Download - Aan alle boodskappers

Transcript
Page 1: Aan alle boodskappers

Aan alle boodskappersAan alle boodskappers‘n Boodskap

Page 2: Aan alle boodskappers

Wat is ‘n boodskapper

One that carries messages or performs errands, as: a.A person employed to carry telegrams, letters, or parcels. b.A military or official courier. c.An envoy to another person, party, or government.

1.A bearer of news. 2.A forerunner; a harbinger: the crocus and other messengers of spring. 3.A prophet: the messenger of God. 4.Nautical A chain or rope used for hauling in a cable. Also called messenger line

H4397mal-awk'From an unused root meaning to despatch as a deputy; a messenger; specifically of God, that is, an angel (also a prophet, priest or teacher): - ambassador, angel, king, messenger.

Die een wat ‘n boodskap van een party na ‘n ander bring, deur woorde, dade of optrede – soos beveel deur die bron van die boodskap. ‘n Goeie boodskapper verdwyn van uit die boodskap, hy word in werklikheid net ‘n medium waardeur informasie oorgedra word. Dit is sy stem en sy liggaam wat aangewend word, maar nie sy boodskap nie – die boodskap is die van die persoon wat hom gestuur het.

Page 3: Aan alle boodskappers

Wat onderskei ‘n goeie boodskapper‘n Goeie boodskapper is nie iemand wat net goeie nuus bring nie, maar wel iemand wat die nuus, goed bring.

Pro 13:17 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.

Pro 25:13 Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

Hy - • voeg nie by, of trek af van die boodskap• bemark nie homself, maar sy afsender• let op die protokol, sodat nie net die inhoud, maar ook die gesindheid van die boodskap, reg oorgedra word• voer die volle instruksie van die afsender uit – bv. “gee die boodskap, net vir die koning, wag vir ‘n antwoord, kom terug voor die volgende dag…”• het ‘n afsender, het ‘n boodskap, het ‘n adres vir aflewering – gebrek of faling in enige van die, faal die boodskapper

Page 4: Aan alle boodskappers

Hoekom is daar boodskappers?

Verwydering skep ‘n behoefte tot kommunikasie tussen twee partye, gebore uit…:• nood• blydskap• hartseer• verlange• liefde• gevaar / waarskuwing• woede• informasie vloei• ens.

Page 5: Aan alle boodskappers

Verskil tussen boodskapper en boodskap medium (formaat)

Boodskapper is die wat die boodskap bring, bv:• posman / koerier / posduif• telegrafis• radio omroeper• profeet / leraar / engel

Boodskap formaat is die wyse waarop dit aangebied word, bv:• geskrewe in brief, boek• mondelings – per radio, in persoon• gekodeer – morsekode, data stroom• demonstratief – gebare, simbole, optrede

Page 6: Aan alle boodskappers

Wanneer is ‘n boodskapper tussen twee partye oorbodig?

As die partye in persoon met mekaar kan praat

Page 7: Aan alle boodskappers

Gen 2:15 Toe het Jahweh God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. Gen 2:16 En Jahweh God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet……..

Gen 3:9 Toe roep Jahweh God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? Gen 3:10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. Gen 3:11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?

Gen 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Eff 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, Eff 2:12 dat julle in dié tyd sonder Messias was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

Page 8: Aan alle boodskappers

Wat is die eerste ding wat ‘n boodskapper aan die ontvanger sê?

Wie het hom gestuur!

Page 9: Aan alle boodskappers

Exo 3:13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? --wat moet ek hulle antwoord? Exo 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Exo 3:15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel:Jahweh, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag. Exo 3:16 Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Jahweh, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is. Exo 3:17 Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning. Exo 3:18 En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die Jahweh, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die Jahweh, onse God, offer.

Exo 3:4 Toe Jahweh sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. Exo 3:5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. Exo 3:6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

Page 10: Aan alle boodskappers

Wat is die tweede ding wat die boodskapper sê?

Aan wie die boodskap gerig is – ‘n boodskap word aan ‘n adres gerig, soos ‘n brief.

Page 11: Aan alle boodskappers

Exo 3:15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Jahweh, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.

Ess 2:3 Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe. Ess 2:4 En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek Jahweh! Ess 2:5 Maar of hulle nou al luister of nie--want hulle is 'n wederstrewige huis--hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.

Dan 10:14 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms. Hos 4:1 Hoor die woord van Jahweh, o kinders van Israel! Want Jahweh het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.

Page 12: Aan alle boodskappers

Rom 1:7 aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Meester Jahshua Messias!

