The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie...

12

Transcript of The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie...

Page 1: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste
Page 2: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

Inhoud

The world is but a canvas to the imagination 6 Algemene inligting 6,7 Tekenkuns vlak 1 & 2 9Skilderkuns vlak 1,2 & 3 11Grafiese ontwerp vlak 1 & 2 12Kuns en Filmwaardering 13Rekenaarsagteware: 13 Adobe Photoshop, Adobe Ilustrator & Adobe InDesign CS4Webbladontwerp vlak 1 & 2 14Fotografie vlak 1 (Inleiding tot fotografie) 15Fotografie vlak 2 (Gevorderde fotografie) 15Sagteware vir digitale fotografie: Adobe Photoshop CS4 16Fotografie in praktyk 16Fotografiewaardering en -geskiedenis 17Kukummi & 4 Elemente 18Drama vlak 1 & 2 19Drama ADK - diploma 19Kreatiewe Dans: Hip Hop & Latynse Danse 20Binneversiering vlak 1 20Kreatiewe onthaal 21Werkswinkes: 22-23 Inleiding tot Modeontwerp Video: Final Cut Pro/iMovie Rekenaargebasseerde WerkswinkelsRegistrasievorm 24-25

Page 3: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

6 7

The world is but a canvas to the imagination -Henry David Thoreau

KreatiwiteitsentrumDie Kreatiwiteitsentrum strewe daarna om die wêreld te verbeter. Nie deur die armes te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). Ons wil die wêreld vir jou aanbied as ‘n wit doek waarop jy met jou verbeelding kosbare beelde kan skep. Ons wil jou help om jou kreatiewe talent te ontwikkel en te koester.

Die Sentrum vir Kreatiwiteitsopleiding strewe daarna om kreatiewe opleiding van die hoogste gehalte te verskaf, sodat jy jou talent kan ontwikkel en ‘n verskil kan maak. Ons wil toesien dat jou werk van die beste gehalte is – of jy nou jou buurman se muur met graffiti wil versier, of jou werk aan die wêreld wil uitstuur. Ons wil trots wees as ons naam op jou CV verskyn – en ons wil ook nie hê jy moet minderwaardig voel in die geselskap van jou vriende wat by ‘n private instansie in Johannesburg studeer het nie.

Ons hou al die nuutste nasionale en internasionale neigings dop en ons probeer ons bes om dit aan jou beskikbaar te stel. Praktiese kennis is vir ons belangrik en ons wil jou dinge leer wat jy in die bedryf kan gebruik.

Tydsduur van kursusse* Alle kursusse, behalwe waar anders aangedui, begin April en duur tot Oktober.* Inligting oor die kursusdae en -tye kan gevind word by die uiteensettings. Slegs Drama ADK en Kreatiewe Dans word aangebied tydens universiteitvakansies.* Alle klasse, behalwe waar anders aangedui, is geskeduleer van 18:00-20:00 en begin die week van die 12de April.

KursusmateriaalKursusgangers is verantwoordelik vir die aankoop van nodige materiaal – dit is dus nie ingesluit by die kursusfooi nie. ‘n Materiaallys sal tydens jou eerste klas bekend gemaak word, asook die geleentheid om materiale aan te koop by One Stop Art Shop.

SertifikateKursusgangers ontvang hul sertifikate aan die einde van hul kursus by die sentrum se jaaruitstalling. Kursusgangers wat nie aan die minimum vereistes van die sertifikaat voldoen nie, maar wat 70% van die klasse bygewoon het, sal ‘n bywoningsertifikaat ontvang. Kursusgangers wat uitstekend gevaar het deur die jaar sal beloon word met ‘n lof sertifikaat. Algemene Inligting

Jaar uitstallingDie uitstalling word gehou op 11 Nov 2010. Die uitstalling open om 17:30 by die Botaniese tuine galery, en om 19:00 by die Hoofgalery op kampus. Een werk per kursusganger word uitgestal, een gas per kursusganger. Die uitstalling is oop vir die publiek vir 1 week, dus 12 - 17 November. Werke kan afgehaal word by die afsonderlike galerye op 18 en 19 November tussen 10:00 en 16:00. Indien werke en sertifikate nie afgehaal word voor 31 Maart 2011 by Jean nie sal dit besittings word van die sentrum. Alle werke in hierdie boekie is geneem by 2009 se uitstalling.

