Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad...

24
Stellenberg Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018 IN THIS ISSUE SR-terugblik Junior Ball U/12 Hockey 6 13 22

Transcript of Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad...

Page 1: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

StellenbergStellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

IN THIS ISSUE

SR-terugblik

Junior Ball

U/12 Hockey

• •

• •

• •

6

13

22

Page 2: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20182

Die ysbeer-populasie brei uit

Die personeel wat braaf genoeg is, het 22 Junie (die kortste dag en langste aand) die koue water van Bloubergstrand aangedurf.

Page 3: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20183

Twee Stellies, Laura Bailie (gr. 11) en Lisa van Wyk (gr. 12), het deurgedring tot die finaal van die Johann Vos- musiekkompetisie.

Die finaal is Dinsdagaand, 28 Augustus, in die Hugo Lambrechts-ouditorium aangebied.

Johann Vos-

musiek-kompetisie

Laura Bailie

Lisa van Wyk

Calling A Star is an online-based competition aimed at identifying talented high school singers. It culminates in a gala event on 25 August 2018 where 10 finalists will perform before a prestigious panel of judges and an audience. At this event, two winners will be chosen. They will win a once-in-a lifetime opportunity to perform in the cast of Calling Us Home for its Cape Town Run.

Three Stellies have qualified for this event: Hein Roelofse, Sornia Kamfer and Ché-jean Jupp. Congratulations. What makes this even more exciting is that Lynelle Kenned, a past pupil of Stellenberg High School, stars as one of the leads.

Please visit these links to follow their progress.

To become part of the journey join us on: Facebook: Calling Us Home Facebook PageInstagram: @callingushomemusicalTwitter: @CUH_musicalYoutube: Calling Us Home YouTube Channel

Page 4: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20184

Tydens die ATKV se Nasionale Redenaars- en Debatfinaal (17-19 Augustus) was die leerders van Hoërskool Stellenberg gewis trotse ambassadeurs van ons spogskool. Liné Dorfling-Rensleigh het die gehoor en beoordelaars ongetwyfeld oortuig dat KABV-handboeke nie altyd die hulpmiddel is wat dit moet wees nie.

Christiaan de Beer en Carmen Bowles het weer ‘n vurige debat teen Hoërskool Rustenburg gevoer en hulle oortuig dat die jeug van Suid-Afrika ‘n groter rol in die politieke arena behoort te speel.

As skool kan ons breëbors staan en beaam dat ons leeders deel uitmaak van die toppresteerders in Suid-Afrika. Welgedaan julle!

Stellenberg presteer op SA vlak!

Vote for Pautavia Fortuin,

Gr. 11

Liné Dorfling-Rensleigh, graad 12, verteenwoordig die Wes-Kaap as kategorie-wenner in die ATKV se Redenaarsfinaal. Top 20 in SA.

Carmen Bowles en Christiaan de Beer saam met mev. Hilde Rensleigh.

Carmen Bowles en Christiaan de Beer, graad 12, verteenwoordig die Wes-Kaap in die ATKV-Debatfinaal. Top 14 in SA!

Miss Junior Teen SA Finalist

Page 5: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20185

Die Interskole Debatkompetisie tussen Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Durbanville was weereens ‘n hoogtepunt vir elke debatliefhebber.

Die juniorspan (Henco Smit, Stefani du Plessis en Emma Thom) het hulle debat gewen en almal oortuig dat skoliere nie die reg gegun moet word om met vuurwapens skool toe te gaan nie.

Die seniorspan (Anri Brink, Carmen Bowles en Christiaan de Beer) het ook oortuigend gewen en die beoordelaars, gehoor en opponente moes saamstem dat vroue nie die klag van seksuele teistering misbruik nie.

Hoërskool Stellenberg tree dus uit die woordstryd as Interskole Debatwenners vir 2018!

Ai, ons Stellenberg-bloed is GROEN - met trots!

Ons harte klop groen!

Die span van Hoërskool Durbanville o.l.v. mev. Uys en die seniorspan van Hoërskool Stellenberg: Carmen Bowles, Anri Brink, Christiaan de Beer, mev. Rensleigh en Bennu Viljoen.

