK dien, dis

uitdagend en meer so, flipen lekker!

Tydsbestuur is baie belangrik. Ek doen al my

admin en goed wat ek moet reël oor lunch - so

dan kan ek in die oggende voor klas (as ek nie

8uur klas het nie) en na klas swot. Verder het ek

so kalender thingy op my foon - so die oomblik

as ek hoor van iets sit ek dit daarop, so dan kan

ek my weke vooruit beplan, baie min goed kan

last minute gebeur. En so memopad ook op my

foon, dan kan ek my dae ook beplan. Maar een

ding is definitief - hoe meer jy het om te doen

hoe meer kry jy gedoen. Die lewe is lekker - niks

is moeite as jy dit onthou nie!

Adri: Ek is baie gelukkig om 'n super 'op dit'

onder-prim en 'n awesome huiskomitee te hê.

Iemand van ons is altyd by die koshuis en so kan

ons seker maak krisisse word dadelik hands on

hanteer. Tannie Chantal is ook altyd bereid om

te help en sy ondersteun die HK in alles wat

hulle aanpak. Dit is vir my baie belangrik dat

mense my en die res van die HK vertrou met

hulle probleme en krisisse en weet dat ons hulle

sal kan help.

Ria: Ek bly rustig - die koshuis het nog nie

afgebrand nie, so niks kan SO erg wees nie. En

selfs al is dit so erg, vat elke ding soos dit kom.

Alles het sy vaste tyd en plek. Ek gaan dadelik

na Adri en Tannie Chantal, sodat ons saam kan

besluit hoe om dit te hanteer, en dan natuurlik

daarna na die HK om te hoor of hulle ook

voorstelle het - ons almal is 'n span :).

Adri: Om op die huiskomitee van so

ongelooflike koshuis soos Sonop te dien is 'n

reuse voorreg. Dit is egter ook baie harde werk.

Adri jy was al ʼn paar keer op die HK en dien

nou as Primaria. Hoe balanseer jy studies

en koshuisverpligtinge?

Watter raad het jy vir Sonoppers wat in die

toekoms vir HK of vir Primaria of Onder-

primaria wil staan?

Ria, dit is jou eerste keer wat jy dien op die

HK. Hoe balanseer jy jou studies en

koshuisverpligtinge as Onder-primaria?

As daar ʼn krisis gebeur in die koshuis, hoe

hanteer jy dit?

Hk and Mentors

The backbone and the heart of Sonop

Page 39: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Dit is nogal in baie opsigte 'n diensjaar vir die

koshuis. So my raad sal wees om seker te maak

dat Sonop vir jou 'n prioriteit is en dat jy

akademies en persoonlik kan bekostig om nog

'n belangrike prioriteit by te kry voor jy staan vir

HK of Primaria. Dit is baie hartseer as HK lede

die koshuis afskeep omdat hulle nie by alles kan

uitkom nie. En dit is ewe sleg as HK wees 'n

negatiewe impak op lede se persoonlike en

akademiese lewens het. So my raad is om seker

te maak jy weet waarvoor jy jouself inlaat en

dat jy kans sien daarvoor!

Ria: Praat met mense wat nou in die situasie is -

ons almal is maklike mense en sal ENIGE tyd vir

jou advies gee. Wat ek gedoen het, is ek het

met mense gaan gesels en baie gebid daaroor.

Maar besluit waar jy jou krag en ondersteuning

kry en vertrou op dit - en GLO in jouself, baie

belangrik!

Ek dink ek gaan alles mis! Maar ek dink ook dit

is die klein goedjies waarna ek die meeste sal

verlang - soos om enige iets by mense in jou

seksie te kan leen! Ek het nou die dag met

iemand gesels en toe spot ons dat dit makliker

is om 'n item by iemand in Sonop te leen as om

dit te gaan soek in Somerset Mall :-)

Haha! Die prim-flat is baie lekker (veral die eie

badkamer en kombuis area) maar ek mis dit

baie om gesig-was en tandeborsel geselsies te

maak met mense in my seksie!

Die lekkerste deel is dat mense jou deel maak

van hulle lewens! Sonoppers kom gesels met

my oor enige ding en dan kry ek die kans om

hulle beter te leer ken.

Nuwe mense (!) , ek hou regtig baie van mense

en dis so lekker om so baie interessante mense

te ontmoet en mee geselsies te maak.

AdrI: Haha, nee, die HK-kamer is soos "What

happens in Vegas stays in Vegas"...

