MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch...

18
MURRAYSBURGER So I say Thank you for the music, the songs I'm singing Thanks for all the joy they're bringing Who can live without it, I ask in all honesty What would life be? Without a song or a dance what are we? So I say thank you for the music For giving it to me ~ ABBA ~ Die Geheim is uit! Gaan na: www.murraysburg.co.za Die Murraysburger is 'n gratis gemeenskapsnuusbrief wat net op die webwerf beskikbaar is. Kontak besonderhede op Bl. 2 April 2015 No 49 Winand Grundling

Transcript of MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch...

Page 1: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

MURRAYSBURGER

So I say Thank you for the mus ic, the songs I'm s ing ing

Thanks for a l l the joy they're br ing ing Who can l i ve without it, I ask in a l l honesty

What wou ld l ife be? Without a song or a dance what are we?

So I say thank you for the mus ic For g iv ing it to me

~ ABBA ~

April 2011 Price: R1.00

Die Geheim is uit!

Gaan na: www.murraysburg.co.za

Die Murraysburger is 'n gratis gemeenskapsnuusbrief wat net op die webwerf

beskikbaar is.

Kontak besonderhede op Bl. 2

April 2015 No 49

Winand Grundling

Page 2: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

-2-

Winand Grundling 'n briljante jong orrelis

Winand Grundling, 'n briljante jong orrelis, het op 15 Maart na die diens en doop van Engela Grebe 'n orreluitvoering gegee, wat nie net die besondere orrel tot sy reg laat kom het nie, maar die toehoorders meegevoer het. Hulle was verstom deur die wye verskeidenheid van klanke wat hy die orrel kon ontlok.

Die uitvoering is begin met Bach se Toccata en Fuga in D- majeur en afgesluit met 'n Widor-toccata. Die program het werke van Bonnet, Elgar en verwerkings uit Grundling se albums, 14 Stasies van die Kruis en 7 Dae van die Skepping, ingesluit. 'n Hoogtepunt vir die Murraysburgers was beslis Grundling se verwerkings van die bekende lied "O God van Jakob", wat hy spesiaal vir sy Murraysburg-program geskryf het weens ds Andrew Murray se verbintenis met Murraysburg.

Winand Grundling het aan die Hoërskool Brandwag in Uitenhage gematrikuleer en sy Bmus-graad aan die Nelson Mandela-Metropolitaanse Universiteit van Port Elizabeth verwerf. In 2002 begin hy sy orrelstudie onder leiding van Colin Campbell en het sedertdien verskeie orreluitvoerings op nasionale en internasionale vlak gelewer.

In 2006 word Winand Grundling as een van slegs sewentien orreliste wêreldwyd gekies om aan die Kanadese Internasionale Orrelskool in Calgary deel te neem, waar hy ook meestersklasse ontvang het. Hy het sy ATCL Trinity Recital (lisensiaat)-eksamen, asook sy UNISA Voordraerslisensiaat met onderskeiding geslaag. In 2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.

In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel) ontvang, asook van proff. Ton Koopman, Jean-Claude Zhender, Louis Bollkiviard en Peter Planyavski aan die internasionale Haarlem Orrelskool in Nederland en prof. David Higgs (Eastman School of Music, Rochester, VSA).

Winand Grundling is die wenner van verskeie nasionale musiekkompetisies en –beurse waarvan die belangrikste algehele wenner van Unisa se Oorsese Musiekbeurskompetisie (2009), die ATKV se Muziqkompetisie (2010) en die SAKOV Oorsese Musiekbeurskompetisie (2013).

Tydens die 2012 KKNK ontvang Grundling twee Kanna-toekennings vir sy produksie "14 Stasies van die Kruis" vir beste klassiekemusiek-produksie, asook as beste opkomende kunstenaar.

Winand Grundling is die orrelis van die NG-kerk Stellenbosch-Welgelegen en die begeleier van verskeie kore en Suid-Afrikaanse kunstenaars. Sy debuutalbum, Toccata, is in 2009 vrygestel. In 2012 is sy tweede CD ," 14 Stasies van die Kruis", op die KKNK bekendgestel. Hy is op die oomblik besig met sy nuutste produksie "The Seven days of Creation".

Hierdie briljante orrelis is voltyds kunstenaar en is nie net 'n begaafde orrelvirtuoos nie, maar sy hart en passie verleen aan sy uitvoerings 'n uitsonderlike kwaliteit. Ten spyte van sy veelvoudige suksesse het die Murraysburgers tydens die dooptee van Engela Grebe 'n baie beskeie en vriendelike jong man leer ken en hulle beste wense vergesel hierdie sewe-en-twintigjarige, wat beslis nog baie hoogtepunte in sy loopbaan sal bereik

BRIEWE/LETTERS TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 EPOS: [email protected] POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995

Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van ‘n naam, adres en handtekening. Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand.

VAN DIE REDAKSIE ....................... En steeds hou die musiek nie op nie. Wene word allerweë beskou as die musiekstad van die wêreld totdat mens op ‘n dag Praag besoek en daar word jy aangenaam verras. Hier in SA is daar ook talle dorpe bekend vir hulle musiekfeeste maar vir hulle staan Murraysburg geen tree agteruit nie. Mens moet net geduldig wees en die die wonderlikste dinge gebeur as jy bereid is om te wag. En jy word nie in die proses vertrap nie!

Page 3: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

 

-­‐  3  -­‐    

Spitbraai 'n fees!

