Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Drakenstein Year 3 • Friday 24 May 2013 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365 In the latest Paarl Post: ) Murder suspect in court ) Toll roads stopped ) Franschhoek toddler dies of burn wounds ) College lecturer attacked Gazette gee om 3 Eat healthy in winter 4 Young Peoples wen 8 Die Konsternasie op die Stasie- feesvieringe om die Wellington-sta- sie se 150ste bestaansjaar te herdenk, is verlede Saterdag op luisterryke wyse by Wellington Wy- ne gevier. Martelize Brink van RSG-faam was die seremonie- meester van die dag. Daar was verskeie geskiedkundige stalletjies, en ’n reuse-melktert wat spesiaal deur die AKTV-lede gebak was, is later die dag teen R10 per stuk verkoop. Die opbrengs van R2 700 sal aan die Wellington-ge- meenskap geskenk word. Hier is die uivoerende burgemeester van Drakenstein-munisipaliteit, Gesie van Deventer, by die Atlantic Stars, Hillcrest Starlights en Young Starslights wat haar by die Wel- lington-stasie met hul kleurvolle passies verwelkom het. Saam met haar is Jayden Williams, Benade Boltman en Rodwill Claasen. Sien nog foto’s op bl.5. FOTO: DEVIDEAN MOSES Stasie vier fees

description

Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Transcript of Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Page 1: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Drakenstein

Year 3 • Friday 24 May 2013 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365

In the latest Paarl Post:) Murder suspectin court

) Toll roadsstopped

) Franschhoektoddler dies ofburn wounds

) College lecturerattacked

Gazette gee om 3

Eat healthy in winter 4

Young Peoples wen 8

Die Konsternasie op die Stasie-feesvieringe om die Wellington-sta-sie se 150ste bestaansjaar teherdenk, is verlede Saterdag opluisterryke wyse by Wellington Wy-ne gevier. Martelize Brink vanRSG-faam was die seremonie-meester van die dag. Daar wasverskeie geskiedkundige stalletjies,en ’n reuse-melktert wat spesiaaldeur die AKTV-lede gebak was, islater die dag teen R10 per stukverkoop. Die opbrengs vanR2 700 sal aan die Wellington-ge-meenskap geskenk word. Hier isdie uivoerende burgemeester vanDrakenstein-munisipaliteit, Gesievan Deventer, by die AtlanticStars, Hillcrest Starlights en YoungStarslights wat haar by die Wel-lington-stasie met hul kleurvollepassies verwelkom het. Saam methaar is Jayden Williams, BenadeBoltman en Rodwill Claasen. Siennog foto’s op bl.5.

FOTO: DEVIDEAN MOSES

Stasievierfees

Page 2: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Drakenstein Gazette Entertainment - Vermaak Friday 24 May 20132

26 May)The Zion Fellowship Cogic choir presents aGospel concertat thechurchhall inWellingtonat17:00.TicketscostR20(R10forchildren).Eve-ryone is welcome. For more details, phoneChristopher on 060 370 3133.

28 May)The crowning of Miss Mary Help of Chris-tians Primary School will take place at 19:30at the Huguenot Community Hall. Tickets areR20 (R10 for kids) and can be bought at theschool. Performing at this event are Loren Er-asmus (singer), Paul Junior (singer), Charitia(singer) and dance groups FBI’s and BreakingPoint.

31 Mei)Ligstraal Skool hou ’n debutantebal by diePaarl-Oos Thusong-saal. Die Newtonians-or-kes sal sorg vir die musiek. Kaartjies is R150en is te koop by die skool. Vir navrae, bel021 862 7182.)DieBolandSkoolvirOutismehou’nhambur-ger-verkopingasdeelvanhulgeldinsamelings-

projek. Die burgers teen R20 elk sal op aan-vraag afgelewer word tussen 10:00 en 13:00.Plaas jou bestelling voor 28 Mei [email protected] of 082 746 4427.)Weltevrede Sekondêr hou op Vrydag 31 Meihul kroning van Mej Weltevrede in die Bergri-vier-skoolsaal. Toegang is R20 en kaartjies isby die skool of saal beskikbaar. Met die tema:Carnival Xtravanga, word almal uitgenooi omdie spoggeleentheid te kom bywoon. Die skoolvier ook hierdie jaar hul 30ste bestaansjaar.Vir nadere besonderhede, skakel 021 873 1559.

5 Junie)ACVV hou hul jaarvergadering om 10:00 indie Kapel by Huis Vergenoegd in die Paarl. Diespreker is Rayne Stroebel. Bespreek jou plekby Isobel by 021 872 3487 of [email protected].

