Liesel eBook

121

description

This book was compiled from contributions by family and friends of Liesel van der Merwe who died of cancer in January 2011. The book highlights her wonderful contribution as wife, mother and friend in the Stellenberg and wider community, and chronicles her brave struggle with cancer for the last 101 days of her life.

Transcript of Liesel eBook

Page 1: Liesel eBook
Page 2: Liesel eBook
Page 3: Liesel eBook

Inhoud

Alwyn se e-posse 11.

Oom Daan se e-posse 232.

Gedenkdiens 413.

Huldeblyke 474.

Boodskappe aan familie 555.

E-posse aan familie 896.

Boodskappe van Karin & Danie 1127.

Dankie 1148.

Page 4: Liesel eBook
Page 5: Liesel eBook

Alwyn se e-posse

Page 6: Liesel eBook
Page 7: Liesel eBook

116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

From: Alwyn van der MerweSent: 12 October 2010 03:13 PM

Wanneer ek oor Liesel se siekte skryf moet julle verstaan dit kan maar soms krom en skeef uitkom. Eerstens omdat my hoogste akademiese kwalifikasie in die veld van die mediese wetenskap ‘n “B” Standerd Sewe Biologie is en voorts het ek hier en daar ‘n paar Jan van Elfen rubrieke gelees. Tweedens moet julle onthou dat ek nie altyd met die mees kliniese oor na die dokters luister nie aangesien Liesel se siekte die diepste emosionele ervaring is wat ek nog ooit beleef het.

Tog wil ek periodiek prober om mense naby ons – en mense met e-pos adresse – in te lig. Die ondersteuning wat ons tot dusver uit verskeie oorde ontvang het was bykans oorweldigend en uiteraard baie opbouend vir Liesel, myself, die kinders en ook vir Liesel se ouers, Daan en Elna Reitmann. Ek was gisteraand egter gedaan en ek vermoed dat die feit dat ek die hele aanloop tot die siekte aan soveel opregte vriende moes oorvertel ‘n groot bydraende faktor was. DIT BETEKEN NIE DAT JULLE NIE BY ONS KOM INLOER EN GESELS OF BEL NIE. Hierdie is bloot ‘n poging om almal ingelig te hou en ‘n maklike manier om spesifiek julle bystand/voorbidding meer effektief te rig.

Ons lewe het Woensdagoggend, 6 Oktober ingrypend verander toe ‘n neuro-chirurg kankerletsels op plate identifiseer. “n Klomp toetse,scans, sonars het gevolg om die kern van die probleem te bepaal. Die naweek was sy by die huis, maar dit was duidelik dat ons nie heeltemal opgewasse was om mooi na haar om te sien nie. Liesel is gisteroggend voortydig in Panorama opgeneem nadat haar ouers nie meer kon toesien dat die pyn haar moedeloos maak nie. Ons sou die onkoloog – Laura Serfontein - vieruur gistermiddag sien. Oor die naweek het Liesel ook haar sig in haar linkeroog verloor wat ons bekommer het. Laura het reeds gistermiddag aangedui dat sy klinies sterk vermoed dat die kanker ook na die brein versprei het. Die sogenaamde “CT scan” van die brein het later die middag haar vermoede bevestig. Dus in kort, Liesel is gediagnoseer met longkanker wat versprei het na die lewer, rondom die rugwerwels, die bekken en ook die brein. Die paar woordjies klink vir my na ‘n redelike vonnis vir iemand wat nooit gerook het nie en nie te roekeloos met haar gesondheid omgegaan het nie.

Ek het vir ‘n paar mense gese dat ek vinnig die vraag “hoekom” wou vra, maar beide ek en Liesel het gedink dis bietjie moeilik om te antwoord en daarom wil ons liewer op die “HOE” fokus. Ons vermoed dis meer prakties.

Klinies is die “hoe” al ‘n keer of wat gewysig oor die laaste paar dae. Soos reeds gese sy is tans in Panorama waar hulle vandag met bestraling van die brein en die laer rug gaan begin. Die proses sal waarskynlik 10 dae duur waarna hulle met chemoterapie gaan begin. Sy sal dus ten minste nog vir twee weke in die hospitaal wees wat my rustig maak aangesien personeel ten alle tye beskikbaar is om haar binne hulle vermoeens gemaklik te maak.

Gisteraand was ek werklik rustig toe ek huistoe ry van die hospital aangesien dit die eerste keer in 10 dae was wat ek kon sien die pyn is onder beheer. Sy is baie nugter en sterk en vasberade om kanker die stryd aan te se. Ongelukkig dink ek ons het meer as dit nodig. Dit is hier waar ons julle ondersteuning en voorbidding nodig het. Ek is altyd huiwerig om naief voor te kom. Ten spyte daarvan is ek oortuig dat die Geneser self via die hulp van die mediese span, Liesel se veggees en die gebede van julle, ons vriende, Liesel sal genees van die kloue van kanker.

Baie mense bied hulle hulp aan om ons by te staan op allerhande praktiese maniere. Op die beste van tye is my organisatoriese vermoeens bloot gemiddeld. Daarom het ons vir ‘n paar engele gevra om te help. Nikki Smal (083 644 7727) sal die kos te koordineer en Suegnet vd Merwe (083 460 4300)reel die kinders se vervoer en dan kan julle vir Helaine Strydom (084 5498439) bel om enigiets anders te reel of te bewimpel.

As Liesel nie SMS’s beantwoord nie is dit omdat sy nie kan sien nie. Elke SMS word gelees en waardeer.

Ek stuur hierdie e-pos uit na mense van wie ek ‘n e-pos adres het. Julle is baie welkom om dit aan te stuur aan goeie vriende van ons. Ek het nie doelbewus besluit om enigiemand uit te sluit nie. Dit is bloot ‘n funksie van my beperkte adresbiblioteek.

Ons praat weer.Alwyn

PS Vir die wat nie weet wie Alwyn is nie, by die skoolvergaderings beweer hulle dis Liesel se man.

