Overvaal Nuus 02-09 March Edition

12
2 - 9 Maart 2012 Rio Hotel and Casino Convention Resort recently provided the North West University Potchefstroom Campus with some warm hospitality by donating R400 000 which will be used towards bursaries. Clive Tavener, Regional General Manager at Rio hands the cheque to Mariette Louw, Herman van Schalkwyk and Danie Hefer from NWU Pukke. • Doornpan Geloftefees was ‘n ware Christusfees - Bladsy 2. • Makwassie inwoner wen kar - Bladsy 3. • Vrouenuus - Bladsy 4. • Skolenuus - Bladsy 5. • KHS’ers doen dit met ‘n fiets.

description

Overvaal Nuus Edition 02-09 March 2012

Transcript of Overvaal Nuus 02-09 March Edition

Page 1: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

2 - 9 Maart 2012

Rio Hotel and Casino Convention Resort recently provided the North West University Potchefstroom Campus with some warm hospitality by donating R400 000 which will be used towards bursaries. Clive Tavener, Regional General Manager at Rio hands the cheque to Mariette Louw, Herman van Schalkwyk and Danie Hefer from NWU Pukke.

• Doornpan Geloftefees was ‘n ware

Christusfees - Bladsy 2.

• Makwassie inwoner wen kar - Bladsy 3.

• Vrouenuus - Bladsy 4.

• Skolenuus - Bladsy 5.

• KHS’ers doen dit met ‘n fiets.

Page 2: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

Bladsy 2 OVERVAAL 2 - 9 Maart 2012

Doornpan 2012 was ‘n ware Christusfees

Mense en gebeure

Weereens was 2011 ‘n hoogtepunt vir Doornpan Geloftefees. Die dag het afgeskop met n perde-optog onder leiding van Willem Grobbelaar, waar-tydens hulle ‘n oorkonde oorhandig het. Oom Jan en tannie Olga Grobbelaar het met ‘n perdekar saam met die perdekommando by die feesterrein arriveer.

Josef en Petra Cordier het ‘n krans gelê ter nagedagtenis aan geliefdes wat die gemeen-skap aan die dood moes afstaan: Fred Fos-ter (63jr), Oom Hansie Malan (74jr), Andre van der Merwe (49jr) en oom Gert Fouche (84jr) asook twee perderuiters Daan Cordier (18jr) en Johan Steyn (45j). Johan was ook ‘n komiteelid van Doornpan Geloftefees tydens sy afsterwe. Ds. Etienne Maritz (NG Koppies Welte-vrede-gemeente) het die diens gelei en Wil-lie Joubert het as gaskunstenaar opgetree. Ds. Etienne het ‘n kragtige boodskap uit die

onfeilbare Woord van God gebring. Dit is verblywend om te sien dat die gemeenskap en mense van omliggende dorpe die erns van die Gelofte besef en die dag alle eer aan die Here wil bring. Die dag is afgesluit met ‘n spitbraai. Tydens die ete het feesgangers gesellig saam ver-keer, terwyl Nelmarie Grobler ‘n onspanne

atmosfeer geskep het deur agtergrond mu-siek op haar trekklavier te verskaf. Vanjaar lei pastoor Johan Scholtz (akteur: predikant Hartland en Schalk in getroud met rugby) die erediens en as gaskunstenaars tree Lieb Bester (Prof van Villa Rosa) en sy kleinboet dr. Andre Bester (prinsipaal EG Kweekskool) op. Die voorsitter het gevra dat al die borge be-dank word, wat die fees elke jaar moontlik maak. Vir navrae kontak Voorsitter: Wilco van As-wegen by 083 2642527 0f 018- 5961623.

Elanie Grobbelaar en Eben Oncke is op Saterdag, 17 Desember 2011, in die huwelik bevestig te Rietkuil Game Lodge, Wolmaransstad. Die paartjie vestig hulle in die Wolma-ransstad distrik.