8 Junie)Drakenstein Kunsvereniging bied tussen10:00 en 12:00 ’n werksessie aan oor vertikalegroentetuine. Sue Kingma sal wys hoe om joueie vertikale groentetuin te skep wat ook ’npragtige kunswerk sal wees. Die werksessieword met visuele beeldmateriaal aangevul.Bring saam leë 2F-, 1,5F- en 5F-plastiekkoel-drankbottels, klein groente- of kruieplantjies(saailinge), skerp mes, skêr en ’n sakkie grond.Bespreek by Esther Kotzé voor of op 3 Junieby 021 873 7376 of [email protected].

Stories vertel ter viering van MuseumdagStories uit Drakenstein is ’n opwindendestorie-vertel projek wat ter viering van In-ternasionale Museumdag deur die Afri-kaanse Taalmuseum en -monument in sa-mewerking met Paarl Museum bekendge-stel is.

Dié projek het reeds vroeër vanjaar afgeskopmet die insameling van stories toe inwonersvanDrakenstein,vangr.10-leerlingetotstuden-te en volwassenes, genooi is om deel te neem.

DieplaaslikeskrywerPetroRhodehetgehelpomdiebeste storiesuit tekies,watop Internasi-onale Museumdag (18 Mei) tydens ’n storiever-tel-programbydieTaalmuseumaandiepubliekbekendgestel is.

Sewe vertellers het aan die program deelge-neem terwyl nog drie deelnemers se werk deurander voorgelees is.

Die deelnemers was Flora Tielingse, MerciaMay, Merle Danhouse, Sheree Juries, AmeliaSolomons, Joyce de Villiers, Gerhard de Vil-liers, Johan Constable, Jacques Basson en Jo-han Perold.

Storieshet gewissel vanoorlogstories, “rond-loperstories”, liegstories, ware stories en skin-derstories tot kinderstories.

Mercia May het vertel van haar mense wat

toentertyd kerk toe gegaan het om te gaan luis-ter wat die ander mense bid om so die nuutsteskindernuus te kry. Ander het stories opgediepuit die dae van tiekies, terwyl Johan Constablevertel het van ’n kind met die naam Diploma,“wantdisnouwat symavandiekollege afhuis-toe gebring het”. Daar was ook bangmaaksto-

ries oor Antjie Somers en ’n ware storie oor ’nfiets wat ’n lang pad afgelê het om ’n ring nadie Paarl terug te bring (die fiets is vandag tesiene in Mosselbaai se museum).

Die talentvolle Glemorene van Rooyen vanWellington het gedigte voorgedra en ’n verwer-king van ’n gedig van Breyten Breytenbach ge-

sing.Volgens Catherine Snel, bestuurder van op-

voeding en erfenisprojekte by die AfrikaanseTaalmuseum, bestaan daar baie stories in dievolksmond wat nog nie geboekstaaf is nie. Diedoel van die projek is dus juis om oud en jonkbymekaar te bring om hul stories te vertel endit vir ons nageslag te bewaar.

“Ons wil hierdie mondelinge oorleweringsvaspen sodat die stories vir toekomstige navor-serstoegankliksalwees.Diebewaringvanhier-die stories is dus van onskatbare waarde.”

“Stories ken geen perke van ouderdom nie.Die jonger geslag hoor dalk ’n goeie storie by’n ouer persoon en gee weer hul eie interpreta-sie daaraan. Wanneer inligting per mond ge-hoor en oorvertel word, kry dit dikwels ’n stert-jie en dit is wat dit so interessant maak.”

Hierdie stories sal ook in ’n boek opgeneemwordwatopTaaldag14Augustus,bekendgestelenaandeelnemers,museumsenbibliotekever-sprei sal word. Elke deelnemer sal ook ’n boek-prys ontvang.

Belangstellendes kan vir Catherine Snel bydie Taalmuseum kontak by 021 872 3441 of [email protected] of vir Elizabeth Bowesby Paarl Museum by 021 872 2651 of [email protected].

Voor is Elsa Olivier, Glemorene van Rooyen en Amelia Solomons. Agter is Petro Rhode, Eddie Williams, MerciaMay, Johan Constable en Merle Danhouse.

Kom dans saamDie Boeremusiekgilde se Boland-takhou ’ndansmetdieKaapseAffodilleDa-mes-orkes by Laerskool Noord-Eind.

DiedansvindplaasopVrydag 31Mei.Toegang is R35 (R45 vir nie-lede).Vir besprekings en meer inligting bel

Ciceel Wentzel by 083 346 7083.

HULLE MAAK HOSPITAAL-VERBLYF ’N VREUGDE:Bollie, Snaffels die hond,Pokkels en Lizzie het on-langs die kinders byPaarl-hospitaal besoek envermaak. Hier is hullesaam met Kay-Leigh Wils-on waar sy aansterk ná ’nheupoperasie.