Ek kan wel sê dat die geheim van HK wees, is

om te weet jy doen dit nie alleen nie! Daar is

heeltyd 13 ander meisies wat verstaan en wil

help waarmee jy besig is.

Ria: haha...wouldn't you like to know;)

Liezel: Die lekkerste ding van HK wees is

verseker die ander meisies op die HK. Mens

vorm so diep band met die res van die HK

omdat hulle presies voel hoe jy voel en met

dieselfde uitdagings sit. Die lekkerste TYD van

HK wees in tydens MAD2. Almal is ewe moeg en

geïrriteerd, maar daai middae in die HK-Kamer

as ons bietjie af het, sal ek vir niks verruil nie.

Ilze: Die feit dat jy 'n platform het om so baie

Sonoppers so vinnig te leer ken en met hulle

werk, dis baie rewarding.

Lené: Die betrokkenheid by alles wat gebeur in

Sonop. Om ʼn verskil te maak met my

portefeuljes en die geleentheid te kon hê om

dinge te verbeter t.o.v. my portefeuljes. Die 13

ander HK lede van hierdie jaar was vir my 'n

bitter lekker groep om saam te werk en die

herinneringe van die hele termyn is iets wat ek

altyd sal koester.

Ané: Die lekkerste van HK wees, is om saam

met so ongelooflike groep mense te kan werk

en die vriendskappe wat gemaak word. En

beslis JOOL!!

Adri wat gaan jy die meeste mis wanneer jy

Sonop verlaat en hoekom?

Enige HK geheime wat jy wil deel?

En vir jou Ria, om Onder-primaria te wees?

Wat is vir jou die lekkerste deel om Primaria

te wees?

If you just want to stand for HK, have a look

at these:

Wat is vir jou die lekkerste om op die HK te

wees?

Page 40: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Ilze: We as HK serves as a team, there is always

one of us at events and in this way we help each

other out as everyone’s busy classes and

schedules differ. Sometimes it’s required to

offer up a lot of sleep.

Lené: This year’s HK term is a service year to the

residence and therefore plays planning a very

important role, because placing the residence

first is very important to me. A Few late nights

and early mornings is sometimes needed,

but it is worth the effort!

Liezel: Everything depends on time

management and prioritizing. Even though it

may sound cliché, this is what it takes to

balance studies and residence duties. It also

requires a few late nights, but it is worth it!

Ané: Prioritizing and never to forget that you

are only human and that it is just HK. If

something goes wrong and you forget, it is not

the end of the world.

Lené: Weet waarvoor jy jouself inlaat. Wees

voorbereid op die hoeveelheid wat jy van

jouself gaan moet gee vir die termyn. Dit vat

BAIE tyd, en jy gaan altyd ekstra moet doen as

wat jy dink. Wees voorbereid dat jy nie altyd

akademie as verskoning kan gebruik nie. Jy sign

op om HK te staan, dus beteken dit jy moet

meeste van die tyd die koshuis as eerste

prioriteit sit! Maar dit is een van die lekkerste

geleenthede wat daar is!! So go for it!!

Liezel: Ek wil amper sê dat enige meisie wat

daaraan dink om vir HK te staan MOET met 'n

ou-HK gaan praat oor wat dit regtig behels en 'n

realistiese indruk kry van wat HK is. Dis baie

harde werk en ‘n mens sit baie keer met ander

meisies se issues wat jy moet oplos. Drie dinge

waarin jy goed moet wees is: Admin, Admin,

Admin! Maar regtig, as jy dit met jou hart wil

doen is dit als die moeite werd!

Ané: Jy moet ‘n volle jaar wil dien en terug gee

aan die huis. Daar is baie admin, maar jy leer so

baie van jouself en ander. As jy dit op jou hart

is, moet jy beslis die kans vat!

Ilze: Dis cliché en ek’s seker van die ander gaan

dit ook së, maar dis glad nie 'n status ding of 'n

ligte besluit nie. Daar gebeur so baie agter die

skerms en baie vou onder die druk. Gesels met

'n huidige of vorige HK, iemand wie jy vertrou.

Ek glo hulle sal nie doekies omdraai nie en sal

eerlik wees met jou oor die hoeveelheid werk

en tyd wat HK neem. Ter selfde tyd wil ek

niemand afskrik nie, as jy al hieroor gedink het

en jy glo 100% jy kan dit doen is dedication al

wat kort.

Ilze Haha, nice try :p

Lené:: What happens in the HK stays in the HK

;). Lets just say Vaal Sara (the Sonop HK car) is

not as innocent as she looks.

