BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP GAAN OP TOER Newsletter · following year, when Gov. Mike Pence signed a...

9
A word of welcome BLWK/CAWC: Your monthly guide March 2016 Issue/Uitgawe 43 Newsletter » 25 Mei - Swellendam groentoer » 22 Junie – Langgewens “Walk&Talk” » 2 Augustus – BLWK praktiese dag » 4 Augustus – BLWK konferensie dag Contents • Lawmakers backing hemp production try to separate it from pot in public’s eye ..................... 2 • Terugvoer na die bestuursvergadering ............... 4 • Bewaringslandbou Wes-Kaap gaan op toer .......................................... 5 Upcoming farmers’ days and events: BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP GAAN OP TOER 1 BLWK - CAWC As gevolg van die plaaslike verkiesing wat gehou word op 3 Augustus 2016, sal ons die bewaringsdag moet aanskuif na 4 Augustus 2016.

Transcript of BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP GAAN OP TOER Newsletter · following year, when Gov. Mike Pence signed a...

A word of welcome

BLWK/CAWC: Your monthly guide

March 2016 Issue/Uitgawe 43

Newsletter

» 25 Mei - Swellendam groentoer » 22 Junie – Langgewens “Walk&Talk” » 2 Augustus – BLWK praktiese dag » 4 Augustus – BLWK konferensie dag

Contents• • Lawmakers backing hemp

production try to separate it from pot in public’s eye ..................... 2

• Terugvoer na die bestuursvergadering ............... 4

• Bewaringslandbou Wes-Kaap gaan op toer .......................................... 5

Upcoming farmers’ days and events:

BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP GAAN OP TOER

1BLWK - CAWC

As gevolg van die plaaslike verkiesing wat gehou word op 3 Augustus 2016, sal ons die bewaringsdag moet aanskuif na 4 Augustus 2016.

2 BLWK - CAWC

Lawmakers backing hemp production try to seperate it from pot in public’s eye

Marijuana’s cousin-without-a-high, industrial hemp, is a step closer to returning to Indiana.Lawmakers have allowed the state seed commissioner to license farmers to grow industrial hemp — if and when the federal government stops treating it like a Schedule I drug.A measure authored by Senate Agriculture Chairwoman Jean Leising, R-Oldenburg, was requested by Purdue University researchers who last summer planted the state’s first legal hemp crop in decades.Purdue researchers foresee Congress ending a federal ban on hemp production in the United States within the next year.“When that happens, we could be ready to open this up to anybody who want to grow it,” said Purdue agronomist Ron Turco, who oversees the university’s hemp fields.The hemp seed bill, passed by the House and Senate earlier this month, is narrowly tailored to give legal cover to those who sell industrial hemp seed.

It will allow seed to be sold in Indiana to farmers ready to grow hemp as a cash or cover crop. As with corn and soybean seeds sold for commercial use, farmers won’t be allowed to harvest the hemp seed from a crop for sale or reuse.Still, Indiana’s soil isn’t quite ready for hemp.

Seed Commissioner Robert Waltz, on staff at Purdue, has sole authority to regulate hemp in the state. But he’s issued no permits to grow it, because state law still bars him from doing so.The only reason Purdue can grow it is a provision tucked into the 2013 federal farm bill that allows states and universities to grow hemp for agricultural research. Industrial hemp-

growing was legalized in Indiana the following year, when Gov. Mike Pence signed a bill into law.Hemp supporters see a future in the crop as an eco-friendly source of fiber, food and other products.But the plant from which it comes, cannabis sativa, is technically a

Schedule 1 narcotic, illegal to grow and possess, under federal law.Leising said the link between pot and hemp makes lawmakers wary.She intentionally separated the hemp seed proposal from another measure encouraging the state’s universities to research medicinal oil extracted from the cannabis plant.“If people perceive it as a tie to medical

Lawmakers backing hemp production try to separate it from pot in public’s eye

“We’re being cautious and deliberate about what we’re doing,” Turco said. “So anybody who wants to grow it won’t end up in trouble.”

3BLWK - CAWC

Lawmakers backing hemp production try to seperate it from pot in public’s eye

marijuana, it would kill the bill,” she said.Hemp supporters say the fears are unfounded. Under Indiana law, hemp growers would be subject to random tests of their crops to ensure they contain no more than 0.3 percent THC, the psychoactive chemical in marijuana.“It’s going to come down to education,” said Justin Swanson, a board member of Indiana Industrial Hemp Association. “We have to separate hemp from marijuana in people’s minds.”The association advocated for more aggressive legislation to give the state seed commissioner leeway to issue hemp-production permits, even before the federal issue is resolved.At least 26 states have removed barriers to hemp production, with some liberalizing their laws more than others.Vermont, for example, allows farmers to grow hemp but only after signing a registry in which they acknowledge that they may lose their federal subsidies and

risk having their farm equipment seized by drug agents.Purdue researchers weren’t willing to support such a step.