FOTO: LIEZL DAVIDS

SMS AND WIN: Wild animals number fun and Farmanimals shapes and sizes have lots of fun activitiesfor kids to do. One lucky Drakenstein Gazette readerstand the chance to win these two educational books.The books include write-on dab-off marker pens andhave fold-out pages and a turning wheel. The Publisherof the books is Human & Rousseau and the illustratoris Sarah Pitt. To win the books, SMS your name andthe name of the illustrator to 32365. An SMS costsR1,50.

Vrolike winteraand in WellingtonWellington-Oos Gemeente bied jou ’nvrolike winteraand op 31 Mei met ’nheerlike aandmark vol pure lekkerte- van handgemaakte produkte en ge-skenke vir die hele gesin.

Daar sal heerlike boereworsrolle,jafels,pannekoek,poeding,smaaklikekoffie, pragtige kolwyntjies en veelmeer te koop wees.

Daar is ook tafels waar jy die lekkereetgoed rustig kan kom eet saam met

jou familie en vriende. Vermaak salook verskaf word aan die kinders ter-wyl ma en pa kuier en eet.

Die aandmark begin van 17:00 totlaat in die kerksaal van die NG KerkWellington-Oos.

Bespreek jou uitstaltafel betydsteen R100 by Elize.

Vir meer besonderhede bel RoneSills 082 2903 114 of Elize by die kerk-kantoor by 021 873 2690.

Vier Afrikadag byTaalmonumentDie Afrikaanse Taalmonumentbied op Saterdag 25 Mei ’n spesi-aleprogramtervieringvanAfri-kadag.Besoekers kanopdié dagdie Afrika-herkoms van Afri-kaans ontdek tydens ’n begelei-de toer van die Taalmonument.’n Musiekprogram word van12:00 tot 14:00 aangebied.

Toegangsgelde beloop R20 virvolwassenes, R10 vir Suid-Afri-kaanse studente, R5 vir kindersen gratis vir kinders onder sesjaar. Die Taalmonument sal oopweesvan08:00tot17:00.Virmeerinligting, skakel021 863 4809/0543 of besoekwww.taalmonument.co.za.

Page 3: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Drakenstein GazetteNews - NuusFriday 24 May 2013 3

DBV Paarl- en Wellington benodig hierdie itemsDie Paarl DBV (Diere Beskermingsver-eniging) is in 1960 gestig.

Hoeweldit ’nniewinsgewendeorganisasieis, word dit soos ’n besigheid bestuur.Die DBV het sy eie konstitusie maar word

bedryf onder die Dierebeskerming Wet 169van 1993 en is ’n lid van die nasionale raadvan DBV’s.DiePaarlDBVbestaanuit gekwalifiseerde

en opgeleide personeel.Die DBV spesialiseer in die behandeling

en vertroeteling van diere en veral mishan-delde diere.PaarlDBVhetdieafgelopetydsowat30kat-

te en 30 honde by hulle ingeneem nadat dieWorcester DBV sy deure gesluit het.Volgens hulle is dit altyd ’n vreugde om

’n dier aan iemand te geewat hombaie liefdeen aandag sal gee en waar hy ’n tweede kansop ’n gelukkige lewe kan kry.Maar hulle is nog steeds streng as dit kom

by die aanneem van ’n dier.Dis belangrik dat jou huis en erf geskik is

om die troeteldier te huisves.As jy ’n dier wil aanneem sal jy ’n aansoek

vorm vir aannemingmoet invul by die DBV.’n Inspekteur sal dan uitgestuur word na

jou woning om seker te maak dat dit geskikis vir die troeteldierwat jywil aanneem. Joutroeteldier sal gesteriliseer en ingeënt worden ook ’n DBV-naamplaatjie ontvang waar-voor jy sal moet betaal.Die rede hoekom hulle streng moet wees,

sê dieDBV, is omdat baie vanhul diere reedsuithuisekomwaardieeienaar/snievoldoenhet aan al die vereistes nie.Wellington DBV is in die 1950’s tot stand

gebring en het baie klein begin. Hulle het in-tussen ’n inspekteurbygekrywatklagteswatvan dieregeweld ondersoek. Hulle spog ookmet ’n kliniek by die Weltevrede-sportgron-de waar ’n veearts elke Dinsdag tussen 12:00en 14:00 uitkom.

Hulle vat wegloopdiere (strays) en dierewat se eienaars hulle nie meer wil hê nie ofwat mishandel word in. Hulle het sowat tienhondehokke, sowat vier kampe en vier kathokke.Sedert 1 April 2012 tot 31 Maart 2013 het

hulle 876 katte, 1 371 honde en 29 ander diereingevat.Wellington DBV nooi die publiek om met

die diere te komspeel en ’nhand te kombysitby die DBV.Geldelike bydraes is ook altyd nodig.AlbeiDBV’sbenodigondermeerkos, kom-

berse, skoonmaakmiddels en kantoorbeno-digdhede.Die publiek kan skenkings (geen kontant

nie) vir die Paarl DBV en Wellington DBVtot 1Augustus 2013nadieDrakensteinGazet-te (Paarl Post) se kantoor in Newstraat 1A,Paarl (langsVirginActive)bring.Virnavraeen nadere besonderhede, bel gerus 021 8704600.