Ané: PSO skakels have a way to always become

extravagant. Pieke men have made sure that

the Sonop ladies have a bikini evening ;)

Liezel: Hahaha..mmmh..What happens during

MAD2, stays in MAD2 ;)

How do you balance HK responsibilities and

your studies?

Watter raad het jy vir Sonoppers wat in die

toekoms vir HK wil staan?

Any HK secrets that you can share....? ;)

Page 41: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

As die HK die ruggraat van Sonop is, is die mentors die hart van die koshuis. Being mentor is not

always as easy at it seems, but it requires a lot of compassion, understanding and time that you give

to others. As jy oorweeg om eendag ‘n mentor te wees, is hier ‘n glimpse in ‘n mentor se lewe:

Sonmari: Ek het 'n passie om mense te help en

het gedink dat die beste manier om dit te doen

is om êrens close to home te begin.

Eunice: Ek het dit gesien as ‘n cool geleentheid

om betrokke te raak by en in’ n paar nuwejaars

se lewe. Ek het ook gevoel dat ek ‘n sinvolle

bydrae kan lewer en waarde toevoeg tot

1stejaars se lewens. Dit was vir my ‘n

geleentheid om op ‘n sinvolle manier by te dra

tot hul ervaring in die koshuis.

Marli: Ek het besluit om vir mentor aansoek te

doen, omdat ek graag op 'n meer

persoonlike vlak betrokke wou wees in die

koshuis. Ek is lief daarvoor om met klein

groepies mense te werk en te gesels, dit het my

gemotiveer om 'n mentor te word.

Farai: I wanted to stand as mentor, because

I realized the major role that my First Year

Mentor, Este Nel, played in my life. If it wasn't

for her support during the best and worst times

of first year, I definitely would not have

achieved as much as I have. And so I aimed to

give back to First Years and provide that same

support through also being a mentor.

Nadia: Mentor is 'n briljante geleentheid om die

eerstejaars te leer ken. Dis vir my baie lekker

om met 'n groepie girls 'n pad te stap en te sien

hoe hulle gemaklik raak in hul nuwe huis en vir

haarself goeddoen soos tyd aangaan. Ek hou

daarvan om op so ‘n persoonlike vlak met

mense te werk.

Marli: Al twee is vir my baie lekker, al verg dit

soms baie werk en tawwe tye. Die grootste

verskil vir my is dat HK baie taakgedrewe is en ʼn

mentor meestal op die persoon gefokus is.

Eunice: HK was an incredible experience. Being

HK one is busy organizing the residence. As

mentor, one works directly with the people in

residence. It is more one to one. You have the

opportunity to really have an impact on an

individual's life.

Nadia: Ek het 'n baie rustige jaar akademies. So

dis nie baie moeilik hierdie jaar om by alles uit

te kom nie. Dis maar beplanning vooruit en om

jouself te ken, m.a.w. om te weet wanneer jy

die effektiefste gaan kan werk.

Eunice: Good planning. Love what I’m studying.

That definitely helps. Social Work for the win.

Marli: Dit is maar net beplanning en effektief

werk. Aan die begin was dit moeilik om die

balans te vind en by alles uit te kom, maar na 'n

tydjie leer jy wat meer aandag nodig het en hoe

om dinge vinnig af te handel. Ek dink jy leer aan

die begin baie oor krisis beheer!

Farai: My answer is as common, but as truthful

as can be: Time Management. It's important to

be able to work around academic and

leadership responsibilities.

Wat het jou gemotiveer om vir mentor te

staan?

Hoe balanseer jy jou studies en

koshuisverpligtinge?

Marli en Eunice, how do you experience the

change from HK to mentor?

Page 42: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Sonmari: Ek het nou nie die besigste rooster

nie, mense sê graag ek swot BComm Manvang

en nie Bemarking nie. Eerlikwaar, dis maar soos

enige ander jaar, jy beplan net beter en maak

seker jy het tyd op hande as jou mentees jou

nodig het!

Marli: As jy lief is vir mense en daarvan hou om

diensbaar te wees, staan vir mentor! Verder,

geniet dit - dis lekker! en moet nooit te besig

wees om tyd te maak nie.

Nadia: Doen dit, jy't 'n geleentheid om 'n baie

spesiale verhouding te bou met 'n Sonop-sus. Jy

kan vir haar 'n wêreld wys en haar inspireer -

mits jy genoeg tyd insit vír haar. As jy staan,

maak tyd.