1Kor 1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Messias Jahshua, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Meester Jahshua Messias in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Meester: 2Kor 1:1 Paulus, 'n apostel van Jahshua Messias deur die wil van God, en Timótheüs, die broeder, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, saam met al die heiliges wat in die hele Acháje is:

Gal 1:1 Paulus, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jahshua Messias en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het, Gal 1:2 en al die broeders wat by my is--aan die gemeentes van Galásië:

Eff 1:1 Paulus, 'n apostel van Jahshua Messias deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Messias Jahshua:

Page 13: Aan alle boodskappers

Wat volg na die bekendmaking van die afsender en ontvanger?

Die boodskap inhoud, afgelewer volgens die instruksies van die afsender.

Page 14: Aan alle boodskappers

‘n Krisis van alle eeue – Adam sterf van die honger…

Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Amo 8:11 Kyk, daar kom dae, spreek Jahweh, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van Jahweh te hoor. Amo 8:12 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van Jahweh te soek, maar hulle sal dit nie vind nie. Amo 8:13 In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk--

1Sa 3:1 En die seun Samuel het Jahweh gedien voor Eli, en die woord van Jahweh was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie. 1Sa 3:2 In dié tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap--sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie-- 1Sa 3:3 toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van Jahweh waar die ark van God was, 1Sa 3:4 het Jahweh na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.

Page 15: Aan alle boodskappers

Wanneer woorde voedsel is, en voedsel laat lewe, is boodskappers lewensbelangrik…

Noodrantsoene….net genoeg om aan die lewe te bly, maar nie genoeg om van te lewe nie…

Heb 1:1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun

Page 16: Aan alle boodskappers

Eff 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, Eff 2:12 dat julle in dié tyd sonder Messias was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.Eff 2:13 Maar nou in Messias Jahshua het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Messias. Eff 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het Eff 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep Eff 2:16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. Eff 2:17 En Hy het die evangelie (goeie boodskap) van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; Eff 2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. Eff 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, Mat 4:17 Van toe af het Jahshua begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Hier is goeie nuus – en ons kan dit van naby, self hoor!

Page 17: Aan alle boodskappers

Jahshua

Kommunikasie tussen Vader en Adam

Adam

Vader

Vader

Vader

Vader

Adam

Adam in Jerusalem

Adam in Jerusalem

Adam in verstrooing

Adam in verstrooing

1 per jaar

Jahshua

Vader Adam in bekering

Adam onbekeerdHG

Liefde

Voor sondeval

Na sondeval – Skeidsmuur van sonde

Moses en die wet – Tempel, profete, hoë priester

Jahshua by ons – Koningkryk het naby ons gekom

HG uitgestort – Lig vir ons pad, lamp vir ons voet

Page 18: Aan alle boodskappers

Wat is die boodskap?1Jo 3:11 Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; 1Jo 3:12 nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig. 1Jo 3:13 Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie. Luk 2:9 En meteens staan daar 'n engel van die Meester by hulle, en die heerlikheid van die Meester het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. Luk 2:10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, Luk 2:11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Messias, die Meester, is.

• Jahweh het vrede verklaar met ons – ons is nou vyande van die Wêreld (Babel), maar versoen met Jahweh.• Ons het burgerskap ontvang – nie van Australië, nie van die VSA – maar van die Koningkryk van die Hemele• Waar ons eers so vêr verwyderd was dat ons slegs Vader kon hoor via boodskappers (profete en priesters), het die Koningkryk nou so naby aan ons gekom, dat ons weer direk na ons Vader kan gaan – deur Jahshua, ons ewige hoëpriester.• Dat daar wedersydse geprek met Vader is – deur die Heilige Gees, antwoord Hy.• Dat bewys van burgerskap nodig is – vervalste bewyse word openbaar in liefdeloosheid.

Page 19: Aan alle boodskappers

Wie het ons gestuur?

Joh 20:21 Jahshua sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Joh 20:22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

Page 20: Aan alle boodskappers

Na wie is ons gestuur?

Mat 15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. Mat 15:25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Meester, help my! Mat 15:26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.

Page 21: Aan alle boodskappers

Wat is die spesifieke instruksies?Luk 9:62 En Jahshua antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.

1Kor 8:9 Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien 'n struikelblok word vir die wat swak is nie.

1Kor 10:32 Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie; 1Kor 10:33 net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word.

1Jo 2:10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.

Open 2:14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

Page 22: Aan alle boodskappers

Verstandige boodskappers

Mat 24:45 Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? Mat 24:46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Mat 24:47 Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Mat 24:48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom-- Mat 24:49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, Mat 24:50 dan sal die heer van dié dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie en op 'n uur dat hy dit nie weet nie; Mat 24:51 en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Page 23: Aan alle boodskappers

Oppas alle boodskappers!