Page 3: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

2 - 9 Maart 2012 OVERVAAL Bladsy 3

8.ta in partnership with Edcon handed over three Polo Vivo vehicles to three winners of the 8.ta and Edcon competition. Entrants had to purchase an 8.ta handset from an Edcon store, Rica and recharge with, at least, R20 airtime to stand a chance to win. The lucky winners are Hilda Voges (photo) from Makwassie near Wolmaransstad, Victor Mudimy-ane from Garankuwa near Pretoria and Charity Nenthononda from Thohoyandou near Venda who drive their own cars for the first time in their lives.

Page 4: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

Bladsy 4 OVERVAAL 2 - 9 Maart 2012

Dringend benodigOns is dringend opsoek na goeie

gebruikte motors of bakkies asook karavane om vir kontant te koop.

Skakel dadelik vir Oupie Deetlefs by Telefoon (018) 596 1177ofsel: 082 923 4255

of besoek ons by

R.A. MOTORSBroadbentstraat Wolmaransstad

Dit is ‘Nuwe-lededag’ en voor die son nog behoorlik sy kop uit-gesteek het, laai die eerste uitstal-lers al hul goedjies af. Alles word flink uitgepak op die tafels wat Thea van Rooyen vir die byeenkoms mooi getooi het met spi-erwit tafeldoeke en bloeiselpienk “overlays”. Droë vrugte en katoen-kussings, wol binnesole en Tupper-ware, Argilla en juwele en die moo-iste lopers. Bekers vir die mikrogolf en wat nie nog als, was deel van die uitstallings.

Die lekkerste van alles was die mo-saïektafel. Hy’t gekreun onder die dose met klippies, woordskyfies

en allerande teëltjies en steentjies. Daar was te kies en te keur. Elkeen het die geleentheid gehad om sy eie potstaander te maak.

Welkom aan die tak se twee nuwe lede wat sommer gou deel geword het van die dames, wat in groepies om die tafels plaasgeneem het. Teetyd was nie belangrik nie, maar toe die hongerpyne knaag het 13 lede gou-gou ‘n minuut-of-wat, af-geknyp om lasange met ‘n broodjie en slaai te skep. Die sap was som-mer weer saamgedra tafel toe. Dankie aan die wonderlike gasvroue Marthie Viljoen en Annatjie Swane-

poel wat gou by was om te sorg dat lede, gaste en uitstal-lers iets te ete en drinke gekry het. Dankie aan al die ander wat bydraes gemaak het.

Wat ‘n suksesvolle werkswinkel. Thea, jy leer die dames altyd iets nuuts; op so ‘n ont-spanne gemaklike manier, Baie Dankie! Aan al die uitstallers ‘n groot dankie, dat julle Leeudoringstad se dag kleurryk gemaak het. Fotos deur: Corné Bezuidenhout. Ingestuur deur: Joan Jansen (018) 581 2336/ 082 929 1132.Skakelbeampte

Leeudoringstad VLU-tak hou hul ‘Nuwe-lededag’

Nog ‘n nuwe lid, Sanet van Zyl.

Thea van Rooyen (links).

Nuwe lid, Babara Kotze.

Houmoed VLU-tak se bestuur vir 2012 is, agter: Enelia Barnard (naaldwerk sameroepster), Anna-marie Jacobs (vise-voorsitster), Hannetjie van Wyk (kompetisie beampte) en Marina Treurnicht (tesouriere). Voor: Jossie Grobbelaar (sekretaresse), Elsie Marx (voorsitster) en Esme Barnard (skakelbeampte).

Houmoed VLU-tak se bestuur

Patrys Bosch van Hou-moed VLU-tak, het ‘n besonderse prestasie behaal op die Methven Skou in New Zealand om ‘n 1ste prys, “Pre-mier Award” asook die “Supreme Award, the highest award given” te behaal met haar bor-duurstuk.