Stellenberg se juniorspan: Emma Thom, Stefani du Plessis en Henco Smit.

Page 6: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20186

Studenteraad: terugblik op die 2017/2018 termynVision and mission - “One Stellenberg, burning brighter”.

The Student Representative Council has chosen this mantra because our vision for this year is to unite as a school and strive for excellence together. To achieve our goal, we will aspire to be an example first, communicate effectively and promote participation.

We decided that changing our vision and mission every year is unnecessary as it takes a great deal of time during our annual camp which can be spent on other matters.

Spookhuis

Kort na die aankondiging van die nuwe studenteraad was ons eerste projek om ‘n spookhuis in die skool te hou.

Die geeskomitee was in beheer van die projek en het met die idee vorendag gekom omdat soveel kinders nog steeds praat oor die spookhuis wat in graad 8 tydens die oriënteringsweek vir hulle ‘n hoogtepunt was.

Sokkerdag saam met Fairmont

Aan die einde van 2017, net na die eksamen, het Fairmont en Stellenberg `n sosiale sokkerdag gehou op Fairmont se sportgronde. Dit was `n baie suksesvolle dag en die leerlinge van beide skole het dit terdeë geniet.

Ons het ook tydens die eerste week van hierdie kwartaal ons eie sokkerdag gehou. (sien artikel op bl.16)

Page 7: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20187

Hockey 5-a-side

Die “hockey-5-a-side” groei elke jaar en word net al hoe gewilder. Vanjaar was daar nog meer spanne en sommige kinders wat nog nooit aan `n hokkiestok geraak het nie, het `n kans gekry om te speel. Daar was baie gelag en lekker musiek. Ons glo dat hierdie dag al die kinders in die skool verenig en ook hokkie as sport bevorder.

Werkerstee

Tydens die 4de kwartaal van 2017 het ons die skool gevra om niebederfbare kos te bring as ‘n blyk van waardering vir die skool se werkers. Ons het tydens die laaste week van skool ‘n tee gehou waar ons al die werkers bedank het vir wat hulle vir die skool doen.

Leierskapsontwikkeling

Ons nuutverkose hoofleiers (Heinrich Anderson, Irving de Swardt en Marenique van Wyk) het tydens die Desembervakansie die ATKV se Jeugleiersimposium bygewoon.

Heinrich Anderson, ons voorsitter, is ook gekies om Die Burger se Jeugleierskonferensie by te woon. Die tema was “Hoe jeugleiers inklusiwiteit in Suid-Afrika kan bevorder”. Heinrich hou nog steeds kontak met die leiers wat die konferensie bygewoon het, en sê daar word gereeld op hulle Whatsapp-groep idees uitgeruil en vir raad en voorstelle gevra.

Ons het ook graad 11-leerders ingeskryf om die ATKV-jeugberaad tydens die Junie-vakansie by te woon. Die projek word aangebied om leerders bloot te stel aan verskillende sake wat ’n invloed op hulle menswees het. Daar is gepraat oor die politiek, ekonomie, tegnologie, die onderwys en samelewing, en hoe dit deesdae se jongmense se lewens beïnvloed. Ons het ook vir die graadvoogde gevra om leerders wat nie op die SR is nie en leierspotensiaal het, te identifiseer om sodoende hulle leierseienskappe te ontwikkel. Die koste het R1 380 per leerder beloop. Die SR het 50% van die koste gedek, vir elkeen van die ses leerders wat dit bygewoon het.

Dood van mnr. Pretorius

Ons was almal baie geskok oor die skielike dood van mnr. Pretorius.

Ons wou baie graag iets van die skool se kant af doen, en het daarom besluit om die geraamde foto en herinneringsboekie in die voorportaal te sit. Ons het dit aan die einde van die eerste kwartaal aan sy gesin oorhandig sodat hulle ook kon deel in die mooi herinneringe.

Grade 8 Welcome & Introduction Programme

This year the Welcome & Introduction programme was facilitated by Anri Brink and Lian Smit. The theme for this year was jellyfish.