GELUKKIGE WENNER: Dorinda duPlessis van Klein Drakenstein-wegis verlede week se gelukkige wen-ner van die boek, Nie van Hoorsênie, Here. Du Plessis het gesê datsy nie kan wag om te begin leesnie, veral op die koue dae watvoorlê.

FOTO: LIEZL DAVIDS

MINISTER BESOEK GROENHEUWEL: Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant (naaslinks), hetonlangs ’n welwillendheidsbesoek afgelê aan Groenheuwel Primêre Skool. LindaMarais (hoof-onderwyskundigevan Kaapse Wynland Onderwysdistrik Kring 2), skoolhoof Desmond Ceaser en Edward Daniels (adjunkhoof-on-derwyskundige) het hom te woord gestaan. FOTO: DEVIDEAN MOSES

Belangrike aspekte vir entrepreneurskap’n Entrepreneur word gewoon-likassuksesvolgesienashygeldmaak.Daarisdriebelangrikegeldas-

pekte in ’n besigheid wat na ge-kyk moet word.Eerstensmoetdiebesigheidse

laste (skuld)niemeerweesasdiebates (besittings) nie. Met meerbatesas laste isdiebesigheidsol-vent.In die tweede plek moet ’n on-

derneming se inkomste groterwees as die uitgawes want danmaak dit ’n wins. ’n Werker sesalaris of loon is sy vergoedingvir die werk wat hy of sy doenenwins is die besigheidseienaarse vergoeding vir die werk wat hy of sy doenen vir die risiko wat hulle loop. Die belangrikevraag is dus of die besigheid ook winsgewendis?Maar ’n besigheid kan solvent en winsge-

wendwees en nog steeds in diemoeilikheid be-land. Die rede is dat produkte of dienste wat opkrediet verkoop word, ook gereken word as in-komstewatreedsverdienis,alhetdiebesigheidnog nie die geld vir die transaksie ontvang nie.“Die derde, baie belangrike geld aspek, van

besighedeiskontantvloeiof likiditeit.Dit is juishier waar baie besighede se grootste kopsereelke maand lê. Aan die einde van die maandmoet besigheidsuitgawes soos huur, lone en sa-

larisse, telefoonenveleanderbe-taalword.Danhet jykontantno-dig,” verduidelik DavidMalher-be, ’n besigheids- en loopbaankonsultant van Wellington.Miskien was daar nie genoeg

verkope gedurende die maandnieof te veel is op skuld (krediet)verkoopen jy sukkel om jougeldvan die debiteure af in te kry. In-dien jy nou boonop die nuusmoet kry dat die persoonwat virjou diemeeste skuld, bankrot is,kan dit jou ook sink.“Om dus ’n gesonde besigheid

te hê moet dit nie net solvent enwinsgewendweesnie,maar is ’ngoeie kontantvloei uiters nood-

saaklik.“Wees dus versigtig met sowel die aangaan

en die toestaan van krediet, want kontantvloeiproblemekanbeidewinsgewendheidensolven-sie tot niet maak en jou besigheid sluit.”MalherbeenDewaldScholtzgeselsMaandag-

aand vanaf 19:00 tot 20:00 op Radio KC 107.7FMtydens die program Jy die Entrepreneur verderoor hierdie onderwerp.Vir navrae, skakel David Malherde by

021 873 0262.) David Malherbe is ’n besigheids- en loop-

baankonsultant en woon in Wellington. Hy kangekontak word via sy webblad www.jedi-diah.org.za of by 021 873 0262.

David Malherbe

Page 4: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Drakenstein Gazette Recipes - Resepte Friday 24 May 20134

Healthy made easyThe winter chill has definitely set in andso toohas the traditionalboutsof coldsandflu and respiratory complications whichcancausehavocduring thewintermonths.

Peter Jordan, principal officer of Fedhealthsays that there are numerous ways that“healthycanbemadeeasy”during thischangeof season.Anti-oxidants are the multi-task fighters

found in the body. They keep us young, fightoff infection,repairanyweakspots intheveinsand arteries, supply elasticity where neededand protect us against carcinogens and ulti-mately cancers.Inspired by the abundance of rich autumn

colours, Jordan says that the sheer goodnesscan be found in rich anti-oxidant foods suchas blueberries, fiery red tomatoes, red cab-bage, avocados, papinos, red, greenandyellowpeppers, red wines, red kidney beans, greenteas and rooibos teas which are all burstingwith a variety of rejuvenating anti-oxidants.“Wine lovers will also be pleased to know