‘n Spitbraai op 6 Maart op die skouterrein aangebied deur Sophia en Jaco van Heerden was 'n heerlike saamkuier van oud en jonk, 'n ware fees! Miskien het almal juis weens die droogte gevoel om na mekaar uit te reik, want die gaste het werklik uit

Toe Sophia van Heerden, ma van twee klein

kinders, besef dat die gemeente heelwat finansiële uitdagings het, het sy summier besluit om iets daaromtrent te doen en nie te wag dat dinge maar self regkom nie. Sy het, met die ondersteuning van haar man, Jaco, eienaar van die Vastrapgrondverskuiwingswerke, met aansteeklike entoesiasme aan die werk gespring en alles tot in die fynste besonderhede gereël.

Die skape, brode en bykosse is alles op versoek van Sophia as donasies gegee. Louis Slabbert en helpers het die skape perfek gebraai en die personeel van Vastrapgrondverskuiwingswerke het die vaal skousaal feestelik getooi. Dit het daartoe bygedra dat die uiteenlopende groep mense van oud tot jonk, Engelssprekend, Afrikaanssprekend en verteenwoordigend van verskeie kerkgenootskappe gesellig saamgekuier en die heerlike kos geniet het. Almal het tydelik van die reën, wat steeks is om te kom, vergeet, en die samesyn geniet.

Nadat Brian Kingwill twee skape opgeveil het, is daar ontspanne gedans en van alle sorge vergeet. Dié aangename aand het nie net almal weer op hulle seëninge laat fokus nie, maar ook 'n pragtige bedrag vir die NG-kerk geïn, danksy Sophia se inisiatief en

deursettingsvermoë. Die jong intrekkers is voorwaar 'n aanwins vir Murraysburg!

 

Tuinbou eerstehands oor Groot vlag-projek ingelig

'n Vrywillig betrokkene by die Groot Vlag-projek , Yolandé Lategan, het tydens die Maartvergadering van die Tuinbouklub die lede daaromtrent ingelig.

Die doel van die projek is om werkloses te bemagtig, hulle nuwe vaardighede te leer en om volhoubare werksgeleenthede te skep. Slegs plaaslike mense, van wie 60% vroue, sal vir die opleiding en werksgeleenthede in aanmerking kom. Graaff-Reinet is weens sy groot aantal werkloses vir die projek gekies. 'n Geskikte, redelik gelyk stuk grond so groot soos 100 rugbyvelde is suid van Graaff-Reinet naby Adendorp gevind. Die vlag self sal so groot soos 66 rugbyvelde (of 1 X 0.6 km) en van ver, asook uit die lug, sigbaar wees.

Daar word geglo dat dit 'n bykomende toeriste-aantreklikheid vir Graaff-Reinet sal wees en dat dit sowat R90 miljoen per jaar sal genereer. Die geraamde oprigtingskoste van die projek is R71 miljoen. Dit sluit paaie, heinings, skadunette, drie kwekerye en geboue in. 'n Konferensiesentrum en restaurant sal in die punt van die driehoeksgedeelte van die swart area opgerig word. Daar is in die Vallei van Verlatenheid 'n uitkykplek vanwaar die vlag sigbaar is.

Dié unieke toeriste-aantreklikheid simboliseer harmonie. Dit is lewend en groei aangesien dit  

Braai-operateurs Louis Slabbert en Michau du Toit ,,,,,,

…. En die Hoofbraaier

Page 4: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

-4-

hoofsaaklik uit plante bestaan. Die swart gedeelte is sonpanele, wat genoeg krag, om Graaff-Reinet, Aberdeen en Nieu Bethesda te voorsien, sal opwek. Die groen gedeelte van die vlag is spekbome en die ander kleure verskillende soorte kaktusse. Die spekbome sal daartoe bydra om die grondgehalte te verbeter. Die projek word in samewerking met die NMMU aangepak en deeglike navorsing word oor die invloed op die omgewing gedoen.

Aangesien dit 'n droë gebied is, is plante, wat met min water kan oorleef, gesoek. Ongelukkig het ons nie sulke inheemse plante, wat boonop die hele jaar rooi, geel en blou vertoon nie. Voorsorg sal getref word dat die uitheemse plante nie die inheemse plantegroei verdring nie. Witgeverfde klippe sal vir die wit strepe in die vlag gebruik word.

Reënwater sal in ondergrondse opgaartenks versamel, gestoor en soos nodig vir die plante gebruik word. Die 2 ½ miljoen plante, wat benodig word, sal van saad gekweek word en die versorging van die plante verskeie werksgeleenthede skep. Daar word geraam dat nie minder as R5 miljoen nie gedurende die volgende agtien maande aan lone uitbetaal sal word.

Die geld, waarvan R21 miljoen reeds ingesamel is, word deur 'n trust beheer. Privaat persone kan ook betrokke raak deur 'n plant of sonpaneel aan te neem. Besonderhede in dié verband kan by www.giantflag.co.za bekom word.

Hierdie unieke projek is nie net op die lange duur volhoubaar nie, maar simbolies van wat moontlik is.

Die lede het baie belanggestel en sal besin oor hoe die Murraysburg Tuinbouklub betrokke kan raak.

Nog ‘n Prestasie

Die twaalfjarige Berdine Kolela van die Primere Skool, Murraysburg, het

hierdie seisoen uitsonderlik in die 1200m presteer. Sy behaal die eerste

plek by die Karoo-kampioenskappe, derde plekke by die SWD- en die Wes-Kaap kampioenskappe en neem

op 19 en 20 Maart in Johannesburg aan die S.A. Laerskoolkampioenskappe deel.

Tannie Annie Slabbert het op 26 Maart haar 97ste verjaardag gevier – en sy is nog net so mooi en vol

streke soos altyd. Baie geluk tannie!

Berdine Kolela

Page 5: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

-5

ATKV motiveer Murraysburg Hoërskool leerders vir hul finale skooljaar.