Professionele sertifikate in ...Fotografiepraktyk:Die kurrikulum bestaan uit die volgende:* Fotografie vlak 1 (Inleiding tot fotografie)* Fotografie vlak 2 (Gevorderde fotografie)* Sagteware vir digitale fotografie * Fotografiewaardering en -geskiedenis* Fotografie: Besigheidspraktyk

Grafiese ontwerppraktykDie kurrikulum bestaan uit die volgende sertifikaatkursusse:*Grafiese ontwerp (vlak 1)*Grafiese ontwerp (vlak 2)*Rekenaarsagteware (Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign)Enige twee van die volgende:

*Tekenkuns *Webbladontwerp (vlak 1)*Fotografie (vlak 1/2)Alle kursusse moet suksesvol voltooi word om te kwalifiseer vir ’n Professionele Sertifikaat.

AssesseringKursusgangers moet aan vasgestelde minimum vereistes voldoen om te kwalifiseer vir ‘n sertifikaat. Die aard van assesseringsprosedures word deur elke dosent bepaal.

Toelating tot rekenaarlokaleToegang tot die rekenaarlokale in die Perskor-sentrum (F20) vir die kursusse Rekenaarsagteware, Webbladontwerp, Sagteware vir digitale fotografie en Grafiese ontwerp moet voor kursus begin gereël word. Beskermingsdienste (018 299 2209) van die NWU reik diverse toegangskaarte uit vir die draaihek in die Perskor-sentrum. Dit is belangrik om ‘n kaart kry voordat die eerste klas begin:1. Kry ‘n diverse kaart by Beskermingsdienste op Potchefstroomkampus (koste: R40).2. Verskaf die kaartnommer aan Jean sodat sy dit kan aktiveer. 3. As jy reeds ‘n kaart het, moet jy dit aanmeld by Jean, sodat sy dit kan aktiveer.

Page 4: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

8 9

Tekenkuns vlak 112 April tot Oktober

Maandag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16

Aangebied deur Jean LampenR1450

Die kursus is gerig op persone wat vaardighede in tekenkuns wil ontwikkel. Elke kursusganger se spesifieke vlak van intreekennis sal deur die kursusaanbieder in ag geneem word.

KursusinhoudIn hierdie kursus sal gevorderde tekentegnieke bemeester word. Die klem word gelê op gevorderde perseptuele akkuraatheid en waarnemingstudies, die verkenning van ekspressiewe lyngebruik en merktegnieke, sowel as tonaliteite.

Kursusuitkomste Na afloop van die kursus moet die kursusganger ‘n gevorderde begrip toon vir vormtaalelemente soos driedimensionele vormgewing, lig- en skaduwerking, arseertegnieke en perspektiefbeginsels.Die kursusganger moet tekenmediums soos potlood, houtskool en inkpen met gevorderde vaardigheid kan hanteer.

Tekenkuns word beskou as die grondslag van alle visuele kunsdissiplines en dit speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van waarnemingsvermoëns.

Tekenkuns vlak 214 April tot Oktober

Woensdag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16

Aangebied deur Vianca Stavast R1450

Hierdie kursus is gerig op persone wat reeds ‘n algemene kennis van tekenkuns het. Persone wat reeds ‘n kursus in tekenkuns geloop het (soos Tekenkuns vlak 1) kan met hierdie kursus voortbou op hul kennis en vaardighede. Die kursus is daarop gerig om die kursusganger se individuele styltegniek te ontwikkel.

Kursusuitkomste* Kreatiewe gebruike van vormtaalelemente* Ontwikkeling van kreatiewe oplossings* Selfvetroue om driedimensionele onder-werpe akkuraat op ‘n tweedimensionele op-pervlak weer te gee.* Beginsels van perspektief kan toepas* Kommentaar lewer oor eie tydse kwessies d.m.v teken

Die kursusprojekte bestaan uit:* Selfportretstudie* Ekspressiewe portretstudie* Abstrakte komposisies* Perspektieftekening van gebou* Gesig en Figuurstudies* Natuurgetroue tekening van hande en voete met inagneming van anatomie

Page 5: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

10 11

Skilderkuns vlak 113 April tot Oktober

Dinsdag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16

Aangebied deur Marina KoelemanR1450

Hierdie kursus is gerig op enige persoon met ‘n belangstelling in skildertegnieke wat sy/haar kennis en vaardighede wil ontwikkel. ‘n Basiese tekenagtergrond is ‘n voorvereiste (bv. Tekenkuns vlak 1).

Kursusuitkomste* Die kursusganger word bekend gestel aan die basiese skildertegnieke met olieverf as medium, ‘n inleiding tot die karaktereiens-kappe van hierdie mediums en die tegnieke wat daarmee bereik kan word. * Basiese kleurbeginsels: Die kursusganger word bekend gestel aan die kleurwiel, kor-rekte kleurvermenging, die assosiasie van kleur en die skep van volume, diepte en vorm. * Die kursusganger word blootgestel aan die ontwikkeling van kuns, asook die meesters se tegnieke.

