Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17...

12
Praat- en leestyd: Diere wat jy ken Kyk na die prentjies van die verskillende diere en lees die sinne. Sê wat die ooreenkomste en verskille tussen die diere is, byvoorbeeld ’n koei het horings, maar ’n kat het nie horings nie. Al die woorde in vet druk is selfstandige naamwoorde. 16 ’n Kat kan ver loop 2 Weet jy wat? ’n Troeteldier (pet ) is ’n huisdier. ’n Plaasdier (farm animal ) kry jy op ’n plaas. Moe! Mê! Miaau! Kekkelekê! Woef! ’n Kat is ’n troeteldier wat miaau. ’n Kat vang muise. ’n Hen is ’n plaasdier wat kekkel. Sy lê eiers. ’n Haan is ’n plaasdier wat kraai. Hy maak ons wakker. ’n Hond is ’n troeteldier wat blaf. Baie mense sê ’n hond is ’n mens se beste vriend. ’n Koei is ’n plaasdier wat bulk of loei. Sy gee vir ons melk. ’n Skaap is ’n plaasdier wat blêr. Van ’n skaap kry ons wol en vleis.

Transcript of Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17...

Page 1: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

Praat- en leestyd: Diere wat jy ken

Kyk na die prentjies van die verskillende diere en lees die sinne. Sê wat die ooreenkomste en verskille tussen die diere is, byvoorbeeld ’n koei het horings, maar ’n kat het nie horings nie. Al die woorde in vet druk is selfstandige naamwoorde.

16

’n Kat kan ver loop 2

Weet jy wat? ’n Troeteldier (pet ) is ’n huisdier.

’n Plaasdier (farm animal ) kry jy op ’n plaas.

Moe!

Mê!

Miaau!Kekkelekê!

Woef!

’n Kat is ’n troeteldier wat miaau. ’n Kat vang muise.

’n Hen is ’n plaasdier wat kekkel. Sy lê eiers.

’n Haan is ’n plaasdier wat kraai. Hy maak ons wakker.

’n Hond is ’n troeteldier wat blaf. Baie mense sê ’n hond is ’n mens se beste vriend.

’n Koei is ’n plaasdier wat bulk of loei. Sy gee vir ons melk.

’n Skaap is ’n plaasdier wat blêr. Van ’n skaap kry ons wol en vleis.

9780636119901T ASG G5 LB.indb 16 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 2: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

17

Lesreeks 2

Lees- en skryftyd: Maak lysies

Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

Verdeel in groepies van twee. Kyk weer na die diere op bl. 16. Sê watter diere troeteldiere of plaasdiere is. Skryf dit in twee kolomme.

Troeteldier Plaasdier

kat koei

Voltooi ook hierdie kolomme.

Skryf in die eerste kolom watter geluid elke dier maak. Skryf in die tweede kolom wat die nut of waarde van die dier vir die mens is.

Geluid (Sound) Nut (Use)

1. koei

2. hond

3. kat

4. skaap

5. haan

Praattyd: Jou eie mening

l Hou jy van diere? Sê hoekom.

l Het jy ’n troeteldier? Vertel die klas daarvan.

l Van watter troeteldier hou jy die meeste?

l Van watter plaasdier hou jy die meeste?

Skryftyd: ’n Paragraaf

Skryf ’n paragraaf oor ’n plaasdier of ’n troeteldier. l Doen navorsing en kies jou dier.

l Versamel inligting oor die dier.

l Organiseer die inligting en skryf ’n paragraaf van 40 tot 50 woorde.

Die onderwyser sien jou rofwerk na en dan skryf jy dit netjies oor.

Verdeel in pare. Vra die vrae vir ’n maat en luister na

mekaar.

Party diere kan troeteldiere

én plaasdiere wees!

(18 punte)

9780636119901T ASG G5 LB.indb 17 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 3: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

18

Kwartaal 1

’n Spelet jie: Die regte volgorde

Kyk na die prentjies van die kat en die muis. Vertel die storie in jou eie woorde. Sê wat eerste, tweede, ens. gebeur.

Lees nou die sinne oor die storie.Jy sal sien hulle is deurmekaar. Watter sin pas by watter prentjie? Dink jou eie sin uit vir die laaste prentjie.