From: Alwyn van der MerweSent: Thu 2010/10/14 09:46 AM

Familie ken mekaar partykeer te goed. My broer Haynes is terdee bewus van my gebrekkig mediese agtergrond. Daarom beantwoord hy vrae op die mees ontwykende manier wanneer ek – nes my kinders –

Page 8: Liesel eBook

2 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

vrae begin mik om ‘n klinkklare prognose uit hom te trek. Natuurlik is dit onregverdig aangesien hy nie Liesel se onkoloog is nie. Die geykte antwoord van die dokters, predikante en sielkundiges is om by ons in te dril dat ons nou die lewe dag vir dag moet aanpak. Geykte antwoorde – al is dit die regte antwoord – is op my ouderdom nie altyd aanvaarbaar nie. Toe ek hom weer in gesprek pols toe speel hy sy troefkaart. “As julle ‘n aandeel vir ‘n belegger koop en hy werk van meet af nie so lekker nie, dan troos julle die belegger deur hom net daarop te wys dat dit ‘n langtermyn belegging is. As die mediese praktiesyns nie so seker oor die langtermyn is nie, dan troos hulle die pasient deur die fokus na die korttermyn te verskuif”. Ek moes toe maar Maandagaand die aftog blaas en die argument aanvaar.

Intussen het daar twee volle dae verloop. Baie het verander, maar niks het verander nie. Ons is oorval met boodskappe van meelewing, boodskappe wat my op my lip laat byt het in die kantoor, boodskappe van bemoediging, mense wat hulp aanbied, boodskappe van mense wat ek nie ken nie, maar van mense wat of die kinders of vir Liesel ken. SMS’e kom laat in die nag deur van mense wat ek weet eintlik vroee slapers is. Mense stuur die lekkerste kos, eetgoed, ry kinders rond, koop huishoudelike goed en ons weet nie eers wat die telefoonnommers is om van die mense te bedank nie. Vir al die mense wile k sommer in die e-pos bedank. Tot dusver het ek op die meeste e-posse of SMS’e gereageer. Ongelukkig moet julle verstaan dat ek nog my daaglikse brood moet verdien. Ek glo ek het die laaste week ‘n paar debiete opgebou wat nie ‘n handhaafbare situasie is nie. Vir die van julle wat soos Liesel is, ek skuld die werk ‘n paar ure. Maar dis ook net vir die laaste week!

Ek moet ook tyd maak om rustig te wees by die mense wat belangrik is in my lewe naamlik Ters en Anel. Voorts, het iemand ook gese dat ek vir ons almal moet tyd maak om net op God se skoot te sit. Ek wil baie graag daai rustigheid saam met my vat as ek kosbare tyd by Liesel deurbring. Daarom vra ek dus “vergifnis” as ek nie gereeld gaan reageer op die boodskappe nie. Weet egter dit dra ons en ons lees elkeen. Trouens, ek sal dit waardeer as julle Helaine cc aangesien sy die boodskappe uitdruk en aan Liesel voorlees. Haar e-pos adres [email protected]. Ek het tot dusver al die boodskappe aan haar gestuur.

Wat my tot die punt bring. Niks het verander nie. Liesel is nog steeds siek. En Liesel is nog steeds Liesel. Ten spyte van die naarheid wat Dinsdagaand met die eerste bestraling gepaardgegaan het, was sy meer bekommerd oor die kinders se reaksie. Ten

spyte daarvan dat sy bykans nie kan sien nie, kan sy steeds haal selfoon se laaier vinniger konnekteer as wat ek dit met my dom vingers doen. Sy ken nog steeds die kinders se sportprogram beter as ek al het ek dit op my eie kalender aangeteken. En Liesel kla steeds nie.

Ons leef nou van dag tot dag. Dag twee van bestraling is nou ook agter die rug. As gesin het ons ‘n geseende – klink bietjie soos ‘n dominee, maar dit is soos dit is – aand gehad. Vir die gholfers onder julle, dit het gevoel jy teken ‘n arend aan op die 9de op Sun City. Of van julle wat nie gholf speel nie, ek het amper soos ‘n jong vryer gevoel. Anel en Ters se gemoed het ook etlike kerwe gelig na ons besoek Woensdagaand. Liesel was nie naar nie en was volwaardig daar.

Daar le dus nog ag behandelings van bestraling voor voordat met die chemo begin word. Bid asseblief dat ons reeds die uitwerking van hierdie intervensie sal begin sien.

Laastens vir my Huis Marais vriende. Julle sou onthou dat die mening was dat as jy tussen jou meisie en jou ouers moet kies dan kies jy jou Huispelle. Ek het so baie ondersteuning uit die Huis gekry dat ek tog gedink het daar steek ‘n stukkie waarheid in. Maar julle ouens kry ongelukkig net ‘n baie goeie tweede plek. En aan my Wilgenhof-vriende; ek het nie gedink dat ek so lief kon raak vir Wilgenhoffers nie.

Alwyn

Page 9: Liesel eBook

316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

From: Alwyn van der MerweSent: Mon 2010/10/18 09:25 AM

More almal

Miskien is dit omdat dit Sondagaand is. My gemoed is swaar en my kinders mis hulle ma by die huis.

Tog is dit na die rugby-naweek miskien goed om ‘n storietjie uit die diepte van ‘n rugbykleedkamer te deel, dit net voor die span op die veld draf. Van die oueres onder ons mag dalk onthou dat Pompies Williams ‘n kranige agsteman was, maar hy was ook kaptein van ‘n “gemengde” span net toe ons polities gedink het dis reg om sulke spanne saam te stel; gewoonlik vir “feeswedstryde”. Na bewering het Pompies die volgende juweel kwytgeraak ter motivering van die saamgevlansde span: “Manne party van ons “ebony” en ander van ons is “ivory”. Maar vandag moet ons hormonise!” Sedert Liesel se diagnose het ons die mees “generous” ondersteuning van ‘n oneindige wye verskeidenheid mense gekry. Mense wat kos bring, kinders aanry, bel, sms, e-pos, kuier, Liesel besoek en haar bemoedig en natuurlik ook raad gee. En almal het net een doel voor oe en dit is om dit vir Liesel eerstens draaglik te maak en uiteindelik die ondersteuning bied wat tot haar herstel sal lei. In kort dit is ‘n poging om te “hormonise” sodat Liesel die kanker kan oorwin.

Anders as ‘n rugbyspan was ek of Liesel glad nie voorbereid vir hierdie wedstryd nie. Ons het nie die vaagste benul hoe lyk hierdie teenstander nie. Trouens, selfs diegene wat die teenstander in die fynste besonderhede bestudeer loop hulle nog steeds in geslepe taktiek vas. Daarom het ek en Liesel bloot besluit om rondom die onkoloog Loura Serfontein te “hormonise”. Sover die ondermaanse aangaan is sy die een wat die poging dryf om die kanker hok te slaan. Ons sal ons dus deur haar laat lei in terme van die behandeling wat sy sou aanbeveel. Uiteraard is daar sekere verwagtinge oor hoe Liesel sal reageer. Ek is seker as die uitkoms anders as die verwagtinge is, sal die behandeling aangepas word.