We truly believe that this experience forms a crucial part of a learner’s high school career and we spend a great deal of time and effort to ensure its success.

Nuwe Stellies onthaal

Ons hou elke kwartaal ‘n informele funksie vir alle nuwe Stellies om hulle te ontmoet en meer van die skool te vertel.

Ons moedig ook die nuwe Stellies aan om betrokke te wees by die verskeie aktiwiteite van die skool, aangesien dit die maklikste manier is om nuwe vriende te maak.

Page 8: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20188

MTBS- en Interskole-braai

Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, dirigente en dromspelers.

Elke tweede jaar hou ons ook ‘n braai saam met die studenteraad van HS Durbanville Die doel van hierdie geleenthede is om ‘n positiewe gees te bou tussen die skole en ons voel dat dit die ideale geleentheid is om mekaar beter te leer ken en bande te versterk.

MTBS-uitnodiging aan Laerskole

Ons het gratis kaartjies beskikbaar gestel aan die studenteraadslede van Eversdal, Durbanville en Gene Louw en hulle genooi om die MTBS- pawiljoenvertoning by te woon.

MTBS- en Interskoleweek

Ons het tydens MTBS- en Interskole- week verskeie aktiwiteite soos gesigverf, hoot for stellies en pret-aktiwiteite tydens pouses georganiseer om seker te maak die skool het die regte gees. Ons het ook vir mnr. Rossouw gehelp om te reël aan die interskole-geesaand.

Poedingaand

Elke jaar tydens een van die sing songs-oefeninge vir MTBS hou die kommunikasiekomitee ‘n poedingaand. Dit was vanjaar weereens baie gewild aangesien die kinders lekker honger was na twee ure se sing en dans. Alle poedings was R5 en het sommer vinnig uitverkoop.

Roadshows

Die drie hoofleiers het vanaf 9 tot 23 Februarie verskeie laerskole as deel van die jaarlikse bemarkingsveldtog besoek.

SR-week

Ons het vanjaar besluit om weer ‘n SR-week tydens die eerste kwartaal te hou. Daar was tydens elke pouse ‘n aktiwiteit by die geesgat. Aktiwiteite soos springtou spring, motorfietsresies (op skopfietsies), ‘n lip sync battle en selfs ‘n litter run om die skool is gehou.

Won Life

Die SR het sedert 2015 ‘n verbintenis met die Won Life-kleuterskool in Fisantekraal. Tydens die laaste week van skool in 2017 het ons daar gaan besoek aflê en ‘n Kerspartytjie gehou. Elke leerder het ‘n teddiebeer met hul naam op gekry. Die teddiebere is tydens die 4de kwartaal van 2017 ingesamel.

Likho, een van die SR-lede, het soos Kersvader aangetrek. Dit was baie spesiaal om te sien hoe die kinders gereageer het toe elkeen sy geskenk van Kersvader gekry het.

Ons het tydens die eerste kwartaal saam met ‘n groep Stellenberg-leerders gehelp om hulle Family Fun Day te fasiliteer.

As deel van die ATKV-handevatprojek het ons ook geld ingesamel wat aan Won Life geskenk is om hul gasstoof te vervang. Aangesien die meeste van die leerders in die kleuterskool hul enigste maaltyd vir die dag by die skool kry, was dit ‘n baie groot behoefte en ons was baie bly om ‘n positiewe bydrae te kon lewer.

Grade 11 social

On 14 February, the Grade 11 SRC members hosted a social event for the grade. All proceeds were allocated to the Grade 11 fund. We are very thankful to the Grade 11 Grade Heads and admin teachers for their support of grade events. The admin teachers helped to invigilate throughout the night and it was also a valuable opportunity for the teachers and learners to acquaint themselves in a different setting.

Page 9: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 20189

Graad 11-Delftskakel

Ons ontmoet een maal per kwartaal leerderleiers van verskeie hoërskole in Delft wanneer ons saam leer, dink en planne maak. Ons, as Stellies en die leerders van Delft, wil graag hande vat en dra die toekoms van ons skole, generasie en land op die hart.

