ROOTED IN CHRIST · 2019-05-01 · Darrel Guder – The continuing conversion of the church...

26
ROOTED IN CHRIST REMAIN IN ME AS I REMAIN IN YOU (JOHN 15: 4) 11:45-12:50 PARALLEL SESSIONS Karlien van Wyk Facilitator: Heerden van Niekerk Sharing the good news about the vine: A missional approach to evangelism Vertel die goeie nuus oor die wynstok. ‘n Missionale benadering tot evangelisasie ONS TEMA VIR SESSIE BY KONFERENSIE SHARING THE GOOD NEWS ABOUT THE VINE: A MISSIONAL APPROACH TO EVANGELISM (Joh 15) VERTEL DIE GOEIE NUUS OOR DIE WYNSTOK. ‘n MISSIONALE BENADERING TOT EVANGELISASIE Woorde wat in tema uitstaan is - MISSIONALE BENADERING (spesifieke benadering/intensie en spesifeke bril waarmee dit benader, maar alle tekste moet steeds met ‘n verantwoordelike hermeneutiek gelees word, wat sosio-historiese konteks, literêre konteks, resepsie geskiedenis en bedoeling vir vandag inagneem) EVANGELIE WYNSTOK – LEWE/VRUG IN CHRISTUS DEEL/VERTEL DIE GOEIE NUUS. Missionale benadering Onderliggend van hierdie denke is ons verstaan van die Missio Dei (die sending van God) wat uitmond in die Missio ecclesia (die sending van die gemeente). Alles wat in die gemeente gebeur – die eredienste en die prediking, die kategese en die pastorale versorging, alles wat op die agenda van die kerkraad staan – moet ‘n missionêre dimensie hê. Al die dinge moet gedoen word vanuit ons evangeliese identiteit met ‘n oog op die kerk se getuienis in die wêreld. Die gemeente moet wel ook ‘n spesifieke duidelike missionêre intensie hê, wat spesifiek daarop ingestel is om die evangelie in al sy konsekwensies uit te dra en om mense wat die Here nie ken nie tot geloof in en ‘n lewe in Christus te nooi. Evangelisasie David Bosch beskryf evangelisasie as ‘n onderdeel van die kerk se meer algemene sendingroeping. In terme van die Missio Dei, is die kerk se sending die omvattende taak waarby God die kerk betrek met die oog op die verlossing van die wêreld. Sending is dus die omvattende betrokkenheid by die verlossing van die hele wêreld (mens, aarde, natuur, hele skepping), tot eer van God. In die hart van sending, trouens in die hart van al die aktiwiteite van die kerk (gemeentebediening, diens van barmhartigheid, getuienis na buite, ensovoorts), het ons egter met evangelisasie te make. Evangelisasie is daardie dimensie wat spesifiek daarop gerig is om aan elke persoon, oral,

Transcript of ROOTED IN CHRIST · 2019-05-01 · Darrel Guder – The continuing conversion of the church...

  • ROOTED IN CHRIST REMAIN IN ME AS I REMAIN IN YOU (JOHN 15: 4)

    11:45-12:50 PARALLEL SESSIONS Karlien van Wyk Facilitator: Heerden van Niekerk Sharing the good news about the vine: A missional approach to evangelism Vertel die goeie nuus oor die wynstok. ‘n Missionale benadering tot evangelisasie ONS TEMA VIR SESSIE BY KONFERENSIE SHARING THE GOOD NEWS ABOUT THE VINE: A MISSIONAL APPROACH TO EVANGELISM (Joh 15) VERTEL DIE GOEIE NUUS OOR DIE WYNSTOK. ‘n MISSIONALE BENADERING TOT EVANGELISASIE Woorde wat in tema uitstaan is -

    • MISSIONALE BENADERING (spesifieke benadering/intensie en spesifeke bril waarmee dit benader, maar alle tekste moet steeds met ‘n verantwoordelike hermeneutiek gelees word, wat sosio-historiese konteks, literêre konteks, resepsie geskiedenis en bedoeling vir vandag inagneem)

    • EVANGELIE • WYNSTOK – LEWE/VRUG IN CHRISTUS • DEEL/VERTEL DIE GOEIE NUUS.

    Missionale benadering Onderliggend van hierdie denke is ons verstaan van die Missio Dei (die sending van God) wat uitmond in die Missio ecclesia (die sending van die gemeente). Alles wat in die gemeente gebeur – die eredienste en die prediking, die kategese en die pastorale versorging, alles wat op die agenda van die kerkraad staan – moet ‘n missionêre dimensie hê. Al die dinge moet gedoen word vanuit ons evangeliese identiteit met ‘n oog op die kerk se getuienis in die wêreld. Die gemeente moet wel ook ‘n spesifieke duidelike missionêre intensie hê, wat spesifiek daarop ingestel is om die evangelie in al sy konsekwensies uit te dra en om mense wat die Here nie ken nie tot geloof in en ‘n lewe in Christus te nooi. Evangelisasie David Bosch beskryf evangelisasie as ‘n onderdeel van die kerk se meer algemene sendingroeping. In terme van die Missio Dei, is die kerk se sending die omvattende taak waarby God die kerk betrek met die oog op die verlossing van die wêreld. Sending is dus die omvattende betrokkenheid by die verlossing van die hele wêreld (mens, aarde, natuur, hele skepping), tot eer van God. In die hart van sending, trouens in die hart van al die aktiwiteite van die kerk (gemeentebediening, diens van barmhartigheid, getuienis na buite, ensovoorts), het ons egter met evangelisasie te make. Evangelisasie is daardie dimensie wat spesifiek daarop gerig is om aan elke persoon, oral,

  • ‘n egte geleentheid te bied om deur die evangelie uitgenooi te word tot geloof en ‘n lewe in Christus Jesus – met die oog op die aanvaarding van Christus as Verlosser, die inskakeling by die gemeenskap van gelowiges en die betrokke raak by die kerk se bediening van versoening, vrede en geregtigheid op aarde, in die koninkryk van God te leef.

    - Evangelisasie is gerig op ‘n totale mens, in sy/haar totale konteks. Die Evangelie bring vir mense en gemeenskappe goeie nuus in hul uiteenlopende lewensfases, maatskaplike en ekonomiese uitdagings, en geestelike nood.

    - Die evangeliseerder bring dus daarom nie pasklaar antwoorde en kitsoplossings nie maar luister saam met haar gespreksgenoot na wat die Here vir albei partye sê.

    - Evangelisasie sluit dus die evangeliseerder in deurdat sy/hy ook in die proses aangespreek, uitgenooi en verander word. (The continuing conversion of the church)

    Wynstok – Gaan ons ‘n lewe in Christus en Christus in my. VERTEL: DRA DIE GOEIE NUUS Ons het die afgelope 5 weke in Welgemoed ‘n proto-tipe reeks deurloop met die tema – VERTEL: DRA DIE GOEIE NUUS. Dit was ‘n gespreksraamwerk om lidmate te help om met deernis na hul naaste kyk en geleenthede raak te sien om in die alledaagse lewe die evangelie, die goeie nuus van Jesus te deel en te vertel. Die doel was nie om mense bymekaar te kry en vir ‘n spesifieke tydsgleuf uit te stuur om evangelisasie in spesifieke area te gaan doen nie, maar om met ons missionale kerkwees uitkyk hul toe te rus om in hul elke alledaagse lewe geleenthede raak te sien om deur hul manier van luister die goeie nuus uit te dra, maar ook die goeie nuus te deel deur die manier van praat, of goeie nuus beelde en metafore te ontgin. Ons het in ons eredienste, kleingroepe en dagritmes op hierdie tema gefokus. STORIES IN GEMEENTE – Ek wil aan die begin 2 mense se storie en getuienis deel van hul ervaring van die afgelope 5 weke. Persoon E (media) – By gymnasium ‘n naaste ontmoet wat teenoor haar genoem het sy is nie lus vir huis wat ook werk is, toe te gaan nie want sy praat nie met eggenote (wat ook saambly en saamwerk). Eerste keer het persoon nie gereageer, en toe agv kursus nagedink maar dit was ‘n geleentheid en toe dit die tweede keer weer gebeur, toe neem sy geleentheid om te luister, waarop ‘n lang gesprek gevolg het sy en gevra het of sy vir persoon kan bid. Sy ervaar dat die persoon ook ligter gevoel het. (Stap tussen alledaagse en sprong om van goeie nuus en afhanklikheid te getuig en geleenthede raak te sien).