Skilderkuns vlak 2 & 315 April tot Oktober

Donderdag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16

Aangebied deur Colette LotzR1450

Voorvereistes: Basiese teken- en skildervaar-dighede (bv. Teken vlak 1 en Skilder vlak 1)

Vlak 2: Gerig op persone wat reeds ‘n al-gemene kennis van skilderkuns en olieverf as medium het. Studente kan met hierdie kur-sus voortbou op hul kennis en vaardighede.*Die kursusganger word ingelei tot ’n meer eksperimentele fase met die oog op verdere uitbreiding van sy/haar tegniek, die gebruik van kleur, die gebruik van mediums, sowel as konseptuele denke. Die kursusganger word aangemoedig om style en mediums te kombineer en ‘n vryheid van uitdrukking word gefasiliteer.Vlak 3: Gerig op dié wat reeds vaardig is en Skilderkuns vlak 2 voltooi het. Die kursus-ganger word gehelp om ‘n eie styl te ontwik-kel en om te konseptualiseer, voortdurend vernuwend te dink en te eksperimenteer. In hierdie kursus sal die kursusganger die vry-heid hê om onder leiding van die aanbieder te ontwikkel tot ‘n kunstenaar in eie reg.

Vlak 2 & 3 Projekte:* Stillewe * Landskap * Monodruk* Selfportret * Figuurstudie * Eie keuse

Page 6: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

13

Grafiese ontwerp vlak 122 April tot Oktober

Donderdag 18:00 tot 20:00Gebou F2 G10/F20 Perskor-rekenaarlokaal

Aangebied deur Jaco BurgerR1700

Die kursus is gerig op persone wat ‘n belangstelling in grafiese ontwerp het en wat in staat wil wees om self te ontwerp.

* Inleiding tot grafiese ontwerp, ontwerpbeginsels en -dissiplines* Ontwikkeling van die vermoë om te konseptualiseer* Inleiding tot tipografie* Inleiding tot korporatiewe ontwerp* Aanleer van basiese rekenaarvaardighede in Adobe Illustrator CS4.

Die doel is om die kursusganger:* vertroud te maak met die elemente van grafiese ontwerp;* die basiese ontwerpbeginsels te leer om visueel te kommunikeer; * te leer om ‘n onderskeid te tref tussen suksesvolle en onsuksesvolle ontwerpe;* in staat te stel om ‘n geslaagde ontwerp te genereer;* ‘n basiese begrip te gee van grafiese ontwerp in die praktyk; en* ‘n basiese agtergrond te gee van drukprosesse en hoe om ‘n ontwerp drukgereed te kry.

Grafiese ontwerp vlak 214 April tot Oktober

Woensdag 18:00 tot 20:00Gebou F2 G10/F20 Perskor-rekenaarlokaal

Aangebied deur Karin JoubertR1800

Gerig op persone wat reeds ‘n basiese agtergrond in grafiese ontwerp het en wat in staat wil wees om gevorderd te ontwerp oor ‘n wyer spektrum. Studente moet basiese kennis besit in ontwerp programme Adobe Photoshop, -Illustrator en -InDesign. * In diepte grafiese ontwerp, ontwerpbeginsels en -dissiplines - veral kleurgebruik en lyne en balans (die goue snit metode)* Gevorderde konsep ontwikkeling* Gevorderde tipografie en bladuitleg* Gevorderde korporatiewe ontwerp* Toepas van ontwerpe op rekenaar* die belangrikheid van deeglike navorsing

Die doel is om die kursusganger:* vertroud te maak met elemente van ontwerp en dit suksesvol toe te pas in ontwerpe* te leer om visueel te kommunikeer* in staat te stel om suksesvolle ontwerpe te genereer, van logo tot advertensie* begrip te gee van grafiese ontwerp in die praktyk, hoe die prosesse werk en hoe jy ‘n ontwerp van begin tot einde neem* gevorderde drukprosesse te leer en hoe om ‘n ontwerp drukgereed te kry

Rekenaarsagteware12 April tot Oktober (18 weke)

Maandag 18:00 tot 20:00 Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaal

Aanbieders: Karin Joubert & Suzan LaubscherR1900 of R750 per sagteware program

Hierdie kursus is gerig op persone met ‘n belangstelling in grafiese ontwerp wat sagteware wil gebruik om ontwerpe te genereer, asook om beelde en foto’s te manipuleer. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. Die kursus word in drie gedeel.