Netball Fast 5-toernooi

Op 9 Maart het ons sport- en kultuurkomitee ‘n Netbal Fast 5-toernooi gehou. Daar het ongeveer 150 spelers ingeskryf wat uit seuns, meisies of gemengde spanne bestaan het. Pryse is toegeken vir die span met die meeste gees sowel as ‘n kontantprys vir die wenspan van die dag.

Be kind campaign

Ons stap elke dag verby soveel mense, en hoe ons hulle hanteer, kan hulle opbou of breek. Hierdie woorde is deel van die motivering vir die Be Kind Campaign. Ons het hierdie projek in 2017 begin, en gaan vanjaar voortgaan daarmee. Ons gaan op verskeie maniere bewusmaking hiervan skep.

Stellies Radio

Stellies Radio behels die speel van musiek by die geesgat tydens langpouse op ‘n Donderdag. Oudisies is gehou en 4 matrieks speel om die beurt op ‘n Donderdag musiek.

Vullisdromme

Die studenteraad het einde 2017 twee nuwe vullisdromme aangekoop (gemaak van herwinde plastiek). Die ander dromme op die skoolterrein is oop dromme en die vuilgoed waai dus uit en voëls mors met die afval. Dit besoedel ons skoolterrein en ten spyte van herhaalde skoonmaakveldtogte het dit steeds gelyk of die kinders mors, maar dit is eintlik die tipe dromme wat ons het wat die probleem is. Die nuwe dromme wat die SR gekoop het, word tans getoets, maar bleik tog `n groot verbetering te wees aangesien die vuilgoed binne bly. Die skool het onderneem om in die toekoms nog soortgelyke dromme aan te skaf.

Tuinprojek

Die eko-komitee het verlede jaar aan ‘n kompetisie tussen die vier MTBS skole deelgeneem. Die doel van die kompetisie was om te sien watter skool die beste tuin op hul skoolgronde kan maak en om natuurlik in die proses die onderskeie skole se gronde mooier te maak.

Ons studenteraad het tweede gekom in die kompetisie en is steeds elke week besig om na die tuin om te sien. Tans is ons besig om die grond te behandel om dit vrugbaarder te maak om meer vrugte en groente te kan plant. Ons is baie opgewonde oor ons eerste spinasie-oes.

Graad 9- en 10-graadprojekte

Die gr. 9’s het verlede jaar weggespring met hul 1ste graadprojek, Pizza’s in pouse! Alhoewel dit dol gegaan het om elke kind se regte bestellingte te lewer, was dit `n reuse-sukses.

Die kinders het heerlik aan die pizza’s gesmul. Hulle het ook `n “social” vir hul graad gedurende die 1ste kwartaal van 2018 gehou.

Dit was `n heerlike aand. Worsbroodjies is gebraai, musiek is gemaak en daar is lekker saamgekuier.

Die gr. 10’s het ‘n baie geslaagde roomysdag gehou. Hulle het houertjies met roomys verkoop wat die kinders vooraf bestel en betaal het. Die onderwysers het óók van hierdie lekker roomys gekoop.

Juniorbal

Die jaarlikse juniorbal is ‘n hoogtepunt op enige graad 8- en 9-leerder se sosiale kalender. (Sien artikel op bl.13)

Vorige nuusbriewe

Lees gerus ons vorige nuusbriewe om meer uit te vind van:

• Bella’s guardian angels• Graad 11-bal• Brooklyn Chest Hospital• LAN-aand• Food Festival en Masterchef

Page 10: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201810

Geluk lê in jou hart,nie in jou omstandighede nie

Anchen Truter, gr. 8, skryf ‘n opstel oor haar suster, Gisela, se ervaring in Merweville.Kopiereg © Gavin Watson

Page 11: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201811

Ek het die voorreg gehad om gedurende die Junie-vakansie op ‘n uitreik na Merwewille te gaan. Ek het so baie by die Merweville-kinders geleer en hulle het my oë oopgemaak!

