State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1....

25
Copyright Juta & Company Bloemfontein. Respondent's Attorneys: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein. L & P PLANT HIRE BK EN ANDERE v BOSCH EN ANDERE 2002 (2) SA 662 (SCA) 2002 (2) SA p662 Citation 2002 (2) SA 662 (SCA) Case No Saaknr 525/2000 Court Hoogste Hof van Appèl Judge Vivier Wn AHR , Scott AR , Cloete Wn AR , Brand Wn AR en Nugent Wn AR Heard November 12, 2001 Judgment November 29, 2001 Counsel P Sieberhagen namens die appellante. G J Strydom namens die respondente. Annotations Link to Case Annotations Flynote : Sleutelwoorde Beslote korporasie - Lede - Aanspreeklikheid vir skuld van beslote korporasie - Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984, art 64 - Uitleg van - Of in geval waar beslote korporasie skuldeiser se eis kan ontmoet, skuldeiser terselfdertyd eis kan instel tee n persoon wat korporasie se sake op roekelose of grof nalatige wyse bedryf - Bedoeling van art 64, afgesien van bedrog, is nie om mede-hoofskuldenaars met beslote korporasie te skep nie maar om skuldeisers te beskerm teen moontlike nadeel wat deur roek elose of grof nalatige bedryf van beslote korporasie se sake veroorsaak kan word - Artikel moet beperkend uitgelê word wat skuldeisers betref om slegs betrekking te hê op gedrag wat 'n nadelige effek op skuldeiser se vordering teen beslote korporasie h et - Waar beslote korporasie ten spyte van roekelose of grof nalatige bedryf van besigheid steeds skuldeiser se vordering kan ontmoet, kan skuldeiser nie ingevolge art 64 ageer nie - Blote vermoede van finansiële onvermoë aan kant van beslote korporasie ni e voldoende vir toepassing van art 64 nie. Headnote : Kopnota Artikel 64 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 (die Wet) handel met die roekelose of grof nalatige dryf van die besigheid van beslote korporasies. 'n Vraag wat ontstaan is of art 64 so uitgelê moet word dat, ook in 'n geval waar 'n beslote korpo rasie 'n skuldeiser se eis kan ontmoet, die skuldeiser 2002 (2) SA p663 terselfdertyd sy eis kan instel teen 'n persoon wat die korporasie se sake op roekelose of grof nalatige wyse bedryf het. By oorweging van hierdie vraag moet dit in gedagte gehou word dat 'n

Transcript of State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1....

Page 1: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Bloemfontein. Respondent's Attorneys: State Attorney, Johannesburg and Bloemfontein.

L & P PLANT HIRE BK EN ANDERE v BOSCH EN ANDERE 2002 (2) SA 662 (SCA)

2002 (2) SA p662

Citation 2002 (2) SA 662 (SCA)

Case No Saaknr 525/2000

Court Hoogste Hof van Appèl

Judge Vivier Wn AHR, Scott AR, Cloete Wn AR, Brand Wn AR en Nugent Wn AR

Heard November 12, 2001

Judgment November 29, 2001

Counsel P Sieberhagen namens die appellante.

G J Strydom namens die respondente.

Annotations Link to Case Annotations

Flynote : Sleutelwoorde

Beslote korporasie - Lede - Aanspreeklikheid vir skuld van beslote korporasie - Wet op Beslote

Korporasies 69 van 1984, art 64 - Uitleg van - Of in geval waar beslote korporasie skuldeiser se eis

kan ontmoet, skuldeiser terselfdertyd eis kan instel teen persoon wat korporasie se sake op

roekelose of grof nalatige wyse bedryf - Bedoeling van art 64, afgesien van bedrog, is nie om

mede-hoofskuldenaars met beslote korporasie te skep nie maar om skuldeisers te beskerm teen

moontlike nadeel wat deur roekelose of grof nalatige bedryf van beslote korporasie se sake

veroorsaak kan word - Artikel moet beperkend uitgelê word wat skuldeisers betref om slegs

betrekking te hê op gedrag wat 'n nadelige effek op skuldeiser se vordering teen beslote

korporasie het - Waar beslote korporasie ten spyte van roekelose of grof nalatige bedryf van

besigheid steeds skuldeiser se vordering kan ontmoet, kan skuldeiser nie ingevolge art 64 ageer

nie - Blote vermoede van finansiële onvermoë aan kant van beslote korporasie nie voldoende vir

toepassing van art 64 nie.

Headnote : Kopnota

Artikel 64 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 (die Wet) handel met die roekelose

of grof nalatige dryf van die besigheid van beslote korporasies. 'n Vraag wat ontstaan is of art

64 so uitgelê moet word dat, ook in 'n geval waar 'n beslote korporasie 'n skuldeiser se eis kan

ontmoet, die skuldeiser

2002 (2) SA p663

terselfdertyd sy eis kan instel teen 'n persoon wat die korporasie se sake op roekelose of grof

nalatige wyse bedryf het. By oorweging van hierdie vraag moet dit in gedagte gehou word dat 'n

Page 2: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

skuldeiser, anders as 'n lid, se enigste belang by die bedryf van 'n geslote korporasie se

besigheid geleë is in sy vordering teen die korporasie. Solank die korporasie die skuldeiser se

vordering ten volle kan betaal het die skuldeiser geen belang in die wyse waarop die korporasie

se besigheid bedryf word nie. (Paragraaf [39] op 677D/E - F.)

As daar na die analoë bepalings in art 424 van die Maatskappywet 61 van 1973 gekyk word,

blyk dit dat daar slegs na roekelose optrede en nie ook na grof nalatige optrede, soos in art 64

van die Wet, verwys word nie. 'Roekelose' optrede in art 424 van die Maatskappywet word

egter uitgelê om ook 'growwe nalatigheid' in te sluit. Wanneer daar dus van art 424 van die

Maatskappywet gesê word dat dit gedrag omhels wat 'n gebrek aan werklike besorgdheid vir

die vooruitgang van die maatskappy aantoon, kan sulke siening ook as korrek aanvaar word

wat 'grof nalatige optrede' in art 64 van die Wet betref. (Paragraaf [39] op 677F - H/I.)

Wat skuldeisers betref is die bedoeling van art 64 van die Wet, afgesien van moontlike bedrog,

nie om vir hulle mede-hoofskuldenaars met die beslote korporasie te skep nie. Die bedoeling is

om hulle te beskerm teen die nadeel wat die roekelose of grof nalatige bedryf van 'n beslote

korporasie se sake vir hulle mag meebring. Artikel 64 moet dus, wat skuldeisers betref,

beperkend uitgelê word om slegs betrekking te hê op 'roekelose' of 'grof nalatige' bedryf van

die beslote korporasie se besigheid wat 'n nadelige effek op die skuldeiser se vordering teen

die beslote korporasie het. Waar die beslote korporasie ten spyte van roekelose of grof nalatige

bedryf van sy besigheid steeds die skuldeiser se vordering kan ontmoet, kan die skuldeiser nie

ingevolge art 64 ageer nie. Die blote vermoede van finansiële onvermoë aan die kant van die

beslote korporasie is nie voldoende vir toepassing van art 64 nie. (Paragrawe [39] en [40] op

677J - 678B/C en 678D/E - E.)

Die beslissing in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling in Bosch en Andere v L & P Plant Hire

BK en Andere deels bevestig, deels omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

Close corporation - Members - Liability for debts of close corporation - Close Corporations Act 69 of

1984, s 64 - Interpretation of - Whether, in event of close corporation being able to meet creditor's

claim, creditor can simultaneously institute claim against person conducting business of close

corporation in reckless or grossly negligent manner - Aim of s 64 is, apart from fraud, not to create

co-principal debtors along with closed corporation but to protect creditors against possible prejudice

created by reckless or grossly negligent conduct of business of close corporation - Section to be

interpreted restrictively as far as creditors concerned to apply only to conduct having negative effect

on creditor's claim against corporation - Where corporation, in spite of reckless or grossly negligent

conduct of business, still able to meet creditor's claim, creditor cannot proceed in terms of s 64 -

Mere suspicion of financial incapability on part of close corporation not sufficient for application of s

64.

Headnote : Kopnota

Section 64 of the Close Corporations Act 69 of 1984 (the Act) deals with the reckless or grossly

negligent conduct of the business of close corporations. A question which arises is whether s

64 can be interpreted to mean that, in the event of the close corporation being able to meet a

creditor's claim, the creditor can simultaneously institute a claim against the person conducting

the business of the close corporation in a reckless or grossly negligent manner. In the

Page 3: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

consideration of this question it has to be remembered that

2002 (2) SA p664

a creditor's only concern in the conduct of the business of the close corporation is, unlike a

member's, concentrated in his claim against the corporation. As long as the corporation can

settle the creditor's claim in full, the creditor has no interest in the manner in which the

corporation's business is conducted. (Paragraph [39] at 677D/E - F.)

If the similar provisions in s 424 of the Companies Act 61 of 1973 are examined, it appears that

reference is made to reckless conduct alone and not also to grossly negligent conduct as in s

64 of the Act. 'Reckless' conduct in s 424 of the Companies Act has, however, been

interpreted to include 'gross negligence'. When s 424 of the Companies Act is therefore said to

include conduct which evinces a lack of genuine concern for the prosperity of the company,

such view can also be accepted as correct with regard to 'grossly negligent conduct' in s 64 of

the Act. (Paragraph [39] at 677F - H/I.)