Op Dinsdag, 17 Maart 2015, het die ATKV se onderwysafdeling, onder leiding van hul projekorganiseerder, me Melvina Mason Hearne, Murraysburg hoërskool besoek. Hierdie besoek was op aanvraag van mev Majorie Holand, Lewensoriëntering vakadviseur in hierdie streek, en die waarnemende prinsipaal van die skool, mnr Van der Linde. Dringende intervensie was aangevra sodat die skool se matriekslaagsyfer kan verbeter in 2015. Al die matrikulante (98) het hierdie insiggewende leerdermotivering en leerstrategieësessie bygewoon. Een van die ATKV se diensverskaffers, mnr Mitchell Messina van M3 Quality School Improvement CC, het die leerderdermotiveringsessie aangebied.

Die doel van die intervensie was om die graad 12-leerders te bemagtig met lewensvaardighede wat hulle in staat sal stel om verantwoordelikheid vir hul eie leer te neem en sodoende hul finale jaar suksesvol af te lê. Volgens die ATKV wil hul deur hierdie sessies verseker dat leerders verstaan hoekom dit belangrik is om 'n goeie en positiewe selfbeeld te hê; besef dat persoonlike groei en ontwikkeling 'n keuse en 'n eie verantwoordelikheid is; duidelike en haalbare doelwitte vir hulself kan stel; instaat wees om hul eie tydsbestuur te verbeter en meer planmatig te werk te gaan en die leer-hoe-om-te-leer-vaardighede verstaan en onmiddellik kan gaan toepas. Die tema: "Lei ons kinders na 'n kwalitiet lewe" het leerders definitief geïnspireer te meet aan hul terugvoering oor die sessie. Van die leerders het die volgende gesê: "Ek het baie dinge oor myself ontdek. Ek het nie selfvertroue gehad nie, maar hierdie sessie het 'n verskil gebring in my lewe." Een leerder het geskryf wat hy oor homself ontdek het: "That I am in control of my future and that a great attitude will give a higher altitude." Wat duidelik na vore gekom het, was dat leerders besef dat jou omstandighede nie jou toekoms beïnvloed nie en deur harde werk jy suksesvol gaan wees. Van die mees prominente opmerkings was "Everyone has potential and no one can take your worth from you."

Die onderwysafdeling van die ATKV is huidiglik besig met die 1 000-- skole ontwikkelingsprojek, om 1 000 skole oor vier jaar te verbeter. Hulle stel hul ook ten doel om die netwerking en samewerking met relevante belangegroepe te verbeter. Die vyf fokusareas van die onderwysbeen is Skoolbeheerraadsopleiding, Onderwysmotivering, Administratiewe en Sekretariële opleiding, Leerdermotivering en Leerstrategieë en Ouerbetrokkenheid. "Die ATKV speel 'n ondersteunende rol in skole en die departement van onderwys in ons land. "Onderwys is ons almal se verantwoordelikheid" sê Seymour Bothman, senior bestuurder van die Onderwys afdeling by ATKV.

Page 6: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

-6

‘n Buitengewone byeenkoms in Mosselbaai

‘n Uitsonderlike reünie het onlangs in Mosselbaai plaasgevind. Dit was ‘n byeenkoms van vyf voormalige leerlinge van die Hoërskool Murraysburg.

Wat dié byeenkoms so merkwaardig gemaak het, was dat vier van dié manne oor 80 jaar oud was. Hulle het in 1950-1951 aan bogenoemde Hoërskool gematrikuleer.

Die vyf manne teenwoordig was Johannes (Naught) van Rooyen (81), Philip Victor (83), Frans van der Merwe (80) en Ben vander Merwe (82). Ben Pienaar (76) het gereël dat die vier manne mekaar aan huis van Philip Victor in Mosselbaai ontmoet.

Groot opgewondenheid het geheers toe die manne bymekaar gekom het. Hulle het ongeveer 65 jaar gelede gematrikuleer. Hoewel al vier in die Mosselbaai omgewing kom aftree het, het van hulle mekaar laas as skoolseuns gesien.

Soos te wagte kan wees, is daar die middag lank en baie gesels. Baie staaltjies van hulle skooldae is weer opgediep. Herinneringe van hoe dit destyds in die skool was, is met groot nostalgie, maar ook met dankbaarheid vertel. Melding is gemaak van kameraadskap en goeie vriendskappe.

Almal was dit eens dat hulle met groot plesier kan terugdink aan die sport wat hul op skool beoefen het. Dit was hoofsaaklik atletiek, tennis en rugby. Rugby is in daardie dae nog dikwels op grondvelde wat boonop nog vol duwweltjies was, gespeel. Almal onthou nog die ritte agterop oop bakkies in die koue winteroggende na buurdorpe vir wedstryde aldaar teen die buurskole.

Vars in die geheue is ook nog die groot atletiek-en fietsrybyeenkomste wat op 31 Mei met Uniedag elke jaar op Murraysburg gehou is. Dit het plaasgevind op die ou grondbaan wat langs die Hoërskool geleë was. Almal kan nog onthou hoe Olimpiese medaljewenners soos Esther Brand (hoogspring) en fietsryers soos haar man, Hendrik Brand, George Estman, Tommy Shardelow, Wally Rivers, Ray Robinson en die Binnemans deelgeneem het aan dié byeenkomste.

Die manne onthou nog baie komiese insidente uit die poetse wat hulle mekaar gebak het en al die pret wat hulle gehad het. Kallie du Preez was die kleilatkoning. Hy kon baie ver en baie sekuur met ‘n kleilat gooi. Die jonger seuns moes die klei brei en hy het gegooi! Hy kon so akkuraat gooi dat hy die swartbord in die voorste klaskamer van die skool vanuit die rooi dam voor die hospitaal deur ‘n oop venster kon raakgooi. Niemand kon dit op die pad voor die skool waag as Kallie in die dam met sy kleilat bedrywig was nie.