* Adobe Photoshop CS4 (fotomanipulasie)* Adobe Illustrator CS4 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS4 (tydskrifuitleg)

Kuns en Filmwaardering12 April tot Oktober

Maandag vanaf 18:00 Gebou F2, kamer G10/Cachet-kleinteater

Aangebied deur prof. John BothaR1450

Gerig op persone met ‘n onversadigbare belangstelling in die kunste, met die klem op die rolprentbedryf. Spesifieke belangstelling van die kursusgangers word in ag geneem met rolprente, kunssoorte en kunswerke wat behandel word.Die eerste halfuur word bestee aan ‘n bespreking van die tema bv. Ekspressionisme. Eers word aan die hand van visuele kunswerke verduidelik wat met die begrip bedoel word; dit word aktueel uitgebeeld deur na historiese en kontemporêre voorbeelde te kyk. Daarna bespreek die groep ‘n rolprentsnit.

Die volgende rolprente word onder meer gedeelteliks vertoon en bespreek:* Jean-Pierre Jeunet: Amelie* Neill Blomkamp: District 9* Paul Haggis: Crash* Spielberg: E.T.* Orson Welles: Citizen Kane* Robert Wiene: The Cabinet of Dr. Caligari* Sergei Eisenstein: The Battleship Potemkin* Roberto Rossellini: Rome Open City* Ken Russel: Mahler* James Ivory: A Room with a View* Gene Kelly: Singing in the Rain* Ingmar Bergmann: The Seventh Seal

Page 7: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

15

Na afloop van die kursus moet die kursusganger ‘n portefeulje indien met die volgende foto’s: * Portret (formeel, informeel en aksie)* Landskapfotografie* Stedelike landskapfotografie* Stillewe* Makro* Natuurfotografie* Argitektoniese fotografie* Nagfotografie

Webbladontwerp vlak 17 April tot 15 Mei (6 weke; 26ure)

Woensdag 17:30 tot 20:30Saterdag 10 April 9:00-13:00Saterdag 15 Mei 9:00-13:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Elrie Visser

R1600

Rekenaaragtergrond is ‘n voorvereiste. Adobe Photoshop CS4 word aangeleer/op-geknap op Saterdag 10 April. Saterdag 15 Mei word gebruik vir afronding van web-blad.Kursusinhoud en -uitkomste* Die aanleer van basiese HTML-, CSS- en webontwerpbeginsels.* Die beplanning (tegnies en esteties), bou en onderhoud van ‘n webtuiste en die pub-lisering daarvan op die internet. * Die aanleer van Adobe Dreamweaver CS4.* Kursusgangers sal aan die einde van die kursus ‘n gehalte, werkende webtuiste kan skep en publiseer op die internet.

Fotografie vlak 1 (Inleiding tot fotografie)12/13 April tot Oktober

Maandag 18:00 tot 20:00Dinsdag 18:00 tot 20:00

Aanbieders: Hesmé Schoeman (Maandag) & Lezeth vd Walt (Dinsdag) Gebou F2, kamer G13

R1800

Fotografie vlak 2 (Gevorderd)15 April tot Oktober

Donderdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, kamer G13

Aangebied deur Adriaan vd WaltR1800

Die inhoud van die kursus is gemik op per-sone wat oor ‘n basiese kennis van fotografie beskik (Fotografie vlak 1). Die kursusganger moet ‘n SLR-kamera (film of digitaal), flits en driepootstaander hê.

Die volgende aspekte word behandel:* Hersiening van beginsels van fotografie* Wat maak ‘n foto suksesvol?* Portretfotografie* Studiofotografie* Beligting en ligmeters* Filters en lense* Perspektief* Kunsfotografie* Kommersiële fotografie

Kursusgangers moet aan die begin kies by watter een van die twee klasse hulle elke week gaan inskakel. Dui op die registrasievorm duidelik aan watter aand jy bywoon.

Die kursus is gerig op persone met ‘n belangstelling in fotografie (stokperdjie of beroepsgerig). In hierdie kursus leer die kursusganger die basiese beginsels van fotografie en hoe om ‘n kamera te gebuik. Die besit van ‘n 35mm SLR-kamera is ‘n voorvereiste.

Kursusinhoud en -uitkomste* Om die kursusganger vertroud te maak met die basiese werking van die SLR-kamera.* Bekendstelling van die hoofvelde van fotografie deur middel van praktiese opdragte.* Onderig in die beginsels en estetiese aspekte van goeie fotografie.* Ontwikkel vaardighede om beter foto’s te neem

Webbladontwerp vlak 221 Julie tot 20 Okt (12 weke; 24ure)

Woensdag 18:00 tot 20:00 Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaal

Aangebied deur Elrie Visser R1600

Persone wat vir hierdie kursus inskryf moet reeds kennis beskik van basiese webbladontwerp, soos vlak 1, dit sluit in Adobe Photoshop, HTML, CSS en Dreamweaver.