With regard to creditors the aim of s 64 of the Act is, apart from possible fraud, not to create

co-principal debtors with the closed corporation for them to proceed against. The aim is to

protect creditors against the possible prejudice created by the reckless or grossly negligent

conduct of the business of a close corporation. Section 64 therefore has, as far as creditors are

concerned, to be interpreted restrictively to apply exclusively to the 'reckless' or 'grossly

negligent' conduct of the business of a close corporation which has a negative effect on the

creditor's claim against that close corporation. Where the close corporation can, in spite of the

reckless or grossly negligent conduct of its business, still meet the creditor's claim, the creditor

cannot proceed in terms of s 64. The mere suspicion of financial incapability on the part of the

close corporation was further not sufficient for the application of s 64. (Paragraphs [39] and

[40] at 677J - 678B/C and 678D/E - E.)

The decision in the Witwatersrand Local Division in Bosch en Andere v L & P Plant Hire BK en

Andere confirmed in part and reversed in part.

Cases Considered

Annotations

Gerapporteerde sake/Reported cases

Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse 2001 (4) SA 551 (HHA):

vergelyk/compared

Statutes Considered

Wette/Statutes

Die Maatskappywet 61 van 1973/The Companies Act 61 of 1973, art/s 424: sien/see Juta's

Statutes of South Africa 2000 vol 2 op/at 1-219

Die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984/The Close Corporations Act 69 of 1984, art/s 64:

Page 4: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

sien/see Juta's Statutes of South Africa 2000 vol 2 op/at 1-299.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling (Willis R). Die feite blyk uit

die uitspraak van Brand Wn AR.

P Sieberhagen namens die appellante.

G J Strydom namens die respondente.

Benewens die gesag in die uitspraak van die Hof aangehaal, het die advokate vir die partye na

die volgende gesag verwys/In addition to the authorities referred to in the judgment of the

Court, counsel for the parties referred to the following:

Administrator, Orange Free State, and Others v Mokopanele and Another 1990 (3) SA 780 (A)

op/at 787G - 788H

Aetiology Today CC v Van Aswegen 1992 (1) SA 807 (W) op/at 810G

2002 (2) SA p665

Anderson and Others v Dickson and Another NNO (Intermenua (Pty) Ltd Intervening) 1985 (1)

SA 93 (N) op/at 110

Attorney-General, Transvaal v Kader 1991 (4) SA 727 (A) op/at 739F - 740C

Bailes v Highveld 7 Properties (Pty) Ltd and Others 1998 (4) SA 42 (N) op/at 50I - 51I

Banco de Mocambique v Inter-Signs Research and Development Services (Pty) Ltd 1982 (3)

SA 330 (T)

Barclays Bank International v African Diamond Exporters (Pty) Ltd 1976 (1) SA 93 (W)

op/at96A - C

Barnard v Celliers 1929 EDL 106 op/at 112

Basil Read Sunhomes (Pty) Ltd v Nedperm Bank Ltd 1999 (1) SA 831 (HHA) op/at 839C -

840A, 841B, 841E

Bowman NO v Sacks and Others 1986 (4) SA 459 (W)

Cape Pacific Ltd v Lubner Controlling Investments (Pty) Ltd 1995 (4) SA 790 (A) op/at 804D

Cole v Stuart 1940 AD 399 op/at 408

Coopers and Lybrand v Bryant 1995 (3) SA 761 (A) op/at 767E - 768E

De Bruin v Brink 1925 OPD 68 op/at 73

Dold v Bester 1984 (1) SA 365 (D) op/at 370E - G

Page 5: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Donnelly v Barclays National Bank Ltd 1990 (1) SA 375 (W) op/at 380H - 381H

Elgin Fireclays Ltd v Webb 1947 (4) SA 744 (A) op/at 750

Engineering Management Services (Pty) Ltd v South Cape Corporation (Pty) Ltd 1979 (3) SA

1341 (W) op/at 1345

Enslin v Meyer 1960 (4) SA 520 (T) op/at 523F - 524H

Erasmus v Davis 1969 (2) SA 1 (A) op/at 7B - D, 12F, 22C

Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A) op/at 969H - 970H

Ex parte De Villiers and Another NNO: In re Carbon Developments (Pty) Ltd 1993 (1) SA 493

(A) op/at 503H - J

Ex parte Lebowa Development Corporation 1989 (3) SA 71 (T)

Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A

First National Bank Ltd v Avtjoglou 2000 (1) SA 989 (C)

Fisheries Development Corporation of SA Ltd v Jorgenson and Another; Fisheries Development

Corporation of SA Ltd v AWJ Investments (Pty) Ltd and Others 1980 (4) SA 156 (W) op/at178D

GMF Kontrakteurs (Edms) Bpk v Pretoria City Council 1978 (2) SA 219 (T) op/at 222H - 223A

Galante v Dickinson 1950 (2) SA 460 (A) op/at 465

George v Fairmead (Pty) Ltd 1958 (2) SA 465 (A) op/at 471B, 471D - 472B

Goldblatt v Freemantle 1920 AD 123 op/at 128 - 9

Hersman v Shapiro and Company 1926 TPD 367 op/at 397

Hlatshwayo v Mare and Deas 1912 AD 242 op/at 258 - 9

Horowitz v Brock and Others 1988 (2) SA 160 (A) op/at 179H - 181B

Howard v Herrigel and Another NNO 1991 (2) SA 660 (A) op/at 673I - J, 674G

J R Janisch (Pty) Ltd v W M Spilhaus & Co (WP) (Pty) Ltd 1992 (1) SA 167 (C)

2002 (2) SA p666

Kempston Hire (Pty) Ltd v Snyman 1988 (4) SA 465 (T) op/at 468G - 469D

Keown v Ned-Equity Versekeringsmaatskappy Bpk 1984 (1) SA 656 (A)

List v Jungers 1979 (3) SA 106 (A) op/at 119

Mallinson v Tanner 1947 (4) SA 681 (T) op/at 687

Page 6: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Mans v Union Meat Co 1919 AD 268 op/at 271

Middleton v Carr 1949 (2) SA 374 (A) op/at 385 - 6

Mitchell v Knox-Gore 1935 NPD 490 op/at 494, 507

Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A) op/at 613

Montesse Township & Investment Corporation (Pty) Ltd and Another v Gouws NO and Another

1965 (4) SA 373 (A) op/at 380H

Monumental Art Co v Kenston Pharmacy (Pty) Ltd 1976 (2) SA 111 (C) op/at 120F - G

Moolman v Estate Moolman 1927 CPD 27 op/at 29

Myburgh Transport v Botha t/a SA Truck Bodies 1991 (3) SA 310 (NmS) op/at 314F - 315J

OK Bazaars (1929) Ltd v Grosvenor Buildings (Pty) Ltd and Another 1993 (3) SA 471 (A) op/at

479G - J

Ozinsky NO v Lloyd and Others 1992 (3) SA 396 (C) op/at 413E - F, 414G - H

Ozinsky NO v Lloyd and Others 1995 (2) SA 915 (A) op/at 917H - I

Paddock Motors (Pty) Ltd v Igesund 1976 (3) SA 16 (A) op/at 22H - 23E

Philips v Aida Real Estate (Pty) Ltd 1975 (3) SA 198 (A) op/at 207A - B

Philotex (Pty) Ltd and Others v Snyman and Others 1998 (2) SA 138 (SCA) op/at 145I - J

Pietermaritzburg City Council v Pietermaritzburg Armature Winders 1983 (3) SA 19 (A)

President Versekeringsmaatskappy Bpk v Moodley 1964 (4) SA 109 (T) op/at 110H - 111A

Pritchard Properties (Pty) Ltd v Koulis 1986 (2) SA 1 (A)

Protea Assurance Co Ltd v Casey 1970 (2) SA 643 (A) op/at 648D - E

R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) op/at 677 - 8, 695 - 6, 698, 699 - 703, 705 - 6

Rand Rietfontein Estates Ltd v Cohn 1937 AD 317 op/at 326

S v Ndlovu 1983 (4) SA 507 (Z) op/at 514F

S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) at 928C - E

SOS Kinderdorf International v Effie Lentin Architects 1991 (3) SA 574 (Nm) op/at 580C - J

Sampson v Pim 1918 AD 657 op/at 662

Sassoon Confirming and Accepting Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1974 (1) SA 641

(A) op/at 646B

Page 7: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Schlinkmann v Van der Walt 1947 (2) SA 900 (E) op/at 909 - 16

Shatz Investments (Pty) Ltd v Kalovyrnas 1976 (2) SA 545 (A) op/at 560

Shipping Corporation of India Ltd v Evdomon Corporation and Another 1994 (1) SA 550 (A)

op/at 803J

Spindrifter (Pty) Ltd v Lester Donovan (Pty) Ltd 1986 (1) SA 303 (A) op/at 318G - I

Total South Africa (Pty) Ltd v Becker NO 1992 (1) SA 617 (A) op/at 624F - 625A, 626H, 627A

2002 (2) SA p667

Trans-Drakensberg Bank Ltd v Combined Engineering (Pty) Ltd 1967 (3) SA 632 (D) op/at

638A, 639B, 643A - C

Van Dyk v Conradie 1963 (2) SA 413 (C) op/at 418

Venter and Others v Credit Guarantee Insurance Corporation of Africa Ltd and Another 1996

(3) SA 966 (A) op/at 977F - 978D

Woods v Walters 1921 AD 303 op/at 305

Worman v Hughes 1948 (3) SA 495 (A) op/at 505

Boberg The Law of Delict vol 1 op/at 622

Christie The Law of Contract in South Africa 3rd ed at 116 - 17, 120 et seq, 171, 227 - 8

Herbstein and Van Winsen The Civil Practice of the Supreme Court of South Africa 4th ed op/at

914

Schmidt Bewysreg 4th ed op/at 589 - 93.