Die kaalvoetkinders wat vol stof en met geskeurde klere in die sand speel, het nie ‘n enkele klagte gehad nie. Alhoewel hulle lewens somtyds baie swaar is, het hulle glimlagte nooit verdwyn nie. ‘n Stok en ‘n klip en ‘n gesonde verbeelding is al wat die kinders op Merweville het, maar steeds geniet hulle hulself gate uit. Hulle het geen Barbie-pop of elektroniese speelgoedkar nodig om pret te hê nie. Ek raak toe rooi in my gesig toe ek dink aan al die kere wat ek my ouers gesmeek en gesmeek het vir nuwe klere of ‘n nuwe rekenaar. Ons sit met ‘n oorvloed besittings, maar steeds is dit nie genoeg vir ons nie.

Dit was so spesiaal om te sien hoe mooi die meisies, selfs die baie jong meisies, omsien na hul bababoeties of –sussies. Dit laat my dink aan die kere wat ek en my broer baklei vir die TV se afstandbeheer. ‘n Traan het van my wang gerol toe ek die glimlagte op hulle gesigte sien; die tevredenheid en geluk wat hulle het vir ‘n stukkie brood en ‘n koppie sop. Gelukkiger en meer tevrede as wat ons ooit sal wees met die nuutste klere, die nuutste foon, die mooiste huis en die duurste kar.

Met leë hande en harte vol liefde het die kinders van Merweville diep in my hart gekruip. Die kinders het twee goed vir my geleer wat ek vir die res van my lewe met my gaan saamdra: Ek moet dankbaar wees vir dit wat ek het, want wat ek het, is oorgenoeg en geluk lê in jou hart, nie in jou omstandighede nie.

Kopiereg © Gavin Watson

Kopiereg © Gavin Watson

Page 12: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201812

FotografieklubThe Photography Club enjoyed two very successful outings in August.

Op 8 Augustus is ons na Intaka Island by Century City om voëls en ander lewe in en om die panne en vleie af te neem. Almal was verbaas om dié klein juweeltjie in die middel van die stad te ontdek en het die uitstappie baie geniet.

Our monthly meeting (21 August) was held at Light Lounge Studio in Cape Gate. This was a most interesting experience.

Nelis Engelbrecht het die beoordeling gedoen. Die inskrywings was van hoogstaande gehalte. We also had the opportunity to see what a real life studio looks like and how it is operated.

1ste: Wild Perspective - Monya Prinsloo

2de: Curious Eyes - Christian Badenhorst 3de: Bleeksingvalk - Sean van Niekerk

Page 13: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201813

Juniorbal

Op 25 Julie 2018 het die jaarlikse juniorbal plaasgevind. Die studenteraad koördineer dit. Vanjaar was Gisela Truter en Daan-Louw de Swardt in beheer van sake.

Die tema, “Starry Night” van Vincent van Gogh, was duidelik sigbaar in die dekor. Die 370 kaartjies is vinnig uitverkoop en die gr. 10-kelners het pizza, roomys en koeldrank bedien.

It was an evening of dancing and fun. The learners enjoyed it considerably. The night ended with a bang.

Foto’s geneem deur Anika Roux

Page 14: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201814

Gr. 10 ballThe Gr. 10 dance was held in the first week of this term. The learners thoroughly enjoyed it and it definitely was a night to remember.

The theme was “Fire and Ice” and we would like to thank the SRC and staff for making the evening possible.

So many memories were made and it was such an amazing and beautiful night. Everyone looked stunning and the food was superb.

Page 15: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201815

KRIEKET GHOLFDAGR2400 PER 4 BALL

R600 pp

Friday, 19 Oct 2018, 12:00

Kuilsriver Golf Club - book your cart at the clubhouse

STELLENBERG

Shotgun Format

» 4 BBB Stableford » Prysuitdeling » Verversings en ete ingesluit

Kontak Morné: [email protected] / Rijk: [email protected]

Geleentheid beskikbaar om putjies en

bowwe te borg

Page 16: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201816

The learners of Stellenberg kicked this term off on a high note. On the second Friday of the term, Stellenberg’s first soccer day was held.

