NAGRAADSE - up.ac.za  · Web view2016 Indien u verhoed word om te registreer, bv. fooie...

2
NAGRAADSE REGISTRASIE 2016 | FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE Aanlyn Registrasie Aanlyn registrasie – 4 Januarie to 28 Februarie 2016 Indien u verhoed word om te registreer, bv. fooie uitstaande, biblioteekmateriaal uitstaande of akademiese uitsluiting, kontak asseblief 'n Studentekonsultant in die HW Snyman Noord Gebou, Prinshofkampus voor 18 Desember 2015. U sal alleenlik die registrasiefooi kan betaal en registreer sodra al die beperkings opgehef is. Besoek die Universitiet van Pretoria webblad by www.up.ac.za Inligting is beskikbaar onder <Gewilde skakels> <Huidige studente> (onderaan die blad). Andersins teken aan op die UP Portaal <My TUKS Aanteken> (bo-aan die hoofblad). Gaan na <Student Centre> en kies <Help>. Indien u nie Internettoegang het nie kan u gedurende die eerste week in Januarie 2016 tydens kantoorure by enige van die Prinshof IT rekenaarlaboratoriums, waar hulp beskikbaar is, aandoen om aanlyn te registreer. Bewys van Registrasie kan uitgedruk word vanuit die <Student Centre portlet> in the UP Studente Portaal na voltooiing van registrasie. MCur studente sal op 26 and 27 Januarie 2016 in the Groen Rekenaarlaboratorium, Prinshof Kampus gehelp word om aanlyn te registreer. Algemene Inligting Om die graadkodes and module kode/s waarvoor u wil registreer te bepaal, besoek www.up.ac.za/yearbooks of besoek die inligtingstuk van die betrokke Departement, bv. Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid. Indien u kursus vir langer as 'n jaar onderbreek was, moet u voor 16 Januarie 2016 aansoek doen om hertoelating. Indien u studies opgeskort was vanweë onvoldoende vordering /studietydperk oorskrei, moet goedkeuring vir herregistrasie vanaf die Dekaan verkry word. Die vorm is beskikbaar op die UP Portaal. Maak seker dat u registrasie tussen Januarie en einde Februarie 2016 afgehandel is. Navorsingstudente mag tot einde Maart 2016 registreer. U word slegs geag 'n geregistreerde student te wees nadat bewys van registrasie uitgereik is.. Betaling van die aanvangsbedrag of klasgelde beteken nie registrasie nie. Registrasie van alle eerstejaar SGSOG studente sal gedurende die eerste module in Januarie 2016 geskied. Ons beveel sterk aan dat u betaling aanlyn afhandel voordat die eerste module begin, ten einde die lang tou by die Fakulteit se Studente Administrasie te vermy. Geborgde studente moet 'n formele brief – gestempel en gesertifiseer – vanaf hulle borg voorlê. Hierdie studente is steeds verantwoordelik om die registrasiefooi te betaal en daarna vanaf hulle borge terug te eis. Geen registrasie alvorens betaling gemaak is nie. Onthou dat, alhoewel u geborg word, u steeds vir die rekening verantwoordelik is. Internasionale Studente Verwys na die Kliënte Dienssentrum (KSD) Internasionale Studente Afdeling OF Internasionale Kantoor, HW Snyman Noord Gebou kamer 3.54, Prinshofkampus, voor registrasie. Kontak tel: +27 12 420 3111 of epos [email protected] Betalings Gebruik asseblief u agt-syfer studentenommer as verwysing by alle betalings.

Transcript of NAGRAADSE - up.ac.za  · Web view2016 Indien u verhoed word om te registreer, bv. fooie...

Tel +27 (0)12 420 4111 Fax +27 (0)12 420 4555www.up.ac.zaUniversity of Pretoria, Private Bag X20, Hatfield, 0028, South Africa

Tel +27 (0)12 420 4111 Fax +27 (0)12 420 4555www.up.ac.zaUniversity of Pretoria, Private Bag X20, Hatfield, 0028, South Africa

NAGRAADSE REGISTRASIE 2016 | FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE

Aanlyn Registrasie

Aanlyn registrasie – 4 Januarie to 28 Februarie 2016 Indien u verhoed word om te registreer, bv. fooie uitstaande,

biblioteekmateriaal uitstaande of akademiese uitsluiting, kontak asseblief 'n Studentekonsultant in die HW Snyman Noord Gebou, Prinshofkampus voor 18 Desember 2015. U sal alleenlik die registrasiefooi kan betaal en registreer sodra al die beperkings opgehef is.