Naught vertel van die petaljes elke jaar op 5 November (Guy Fawkes). Daar is nie juis klappers geskiet nie, maar baie ander kattekwaad het hoogty gevier die nag. Die tennisbaan by die skool se roller is ver weggerol, stoepbanke is weggedra en ver van hul tuiste geparkeer en selfs karre is die volgende oggend op vreemde plekke aangetref.

Almal het met groot waardering van hul oud-onderwysers gepraat. ‘n Naam wat telkens by herhaling genoem is, is die van mnr. Philip Nel. Hy het Afrikaans en Aardrykskunde onderrig en was vir bykans veertig jaar aan die skool verbonde. Benewens die C.S.V. was hy ook verantwoordelik vir kulturele aktiwiteite.

Ander gewilde onderwysers uit hul tyd was mnre. Floors Nell (Wiskunde en Skeinat), Poppie van Heerden (Liggaams Opvoeding) en Pally Burger (Geskiedenis). ‘n Besondere eer het mnr. Goosen (Houtwerk) elke jaar met sy verjaardag te beurt geval. Die seuns het hom dan soggens voor skool met ‘n karretjie, wat hulle self getrek het, by sy huis gaan haal en hom die middag na skool weer huistoe geneem.

Skoolgaan het soms ook minder aangename aspekte gehad wat vandag se kinders nie sal ken nie.Koshuiskinders moes naweke in die koshuis bly. Daar was slegs een uitnaweek per kwartaal.

Frans vertel dat hy lid was van ‘n span wat elke oggend voor skool eers brood vir die koshuiskinders moes knie. Die koshuis het sy eie brood gebak.

Ben van der Merwe en Frans van der Merwe was van Sub A (graad 1) tot matriek in dieselfde klas. Al vier hierdie manne is afgetree en al vier het suksesvolle beroepsloopbane gehad. Voorwaar ‘n getuigskrif vir die Hoërskool Murraysburg.

(Kom ons soek die oudste lewende oud-leerling van die

Hoërskool Murraysburg). (Berig ingestuur deur Alida Pienaar)

Agter: Naught van Rooyen; Frans van der Merwe Voor: Flip Victor; Bennie van der Merwe

Page 7: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

- 7 -

Karoo Stilfees iets besonders

Op Sondag 15 Februarie het ongeveer 300 persone die stilte van die Karoo in die populierbos op die plaas Grootdriefontein gaan opsoek. Percy en Karin Reynolds wou vir gesinne 'n geleentheid skep om saam rus en vrede in die skadu van die Karoo te kom vind sodat daar besin kon word oor wat werklik in die lewe belangrik is.

Gelukkig was dit 'n heerlike koel oggend, na die hitte van die voorafgaande dae 'n ware lafenis. Van heinde en verre het mense laatoggend met hulle piekniekmandjies, stoele en komberse opgedaag en hulle tussen die bome tuisgemaak. 'n Ou wa is as verhoog gebruik.

Gedurende die oggend het Polka (o.a. Liani Reynolds en Elzane van Schalkwyk), Lugverfrisser ( Christiaan Reynolds), Jean de Villiers en Ruby June (o.a. Paul Avenant) opgetree en oud en jonk het dit baie geniet. Elvis Blue en Joshua na die Reën, die hoofkunstenaars het vanaf 14:00 gesing. Eers was Elvis Blue aan die beurt en Joshua na die Reën het die dag se verrigtinge afgesluit. Die rustige omstandighede het 'n besondere kwaliteit aan hulle sang verleen, wat hulle optredes baie spesiaal gemaak het. Joshua na die Reën het getuig dat hy nog min kere in sy lewe iets so diep ervaar het, soos om daar in die populierbos met die wind tussen die blare te mag sing.

So tussendeur is die stalletjies fluks besoek. Afgesien van Karoo kuns was daar ook Karoo delikatesse soos tuisgemaakte roomys, tuisgemaakte kaasborde, kameelbiltong en watertand- lekker soetgoed te koop.

Dit alles het bygedra tot 'n dag wat nie net vermaaklik was nie, maar ook voedsel vir die gees gebied het. Alle teenwoordiges het in die laat namiddag na liggaam en siel versterk huiswaarts gekeer. Weer eens het Karin en Percy Reynolds en al hulle helpers van 'n unieke geleentheid 'n groot sukses gemaak.

En toe kom die reën eers ná Joshua ……..

Die hele distrik het vanaf 22 Maart heerlike, welkome reën gekry. Die neerslae het van 36 mm tot oor die 100 mm op sommige plase in die Sneeuberge gewissel. In die dorp het 42 mm geval. Aangesien die buie oor drie dae versprei en sag was, kon die water goed in die baie droë grond indring. Die plase met laer neerslae het skade vrygespring, maar veral in die Sneeuberge moet nou heelwat herstelwerk aan die paaie gedoen word. Die grondpad tussen Murraysburg en Aberdeen is gesluit omdat die grond van onder minstens twee sementbrûe weggespoel het. Swaar vragmotors sou groot skade aan dié brûe kon aanrig.

Dit kan egter alles herstel word, terwyl daar sonder reën 'n uiters moeilike winter op die distrik sou gewag het.

Page 8: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

 

-­‐  8  -­‐    

 

Murraysburg se VLV op die regte pad

Tydens die onlangse konferensie op Colesberg is Murraysburg met vier skilde beloon omdat die vereniging uitreik na die gemeenskap en daar 'n verskil maak.

Die bemagtigingsoggend vir die matrikulante, wat nou al 'n jaarlikse instelling is, die opleidingsprogram vir siekeboegwerkers van Huis Spitskop en vrywilliges , asook die orreluitvoering deur Morne Serfontein ten bate van KANSA is die belangrikste projekte wat deur die VLV aangepak is. Die dinamiese voorsitter, Theresa Troskie, se inisiatief en leiding was deurslaggewend.