Cur adv vult.

Postea (November 29).

Judgment

Brand Wn AR

[1] Die appellante was die verweerders en die respondente die eisers in die Hof a quo. Ek gaan

voort om na hulle as sodanig te verwys. Verskil- lende eisers het altesaam sewe eise teen

verskillende verweerders ingestel waarvan ses gebaseer was op huurkontrakte en een op 'n

koopkontrak. Die Hof a quo (Willis R) het die eisers gelyk gegee op al sewe eise. Hierteen kom

die verweerders met die nodige verlof in hoër beroep. Die aard van die eise en die geskilpunte

waarom dit draai, is makliker verstaanbaar na 'n beskrywing van die partye en 'n bondige

uiteensetting van die onderliggende feite.

[2] Wat volg is dan eerstens 'n beskrywing van die partye. Die tweede eiser is 'n maatskappy

waarna ek geriefshalwe sal verwys as 'Bosch Excavations' en waarvan die aandele vroeër

Page 8: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

gehou is deur die eerste eiser, mnr P B Bosch (Bosch senior). Gedurende ongeveer 1984 het

hy egter die aandele en die beheer oor Bosch Excavations oorgedra aan sy seun, die vierde

eiser, oftewel mnr A J Bosch (Bosch). Geen eis is ten gunste van die derde eiser toegestaan

nie en hierdie eiser word vervolgens buite rekening gelaat.

[3] Die eerste verweerder (L & P Plant Hire) en die tweede verweerder (L & P Construction) is

twee beslote korporasies. Te alle tersaaklike tye was die derde verweerder, mnr L P de F

Basilio (Basilio), die enigste lid van beide hierdie beslote korporasies terwyl vierde verweerder,

mnr O Alves (Alves), die bestuurder van L & P Plant Hire was. Vyfde verweer- der is 'n beslote

korporasie waarvan Basilio ook die enigste lid is en wat as motorhawe sake doen. Geen eis is

teen hom toegestaan nie en hy speel geen materiële rol in die saak nie.

[4] Vervolgens handel ek met die dispute tussen die partye en die feitelike agtergrond waarteen

dit beoordeel moet word. In breë trekke is al die partye betrokke by siviele konstruksie asook by

die uitverhuring van masjinerie, toerusting en voertuie wat daarmee verband hou. Voor die

2002 (2) SA p668

BRAND WN AR

ontstaan van die onderhawige dispute het Bosch en Basilio, hoewel hulle konkurrente was wat

in kompetisie met mekaar vir siviele kontrakte getender het, 'n heel goeie persoonlike

verhouding met mekaar gehad. Wat blykbaar redelik dikwels in die betrokke bedryf gebeur, is

dat siviele kontrakteurs hul toerusting wat hulle nie op 'n spesifieke stadium self gebruik nie,

aan ander kontrakteurs uitverhuur. Ooreenkomstig hierdie praktyk het Bosch en Basilio sedert

ongeveer 1991, deur die maatskappy en beslote korporasies wat hulle onderskeidelik

verteenwoordig het, oor en weer toerusting aan mekaar uitverhuur.

[5] Die feite rondom vier eise teen L & P Construction, wat gebring is in naam van Bosch

Excavations, te wete eise D E F en G, kan heel kort saamgevat word. Die eisers se saak ter

ondersteuning van hierdie vier eise is dat Bosch Excavations, deur verteenwoordiging van

Bosch, gedurende die tydperk November 1993 tot Februarie 1994, vier huurkontrakte

aangegaan het met Basilio as verteenwoordiger van L & P Construction. In terme van hierdie

huurkontrakte, beweer die eisers, het Bosch Excavations konstruksie-masjiene aan L & P

Construction verhuur. Volgens die eisers was dit 'n term van die vier huurkontrakte dat L & P

Construction as huurder aan Bosch Excavations as verhuurder vergoeding teen 'n

ooreengekome daaglikse tarief sou betaal vir elke dag waarop die betrokke masjien in besit van

die huurder was.

[6] Die eisers se weergawe is voorts dat L & P Construction die betrokke masjiene vir

verskillende tydperkte gedurende November 1993 tot Februarie 1994 ingevolge die vier

huurkontrakte in sy besit gehad het waarvoor hy, bereken volgens die ooreengekome daaglikse

tariewe, bedrae van onderskeidelik R10 929,24 (eis D) R4 927,65 (eis E), R70 051,90 (eis F)

en R25 197,87 (eis G) - oftewel 'n totale bedrag van R111 106,66 - aan Bosch Excavations

verskuldig is. Hoewel eise D tot G in die verweerders se pleit betwis word, is Bosch se

getuienis ter ondersteuning daarvan in kruisverhoor slegs vir akuraatheid getoets en is dit nooit

pertinent deur die verweerders ontken dat hierdie eise ontstaan het nie. Die verweer teen

hierdie eise, soos wat dit uitgekristaliseer het in die getuienis van Basilio, is in wese een van

Page 9: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

skuldvergelyking. Meer besonder, was Basilio se weergawe dat hy en Bosch gedurende Mei

1994 ooreengekom het om 'n berekening te maak van alle bedrae wat hulle persoonlik sowel

as die instansies wat hulle onderskeidelik verteenwoordig het, onderling aan mekaar verskuldig

was en om hierdie bedrae by wyse van skuldvergelyking teenoor mekaar in verrekening te

bring. Die instansies wat deur Bosch verteenwoordig was, het Bosch Excavations ingesluit

terwyl Basilio ondermeer vir L & P Construction verteenwoordig het. Die resultaat van hierdie

berekeninge, sê Basilio, het getoon dat Bosch en sy instansies, na toepassing van

skuldvergelyking, 'n netto bedrag van R65 512,95 aan Basilio en sy instansies verskuldig was,

wat Bosch onderneem het om te betaal. Basilio se weergawe oor hoe hierdie bedrag deur

Bosch betaal sou word, is een van die vernaamste dispute in die saak waarna ek aanstons sal

terugkeer. Wat egter vir die huidige van belang is, is dat Bosch in sy getuienis die ooreenkoms

van skuldvergelyking waarop die verweerders in onderhawige verband steun geheel en

2002 (2) SA p669

BRAND WN AR

al ontken. In kort wentel die dispuut rondom eise D E F en G dus om

geloofwaardigheidsbevindings ten aansien van Bosch en Basilio.

[7] Die feite rondom eis H kan ook sonder omhaal afgehandel word. Bosch se getuienis ter

ondersteuing van hierdie eis is dat hy op 20 Julie 1994, namens Bosch Excavations, tien stukke

konstruksie-gereedskap wat as 'rotsbrekers' bekend staan, verkoop het aan Alves, wat

opgetree het namens L & P Construction, teen 'n koopprys van R912 stuk. Gevolglik, sê die

eisers, is L & P Construction uit hoofde van hierdie koopkontrak 'n bedrag van R9 120 aan

Bosch Excavations verskuldig. Die verweer op hierdie eis is 'n ontkenning deur Alves dat

hierdie transaksie ooit plaasgevind het. Die meriete van eis H hang dus daarvan af of Bosch se

weergawe of dié van Alves in hierdie verband aanvaar word.

[8] Dit bring my dan by die dispute rondom eise A en B wat nie alleen die grootste bedrae

verteenwoordig nie, maar by verre die grootste deel van die 2500 bladsye oorkonde in beslag

neem. Beide eise A en B spruit, volgens die eisers se bewerings, voort uit 'n huurkontrak wat

tot stand gekom het op 20 Julie 1994 ingevolge waarvan Bosch senior sekere

konstruksie-masjiene en vragmotors aan L & P Plant Hire verhuur het. Eis A is vir die huurgeld

wat uit hoofde van die kontrak verskuldig is terwyl eis B die herstelkoste van die skade wat die

verhuurde goedere gedurende die huurtermyn opgedoen het, verteenwoordig. Eis C is terloops

'n alternatiewe eis wat geformuleer is op die basis dat die huurkontrak inderdaad nie tot stand

gekom het nie. By die toestaan van eise A en B het hierdie alternatiewe eis onsaaklik geword.