Kursusinhoud en -uitkomste* Die aanleer van Adobe Flash CS4* Die aanleer van ActionScript 2.0* Integreer Adobe Flash, -Dreamweaver en -Photoshop in ‘n webblad.* Aan die einde van die kursus sal die kursusganger ‘n meer gevorderder HTML webtuiste kan integreer met Adobe Dreamweaver en -Flash.

Page 8: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

16 17

Sagteware vir digitale fotografie13 April tot Oktober

Dinsdag 18:00 tot 20:00 Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaal

Aangebied deur Stefan Venter R1800

Fotografie: Besigheidspraktykses weke (Julie tot Augustus)Woensdag 18:00 tot 20:00

Gebou F2, kamer G10Aangebieders sal nog aangewys word

R750

Die kursus is gerig op enige persoon wat graag ‘n eie fotografie-onderneming wil begin.

Kursusinhoud* Besigheidsbegrippe, finansiële beplanning, bestuurspraktyke en bemarkingstrategieë.* Regsaspekte soos kontrakte, handelsmerke, patente en kopiereg.* Aanbieding van werk: portefeuljes en tentoonstellings.* Inligting oor die inrig van ‘n ateljee. * Apparatuur, toerusting en materiaal.

Hierdie kursus is gerig op enige persoon met ‘n belangstelling in digitale fotografie en wat foto’s wil manupileer met die sagtewareprogram Adobe Photoshop. Geen kennis van Photoshop is nodig vir toelating tot die kursus nie. Kursusgangers moet egter ‘n digitale kamera (groter as vyf megapixels) besit.

Kursusinhoud en -uitkomsteDie inhoud van hierdie kursus bied die kursusganger die geleentheid om op ‘n praktiese wyse kennis te maak met digitale fotografie. Kursusgangers leer hoe om foto’s op te knap en te manipuleer met Adobe Photoshop. Basiese fotografie-tegnieke en -beginsels word ook behandel.

Tegnieke wat onder meer aangeleer gaan word:* Die neem van panoramafoto’s * Die herstel van ou en geskeurde foto’s* Die herstel van kleur * Hoe om foto’s drukgereed te maak* Bekendstelling aan die studio* Fotografiebeginsels

Fotografiewaardering- en -geskiedenisses tot agt weke (Julie tot September)

Dinsdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, Kamer G10

Aangebied deur Prof. John BothaR750

Leer hoe om foto’s krities te evalueer en waardeer. Ontwikkelinge van fotografie in die 21ste eeu. Kursusinhoud en -uitkomste* Die vroeë ontwikkeling van fotografie: Camera Obscura tot die laat 18de eeu.* Vroeg 19de eeu: Niepce en Daguerre, asook die kamerarevolusie.* Ander baanbrekers soos Kodak, Eastman, Talbot en Nadar. Die belangrike bydraes deur Marey en Muybridge.

* Film en inkleding: Thomas Eakins, Dorothea Lange, Ansell Adams, Man Ray.* Surrealiste, Sue Hartke, Stuart Franklin, John Heartfield.* Kontemporêre verwikkelinge, 1940 tot 1990. Fotografie teen die einde van die 20ste eeu. Digitale fotografie. * Die kursusganger sal na afloop van hierdie kursus oor ‘n goeie oorsigtelike kennis van die vroeë ontwikkeling van fotografie tot en met die einde van die 20ste eeu beskik.* Die kursusganger sal oor die vermoë beskik om foto’s te evalueer en volledig te waardeer. * Fotograwe sal die kennis prakties kan toepas.

Page 9: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

19

Drama ADK (Akademie drama en kuns)Februarie tot November

Tye geskeduleer volgens studente Gebou F2 en F20 uitstallokaal

Aangebied deur Franciska vd Merwe 082 781 8032

R5000Die dramakursus is gerig op enige persoon wat belangstel in drama (veral teater). KursusinhoudDie volgende aspekte word behandel: * toneelspeltegnieke * liggaamwerk* stemwerk * mimiek * regie* teatergeskiedenis * choreografie* teksanalise * karakteranalise* monoloog * dialoog * toneelwerk

Drama vlak 212 April tot Oktober

Maandag 18:00 tot 20:00 F20 uitstallokaal

Aangebied deur Jacques HoltonR1900

Voorvereiste: Drama op skool / Drama vlak 1

Drama vlak 2 bestaan uit dieselfde inhoud as Drama vlak 1, maar dit word op ‘n meer gevorderde basis behandel. Die kursus is gerig op studente wat wil voortbou op hul kennis en vaardighede. Kursusgangers gaan tekste in-diepte analiseer en vertolk en aan die einde van die jaar ‘n toneelstuk op die planke bring. Baie individuele aandag word aan studente toegeken.