Theresa Troskie is tydens die Sirkel-konferensie as die Vlindervrou van die jaar aangewys omdat sy in die gemeenskap sigbaar en diensbaar is sonder om enigsins persoonlik daarby te baat. Troskie is dan ook op die sirkelbestuur gekies. Die portefeuljes Gesondheid, Tuinbou en Landbou en Opvoeding het die beste van die ag takke in die sirkel presteer en die tak het ook vir die tweede agtereenvolgende jaar die Presidentskild verower. Dit was moontlik danksy Troskie se besielende leiding en die pligsgetroue sekretaresse, Adrie Conradie. Buiten Conradie se volledige en stiptelike uitvoering van haar pligte as sekretaresse motiveer sy die lede om aktief betrokke te raak en stel sy die voorbeeld.

Wilna Pienaar het namens die afgevaardigdes onderhoudend verslag van die konferensie gedoen. Die dames van Colesberg het alles puik gereël en hulle gaste met oulike geskenke en keurige etes bederf.

Die leefstylprogram aangebied deur Johanna van der Merwe was interessant en prakties. René Theron het demonstreer hoe tappenne ("dowels") veelsydig gebruik kan word om van badkamermatte tot mooi tafelmatjies te maak. Sy praktiese wenke, soos om reguit deur die tappen se dikte te kan boor, het van die lede lus gemaak om dit self te probeer. Johanna van der Merwe het gewys hoe daar met baie min moeite 'n mooi dubbellaagromp gemaak kan word. Die keuse van die materiaal is belangrik. Die boonste laag moet verkieslik treffend bont wees, terwyl die onderste laag een van die hoofkleure of selfs 'n kontraskleur kan wees. Daar word twee keer jou lengte plus 40 cm van elke soort materiaal benodig.

Laastens het Van der Merwe die lede se aandag gevestig op die rolkoekresep van Hannatjie Fourie, wat agter op die program was. Dit is 'n eenvoudige resep, maar die metode is belangrik. Dis ook belangrik om die koek nie langer as 15 minute te laat bak nie aangesien dit andersins maklik bars wanneer dit opgerol word. 'n Nat vadoek vergemaklik die oprolproses. Aangesien verskillende vulsels gebruik kan word, is die rolkoek baie veelsydig en die jonger lede was so entoesiasties dat hulle vir die volgende vergadering rolkoeke wil bak. Van der Merwe sal dan raad gee waar nodig.

Ongemerk het die middag verbygevlieg en het alle lede iets geleer en die vergadering geniet.

Wilna Pienaar

Page 9: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

- 9 -

Uitslae van VLV-miniskou en

sirkelkonferensie

Die VLV het op 20 Februarie saam met die Veldmerinoskou 'n goed ondersteunde miniskou aangebied. Dit is deur Adrie Conradie en Elana Grobler gereël.

Elma Immelman, Sarie Reynolds, René Theron, Theresa Troskie en Johanna van der Merwe was die beoordelaars. Hulle is bygestaan deur Margaret Boyse, Adri Smit, Alna Theron, Rialene van der Merwe en Miemie van Heerden.

Dertien VLV-lede en sewe nie-lede het deelgeneem en die inskrywings was van hoë gehalte. René Theron se motorfiets uit hout was die mees uitstaande artikel en is met 90% beloon. Maretta Theron het die meeste inskrywings (15) gehad met Adrie Conradie (12) kort op haar hakke. Dit getuig van die dames se veelsydigheid. Adrie Conradie het die meeste punte verower met Susanna van der Merwe en Maretta Theron in die tweede en derde plekke.

Tydens die konferensie te Colesberg het Theresa Troskie se speelpakkie vir 'n kleuter die eerste prys en haar yskasmagneet en voorskoot tweede plekke verower. Maretta Theron se foto van mense wat lag was tweede in die fotografie-afdeling en Adrie Conradie se kantagtige tienertoppie derde in die afdeling vir breiwerk. Murraysburg is trots op hierdie dames!

Sonder die borge, Mareli Visser, KVB, Polka Inn en Spar, sou daar nie aantreklike pryse gewees het nie. Groot dank en waardering aan hulle! Daar word baie geleer deur aan kompetisies deel te neem en veral die jonger lede word daartoe aangemoedig.

Kuns met die dorp se kids

Almal word genooi. Die vraag is wie gaan opdaag? 15h00 lewer drie kinders op. Ons vra die Heer se seën op kreatiwiteit. Janet begin verduidelik wat van elkeen verwag word. So word dit aan die volgende ses verduidelik. Toe die volgende drie en nog drie!

Kleurwiele word ingekleur en onmiddelik kom ‘n deeltjie van elkeen se persoonlikheid na vore. Nou is dit verfkwas toe. Om ‘n kwas in die verf te druk en strepe te trek ….. jy sien die lekkerte in die ogies blink. Sommige kyk so onseker uit die hoek van die

Rialene vd Merwe, Alna Theron, Miemie van Heerden en Elana Grobler

Foto: Janet Kingwell

Page 10: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

 

-­‐  10  -­‐    

 

oog en maak ‘n blokkie of ‘n strepie as die maatjie ‘n blokkie of ‘n strepie maak. Die bome vorder en raak herkenbaar. Nou is dit pastelle toe.

Daar is die uitbundiges wat hul pastelle tot hul uiterste toe druk op die papier. Dan is daar die wat ragfyn sag oor die papier beweeg met die pastel kryt.. Dit gryp mens aan die hart om te sien wat in elke kind opgesluit lê.