[9] Bosch se getuienis aangaande die beweerde huurkontrak van 20 Julie 1994 is dat Bosch

Excavations kort voor dié datum 'n siviele kontrak in KwaNdebele voltooi het. Alves het hom

toe, in opdrag van Basilio, telefonies geskakel. Hy wou by Bosch weet of L & P Plant Hire die

toerusting wat by die voltooide kontrak in Kwandebele gebruik was, kon huur met die oog

daarop om dit weer op sy beurt aan L & P Construction of ander siviele kontrakteurs uit te

verhuur. Bosch was te vinde vir hierdie voorstel en gevolglik het Alves op 20 Julie 1994 by

Bosch Excavations se besigheidspersele aan die suidekant van Johannesburg opgedaag. Na

onderhandeling het die twee van hulle ooreengekom op 'n huurkontrak waarvan die vernaamste

Page 10: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

terme in 'n handgeskrewe dokument geboekstaaf is. Vir redes wat aanstons sal blyk, speel

hierdie dokument, waarna ek geriefshalwe as 'dokument A' sal verwys, 'n belangrike rol in die

beregting van die saak. Dit is gevolglik nodig om die inhoud daarvan in ietwat meer

besonderhede weer te gee. Onder die opskrif 'Plant Hire Agreement', word die dokument in die

eerste paragraaf daarvan beskryf as 'n ooreenkoms waarvolgens Bosch senior die toerusting

('plant') daarin vermeld aan L & P Plant Hire verhuur soos wat die toerusting van tyd tot tyd

beskikbaar raak. Daarna volg 'n lys van 'n aantal vragmotors asook twee kontruksie-masjiene

waarna ek geriefshalwe sal verwys as 'die Poclain' en 'die Case'. Naas elkeen van die masjiene

en vragmotors word die huurtarief per dag of per uur wat op die betrokke masjien/vragmotor

van toepassing is, weergegee. Met

2002 (2) SA p670

BRAND WN AR

verwysing na die Poclain, die Case en drie van die vragmotors word aangedui dat dit reeds op

daardie stadium vir verhuring beskikbaar was.

[10] Dit is gemeensaak dat die handskrifte van beide Bosch en Alves op dokument A voorkom

en dat dit deur Bosch senior persoonlik en deur Alves, namens L & P Plant Hire, geteken is. Na

ondertekening is die dokument getik en weer deur Alves en Bosch senior geteken. Volgens

Bosch het sy vader, Bosch senior, persoonlik as verhuurder opgetree omdat hy die eienaar van

die betrokke masjiene en vragmotors was, hoewel dit gewoonlik deur Bosch Excavations

gebruik is.

[11] Volgens Bosch was die Poclain en die Case op 20 Julie 1994 nog op die terrein van die

afgehandelde kontrak in Kwandebele terwyl die drie vragmotors, wat in dokument A as

beskikbaar aangedui is, op daardie stadium by die persele van Propact Plant Hire BK (Propact)

was wat gewoonlik as verhuringsagent van die voertuie opgetree het wanneer Bosch

Excavations dit nie gebruik nie.

[12] Gevolglik, sê Bosch, het hy en Alves na ondertekening van dokument A afgespreek om

mekaar by Propact se perseel te ontmoet waar die vragmotors aan Alves oorhandig sou word.

Daar aangekom het Alves gevra dat verdere terme en voorwaardes waarop Basilio, volgens

hom, aangedring het, by die huurkontrak ingevoeg word. Hierop was Bosch se teenvoorstel dat

hulle eerder die terme en voorwaardes van Propact se standaard huurooreenkoms by hul

huurkontrak inkorporeer. Volgens Bosch was Alves toe telefonies in verbinding met Basilio

waarna hy aangedui het dat Basilio met Bosch se teenvoorstel akkoord gaan. Gevolglik is die

besonderhede van die Poclain, die Case en die drie beskikbare vragmotors tesame met die

toepaslike tariewe, wat reeds in dokument A uiteengesit was, op Propact se standaard

huurkontrak aangebring. In hierdie dokument, waarna ek geriefshalwe sal verwys as

'dokument B', word die verhouding tussen die partye beskryf as 'n 'permanent hire' uit hoofde

waarvan L & P Plant Hire die toerusting daarin vermeld huur teen die tariewe daarnaas

uiteengesit en op die standaard terme en voorwaardes waarna in die dokument verwys word.

Omdat die dokument in die vorm van 'n afleweringsnota gegiet is, is daar slegs ruimte vir

ondertekening deur die huurder en nie ook deur die verhuurder nie. Dit is gemene saak dat die

terme en voorwaardes wat in dokument B vervat is, soortgelyk is aan dié van L & P Plant Hire

Page 11: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

se eie standaard kontrak.

[13] Nadat Alves dokument B geteken het, sê Bosch, het hy besit geneem van die drie

vragmotors wat op Propact se persele was. Voorts is die Poclain en die Case in Kwandebele

gehaal en afgelewer op 'n terrein wat deur L & P Plant Hire aangedui is. Volgens Bosch was

beide die Poclain en die Case sowel as die drie vragmotors in 'n goeie toestand toe Alves dit

rondom 20 Julie 1994 namens L & P Plant Hire in besit geneem het.

[14] Ooreenkomstig die terme van die huurkontrak is beide die Poclain en die Case bedien deur

operateurs in diens van Bosch Excavations. Aan die einde van Augustus 1994, sê Bosch, het

hy egter 'n telefoonoproep ontvang van mnr D Maseko (Maseko) wat in beheer van die Poclain

was. Maseko het hom meegedeel dat Alves die Poclain met geweld by hom

2002 (2) SA p671

BRAND WN AR

afgeneem het en dit toe na 'n onbekende bestemming geneem het. Dieselfde dag is Bosch ook

deur die operateur van die Case, mnr J Chauke (Chauke), verwittig dat die Case by hom

afgeneem is en saam met een van die vragmotors na 'n onbekende plek verwyder is. Hierop,

sê Bosch, het hy vir Alves gaan konfronteer. Alves wou nie vir hom sê waar die twee masjiene

of die drie vragmotors was nie. Sy houding was dat Bosch nie finansieël in staat was om te

dagvaar nie en dat hy maar van sy masjiene en vragmotors moes vergeet.

[15] As gevolg van soektogte wat hy op sy eie geloods het, sê Bosch, het hy aan die begin van

September 1994 die Case en een van die vragmotors opgespoor op 'n terrein waar die Case

gewerk het waar hy dit toe weer in besit geneem het. Die Case was in 'n haglike toestand maar

die vragmotor was nie wesenlik beskadig nie. In Oktober 1994 het Bosch ook die Poclain

opgespoor waar verweerders dit, volgens hom, versteek het. Alves het gepoog om hom te

verhoed om van die Poclain besit te neem deur 'n rewolwer op hom te rig. Met die hulp van die

polisie het Bosch egter tog daarin geslaag om die Poclain na sy eie perseel te neem. Daar is

vasgestel dat dit tot so 'n mate beskadig is dat dit nie ekonomies herstelbaar was nie.

[16] Gedurende Januarie 1995 het Bosch verneem dat die ander twee vragmotors in die

werkwinkels van vyfde verweerder was. Weereens moes hy die polisie se bystand inroep om

toegang tot hierdie persele te verkry waar hy beide vragmotors in 'n uitmekaargehaalde

toestand aangetref het. Die vyfde verweerder het geweier dat hy die twee vragmotors in besit

neem op grond van 'n beweerde retensiereg weens herstelwerk wat aan die voertuie gedoen is.

Nadat Bosch sekuriteit gestel het, is die voertuie op 2 Februarie 1995 aan hom teruggegee.

[17] Uit hoofde van die voorgaande het Bosch senior bedrae van R146 843,40 (eis A) en R217

692,56 (eis B) oftewel R364 535,96 in totaal, nie alleen van L & P Plant Hire nie, maar ook van

Basilio en Alves in hul persoonlike hoedanighede geëis. Eis A is vir die huur van die masjiene

en vragmotors, bereken teen die tariewe wat in dokumente A en B vervat is, vanaf 20 Julie

1994 tot op die onderskeie datums waarop die masjiene en vragmotors weer deur Bosch in

besit geneem is. Eis B is vir die koste van die herstel van die skade wat na bewering gedurende

die huurtermyn aan die Case en aan twee van die vragmotors aangerig is, asook vir die

markwaarde van die Poclain, wat na bewering gedurende die huurtermyn onherstelbaar

Page 12: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

beskadig is. Die eise teen L & P Plant Hire is uiteraard op grond daarvan dat hierdie beslote

korporasie die huurder in terme van die huurkontrak was. Die eise teen Basilio en Alves is

gebaseer op die bepalings van arts 64 en 65 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984.

[18] Die verweerders erken dat L & P Plant Hire na 20 Julie 1994 in besit gestel is van die

Poclain, die Case en drie vragmotors. Hulle ontken egter dat dit geskied het uit hoofde van 'n

huurkontrak. Volgens die verweerders se weergawe was dit uit hoofde van 'n sogenaamde

samewerkingsooreenkoms

2002 (2) SA p672

BRAND WN AR

(oftewel 'n 'joint venture agreement'). Hierdie weergawe berus hoofsaaklik op die getuienis van

Basilio.

[19] Ek het reeds verwys na Basilio se getuienis dat hy en Bosch in Mei 1994 'n berekening

gemaak het van die bedrae wat hulle en die instansies wat hulle onderskeidelik verteenwoordig

het, oor en weer aan mekaar verskuldig was. Volgens Basilio het Bosch na aanleiding van

hierdie berekeninge erken dat hy en sy instansies 'n netto bedrag van om en by R65 000 aan

Baslio en sy instansies verskuldig was. Daarna, sê Basilio, het hulle onderhandelinge gevoer

oor die wyse waarop Bosch hierdie bedrag sou betaal. Dit het aanleiding gegee tot die

samewerkingsooreenkoms. Volgens Bosch was die terme van hierdie ooreenkoms in wese dat

die toerusting wat by Bosch Excavations se afgehandelde kontrak in Kwandebele betrokke

was, tot beskikking van L & P Plant Hire gestel sou word vir uitverhuring aan siviele

kontrakteurs, insluitende L & P Construction. Vyf-en-twintig persent van die omset van die

uitverhuring sou gebruik word vir die afbetaling van Bosch se skuld van om en by R65 000. Die

restant sou aangewend word, eerstens ter delging van kostes vir die onderhoud en herstel van

die toerusting deur vyfde verweerder waarna die balans om die helfte tussen Bosch en Basilio

verdeel sou word.