My gemoed is beslis nie net swaar omdat dit die einde van die naweek is nie. Ek kan tog agterkom dat daar ‘n tikkie terleurstelling by die dokters is dat die reaksie op die bestraling ‘n bietjie stadig is. Hoewel hulle die pyn beheer, het Liesel steeds by tye erge ongemak. Ons het ook gehoop dat die bestraling van die brein al ‘n verbetering in Liesel se sig sou meebring. Miskien is ek bloot ongeduldig. Almal het mos gese dat ons nou van dag tot dag moet leef, dat dit die klein oorwinningtjies is wat ons dra tot die volgende dag. Ek moet dus seker net luister wat hulle gesê het.

Liesel se gemoed bly egter positief. Vier van die beplande tien bestralingsessies is reeds iets van die verlede. Dus bly nog ses sessies oor voordat hulle met die chemoterapie gaan begin. Sy lyk in die oggende lekker sterk. Tot dusver het die behandelingsessies rondom middagete plaasgevind. Hoewel dit ‘n vinnige prosedure is, put dit haar uit en taan die energievlakke beduidend in die middag.

Die hospitaal is redelik gemaklik betreffende besoekers. Julle is dus welkom. Ek wil tog vra dat julle wel die oordeel van Oupa moet vertrou as hy op sy uiters diplomatiese manier probeer aandui dat Liesel te moeg is om besoekers te ontvang. Ek verseker julle dat die besoeke baie vir haar beteken, selfs al behels die besoek net ‘n vinnige drukkie of om haar hand vas te hou.

Weer eens dankie aan almal wat kos besorg het. Die kinders het besluit ons hou telling en gee die terugvoer deur na Nikki sodat sy die “kliente” se behoeftes aan die verskaffers kan deurgee. Ongelukkig was al vier maaltye die afgelope week voltreffers wat die waarde van die terugvoerpoging in die wiele gery het. Dankie vir al die boodskappe per telefoon, sms, e-pos, kaartjies. Dankie vir die mooi blomme. Dankie vir die besoeke, beide vir Liesel en aan huis. Dankie vir al die gebede. Daar is by my geen twyfel dat die afpleit van genade van die Geneser die groot faktor gaan wees wat tot Liesel se herstel sal lei nie. As ek na al die boodskappe kyk van letterlik regoor die wereld, vermoed ek God ervaar ‘n massa-aksie wat Hy met sy Vaderliefde nie kan ignoreer nie.

Laastens, dit het onder my aandag gekom dat ‘n paar Eendragters ‘n bietjie uitgesluit gevoel het na my vorige e-pos. Dis mos van selfsprekend dat julle ordentlik is en daarom het ek van nature ‘n sagte plekkie vir julle.

Soos hulle sê, tot volgende keer.

Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Thu 2010/10/21 05:48 PM

Gewoonlik word julle gekonfronteer met die komas van ‘n brein wat laataand probeer om sin te maak deur na ‘n rekenaarskerm te kyk. Hierdie poging is nie veel anders nie behalwe dat die tyd van die dag verskil.

Ek wil vanoggend weer met’n ompad by Liesel uitkom. Die impak van Liesel se siekte strek veel wyer as bloot haar fisiologiese toestand.

Page 10: Liesel eBook

4 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

In die twee weke sedert sy met kanker gediagnoseer is kon ek ‘n paar observasies maak. Hierdie is bloot subjektief en my kollegas weet hoe ek voel as besluite bloot op opinies geneem word. Nietemin, daar word gese dat Afrikaners plesierig is. Dit is dalk waar. My waarneming is dat hulle ook maklik huil wanneer dit saakmaak. En hier sluit ek myself in. Hierdie huil was nie alyd ‘n oppervlakkige ‘n paar trane van selfbejammering nie, maar is ‘n teken van rou hartseer. Tradisioneel – kom ons se maar in die ou bedeling – is Afrikaners nie gekenmerk is ‘n groep wat baie vrae vra nie. ‘n Goeie vriend uit die bedryf, Mert Black, het ‘n wonderlike jagstorie wat so tipies is. Mert is ‘n Engelsman wat ‘n geoloog is en werk in die Karoo gedoen het. Hy het bevriend geraak met een van die Scholtz families in die Loxton area waarna hy jaarliks daar gaan jag het. ‘n Paar jaar gelede neem hy ‘n Engelse kollega saam op die jagtog. Soos meeste jagsessies eindig die betrokke sessie met ‘n braai op ‘n mooi plek en intense gesprek oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe. Die betrokke dag gaan draai die gesprek by die skepping aangesien die Karoo-koppies die logiese onderwerp van bespreking is met ‘n geoloog byderhand om sy kennis ted eel. Ons Afrikaanse gasheer het egter stiller en stiller geraak soos die gesprek vorder en die ingevoerde Engelsman meer indringende vrae oor evolusie aan ons Engelse geoloog vra. Snaaks die braai het vinnig tot ‘n einde gekom, maar nie voor die Afrikaanse gasheer vir Mert met ‘n kort vermaning eenkant trek

nie. “Engelsman, jy bring nie weer daai man na my plaas toe nie.” Mert probeer beleef verneem hoekom hy so sterk voel aangesien die ander Engelsman nogal nie sleg geskiet het nie. Antwoord kom baie duidelik: “Op hierdie plaas vra ons nie daai vrae nie, ons glo net.”

As ek reg onthou, het ek in my eerste e-pos die stelling gemaak dat nie ek of Liesel te lank getalm het by die hoekom nie. Selfs nadat tyd verloop het en die omvang van die siekte beslis by Liesel en by myself ingesink het, is ons bemoeienis by die hoe. En dis waar die focus val en hoekom ek ook die e-pos geskryf het waarin probeer aandui het dat Loura Serfontein in beheer staan van die ondermaanse hoe. Tog is daar baie meer vrae as bloot ‘n eendimensionele hoe. Ek wil nie nou daarop ingaan nie en ek is seker daar is ‘n spul sielkundiges wat hulle dae vol maak met daai tipe vrae. Wat ek eintlik wil se dat ons wel vir Loura ondersteun, maar haar tog met ‘n klomp vrae oor die hoe gaan bombardeer.