As daar ‘n kleur soek is, vra ek sommer vir die kleintjies “wie het dit geëet?” Dan word die monde wyd oopgemaak om te wys hulle is onskuldig. ‘n Paar kinders moes “babysit” terwyl hul ouers by ‘n

begrafnis was. So, soms het die babas op die stoel voor die kunswerk in wording gesit en die kunstenaar moes bo oor hul hang om by sy prent uit te kom. Een dogtertjie het net in die deur vasgesteek en staan en kyk. Om haar op die ou end ook aan die werk te kry en te sien hoe sy dit geniet is ons beloning.

Die kinders is goed gemanierd, gee hul beste, is netjies en ‘n plesier om mee te werk. ~Sarie Reynolds ~

Murraysburg Veldmerinoskou 2015

Die Murraysburg Skouvereniging het op 20 Februarie aan vertoners die geleentheid gebied om hulle veldmerinos te toon te stel. ‘n Hartlike dank aan die beoordelaars, Albert Cronje, Cor Uys, Francois Viljoen en Bennie Steenkamp, wat baie moeite gedoen het om elke skaap tot sy reg te laat kom. Dit is verblydend dat vertoners van omliggende dorpe ook gereeld deelneem. Die wenners was as volg:

Kortwolafdeling ( vollengte maksimum 7cm) Ongeskeerde lammers Ongeskeerde kortwol ooilam: minder as 35kg Izak van Heerden, Skietkuil, Victoria-Wes Ongeskeerde kortwol ooilam: 36-43kg Roelo van Heerden, Onderstetuin, Murraysburg Ongeskeerde kortwol ramlam: 41-50kg Roelo van Heerden

Geskeerde lammers Geskeerde kortwol ooilam: minder as 37kg Jacques Theron, Misthoek, Murraysburg Geskeerde kortwol ooilam: 38-48kg Roelo van Heerden Geskeerde kortwol ooilam:49-56kg Johan Bezuidenhout,Rietfontein, Richmond Geskeerde kortwol ramlam: minder as 50kg Boeta Grobler, Brakvlei, Murraysburg Geskeerde kortwol ramlam:51-62kg Jacques Theron

Twee- en viertand 2/4-tand kortwol ooi: minder asw 45kg Kruidfontein-boerdery, Murraysburg 2/4-tand kortwol ooi: 46-55kg Izak van Heerden 2/4-tand kortwol ooi: 56-68kg Roelo van Heerden 2/4-tand kortwol ram: minder as 68kg Jacques Theron 2/4-tand kortwol ram: 69-80kg Gerrit Viljoen, Richmond 2/4-tand kortwol ram: 81-90kg Roelo van Heerden Langwolafdeling (vollengte meer as 7cm) Ongeskeerde lammers Hagget ooilam: minder as 37kg Izak van Heerden Hagget ooilam: 38-44kg Gerrit Viljoen Hagget ooilam: 45-56kg Roelo van Heerden

Twee- en viertand 2/4-tand langwol ooi: 48-58kg Gerrit Viljoen 2/4-tand langwol ooi: 59-70kg Roelo van Heerden 2/4-tand langwol ram: 71-83kg Roelo van Heerden 2/4-tand langwol ram: 84-98kg Gerrit Viljoen

Page 11: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

-11-

Grootkampioenskappe Kampioenooi: slegs klas 1-30 Roelo van Heerden Kampioenram: slegs klas1-30 Roelo van Heerden Na aanleiding van die uitslae is dit ooglopend dat Roelo van Heerden die boer is by wie 'n mens gerus die kuns omtrent veldmerinoboerdery kan afvra!

Danksy die borge kon die wenners goeie pryse ontvang. Baie dankie aan:

ABC Pumps Kraaifontein Boerdery Afrivet KVB, Murraysburg Alnet Landbank, Beaufort-Wes Bayer Merial-Lionels Vet Biza Molalek BKB, Graaff-Reinet Montegpo Cipla Phizer CMW Progressive Wire Diesel Electric Tarzan Skoenfabriek Evergro Veekos

Die dames van die Skouvereniging en die VLV het soos gebruiklik vir die innerlike gesorg en baie daartoe

bygedra dat alle teenwoordiges 'n baie aangename dag beleef het.

Doop besondere belewenis Die doop van klein Engela, dogtertjie van Erika en

Hein Grebe, was 'n baie besondere belewenis.

Ds Chris du Raan van Somerset-Oos, wat die ouers vyf jaar gelede in die eg verbind het, het die diens gelei en die doop bedien. Elke teenwoordige is versterk deur sy boodskap na aanleiding van Genesis 1 dat gelowiges Sabbatsmense is omdat hulle op God vertrou om in hul behoeftes te voorsien en vir hulle te onderneem.

Klein Engela het fraai gelyk in haar dooprokkie wat al vir 114 jaar ( vyf geslagte ) in haar moeder Erika se familie in gebruik is. Sy het haar die seremonie rustig laat welgeval. Teenwoordig was nie net haar twee oumas en oupas nie, maar ook drie grootjies en verskeie ander familielede afgesien van 'n groot groep vriende van beide ouers.

Engela en die ander kerkgangers het die voorreg gehad dat Winand Grundling, 'n vriend van haar ouers, as orrelis opgetree het. Hy het Murraysburg se besondere orrel tot sy reg laat kom en met sy uitmuntende spel luister aan die geleentheid verleen. Danksy sy begeleiding was die gemeentesang 'n gepaste lofprysing!

Die diens en sakramentsbediening was baie spesiaal.