Besoek die Universitiet van Pretoria webblad by www.up.ac.za Inligting is beskikbaar onder <Gewilde skakels> <Huidige studente> (onderaan die blad). Andersins teken aan op die UP Portaal <My TUKS Aanteken> (bo-aan die hoofblad). Gaan na <Student Centre> en kies <Help>.

Indien u nie Internettoegang het nie kan u gedurende die eerste week in Januarie 2016 tydens kantoorure by enige van die Prinshof IT rekenaarlaboratoriums, waar hulp beskikbaar is, aandoen om aanlyn te registreer.

Bewys van Registrasie kan uitgedruk word vanuit die <Student Centre portlet> in the UP Studente Portaal na voltooiing van registrasie.

MCur studente sal op 26 and 27 Januarie 2016 in the Groen Rekenaarlaboratorium, Prinshof Kampus gehelp word om aanlyn te registreer.

Algemene Inligting

Om die graadkodes and module kode/s waarvoor u wil registreer te bepaal, besoek www.up.ac.za/yearbooks of besoek die inligtingstuk van die betrokke Departement, bv. Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid.

Indien u kursus vir langer as 'n jaar onderbreek was, moet u voor 16 Januarie 2016 aansoek doen om hertoelating.

Indien u studies opgeskort was vanweë onvoldoende vordering /studietydperk oorskrei, moet goedkeuring vir herregistrasie vanaf die Dekaan verkry word. Die vorm is beskikbaar op die UP Portaal.

Maak seker dat u registrasie tussen Januarie en einde Februarie 2016 afgehandel is. Navorsingstudente mag tot einde Maart 2016 registreer.

U word slegs geag 'n geregistreerde student te wees nadat bewys van registrasie uitgereik is.. Betaling van die aanvangsbedrag of klasgelde beteken nie registrasie nie.

Registrasie van alle eerstejaar SGSOG studente sal gedurende die eerste module in Januarie 2016 geskied. Ons beveel sterk aan dat u betaling aanlyn afhandel voordat die eerste module begin, ten einde die lang tou by die Fakulteit se Studente Administrasie te vermy.

Geborgde studente moet 'n formele brief – gestempel en gesertifiseer – vanaf hulle borg voorlê. Hierdie studente is steeds verantwoordelik om die registrasiefooi te betaal en daarna vanaf hulle borge terug te eis. Geen registrasie alvorens betaling gemaak is nie. Onthou dat, alhoewel u geborg word, u steeds vir die rekening verantwoordelik is.

Internasionale Studente

Verwys na die Kliënte Dienssentrum (KSD) Internasionale Studente Afdeling OF Internasionale Kantoor, HW Snyman Noord Gebou kamer 3.54, Prinshofkampus, voor registrasie.

Kontak tel: +27 12 420 3111 of epos [email protected]

Betalings

Gebruik asseblief u agt-syfer studentenommer as verwysing by alle betalings.

AanvangsbetalingDie volgende is betaalbaar VOOR aanlyn registrasie:Onderriggelde - nagraadse herregistrasie R7 500.00Internasionale studente – admin heffing R2 700.00

BELANRIK: Daar is 'n verrekeningstydperk van 5 dae voordat u sal kan registreer.

Beurshouers moet bewys van die beurs voorlê aan die konsultante in the Kliënte Dienssentrum (KSD) of dit faks aan 012 354 1754.

Bank en/of Internet betalings:Universitiet van Pretoria bankrekeninge:ABSA Hatfield – takkode 632005Rekeningnommer 214 000 0054Swift kode ABSAZAJJCPTSTANDARD BANK Hatfield – takkode 01 1545 15Rekeningnommer 01 260 260 4Swift kode SBZAZAJJ

Kredietkaart betalings:Maak betalings aanlyn by www.up.ac.za/virtualcampus/sos/3payment.do Indien u probleme ondervind met kaartbetalings, skakel asb 012 420 3111.

Betalings by die Prinshofkampus kassiere:Betalings vereis 'n minimum verrekeningstydperk van 3 ure voordat die stelsel registrasie sal toelaat.

Studentekaarte

Studentekaarte kan by Studente Admin, HW Snyman Noord Gebou kamer 3-54 hernu word twee dae na registrasie. Bewys van Registrasie word vereis vir hernuwing.