  • Persoon G (Sakeman) – Tema’s het hom herinner aan wat is ‘n christen se ingesteldheid teenoor die lewe en ander. In ‘n wêreld wat kompeterend is en baie negatief ingesteld teenoor ander, het hy besef dat ‘n Christen se lewensingesteldheid moet tenspyte van die slegte goed anders wees. (Hoop en lewe in oorvloed met deernis) VERTEL DRA DIE GOEIE NUUS IS ‘N PROTO-TIPE PRODUK gebore uit ‘n lang verhaal van gesprekke, van saam worstel en dink en navorsing doen oor wat evangelisasie in vandag se konteks is en wat is die goeie nuus wat lewe gee. Ek wil graag die storie vertel hoekom die proto-tipe reeks geskep is. NAVORSINGSPIRAAL

    ! SIRKEL 1 – VERWOORD PYN Die moderamen het pyn, vasgelooptheid, uitdagings verwoord ten opsigte van evangelisasie toe hulle in ‘n gesprek ontdek dat ons nie op dieselfde bladsy is oor die kern-inhoud van die evangelie en oor hoe ons dit met ander behoort te deel nie. In die bespreking tydens die moderamen, was genoem dat gereformeerdes gewoonlik terughoudend oor bekering praat. Hoe kry ons ons passie hieroor terug?

  • 1) DIE MODERAMEN HET IN AUGUSTUS 2017 opdrag gegee aan die Diensgroepe vir Getuienis, Gemeentebegeleiding en Toerusting om eksperimentele materiaal te ontwikkel wat gemeentes kan gebruik om lidmate toe te rus vir evangelisasie.

    Die Moderamen bely dat gemeentes geroep word om ‘n teken en voorsmaak van die koninkryk te wees en daarom in woord en daad die goeie nuus dat Jesus die Here is in hulle eie omgewing en verder moet uitdra.

    Die Moderamen het die volgende riglyne uitgespel:

    • Ons getuig van die liefde van God die Vader vir sy hele skepping.

    • Ons getuig van die hart van die evangelie: Jesus Christus is die Here; Hy is opgewek, Hy het opgestaan. Ons getuig dat dit ons lewens direk raak.

    • Ons getuienis geskied in die krag en onder inspirasie van die Heilige Gees.

    • Ons getuienis, waarvan geloofsgesprekke deel vorm, is gerig op ontmoeting met Christus en met ‘n nuwe toewyding aan Hom.

    • Ons getuienis geskied onder die indruk van die implikasies wat ‘n keuse vir Christus vandag het.

    • Ons getuienis is kontekstueel. Ons moet seker maak ons verstaan goed met wie ons te doen het in ons getuienis: Wat is die ander se agtergrond, omstandighede en diepste nood?

    • Ons getuienis word gedra deur ‘n passie vir groter heelheid, herstel, vryheid en vrede vir medemense.

    • Ons praat nie uit die hoogte met mense nie. Ons is óók brose mense wat deur God verwelkom is.

    • Ons getuienis is nie veroordelend nie, maar omarmend.

    • Ons getuienis is dringend, nie omdat ons getuig vanuit vrees nie, maar vanuit die hoop dat Christus leef, regeer en weer sal kom.

    Kobus Odendaal, Braam Hanekom, Gielie Loubser en Pieter vd Walt het die moderamen se opdrag kort na die moderamen vergadering bespreek. Hier is enkele notas van die gesprek:

    • Wees altyd gereed om ‘n verduideliking te gee van die hoop wat in jou lewe (1 Petr 3:15). Hoe kan ons mense vandag help om hierdie verduideliking te gee? Wat sê jy en hoe sê jy dit?

    • Die Nuwe Testament begin by “Jesus Christus is die Heer” en sê dan hierdie Christus bring God na ons toe.

    • Getuienis is om te vertel, eerder as om te probeer oortuig deur argumente en die oordra van intellektuele stellinge. Ons deel vanuit dit wat ons self ervaar as ‘n Godsontmoeting.

    • Ons is bewus daarvan dat ons in terme van ons tydsgees bang is om aanstoot te gee en dat dit ons onnodig versigtig maak. ‘n Kultuurverandering is nodig: Ons deel ons geloof met ander! Ons praat oor die Here!

  • • Wat verstaan ons vandag as sonde waarvan ons verlos moet word? Hoogmoed? Die siening dat ek oraait is en niks nodig het nie? (gepantser) Ons is gebroke? Ons maak ander mense seer?

    • Ons sal help as ons die redding wat daar in Christus is eenvoudig kan verduidelik: Lewensverandering. Beter lewe. Beter gewoontes. ‘n Heler samelewing. Ewige lewe.

    • Onthou die praat oor die evangelie moet opgevolg word in die omgee-gemeenskap: Die omgee-gemeenskap trek jou. Die Heilige Gees werk in die gemeenskap van gelowiges.

    SIRKEL 2 - VERHELDER VRAAG Daar is ‘n wye en inklusiewe proses gevolg om die vraag te verhelder, waarby na teoloë se stemme geluister is en gemeentes van al ons sinodale gebiede deel gemaak is van die navorsing.

    Versoek van die moderatuur aan STLAS om leiding te gee: Daar was ‘n werksessie met lede van drie diensgroepe, nl. Toerusting, Getuienis en Gemeentebegeleding. Tydens hierdie werksessie is die Retoriese Model op die tafel gesit (logos; etos; patos).

    Retoriese Raamwerk vir die Ontwikkeling van ‘n Evangelisasie Strategie:

    ! Die model verduidelik hoe verskillende aspekte van evangelisasie in mekaar steek en van mekaar afhanklik is.

    • LOGOS: Wat glo ons? Wat is die goeie nuus vir mense? • ETOS: Wie is ons? Hoe beliggaam ons die goeie nuus? • PATOS: Wie is die mense met wie ons praat? Hoe koester ons ruimtes vir gesprek oor

    geloof?

    Die 3 aspekte staan in ‘n dinamiese wisselwerking tot mekaar. Dit word in die skema voorgestel met wisselwerkende pyle:

    • logos ↔ patos die evangelie ruk en troos, daag uit ↔ mense ontvang dit en kom tot bekering

    • etos ↔ patos ons reik uit, “host” gesprekke, luister diep en respekvol na mense ↔ ons wag dat God ruimte gee en dat die ander oopmaak en ontvang

  • • logos ↔ etos die Gees vernuwe ons en maak ons heilig ↔ ons beoefen dissiplines en oefen in

    Die Logos-aspek: Wat is die goeie nuus vir mense?

    STLAS het hierin op versoek van die moderatuur die leiding geneem.

    In ‘n gesprek met Andries Cilliers is daarop gewys dat baie evangelisasie modelle (bv EEIII-model) geskoei is op die forensiese versoeningsleer. Die forensiese beeld vir verlossing - waarmee die meeste van ons grootgeword het - verduidelik die betekenis van Christus in terme daarvan dat Hy vir ons skuld betaal het.

    1. Die mens oortree die wet, is sondig en is self daarvoor verantwoordelik; 2. Ons verdien die ewige straf daarvoor; 3. Jesus het daardie straf in ons plek aan die kruis gedra.