Lied 275 familiegesang van Andrew Murray vir Murraysburg verwerk

Die talentvolle jong orrelis, Winand Grundling van Stellenbosch, wat onlangs op Murraysburg opgetree het, het verskeie verwerkings van Lied 275, "O God van Jakob, deur U hand", vir sy optrede op Murraysburg gedoen. Hy deel graag interessante inligting omtrent hierdie lied. Toe Lord Charles Somerset, goewerneur aan die Kaap, ds. George Thom, destyds predikant op Caledon, na Skotland stuur om predikante vir Suid-Afrika te werf, is Andrew Murray (snr.) deur die noodroep aangegryp en besluit hy om na Suid-Afrika te kom. Hy word eers deur die Ring van Aberdeenshire as predikant georden en toe vir tien maande na Utrecht in Nederland gestuur om Nederlands te leer. In 1822 vertrek die 28-jarige jongman na sy nuwe

Page 12: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

-12-

vaderland en word as leraar in Graaff-Reinet bevestig, waar hy vir byna 45 jaar diens doen.

Andrew en sy jonger broer John was baie geheg aan mekaar en hulle afskeid was aangrypend. Dit was Andrew Murray se vaarwel aan Skotland en hy sou dié land nooit weer sien nie. Terwyl die twee broers by 'n nabygeleë halte op die poskoets, waarmee hy na London sou vertrek om die lang reis na Suid-Afrika aan te pak, wag, het hulle gekniel en mekaar aan die beskermende leiding van God opgedra.

In die laaste oomblikke van hulle afskeid het hulle hartroerend die Presbiteriaanse beryming van Genesis 28: 20-22 gesing. Nadat Jakob van die leer met engele wat tot by die hemel kom, gedroom het, het hy 'n belofte aan God gedoen. Indien God hom sou bewaar en veilig tuisbring, sou hy hom getrou dien en die klippilaar, wat hy regop

gesit het, sou 'n tempel wees. Die twee broers het belowe om dié lied elke Sondagaand by hulle huisgodsdiens te sing en voorbidding vir hulle familie te doen. Ds. Andrew Murray het hierdie belofte ook hier getrou nagekom.

Die beryming van die gesang is deur Philipp Doddridge (1702-1751) gedoen. Hy is as predikant opgelei. Die melodie het in 1615 in die Skotse Psalter verskyn, Dit was een van die twaalf aanvaarde wysies waarop Skrifberymings gesing is. Berymings het destyds meestal by een van die twaalf patrone met dieselfde aantal lettergrepe en reëls ingeval.

Vir die Murraysburgers is dit baie spesiaal dat Winand Grundling dié lied verwerk en sy verwerkings as deel van sy program op 15 Maart op die besondere orrel in die NG-kerk gespeel het.  

 

‘n  Brief  ontvang  van:                      06  Mar  2015,  at  10:51  AM,  Peter  Nupen  <[email protected]>  wrote:  

Dear  Sir  /  Madam,  My  name  is  Peter  Nupen  and  I  am  the  Western  Cape  Coordinator  of  the  Second  South  African  Bird  Atlas  Project.  The   Atlasing   Committee   here   in   Cape   Town   is   planning   an   Atlasing   Expedition   to   the  Murraysburg  /  Graaff  Reinet  districts  during  the  period  25  April  to  03  May,  2015.  I   would   like   to   put   together   an   article   for   your   newspaper   explaining   what   SABAP2   and  Atlasing  is  all  about  and  how  the  purpose  of  the  exercise  is  ultimately  for  the  conservation  of  all  wilds  birds  across  the  whole  of  South  Africa.  You  may  wish  to  Google  SABAP2  and  the  Animal  Demography  Unit  to  find  out  more  about  this  Citizen  Science  Project,  which  is  currently  the  biggest  of  its  kind  in  the  world.  I  look  forward  to  hearing  from  you.  Regards,  Peter  Nupen   "A team of dedicated Bird Atlasers from SABAP2 will be operating in the Murraysburg / Graaff-Reniet / Aberdeen area during the period 25 April to 03 May, 2015. This exercise is to collect data on all bird species in a region that has been poorly atlased over the last seven years in an effort that will help conserve wild birds that exist in that region.

  The second Southern African Bird Atlas (SABAP2) was launched on 26 June 2007. The project is an update and refinement of the first Southern African Bird Atlas (SABAP1) which ran from 1987 to 1991 and culminated in the publication of The Atlas of Southern African Birds in 1997.      SABAP2 is a joint project of the South African National Biodiversity Institute (SANBI), Animal Demography Unit (ADU), University of Cape Town, and BirdLife South Africa. The broad aim of SABAP2 is to determine the impacts of environmental change on the distribution and abundance of bird species in South Africa, Lesotho  and Swaziland over the last twenty five years or so. It also aims to promote the public awareness of birds through the large-scale mobilization of " Citizen Scientists ". The Project entails volunteer bird watchers recording bird species in five minute by five minute grid cells of approx 7 Km X 8 Km . This information is then sent to the Animal Demography Unit where the data is captured into a central data base. It is of vital importance for the observer to cover as much of the grid cell as possible in order for an accurate and comprehensive bird list to be compiled for the area.      The SABAP2 Team is asking Landowners and Farm Managers in the survey area to provide vital support to the SABAP2 volunteers by granting them access to private and restricted areas so they can cover as much of the survey area as possible. Atlasers will carry SABAP2 identification with them at all times and will be able to produce this when requested to do so. As registered observers they need to adhere to the Code of Ethics as laid out in the projects protocol and guideline documentation. These codes have been drawn up by BLSA and include guidelines on obtaining permission to private land and how to conduct oneself when entering private property.    We hope to be able to contact as many of the farmers as possible in order to access their lands and to make this Atlasing Expedition a great success. "  

Many thanks for the opportunity to bring the Atlasing Expedition to the notice of Land Owners and Farmers in the area.  Yours sincerely,  Peter Nupen  

Page 13: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

Tuesday, 31 March 2015

Rooidamme

On Thursday last week we received confirmation from Andre Roux, DIRECTOR: SUSTAINABLE

RESOURCE MANAGEMENT at the Department of Agriculture, Western Cape Government that

the funding for the proposed rehabilitation of Murraysburg’s Historical Leiwater system had

been transferred from his Department to Casidra.