Drama vlak 114 April tot Oktober

Woensdag 19:00 tot 21:00 Cachet-kleinteater

Aangebied deur Jacques HoltonR1600

Deeltydse ADK (Akademie drama en kuns) diploma van 4 jaar (vir studente of volwassenes) asook ‘n junior ADK drama diploma van 3 jaar (vir hoërskoolleerlinge).

Die ADK -diploma sluit die volgende in:*een uur per week les (maksimum 2 studente in ‘n klas)*een uur per week groepklas (behandeling van referate, teorie, kritieklesse, toneelstukke ens.)Deur monoloë, samesprake, gedramatiseerde prosas, poësie, stemoefening, mimiek en improvisasie word jy afgerond om alle vereisters vir optrede in die vermaaklikheidswêreld te leer.Tydens die April en Julie vakansies word een werkswinkel van 9-12 aangebied. Praktiese eksamens waar jy ‘n program moet aanbied vind einde Oktober plaas en eksaminering word voor regisseurs of spelers in die bedryf afgelê. Die ADK is in 1939 gestig en tans is die direkteure Milla Louw, Frans Marx, Wilna Snyman en Franciska van der Merwe. Groot name in die bedryf soos Marius Weyers, Henry Mylne, David Rees ens. is oud ADK lede.

Elemente: Vuur en Lig17 April of 9 Okt

Elemente: Aarde en Water1 Mei of 16 Okt

1 dag werkswinkel 15:00-21:00 (Die werkswinkel word 4 keer die jaar

aangebied, twee keer met vuur en lig en twee keer met aarde en water)

Goedehoopstr. 3. Dam area. Potch / Botaniese Tuine

Reisgidse: Leon de Villiers (Bekroonde skrywer) en Juanita de la Harpe-Coetzee

(Opvoedkundige sielkundige)R550

‘n Kreatiewe werkswinkel oor die 4 klassieke elemente; water, lug, vuur en aarde.Draai jou kreatiewe krane oop en ontdek nuwe dimensies in jouself.Herontdek die kreatiewe potensiaal van die 4 klassieke elemente en skep jou eie kunswerke met behulp daarvan. Word so weer opnuut bewus van die opwindende interaksie tussen mens en natuur.

Leon: 083 475 9309Juanita: 082 774 2160

KUKUMMI13 April tot 2 Junie OF

27 Julie tot 14 September8 sessies Dinsdag aande 19:00-21:00

(Die kursus word twee keer aangebied)Goedehoopstr. 3. Dam area. Potch

Reisgidse: Leon de Villiers (Bekroonde skrywer) & Juanita de la Harpe-Coetzee

(Opvoedkundige sielkundige)R2000

‘n Kreatiewe Werkswinkel oor die stories van jou leweJy is absoluut uniek en onherhaalbaar. Ontdek dit weer op ‘n kreatiewe selfontdekkingsreis deur die stories van jou lewe.

Wie is die skrywer/s van jou verhale? Wat is die onderliggende temas in die enorme web van stories wat jou jy maak? Hoe lyk die stories van jou toekoms?Gooi lig op hierdie en ander indringende vrae op ‘n oorspronklike manier, deur op ‘n begeleide binnetoer te gaan. Skep terselfdertyd jou eie lewensboek, volgens jou eie behoeftes en vermoens, as herinnering aan die besonderse reis.

Page 10: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

20 21Werkswinkels

Kreatiewe Intelligensie3 en 4 September

Vrydag en Saterdag 9:00 tot 16:00 Gebou F2, kamer G13 & G10Aangebied deur Ian Marley

R700

Effektiewe metodes om meer kreatief te wees.Ná suksesvolle voltooiing van die kursus behoort die kursusganger in staat te wees om:* Die breinmeganismes wat kreatiewe denke tot gevolg het te begryp en doelmatig te aktiveer met behulp van toepaslike denkstrategieë;* ‘n Groot aantal oorspronklike idees te kan genereer met behulp van gestruktureerde denkprosesses wat ontwerp is om innovasie doelmatig te stimuleer;* Begrip te toon vir die faktore wat kreatiwiteit beïnvloed en hierdie faktore volgens voorgeskrewe riglyne effektief te kan bestuur;* Die verskillende fases van die kreatiewe proses te kan begryp en elke fase se toepaslike aktiwiteite effektief te kan implementeer ten einde hoë vlakke van kreatiwiteit te verseker;* Gestruktureerde denkprosesse te gebruik vir die effektiewe seleksie van die mees funksionele idee vir ‘n voorgeskrewe grafiese ontwerp probleemstelling.