    Dis is gegrond op ‘n rasionele en juridiese model. Daar word voorgestel dat ons moet beweeg van “juridiese genoegdoening” na die hereniging met God in Christus. Beweeg van die “rasionele betaling met bloed” na die liefde van God wat die soekende omhels. Help mense om die gelaat van God wat ons in Christus liefhet, in ‘n wrede en onregverdige wêreld te herken.

    Darrel Guder – The continuing conversion of the church

    Versigtig wees vir reduksie van die evangelie.

    Forms of reductionism include:

    • Shifting away from the event character of the gospel to the formulation of a defined faith system with a focus on truth and systematic theology.

    • The Kingdom of God shifting into post-death eternity • Salvation becoming an asset or commodity held by individual Christians • Christian activity understood as disciplines of Christian behaviour that would prepare one

    for heaven • Church leaders/clergy focus on managing individual salvation. • Baptism focusing on individual salvation rather than a call to ministry • Worship becoming an end in itself rather than God’s divine preparation for sending • Evangelistic preaching focusing on happiness

    “Evangelisation as the heart of ministry means that the gospel-centred community continually encounters and celebrates Christ. This is the purpose and witness of public worship. Evangelisation as the heart of ministry happens as Christ commissions the community to be his witnesses, to do his witness, and to say his witness. Continuing conversion is to Christ’s salvation and thus to his mission.”

    Marius Nel het by moderamen die vraag “Wat is die Evangelie?”bespreek:

    Marius verwys na die opstanding en opwekking van Jesus wat die goeie nuus is. Een stel formulerings praat van die opstanding van Jesus. Hier word dikwels die werkwoord ἀνίστηµι met

  • die betekenis van “opstaan” gebruik (vgl. Lukas 24:7). Dit dui op Jesus se triomf oor die dood. Jesus is dus hier die handelende agent.

    Die ander stel formulerings beklemtoon die opwekking van Jesus deur God deur gebruik te maak van die werkwoord ἐγείρω (Lukas 24:6). Hier is God die handelende agent en gaan dit oor God wat Jesus regverdig verklaar het deur sy opwekking. Die Jode het geglo dat iemand wat gekruisig is, vervloek was (vgl. Gal. 3:13 & Deut. 21:23). Jesus se dood aan die kruis het hom vervolgens geklassifiseer as een van die vervloektes met wie God en sy volk veronderstel was om geen kontak mee te hê nie. Tog is dit juis dié vervloekte Jesus wat deur God opgewek word. Sy opwekking is die wyse waarop God verklaar het dat Jesus se leer én lewe sy goedkeuring weggedra het (as vervloekte aan kruis). Ons kan dus glo wat Hy geleer het en doen wat Hy gedoen het. Die belydenis dat Jesus liggaamlik opgestaan het, is 'n unieke Christen een.

    Wat glo ons dus? Nie net dat daar lewe na die dood is nie. Die Christelike geloof ontstaan as gevolg van die leë graf en die verskynings van Jesus in 'n opstandingsliggaam. Christene glo dus in lewe na die dood (ons siel is onmiddellik by God met ons dood) en in lewe na lewe na die dood (die opstanding van die vlees met die voleinding).

    Ons glo verder dat nie alleen Jesus liggaamlik sal opstaan nie, maar ook ons. Ons glo ook dat dit nie net ons is wat vernuwe sal word nie maar ook die ganse skepping.

    Deur sy opwekking is Jesus as Here (koning) deur God aangewys. As ons beide glo – Jesus het die dood oorwin en Hy regeer oor alles - sal ons gered word. As ons glo in die liggaamlike opstanding van Jesus en onsself, asook die vernuwing van die wêreld, dan lyk ons lewe voor die dood anders.

    Nadia Marais het ons daarop gewys dat een van die maniere waarop teoloë vandag oor die goeie nuus praat is met behulp van die begrip ‘floreer’, wat in Latyn beteken om te blom. Ons kan aan spesifiek tekste dink soos in die evangelie van Johannes, Joh 10 wat verwys na die lewe in oorvloed, die Brood van die lewe, die water wat lewe gee.

    Om vrug te dra, is om tot seën te wees vir die mense om ons en vir die ekologie. Die manier hoe ons floreer, ons eie florering – geluk, ʼn vol en goeie lewe, ons eie bevryding en heil en geseënd wees, moet ook iets vir ander mense en vir die ekologie beteken. Een van die uitdagings is, om te floreer ook binne siekte, pyn en dood. As florering sou beteken dat ons net ʼn goeie lewe kan beleef wanneer ons gesond en wanneer ons ryk is, is dit nie die beeld wat die Bybel gebruik nie.

    Florering moet nie uit onsself gebore geword nie, dit word geskenk in Christus en word versterk deur die Heilige Gees.

    Louis Jonker verwys dat Die Ou Testament praat oor God deur te vewys na woorde en begrippe soos die verbondstrou van God (chesed). Die goeie nuus waaraan die Ou Testament ons herinner, is dat God na ons toe uitreik. Dat Hy die inisiatief neem om dit te doen. ʼn Tweede een is die begrip shalom, om vrede te hê. Shalom gaan oor baie meer as om nie oorlog te maak nie, dit gaan oor ʼn welwese, ʼn heelheid, ʼn harmonie tussen God en skepping, skepping en mens, tussen mens en God. Sadek (geregtigheid).

    Louis Jonker wys ook daarop dat die Ou Testament het ʼn hele verskeidenheid van maniere het om oor die goeie nuus te praat.

    Die samestellers van die Bybel het nie vir sekeres gekies en ander weggegooi nie. Hulle het vir ons ʼn hele verskeidenheid van begrippe van maniere van praat gegee en dit lyk dan of dit die verantwoordelike ding is wat ons ook binne die kerk moet doen. Ons moet - soos die Bybel binne

  • die Bybel ʼn gesprek voer oor wat die goeie nuus is - ook met mekaar in ons gemeentes hieroor praat.

    Beelde en metafore van die goeie nuus – terugvoer van gemeentes

    Daar is op grond van die advies van STLAS lede d.m.v. terugvoerblaaie vir gemeentes gevra na beelde, metafore en verhale in die Bybel wat die goeie nuus die beste verduidelik. Daar is ook gevra na eietydse beelde.

    Terugvoer is van 23 gemeentes ontvang in Wes-Kaap Sinode.

    Intussen het die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Ekklesiologie, onder leiding van Gert Cordier, gevra of hulle kan deelneem aan die projek.

    Daar is meer as 30 terugvoerblaaie van ander sinodes ontvang.

    • God die Genadige maak nie onderskeid nie (Mat 20:1-16; Hand 10:11-14, 27-28)

    • Die Gees as Trooster gee ons hoop (Joh 14:15-31)

    • Jesus die Gewer van Rus nooi ons om ons laste neer te lê (Mat 11:28-30)

    • Jesus laat ons grense oorsteek (Joh 4:1-26; Lukas 10:1-16)

    • Jesus is genoeg (Joh 6:35; Eks 16:31-36; Open 22:17; Luk 12:22-33)

    • God die Herder beskerm en lei ons (Ps 23; Ps 80:2; Jes 40:11; Eseg 34:12)

    • Jesus die Goeie Herder lê sy lewe af vir ons (Joh 10:11-18)

    • Jesus die Goeie Herder is by ons (Joh 10:1-5; Mat 28:20; 1 Pet 2:25)

    • Jesus die Gasheer herstel ons menswaardigheid (Luk 14:15-24; Ps 23:5-6)

    • Jesus gee vir ons daaglikse brood (Mat 6:11; Joh 6:1-15; Mat 7:7-12)

    • Die Gees as Voorspraak tree vir ons in (Rom 8: 26-27)

    • God gee vir ons vastigheid soos ‘n rots (2 Sam 22:32; Ps 18:3; Ps 28:1; Ps 89:27; Jes 17:10; Jes 28:16; Mat 7:24-27)

    • God die Koning skryf ons skuld af (Mat 18:21-35)