A week of hard work came to an end and an enjoyable afternoon of exciting soccer games was had by both players and spectators alike.

Boys and girls, English and Afrikaans, Grade 8 to Matric - all participated. The primary goal for the day was to have fun together. That is exactly what happened.

We will look forward to this fun event taking place for years to come!

Soccer Day

Page 17: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201817

Page 18: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201818

Uitslae in AugustusNEtbal

Tygerberg14A wen 27-614B wen 50-214C wen 31-114D wen 28-214E wen 36-215A wen 43-315B wen 50-115C wen 46-415D wen 48-115E wen 32-316A wen 49-716B wen 33-816C wen 24-117A wen 33-917B wen 36-519B wen 29 -1419C wen 21-1419A wen 39-14

Monument Park14E wen 14A 20-1314F wen 14B 14-915E verloor 16A 0-3115F verloor 16B 13-23

Fairmont19C wen 19B 6-419D wen 19C 8-5

Durbanville14A wen 18-1214B wen 23-1614C wen 25-1514D wen 27-615A gelyk 18-1815B wen 32-1415C wen 26-1215D wen 26-216A wen 22-1716B wen 23-1916C verloor 12-2016D wen 24-1117A wen 30-2217B wen 28-1517C wen 20-719B verloor 28-1519A verloor 16-34

D.F. Malan19B verloor 18-2819C wen 21-417B wen 23-1317C wen 11-816B wen 21-1716C wen 28-1516D wen 20-815B wen 38-1715C wen 23-815D wen 27-815E wen 17-514B wen 52-414C wen 22-914D wen 25-714F wen 8-7

Danielle Brooks het einde April die Kaapstad Netbal (WP) seniorspan verteenwoordig

Danielle is vir die o.19-seniorspan gekies, wat meestal uit eerstejaarstudente bestaan.

Na die toernooi is sy ook gekies om die Wes-Kaap se o.19-span te verteenwoordig.

Baie geluk, Danielle!

Stellenberg se o.19 B- & C-spanne het ‘n bietjie Bonnievale toe getoer. Die matrieks is die Vrydag uitgeneem op ‘n bootrit met ‘n piekiek by Viljoensdrift. Saterdag het ons aan Hoërskool Bonnievale se sportdag deelgeneem waar ons teen A&B spanne gespeel en goed gekompeteer het.

Dankie aan almal wat die toer so ‘n groot sukses gemaak het.

Page 19: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201819

RU bygUitslae In Augustus

Tygerbergo.19A: 24-7o.19B: 52-7o.19C: 52-0o.16A: 35-5o.15A: 38-3o.14A: 37-0o.14B: 41-5

Durbanville

o.19A: 36-7o.19B: 14-0o.19C: 34-14o.19D: 15-7o.19E: 24-25o.16A: 7-5o.16B: 24-0o.15A: 13-16o.15B: 19-5o.15C: 0-45o.14A: 8-10o.14B: 10-0o.14C: 47-0

Foto’s geneem deur Brakkies Sport

Page 20: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201820

HOckeyResults for the month

20/21 JulyGirls vs Bellville

14A drew 1-114B won 5-016A won 3-016B won 2-016C won 1-016D drew 0-0U19A won 2-0Prem won 3-0

Boys vs Langa

14A lost 2-116A won 2-0

27/28 JulyGirls vs The Settlers

Premier won 3-0U19A won 4-016A won 12-016B won drew 1-116C won 3-0 16D won 2-114A won 3-014B won 2-014C won 2-0

Boys vs Fairbairn College

Premier won 2-119A won 6-016A won 4-116B drew 1-116C lost 0-114A won 12-014B won 2-0

3/4 AugustGirls vs St Cyprians / Tableview

U19A vs SC won 2-016A vs SC won 1-016B vs SC won 3-016C vs TV won 4-014A vs SC won 2-014B vs TV won 7-0

Boys vs Bergvliet /Blouberg

Premier vs BV won 2-019A vs BV won 3-116A vs BV won 9-016B vs BV won 7-016C vs BB lost 1-514A vs BV won 7-114B vs BB drew 2-2