Sonmari: Wees bereid om jouself tweede te

stel. Mentor gaan nie daaroor om net daar te

wees as iemand raad nodig het nie, dit gaan oor

om 'n vriendin te wees vir iemand wat hul voete

moet vind. As jy vir mentor wil staan moet jy

kan terugstaan en jou mentees EERSTE help,

voordat jy jouself help. 'n Vriendin te

wees deur moeilike en maklike tye en laastens,

te luister sonder om te oordeel.

Eunice: Wees bereid om te help en ondersteun

op verskeie vlakke.

Farai: To be a mentor, one must have a passion

for supporting others. But more than that, it's

absolutely crucial that you are a wise person

that does as they say. There is no use in telling

your mentees one thing, yet doing the opposite

(Like when parents say "Do as I say and not as I

do"). You must be an example to your mentees,

so that they can trust and rely on you to be

their very present help in times of need and

their friend for other times. Wisdom is key.

Farai: I expected to only support my mentees;

however, they have supported me in return

many times. It's actually a win win situation.

They're my sisters from other misters.

Eunice: To build new relatioships. To meet new

people that you probably wouldn't have met in

your everyday life, being a 4th year student.

Sonmari: Daar is niks so rewarding soos 'n

glimlag as jy iemand kan uithelp nie so, dit is vir

my verskriklik lekker om te sien hoe vorder al

my mentees! En moet nou nie vergeet van die

enkel kamer en parkering nie. ;)

Nadia: Die verhouding bou, en om die groei wat

plaasvind in elkeen van my mentees te kan sien,

soos hulle hul voete vind. Die wete dat ek

moontlik kan help. Om deel te kan hê in hul

geluk én hartseer. Vriendinne.

Marli: Dit was vir my so lekker om van die begin

af oop en vriendelik met die 1stejaars te kon

wees!

Watter raad het jy vir Sonoppers wat in die

toekoms vir mentor wil staan?

What do you enjoy most of being a mentor?

Page 43: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe
Page 44: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

I THINK THERE IS NO

WORLD WITHOUT THEATRE Toneelfees 2014

Sonop het vanjaar weer deelgeneem aan die universiteit (KUKO) se toneelfees

kompetisie en drie toneelstukke met drie onderskeie manskoshuise ingeskryf. Die drie

manskoshuise - in samewerking met Sonop - was Dagbreek, Helshoogte en Eendrag.

Die drie uiteenlopende toneelstukke is uiteindelik na baie bloed, sweet en trane met

trots op die planke gebring.

Ongelukkig het geen toneelstuk van Sonop hierdie jaar deurgedring na die finaal nie en

alhoewel dit ‘n teleurstelling is vir almal betrokke wat soveel tyd en moeite in die

stukke belê het, is die bekende gesegde “you win some, you lose some” hier van

toepassing. Bowenal was dit steeds ‘n fantastiese ervaring gevul met hope pret.

Hierdie jaar het ek self ook besluit om die rol van ‘n projekbestuurder aan te pak en in

die proses soveel respek vir die beroep van ‘n regisseur gekry. It’s not as easy as it

seems! Min mense besef gewoonlik hoeveel werk daar ingaan met die voorbereiding

van toneelfees en hoe min tyd daar werklik is om ‘n suksesvolle toneelstuk op die

planke te bring. Hierdie jaar het ons skaars ‘n week gehad om voor te berei! Dit verg

harde werk.

Eerstens moet daar ‘n gepaste stuk gevind word of self geskryf word. Glo my, om ‘n

gepaste stuk te vind is nie maklik nie; dit verg ‘n ure lange soektog in die biblioteek.

Sodra daar ‘n gepaste stuk gevind is moet dit verwerk en verkort word en in hierdie

proses gaan ook baie tyd in! As die toneelstuk uiteindelik gereed is moet daar akteurs

en aktrises gekies word en eers dan kan die eintlike repetisies begin. En hier word nou

nie gepraat van een- of twee keer se repetisies nie, maar eerder ‘n paar uur elke dag.