    • God die Moeder versorg en tel ons op (Jes 66:13; Ps 131:2; Luk 13:34)

    • Jesus die Offer versoen ons met God (Hebr 10:11-18; 1 Pet 1:17-21)

    • Jesus die Bevryder verlos ons van die Bose (Mat 4:1-11; Mat 6:13)

    • God die Skepper onderhou alles (Gen 2:1-4; Ps 8; Ps 121; Job 38; Rom 8: 18-25; Open 4:1-11)

    • Die Gees as Getuie vertel ons alles van Jesus wat ons nodig het (Joh 16:12-15)

    • Die Gees as Gewer laat ons vrug dra (Gal 5:19-26; Mat 12:33)

    • Jesus die Here oorwin alle magte (Mk 4:35-41; Mk 6:45-52; Fil 2:5-11; Open 1:9-20; Rom 8:38; Kol 2:15)

    • Jesus soek ons selfs as ons wegbeur (Luk 15:1-31)

    • Jesus die Leermeester leer ons hoe om te leef (Mat 5:1-12; 1 Kor 13; Rom 13:8-14; Deut 6:4-25; Ps 119:9-16)

    • God die Vader vergewe ons (Ef 2:1-10; 1 Joh 1:6-10)

    • Jesus die Koning laat Sy nuwe wêreld kom (Mk 1:14-15; 1 Joh 2:12-17; Op 1: 4-8; Op 11:15-19)

  • • God plant ons by ‘n waterstroom (Ps 1)

    • God die Reisgenoot loop saam met ons (Luk 24:13-35)

    • God die Pottebakker vorm ons (Jer 18:1-6; 2 Kor 4:7; Gen. 2:7)

    • Jesus die Wingerdstok voed ons (Joh 15: 1-8)

    • Jesus die Lig vir die Wêreld verdryf die duisternis (Joh 1:1-4; Joh 8:12; Mat 17:1-8; Luk 1:78; Gen 1:2-3)

    • God die Bevryder lei ons uit slawerny (Eks 3:7-10; Eks 12:31-40; Eks 20:2; Ps 114; Jes 35)

    • God die Koning stel onreg reg (Amos 4:1-2, Amos 5:10-13, Amos 8:4-7, Amos 9:13-15; Jes 33:1-6; Mat 5:6)

    • Jesus die Dienskneg was ons voete (Joh 13:1-17)

    • God die Losser koop ons vry (Rut 4:13-17)

    • Jesus die Weg wys ons die pad (Joh 14:6; Hebr 12:2; Eks 13:21-22)

    • God die Heerser maak alles nuut (Op 21:1-8; Jes 43:18-21)

    • Jesus die Koringkorrel sterf sodat ons kan leef (Joh 12:24)

    • Jesus die Lewende Water les ons dors (Joh 7:37-39)

    • Jesus gee ons ‘n nuwe kleed om aan te trek (Open 3:4, 6:9-10)

    • Jesus die Slaaf bedien ons (Fil 2:6-8; Mk 10:42-45)

    • God die Vader ontvang ons terug (Luk 15:20-24)

    • Jesus die Groot Geneesheer maak ons gesond (Luk 6:6-11, 17-19)

    • Jesus die Lewende Brood voed ons (Joh 6:22-35)

    • Jesus die Vredevors laat luiperds tussen bokkies lê (Jes 11: 3-10)

    • God die Regter straf onreg (Rom 12:19; Mat 5:39)

    • Jesus die Gekruisigde ontmasker sistemiese onreg (Luk 1:46-55; Luk 43:47)

    • God tree as persoon met ons in verhouding (Gen 1:26-27; Jer 31:33)

    • God laat ons vlieg soos ‘n arend (Jes 40:30-31)

    • God die Heilige op die troon laat ons buig (Op 4)

    • Jesus die Lam van God neem die sonde van die wêreld weg (Joh. 1:29; 1 Pet 1:18-19; Jes 53:5-7)

    • Jesus die Gesalfde laat my deel in sy salwing (Luk 2:26; Hand 10:38; 1 Joh 2:20)

    • Jesus die Bruidegom kom ons as geliefdes haal (Mat 22:1-14; Op 19:7-9; Op 21:2; Joh 3:28-30)

    • God die Reiniger was ons skoon (Jes 1:18; Ps 51:9; Titus 3:5; Hebr 9:22)

    • Die Gees vervul ons soos Vuur (Mat 3:11; Hand 4:31; Lev 9: 23-24; Ps 66:10; Spr 17:3)

    SIRKEL 3 ONTWIKKEL PROTOTIPE Verteenwoordigers van verskillende Sinodale gebiede en dienswerkgroepe het Desember 2018 by Bybel-Media ontmoet. Gielie Loubser,Frederick, Rethie van Niekerk, Kobus Odendaal, Pieter vd Walt, Nelis Janse van Rensburg, Heerden van

  • Niekerk, Ankia du Plooy, Lenois Stander, Wouter van Velden, Karlien van Wyk (ander van Vrystaat) Nico Simpson fasiliteer die proses om ‘n proto-tipe te ontwerp om in Welgemoed gemeente te waag en te oefen (eksperimenteer, sirkel 4). Nico volg die SPRINT – model om vining ‘n idee/projek/produk te ontwikkel Daar word gekyk na wat is die langtermyn van die projek/produk? Watter vrae wil ons beantwoord? Wie is die persone (klient) vir wie ons die produk ontwikkel? Die vrae op die tafel was: Het die evangelie betekenis vir ons tyd? Hoe getuig ons in ‘n diverse samelewing? Hoe nooi ons mense om deel te hê aan lewe in triniteit? Hoe vertel ons as niemand vra nie? Hoe is ons vry om te getuig in vandag se wêreld? Wie moet ons help, Dominee, Gemeente/lidmate, Individue/Gemeenskap? Vir wie is die produk? Prototipe moet lidmate bemagtig om helder oor die evangelie te getuig teenoor hul/ons naaste. Die drie vrae waarmee geworstel word.

    1)Hoe skep ons openheid vir die evangelie? (By selfvoldane (bufferd) en gebroke mense).

    2)Hoe vertel ons die evangelie dat dit lewegewend is?

    3) Hoe kan ons saam alternatiewe moontlikhede vir die toekoms ontdek?

  • Daar is ook buite die boks geleer en gevra wie is die kundiges wat ons naaste (kliente) se wêreld ken en alreeds effektief bereik by wie ons kan leer? Watter produkte is daar reeds by wie ons kan leer? Watter perspektiewe is belangrik om prototipe te ontwikkel? (Bv kyk na fenomene soos Parkrun of Discovery wat werk, wat kan ons daaruit leer? Kyk na effektiewe kommunikasie, ook vir vandag se generasie, gebruik tegnologie. Meditatiewe apps, haalbare daaglikse roetines inoefen. Leer by TED video van wetenskaplikes wat kyk hoe toekoms kan lyk met sekere besluite. Hul help die hede/besighede/organisasies/gemeenskappe om nou beter te beplan en te besluit deur die effek van ‘n huidige besluit op die toekoms nou reeds fisies te ervaar (experience the future today), bv stadsbeplanning en reuk van gasse van toekoms nou reeds te ervaar. Gebruik die 6 Bedrywe van die groot verhaal van die Bybel). TED video wat daarop wys, wat ‘n boodskap kragtig maak, wanneer sal mense makliker na ‘n boodskap luister. Julian Treasure, wys daarop Mense luister moeilik na ‘n boodskap wat spreek van veroordeling, wat negatiwiteit, klagtes, leuens, dogma, skinderstories en verskonings insluit. ‘n Mens Luister makliker na ‘n boodskap wat spreek van eerlikheid, integriteit, egtheid en liefde. (Honesty, Authenticiy, Integrity, Love).

    ! Wat is die stappe om die goeie nuus/lewe te deel. Vir watter deel wil ons ‘n produk ontwikkel?