17/18 AugustGirls vs Durbanville

Premier won 4-1U19A won 2-016A won 4-216B drew 0-016C won 3-016D won 5-014A won 2-114B won 1-0

Boys vs Durbanville

Premier drew 0-019A won 4-116A won 4-016B won 1-014A lost 1-214B won 2-0

Page 21: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201821

Die meisies het die langnaweek van 9 - 12 Augustus Knysna onoorwonne verlaat. Hulle het 5 wedstryde gespeel en al 5 gewen. Die manne het soos “hero’s” hulle laaste wedstryd gewen. Uit Stellenberg word twee van ons spelers vereer met die Waardevolste Speler-toekenning: Chelsea en Eli.

Hoekom toer sportspanne?

Spanbou:

Van die mees onvergeetlike oomblikke van ‘n toernooi gebeur nie eens op die astro nie, bv. swem in die see met jou wedstrydklere of om by die grootste tafel in die restaurant te sit. Dit versterk die spangees en maak die eenheid net soveel sterker

Nuwe gesigte, nuwe plekke:

Dit gee die span ook die geleentheid om aan te pas en nuwe lede te verwelkom in die span as die volle span nie saam kan toer nie. ‘n Mens speel teen nuwe spanne van jou ouderdom. Dit maak hokkie sommer weer interessant.

Vinnige pas:

Toernooie bied baie aksie in ‘n kort tyd. Die span moet gereed wees om meer as een wedstryd op ‘n dag te speel.

Speeltyd:

Dit gee die span tyd op die astro en om van mekaar en ander te leer. Hoe meer ‘n mens speel en oefen hoe beter word die span en die individu.

Baie dankie aan elke ouer wat saam kom toer het of wat ingestem het dat ons na julle kinders kan kyk. Dankie aan die afrigters, me. Paulene de Bruin en mnr. Graeme Murphy, en die spanbestuurder, me. Carin van Wyk, wat hulle langnaweek opgeoffer het om die toer saam met die kinders te geniet. Dit is beslis ‘n voorreg om met sulke toegewyde dogters en seuns, ouers en hokkiepersoneel te kan werk – elkeen se begrip, hulp en ondersteuning word opreg waardeer.

~ Onder 16-Oakhill-Toernooi ~

Pictured above: Chaney van Niekerk, who just came back from winning the Western Cape Championship for Tumbling level 6, does 11 flick flacks in a row. She participated in the morning and drove through to come and play. Dedication!

Page 22: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201822

The U/12 girls from our feeder schools - Kenridge, Gene Louw and Eversdal - braved the cold weather and participated in a tournament hosted by Stellenberg on 20 August. The feedback from the learners were great. A few “potential Stellies” were asked if they enjoyed themselves and which high school they would like to attend - Stellies received a big thumbs up!

The first day of the tournament was a great success and some exceptional talent was discovered.

Day 2 of the local junior schools U/12 Hockey Tournament saw the turn of the boys. It was a super afternoon with some enjoyable hockey played.

Congratulations to Gene Louw on taking the win. A word of thanks to Gretha Fick and Mike Saunders for sponsoring the delicious hamburgers, and to the umpires and Pauline for hosting such a successful event. Hopefully we will be seeing some of these youngsters in a Stellies kit sometime in the near future.

~ U/12 Tournament ~

Goalkeeper of the tournament – Emma Laubscher (Kenridge B)

Winning team: Kenridge A Player of the Tournament – Shana Maggott and Amy Ten Cate (Gene Louw)

Goalkeeper of the tournament – Leo Fourie (Kenridge B)

Winning team: Gene LouwPlayer of the Tournament – Cowan Williams (Eversdal)

Page 23: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201823

Stellenberg Tennis neem afskeid van ons sterspeler, Daneldi Potgieter, wat nou klaarmaak met matriek. Sy het die afgelope 5 jaar vele tennisprestasies behaal:

Van gr. 8-12 het sy vir die skool se eerstespan gespeel. Sy was deel van die Wes-Kaap Disas (WP) en SA Interpro- span. Sy het ook aan verskeie suksesvolle skooltoernooie deelgeneem.