[20] Volgens Basilio het hy vir Alves, as bestuurder van L & P Plant Hire, van die

samewerkingsooreenkoms tussen hom en Bosch vertel. Kort voor 20 Julie 1994 het Bosch hom

laat weet dat die toerusting beskikbaar was. Gevolglik het hy op 20 Julie 1994 vir Alves gestuur

om die toerusting te gaan haal. By terugkoms van sy sending, het Alves dokument A, wat toe

reeds geteken was, aan Basilio getoon. Dokument B, oftewel die Propact ooreenkoms, het

Basilio, volgens hom, nooit gesien nie. Dokument A was blykens die inhoud daarvan duidelik 'n

huurkontrak. Basilio wou by Alves weet hoekom hy dit geteken het. Hierop was Alves se

verduideliking dat hy die dokument geteken het op grond van Bosch se versekering dat dit

slegs van belang was vir soverre dit 'n beskrywing bevat het van die toerusting wat L & P Plant

Hire kon uitverhuur en van die tariewe waarteen dit uitverhuur moes word. Basilio het Bosch

telefonies geskakel en wou by hom weet wat sy bedoeling met dokument A was. Bosch was

verskonend en het onderneem om 'n nuwe kontrak op te stel wat die terme van hulle

samewerkingsooreenkoms behoorlik sou reflekteer. Dit het hy egter nooit gedoen nie.

[21] Enkele dae daarna, sê Basilio, het Alves aan hom verslag gedoen dat die toerusting wat

Bosch tot L & P Plant Hire se beskikking gestel het, in 'n haglike toestand was en glad nie

geskik was vir uitverhuring nie. Volgens Basilio het hy vir Bosch ook hieroor gekonfronteer.

Page 13: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Daarop het Bosch versoek dat die verweerders die toerusting herstel tot 'n toestand waarin dit

wel uitverhuur kon word wat die vyfde verweerder toe gedoen het.

[22] Op 29 Augustus 1994, sê Basilio, het Bosch hom besoek en aangedring op sy helfte van

die netto inkomste wat uit die uitverhuring van die toerusting verdien is. Basilio het aan hom

verduidelik dat daar

2002 (2) SA p673

BRAND WN AR

weens die swak toestand van die toerusting en die gepaardgaande herstelkoste nog nie enige

netto verdienste was nie. Bosch wou egter nie rede verstaan nie en het daar en dan die

samewerkingsooreenkoms beëindig en teruggawe van sy toerusting geëis. Basilio se reaksie

hierop was dat die vyfde verweerder sy retensiereg oor die toerusting uitoefen totdat hy betaal

is vir die herstelwerk wat hy in opdrag van Bosch daaraan verrig het. Desnieteenstaande het

Bosch voorgegaan om deur eie rigting die Case en die Poclain asook een van die vragmotors

in besit te neem. Die twee ander vragmotors het Bosch eers teruggekry nadat hy sekuriteit

gestel het vir die vyfde verweerder se vordering.

[23] Alves het in sy getuienis Basilio se weergawe in alle wesenlike opsigte bevestig vir sover

dit op hom betrekking gehad het. Onder meer het Alves beaam dat Basilio hom vertel het van

sy samewerkingsooreenkoms met Bosch asook dat Basilio aan hom opdrag gegee het om die

toerusting wat ingevolge hierdie ooreenkoms deur L & P Plant Hire uitverhuur moes word, by

Bosch te gaan haal. Hy erken dat hy beide dokumente A en B geteken het, maar hy het hom

nie veel aan die inhoud daarvan gesteur nie omdat hy aanvaar het dat dit die wesenlike terme

van die samewerkingsooreenkoms tussen Bosch en Basilio reflekteer. Inderdaad het Bosch

hom dan ook verseker dat die dokumente slegs relevant is vir soverre dit 'n uiteensetting van

die toerusting en die tariewe waarteen dit uitverhuur moes word, bevat. Alves se getuienis was

voorts dat toe die masjiene en vragmotors tot sy beskikking gestel is, dit in so swak toestand

was dat dit nie vir uitverhuring geskik was nie en eers deur die vyfde verweerder herstel moes

word.

[24] Wat betref die eis teen L & P Plant Hire vir die beweerde skade wat die masjiene en

vragmotors gedurende die huurtermyn opgedoen het, is die weergawe van beide Basilio en

Alves in kort dat die toerusting aan die einde van die huurtermyn nie wesenlik verskil het van

hoe dit aan die begin van die huurtermyn daar uitgesien het nie. Maseko en Chauke se

getuienis dat hulle van hul beheer oor die Poclain en die Case ontneem is, word deur Basilio en

Alves ontken. Alves erken wel dat hy sy rewolwer uitgehaal het toe Bosch die Poclain verwyder

het. Sy verduideliking is egter dat hy dit gedoen het omdat van die mense wat saam met Bosch

was, hom bedreig het.

[25] Uit die voorgaande is dit duidelik dat indien Basilio en Alves se weergawe ten koste van dié

van Bosch aanvaar word, eise A en B nie kan slaag nie. Die twee eise wentel dus, net soos in

die geval van eise D tot H, om 'n geloofwaardigheidsbevinding ten aansien van Bosch, Basilio

en Alves. Selfs die quantum van L & P Plant Hire se eis vir skadevergoeding onder eis B hang

uitsluitlik af van die geloofwaardigheid van Bosch. Dit is so omdat die deskundige getuies wat

namens L & P Plant Hire geroep is, hulle beraming van die herstelkoste hoofsaaklik gebaseer

Page 14: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

het op Bosch se beskrywings van die toestand waarin die masjiene en vragmotors was toe hy

dit teruggekry het. In hierdie Hof is pertinent namens die betrokke verweerders toegegee dat

indien Bosch se getuienis as geloofwaardig aanvaar word, hulle nie die quantum van eis B op

enige ander grond betwis nie.

2002 (2) SA p674

BRAND WN AR

[26] Weens die beslissende rol wat die geloofwaardigheid van die drie sleutelgetuies in die

beregting van die saak speel, het die Verhoorhof in sy uitspraak hulle getuienis aan 'n

deurtastende ondersoek onderwerp. Aan die hand van hierdie ondersoek het Willis R

onomwonde en sonder kwalifikasie sy slotsom geboekstaaf dat, in die vele botsings tussen die

weergawes van die drie sleutelgetuies, Bosch se weergawe bo dié van Basilio en Alves

aanvaar moet word. Waarvoor die verweerders derhalwe in wese op appèl vra is dat hierdie Hof

die Verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindings ter syde moet stel.

[27] Hierdie Hof se huiwering om met geloofwaardigheidsbevindings deur 'n verhoorhof in te

meng, is welbekend. Die redes vir sodanige huiwering asook die omstandighede waaronder

hierdie Hof wel sal inmeng is so dikwels reeds in gewysdes geformuleer dat herhaling daarvan

weinig doel kan dien. Gevolglik volstaan ek met die opmerking dat daar na my oordeel in

hierdie saak geen basis is waarop met die Hof a quo se geloofwaardigheidsbevinding

ingemeng kan word nie. Inteendeel is dit myns insiens duidelik dat die Verhoorhof se

ongekwalifiseerde geloofwaardigheidsbevindings ten gunste van Bosch aanvaar moet word.

Veral omdat die kerngedeeltes van Basilio en Alves se weergawes om verskeie redes

onversoenbaar is met inherente waarskynlikhede. Hierdie redes word volledig in die uitspraak

van die Hof a quo weergegee. Ek vind dit onnodig om dit te herhaal en onderstreep slegs die

vernaamstes daarvan.

[28] Volgens Basilio is die toerusting tot beskikking van L & P Plant Hire gestel uit hoofde van 'n

samewerkingsooreenkoms. Daar was nooit 'n huurkontrak soos wat Bosch beweer nie. In die

eerste uitgawe van die verweerders se pleit gedateer 19 Junie 1995, word egter geen melding

van 'n samewerkingsooreenkoms gemaak nie. Inteendeel lui para 8.1 en 8.2 soos volg:

'8.1 The first defendant admits that on or about 20 July 1994 the fourth defendant [Alves] acting for and onbehalf of the first defendant [L & P Plant Hire] entered into a partly written partly oral agreement of hirewith the first plantiff [Bosch senior] represented by Johan Bosch. . . .

8.2 The first defendant admits that fourth defendant acting for and on behalf of the first defendant signed thedocuments which are annexures A and B to the plaintiff's particulars of claim.'

(Dit is dokumente A en B.)

[29] Daarna is die saak by verskeie geleenthede vir verhoor terrolle geplaas en uitgestel. By

sommige van hierdie geleenthede het Basilio ter voorbereiding van sy getuienisaflegging met

die verweerders se advokaat en prokureur gekonsulteer. Met verloop van tyd het die

verweerders by geleentheid ook van prokureurs en advokate verwissel. Desnieteenstaande het

die bewering van 'n samewerkingsooreenkoms en die gepaardgaande ontkenning van 'n

huurkontrak vir die eerste keer sy verskyning gemaak in 'n aansoek om die wysiging van die

Page 15: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

verweerders se pleit, wat gedateer is op 3 Desember 1998.