Houmoed lid se werk wen in N/Z

Tydens Houmoed se Gesond-heid vergadering kuier suster Wilma Holtzhauzen by die dames en vertel hulle meer oor stres. Sy sê stres vorm die grond-slag vir die meeste chroniese siektes. Sy gee aan die lede ‘n 12 antistresplan: 1. Selfken-nis, 2. Positiewe denke en ‘n positiese houding, 3. Heilsame voedsel, regte aanvul-ling en matige maar gereëlde oefen-ing, 4. Tydsbestuur beplanning en organisasie, 5. Tyd vir ont-spanning, 6. Balans tussen reg-ter en linker breinaktiwiteite, 7. Buigsaamheid, aanpasbaarheid en verdraagsaamheid, 8. Entoe-

siasme as permanente deel van jou persoonlikheid, 9. Humors-in, 10. Wysheid – stresbeheer is ‘n lewensfilosofie, 11. Geeste-like groei en ontwikkeling, 12. Gereelde kommunikasie met die natuur. Volgens haar kan ‘n mens nie altyd stresvolle situasies vermy nie, maar moet ‘n mens leer en weet hoe om dit te hanteer. Hoop elkeen wat hier gelees het, het iets daaruit geleer soos die dames van Houmoed se VLU-tak.Ingestuur deur:Esme BarnardSkakelbeampteHoumoed VLU-tak

VROUENUUSHoumoed se VLU-tak leer meer oor stres

Page 5: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

2 - 9 Maart 2012 OVERVAAL Bladsy 5

SKOLENUUS

Laerskool Schweizer -Reneke se Mediasentrum prefekte is, voor: Zelmarie de Vries, GF Janse van Rensburg, Marlomi Bothma en Schalk Steyn. Midde: Louis Boshoff, JW Bergh, Marti-Lize Janse van Rensburg, Leanri Badenhorst, Antone Weber en Lorne Verwey. Agter: Mev Stephanie van Dyk, NJ Nieman, Johan Nel, Chrisna Louw en Mariska du Toit.

Die atlete van Laerskool La Hoff het Saterdag, 11 Februarie tydens die Distrikbyeenkoms hulle staal gewys en dring deur na die Streekbyeenkoms op Saterdag, 18 Februarie in Potchefstroom. Voor: Carla Roux, Ter-izia v/d Plaatz, Armand v/d Walt, Dalene Rood en Shaun-Michael Lewis. Agter: Johan JV Rensburg, Tiaan Koortz, Alize Botha, Bianca Proudfoot, Melissa Steenkamp en Leonard Moolman.

‘n Mooi groep atlete van Hoërskool Wesvalia het onlangs aan die Distrikkampioenskappe deelgeneem en eerste en tweede plekke ontvang. Díe Wessie-atlete dring ook deur na die NW-kampioenskappe wat Saterdag 10 Maart 2012 in Rustenburg plaasvind. Die distrikkampioenskappe uitslae lyk soos volg: Peter Mong (seuns o/17 verwerf ‘n 1ste plek vir 1500m); LJ Basson is 2de met spiesgooi seuns o/17; Franco Kruger is 1ste met seuns o/17 stap; Wian Gunter verwerf ‘n 2de plek vir stap seuns o/17; Christo Krause ontvang 1ste plek vir hoogspring en ‘n 2de plek vir 100m seuns o/19; Reihner de Meyer (seuns o/19 1ste plek vir 200m); Jacques Smit verwerf 1ste plekke vir 400m en 800m seuns o/19; Mauritz Nienaber ontvang 2de plek vir verspring seuns o/19; Nadine Gouws dogters o/15 ontvang 1ste plek vir 800m; Chezelle Azar verwerf 1ste plek vir driesprong dogters o/15; Xenaschke Croukamp verwerf 2de plek vir driesprong dogters o/15; Megan Kruger is 2de met stap vir dogters o/15; Charné Nienaber is 2de met dogters o/17 100m hekkies; Suné Heynecke verwerf ‘n 2de plek vir dogters o/17 driesprong en Johliene Koch verwerf ‘n eerste plek vir hoogspring dogters o/19. FOTO: Agter: Peter Mong, LJ Basson, Franco Kruger, Wian Gunter, Christo Krause, en Reihner de Meyer. Middel: Jacques Smit, Nadine Gouws, Chezelle Azar en Xenaschke Croukamp. Voor: Megan Kru-ger en Johliene Koch. Afwesig: Mauritz Nienaber, Charné Nienaber en Suné Heynecke.