Gedurende 2017 het sy aan die SA skole-toernoooi in Durban deelgeneem, waar die Wes-Kaap die goue medalje gewen het.

Baie dankie vir jou waardevolle bydrae tot Stellenberg Tennis, Daneldi Jy sal baie gemis word en sal onthou word vir jou sportmangees tydens wedstryde.

DANTE EATON het die onder 14 SA Skaakspan verteenwoordig in die 2018 African Youth Chess Championships. Die toernooi was gehou by die Grand Royal Swiss Hotel, Kisumu in Kenya. Dante het 5de gekom.

Ons is so trots op hom!

Stellenberg se All Star o.16-groep is uitgenooi na hierdie toernooi. Dis ‘n groot eer om saam met die 4 premspelers van 2018 te speel.

Stellies was saam met D.F., Rhenish en Parel-Vallei in ‘n groep - ons wen al drie hierdie spanne (1-0 elk). Ons volgende hekkie was ‘n wedstryd teen Bloemhof... verloor 0-1.

Koppe omhoog wag ons vir die uitspeel vir 3/4de plek... Die ligte gee die gees en die toernooi word gestop. Nog steeds lekker! Dankie, span! Dankie, Carin en Paulene.

As gevolg van onvoorsiene omstandighede kon die interskole-gholf ongelukkig net oor nege putjies beslis word. Durbanville was die oorwinnaars.

Tennis Skaak o.16-Bloemhof All Star-toernooi

Interskole- gholf

Baie dankie aan ons noodhulpspan vir hulle goeie werk hierdie jaar!

Page 24: Stellenberg · MTBS- en Interskole-braai Die MTBS-braai word jaarliks deur ons studenteraad aangebied vir alle lede van die MTBS-skole se studenterade, ... Die SR het sedert 2015

Stellenberg High School Newsletter • August 201824

DISCLAIMER

Articles submitted for publication in this newsletter are the responsibility of individuals heading up their specific sport or department. All articles that are received by the deadline date for copy are included in the publication.

GRAAD 12 INLEWERING VAN 2018-WKOD-HANDBOEKE

Sodra die eindeksamen vir gr. 12 begin, word alle WKOD-handboeke ingelewer.

OP MAANDAG, 3 SEPTEMBER 2018, SKRYF DIE GR.12’S HUL FINALE SSE-EKSAMEN IN LEWENSORIëNTERING. ALLE LEWENSORIëNTERINGSBOEKE MOET OP MAANDAG, 3 SEPTEMBER, VANAF 07:30 - 13:30 BY DIE BOEKSTOOR INGELEWER WORD.

Ons versoek ouers dringend om toe te sien dat:

• die betrokke boeke ingelewer word

• u kind se naam duidelik in alle WKOD- boeke aangebring is.

Reëls met verwysing na die inlewering van handboeke:

• U betaal R100.00 per verlore boek. Eers daarna sal die boekdata van die stelsel verwyder word.

• Boeke word op die betrokke dag waarop die finale eksamen vir daardie vak afgelê word, in klasverband ingelewer.

• Gr. 12-leerders bring die betrokke boek(e) op die dag wat hul die finale vraestel van die betrokke vak skryf, na die boekstoor.

• U kind sal vooraf ‘n mondelinge en skriftelike kennisgewing kry watter boek(e) op ‘n betrokke dag ingelewer moet word. Die skriftelike kennisgewing sal in die Nuusbrief en die Communicator gepubliseer word.

• U sal ook voor elke eksamen ‘n Whatsapp van die skool ontvang om u aan die inlewering van die betrokke boek(e) te herinner.

• Kontroleer asseblief daagliks of u kind die boek(e) wat ingelewer moet word, ingepak het.

• Indien ‘n boek nie ingelewer is nie, sal u per SMS daarvan in kennis gestel word. Indien u so ‘n SMS ontvang, stuur óf die boek skool toe óf die R100.00 vir die boek indien u kind die boek verloor het.