1. Die kat spring op en jaag die muis.

2. Oeps, die muis val per ongeluk oor die kat se snor.

3. Die kat lê op die mat en slaap rustig.

4. Die muis kruip saggies by die kat verby.

5. Die kat skrik wakker en die muis skrik ook.

6. ?

Skryftyd: Skryf ’n paragraaf

Skryf die sinne in die regte volgorde in ’n paragraaf. Gee ook ’n titel vir die vertelling.

Begin so:

1. Die kat lê op die mat en slaap rustig.

Praattyd: Jou eie storieVertel van jou eie troeteldier of plaasdier.

Vertel ook van iets snaaks of interessants wat die dier gedoen het.

A

B

Skryf die storie nou langer en gebruik voegwoorde soos

terwyl, maar, omdat.As jy wil, kan jy ’n

gediggie oor die kat en die muis skryf.

1 2 3

4 5 6

Kyk mooi! Elke sin begin met ’n hoofletter en eindig

met ’n punt.

9780636119901T ASG G5 LB.indb 18 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 4: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

l Wys met jou vinger in watter provinsie jy woon.

l Teken jou eie kaart van die land en dui aan waar jy woon. Skryf die plekname by.

Bekom inligting

1. Hoeveel kilometer is jou woonplek van die naaste winkel af?

2. Hoeveel kilometer is jou woonplek van Pretoria af?

3. Hoeveel kilometer is jou woonplek van Kaapstad af?

19

Lesreeks 2

Lees- en skryftyd: ’n Kaart

Weet jy hoe ver 1 250 kilometer is?

Kyk na die kaart van Suid-Afrika hieronder. By die onderste kolletjie is Hartenbos in die Wes-Kaap. In Gauteng by die boonste kolletjie is Pretoria. Volg die lyn van Hartenbos tot by Pretoria met jou vinger – dit is 1 250 kilometer.

Onthou, km is die afkorting vir kilometer. ’n

Kilometer is 1 000 meter. N is die afkorting vir NOORD.

Pretoria

HartenbosKaapstad

Wes-Kaap

Weet jy hoekom ons Wes-Kaap met ’n

koppelteken skryf?

Kyk mooi! Al drie vrae hieronder eindig met

’n vraagteken (?).

9780636119901T ASG G5 LB.indb 19 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 5: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

20

Kwartaal 1

Vluglees: ’n Koerantberig

Jy gaan die koerantberig vluglees.

Lees net die titel en die onderstreepte gedeeltes. Jy sal ’n goeie idee hê van waaroor dit gaan!

Kat loop 1 250 km ver na sy huis in Pretoria1. Dit is moeilik om te glo dat ’n kat 1 250

km ver kan loop – maar dis waar.2. Die kat wat so ver geloop het, se naam

is Prins Michael. Prins Michael is Barbara Maloney se swart kat. Hy het van Hartenbos tot in Pretoria geloop.

3. Barbara en haar ma het in Mei 1996 van Pretoria na Hartenbos getrek. Hulle het die kat saamgeneem. In Julie het mevrou Maloney terug Pretoria toe gegaan. Barbara en haar kat het by vriende in Hartenbos gebly. Toe Barbara op ’n skooltoer gaan, het Prins Michael weggeloop.

4. Prins Michael het vier maande later in Pretoria aangekom.5. Mevrou Maloney het ’n swart kat in hulle boom gesien. “Ek het

geweet dit is Prins Michael. Hy was net baie maer,” het sy gesê.

(Uit: Beeld)

Leestyd: ’n Opsomming van die berig

Karakters (Wie?): Prins Michael, die kat; Barbara Maloney (11) en haar ma.

Plek (Waar?): Van Hartenbos (in die Wes-Kaap) tot by Pretoria (in Gauteng).

Gebeure (Wat?): Mev. Maloney, Barbara en die kat, Prins Michael, trek van Pretoria na Hartenbos toe. Na twee maande gaan mev. Maloney terug Pretoria toe. Barbara en haar kat bly in Hartenbos agter. Die kat loop self terug Pretoria toe.

Mev. Maloney en Prins Michael, die kat

9780636119901T ASG G5 LB.indb 20 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 6: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

21

Lesreeks 2

Soeklees

Soek saam die antwoorde in die opskrif en die koerantberig.