Wessie atlete deur na NW-Kampioenskappe

Page 6: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

Bladsy 6 OVERVAAL 2 - 9 Maart 2012

KleinadvertensiesWil u ‘n motor koop met geen deposito? Geen bestuurslisensie nodig nie! Skakel Ockie 079 702 4993, Raymond 072 781 2749, Glenda 082 078 4687. Krediet waardige kliënte alleen.

----------------SEEP SHOPPIE - WOLMARANSSTAD

Tel: 018 596 2630 en Sel: 083 254 1553. Amoniakreiniger - R11/L, Stardishwash - R13,50/L, Bleikmiddel - R9/L, Matshampoo - R16.50/L, Wasgoedversagter - R11/L, Hoëskuimwaspoeier - R25/2kg en vele meer. Tussen Apteek en Dr van Zyl spreekkamer.

----------------KLERE / GORDYNE

Ons herstel en doen verstelwerk aan mans, dames en kinderklerasie. Ons maak ook gordyne. Navrae van 8vm - 1nm by RA Motors. Wolmaransstad.

----------------LEOMAR TUINDIENSTE

Gratis kwotasie vir die uitlê van enige tuin, plaveisel. Ons doen besproeiings en tuindienste. Ons werk is van kwaliteit gehalte en is oral te sien. Kom besoek ook ons kwekery vir u saailinge, struike, roosbome en vrugtebome. Skakel Leonie 071 340 6094 of Marius 083 695 4137

----------------Mooi vars knoffel te koop @ R30 per kg. Verpak in 4kg en 5kg sakkies. Kontak: 018 596 2189 of sms na 082 621 9103.

----------------Is jou besigheid ‘n “wit olifant” – maak dit nie genoeg geld nie? Nasionale internet Bemarking. http://www.whiteelephantmarketing.co.za. 072 472 8686. Ook websites regoor SA.

----------------Kontant vir karre en bakkies – 072 472 8686 / 053 963 1409. Thinus

----------------

WAENTJIES TE HUURMarulus Cheapies & Rent A Trailer. Waentjies vir verskeie gebruike. Ons is langs Witpoort Drankwinkel. Skakel my vir meer inligting. Sel: 076 362 4072.

----------------LA WOEF HONDESALON

Bring u woef vir ‘n 5 ster behandeling. Ook nou oop die laaste Saterdag van elke maand. Lunel 079 699 1622.

----------------TE KOOP

Heerlike vars droëvrugte & neute. Groot verskeidenheid konfyte. Jugnificentbeker – Niks kook ooit weer oor nie. Vele ander kombuishulpmiddels. Kontak Sarie 083 507 8856.

----------------DAMES

Ons maak jou matte en meubels silwerskoon. Skakel Suzanne 082 750 8181 of Theo 082 750 8080.

----------------Belangstellendes in handborduurwerk kan 15 Maart om 9 uur by Dalrene Gastehuis wees. Skakel Ina Uys by 083 422 9470.

----------------KOEKSISTERS TE KOOP

Heerlike vars, krakerige koeksisters te koop op bestelling. Groot hoeveelhede kan bestel word vir bv funksies, bazaars en troues. Dit vries baie goed. Kontak: 083 985 4444.

----------------

PALETTE TE KOOPR15 elk. Nou beskikbaar by Henmar.

----------------HEALING HILLS

Natural Health Shop and Day Spa Products: Arthritis, Gout & Muscle Pains, Anaemia, kidney, Memory, Candida, Cholesterol, Colds & Flu, Diabetes, Energy ect. For orders: Cell: 083 873 7891 or 083 372 7335. Tel/Fax: 018 597 4226. 18 Rissik Street, Makwassie.

----------------PLOT TE KOOP

Witpoort. Groot woonhuis met 2 boorgate. Prys onderhandelbaar. Kontak 018 598 6631.