“We’re being cautious and deliberate about what we’re doing,” Turco said. “So anybody who wants to grow it won’t end up in trouble.”Instead they’re awaiting passage of the Industrial Hemp Farming Act, introduced in Congress last year, which excludes industrial hemp from the definition of marijuana and allows farmers in any state to grow it.Co-sponsors include U.S. Rep. Tom Massie and Senate Majority Leader Mitch McConnell, both Republicans from Kentucky, a state that was once a leading producer of hemp.

The plant was made illegal to grow without a permit under the federal Controlled Substances Act, passed in

1970 because its relation to marijuanaMassie has hopes the bill could land on President Obama’s desk this year, given its bipartisan support.Even with a change in federal law, Purdue researchers say other challenges remain. For one, there’s no place in Indiana to process the plants into usable products.“We’re trying to get these things worked out now,” Turco said. “So you don’t plant it and get stuck with a field you can’t do anything with.”

Document by: By Maureen Hayden CNHI State Reporter IndianapolisFeb 23, 2016

Why I Don’t Buy Organic, And Why You Might Not Want To Either - Forbeshttp://www.forbes.com/sites/steven-savage/2016/03/19/why-i-dont-buy-or-ganic-and-why-you-might-want-to-ei-ther/#3732789f1c2e

Twee uiteenlopende sienings

The Solution Under Our Feet: How Regenerative Organic Agriculture Can Save the Planethttp://ecowatch.com/2015/01/06/regener-ative-organic-agriculture/

4

Terugvoer na die bestuursvergadering

Gedurende die afgelope bestuursvergadering is daar besluit dat die tema van vanjaar se bewaringsweek, 2 en 3 Augustus, “Back to Basics” sal wees. Soos van tevore genoem is sal Prof. John Howieson van Austalië praat oor peulgewasse en rhizobium. Die tweede internationale spreker wat gaan deelneem aan die konferensie is Prof. Rattan Lal, ‘n grondkundige van Ohio State University. Hy het verlede jaar ‘n artikel gepubliseer oor die basiese beginsels van bewaringslandbou en gaan uit hierdie oogpunt oor die intergrasie van die basiese beginselsis praat. Ongelukkig kan hy nie self hier wees nie, maar sal ons ‘n videopraatjie, wat hy vooraf gaan opneem, speel

tydens die konferensie. Hierdie praatjie gaan dien as inleiding tot ‘n gespreksessie oor die stand van bewaringslandbou in die Wes-Kaap en die pad vorentoe.

Ons is ook besig om Danie Slabber, 2015 Vrystaat Jongboer van jaar, en bewaringslandbou boer van die Reitz omgewing, te onderhandel om as spreker op die konferensie op te tree. Sy praktiese aanslag en entoesiasme vir bewaringslandbou is aansteeklik.Die praktiese gedeelte van die konferensie sal fokus op die gebruik van skyfplanters en daar is besluit om terselfdertyd twee bemestingsprogramme en verskillende

vooropkoms onkuiddoders te toets. Data sal deur die seisoen opgeneem word en ons sal profielgate grawe vir die praktiese dag om na wortelontwikkeling ens. te kyk. Tydens die praktiese dag op 2 Augustus sal daar ook geleentheid wees om die verskillende planters te besigtig.Die groentoere vir die eerste helfte van die jaar is ook reeds beplan. Die eerste sal wees in die Swellendam omgewing op die 25ste Mei en op Langgewens die 22ste Junie. In die volgende uitgawes van die nuusbrief sal daar meer spesifieke inligting oor elke toer verskaf word. Met die tweede helfte van die jaar se besoeke sal daar gepoog word om ten minste een toer in die meer sanderige dele van die Swartland te doen.

Die bestuur wens almal ‘n besige planttyd toe en ons bid dat die reën op sy tyd sal kom.

Terugvoer na die bestuursvergadering

BLWK - CAWC

BLWK planterdag

Op die 20ste April gaan verskeie skyfplanters op die plaas Klipfontein (MG Lotter) die proewe vir die Bewaringsweek in Augustus plant. Twee bemestingsprogramme en verskeie vooropkoms onkruiddoders gaan getoets word saam met die skyfplanters.