Terug by Liesel. Dit wil voorkom – ek en Liesel het eergister ‘n lang gesprek met Loura gehad - asof haar respons op die bestraling ietwat terleurstellend is. Daar is gehoop op verminderde pyn en op ‘n beter reaksie in terme van haar sig. Die goeie nuus is dat daar nie geen vordering is nie. Liesel het gisteroggend gedink haar sig is wel ietwat beter, maar is sy baie versigtig om nie voortydig opgewonde te raak voordat sy nie bevestiging het nie. Die oogspesialis het wel

Page 11: Liesel eBook

516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

gistermiddag bevestig dat ‘n geringe verbetering te bespeur is en dat die swelling op die brein wel ietwat verminder het. Inderdaad ‘n klein oorwinningtjie waaroor ons opgewonde kon raak.

Sy was gister ook in die wolke toe ons gehoor het dat Ters een van drie leerlinge is wat uit hul klasgroep tot die leerlingraad van Stellenberg verkies is. ‘n Mens is versigtig om dit te deel, maar as daar een ding is wat Liesel van haar siekte ontstel, is dit die kinders. As ek iets kan vra, wil ek juis vra dat julle bid vir die rustigheid rondom hierdie aspek. My vrou is ‘n besonderse ma en daarom le die wel en wee van haar kinders – seker soos enige ma – vir haar baie naby die hart. Ons kinders beleef ook hulle ma as die een wat die huishouding op koers hou en wat daar is vir al die praktiese en soms minder praktiese behoeftes wat hulle sou he. En Liesel weet dit.

So van die praktiese gepraat. Ek wil sommer bondig ‘n paar praktiese goedjies aanraak:

• HouassebliefaanomvirLieselendiekinderstebid. Ons ervaar die krag van gebed.

• Moeniebangweesompere-pos,sms,oftelefoono-proepe te kommunikeer nie. Ek probeer kortliks antwoord. As ek nie daarby uitkom nie, weet ons lees dit en ek lees dit spesifiek vir Liesel.

• LieselmoetnogbestralingontvangtotMaandag.• Ashaargstelsterkgenoegis,salsyDinsdagbe-

gin met chemoterapie.• Onshoopdatsyerensinvolgendeweekkanhu-

istoe kom. Ons sal heel moontlik iemand kry om haar tuis te versorg.

• Ekisbaiesensitiefoorbesoeke.Onsweetdatdi-erbare vriende soms van ver kom om haar te kom bemoedig. Ongelukkig gebeur dit dat ons soms mense wegwys aangesien Liesel eenvoudig te moeg is. Veral in die middae is sy uitgeput na die bestraling.

• Assyeerstuisiswilonsgraagdiebesoeketot‘nuur in die oggend beperk wat aan haar die geleen-theid gaan gee om te rus en te herstel.

Page 12: Liesel eBook

6 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

• Ekvradatjulleassebleifdaarvoorbegripwilmoethe. Liesel put ongelooflike krag uit die besoeke en daarom wil ons dit ontmoedig nie, maar ons wil graag he dat julle net die perspektief moet ver-staan. Soms vra ons ook dat besoekers dit moet kort hou vir dieselfde redes.

• Endanweernetbaiebaiedankieviraldieonder-steuning, kos, e-posse, sms’e, oproepe, kuiers, drukkies (veral die vroue wat vir my drukkies gee), handvas hou en veral gebede. Dit dra alles by tot ‘n belewenis wat ‘n totale nuwe dimensie vir my en Liesel oopgemaak het.

• VirdieDagbrekers,ouenswatinMajubageslaaphet, ek dink daar is koshuise soos Helshoogte en Simonsberg, ek vra om verskoning as ek julle ‘n onguns aangedoen het. Is daar ‘n koshuis soos Huis Visser?

Tot ons weer praat.Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Mon 2010/10/25 01:02 PM

Dis weer Sondagaand, maar ek het nie die blues nie.

Gisteroggend (Saterdag) sesuur het ek en drie vriende – Theunis, Johann en Marius – met ons dikwielfietse uit Durbanville al plaaslangs tot by Louw se Bos in Stellenbosch en terug gery. In die drie en ‘n half uur het ‘n paar perspektiewe weer gestalte gekry. Ons het skaars begin of ‘n ander groep ryers wat meeste aan ons bekend is, val saam in. Nie lank nie of een van die ander span verneem waarvoor ons dan nou oefen? Ek meen dis sesuur op ‘n Saterdagoggend! Ek kon eerlik se ek oefen vir niks, ek ry bloot omdat ek dit geniet. Voor ek te vroom klink, my vriende weet goed ek hou nie van verloor nie, of prontuit, ek het nogal ‘n mededingende geaardheid. Liesel se siekte het my so ‘n bietjie laat dink oor die motiewe van ons(my) aksies.

Net buite Stellenbosch kon ek nie help om op te merk hoe ‘n mooi opvallend gesonde vrou uit haar Kombi spring en op ‘n drafstappie ‘n advertensiebord inslaan om die Helderberg wynfees te adverteer nie. Dit tref my dat dit drie weke gelede maklik Liesel kon gewees het. Bietjie selfbejammering, maar ek kon dit net nie mis nie.

Kom ons praat nou liewer oor Liesel. Die laaste paar dae was vir my, ons kinders en haar ouers nie maklik nie. Dit was opvallend soos die week verloop het hoe die “battering” van die bestraling sy tol op haar liggaam begin eis het. Sy het eenvoudig elke dag van

die week vroeer simptome begin toon van uiterste moegheid. Trouens, sedert Vrydag het sy die meeste van die tyd geslaap en nie werklik baie of baie sinvol met ons gekommunikeer nie. Vrydagaand was net ek en Anel by haar, maar ten spyte van ‘n dapper poging was ‘n paar prewelwoorde die beste wat ons uit haar kon kry. Swaar vir Anel. Liesel se pa het dit waarskynlik die beste verwoord: “sy kom nie baie na die oppervlak toe nie.”

Ek het Sondagmiddag sommer op die bank in haar kamer aan die slaap geraak. Beide ek en Liesel het saam wakker geraak toe iemand aan die deur klop. Ek was half verras toe sy wakker word. Maar dit was amper ongelooflik hoe ek en sy gelyktydig die gewaarwording kry dat sy die eerste keer in drie dae werklik 100% georienteerd is. Die pap Liesel het plek gemaak vir een wat wakker en teenwoordig is. My aand het afgesluit met twee ure van kwaliteit tyd saam met my vrou. Dit bring ook nuwe moed.