Dan moet daar ook ingedagte gehou word dat elke student wat op enige manier

betrokke is by die toneelfees steeds ‘n student by die universiteit is en ‘n kursus studeer

wat ook baie tyd verg. Wanneer faktore soos toetse, sêr oefeninge, danse ensovoorts

ook ingesluit word begin die beskikbare tye om te oefen al meer te krimp…

Bogenoemde is egter nie die enigste uitdagings wat die projekbestuurders in die gesig

staar nie. Ek en my mede projekbestuurder, Gabrielle Forssman, moes verder nog

sukkel met akteurs wat letterlik ‘n paar dae voor die optrede onttrek… Ek vra jou, waar

Page 45: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

kry ‘n mens dan ‘n plaasvervanger? Die projekbestuurder van Helshoogte wat saam

met ons moes werk het ons ook skielik sonder ‘n behoorlike verskoning in die steek

gelaat en ons twee moes maar self sien kom klaar. Dit is ook ‘n gerond skarrel om

rekwisiete en meubels gereël te kry vir die stel en dan moet daar nog voorsiening vir

klank en beligting ook gemaak word! Nee kyk, it ain’t easy!

Soos hulle sê, that’s showbiz en ons moes maar sink of swem. Gelukkig het ek en die

baie bekwame Gabbi mekaar ondersteun en ten spyte van al die uitdagings hope pret

gehad. Ek laat die hele proses nou soos ‘n vreeslike marteling klink, maar ten spyte van

alles is dit eintlik een groot fees. Ons was bevoorreg om ‘n spul talentvolle akteurs en

sktrises te hê. ‘n Mens vorm gou ‘n hegte band met almal en lag jouself klaar vir al die

snaaksighede wat plaasvind tydens die repetisies. Soveel kosbare herinneringe word

gemaak en om nou ‘n cliché te gebruik, die cast word gou soos ‘n familie vir jou.

Om ‘n projekbestuurder vir hierdie jaar se toneelfees te wees was regtig ‘n groot

uitdaging vir my, maar een wat ek bly is om aan te gepak het. Alhoewel dit by tye

ongelooflik stresvol was, was daar weer soveel goeie tye wat dubbel en dwars daarvoor

opgemaak het. Wanneer jy die eindproduk op die verhoog sien en al die harde werk

skielik voor jou oë afspeel en jy na elkeen van die stunning akteurs en aktrises op die

verhoog kyk is alles skielik die moeite werd.

Sal ek dit volgende jaar weer doen? Mmm dis nou ‘n vraag wat vir eers onbeantwoord

gaan bly… Dalk moet ek maar vir eers net by toneelspel bly, dis baie minder stresvol!

Ons sal sien, die tyd sal leer.

Vir nou is ek en Gabbi (en verseker die ander projekbestuurders) tevrede en trots op dit

wat ons in so ‘n kort tydperk vermag het. Ons het die uitdaging oorwin!

Toneelfees 2014 = sukses.

Marli van Eeden

Page 46: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Slaag hierdie winter met ‘n

gesondheids onderskeiding Jana du Plessis

Die wintervakansie is nou dalk verby, maar di winter is beslis nog nie om die draai nie. Ons betree nou

die tydperk van pantoffels, verwarmers... En ‘n stapel handboeke (waarskynlik begrawe onder jou opsies

van huisdansrokke)! Akademiese stres, laataande en winterkoue is ‘n gevaarlike kombinasie indien jy

volgende Desember met ‘n bikini op die strand wil loop. Daar is gelukkig nog hoop vir ons.

Eet sonder afleidings

Probeer met elke ete te konsentreer op wat jy eet en beperk dit om televisiereekse te kyk of op jou skootrekenaar

rond te speel. Navorsing het getoon dat as jy bewus word van wat jy eet, jy nie later die behoefte vir peusel sal hê

nie.

1. Beweeg meer

Een feit waaroor ons almal kan saamstem, is dat oefening in die winter bitter moeilikis! As jy eers snoesig onder

jou warm kombers ingekruip het, gaan dit baie meer as die vooruitsig van somerstrande neem om jou daaruit te

kry. Maar elke bietjie help. Neem eerder die trappe as die hyser, parkeer die motor so ver as moontik van die

winkelsentrum se ingang en pak jou kamer reg. As jy gereeld aan aktiwiteite deelneem wat klein hoeveelhede

energie verg, dra dit by tot ‘n gesonder leefstyl.

2. Eet waarvoor jy lus is

As jy met matigheid ingee tot daardie vreeslike lus vir jou gunsteling sjokolade of souterige skyfies, kan dit

voorkom dat jy later ooreet. Onthou om nie te veel en te gereeld jou aan ongesonde versnaperinge verlusting nie.

Page 47: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

Voorkom net die behoefte om jouself heeltemal te weerhou totdat die versoeking te groot raak en jy totaal en al

oorgee aan die kalorieë.