that certain wines such as Merlot have thehighestResveratrol (the anti-oxidant that trig-gers the anti-aging gene), content. Dark andgoodqualitychocolatearealsorich inanti-oxi-dants andwhen eaten in frequent, small quan-tities can actually benefit health,” he says.One can also improve immunity during the

wintermonths by adding extra garlic to soupsand stews and drinking freshly squeezed or-ange juice or eating citrus food that are highin Vitamin C and low in calories. “Vitamin Ais also a vital nutrient which can be used toboost immunity. Found in pumpkin, carrots,butternut, mango and papino, these are allgood sources which assist in protecting the si-nus membranes making them more effectivewhen fighting off viruses and bacteria. Mostpeople enjoy snacking during the coldermonths especially at night while watching tel-evision. Insteadofsnackingonfatty foodssuchasmilk chocolate, biscuits or crisps, try snack-ing on healthy food options such as: walnutsand almonds, steamed or air-popped popcorn,pretzels dipped in humus, lean biltong (nodriedwors), dates, steamedor tinnedunsweet-ened apples with custard or frozen yoghurt,dried figs (whicharehighin fibre), applerings,apricots, dried or fresh coconut and low fatcrackers with mozzarella or ricotta cheese.”Other healthy snippets to keep in mind:)Themost nutritious part of broccoli is the

stem, not the florets.) Mineral zinc is absolutely essential for

memory and attention span.We find zinc in redmeat, oysters andwhole-

grain, but this may need to be supplementedwith other nutrients to get the required dose.

) Zinc is also vital for healthy skin, healingand is often used for the treatment of acne.Even though we live in such a sunny country,we still might have low levels of vitamin D asnot enough is produced by sunlight. Also con-tributing is the fact that we wear lots of sunblock (which reduces vitamin D production)or stay out the sun completely.

) Vitamin D is essential for bone strengthbut also for many other functions in the body.We find vitamin D in all tinned fish, also inmushrooms or available in supplement form.

All vegetables by definition are cholesterol-free and for all practical purposes,fat-free. Over 95 percent of vegetables contain less than a gram of fat per serving,and even that insignificant gram is mostly unsaturated fats.

Page 5: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Drakenstein GazettePeople - MenseFriday 24 May 2013 5

MOEDERSDAG-TEE: LK Zeeman Primêre Skool het onlangs hul Moedersdag-oggendtee gehou. Die vroue, Eliza-beth May (links), Grace Adriaanse, Grethal van Rooy, Mariaan Pietersen, Sue-Ann Benjamin, Faith Lawrence(gasspreker) en Dawn Williams was gasvroue by die geleentheid.

NOODHULP-KURSUS: ’n Noodhulp-kursus is deur EHS Agri aangebied. Hier pronk die kursusgangers methul sertifikate: (voor) Dorrie Pietersen (Limietrivier) en Melissa Stigling (EHS Agri); (agter) Cornel Willemse(Specialities Pet Food SA Pty Ltd), Tyron Heffenaar (Specialities Pet Food SA Pty Ltd), Shaheed Lagadien(instrukteur), Winston Abrahams (Specialities Pet Food SA Pty Ltd), Marcelino Albertus (Van der Spuy Strukture)en Aneska Davids (EHS Grean Leaf Consultancy).

Mercia Ritter en haareggenoot Derek hetseker gemaak datbesoekers lekker aanhul konfyt, ingemaak-te groente en vrugteen ander lekkernyekon smul by dieKonsternasie by dieStasie-feesvieringe opWellington.FOTO: DEVIDEAN MOSES

LEERLINGE INGELIG OOR FETALE ALKOHOL-SINDROOM: Fast Facts se Herchell Barron (links agter) het verledeweek tydens ’n inligtingsessie die leerlinge van Magnolia Primêre Skool ingelig oor fetale alkohol-sindroom.Saam met Barron agter is Elizma Titus (Badisa Paarl gemeenskapsontwikkelingswerker) en Janine Groenewald.

FOTO: LIEZL DAVIDS

Daarwasbaieomtesienen tedoenbydieStasie-feesvieringe, ondermeerdiéoutydse vierwiel-perdekar,Queen Victorian Spider, wat nog in ’n uitstekende toestand is. Hier is Ritha (links) en Carel Smuts(regs) by die eienaar van die outydse perdekar, Herman Burger. Die Queen Victorian Spider is maareen van die talle antieke perdekarre in Burger se versameling. FOTO: DEVIDEAN MOSES

Wellingtonners het hulSaterdag terdeë ge-niet by die 150steStasiefees-vieringe.Baie van die besoe-kende kinders het ookhul eerste treinrit be-leef. Hier is TyriqueFisher, Xander Allies,Keasha Allies en Ho-pe Fisher saam metdie AKTV-feëtjie, RonéSills, voor die trein.FOTO: DEVIDEAN MOSES

Page 6: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Drakenstein Gazette Classifieds Friday 24 May 20136

TEKOOPFORSALE

71

Algemeen

Miscellaneous

1ml SAND, klip, kompos &bogrond (topsoil) sowel asbourommel, vullisverwy-dering, tuindienste enskoonmaak van erwe. SkakelNeels 021 872 9397 of 083412 8810.