  • ! Almal teenwoordig het anoniem ‘n prototipe in prentjies geteken. Daar is gestem oor watter fasette is belangrik.

    ! ! ! Die volgende prent is gebruik om leiding te gee vir die uiteensetting van die proto-tipe produk ontwikkeling

  • !

    • Wie is ek? Innerlike vernuwing. Liefde van Christus wat ons dring. • Wie ontmoet ek? Persone, gebroke, vreemdeling, gepantser • Wat doen ek? Omarm met deernis, luister, Verduidelik Christus as wins,

    floreer, shalom, gesed, goeie nuus. • Waarheen gaan ons? Leef/reis verder, toekoms, nuwe lewe en

    lewensgewoontes. Gespreksraamwerk ook belangrik om lidmate te help!

    !

  • Medeskrywers van proto-tipe en maak van videos. Pieter vd Walt (Navorsing vir Sinode), Nico Simpson (Bybelmedia), Nelis Janse van Rensburg, Heerden van Niekerk, Wouter van Velden en Karlien van Wyk (Welgemoed gemeente) Daar was ‘n verskeidenheid van met verskillende skryfstyle, inslae en perspektiewe. Vraag oor of dit goed of sleg is?

    " INHOUD Voorwoord

    Tydens hierdie reeks, Vertel, Dra die Goeie Nuus, gaan ons met aandag luister na die goeie nuus om dit persoonlik opnuut te ontvang en ‘n nuwe toewyding aan God te maak. Ons gaan ook oefen om geleenthede raak te sien waar ons die goeie nuus met ander kan deel en leer hoe om sulke gesprekke te voer op ‘n gepaste, respekvolle en deernisvolle wyse.

    Vroeër het gemeentes evangelisasie-reekse gehou en gelowiges opgelei om ander tot ‘n geloofskeuse te bring. Nou is geloof vir mense in ons samelewing ‘n private saak en het ons hart vir evangelisasie begin taan. Elkeen het mos maar sy of haar eie siening en eie manier van dink en glo. Dit is nie gepas om sommer met ander oor hulle persoonlike geloof te praat nie. Niemand wil aanstoot gee nie.

    Het ons dalk té versigtig geraak vir openlike gesprek oor die goeie nuus? Het mense nie juis ‘n behoefte aan egte ontmoeting en ware betroubaarheid nie? Is dit nie die heel beste wat met ‘n soekende mens kan gebeur dat jy ervaar hoe jy omhels word deur die liefde van God nie? En is dit nie die grootste moontlike bevryding wanneer jy die gesig van God te midde van ‘n wrede en onregverdige wêreld raaksien nie?

    Twee duidelike insigte het na vore gekom:

  • • Eerstens dat ons sal moet leer om die goeie nuus minder te verskraal en meer volledig en omvangryk te ontvang as wat in die verlede die geval was.

    • Tweedens dat ons gespreksvaardighede sal moet aanleer en inoefen wat die goeie nuus van die evangelie waardig is en wat goed sal werk in ons tyd.

    WEEK 1 - 4 (WEEK 5 NAGMAALVIERING, GETUIENISSE EN AFSLUITING)

    Daar is perpektiewe om te lees vir die erediens, dan ‘n erediens oor die week se tema waarop die groepsgesprek volg en deel die ervaring van gesprekke wat al met naaste gevoer/ingeoefen is. Daar is ook dagrimtes vir persoonlike bybelstudie.

    • Perspektiewe (lees vooraf) • Erediens (skilderye gewys wat uitbeeldings wys van Jesus wat patos/

    empatie/deernis aan naaste bewys. Luister na lied - Waar daar liefde is en deernis, daar is God die Heer)

    • Kleingroepe met gevallestudie (iemand se storie vir wie ons die goeie nuus kan vertel) Ook op videoclip.

    Fokus in erediens en kleingroep op volgende 3 vrae:

    1. Wie het jy die afgelope tyd gesien wat deernis by jou watter gemaak het? Het dit jou ontwrig? (patos)

    2. Wat is die onvoorwaardelike Goeie Nuus vir my en my naaste? (logos)

    3. Hoe kan jy saam met jou naaste die nuwe lewe in Christus ontdek en ontgin? (etos)

    • Dagritme – Lees teks met Aanteken by God (oggend) en Daaglikse

    ondersoek (aand)

    “Here, gee vir my oop oë vir diegene wat U liefde nodig het” (patos).

    “Here, help my deur U Gees om die goeie nuus te deel” (logos).

    “Here, help my om die liefde van Christus uit te leef” (etos).

    PRENT

  • !

    WEEK 1 – DIE GOEIE NUUS DRING ONS - Die liefde van Christus dring ons

    Skriflesing: 2 Korintiërs 5:11-21

    1. Wanneer God se liefde jou tref

    2. ‘n Nuwe lewensdoel

    My nuwe lewensdoel is dié van “gestuurde” van God na mense wat ek anders sien.

    3. Die beste nuus ooit

    God se troue liefde is die goeie nuus van die evangelie. Hy bewys sy liefde en trou finaal aan die kruis. En dan vind die grootste gebeurtenis van alle tye plaas. Christus staan op uit die dood (Hand 1:3).

    Dan stort Hy sy Gees uit. Hy is nie ver nie, maar in en by ons.

    4. God se liefde vloei deur ons na ander

    Wat gebeur met gestuurdes? (Onthou die drie bewegings van die inleiding). • Hulle sien mense wat by hulle deernis en omgee wakker maak (patos). Hulle kyk anders

    na hierdie mense. Hulle oordeel nie meer nie, maar word ontroer. Hulle luister na ander en bly in die omgee.

    • Hulle wag op God se Woord (logos) vir diegene vir wie hulle deernis het. Hulle ontvang God se onvoorwaardelike beloftes vir diegene wat hulle ontroer. Hulle getuig van God se onvoorwaardelike liefde en trou.

    • Hulle ontgin God se onvoorwaardelike belofte saam met dié wat hulle gesien het en ontdek saam met hulle ‘n nuwe florerende lewe (etos).

    • Die goeie nuus is dat daar nuwe florerende lewe moontlik is, want Christus se liefde herstel ons verhouding met: (verwys na Addendum 1)

    ▪ God

    ▪ myself

    ▪ mekaar

    ▪ die omgewing • Die Goeie Nuus herstel verhoudings

  • Dagritme tekste: Romeine 3:21-31; Romeine 8:1-17; Johannes 14:15-31; Johannes 15:1-17; Kolossense 1:9-23; Titus 3:3-11

    WEEK 2 – DIE GOEIE NUUS VIR ALMAL

    Skriflesing: Rut

    Hierdie week kyk ons aan die hand van die Rutverhaal hoe ontmoetings met ander plaasvind en wie die mense is na wie ek/ons die liefde van Christus moet laat vloei? Ons kyk vervolgens na die verhaal van Rut.

    Wat leer die Rutverhaal ons oor ontmoetings met ander mense?

    1. God werk deur die alledaagse lewe

    Die hoofkarakters is nêrens direk met godsdiens besig nie. Daar is nie sprake van kultiese handelinge of offers nie. Dit gaan hier om die doodgewone, alledaagse lewe waarin godsdienstige beginsels uitgelewe word. Veral die optrede van Rut en Boas is ‘n praktiese demonstrasie van die tweede tafel van die wet – die uitlewing van liefde teenoor die naaste.

    2. Ons is God se medewerkers

    3. Die deurslaggewende rol van liefde en trou

    God kan die liefde en trou (chesed) wat in mense se harte leef en in hul optrede na vore kom op wonderlike maniere gebruik.

    4. God sluit verworpenes in én gebruik hulle

    Die Moabitiese vrou Rut speel ‘n kardinale rol in hierdie boek – ook in die verdere verloop van die heilsgeskiedenis.