3. Slaap 8 ure per nag

Tydens silly season is hierdie een moeilik om na te kom, maar probeer sover as moontlik genoeg slaap elke aand

in te kry. Daar word beweer dat die deel van jou brein wat self-beheersing toepas nie optimaal funksioneer

wanneer jy moeg is nie en lei daartoe dat jy makliker ja sal sê vir ongesonde kos.

4. Eet meer groente (en vrugte)

Eksperimentele studies het bewys dat wanneer kos in die geheim met groente gefortifiseer is, dit mense langer vol

gehou het as dieselfde porsies kos sonder die groente. So eet al jou groentetydens middagete en jy hoef dalk nie

na iets soets te gryp twee ure daarna nie. Vrugte is ook ‘n gesonde en volhoubare opsie indien die behoefte vir

peusel te groot word.

5. Silly season Serp

Maak seker dat jy nie die ‘daai girl’ in NuBar is wat vergeet het dis eintlik winter in die regte wêreld daar buite

nie. Hou jouself warm. Gelukkig is ons veiligheidsprobleem tans so intensief dat jy minder koue aande alleen sal

rondloop in Stellenbosch se strate. (Wie sê hierdie mense doen ons gesondheid nie eintlik ‘n guns nie? Dalk nou

nie ons geestelike gesondheid nie, maar ‘beggers can’t be choosers’.) So trek aan daai sexy jeans van

jou…ohhhhhkay? En dalk n serp vir optimale beskerming teen die winter goggas.

Page 48: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

By Ancheri van Greunen

We all know that feeling. That feeling when you stand in front of your closet,

hopelessly staring at all your clothes and thinking: “What on earth am I going to

wear today??” As a student it can be a challenge to know what

is suitable to wear to class in the winter, which is comfortable,

but still fashionable. The good news is that student life offers

you the opportunity to be yourself, wear what you like, but

some of us still needs a bit of help sometimes. Here are a few

tips what to have in your closet:

* Trends going strong this season are high knee boots, high

knee socks, and the infinity scarf, which is in fashion this

winter. Denim and leather is also big, so keep a look out for

these trends as well as khaki parkas (which you can buy at

shops like Cotton On and Factorie). Stellenbosch winter is very

rainy and sometimes windy, so layering is always a good idea

for when you enter into warm classes and buildings.

* Monochromatic and warm reds, berry colours and pinks are big this winter

season. Don’t be afraid to play around with these colours, mix ‘n’ match for an

interesting look. Accessories are your best friend in this case, like a boldly

coloured ring, necklace, belt, handbag, scarfs or earrings that can transform any

dull outfit into something dramatic. Student life does not come cheap, but a variety

of accessories can refresh an old outfit into something new and interesting.

* Shoes! Shoes! Shoes! This is probably one of the most important items in your

wardrobe. Walking around on campus is quite a popular activity as it is one of the

most efficient and easiest ways to get to class, residence and the shops. So

comfortable, but good quality shoes are needed. Converse All Stars was seen all

Page 49: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe

around campus this summer, but it is still comfy to wear on dry

winter days with a pair of leggings and a coat. These shoes are

great as they are snug and stylish at the same time and you can

wear them with almost anything - dressed up or down. Water-

boots or Wellingtons are a must-have during the rainy season as

they keep you dry and you can (almost) wear them every day

when it rains.

* When winter strikes, there are a few basics that you always

need in your closet. A great item to purchase is a comfy, warm

hoodie for those lazy days when you have hit the snooze button

one too many times. Tights are another handy clothing item that

can warm you up, but be aware that tights are not pants!, A

lekker warm coat always comes to good use in the cold Stellenbosch weather.

Last but not the least, buy an umbrella! It is your new best friend for the next

couple of weeks.

Last tips for your wardrobe that can come in handy are, you must wear what you

find comfortable. Get to know your body type as everyone cannot look the same

and therefore you must know what you find stylish and feel confidant to wear.

Most of us are broke, so have a peek in your closet and see what you can find to

DIY into something new (Pinterest is great for ideas). There are also many shops

in and around Stellenbosch who sell affordable clothing like charity

and second-hand shops, so keep your eyes open and explore a bit

around town. And one of the benefits of living in Sonop, is that your

friends are close by for you to grab something to wear or even for

fashion advice. So be creative, stay stylish, enjoy the fashion

inspiration around campus and remember the following: Life is too

short to wear boring clothes!

Page 50: Sonsasie - Eerste Semester Uitgawe