In een van my vorige e-posse het ek verwys na engele. Sodra ‘n mens hul by name noem, dan word gevaarlike terrein betree omdat soveel mense so goed is vir ons. Ek wil tog net drie ervaringe deel wat elkeen op sy eie manier vir my en Liesel kosbaar was oor die laaste paar dae. Vanoggend het Marius Breytenbach met die drie Israel-susters vir Liesel gaan “kerk” hou. In Marius se woorde:”sy idée van ‘n meditatiewe diens in ‘n hospitaalkamer.” Gister en vanoggend het Elizna – ‘n narkotiseur en dogter van jarelange huisvriende van Liesel se ouers – kom inloer. Nie net het sy dit reggekry om ‘n pil so groot soos ‘n ghoen in Liesel se lyf te kry nie, sy het ook aie geduldig vir Liesel gehelp om uit ‘n mediese oogpunt te verstaan hoekom sy voel soos sy voel. Dit was ongelooflik gerusstellend en na my mening het dit geen geringe rol gespeel om Liesel vanmiddag die “lift” te gee wat ons nodig het om vorentoe te gaan nie. En laastens, miskien op ‘n ligter noot. Toe ek gistermiddag by die huis kom, moes ek die honde kos gee. Ek vind dit toe heel vreemd dat slegs twee van die drie rawe stertswaaiend by die bakke opdaag. Nala, die oue en mank een was skoonveld. Na ek die die donkergroen swembad gefynkam het en my beddings deurtrap het, was daar geen spoor van haar nie. Ek besluit bloot ons sal maar later die onverklaarbare enetjie met Liesel deel. Ek was net gereed om by vriende te gaan eet toe ek aksie by die agterdeur gewaar. Heel vrolik kom my buurman Mike en Helene met Nala ingestap nadat hulle haar vir ‘n stappie geneem het. Dit nadat die ander twee honde vroeer die middag ‘n beurt gehad het. Mike is op die koop toe met sy emmer chloor deur na my swembad toe om paddabesetting te voorkom. Engele…

Net ‘n laaste oor Liesel. Die bietjie wat ek weet, lyk dit wel of die bestraling gehelp het. Dit wil voorkom of

Page 13: Liesel eBook

716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

haar pyn minder is. Goeie teken. Haar sig het verder verbeter sedert my vorige e-pos. Goeie teken. Liesel kla nie oor hoofpyne nie. Goeie teken. Dit was vir my mooi toe iemand sê dat sy bid dat God moet seker maak dat elke straal sy teiken moet tref.

Na alle waarskynlikheid sal hulle die week met chemoterapie begin. Bid dat die liggaam die gif op die beste moontlike manier kan hanteer.

Tot ons weer praat.

PS In my vorige e-posse het ek ‘n paar spelfoute ontdek. Deels as gevolg van slordigheid, maar ook oor die simpele(ek het ‘n sterker word hiervoor) speltoets van die rekenaar wat alles na brits wil verander. Ek vra om verskoning daarvoor en vir die foute wat ek nog gaan maak)

Alwyn vd Merwe

From: Alwyn van der MerweSent: Fri 2010/10/29 01:46 PM

Dit is naweek. Die voorstedelike bestaan sal sy gang gaan. Ondersteuners van die WP en die Sharks sal hul voorberei vir môre se groot wedstryd. Die koerante het reeds deur die loop van die week baie tot die bou van gees bygedra. Mense wat hulle karre in strepe verf, ‘n kafee wat nie anders lyk nie en ‘n kêrel wat permanent met sy WP hemp gesien word

was aan die orde van die dag. Checkers adverteer ook meedoënloos alle moontlike vleissnitte deur die week. Vanoggend is natuurlik die hoogtepunt met dik T-bone steaks wat voornemende rugbykykers se monde sal laat water.

In ons huis is dit ‘n bietjie anders. Ters het gisteraand terloops opgemerk dat die Curriebeker finaal môre beslis sal word. Dit was eers toe ek hom herinner dat Craig Joubert die fluitjie gaan vat dat ek ‘n bietjie emosie by hom aanwakker. Sy slotsom was egter dat dit onmoontlik vir die WP gaan wees om te wen as Craig Joubert blaas. Ek hoop nie dat daar in Ters – hy is AJT – se lang lys name ook ‘n Paul voorkom nie. Die verloop van omstandighede het my tog laat dink aan een van die sportkapteins se opmerkings na ‘n belangrike wedstryd – en sy ondersteuners wou hom kruisig – “al het ons verloor, niemand is dood nie en die son sal môre weer opkom”.

Ons het egter gehoop dat die naweek ook vir ons ‘n hoogtepunt gaan lewer. Liesel sou moontlik die naweek by die huis kon deurbring voordat sy volgende week weer gehospitaliseer sou word vir die chemoterapie. Nou is dit bra onseker of sy ‘n gaping hier in Dawnslot sal vul. Ters was die hele week in die bed met bronchitis en die lastige hoesie wil net nie die wyk neem nie. Anel het ook gisteraand soos ‘n makou geklink. Dit klink nie vir my te wys om vir Liesel in die omtrek van die kinders te akkommodeer nie?

Liesel self het ‘n interessante kurwe gedurende die week gehad. Nadat sy Sondagaand uiters helder was het die volgende drie dae nie op die belofte voortgebou nie. Sy was meer onder die oppervlak as bo die oppervlak. Na die laaste bestralingsessie het die verpleegpersoneel begin om haar te speen van die hospitaal. Al die pypies wat met die are verbind was is stelselmatig verwyder. Die fisioterapeut het met groter dringendheid vir Liesel aangemoedig om die oefenige te doen. Haar kateter is verwyder. Daar is gepoog om haar in ‘n sitposisie te kry. Teen Woensdag het ons bloot ‘n flou Liesel met ‘n hoofpyn en naar is en wat nie kans sien om te eet nie, beleef.

Woensdagnag het sy egter goed gerus en teen Donderdag het alles anders gelyk. Liesel het gevra vir kos. Die fisioterapeut hoef nie te gesmeek het vir samewerking nie en die familie kon soos van ouds lekker klets om die bed met Liesel wat kon korrigeer wanneer iemand ‘n bietjie los met feite gewerk het. Na my mening was menslike engele weer belangrik in die reuse tree vorentoe. Liesel put oneindige waarde uit die gesprekke/konsultasies met Elizna. Die deernis en begrip tesame met die mediese kennis beteken vir Liesel ontsettend baie. Dan het Liesel se tannie en niggie van Pretoria Kaap toe gevlieg om haar te sien

Page 14: Liesel eBook

8 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

en saam te kom bid. Om alles te kroon het my vriend Willie du Plessis besluit dat die Vannermerwes sy teenwoordigheid nodig het. Hy het ook spesiaal van Pretoria kom kuier net om meer perspektief op alles te plaas.