Verdeel in groepies van twee. Elkeen kry ’n beurt om ’n vraag te lees.

1. Waaroor gaan die koerantberig ? Kyk na die titel. (hoofgedagte)

2. Hoeveel keer lees jy die naam Pretoria ?

3. Hoeveel keer lees jy die kat se naam,

Prins Michael ?

4. Hoeveel keer lees jy 1 250 km ?

5. Hoeveel paragrawe is daar in die

koerantberig?

6. Hoeveel woorde in paragraaf 2

word met ’n hoofletter gespel? Noem hulle.

7. Noem die twee maande se name wat in paragraaf 3 geskryf is.

8. Watter woord in paragraaf 5 word met ’n kappie (^) gespel?

l Probeer die storie vir ’n maat oorvertel. Help mekaar om te sê wat eerste, tweede, ens. gebeur het. Maak beurte.

Ontdek die woorde

Lees eers die woorde naby die kat.

Volg die paadjies om by die regte betekenis in die huis te kom. Skryf die woorde en hulle betekenisse neer. Let op na julle spelling.Voorbeeld: moeilik – nie maklik nie

Onthou, ’n sin begin met ’n hoofletter en eindig met ’n punt. ’n Paar sinne saam

is ’n paragraaf.

9780636119901T ASG G5 LB.indb 21 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 7: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

22

Kwartaal 1

Hoe goed verstaan jy die koerantberig?

Lees nou die hele koerantberig en beantwoord die vrae.

1. Wat is die kat se naam?2. Van waar na waar het die kat geloop?3. Kies die regte antwoord. Hoe ver het die kat geloop?

a) Meer as 1 000 kilometer.b) Minder as 1 000 kilometer.

4. Sê of die sinne WAAR of ONWAAR is.a) Barbara, haar ma en Prins Michael

het van Mei tot Junie 1996 saam in hulle nuwe woonplek in Hartenbos gebly.

b) Mev. Maloney het in Julie terug Hartenbos toe gegaan.c) In Julie het Prins Michael op ’n skooltoer gegaan.

5. Kies die regte woord tussen hakies.a) Prins Michael het (twee/vier) maande later in Pretoria

aangekom, die hele pad van Hartenbos af.b) Prins Michael was toe baie (vet/ maer) na die lang, lang stap.

6. Hoekom, dink jy, het die kat besluit om so ver te stap?

Selflees: ’n Koerantberig

Lees self enige koerantberig. Bring dit klas toe en praat daaroor.

Pret met taal

Leer die manlike en vroulike name van die diere. Skryf nou al die woorde alfabeties neer.

Manlik Vroulik

katmannetjie katwyfie

bul koei

reun teef

haan hen

ram ooi

9780636119901T ASG G5 LB.indb 22 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 8: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

23

Lesreeks 2

Snelsêers oor diere en insekte

Lees die snelsêers eers stadig en dan al hoe vinniger.

Ek wil dié rympie leer en dit in die klas opsê.

Wil jy ook?

l Skryf jou eie snelsêer met enige klank.

Luister en lees: ’n Gedig

Luister na die gedig.

Lees dit en voer dit met gevoel op.

Pault jie, my katPault jie, my kat, waar was jy gewees?Ek was in Kaapstad, by ’n groot fees.Paultjie, my kat, dis mos ver van die huis.Ja, maar daar was ’n lekker vet muis.(Uit: Versies is warm kombersies, JP van der Walt, 1993)

Swart katgrys katswart katgrys kat

Grillerige goggas grawe groot gate in die growwe gruis.

Kapokkie pak opKapokkie pak af.

Daar is twee lidwoorde in

Afrikaans: die en ’n.

9780636119901T ASG G5 LB.indb 23 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 9: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

24

Kwartaal 1

Pret met taal

Skryf teenoorgestelde woorde.Jy het in die rympie gelees van ’n kat wat ver van die huis af was. Hy was nie naby die huis nie. Jy het ook gelees van ’n fees wat groot was, dit was nie klein nie. Was die muis in die rympie vet of maer?

A

Voltooi die sinne.Gebruik die woorde in die blokkie en voltooi die sinne daarmee. Sê waar die katjies is (voorsetsels).