• Volg al die instruksies• Moenie die boodskap vir jou self hou nie – lewer dit af.• Verkeerde adres – moenie huil as hul die boodskapper se kop afkap nie• Lewer voedsel af, nie “gemorskos”

Page 24: Aan alle boodskappers

Volg al die instruksies!1Kon 13:1 Toe kom daar 'n man van God uit Juda deur die woord van Jahweh in Bet-el aan, terwyl Jeróbeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan; 1Kon 13:2 en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die Jahweh en gesê: Altaar, altaar, so spreek Jahweh: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Josía, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word. 1Kon 13:3 En hy het dieselfde dag 'n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken dát die Jahweh gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word. 1Kon 13:4 En net toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy teen die altaar in Bet-el uitgeroep het, steek Jeróbeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie. 1Kon 13:5 En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die Jahweh. 1Kon 13:6 Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van Jahweh jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die Jahweh om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was. 1Kon 13:7 Daarop sê die koning aan die man van God: Kom met my saam huis toe en versterk jou, en laat ek jou 'n geskenk gee. 1Kon 13:8 Maar die man van God sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie. 1Kon 13:9 Want so het Jahweh my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie. 1Kon 13:10 Hy het toe met 'n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-el gekom het nie. 1Kon 13:11 En daar het 'n sekere ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God dié dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel, 1Kon 13:12 sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het. 1Kon 13:13 Toe sê hy aan sy seuns: Saal vir my die esel op. En hulle het vir hom die esel opgesaal, en hy het daarop gery.

Page 25: Aan alle boodskappers

1Kon 13:14 En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja. 1Kon 13:15 Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood. 1Kon 13:16 Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie; 1Kon 13:17 want aan my is gesê deur die woord van die Jahweh: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie. 1Kon 13:18 Maar hy sê vir hom: Ek is ook 'n profeet net soos jy, en 'n engel het met my gespreek deur die woord van Jahweh en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg. 1Kon 13:19 Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink. 1Kon 13:20 Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van Jahweh tot die profeet wat hom laat omdraai het; 1Kon 13:21 en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die Jahweh: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die Jahweh deur nie die gebod te hou wat die Jahweh jou God jou beveel het nie, 1Kon 13:22 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie--daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie. 1Kon 13:23 Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op--vir die profeet wat hy laat omdraai het-- 1Kon 13:24 en hy gaan weg; toe kom 'n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeu ook langs die lyk bly staan. 1Kon 13:25 Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon. 1Kon 13:26 Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat teen die mond van Jahweh wederstrewig was; daarom het die Jahweh hom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die woord van Jahweh wat Hy met hom gespreek het.

Page 26: Aan alle boodskappers

Lewer af!Ess 33:1 En die woord van Jahweh het tot my gekom en gesê: Ess 33:2 Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, Ess 33:3 en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense-- Ess 33:4 as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof. Ess 33:5 Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel. Ess 33:6 As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem 'n siel uit hulle weg--dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis. Ess 33:7 En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy 'n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. Ess 33:8 As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Ess 33:9 Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.

Page 27: Aan alle boodskappers

Verkeerde adres….jammer

Luk 9:4 En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan dáárvandaan verder. Luk 9:5 En almal wat julle nie ontvang nie--as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot 'n getuienis teen hulle.

Mat 10:5 Jahshua het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie; Mat 10:6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. Mat 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Mat 10:8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Page 28: Aan alle boodskappers

McDonnalds met MSG’sAs die goeie voedsel te moeilik is om te kou, en die mense te gemaksugtig om dit te wil eet – dan maal die bedieners dit fyn, druk dit in ‘n vormpie, voeg MSG’s by, en siedaar – kitskos.

Dit eet vinnig, verkoop goed, en het geen voedingswaarde nie – hul kom vinnig terug vir nog kitskos, dit is wat hul wil hê.

2 Tim 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Meester Jahshua Messias, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 Tim 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 2 Tim 4:3 want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 2 Tim 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 2 Tim 4:5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.

Page 29: Aan alle boodskappers

Afsluiting•As jy die boodskap ontvang het, het jy aangeteken as boodskapper….daar is geen uitkom kans nie• Al lewer jy die boodskap korrek af, maar jy voldoen nie aan die instruksies mbt aflewering nie, het jy gefaal, en sal jy daarin geoordeel word.• Hy wat sê word versadig, maar nie iets gee om te eet….. Gee vir Vader se geslag hul voedsel, goeie voedsel• Was daar al ooit ‘n tyd dat die hongersnood na die Woord van Vader so groot was• Ons volk is op ‘n “junk food” dieet, en skakel nie maklik oor na gesonde kos nie.• As mens ontbering en harde arbeid beleef, is kitskos nie voldoende om jou aan die gang te hou nie – mens se liggaam roep uit na vaste spys.