En net toe ek dink ek kan ‘n bietjie laks raak met die e-posse toe stroom die sms’e in om na Liesel se welstand te verneem. Dus, die feite:

• OnsisniesekerofLieseldienaweekhuistoekomnie.

• Donderdagwas‘nwonderlikedagwaarLieselvirdie eerste keer in drie weke na kos gevra het.

• Dit lyk of haar sig in die regteroog werklik verbeter.

• DiemorfientoedieningisbeduidendafgeskaalenLiesel is steeds pynvry.

• Dit behoort –metmymediese ondervinding – ‘nvroeë aanduiding te wees dat die bestraling wel ‘n impak op die kankerverspreiding in die lae rug het.

• DitbetekenookdatLieselniegebukgaanonderdie newe-effekte van die hoë dosis morfien nie.

• Syhetwel ‘npaarminute in ‘n “lazy-boy”stoeldeurgebring.

• Oor‘npaardaesalekmeerhareasLieselhê.

• Sy praat reeds van ‘n tuinpartytjiewat sy gaanhou vir haar vriendinne.

Laastens wil ek tog iets oor my werk sê. Daar is van julle wat gelukkig genoeg is om kliënte van SPI te wees. Soos julle sien, die markte wag nie vir my nie en julle portefeuljes het mooi geloop oor die laaste vier maande! Ek is absoluut oorweldig deur die “generosity” en deernis waarmee Daniël my in persoon en die familie in die algemeen hanteer het. SPI en die beleggingsproses sal mooi loop met ‘n kwart van my, bloot omdat kollegas instaan en meer verantwoordelikhede op hulle neem om uiteindelik die telbord vir ons kliënte te laat werk. Ek is innig dankbaar daarvoor aangesien die ure in die hospitaal soms emosioneel duur kan wees. Interessant, Liesel het gister vir die eerste keer gevra wat in die buite-wêreld aangaan. Net so begin ekself weer lus kry om te wonder oor die dinamika van die finansiële markte.

Wat ek gedink het bloot ‘n vinnige “update” moes wees, het weer ‘n bietjie uitgerek.

Hou asseblief aan bid. Gisteraand laat het een van my dierbare vriende gebel “omdat hy my stem wou hoor”. Nes ek, betrap hy homself in voortdurende gesprek na Bo omdat dit is waar ons tans ons krag vandaan kry.

Tot volgende keer.Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Mon 2010/11/01 08:55 AM

Ters was reg. Craig Joubert het geblaas, maar dit was nie sy skuld nie. Vrydagmiddag kry ek ‘n e-pos van iemand wat die grond en ‘n wingerdstok beter as meeste ander mense ken. Weer eens het ek oneindig baat gevind by die kubergesprek. In reaksie op ‘n opmerking in sy e-pos het ek probeer om iets van die ondersteuning wat ons tans ontvang in terme van ‘n rugby-analogie te verduidelik. En ek weet dit is ‘n oorvereenvoudiging. Ek het reeds in vorige e-posse verduidelik dat Liesel nie besig is om ‘n klubwedstryd te speel nie. Sy speel die toets van haar lewe. Sy het egter veral twee faktore wat in haar guns tel. In gewone taal, sy het die tuisveld voordeel. Die skares wat haar ondersteun dra haar en ek sien dit. Die “baniere” wat die skare gebruik om hul ondersteuning te demonstreer neem allerlei vorme aan, maar dit lig vir Liesel en ons hele gesin. Hierby kan ek maar vir Oupa en Ouma en Haar suster, Karin, insluit. Tweedens weet ons die Skeidregter is ook aan ons kant. Dit gee ons gemoedsrus. En die skare weet dit ook. Die beloftes van die Skeidregter word heel dikwels op die baniere van die ondersteuners in hoofletters uitgeskryf. Vrydag het ek te kenne gegee dat naweek nie eintlik vir my enige besonderse betekenis het sedert Liesel amper vier weke gelede gediagnoseer is nie. Tog het ons hierdie naweek meer as net ‘n blaaskans gekry. Sedert Vrydag was dit opvallend dat Liesel fisies besig was om van ‘n baie lae basis vorentoe te beur. Vandag was die eerste dag in die bykans vier weke wat ons as gesin eenvoudig mekaar kon geniet het.

Toe ons vanmiddag by die hospitaal opdaag kon ek sien Oupa, Ouma en Liesel kon nie wag om te vertel hoe goed sy geeet het nie, dat sy amper ‘n uur in die “lazy-boy” gesit het nie en dat sy met oupa se hulp ‘n rondte in die kamer gestap het nie. Eet, sit, en tien tree stap. Iets wat sy nie in drie weke gedoen het nie. Om alles te kroon was Anel se laaste woorde voor sy gaan slaap: “Het pappa gesien dat mamma my nuwe plakkies raakgesien het toe ek na haar bed toe gestap het?!” Die gebruiklike paar feite: • Lieselhetnogtweedaesehareoor.• Eksalnooitweersehaarbeneistediknie.• Sy salnaallewaarskynlikheidoormoremetdie

chemoterapie begin.• Hopelik verwelkom ons haar terug by die huis

voor die einde van die week.• MytuisrekenaarseOutlookwerknielekkernie.• MytuisrekenaarseInternetwerkgladnie.

Page 15: Liesel eBook

916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

• MyBlackBerryhetSaterdagomeenofanderon-verklaarbare rede die gees gegee. Daarom kon ek nie op sms’e of oproepe reageer nie.

• Lieselhetvandagvirdieeerstekeerhaarselfoonself afgeskakel.

• Die ondersteuning op alle fronte word steedsoneindig waardeer.

• Mariushet vanoggendweerkerkgehou.Ditblybaie kosbaar vir Liesel.

• LieselseTannieenniggiehetspesiaaluitPretoriavir haar kom kuier/bid. Willie het ook die noorde van die Apiesrivier gekruis om by ons te wees.

• Hou asseblief aan om te bid. Liesel se enigstevrees is die fisiese uitdagings wat die siekte bied. Sy is bang sy raak naar. Sy is bang sy raak lighoof-dig as sy selfs met hulp probeer stap. Sy is bang sy val as sy stap. Uiteraard le die onbekende van die newe-effekte van die chemoterapie hierdie week vir haar voor. Bid veral vir sterkte en krag vir laasgenoemde, maar ook dat die chemo die genesende impak sal he waarvoor dit aangewend word.

Tot ons weer praat.

GroeteAlwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Thu 2010/11/04 07:55 AM

Kom ons begin vanaand by Liesel. Dis nie ‘n sleg begin nie.