    5. God verander die minus in ‘n plus

    Wat ‘n krisisverleentheid vir ‘n enkele persoon was, omskep God tot ‘n seën vir die hele volk. Daar vind ‘n beweging plaas van ‘n oënskynlik onoorkomelike krisissituasie na ‘n heerlike oplossing, van ‘n doodloopstraat na ‘n belofteryke toekoms, van die dood tot die lewe, van leegheid tot volheid.

  • Daar vind radikale vernuwing en verandering plaas. Hierdie feit kom in Naomi se lewe na vore. Aan die begin van die verhaal is sy ‘n hulpelose weduwee sonder toekoms. Aan die einde van die boek is sy ‘n vreugdevolle ouma met die verwagting van ‘n talryke nageslag.

    (Nie prosperity teologie, maar nuwe lewe te midde van pyn, vreemdelingskap in hierdie wêreld en tog ‘n identiteit in God, in Christus, liefde wat ons vashou en dring).

    Dagritme tekte: Rut 1-4 en Matteus 1

    Waar mense ontmoet om die Goeie Nuus te deel

    !

    WEEK 3 – DEEL DIE GOEIE NUUS

    Kolossense 4:2-6

    Hierdie week fokus ons op die styl en die inhoud van ons getuienis teenoor ons naaste.

    Vertel ‘n geloofstorie wat verlies ervaar het en iemand wat goeie nuus teenoor persoon uitgeleef het en met tye gewaag het om te vertel as daar ‘n geleentheid was.

    1. Draers van die goeie nuus leef in ‘n gepantserde en gebroke wêreld

    2. Draers van die goeie nuus is vriendelik (styl)

    3. Draers van die goeie nuus tree met wysheid op (styl)

    Wanneer ons in ruimtes inbeweeg waar ons met mense oor die goeie nuus gesels, moet ons met respek en wysheid die ruimte betree. Mense luister moeilik na ‘n boodskap wat negatief of veroordelend is, maar luister graag na ‘n boodskap wat spreek van eerlikheid, integriteit, egtheid en liefde. Vertel vanuit eie broosheid.

    4. Draers van die goeie nuus weet hoe om te antwoord (houding) en wat om te antwoord (inhoud)

    5. Draers van die goeie nuus maak die beste gebruik van elke geleentheid

    6. Draers van die goeie nuus volhard in gebed (Bly die werk van die sturende God, Vader, Seun en Gees, afhanklik)

    7. Draers van die goeie nuus getuig van liefde, geloof en hoop (Kolossense 1, versprei evangelie)

    Coenie Burger wys in sy boek, Waar is Jesus nou?, daarop dat Jesus deur sy hemelvaart ruimte maak vir sy kerk om in sy werk te deel en dat gelowiges gevra word om priesters, profete en

  • konings te wees. Die Heilige Gees maak van jou ‘n priester wat liefde deel. Die Heilige Gees maak van jou ‘n profeet wat geloof deel. Die Heilige Gees maak van jou ‘n koning wat hoop deel.

    Pat Keifert wys daarop dat gelowiges moet leer om in gesprekke te luister waar daar liefde, geloof of hoop afwesig is en dat hul dan daarby moet aansluit deur van God se onvoorwaardelike belofte van liefde, geloof of hoop te getuig. Dit help om die volgende vrae in gedagte te hou: Hoe kan ek deernis, omgee en liefde (patos) wys en verwoord? Wat is die goeie nuus (logos) van geloof wat ek kan deel? Hoe kan ekself ‘n teken van die opstanding, nuwe lewe en hoop (etos) wees?

    STYL Goeie Nuus-gesprekke (Gespreksraamwerk met verwysing na styl en inhoud)

    ! Dagritme tekte: Handelinge 8:26-40; Johannes 4:1-26; Ester 4:12-17; Handelinge 17:16-34; Lukas 24:13-35; 1 Korintiërs 9:19-23

    Logos/Woord - Inhoud vir goeie nuus gesprekke in handleiding

    Bylaes: Beelde en Metafore van die Goeie Nuus, Herstel verhoudings, Die Goeie Nuus in 6 bedrywe

    WEEK 4 – LEEF DIE GOEIE NUUS Hierdie week fokus ons op die wins van Christen-wees. Ons dink onder meer oor die vraag, waartoe mense hulle moet bekeer. Wat is die nuwe lewe? En watter wins het dit, naas die ewige lewe?

    Lees Johannes 10:1-21

    Die goeie nuus is dat God vir ons ‘n lewe in oorvloed (10:10) in gedagte het. Wat bedoel vers 10 met ‘n lewe in oorvloed? Hy vergelyk dit met die lewe van ‘n kudde skape.

    • Die skape ken hulle herder se stem. (identiteit)

    • Die skape volg die Herder se stem. 
Binne hoorafstand van die Herder verdwaal die skape nie, maar leef met sekerheid. Dit is dus ‘n lewe van onderskeiding van die Herder se stem. Lei na beste weivelde.

    • Die skape vertrou die Herder. (lewe aflê vir skape)


  • • Die Herder het die skape persoonlik lief en hulle het die Herder persoonlik lief. 
Binne die ruimte van ‘n persoonlike verhouding tussen die Herder en elke skaap word die lewe van die skaap verryk en kom dit tot volheid.

    • Die Herder het nog ander krale met skape. 
Een Herder. Diversiteit in die kudde is dus ‘n werklikheid.

    • Die impak van die Herder se liefde is dat die skape ook hulle lewe vir Hom aflê.

    1. ‘n Lewe in die koninkryk

    Die Nuwe Testament het baie beelde waarmee hierdie nuwe lewe verduidelik word. Maar die leefwyse binne hoorafstand van Christus, en binne die liefdesfeer van God se troue liefde, word veral ‘n lewe in God se koninkryk genoem (Mark 1:14,15). Dit gaan oor ‘n lewe wat blom (floreer) in die grond van God se liefde.

    2. ‘n Totale nuwe identiteit

    Jesus verduidelik die lewe in die koninkryk uitvoerig. Dit is ‘n lewe in afhanklikheid van God. Dit is ‘n lewe waarin deernis, reinheid, honger en dors na geregtigheid, barmhartigheid en vrede die blomme en die vrugte van mense se lewe word, omdat hulle gewortel is in God se liefde (Mat 5:3-12).

    3. Ons ontvang die koninkryk

    4. ‘n Lewe deur die Heilige Gees

    Die Heilige Gees laat ons die koninkryk in ontvangs neem. Die Gees gee aan ons visie vir die verdere koms van sy koninkryk (Hand 2:17-18). Die Gees laat ontgin ons die nuwe moontlikhede van God se liefde en geregtigheid vir alle mense en vir God se skepping. Die Gees skep ook ‘n geloofsgemeenskap waarin die volle verskeidenheid van God se mense welkom is.

    5. Goeie nuus!!

    God roep al sy mense om sout en lig vir die wêreld te wees (Mat 6:13-16). Die lewe in oorvloed is dus ‘n lewe van vervulling en betekenis, want om die Here te ken en dien, oortref alles in waarde (Fil 3:7-10).

    Wanneer ons dus mense nooi om ‘n Christen te wees, of om tot bekering te kom, of hulle lewe aan die Here te wy, dan nooi ons hulle in, in hierdie koninkrykslewe. (Mark 1:14,15). Dit is die wins van Christenwees, die goeie nuus dat hulle dan ‘n lewe in oorvloedige diensbaarheid en betekenis sal hê, nou hier, en tot in ewigheid. Dit beteken dat hulle ook nou reeds ‘n vreugde en vrede sal ervaar wat alle verstand (redelike verwagting) te bowe sal gaan.