2002 (2) SA p675

BRAND WN AR

[30] Basilio se verduideliking dat hy deurentyd dieselfde weergawe wat hy aan die Hof

voorgehou het aan sy regsverteenwoordigers oorgedra het, is in al die omstandighede

eenvoudig onaanvaarbaar. Ewe onaanvaarbaar is sy verduideliking vir sy optrede nadat Alves

dokument A, wat toe reeds deur Alves geteken was, aan hom oorhandig het. Volgens Basilio

het hy daarop vir Bosch gekonfronteer met die feit dat dokument A hoegenaamd nie hulle

ooreenkoms reflekteer nie. Bosch het onderneem om dit reg te stel maar het dit nooit gedoen

nie. As rede waarom hy nie toe maar self 'n skriftelike kontrak opgestel het wat die terme van

die samewerkingsooreenkoms behoorlik reflekteer nie, het Basilio aangevoer dat hy nie kan tik

nie. Behalwe vir die inherente onaanvaarbaarheid van hierdie verskoning, blyk dit dat Basilio, in

briefwisseling met Bosch se prokureurs, juis self sy briewe getik het. Na dit alles word dan in

die verweerders se oorspronklike pleit erken dat Alves behoorlik gemagtig was om nie alleen

dokument A nie maar ook dokument B, wat Basilio volgens sy getuienis nooit eens gesien het

nie, te onderteken.

[31] Alves se vernaamste probleem in kruisverhoor het ook rondom sy ondertekening van

dokumente A en B ontstaan. Wat betref dokument A was sy verduideliking in kort dat hy die

dokument nooit behoorlik gelees het nie. Tog gee hy toe dat hy in sy eie handskrif veranderings

aangebring het aan gedeeltes van die dokument wat op sy weergawe onsaaklik was, maar

terselftertyd versuim het om daardie gedeeltes te verander wat direk in stryd met die

samewerkingsooreenkoms was. Wat dokument B betref, gee Alves toe dat hy besef het dat

die dokument terme en voorwaardes bevat wat soortgelyk is aan dié van L & P Plant Hire se

standaard huurkontrakte. Nietemin voer hy aan dat hy die dokument onderteken het omdat hy

nog nooit daaraan gedink het dat huurders wat so 'n dokument onderteken, gebonde is aan die

terme en voorwaardes wat daarin vervat is nie. Dat hierdie verduidelikings van Alves

hoegenaamd nie opgaan nie, spreek eintlik vanself.

[32] Basilio en Alves se weergawes het hulle ook in botsing gebring met getuies soos Maseko

en Chauke wat ter ondersteuning van Bosch se weergawe geroep is. Soos die Hof a quo tereg

opgemerk het, kan daar teen hierdie getuies weinig kritiek ingebring word, wat die afleiding dat

Basilio en Alves nie die waarheid praat nie, nog sterker maak.

[33] Uit die voorgaande blyk dit dat L & P Plant Hire en L & P Construction se verwere op

elkeen van die sewe eise teen hulle geheel en al afhanklik was van die aanvaarding van Basilio

en Alves se weergawes. Die verwerping van hulle getuienis het dus tot gevolg dat hierdie twee

beslote korporasies se appèlle nie kan slaag nie. Benewens sekere geringe opsigte waarin die

Hof a quo se bevele teen hierdie twee verweerders reggestel moet word, moet ek ook nog

handel met bykomende aspekte rakende koste. Ek keer later daarna terug. Ek handel eers met

die appèl van Basilio en Alves in hulle persoonlike hoedanighede.

[34] Soos aangedui was Bosch senior se vorderings onder eise A en B nie alleen teen L & P

Plant Hire gerig nie maar, ingevolge die bepalings van arts 64 en 65 van die Wet op Beslote

Page 16: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Korporasies 69 van 1984 (die Wet),

2002 (2) SA p676

BRAND WN AR

ook teen Basilio en Alves in hulle persoonlike hoedanighede. Die Hof a quo het bevind dat art

65 nie van toepassing is nie, maar het Bosch senior gelyk gegee op art 64. Basilio en Alves se

appèl teen hierdie bevinding rus op twee bene. Eerstens, op die basis dat die beslote

korporasie, L & P Plant Hire, nie onder eise A en B teenoor Bosch senior aanspreeklik is nie en

dat hulle gevolglik ook nie ingevolge art 64 aanspreeklik kan wees nie. Tweedens op die

grondslag dat die Hof a quo fouteer het in sy uitleg van art 64 van die Wet. Dit volg uit die

voorgaande dat daar geen meriete in die eerste basis is nie. Wat oorbly is die oorweging van

die tweede basis.

[35] Hoewel die eisers hulle op appèl weer op art 65 van die Wet beroep het, is ek dit met die

Hof a quo eens dat hierdie wetsartikel nie toepassing kan vind op die onderhawige feite nie.

Artikel 65 stel die Hof in staat om die selfstandige regspersoonlikheid van 'n beslote korporasie

te verontagsaam in 'n geval waar die bevinding geregverdig is dat daardie selfstandige

regspersoonlikheid 'grof misbruik' is. Op die feite van die onderhawige geval is daar eenvoudig

geen feitebasis gelê vir 'n bevinding dat die regspersoonlikheid van L & P Plant Hire misbruik is

nie.

[36] Dit bring my by artikel 64(1) van die Wet, wat soos volg lui:

'46 Indien dit te enige tyd blyk dat enige besigheid van 'n korporasie roekeloos, met growwe nalatigheid of metdie opset om iemand te bedrieg of vir 'n bedrieglike doel gedryf was of word, kan 'n Hof op aansoek van dieMeester, of 'n skuldeiser, lid of likwidateur van die korporasie, verklaar dat iemand wat wetend 'n party tot die dryfvan die besigheid op enige sodanige wyse was of is, persoonlik aanspreeklik is vir al of enige van die skulde ofverpligtinge van die korporasie wat die Hof gelas, en die Hof kan die verdere bevele gee wat hy goeddink teneinde aan die verklaring gevolg te gee en daardie aanspreeklikheid af te dwing.'

[37] Die Hof a quo fundeer sy bevinding dat Basilio en Alves ingevolge die bepalings van art 64

vir L & P Plant Hire se skuld onder eise A en B aanspreeklik is in die eerste plek op die

bevinding dat hulle twee, reeds by aangaan van die huurkontrak van 20 Julie 1994, daarop uit

was om die eienaar van die toerusting, Bosch senior, te bedrieg. Na my mening is so 'n

bevinding nie op die feite geregverdig nie. Hierdie proposisie is nooit aan enigeen van Basilio

of Alves in kruisverhoor gestel nie. In die omstandighede was die ingrypende bevinding van

bedrog nouliks geregverdig. In elk geval het Basilio en Alves, ooreenkomstig Bosch se eie

weergawe, minstens tot aan die einde van Augustus 1994 die huurkontrak behoorlik nagekom.

Hulle optrede daarna is eweneens versoenbaar met 'n oogmerk om die huurkontrak blatant te

verbreek omdat hulle geglo het dat hulle daarmee kan wegkom aangesien die eisers nie

finansieel in staat was om hul regte ingevolge die huurkontrak deur regstappe af te dwing nie,

soos wat Alves dan ook aan Bosch gesê het. Dat blatante kontrakbreuk nie gelyk is aan bedrog

nie, spreek eintlik vanself.

[38] Die tweede been waarop die Hof a quo Basilio en Alves se persoonlike aanspreeklikheid

ingevolge art 64 fundeer, is dat hulle die masjiene en voertuie wat aan L & P Plant Hire verhuur

Page 17: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

is, op roekelose of minstens grof nalatige wyse hanteer het. Dat dit so is, staan myns

2002 (2) SA p677

BRAND WN AR

insiens vas. Die eerste vraag wat ontstaan is egter of roekelose of grof nalatige hantering van

goedere waarvan die beslote korporasie die huurder is, gelyk gestel kan word aan roekelose of

grof nalatige dryf van die beslote korporasie se besigheid, soos in art 64 beoog word. Oor die

algemeen moet hierdie vraag myns insiens ontkennend beantwoord word. Ek is egter bereid

om ten gunste van Bosch senior te aanvaar, sonder om dit finaal te beslis, dat in 'n geval soos

die onderhawige waar dit deel van die beslote korporasie se besigheid is om toerusting te huur

vir uitverhuring aan derdes, die roekelose of grof nalatige hantering van die gehuurde

toerusting, binne die kader van art 64 tuisgebring kan word.