----------------YORKIES TE KOOP

Geregistreerd, ingeënt, ontwurm. Reuntjies en tefies. Gereed vir nuwe eienaars. R2500 – R5000. Annelie Cell: 072 814 1515 of Elize Cell: 072 814 1503. Makwassie.

----------------BETREKKING

P.G. Glass, Wolmaransstad benodig die dienste van ‘n Fitter (om kar ruite in te sit). Opleiding word gegee. Skakel 018 596 1025/6 of handig CV in by kantoor in Broadbentstraat.

----------------PAASKONFERENSIE

Pinkster Protestante Kerk, Wolmaransstad. Donderdag 18:00, Vrydag tot Sondag 10:00 en 18:00. Pastoor Flippie Gerber Tel: 018 596 2310 Sel: 082 874 1705.

----------------

WOLLIES DROMMEVerhuring van dromme. R60 per maand. Word elke week skoongemaak. Skakel ons gerus by 073 113 4088 of 079 702 4062.

----------------GREAT DANES TE KOOP

Opreg, Ingeënt en ontwurm. 3 merle tefies 1 mantle. 8 weke, R2000 elk. 084 679 9613.

---------------WOONSTEL TE HUUR - WOLMARANSSTAD

2 Slaapkamer woonstel te huur. Beskikbaar vanaf 1 April 2012. Huur R2100 per maand. Water en ligte uitgesluit. Tel: 018 596 1322 Sel: 083 298 1961.

----------------HUIS TE HUUR

Ruim 3 slaapkamer huis in Makwassie met hoender en honde hokke. R2000 per maand. Kontak Frans 073 778 8539.

----------------TOP WINDHONDE TE KOOP

Boerwind honde, ongeveer 2 maande oud. Top ouers. Verwysings kan gegee word. Alle inentings gedoen. R750 stuk. Frans 073 778 8539.

----------------ERF GEVRA

Ek is opsoek na ‘n erf in Makwassie of Witpoort omgewing. Kan ‘n ou huis op hê met water en elektriese punt. 073 374 3264.

----------------DIE NUTSMAN

Elektries, loodgieter, sweiswerk, plaveisel, dakseël, verf, afdakke. Noem dit, ek doen dit. Leonard 082 351 6784.

---------------HUIS TE KOOP – WOLMARANSSTAD

3 Slaapkamer huis. Sitkamer, eetkamer, 1 badkamer. Lekker kombuis met opwas/spens. Dubbel garage. Boorgat , maar nie toegerus. Baie lekker geleë naby Hoërskool. R250 000. Geen agente. Skakel vir navrae. 076 307 1747.

----------------VAALRIVIER PLOT TE KOOP

Vaalrivierplot, 21ha bebos, naby Orkney Vaal bootklub aan Vrystaatkant. Ongeveer 20km vaarwater, ski en visvang. Eiendom is vir wild omhein en is geregistreer as ‘n maatskappy met 2 aandeelhouers met 50% aandele elk. Daar is 4 gesoneerde rivierfronterwe wat apart verkoop kan word teen R250 000 elk, ona. Die huidige eienaars se aandele bestaan uit die volgende: elkeen het ‘n naweekhuis met ‘n oewerlapa met geboude braaigeriewe, ‘n boot-jetty vir bootparkering, asook ‘n boot “slipway” om bote te water te laat. Daar is ook ‘n baie sterk toegeruste boorgat met sprinkelbesproeiing vir die tuin. Tale koopsom, al 4 erwe ingesluit is R2.9m 50% aandeel wat 2 erwe insluit vir R1.45m, ona. Geen oordragkoste, slegs maatskappyregistrasie. Kontak Pieter Booysen, 083 555 4949 of 018 468 7780.

----------------HUIS TE KOOP

4 Slaapkamers met ingeboude kaste, 2 sitkamer, Eetkamer, kombuis, opwas, 2 badkamers. Toegeboude braai area, woonstel met garage, rondawel. Irvine straat 30, Wolmaransstad. Skakel 018 596 1386 (saans) of sel: 083 8700 285.