Enige belangstellendes is welkom om die plantaksies te kom besigtig. Ons sal die oggend van so 10h00 af die verskeie planters deur hulle passies sit. Klipfontein is geleë op die Caledon

Villiersdorp pad (so om en by 10km van Caledon se kant af aan die regterkant van die pad).

BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP GAAN OP TOER

Die trein trek lekker sterk

verby AlbertiniaBewaring van

ons geskiedenis

5BLWK - CAWC

Agt lede van die BLWK het die toer na Riemland Studiegroep se geenbewerking boeredag op Reitz meegemaak. Die groep het bestaan uit 3 produsente, 2 beamptes van die Departement Landbou Wes-Kaap, twee grondgesondheidsdeskundiges en een student van die Universiteit van Stellenbosch, een vrou en 7 manne. Ons het weggespring Sondag die 13de Maart en teen Maandagaand is die groep herdoop na Lisa en die sewe dwergies.

Die eerste dag het ons na Graaff-Reinett

geneem, insluitende ‘n paar stoppe langs die pad om na ‘n stoomtrein of twee te kyk. Die eerste amptelike besoek (Maandag 14 Maart) was aan die plaas Klipfontein (Johan Rupert se plaas), waar ons gaan kyk het na ‘n uitmuntende voorbeeld van ‘n holistiese benadering tot weidingsbestuur. Ons is ontvang deur Johan Bouwer (bestuurder) en Roland Kroon (adviseur oor holistiese beweidingstrategieë en self ook ‘n boer in eie reg). Die plaas (een van 5 plase wat 23000 ha beslaan) is ontwikkel vir die bewaring van wildspesies wat eie is

of was aan die streek. Johan Bouwer het verduidelik dat hulle in samewerking met Roland Kroon (‘n kenner van die Savory beweidingsbeginsels) na ‘n manier gesoek het om die natuurlike veld oor tyd te verbeter sodat daar ‘n diverse versameling van plantspesies behoue bly en dit word gedoen deurdat die fokus op die verbetering van die grond is. Net soos ons in die BLWK is die grond hul eerste prioriteit. Aangesien die plaas oor geen interne drade beskik nie (behalwe vir twee kampe wat deur die buffels gewissel wei word) en die wild vrylopend is het hulle besluit om

6 BLWK - CAWC

Peter Greeff het die skare aan sy voete tydens sy CA praatjie op

Reitz

die “mob-grazing” tegniek met skape te doen om die verlangde effek op die veld te verkry. Hulle gebruik tans twee troppe van 1000 skaap elk om

die drukbeweiding en vertrapping te bewerkstellig. Aangesien daar nie drade is nie het hulle weer van skaapwagters gebruik begin maak. Om dit te kon doen moes hulle ‘n herderskursus op die been bring om die nodige opleiding te verskaf. Die eerste 4 herders gradueeer aan die einde van 2016. Twee herders is verantwoordelik vir elk van die twee skaap troppe. Hulle werk om die beurt vir ‘n week lank en is dan dag en nag by die skaap. Hulle is verantwoordelik om

die skaap volgens ‘n vooropgestelde plan oor die plaas te beweeg. Hulle stel ‘n kraal op waar die skape oornag en dan beweeg die trop om die area. Die

enigste hulpmiddel vir die hantering is ‘n skaaphond. Die trop wei in ‘n kompakte groep en sodoende leer hulle om nie meer te kyk waar hulle trap nie en eet hulle alles wat voorkom. Die idee is om die plante so te trap dat dooie materiaal as ‘n deklaag op die grond kom wat help om reënwater vas te vang in poeletjies en dan die vog langer te behou in die grond. So bestuur hulle ook kaal kolle in die veld waar die skaaphoewe die kors breek en dan nuwe groei veroorsaak met

die eerste reën. Ons het ‘n kol besoek waar die trop die vorige week so gebruik is en dit was ongelooflik om die effek van die materiaal op die grond te sien. By ‘n stuk veld wat ses maande intensief bewei is, kon ons die hergroei van die karoo bossies waarneem. Nuwe lote het vanuit die kroon ontstaan. Die bossies is nie “dood” getrap nie –dus vorm die bossies nie “eilande” met kaal grond tussen in nie (soos baie die geval met ons lusern kampe is nie). Dit is ook merkwaardig hoeveel grassade tussen die bossies ontkien ook sterk groei vertoon het. Toe ons langs die trop skaap staan was dit ‘n “eye-opener” om te sien hoe ’n trop in ‘n 50 x 50m blok beweeg en kon mens duidelik hoor hoe hulle vreet. Dit klink soos ‘n rolux magnum grassnyer wat aan die werk is, volgens Johan. Hy sê hy sou

By ‘n stuk veld wat ses maande intensief bewei is, kon ons die hergroei van die karoo bossies waarneem.