Soos ek reeds Sondagaand gese het, Liesel se kurwe het voor die naweek ‘n draai gemaak. Ons as gesin het Sondag ‘n normale dag in abnormale omstandighede beleef. Soos hulle in die Verimark advertensies beweer, maar dit is nie al nie. Maandag was nog ‘n lekker dag waar ons saam met Oupa en Ouma en die kinders vir ‘n slag kon lag oor goed waaroor gewone mense maar lag. Die ietwat gebrekkige korttermyngeheue van Liesel sorg nogal vir ‘n paar ligter oomblikke. Gelukkig sien almal dit in die regte perspektief. Maar dis nie al nie. Liesel se eerste chemo sessie het Dinsdag net na vieruur tot ‘n einde gekom. Sy was nog vol stories en het kans gesien dat die kinders kon kuier. Nog ‘n bonus. Ek is selfs vanoggend verras met ‘n oproep met ‘n stem vol bravade. Ons kon nie vir ‘n beter begin gevra het nie.

Later vanmiddag was dit egter dudelik dat die gif begin werk het. Sy was ‘n bietjie misluk en het die res van die middag geslaap. Nadat sy heelwat later wakker geword het, was sy steeds lus vir ‘n bietjie

gesels en kon nog saam met my badkamer toe stap. Tien dae gelede sou ek nie geld op daai gebeurtenis gewed het nie.

As Liesel more-oggend (Donderdag) sterk genoeg voel sal sy na drie-en-‘n-half weke Saal C in Panorama verlaat om by die huis te kom sterker raak. Iets waarvoor ons as gesin nie kan wag nie. Hoe goed ons ingerig is om haar te versorg sal ons nog leer. Die idée is dat ons gaan begin met 24-uur tuis pleegsorg. Ten spyte van die feit dat die hospitaal personeel werklik uit hulle pad gegaan het om Liesel ordentlik te versorg, hoop ons dat Dawnslot sal bydra om die gemoed selfs meer positief te rig. Niemand se harte sal blyer wees as Ters en Anel s’n nie. “Pappa jy weet nie hoe eensaam die huis sonder mamma is nie”, was Ters se opmerking toe ek hulle eergister kom haal het om vir Liesel in die hospitaal te gaan kuier. Selfs ‘n halwe ma gaan ‘n baie groot gat in ons huishouding vul.

Die huidige beplanning is dat Liesel elke drie weke die chemo-kamer by Panorama gaan besoek as haar bloedtelling dit toelaat. Voorts sal sy ook ‘n chemo-pil toegedien word ‘n week nadat sy die chemo binne-aars gekry het. Soos ek dit verstaan sal die proses ‘n verloop van tussen vier en vyf maande he.

As daar een ding is wat my persoonlik nog ‘n bietjie pla, is dit die sig in die linkeroog spesifiek. Ons het more ‘n afspraak met ‘n oogspesialis, Hopelik kan sy ‘n bril voorskryf wat Liesel in staat sal stel om beter te kan sien om ten minste makliker goedjies te kan doen wat ons almal as vanselfsprekend aanvaar. Voordat julle dink ek kla, alles behalwe. Ons het baie om voor dankbaar te wees.

Op ‘n ligter noot. Ek het ‘n koddige buurman met die naam Danie Hugget in die straat gehad. Nadat ek eendag navraag gedoen het oor sy welstand het hy baie onoortuigend geantwoord dat dit goed gaan. Ek vra toe maar weer. Sy antwoord: ‘Nee, nie so goed nie. Die general kakkies kry die oorhand.” (Met apologie aan almal wat aanstoot neem. My naam is nie Casper nie en my van nie De Vries nie) Maar julle sou Maandag opgelet het dat hier ‘n paar huishoudelike tekortkominge my gemoedstoestand begin vertroebel het. Diegene wat my goed ken weet dat grassny en my grassnytoerusting my naby die hart le. Ongelukkig het die tyd wat ek in die hospitaal deurbring my verhoed om my gras self te sny. Ek moet my dus verlaat op my selferkende drinkertjie en tuinboutegnikus met die Bybelse naam, Samuel, om my gras te sny. Nie dat Samuel in normale terme sleg sny nie. Ongelukkig het my grassnyer se petrol opgeraak, maar ek het Samuel uitdruklik belet om enige petrol by te gooi. Toe ek Dinsdag met ‘n vol petrolkannetjie die “four-stroke”

Page 16: Liesel eBook

10 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

se tenk wou volgooi, moet ek tot my verbasing opmerk dat die tenk vol is, maar dit val my op dat die houer wat die Weed-eater se petrol en olie-mengsel hou, leeg is. Dis toe dat ek weer dink aan Danie Hugget en die general probleempies en maar net wegstap van ‘n skouer-optrekkende Ou Testementiese Naam tuinboutegnikus.

Terwyl ek op die onderwerp is. Die aantal Samiritane waarmee ek te doen kry het nie perke nie. Gerard Barnard by SIM dwing my toe om my rekenaar se boks te ontkoppel sodat hulle hom gou kan opfix. Ek stuur vanaand van my eie tuisrekenaar en Ters het selfs Google Chrome! My BalckBerry is in vir herstel. My buurvrou Lynette weet sy mag nie aan my grassnyer raak nie, maar sy sien kans om die paddas uit die swembad te hou. En so kan ek aangaan.

Maar die belangrikste uiteraard bly ons belewenis en hantering van Liesel se siekte. Ek het genoem dat ek, Liesel, die kinders, Oupa en Ouma en Karin gedra word deur ‘n ondersteuningsbasis wat my van my sinisme ontneem het. En dit is op ‘n wye front soos ek reeds in vorige e-posse genoem het. Die belangrikste van als bly egter die gebede. Ek wil vanaand sommer net noem dat die vroue se onedrsteuning in die verband my verstom het. Maar ek het die week weer beleef hoe ‘n ex-Elsenburg student (kan ‘n mens hulle studente noem?) en wynmaker, ‘n boer op Phillipstown naby De Aar en ‘n ou maat wat 31 jaar gelede saam in ‘n pantserkar rondgery het en nou jakkelse van sy kleinvee in Cradock probeer weghou, se meelewing en gebede ons dra. Ek dink ek het die gawe van ontvang vinnig bemeester. Vir die gewers bedank ek van harte. Hou asb aan bid.

Tot die naweek en hopelik betrek ek dan ‘n gasouteur.

Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Fri 2010/11/05 03:59 PM

Dis naweek.