[39] Wat egter na my oordeel van groter belang is in onderhawige verband is dat daar geen

getuienis is aangaande L & P Plant Hire se finansiële posisie nie. Daar is dus geen basis om te

aanvaar dat Bosch senior nie sy eise onder A en B van die beslote korporasie sal kan verhaal

nie. Die Hof a quo het die mening uitgespreek dat die toepassing van die art 64 nie beperk

moet word tot gevalle waar die beslote korporasie in likwidasie is nie. Hoewel hierdie mening

waarskynlik in beginsel korrek is, is dit nie 'n antwoord op die regte vraag nie. Die regte vraag is

of art 64 so uitgelê moet word dat, ook in 'n geval waar die beslote korporasie 'n skuldeiser se

eis kan ontmoet, die skuldeiser terselfdertyd sy eis kan instel teen 'n persoon wat die

korporasie se sake op roekelose of grof nalatige wyse bedryf het. By oorweging van hierdie

vraag moet in gedagte gehou word dat 'n skuldeiser, anders as 'n lid, se enigste belang by die

bedryf van die beslote korporasie se besigheid geleë is in sy vordering teen die beslote

korporasie. Solank die beslote korporasie die skuldeiser se vordering ten volle kan betaal, het

die skuldeiser gevolglik geen belang by die wyse waarop die korporasie se besigheid bedryf

word nie. Henochsberg on the Companies Act 5de uitg op 914, laat hom soos volg uit oor die

analoë bepalings in art 424 van die Maatskappywet 61 van 1973:

'It is submitted, carrying on any business of the company recklessly means carrying it on by conduct whichevinces a lack of any genuine concern for its prosperity.'

Dit is so dat art 424 van die Maatskappywet slegs verwys na roekelose optrede en nie ook na

grof nalatige optrede, soos art 64 van die Wet nie. Aan die ander kant word 'roekelose' optrede

in art 424 juis uitgelê om ook 'growwe nalatigheid' in te sluit (sien Henochsberg ter aangehaalde

plaatse en die gesag daar aangehaal). Gevolglik kan Henochsberg se siening oor die betekenis

van 'roekeloosheid' as korrek aanvaar word ook wat 'grof nalatige optrede' in art 64 betref. Dit

onderstreep die retoriese vraag: Hoe raak dit 'n skuldeiser van 'n beslote korporasie wat in staat

is om die skuldeiser se vordering te ontmoet, dat die beheerders van die besigheid onbesorg is

oor die beslote korporasie se finansiële voorspoed? En die verdere vraag: Hoekom sal 'n

skuldeiser wat net sowel, byvoorbeeld, sy huurgeld van 'n beslote korporasie as huurder kan

verhaal, die keuse hê om dit ook van die beheerder van die beslote korporasie te verhaal net

omdat die beheerder onbesorg is oor die beslote korporasie se finansiële toekoms? Wat

skuldeisers betref is die bedoeling van art 64 (afgesien - moontlik - van bedrog) immers nie om

vir hulle mede-hoofskuldenaars

Page 18: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

2002 (2) SA p678

BRAND WN AR

met die beslote korporasie te skep nie. Die bedoeling is om hulle te beskerm teen nadeel wat

die roekelose of grof nalatige bedryf van die beslote korporasie se sake vir hulle mag

meebring.

[40] So gesien moet art 64, wat skuldeisers betref, beperkend uitgelê word om slegs betrekking

te hê op 'roekelose' en 'grof nalatige' bedryf van die beslote korporasie se besigheid wat 'n

nadelige effek op die skuldeiser se vordering teen die beslote korporasie het. Waar die beslote

korporasie ten spyte van die roekelose of grof nalatige bedryf van sy besigheid steeds die

skuldeiser se vordering kan ontmoet, kan die skuldeiser nie ingevolge art 64 ageer nie. Dit volg

dat aangesien daar in die onderhawige geval geen aanduiding is van L & P Plant Hire se

onvermoë om eise A en B te betaal nie, daar 'n wesenlike element van Bosch senior se

vordering teen Basilio en Alves, ingevolge art 64, ontbreek. Uit die uitspraak van die Hof a quo

wil dit voorkom asof die beslissing om art 64 teen Basilio en Alves toe te pas grootliks beinvloed

is deur die Hof se vermoede dat Bosch senior in L & P Plant Hire slegs 'n leë dop sal vind

wanneer hy sy vonnis teen die beslote korporasie probeer afdwing. In die lig van die

voorgaande is dit egter myns insiens duidelik dat die blote vermoede van finsansiële onvermoë

aan die kant van die beslote korporasie nie voldoende is vir die toepassing van art 64 nie. Tog

moet die moontlikheid van 'n beroep op art 64 nie vir Bosch senior ontneem word indien die Hof

a quo se vermoede uiteindelik waar sou blyk te wees nie. Derhalwe was die gepaste bevel in

hierdie verband na my oordeel een van absolusie van die instansie.

[41] Wat oorbly is sekere aspekte rakende koste. Eerstens, wat koste in die Hof a quo betref,

volg dit uit die voorgaande dat die kostebevele teen Basilio en Alves tersyde gestel moet word

en vervang moet word met 'n kostebevel teen Bosch senior ten gunste van hierdie twee

verweerders. Tweedens, het die Hof a quo koste toegestaan teen L & P Plant Hire op prokureur

en kliënt skaal. Die basis hiervoor was hoofsaaklik 'n uitdruklike term tot dien effekte wat vervat

is in die Propact ooreenkoms. Aangesien die terme van die Propact ooreenkoms, volgens

Bosch se aanvaarde getuienis, by die huurkontrak tussen die partye ingelyf is, was daar myns

insiens geen rede waarom die Hof a quo nie hierdie term teen L & P Plant Hire kon afdwing

nie. Derdens, is daar die koste van die bestrede aansoek wat voortgespruit het uit die

verweerders se kennisgewing van voorneme om hul pleit te wysig op 3 Desember 1994. Hierdie

koste is deur Satchwell R, wat die wysiging toegestaan het, voorbehou. Aan die einde van die

verhoor het Willis R gelas dat dit deur die verweerders betaal moet word op die skaal soos

tussen prokureur en eie kliënt. Die basis hiervoor was dat, blykens die Verhoorhof se

uiteindelike geloofwaardigheidsbevindings, die aansoek om wysiging op valse getuienis

gefundeer was. Myns insiens is daar geen grondige rede aangevoer waarom met hierdie

kostebevel ingemeng kan word nie. Die vraag of 'n kostebevel op 'n skaal van prokureur en eie

klient (in teenstelling met die prokureur en klient-skaal) in beginsel toegestaan kan word, is

soos in ander sake in die verlede, ook in hierdie saak nie geopper of geargumenteer nie.

(Vergelyk ook Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse 2001 (4) SA 551 (HHA)

op 596D.) Wat hierdie Hof

Page 19: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

2002 (2) SA p679

BRAND WN AR

betref bly die afsonderlike bestaansreg van hierdie skaal van koste dus nog steeds 'n ope

vraag. Ook die juistheid van die Hof a quo se bevele aangaande moratore rente en van welke

datums dit bereken moet word, is nie namens die verweerders in geskil geplaas nie. Daar is

gevolglik onvoldoende rede om met hierdie bevele in te meng.

[42] Wat die koste van appèl betref sou dit normaalweg die sukses of mislukking van die

onderskeie appellante se appèlle volg. So 'n bevel sou egter myns insiens in die onderhawige

geval onbillikheid meebring. Indien die appèl beperk was tot die Hof a quo se beslissing uit

hoofde van art 64, sou slegs 'n baie beperkte deel van die oorkonde, wat 2 500 bladsye

beslaan, ter sake wees. Dit is dus die onsukselvolle appèl teen die aanspreeklikheid van L & P

Plant Hire - waaraan Basilio en Alves ook deelgeneem het - wat die voorbereiding en

bestudering van die oorkonde genoodsaak het. Gevolglik is 'n billike kostebevel na my oordeel

dat geen bevel ten aansien van die koste van appèl gemaak word nie, behalwe dat L & P Plant

Hire (oftewel die eerste appellant) gelas word om 80% van die respondente se koste wat deur

die bestudering van die oorkonde teweeggebring is, te betaal.

[43] Bygevolg is die bevel van hierdie Hof:

(a) Die appèl van eerste en tweede appellante word van die hand gewys.

(b) Die appèl van derde en vierde appellante slaag.

(c) Geen bevel word ten aansien van die koste van appèl gemaak nie behalwe dat die

eerste appellant gelas word om 80% van die respondente se koste wat deur

bestudering van die oorkonde meegebring is, te betaal.

(d) Die bevele van die Hof a quo word ter syde gestel en met die volgende vervang.

'1. The first defendant is ordered to pay to the first plaintiff the sum of R364 535,96.

2. The second defendant is ordered to pay to the second plaintiff the sum of R111 106,66.

3. The second defendant is ordered to pay to the second plaintiff the sum of R9 120.

4. The first defendant is ordered to pay to the first plaintiff mora interest on R146 843,40 of the sum ofR364 535,96 referred to in para 1 above from 30 September 1994 to date of payment.

5. The first defendant is ordered to pay to the first plaintiff mora interest on R217 692,56 of the sum ofR364 535,96 referred to in para 1 above from 31 March 1995 to date of payment.

6. The second defendant is ordered to pay to second plaintiff mora interest on the sum of R111 106,66referred to in para 2 above from 1 April 1994 to date of payment.

7. The second defendant is ordered to pay to the second plaintiff mora interest on the sum of R9 120referred to in para 3 above from 31 May 1995 to date of payment.

2002 (2) SA p680

Page 20: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

BRAND WN AR

8. Save as provided for in paras 9 and 10 below, the first defendant is ordered to pay the first plaintiff'scosts in this action on an attorney and client scale.

9. As to the first plaintiff's claims in terms of ss 64 and 65 of Act 69 of 1984, third and fourth defendantsare absolved from the instance with costs.

10. The first, second, third and fourth defendants are jointly and severally liable to pay the first plaintiff'swasted costs occasioned by the notice of amendment of defendants' plea on 3 December 1998,and the subsequent application for leave to amend on an attorney and own client scale, and areordered to pay these costs, the one paying the other to be absolved.'