    Dagritme tekste: Matteus 5:1-12; Filippense 2:5-8, 17; Handelinge 2:37-47; Lukas 10:1-20; Matteus 28:16-20; Lukas 15:1-31

    Die Goeie Nuus in 6 bedrywe

  • " WEEK 5 – VIER DIE GOEIE NUUS

    Inleiding

    In Addendum 3 vind u Die groot verhaal van die Bybel - 'n Eenvoudige oorsig van die verloop van die verhaal van die Bybel in ses bedrywe. Aangesien ons die reeks afsluit met die viering van die goeie nuus aan die nagmaaltafel, kyk ons inleidend na die bedryf waarin ons ons tans bevind, naamlik die vyfde bedryf. (U kan gerus die volledige uiteensetting van die bedrywe lees. Ter toeligting by die viering van die nagmaal sluit ons hier ‘n gedeelte van die teks van die vyfde bedryf in):

    “Die vyfde bedryf handel oor die uitdra van die goeie nuus dat God deur Jesus alle verhoudings herstel het na die ganse wêreld. Elke gelowige is tans deel van dié bedryf en voer die goeie nuus van herstelde verhoudings op die verhoog van hulle lewens op.

    Die vyfde bedryf gaan daaroor dat gelowiges oor alle grense na alle mense moet gaan om hulle in God se verhaal in te nooi as medespelers.

    Die nagmaal is ʼn script vir hoe om in die vyfde bedryf te leef:

    Jesus het sy dissipels die nag voor sy dood voorberei om in die vyfde bedryf te leef deur aan hulle 'n ete te gee. Wanneer ons hierdie ete herhaal in die viering van die nagmaal word ons deur die Gees aan die verskillende bedrywe van die Bybelse verhaal van God se verlossing herinner. Ons is in die hede saam met mekaar en Jesus aan tafel (as 'n gemeenskap van gelowiges in die vyfde bedryf); ons vier die lewe, dood en opstanding van Jesus (die vierde bedryf); ons word ingebind in die nuwe verbond, wat die ou een (die derde bedryf) vervul het; ons kry opnuut die verwagting om eendag saam met God aan tafel te wees met die voleinding (die sesde bedryf) wanneer die skepping herstel sal wees (soos in die eerste bedryf) en die dood en sonde (wat deel van die verhaal geword het in die tweede bedryf) vernietig sal wees.

    Die nagmaal leer ons ook hoe ons moet leef deur die verskillende rolle wat ons moet vervul aan ons duidelik te maak. Dit getuig dat Jesus steeds met ons is en dat ons Hom alleen moet eer en aanbid (deur lofprysing en die wyse waarop ons leef in die wêreld), dat ons saam aan tafel is (die kerk is 'n gemeenskap van vergeefde sondaars), dat ons die goeie nuus aan ander moet verkondig (die getuienistaak van gelowiges), en dat ons versorging van ander (die barmhartigheidswerk van die kerk) by die nagmaaltafel begin. Só word ons saamgeroep om die dood en die opstanding van Jesus te onthou en te verkondig. Die nagmaal is dus 'n kort opvoering van al ses bedrywe van die verhaal van God waarvan die Bybel getuig.”

    Skriflesing: Lukas 14:15-24 (Die groot maaltyd)

    God se bedoeling met die kerk is dat dit uitdrukking sal gee aan hierdie vreugde en versoening. Ons as ‘n geloofsgemeenskap moet ‘n voorsmaak bied van die fees wat God met die mensdom

  • beoog. In ‘n wêreld wat verskeur is mag die kerk feesvierend voorgaan in die vreugde van God se tafelgemeenskap.

    Dat die kerk hierdie rol in die wêreld speel is egter nie vanselfsprekend nie, want reeds vroeg in die gelykenis hoor ons dat die genooides met allerhande verskonings die uitnodiging na God se fees afwys.

    Nooi dan gaste van die strate en gangetjies...

    Vreemd, maar die goeie nuus is vir almal. Kyk net hoe die Koning dit doen, hoe Hy lok en nooi en brood en wyn uitdeel. Kyk net hoe word gebroke verhoudings herstel. Kyk, daar is rede om fees te vier. Smaaklike ete!

    4DE SIRKEL – WAAG EN EKSPIREMENTEER 5DE SIRKEL – ONTWIKKEL KAPASITEITE (materiaal en leiers oplei) Prototipe in gemeente gevolg in eredienste en kleingroepe. Daar was toerusting vir die kleingroepleiers vooraf. Daar was 5 eredienste en 4 kleingroepbyeenkomste. Daar was ‘n terugvoergeleentheid met getuienisse en gebed. Die tienerbediening het ook die tema’s gevolg in die tienerkerk en kleingroepe (nie handleiding nie, maar tema en tekste gebruik) Daar was elke Sondag kindertyd in die erediens wat ook die die tema uitgebeeld het. SIRKEL 6 NEEM NUWE PATRONE WAAR (Terugvoer) SODAT SIRKEL 7, BOU PRODUK KAN GEBEUR. STORIES EN TERUGVOER Baie van die groepe het ervaar dat die tema met hul gepraat het en hul geraak het. Die kleingroepe het dit as ‘n gesamentlike reis ervaar, maar dit was veral vir persone ‘n individuele verdieping om bewus te raak wie is die persone/diegene wat op hul pad kom. Daar was diegene wat na ‘n stap-vir-stap evangelisasie proses verlang het en daarom sou noem dit kort nog diepte. Dit was wel nie die doel van die kursus om klinklaar antwoorde te gee nie, maar ‘n raamwerk om goeie nuus gesprekke en getuienis in die elkedaagse lewe te motiveer en saam met my naaste te dink oor hoe die goeie nuus ons lewe verryk, wat die wins in Christus is. Persoon: “Die 40 Dae program het ons oë geopen vir alledaagse geleenthede waar ons die Goeie Nuus kan deel”.

  • Persoon A (nasionale sportwêreld) – werk in sekulêre wêreld, Hy’t voorheen glad nie na sy geloof of betrokkenheid by die kerk verwys nie, die 2 bane kerk en werk van mekaar geskei. Hy noem dat hy nou gemaklik begin om vir persone te noem sonder om bang te wees dat hy kerk toe gaan of wat hy glo. Net ‘n bewustheid van geloof makliker begin kommunikeer. (klaar eerste groot stap in sy lewe). Persoon B (argitek) – Ervaar hy’t meer deernis en werk rustiger by die werk met persone wat hy prosesdures of dokumente moet verduidelik, voorheen weggewys om self te gaan lees. In hierdie bel een van die persone en het dankie gesê vir wyse waarop behandel is. (andersheid het deurgestraal). Persoon C (vermoende besigheidsman in vervoerbedryf). Een week op ‘n ry 3 werknemers, hom laat verstaan wees asb sagter met my, een se suster oorlede, een se ma opgeneem in ‘n verswakte afdeling vir bejaardes, een se ma oorlede. Voorheen sou hy dit net verby laat gaan. Skielik besef hy agv tema by kerk dat hy’t nagedink oor hul seer, meer deernis gehad en ook anders in die situasie gereageer as voorheen. Besef kan as werkgewer maar meer menslik wees. (Optrede by werk teenoor gebrokens meer deernis betoon). Persoon D (CA) – Worstel in besigheids en finasiele wêreld oor vriendelik wees, voel dan of mense oor jou loop of jou kan misbruik. Tog ervaar dat persone na haar kom omdat hul haar vertrou as hul ‘n krisis het wat opduik, asof haar christelike leefstyl wel mense aantrek en sy probeer vriendelik wees deur wel ook oor werkswyse ferm eties op te tree. (Balans in werk met vriendelikheid en hard werk, dink tog oor christelike leefstyl en andersheid). Persoon F – ‘n Man wat noem hy vra nie sommer uit hoe dit met ander gaan nie het opgemerk ‘n ander man lyk vir hom minder gelukkig as gewoonlik. Hy’t dit by die werk gewaag om te vra hoe dit gaan, besef toe persoon besig om te skei, en kon luister en deernis betoon. Opmerkings, gewaarwordinge, terugvoer en vrae van groep Die eredienste is baie positief ervaar asook die inhoud van die perspektiewe. Die perspektiewe kan wel verkort word, meer bondig skryf en herhaling uithaal. Sommige groepe het noem dat hul ervaar hul oë en harte het oopgegaan om met meer deernis na mense om hul te kyk en geleenthede te soek om goeie nuus te deel. Ander besef eintlik hul het min deernis, ontdek fokus baie op self of probeer self beskerm, let min op wat met ander gebeur, of is hard teenoor die wat sukkel om te oorleef.