Kreatiewe OnthaalSes weke (19, 26 Julie, 2, 16, 23 Aug, 6 Sept)

Maandag 18:00 tot 20:00 Aangebied by Christa Galli

deur Berglau R1400

Hierdie kursus is gerig op persone wat belangstel in kreatiewe onthaaltegnieke en hul kennis en vaardigheid daarin wil ontwikkel. Persone wat wil inskryf, hoef geen voorafkennis te hê nie.

1: Gange en onthale: Ontbyt, laat ontbyt, noenmale, ligte middagete, piekniek, braai en tee en koffie.2: Gange en onthale: Hors ‘d oevre, buffetetes, formele etes en skemerkelkies.3: Onthaaletiket: Uitnodigings, die ideale gasvrou, gasheer en gas.Spyskaartbeplanning: Keuse van geregte, balans van kossoorte en vele meer.4: Tafeldektegnieke: Kreatiewe maniere van dek vir verskillende geleenthede, gebruik van servette, breekware en ander tafelversierings om die regte atmosfeer te skep.5: Garnering, sowel as blom- en tafelversierings6: Wynwaardering en -bediening: Die bediening van wyn en die regte gebruik van verskillende soorte glase saam met ‘n ete maak dadelik van ‘n gewone maaltyd ‘n gesellige geleentheid.

Binneversiering vlak 114 April tot Oktober

Woensdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, kamer G13 & G04

Aangebied deur Tanya van JaarsveldR2200 (insluitend handboek, mosaïek-,

verftegnieke- & blomversiering pakkette)

Gerig op persone wat hul kunskennis en -vaardigheid in binneshuise ontwerp wil ontwikkel en uitbrei. Die kursusinhoud is gefokus op residensiële woonruimtes. * Basiese ontwerpbeginsels: Die gebruik van balans, ritme, beklemtoning, harmonie, skaal en proporsie in binneontwerp.* Binneversieringselemente: Die kreatiewe hantering van ruimte, vorm, lyn en tekstuur.* Die kreatiewe gebruik van kleur en beligting: Beplanning en keuse van kleur, asook die optimale benutting van lig.* Basiese komponente van binneversiering: Vloere, mure, plafonne, vensters, deure, meubels en bykomstighede.* Kreatiewe verftegnieke: Voorbereiding en hantering van verfoppervlaktes, asook die skep van dekoratiewe verfeffekte.* Vernuwing en hergebruik van meubels: Dekoratiewe tegnieke en afwerkings op ou bestaande meubels.* Die kreatiewe uitleg van woonruimtes: Sosiale sones, werks- en ondersteuningsareas, asook privaatruimtes.

Kreatiewe dansMaart tot Oktober (7 maande)

Kursus loop deur vakansies en eksamens (breek oor Julie maand)Thabo Mbeki Rylaan 88

(langs Krieket stadium, bo Dingo’s fietse)R1700 per dans soort

Hip HopDinsdag 12:00-14:00 of 18:00-20:00.

Aangebied deur Happy Seitlhamo.

Bal- en Latynse danseDonderdag 12:00-14:00 of 18:00-20:00.

Aangebied deur Rudolph Botha.

Na afloop van die kursus moet die kursusganger:* Basiese stappe kan toepas; * Vertroud wees met die basiese tegnieke en lyf- en voetplasing; * Vetroud wees met die geskiedenis van die danse; * Vertroud wees met choreografie; en* Kennis hê van die bestuur van die dansbedryf. ‘n Tentoonstelling word aan die einde van die jaar saamgestel.

Page 11: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

23

Adobe Photoshop CS410 April of 14 AugustusSaterdag 9:00 tot 13:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Elrie Visser

R500Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. Leer die basiese beginsels. Met die program kan jy o.a jou foto’s manipuleer.

Adobe Illustrator CS48 Mei Saterdag 9:00 tot 13:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Suzan Laubscher

R500Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. Leer die basiese beginsels, hoe om met die program jou eie logo’s, besigheids-kaartjies en briefhoofde te ontwerp.

Adobe InDesign CS417 April of 11 SeptemberSaterdag 9:00 tot 16:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Karin Joubert

R1000 Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. Leer die basiese beginsels. Met die program kan jy brosjures, koerante en tyd-skrifte uitlê.