Proefielgat in soja no-till Reitz

Toergroep luister na Roland Kroon

(middel) en Johan Bouwer (middel

regs)

Bewaringslandbou Wes-Kaap gaan op toer

Antwoord lê in die grond

7BLWK - CAWC

Bewaringslandbou Wes-Kaap gaan op toer

graag beeste op dieselfde manier wou inspan om die areas waar die gras te veel domineer nog vinniger te bestuur, maar omdat hulle buffels op die plaas het, is die gebruik van beeste nie ‘n moontlikheid weens die oordraagbaarheid van siektes. Die besoek het weereens die pilare van bewaringslandbou bevestig met die minimum versteuring van die grond deur hoewe, die verskeidenheid van spesies en die behoud van reste op die grondoppervlak. Van Klipfontein af is ons toe tot by ons oornag plek 20 km anderkant Norvalspont oppad na Venterstad, langs die Gariepdam. Ons het tuis gegaan by die Driekwartblou Gastehuis op die plaas Schalkwykskraal, ‘n werkende skaapplaas waar Rubicon Merino’s en Nguni beeste in ‘n holistiese bestuurstelsel geproduseer word. Die eienaars, Cariena en Meyer van der Walt, het tydens die verloop van die aand se braai aan ons verduidelik hoe hulle die weidings en die grond bestuur.

Dinsdagoggend vroeg, nie so vroeg soos beplan nie, het ons in die pad geval na Clocolan, waar ons sou oornag. Tydens die besoek aan Clocolan het ons ook besoek afgelê by Hans van Rooyen en Jan Groenewald (beide het ons eerste bewaringsweek in 2013 bygewoon). Daar is nog nie grootskaalse bewaringslandboupraktyke aan die gang in die area nie, maar bewerking van die grond is alreeds baie verminder (bewaringsbewerking) en poog die manne om so veel as moontlik materiaal te bewaar. Dit is egter nie so maklik nie. Mieliereste waai maklik weg en Hans is veral besig om werk te doen met die opbou van materiaal deur langertermyn weidings te vestig en dan kontantgewasse in te skakel vir ‘n aantal jare voor daar weer na ‘n weidingsiklus toe gegaan word. Iets wat belofte toon is die vestiging van armmanslusern waarna smutsvingergras ingesaai word. Daar is ook ‘n groot behoefte aan kennis en opsies vir wintergewasse wat as dekgewasse sou kon dien. Jan Groenewald is ook besig met ‘n verminderde bewerkingstelsel waar hulle die hele plaas “rip” en daarna slegs plant. Hy het ook die behoefte uitgespreek vir gewasse waarvan die materiaal behoue bly vir langer. Volgens hom is hulle ook in die mark vir ‘n geenbewerkingsplanter in die komende jaar.

Ons was bevoorreg om in die nuwe gastehuis op Jan se

plaas te kon bly. Dit is ‘n pragtige gerestoureerde sandsteenopstal wat in ‘n gastehuis omskep is onder die toesig van sy vrou. Die Waterval Gasteplaas is die moeite werd om te besoek as julle die dag kans kry en in die omgewing is.

Vanaf Clocolan is ons tot by Reitz, eintlik so 12 km buite Reitz oppad na Kestell, waar die Riemland Studiegroep hulle boeredag gehou het. Danie Slabber en sy vrou Via was ons gasheer en –vrou vanaf Woensdagaand tot en met ons vertrek Vrydagoggend. Ek haal my hoed af vir Via wat haar huis oop gemaak het vir die klomp Kapenaars. Die plaas se naam is VanRooyenswoning.