TELEVISIE DAEWOO 54cm te koop. R400. Skakelasseblief 021 863 1944.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

102

Allerlei

Miscellaneous

Services

105

Binnenshuisdienste

HomeServices

Interior

Ons naam is uwaarborg

Vir die beste

diens, skakel

083 556 6359

Gratis kwotasies &installasies.

Asook herstelwerk.

E-pos:

[email protected]

108

Geld/lenings

Money/Loans

4

CASH

GOLD

Eilandstr 3, Paarl(oorkant SASKO)021 872 2913

ONS KOOP

GOUEJUWELIERSWARE

HEEL OF GEBREEK

BESTE PRYSE

112

Gordyne/Matte/Stoffering

Curtains/CarpetsUpholstery

115

Vervoer en Berging

Moving&Storage

ENIGE IETS

MEUBELS

VERVOER

083 708 4950

MOVING?

TREK?

ANYTHING

FURNITURE

TRANSPORT

140

Elektriese

Herstelwerk

Electrical Repairs

ELECTRICALREPAIRS & AIRCONS

083 708 4950

REGASFRIDGES

MULLER HERSTEL-DIENSTE: Yskaste, stowe,droërs, wasmasjiene, ens.Skakel Arnold 083 339 8886.

APPLIANCEREPAIRS

• FRIDGES

• FREEZERS

• TUMBLE DRIERS

• DISHWASHERS

• WASHING MACHINES

• RE-GAS R170

Jan 076 919 0596

Speed Queen, Whirlpoolspeicalist

1146

Teëlwerk/Vloere

Tiling/Flooring

EIENDOMMEPROPERTIES

167

Huise te Koop

Houses for Sale

PAARL -WELLINGTON: 1,2, 3 & 4 Slpk - R140000,R 1 9 5 0 0 0 , R 2 3 5 0 0 0 ,R445000, R655000. Kon-tant of finansiering kangereël word. 072 805 3574.

JOBS

401

Algemeen

General Vacancies

AVON. Earn extra money.Sell Avon. Sms name & areato 083 759 0364.

CLEANER NEEDED!!! InPaarl area. Men with forkliftlicence. CV & copy of ID. Call073 844 9868.

SALOMÉ NOURSE, Grafika24Bron: Netcare-opvoeding: Fakulteit van Nood- en Kritieke Sorg

Noodhulp: help ’n baba wat verstikKnip dié nuttige noodhulpwenk uit enraadpleeg dit tydens ’n noodgeval.

Kykof dieversperringal losgekomhet.

Indien nie, geetot vyfborsstote.

Plaas tweevingerpunte

op die laer deelvan die baba seborsbeen, eenvingerbreedteonder die tepel,en gee vyf

skerp stote indie borskas

in.

Herhaaldie stappe totdie versperringlosgekom hetof hulpopdaag.

1 2 3

7

5 46

Draaidie babaom met sy/haar gesigna bo op jouvoorarm.

Geetot vyf skerpslae, tussendie skouer-blaaie, opdie baba serug.

Plaas diebabamet sy/haargesig na onderop jou voorarmen hou die koplaag (kniel opdie vloer).

Stappe om te neem

Wanneer ’n baba verstik is die luggang gedeeltelik of heeltemalversper. Dié versperringmoet so gou asmoontlik verwyder word.

Indien diebaba sy bewussynverloor, beginmet kardio-pulminêreresussitasie .

8

Wear your tekkies for a good causeFriday 31 May, will see thefirstTekkieTaxannualfund-raising campaign kick off,whereparticipantswillweartheir tekkies in support of agood cause.

During April and May, fivedifferent stickers each repre-senting a beneficiary will beavailableatacostofR10each,whichwillbedonatedtothechosenbeneficiary.TheTekkieTaxcampaignwill give you the option of donating to awelfare sec-torofyourchoicewhichincludesanimals,children,education, disability or basic community welfare.

It’s as easy as:)Getting permission from

relevant parties (such as youroffice, school) to participate inthe campaign

)Promoting the campaignwith free publicity materialsuch as posters and brochures

)Choosing thebeneficiaryofyour choice by purchasing the

relevant sticker)Wearing your tekkies and sticker on Friday (31

May) to show your supportFor more information visit www.tekkietax.co.za

or email [email protected].