B

1. Een kat rol die bed.

2. ’n Kat lê die stoel.

3. ’n Kat sit die tafel.

4. ’n Kat lê die mandjie.

langs op onder tussen tussen in agter deur

5. ’n Kat lê die boeke.

6. ’n Kat loer die gordyne uit.

7. ’n Kat spring die venster.

8. ’n Kat sit die kussings.

9780636119901T ASG G5 LB.indb 24 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 10: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

25

Lesreeks 2

Singtyd: ’n Liedjie

Het jy lus om ’n liedjie oor plaasdiere en hulle geluide te sing?

Geniet dit en sing vrolik saam.

l Het jy die liedjie geniet? Sê hoekom.

Sing gerus nog ’n paar versies oor ’n koei wat moe, ’n skaap wat mê, ’n vark wat oink, ’n hen wat kekkel en ’n eend wat kwaak.

Ou oom Fanie het ’n plaasDoh is B

Ou oom Fa - nie

: : –d : d d : sl m : m r : r

ie - aai - ie - aai -het ’n plaas,

ll ll sl

ou. En

d –: – : sl d : d d : sl

op die plaas is

Ou oom Fa - nie

: : –d : d d : sl m : m r : r

ie - aai - ie - aai -het ’n plaas,

ll ll sl

ou!

d –: – : –

: : – d . d :

kraai, kraai daar,

dd d d

hier ’n kraai, daar ’n kraai,

d . d : d d . d : d

o-ral ’n kraai, kraai.

d : d

: : – m : m r : r

ie - aai - ie - aai -daar ’n haan,

ll ll sl

ou. Met ’n

d –: – : sl d : d d : sl

kraai, kraai hier en ’n

sl. sl.

Ou oom Fanie het ’n plaas

Ons gebruik ’n uitroepteken (!) aan

die einde van ’n uitroepsin.

9780636119901T ASG G5 LB.indb 25 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 11: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

26

Kwartaal 1

Praattyd: ’n Raaiselspelet jie

Julle gaan nou ’n raaiselspeletjie, Dis my geheim, speel.

Verdeel in groepies van drie. Leerder 1 dink aan ’n dier. Die ander leerders vra vrae om uit te vind aan watter dier leerder 1 dink. Leerder 1 mag net ja of nee antwoord.

Voorbeeld: Leerder 1: Ek dink aan ’n dier. Dis my geheim. Leerder 2: Is die dier ’n plaasdier? Leerder 1: Ja, dit is ’n plaasdier. Leerder 3: Gee die dier vir ons melk? Leerder 1: Nee, dit gee nie vir ons melk nie.

Dink aan nog vrae!

Pret met taal

Kies die regte woord tussen hakies (bywoorde).

1. Die perd skop (laag/hoog).

2. Die hond gryp die wors (stadig/vinnig).

3. Die hond en kat baklei (lelik/mooi).

9780636119901T ASG G5 LB.indb 26 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter

Page 12: Split by PDF Splitter 2 ’n Kat kan ver loop - titanweb.co.za 5/Term1/Hoofstuk 2 ’n... · 17 Lesreeks 2 Lees- en skryftyd: Maak lysies Klassifiseer die inligting in ’n tabel.

27

Lesreeks 2

Hersiening: Wat ken jy nou?

Watter geluide maak die diere?Pas die dier in kolom A by die geluid in kolom B.

A BDier Geluid

1. kat blêr

2. hond bulk

3. skaap miaau

4. haan kraai

5. koei blaf

Voltooi die pare. Let op die spelling.

A

B

Probeer om dié geluide te maak. Blaf soos ’n hond

en miaau soos ’n kat ...

Manlik Vroulik

1. bul

3. ______

5. haan

7. ______

9. katmannetjie

2. koei

4. teef

6. ______

8. ooi

10. ______

1.

3.4.

6.

7.

5.

8.9.

10.

2.

Skryf 10 woorde alfabeties in jou persoonlike woordeboek neer. Teken prentjies by die woorde of skryf hulle betekenisse by. Kies vyf van die woorde en skryf ’n

paragraaf oor plaas- of troeteldiere.

9780636119901T ASG G5 LB.indb 27 2012/07/24 8:10 AM

Split by PDF Splitter