(Casidra is the acronym for 'Cape Agency for Sustainable Integrated Development in Rural

Areas'. Casidra is an implementing agency of the sole shareholder, the Provincial Government of

the Western Cape (PGWC).)

This funding has been made available for the:

1. Restoration of the Town’s historic “leiwater” system.

2. Use of the water provided to facilitate the establishment of recreational and greening

facilities in the Town and Bo-dorp.

3. Implementation of the general recommendations of the Beaufort West Spatial

Development Framework 12.2189 of 30th October 2013.

We are deeply grateful to the Department of Agriculture, Western Cape Government, officials of

the Department of Water Affairs in Cradock and East London as well as the Beaufort West

Municipality for their support for this project.

In order to give effect to the granting of this funding we are required to complete the

registration of the Murraysburg Sustainable Development Council as a Non-profit company with

Members. The estimated cost of doing this is R4,000.00.

Rather than asking for donations we are looking for at least eight people to contribute R500.00

each towards this initial cost. These contributions will be treated as membership fees, to be

adjusted once these are finalized. (At present we envisage the initial cost of Membership to be

R500.00/person but this will be confirmed after registration. There will also be an annual

Membership fee.)

Page 14: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

Monies received will be paid into a Trust account with the nominated attorneys in the first

instance.

A summary of the proposed project is attached and copies of the Draft Constitution and

Memorandum of Incorporation of the Murraysburg Sustainable Development Council are

available on request.

Please contact me if you have any questions.

Kind Regards

Adri Smit

Media Relations | Murraysburg Sustainable Development Council

[email protected]

Page 15: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

Proposal for the rehabilitation of the Murraysburg lei-water infrastructure and

creation of sustainable recreational areas.

Rooidamme 1995

Life-giving water flowing through Murraysburg once more.

Page 16: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

Introduction

This document proposes a “high impact, low cost” initiative in Murraysburg which aims to:

1. play a significant role in arresting the socio/economic decline of the town;

2. restore a sense of pride, dignity and hope to the disadvantaged people of Murraysburg;

3. provide concrete evidence of the willingness and ability of multiple local, provincial and

national agencies to invest in the future well-being of Murraysburg;

4. address the real basic needs of the community and to create a foundation for

sustainable job creation initiatives in the longer term;

5. create an example of “rural renaissance” that will assist in attracting further direct

investment by both the public and private sectors;

6. provide significant job creation opportunities over the period of the project.

Details of our proposals are attached.

Reasonable effort has been made to integrate our thinking with proposals and provisions that

are part of the Beaufort West IDP as well as strategy documents published by various

directorates within the Western Cape Government.

Most importantly this thinking reflects the specific actual needs of the Murraysburg community

in a particular context.

Summary

The town of Murraysburg was established in 1856 and very quickly became famous for the

abundance of its natural resources, especially the fertility of its soil and a plentiful supply of

underground water.

Within years of its founding, Murraysburg was already an intensively cultivated town and was

essentially self-sufficient. (Photographs comparing the status of the vegetation in the town in

1886, and in 1986, can be seen in the Municipal offices as well as in Kays Kafee.)

The original lei-water system satisfied the requirements of the “nat-erwe” for many years, but

eventually this system was upgraded in order to satisfy the increased demand of the town. The

upgraded system saw the building of a supply weir higher up the Buffels River as well as a much

larger storage dam at the eastern entrance to the town. This dam was subsequently re-

contoured into two separate dams and it continued to service the original lei-water canal

infrastructure.

Page 17: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

This second system fell into disuse some thirty years ago. It is this system that we are proposing

should be rehabilitated.

In more recent times a back-up lei-water sub-system was installed to ensure continuity of

supply during times of drought. This was achieved through the installation of a high-capacity

borehole pump some six kilometres east of the town which feeds a cement storage reservoir,

situated adjacent to the earthen dams, via a permanent pipeline. This system is still in

operation although it provides a somewhat intermittent supply.

Proposal

We are proposing that:

1. Project 1 - the second generation lei-water system be rehabilitated,

2. Project 2 - the resulting availability of water be used to facilitate the establishment of a

comprehensive network of recreational areas (Greening),

3. Project 3 - the general recommendations of the Beaufort West Spatial Development

Framework 12.2189 of 30th October 2013 be implemented.

Expected outcomes:

1. Many benefits will accrue to all stakeholders in the town, including:

a. Creation of multiple new and sustainable recreational areas for all residents in

the town.

b. Re-instatement of a reliable water supply to the original nat-erwe in the town.

c. Re-instatement of a reliable water supply to the original “saailande” on the

northern and north-eastern boundaries of the town. 1

d. Beautification of the town through:

i. a constant water supply to sustain the gardens and remaining trees in

the streets of the older part of the town,

ii. Re-instatement of a visually attractive natural feature at the eastern

entrance to the town. (Rooi damme.)

1 These can be put back into use to serve a variety of purposes with the availability of water.

Page 18: MURRAYSBURGER...2012 het hy sy BMus Hons-graad (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 het Grundling meestersklasse van prof. Yin Kim (Universiteit van Seoel)

iii. availability of water to sustain new projects to replace and renew the

trees and other forms of flora in the public spaces in the main

thoroughfares of the old town.

iv. creation of a focal point and information centre in the historical core of

the town.

We further believe that this initiative will ultimately lead to new direct outside investment

(DOI) in the town which will in turn result in an improvement in the quality and value of the

town’s revenue base over the long term.