Koejawelfees beloof twee dae van lekker kuierDie tweede Koejawelfees vind plaas op 25 en 26 Meiby Augusta Kleinbosch Gasteplaas.Dit is tyd dat die koejawel wat dikwels in verskeie

vormedeelwasvan ’ngoeieSuidAfrikaanseeteweertot sy regmatige plek herstel word. Dit is daaromdat’n koejawelfees nodig is en sommer ook op die plekwaar die eerste koejawel pitbome in die land aange-plant is. Nie net is die koejawel in eie reg ’n lekkerengesondevruggievol vitamieneCniemaardiekoe-jawelfeesgaansommernogbaiemeerviralmalvanafouma en oupa tot kleinkinders bied.MusiekvanAnkePetrangeli ’n Idols-wenner,Tony

en Lanamet Rock and Roll, Die Parlementbroers or-kes, Heidi van Wyk met Jazz en strykorkeste maakalles deel uit vandievermaak.Virdie avontuurlusti-geisdaarrotsklimenvierwielmotorfietseasooktrek-kerritte, ’n springkasteel en gesigverf vir die jong-span. Kunsuitstallings is in die Kleinbosch herehuisen jy kan ook kom kyk na ’n nuwe boekvrystelling.

Vir ’n blaaskans kan almal iets te eet kry by dieverskeie kosstalletjies, gaanwynproe of rustig in diebier enwyntuin sit. Die koejawelword natuurlik nievergeet nie en almal kan kom kyk wat alles met ’nkoejawelgedoenkanword.Krysommerjoueiekoeja-wel resepteboek. Daar is natuurlik ook mooi koeja-wels te koop.Die fees beloof om twee lekker dae op die plaas aan

almal te bied en terwyl jy op Kleinbosch is kom trapjouvoetspoorinAfrikaans. ’nPersoonlikesertifikaatsaluitgereikwordomtebewysdat jygeloophetwaarvan die eersteAfrikaanse boeke geskryf is, Totius enDFMalherbe grootgewordhet enookwaardie eersteamptelike Afrikaanse skool (Die Hugenote Gedenk-skool) vandag nog staan.Die hekke sal om 11:00 oopmaak. Sien jou by die

koejawelfees op die plaas Kleinbosch in Dal Josafat,Paarl. Besoek www.augustakleinbosch.co.za of belLaetitia of Francois by 021 868 2481 of 082 390 8190.

Page 7: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Drakenstein GazetteSchools - SkoleFriday 24 May 2013 7

VISIT BUTTERFLY WORLD: Here are Mattaeo St Leger and Estelle Kitshoff from La Rochelle Girls’ Primaryposing at the giant spider on their outing to Butterfly World.

POETRY AT EISTEDFODD: Pauw Gedenk Primary took part in the Eidstedfodd for poetry. Here are the proudpupils with their certificates. Zoë Cameron and Mischa Kisting were awarded with Cum Laude certificates.

LEIERSKAP-KONFERENSIE: Die Hoër Meisieskool La Rochelle het vir die vierde agtereenvolgende jaar ’n leerling-leierskonferensie aangebied. Altesame 280 leerlinge van 46 skole van die Wynland-, Weskus- en Overberg-dis-trikte het die geleentheid gehad om na verskeie leiers soos die rektor van Universiteit van die Vrystaat, profJonathan Jansen, voorsitter van Associated Media Publishing, Jane Raphaely, en motiveringspreker, PieterGeldenhuys (middel) te luister. Saammet Pieter is Raphaela Böhmer, links, (onderhoofmeisie) enMari Hanekom(hoofmeisie).

NUWE NETBALDRAG: Die o.13-netbalspan van Laerskool Drakenstein het by hul onlangse jaarlikse sportdagwaaraan 11 skole deelgeneem het, in hul nuwe netbaldrag gespeel. Hier (van links) is: Kelly Carlse, Leatitiade Bruyn, Courtney Francke, Marli Marais, Ree-Sha Whatney, Taryn Alexander, Almé Mans, Jenique van Niekerk;(voor) Jonandi Solomon.

WELLINGTONEISTEDFODD:Dié groepie leerlinge vanWellingtonPrimêreSkool het sertifikate ontvang vir voordragtydens die onlangse Eisteddfod wat deur die Wellington Kultuurvereniging gereël is. Heel agter is AshckeCloete, Sharenay Burger, Amy-Rose Coetzee en Migail Tryskey. In die middel is Alicia Isaacs, Jaydon Ross,Linn Elias en Jobelian Boesak, en voor staan Cindy Jardine, Lorean Willemse en Kyra Bird. FOTO: JOHAN NEL

LANDLOOPATLETE:Klein Nederburg Se-kondêre Skool selandloopatlete hetgoed gevaar tydensdie Safari Halfmara-thon-aflos wat in Wel-lington gehou is. Hier(van links) is GeraldRicketts (spanbestuur-der), Salomé Davids,Maxine Julies, Ash-leighano Hans, Davenvan Niekerk, DenricoJulies, Peter Waltersen Timo Arendse (af-rigter).