----------------

Page 7: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

2 - 9 Maart 2012 OVERVAAL Bladsy 7

WesvaalOns bied vertroosting.

Ons gee om. Wesvaal Begrafnisondernemers

Alle ure: (018) 5961126/7 Faks: (018) 5962025.

Sel: 083 4192350 Eienaar: J.A.Coetsee

en personeel

Besoek gerus ons webwerf by www.overvaalnuus.co.za

OF Kuier saam op Facebook.

DROSTDY ANTIQUES

Drostdy VillageWolmaransstad

Ons koop en verkoop alle antieke ware

Skakel Gert 083 262 0387

Page 8: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

Bladsy 8 OVERVAAL 2 - 9 Maart 2012

Page 9: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

2 - 9 Maart 2012 OVERVAAL Bladsy 9

Page 10: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

Bladsy 10 OVERVAAL 2 - 9 Maart 2012

Mense en

gebeure

Danielle, oudste dogter van Jim en Melinda Lattimore van Meth-ven, New Zealand is verloof aan Du Toit, jongste seun van Nico en Patrys Bosch van Wolmaransstad.

Die Blesbokke maak hul verskyning tydens Laer-skool Schweizer-Reneke se jaarlikse huissport.

Die besige Pierie Wierie Parkies van Laerskool Mei-ringspark se program is vol van lekker en interessante dinge. Op Dinsdag 21 Feb-ruarie 2012 het African Sky Mobile Planetarium by hul kom kuier. Dit was voor-waar ‘n ontdekking van die ruimte!

Page 11: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

2 - 9 Maart 2012 OVERVAAL Bladsy 11

Page 12: Overvaal Nuus 02-09 March Edition

Bladsy 12 OVERVAAL 2 - 9 Maart 2012

“Fietsry maak jou denke vry!”Met hierdie woorde van die Vlaamse wysgeer Marc van den Bossche ingedagte trap KHS’ers deesdae dat dit klap saam met hul onder-wyser, mnr. Herman Harm-zen, as lede van KHS se bergfiets-klub. So maak hulle nie net hul denke vry vir die akademie nie, maar dit behels ook die somtotaal van elkeen se herinneringe en assosia-sies met Klerksdorp en die omgewing. Die klompie fietsers, wat einde 2011 begin groepeer het, is van vanjaar af voluit aan die trap en het al aange-groei tot ongeveer dertig met vyf meisies wat ook deel is.

Benewens mnr. Harmzen wat die organiseerder is, is die afrigter Stefan van den Berg, wat al verskeie male die Cape Epic voltooi het. Hy word bygestaan deur mnr. Leon Viljoen. Nog KHS personeel wat betrokke is, is me Thanya van der Lith, Lida Boshoff en Rudolph le Roux. Die klub oefen in die week van Maandae tot Donder-dae en ry Saterdae vir 2 ure op die Faan Meintjies-pad. (Koshuisleerlinge doen hul ry-oefening in hul tuis-omgewings.) Die KHS’ers het reeds aan een fietsren deelgeneem op 4 Februarie te Parys. Hulle beplan nog ses renne vanjaar, die volgende op 5 en 6 Mei te Clarens, wat ook die jaarlikse spanbou-kamp sal wees.

Dié KHS’ers doen dit te fiets!

KHS’ers Philip Barlow-Jones, Lampies Lambrecht, Vian van Deventer, mnr Herman Harmzen en Enricus Baden-horst by hul fietse.

Leerlinge van Laerskool Schweizer-Reneke, wat aan Schweizer Uithouritklub behoort, het onlangs op Stella baie goed presteer. Amorez Grundeling (foto) het ‘n eerste plek behaal.CF Scheepers 2de plek), Gerdone van Rensburg (4de plek), Mintie-Louise Botha (5de plek) en Chrisna Louw (8ste plek) het ook pre-steer. Nadine Scheepers en Zane Lombard het die uithourit voltooi.