Danie is tans die leier van die studiegroep en is laasjaar aangewys as die Vrystaatse Jongboer van die jaar. Hy het tong in die kies vertel van ‘n praktiese besoek, aan wyle Oom Jack Human, terwyl hy ‘n Saasveld-student onder Peter Greeff was en hoe hy eintlik nie geluister het nie, want hy het gereken die no-till storie is net iets wat ons Kapenaars moet doen. Danie se eerste kampe is 8 jaar terug onder no-till gevestig en sy jongste 4 jaar terug. Hy verbou tans mielies, sojas en sonneblom en speel ook met die idee om weer koring terug te bring in sy rotasiestelsel. Hy beklemtoon ook die belangrikheid van bedekking en dat dit nie altyd so suksesvol is om die bedekking solank as moontlik te behou nie.Die Riemland studiegroep bestaan uit die helfte no-till en helfte konvensionele produsente. Verskeie proewe word deur die groep behartig en vanjaar was hulle 6de byeenkoms. Tydens die boeredag of groentoer soos hulle

Veld besig om te herstel na reën

Een van die twee troppe skaap wat

gebruik word om veld te bestuur

8 BLWK - CAWC

Bewaringslandbou Wes-Kaap gaan op toer

van praat, is daar eers in die skuur vergader om na sprekers te luister, waarna die 4 proefpersele besoek is. Peter Greeff het gepraat oor die basiese beginsels van bewaringslandbou en hoe dit toegepas word in die Wes-Kaap en is gevolg deur Egon Zunckel, geenbewerkingsboer van Natal en ook nou die Oos-Vrystaat. Beide sprekers het die belang van die behou van materiaal bo-op die grond beklemtoon en Egon het verder ook gewys op die gebruik van dekgewasse om probleme aan te spreek soos bv. om die Fusarium infestasie op mielies te breek met ‘n dekgewasmengsel wat hawer en radyse ingesluit het. Hy sê ook dat tegnologie en veral soos dit betrekking het op Bewaringsboerdery nooit goeie bestuursbeginsels kan vervang nie.

GraanSA het ook in die laaste jaar deelgeraak van die studiegroep om te help met die statistiese verwerking van van die proefresultate en ook demonstrasieproewe met dekgewasse. Een van die studiegroeplede het ook terugvoer gegee oor die ekonomiese syfers van ‘n 4-jaar oue proef waar geenbewerking en bewerking stelsels vergelyk word. Die sukses van die

geenbewerkingstelsel i.t.v. van die ekonomie, soos wat ons in die Wes-Kaapse langtermyn proewe ook sien, het duidelik na vore gekom uit die syfers.

Tydens die praktiese besoek is daar gekyk na die bogenoemde proef, saaidigtheidsproewe in mielies en sojas, asook na profielgate in sojas, mielies en sonneblom. Die verskil in hierdie droë jaar was duidelik sigbaar met die aankom by die geenbewerking vs bewerkingproef. Die geenbewerking mielies was hoër en groener, en die mieliekoppe groter, as die stroke waar daar bewerking was. Die verskil in die grond was ook duidelik voelbaar met die beweeg tussen die verskillende bewerkingstoke. Na 17 mm reën die vorige nag het mens dieper ingesink in die bewerkte gedeeltes. Ten spyte van die sukses van die proef is daar nog steeds huiwerigheid onder van die produsente om oor te skakel van die konvensionele metodes na geenbewerking en voel sommige dat hulle eers iets soos “vertical till” moet doen voor hulle heeltemal oorskakel of is hulle eenvoudig net te skrikkerig om die stap te doen. Tydens gesprekke

op die praktiese besoeke en na die tyd in die saal het dit duidelik uitgekom dat die opbou van materiaal nog ‘n probleem is, alhoewel Danie aangedui het dat dit oortyd vermeerder, maar nog te stadig is. Ons het ook ‘n lang gesprek gehad met ‘n jong produsent wat nog maar net 3 seisoene op geenbewerking is en dink daaraan om na ‘n “ripper” terug te val om ‘n probleem op te los. Ander moontlike alternatiewe oplossings is tussen ons groep en hom bespreek waarna hy eerder kan kyk.

Dit was ‘n uitstekende dag, wat baie goed bygewoon is, veral deur manne van buite die omgewing. Dit was vir ons groep ook weer opnuut ‘n leerskool en het daar baie bespreking uitgekom in die bus soos ons gery het oor waar ons kan verbeter. Ons het ook besluit om baie nou bande met die Riemland Studiegroep te bou vorentoe.Vrydag en Saterdag was opgeneem met die terugreis. Dit was voorwaar ‘n vooreg om die toer te kon doen en sal ons in die toekoms dit weer doen.Johann Strauss

Gemsbok trop

Verskil in grond-vog sonder en met

bedekking

saailinge wat uitkom deur bedekking twee weke na

drukbeweiding deur skaap trop en 10mm reën