Rekenaargebasseerde Werkswinkels

Video Final Cut Pro / iMovie18 September of 22 MeiSaterdag 9:00 tot 18:00

Gebou F2, Mac lokaal k101Aangebied deur Wessie vd Westhuizen

R1200

Hierdie een dag kursus is gerig op persone wat wil leer hoe om hulle videokameras suksesvol te gebruik en die video oor te plaas op DVD formaat d.m.v rekenaarsagteware.

Voorvereistes vir kursus:Digitale “HANDHELD” Kamera wat op DVD, Hardeskyf of flashstick/memory stick kan skiet. Alle Kabels wat gepaardgaan met die kamera.

Sessie 1 Praktiese Video Werk• Hantering van videokamera• Film en video formate• Video Estitika• Redigering Estitika

Sessie 2 Digitale omskakeling van Video• Basiese Sagteware opleiding in Apple Final cut Pro en iMovie• Redigeringstegnieke en videoproduksie op die iMac• Basiese tegniese Redigeringskuns• Finaliseering van video werk en formatisering vir Hoë-definiese televisie en DVD toepassings deur middel van iDVD.

Inleiding tot Modeontwerp9 tot 17 April (20 uur kursus)

Vrydag 9 en 16 April 13:00 tot 17:00 Saterdag 10 en 17 April 9:00 tot 16:00

Gebou F2, kamer G13 & G04Aangebied deur Carina Louw

R800

Die kursus in gemik op enige persoon wat belangstel in modeontwerp en wat graag in die bedryf wil werk. Alle aspekte van modeontwerk word behandel, soos die ontwerp van patrone en reekse, asook hoe om soos ‘n ontwerper te teken. Die kursus fokus op teorie én toepassing.

Kursusinhoud

WerksgeleenthedeWaar kan ‘n mens modeontwerp gaan studeer?Hoe werk die bedryf?Hoe om ‘n moodboard saam te stelAnder aspekte:* patrone* materiaal* teken* ontwerp

Hoe om jou portefeulje saam te stelHoe om ‘n reeks te ontwikkel en ontwerp.

Page 12: The world is but a canvas to the imagination 6...te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). ... Ons wil toesien dat jou werk van die beste

24 25

Hoe om te registreer:

Registreer voor of op 31 Maart 2010 (werkswinkels sluitingsdatums een week voor datum van aanbieding). 10% heffing op fooi vir laat registrasies . Kursusfooie kan betaal word by die kassiere in die adminis-trasie-gebou, Joon van Rooy, F1. Die pros-edure wat gevolg moet word:

1) Betaal kursusgeld by administrasie (Gebou F1) in die volgende rekening: 01.45401.57728.3.S497600. Verstrek asseblief jou voorletters en van.

2) Inbetalings kan ook by die bank of deur die internet gedoen word: ABSA Tomstraat, Takkode: 335138 Rekeningnommer: 670642313 Krediteur: PUK nr. 3, NWU, Potchefstroom.Gebruik jou voorletters en van, asook 45401, as verwysing, bv. P Swanepoel 45401.

Die registrasievorm kan gebring, faks of e-mail word aan Jean le Clus, kamer G05, gebou F2, SAAM MET U BEWYS VAN BETALING. Geen registrasie word aanvaar sonder bewys van betaling nie.

Voorwaardes van registrasie: * Die Sentrum vir Kreatiwiteitsopleiding behou die reg om ‘n kursus te kanselleer indien onvoldoende registrasie ontvang word. In so ’n geval sal alle kursusgangers in kennis gestel word en alle gelde sal terugbetaal word.

* Kansellasies sal tot tien werksdae voor ‘n betrokke kursus begin (5 dae vir werkswin-kels), aanvaar word en gelde sal terugbetaal word (20% administrasie fooi). In die geval waar u nie tien werksdae voor die kursus in aanvang neem kanselleer nie, sal u geld nie aan u terugbetaal word nie.

* Onvoorsiende omstandighede kan tot gevolg hê dat iemand anders die kursus aanbied.

* Besondere vereistes word gestel ten opsigte van die minimum en maksimum getal inskrywings per kursus. ‘n Vasgestelde getal kursusgangers moet inskryf alvorens ’n kursus aangebied kan word. Indien al die plekke gevul is, sal geen verdere registrasies toegelaat word nie.

Registrasievorm

Titel

Van

Voorletters

Noemnaam

Huistaal

ID-nommer

Posadres

Kode

Tel. ( )

Sel. ( )

E-pos adres

Studentenommer/ Diverse kaartnommer

Sertifikaat afr/eng ?

Kursus(se) waarvoor u registreer

Handtekening (ek verstaan al die

voorwaardes van registrasie en bl.7 )