Vivier Wn AHR, Scott AR, Cloete Wn AR en Nugent Wn AR het saamgestem.

Appellante se Prokureurs: Edgar Salmon & Salmon, Johannesburg; Bezuidenhouts & Milton

Earle Ing, Bloemfontein. Respondente se Prokureurs: J L van der Walt, Johannesburg; Honey

& Vennote Ing, Bloemfontein.

Page 21: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Endnotes

1 (Popup - Popup)

Commissioner, South African Revenue Services v Hawker Air Services (Pty) Ltd;

Commissioner, South African Revenue Services v Hawker Aviation Partnership and Others

2006 (4) SA 292 (SCA) [also reported at [2006] 2 All SA 565 - Eds].

2 (Popup - Popup)

The different orders are quoted in Metlika Trading Ltd v Commissioner, South African Revenue

Service 2005 (3) SA 1 (SCA) [also reported at [2004] 4 All SA 410 - Eds].

3 (Popup - Popup)

Metlika Trading paras 18 and 35.

4 (Popup - Popup)

Botha J was also not prepared to judge the role of King in Carmel. Why he did not consider

himself bound by the findings of Hartzenberg J does not appear from his judgment.

5 (Popup - Popup)

Metlika para 35 [at 15C - D - Eds]. See also Voet 2.4.18.

6 (Popup - Popup)

Metlika para 44.

7 (Popup - Popup)

Derby & Co Ltd and Others v Weldon and Others (No 2) [1989] 1 All ER 1002 (CA) at 1007f - g.

8 (Popup - Popup)

Van der Merwe and Olivier Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg 6 ed at 64 fn21.

9 (Popup - Popup)

Digesta 6.1.38 (Celsus). The translation is that of Watson. See the chapter with this name in JE

Spruit Metopen: Verzamelde Essays over het Romeinse Recht en zijn Geschiedenis (2002) at

251.

10 (Popup - Popup)

MV Spirit of Namibia: Big Red One Inc and Another v Marco Fishing (Pty) Ltd 2006 (6) SA 309

(SCA) para 14.

11 (Popup - Popup)

Page 22: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Cf Wells v South African Alumenite Company 1927 AD 69.

12 (Popup - Popup)

B Beinart 'Capital in Partnership' 1961 Acta Juridica 118 at 146.

13 (Popup - Popup)

Cf Harksen v Lane NO and Others 1998 (1) SA 300 (CC) paras 35 - 37 [also reported at 1997

(11) BCLR 1489 - Eds].

14 (Popup - Popup)

For the meaning of the term: First National Bank of SA Ltd t/a Wesbank v Commissioner, South

African Revenue Service and Another; First National Bank of SA Ltd t/a Wesbank v Minister of

Finance 2002 (4) SA 768 (CC) para 100 [also reported at 2002 (7) BCLR 702 - Eds].

15 (Popup - Popup)

*Act 69 of 1984MEds..

16 (Popup - Popup)

Airport Cold Storage (Pty) Ltd v Ebrahim and Others 2008 (2) SA 303 (C).

17 (Popup - Popup)

Close Corporations Act 69 of 1984, s 65:

'65 Powers of court in case of abuse of separate juristic personality of corporation

Whenever a court on application by an interested person, or in any proceedings in which a corporation isinvolved, finds that the incorporation of, or any act by or on behalf of, or any use of, that corporation, constitutes agross abuse of the juristic personality of the corporation as a separate entity, the court may declare that thecorporation is to be deemed not to be a juristic person in respect of such rights, obligations or liabilities of thecorporation, or of such member or members thereof, or of such other person or persons, as are specified in thedeclaration, and the court may give such further order or orders as it may deem fit in order to give effect to suchdeclaration.'.

18 (Popup - Popup)

Close Corporations Act 69 of 1984 s 63:

'63 Joint liability for debts of corporation

Notwithstanding anything to the contrary contained in any provision of this Act, the following persons shall in thefollowing circumstances together with a corporation be jointly and severally liable for the specified debts of thecorporation:

. . .

(h) where the office of accounting officer of the corporation is vacant for a period of six months, any person

who at any time during that period was a member and aware of the vacancy, and who at the expiration of that periodis still a member, shall be so liable for every debt of the corporation incurred during such existence of the vacancy

Page 23: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

and for every such debt thereafter incurred while the vacancy continues and he or she still is a member.'.

19 (Popup - Popup)

Companies Act 61 of 1973, s 415, headed 'Examination of directors and others at meetings'

(which in terms of s 66 of the Close Corporations Act 69 of 1984 applies mutatis mutandis)

provides that any creditor who has proved a claim against a close corporation may at a

creditors' meeting interrogate any person subpoenaed `concerning all matters relating to the

company or its business or affairs'.

20 (Popup - Popup)

Section 68(1) of the Insolvency Act 24 of 1936, read with s 339 of the Companies Act 61 of

1973 and s 66 of the Close Corporations Act.

21 (Popup - Popup)

Companies Act 61 of 1973, s 424:

'424 Liability of directors and others for fraudulent conduct of business

(1) When it appears, whether it be in a winding-up, judicial management or otherwise, that any business of thecompany was or is being carried on recklessly or with intent to defraud creditors of the company or creditors of anyother person or for any fraudulent purpose, the court may, on the application of the master, the liquidator, the judicialmanager, any creditor or member or contributory of the company, declare that any person who was knowingly aparty to the carrying on of the business in the manner aforesaid, shall be personally responsible, without anylimitation of liability, for all or any of the debts or other liabilities of the company as the court may direct.'.

22 (Popup - Popup)

Saincic and Others v Industro-Clean (Pty) Ltd (229/05) [2006] ZASCA 83; [2006] SCA 77 (RSA)

(31 May 2006) at para 27 per Harms JA.

23 (Popup - Popup)

See the approach this court adopted in L & P Plant Hire BK en Andere v Bosch en Andere 2002

(2) SA 662 (SCA) at para 39.

24 (Popup - Popup)

See the discussion in Philotex (Pty) Ltd and Others v Snyman and Others; Braitex (Pty) Ltd and

Others v Snyman and Others 1998 (2) SA 138 (SCA), where Howie JA noted that `the ordinary

meaning of "recklessly'' includes gross negligence' (at 143F), and that recklessness itself

connotes 'at the very least gross negligence' (at 144A).

25 (Popup - Popup)

Philotex (Pty) Ltd v Snyman 1998 (2) SA 138 (SCA) at 143F-G.

26 (Popup - Popup)

S v Dhlamini 1988 (2) SA 302 (A) at 308D-E, applied in the corporate context in Philotex (Pty)

Page 24: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

Ltd v Snyman 1998 (2) SA 138 (SCA) at 143F-G.

27 (Popup - Popup)

Fisheries Development Corporation of SA Ltd v Jorgensen and Another; Fisheries Development

Corporation of SA Ltd v AWJ Investments (Pty) Ltd and Others 1980 (4) SA 156 (W) at 170B-C,

per Margo J, adopted in part in Philotex (Pty) Ltd v Snyman 1998 (2) SA 138 (SCA) at 144B.

28 (Popup - Popup)

Bill of Rights, s 8(2):

'A provision in the Bill of Rights binds a natural or a juristic person if, and to the extent that, it is applicable, takinginto account the nature of the right and the nature of any duty imposed by the right.'.

29 (Popup - Popup)

Bill of Rights, s 8(4):

'A juristic person is entitled to the rights in the Bill of Rights to the extent required by the nature of the rights andthe nature of that juristic person.'.

30 (Popup - Popup)

Paul L Davies Gower and Davies Principles of Modern Company Law 8 ed 2008 ch 2 para 2-1

at p 33.

31 (Popup - Popup)

Henochsberg on the Companies Act, edited by JA Kunst et al, service issue 27, June 2008, at p

916. The statement has been judicially approved on more than one occasion.

32 (Popup - Popup)

Saincic and Others v Industro-Clean (Pty) Ltd (229/05) [2006] ZASCA 83; [2006] SCA 77 (RSA)

(31 May 2006) at para 29 per Harms JA, pointing out that 'the provision could not have intended

that causation [between the impugned conduct and the unpaid debt] does not play any role at

least as far as creditors are concerned'.

33 (Popup - Popup)

MS Blackman & others Commentary on the Companies Act (2002, with updates) vol 3 at

14-524.

34 (Popup - Popup)

Philotex (Pty) Ltd v Snyman 1998 (2) SA 138 (SCA) at 142H-I.

35 (Popup - Popup)

Ad Valorem Factors Ltd v Ricketts [2004] 1 All ER 894 (CA) at para 2, per Mummery LJ.

Page 25: State Attorney , Johannesburg and Bloemfontein.learning.ufs.ac.za/ONR314_ON/Resources/1. RESOURCES... · Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) op/at 698G - 699A First

Copyright Juta & Company

36 (Popup - Popup)

Cape Pacific Ltd v Lubner Controlling Investments (Pty) Ltd and Others 1995 (4) SA 790 (A) at

803H.

37 (Popup - Popup)

Philotex (Pty) Ltd v Snyman 1998 (2) SA 138 (SCA) at 142H-I and 143F.

38 (Popup - Popup)

Howard v Herrigel and Another NNO 1991 (2) SA 660 (A) at 673I-J.