  • Die reeks/prototipe het ‘n sterk pastorale inslag/deernis bevorder. Dit het mense se oë en harte met deernis oopgemaak. Die meeste is wel nog nie seker hoe om die goeie nuus te vertel of die inhoud van die evangelie te deel nie, sukkel met oorgang en versigtig daarvoor. Baie ervaar dis makliker om deernis te wys, liefde uit te leef wat ook ‘n getuienis is, as om storie en geloof oor goeie nuus in woorde te deel. Dit is wel die eerste stap in ‘n verhouding en voel die kurus daag hul uit om nou ‘n verdere stap te neem as die geleentheid wel daar is, en dit met wysheid te benader. Sommige ervaar daar moet meer gesê word oor kommunikasie vaardighede en gesprekvoering. Sommige voel nog min oor die goeie nuus en oor inhoud van goeie nuus en evangelie ontdek. Daar was inhoud in boekie oor herstel verhoudings, die goeie nuus in ses bedrywe en beelde en metafore van die goeie nuus, maar dit was min bespreek, dalk agv tydsraamwerk van prototipe wat nie lank genoeg was nie, sommige glad nie by bylaes uitgekom nadat perspektiewe en dagritmes gelees en gevolg is nie. Die kleingroepe en gemeentelede het ‘n baie positiewe reaksie getoon teenoor die die goeie nuus in ses bedrywe en die video waarin Marius Nel dit verduidelik. Die video is ook in ‘n erediens gebruik. Meer as een groep het in strydgesprekke beland rakende evangelisasie en veroordeling. Dit is ‘n groot worsteling vir lidmate wat saam met verskillende gelowe werk. Ook in vriendekringe is hul met die vraag deur nie-gelowiges uitgedaag, of hul dan verlore gaan as hul nie glo nie. Die vraag was gaan persone hel toe as hul nie Jesus aanvaar nie? Is hul verlore? Daar was gesprekke oor die reikwydte van God se genade en om dit in God se hande te kan laat. Persone sukkel om laaste bedryf van voleinding te verstaan. Oor die taalgebruik was daar gevra of teologiese taal en verwysings na patos, logos en etos nie vereenvoudig kan word na meer bekende begrippe. Deernis en Ontgin vir van die jonger mense onbekende begrippe. Daar was die ervaring dat daar te veel tekste is vir die dagritmes. Die gemeente het voorheen Gys van Schoor se reeks oor “Leer leef met Jesus” gedoen. Daar moet ‘n groter fokus wees op lectio devina en minder tekste. Die inhoud raak baie omdat die perspektiewe vir die volgende erediens ook in die week gelees moet word. Een teks vir die week. Maak eenvoudiger. Iets skryf oor Lectio. Formatief en informatief. Die nuwe kleingroepe het ‘n kenmekaar gemis. Sommige kleingroepe het vooraf al die voorwoord gelees en bespreek en makliker ingeval met reeks. Daar is die

  • voorstel dat daar ‘n eerste byeenkoms moet wees vir ‘n kenmekaar en die groep te orienteer deur die voorwoord en weke wat op mekaar volg en bylaes te verduidelik Daar was die ervaring dat persone en kleingroepe deurmekaar voel tussen die 2 weke in ‘n siklus en dat hul voel dit spring te veel tussen 2 weke. Moes perspektiewe lees… erediens bywoon, dagritme volg, maar ook reeds perspektiewe lees vir volgende erediens. Sommige kleingroepe in begin van die week en ander eers later, wat ook ‘n effek op hierdie ervaring gehad. Het. Party verkies die lees van die perspektiewe en dagritme van dieselfde week saam, dan kleingroep in die week en dan hoogtepunt erediens, voor met volgende week se perspektiewe en dagritmes begin. Daar is verkille oor wat die beste roete is. Sommige kleingroepe het ‘n behoefte om na die 5de week as kleingroep ook saam te kom vir ‘n feesvier en dankie sê geleentheid.

    Die inhoud kan dalk wel herrangskik word met ‘n eerste week vir ‘n kenmekaar en meer uitgebreide voorwoord te wat ritme verduidelik en ‘n orientasie gee oor die weke wat op mekaar volg (innerlike reis van goeie nuus wat my dring, na ander, vertel, leef). Bylaes kan dalk by spesifieke weke waar dit van toepassing is gegroepeer word. Dalk week 3 verdeel in 2 weke met ‘n fokus op styl n gespreksraamwerk en ‘n tweede week op inhoud van goeie nuus. Een week fokus dan op gespreksraamwerk en style, kommunikasie, vriendelikheid en en onderskeiding. Ander week fokus dan op inhoud, goeie nuus bring herstel, goeie nuus in 6 bedrywe, beelde en metafore van goeie nuus. Die prototipe kan dus maklik na 7 weke verleng word. Daar was ook genoem dat die wêreld waarin ons leef soveel spanning en geweld het, wil graag uitgaan met patos en dit vra vertroue, maar dan word vertroue so geskok. Wat gebeur as teegestaan word of teleurgesteld is. Dalk iets daaroor bywerk. Die fokus op gebed en krag van gebed kan ook sterker beklemtoon word. Dit is goed wat persone bemagtig en toerus met krag, en stel ons daartoe instaat om te getuig deur die Heilige Gees. Daar moet gebid word dat die Here ons oës al oopmaak vir moontlike geleenthede om te getuig en dat daar seen sal wees op die saad. Daar is gebruik gemaak van tegnologie. Die preke is op Soundcloud geplaas en lidmate was dankbaar dat hul weer daarna kon luister of as erediens gemis het daarna kon luister. Die gevallestudies videoclips is op Youtube geplaas. Die gevoel was dat dat Youtube beter werk as dvd’s. Daar was sommige lidmate/groepe wat die videos nie as nodig ervaar het of gevra het dat dit in ‘n meer praktiese alledaagse area soos by ‘n gymnasium/braaivleisvuur moet afgeneem word en dalk meer as 2 persone te betrek. Baie het ervaar omdat daar baie vinnig deur die

  • gespreksraamwerk in die video gewerk is dat dit nie regtig help nie en onnatuurlik is, kleingroepleiers moes gereeld persone herinner dat dit net ‘n voorbeeld is en die tydsraamwerk eintlik te kort is, in die regte lewe sal gesprekke baie langer neem. Daar moet weer gedink word oor die gebruik en inhoud van tegnologie. Die voorstel is om die daaglikse ritme op geheuestokkies/soundcloud/internet beskikbaar te stel sodat mense na die skrifgedeeltes kan luister terwyl hulle in die verkeer sit op pad werk toe. Die dagrimtes was baie individualisties en nie kinder- of gesinsvriendelik nie, maak dit ‘n uitdaging as gesinne saam dagritmes wil beoefen of gewoond is om so gewoonte van gesinsgodsdiens te beoefen en dan ‘n ekstra tydgleuf vir dagritme in te pas. Die tienerkerk het dit saam met Wouter ook gevolg en positief ervaar. Het nie boekie gedoen, maar wel tema’s en twee van die tekste, preekteks en ‘n teks vir die kleingroep. Wouter vrae en agtergrond gegee. SIRKEL 7 – BOU PRODUK Gaan die prototipe aanpas tot ‘n produk wat Weskaap- en Algemene Sinode toe gaan. SIRKEL 8 gaan die produk verder geïmplementeer word, ens. TEMA en gesprekvoering en vrae