Ruiters van Schweizer blink

KHS se deelname aan die PUK Super In-ter op die Herman Immelman Stadion was weer ’n puik sukses met vier KHS’ers wat 5 trofeë verower het as beste atlete op die baan en veld. KHS se Ruan Minnaar (foto) het ook die Junior Victor Ludorum huis toe gebring is. Ruan was ook die beste junior baanatleet en veldatleet en hy het al sy nommers gewen. Die ander trofeewenners was Tabitha Visa-gie (beste senior veldatleet), Linda Nel (beste junior veldatleet) en Pieter Kriel (beste se-nior veldatleet). Pieter en Linda se spies-gooi-deelname het beide rekords opgelewer. Danksy vorige KHS-kampioen spiesgooiers

soos Noël Meyer en Tazmin Brits, staan al die spiesgooi-rekords agter KHS se naam. KHS verower 25 goue medaljes en word net geklop deur Randburg (28). KHS se seun-span wen die kompetisie terwyl die meisies op no 4 eindig. In die finale puntestand behaal KHS die derde plek, ’n kortkop agter Hoërskool Vorentoe met Randburg as wenner. Altesaam 8 skole het aan die kompetisie deelgeneem. KHS is in 2013 die aanbieder van die Super Inter. • Altesaam 27 KHS-atlete het Saterdag ge-kwalifiseer om aan die Noordwes kampio-enskappe deel te neem wat Saterdag op Rustenburg plaasvind.

Dit was ‘n super KHS by PUK Super Inter

Hoërskool Wesvalia het Saterdag (3 Maart) teen Genl. Hertzog van Witbank, die Su-perreeks stryd aangepak. Die Wessies het puik prestasies behaal. Die rugby wen 4 van die 7 wedstryde en Netbal wen 5 van 8 wedstryde. Die Wessies hokkie-uitslae lyk soos volg:o/14 Verloor 6-0 en Mia Labuschagne is mei-sie van die wedstryd; o/15B verloor 4-1 en Samantha Doubell is meisie van die wed-stryd, o/15A verloor 3-1 en Donae Linde is meisie van die wedstryd; o/16 wen 2-0 en Ane Meiring is meisie van die wedstryd; Tweedes wen 4-1 en Lejana van Wyk is meisie van die wedstryd en die Eerstes speel gelykop 1-1 en Chandre Minnie is meisie van die wedstryd.

Die Wessies netbal-uitslae lyk soos volg:o/14A Wen 23 – 8 en Liza Basson is meisie van die wedstryd; o/14B verloor 10 – 15 en Kristen de Villiers is meisie van die wed-stryd; o/15A wen 29 – 5 en Rozelle van Wyk is meisie van die wedstryd; o/15B wen 15 – 4 en Melissa Fens is meisie van die wedstryd; o/16A verloor 13 – 18 en daar is geen meisie van die wedstryd nie, o/16B verloor 1 – 31; Die Tweedes wen 21 – 0 en Sanet du Randt is meisie van die wedstryd en die Eerstes wen 27 – 21. Die Wessies rugby-uitslae lyk soos volg:o/14 A Verloor 21 – 7 en Jaco van Zyl is die man van die wedstryd, o/15A verloor 17-7 en Erlo Heymans is man van die wedstryd, o/15B verloor 22 – 0 en Bronwin Steyn is man van die wedstryd, o/16 A wen met ‘n puik telling van 44-0 en Sarel Kritzinger is man van die wedstryd, die Derdes wen 12 – 10 en Michael Goslin is man van die wedstryd en die Tweedes wen 19 – 3 en Pieter Janse van Vuuren is man van die wedstryd. Die Wessies se Eerste Rugbyspan wen oor-tuigend teen Genl. Hertzog met ‘n telling van 29 – 8. Die wedstryd is teen ‘n vinninge tempo gespeel en die tuisspan se afrigters Willem van der Sandt en JP Ollewagen kan trots wees dat hulle span baie potensiaal toon. Die puntemakers vir die wedstryd is Riandré Vermaak met 1 drie en 2 doelskoppe, Tiaan Ferreira met 1 drie en Mauritz Nienaber met 3 drieë. Mauritz is ook aangewys as die man van die wedstryd.

Wessies skop goed af in Superreeks