UITSTAPPIE VIR GR.4’S: Laerskool WAJoubert se gr. 4-leer-linge het onlangs ’nopvoedkundige uit-stappie na Le Bon-heur-krokodilplaas ge-niet. Hulle het baieinteressanthede oorkrokodille geleer enkon elkeen ’n drie-maande oue krokodilvashou. Hier is diegroep saam met hulonderwyser, Lista laGrange (heel agter).

Page 8: Drakenstein Gazette 24 Mei 2013

Drakenstein

Year 3 • Vrydag 24 Mei 2013 | Tel. 021 870 4600

Blues vernielWindmeul behoorlikLaer Paarl (Blues) het Saterdag viralle toekomstige teenstanders ’nsterk boodskap uitgestuur toe hullevir Windmeul 94-3 geklop het. Ná af-loop van die wedstryd gaan dit moei-lik wees om die span van hul derdeagtereenvolgende titel weg te hou.

Blues is nou die voorlopers op diepunteleer nadat Vineyards teen Allan-dale vasgeval het.Windmeul het alles in die stryd ge-

werp,maar konnie daarin slaag omdieblou golf te stop nie.Blues het van die begin af druk op

Windmeul toegepas en reeds in die eer-ste helfte hul bonuspunt ingepalm toehulle met rustyd met 36-0 voorgeloophet.Blues het die skare getrakteer op op-

windendehardlooprugbyenWindmeulse verdedigers telkemale in die lug laatgryp.Daar is egter baie ruimte vir verbete-

ringaandiekantvanBlues enveralhulskrumwerk is ’n bron van kommer.Blues se Garth Thomas en Charl Hen-dricks het elk drie drieë gedruk, terwylBjorn Wicklow suksesvol was met tiendoelskoppe. Blues kom Saterdag teenRangers op Daljosafat te staan.Driedrukkers was Garth Thomas (3),

Charl Hendricks (3), CharlinWilliams,Ryan Jordaan, David Pick, Donnie Fre-dericks, Dudley Jonathan, BjornWick-low,ChristopherMouwersenKemptonKika.Doelskoppe: Bjorn Wicklow (10) en

Kempton Kika (2). Die derde span ver-loor 24-31 terwyl die 2de span 22-10wen.

RUGBY-SKAKELBEAMPTE: Peter Lakey is virdie derde agtereenvolgende jaar gekies asskakelbeampte by die WP Rugby-unie. Syhoogtepunt vanjaar sal wees dat hy vir dieQueensland Reds as skakelbeampte saloptree vir hul wedstryd teen die Stormersop 25 Mei.

CPUT snoeiGrabouw RosesDie eerste rugbyspan van CPUT het Saterdag in Gra-bouw daarin geslaag om die span van Spring Rosesmet31-0 die loef af te steek. Met dié oorwinning het CPUTdie alleen voorlopers in die Plattelandse afdeling vandiePresidentsLigageword.Dítnádieander tweeonoor-wonnespanne,GrabouwenSAFCOL,gelykgespeelhet.Die wedstryd teen Spring Roses het teen ’n geweldige

vinnige pas begin en binne die eerste vyf minute hetCPUTreedsmet12-0voorgeloop.EershetdiehakerXan-der Kuys en toe die vleuel Sakkie Hanse agter die doel-lyn gaan kuier. Losskakel Chezlin Lamini het dit ver-doel. CPUT het die bal baie lug gegee, terwyl hulle plek-plek baie gevaarlik gelyk het, het hul gesukkel met dieafronding.Voor rustyd het die senter Danie Osche (kleinseun

vanSpringbokChumOsche)gaandruk.Laminihetver-doel. Daylin Johnson, sy sentermaat, het ook ’n onver-doelde drie gedruk. Teen rustyd was die telling 24-0.Ná rustyd het die studente ’n insinking beleef. Spring

Roses het ook baie negatief en geniepsig begin speel.Regis Daniels, bul-vaskopstut, het tog daarin geslaagom oor die doellyn te bars wat op ’n goeie rolmaalbewe-ging gevolghet. Laminihetweereens suksesvol verdoelom die eindtelling op 31-0 te staan te bring.Hierdie naweek speel die Tekkies vanCPUT tuis teen

Napier.Wedstryde begin om 13:30 en alle belangstellen-des word uitgenooi.

OP VOLLE VAART: Yo-ung Peoples het Sa-terdag teen Fransch-hoek gespeel opFaure-stadion. Peopleswas net te sterk virdie manne vanFranschhoek en hetdie wedstryd 38-18gewen. Hier wys Jero-me Demas net hoe-veel vaardighede hyhet.FOTO: ERNEST KILOWAN

SEVENS: Klein Neder-berg SecondarySchool hosted theirannual Sevens Rugbytournament recently.Here Cheslin Nero(Paulus Joubert) getstackled hard by aKylemore player.PHOTO: ERNEST KILOWAN