Net enkele opmerkings:

• Lieselisuitdiehospitaalontslaan• Syisbydiehuis• Dis dag drie na die eerste chemo en sy is dus

steeds moeg• Maarna‘nuurinhaareiebedissyrustigenbaie

tevrede met die lewe• Oppaduitdiehospitaal ishaaroeweeronder-

soek. Daar is voortgesette verbetering in die sig hoewel die linkeroog een vinger op ‘n voet kan identifiseer.

• Goeienuusisdatdaargeentekenvankankerlet-sels in die oe is nie.

• Ons sal later besluit oor hoe ons besoekers salhanteer. Liesel is tans nog baie moeg en het rus-tyd nodig na Dinsdag se chemo.

• Onsisuitersdankbaarasfamilie.DieGoeieVaderhet voorsien en ons het ‘n punte-voorsprong na die eerste rondte.

• Watterrugbyisaandienaweek?

Tot na die naweek.

Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Wed 2010/11/10 09:09 PM

Vroegaand uit die studeerkamer

Die afgelope 18 maande het ek gedink drie uur is lank in die markte. Met Liesel se siekte het ek agtergekom drie ure kan ‘n wereldse verskil maak. In my heel eerste e-pos het ek verwys na die “wyse” woorde van Haynes wat my aangeraai het om Liesel se siekte op ‘n dag tot dag basis te beleef. In die kort tydjie, veral sedert Liesel Vrydag huis toe gekom het, het ek

Page 17: Liesel eBook

1116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

geleer dat die belewenis van die siekte vir Liesel en diegene rondom haar vinnig kan verander en dat ‘n dag al vier seisoene kan omvat.Kom ek gaan haal die storie by Vrydag. Ons was uiters opgewonde om Liesel te kon huis toe bring. Die roete was met ‘n ompad via die oogarts. Liesel het met die hulp van die pleeghulp die paar tree uit die kar tot in die spreekkamer gemaak. Die dokter was ooglopend tevrede met die oe hoewel Liesel kwalik iets uit die linkeroog kan sien. Sig in regteroog het verder verbeter.

Na drie weke in die hospitaal met goeie pleegsorg is selfs huis vir iemand wat deur chemo geslaan is ietwat intimiderend. Dit het Liesel egter nie lank geneem om te ervaar dat die huis nog steeds huis is nie. Vir die huis was dit egter heerlik om die hartklop terug te verwelkom.

Ek was met my kinderlike opgewondenheid egter nie voorbereid vir wat voorle nie. Twee voorskrif papiertjies, ‘n leer vol generiese notas en Standerd 7 biologie en ‘n huppel in die stappie is ongelukkig nie genoeg toerusting om Liesel gemaklik te hou teen die wydverspreide uitwerking van die chemo-gif nie. Die chroniese naarheid het eenvoudig Liesel se lus om enigiets te eet of te drink eenvoudig geblus.

Sondagoggend het ek gevoel ek moes iets doen. Aangesien ek haar nie kan gesond maak nie en ook nie die kos namens haar kan eet nie het ek my maar besig gehou met goedjies in en om die huis. Na tien minute het ek daarin geslaag om myself uit die Internetbankdienste te skakel deur nie ‘n kode wat na my selfoon gestuur is in te sleutel nie. Goed vir sg. “working capital”, maar my krediteure was minder beindruk. Toe wou ek die 200kg pophuis na die buurman verskuif. Al wat ek daarvan oorgehou het was ‘n roof op my voorkop. My kinders reken dis bo-op my kop. En toe gooi ek maar chloor in die swembad aangesien die chlorineerder steeds botweg weier om sy werk te doen.

Later die middag was dit egter duidelik dat Liesel egter die een is wat werklik probleme het. Sy was duidelik besig om te dehidreer. ‘n Oproep verder en engel Elizna betree ons ruimte met haar aansteeklike optimisme en baie belangrik haar mediese profesionaliteit. Dit was egter nie voordat sy eers by Panorama die nodige mediese voorrade bekom het om die situasie aan te spreek nie. Die detail is onbelangrik, maar toe Elizna ‘n paar uur later huis uit is, het kalmte agter gebly.

Dinsdag het Elizna gereken sy moet nog ‘n engel betrek. Die span het Liesel Dinsdagoggend van letterlik van kop tot tone ondersoek. Weer eens die detail is nie belangrik vir die doeleindes nie, maar soos vriend Willie se, “die kar het meer as ‘n spit en

polish nodig om weer aan die gang te kom”. Tussen die twee is daar op ‘n behandelingsproses besluit wat daarop gemik is om Liesel in so ‘n toestand te kry dat sy gemaklik is, nie naar is nie en kans sien om kos en vloeistof in te neem. Ons het die eerste tree in die proses gegee en ek glo ons gaan more groot vordering maak.

Tussen al die detail vermoed ek dat julle die groot prentjie verstaan. Dit was toe ook nie onverwags toe die resultaat van die bloedtoets aandui dat Liesel se bloedtelling nie toelaat dat die chemo-pil nie Dinsdag gedoseer kon word nie. ‘n Terleurstelling, maar ook ‘n bietjie verligting aangesien ek graag wil sien dat haar gestel herstel.

Dit is miskien goed dat ek weer oor die oorweldigende ondersteuning skryf. Mense wat my goed ken sal my as analities beskryf as hulle gaaf is met my. Dit word ook van my verwag in my werk. ‘n Eerlike waarneming sou wees dat ek eerder soms ‘n groot skoot sinisme openbaar. Ek is grootliks gestroop van my sinisme deur die ondersteuning oor baie dimensies van ons familie, nabye vriende, vriende en mense wat ek bloot as kennisse beskou het. Persoonlik was daar twee aspekte wat vir my geweldig baie beteken het. Dinsdagmiddag was ek emosioneel redelik gedaan. Toe ek deur my e-posse werk, tref een van die kragtigste gebede my van iemand met wie ek nog nie ontmoet het nie. Die akkuraatheid van die gebed was verstommend.

Die ander aspek van die ondersteuning was van vriende met wie ek lank gelede hegte bande mee gesmee het, maar wat as gevolg van verskillende redes nie die vergroting van my voorkop op ‘n deurlopende basis kon monitor nie. In gewone Afrikaans, skoolpelle, army pelle en universiteitsmaters. Ek wil tog iets aanhaal uit ‘n e-pos van een van hierdie vriende:“Ek voel vlugtig skuldig omdat ek so stads geword het dat ons binne ‘n uur van mekaar af bly, maar net sowel in verskillende woude op verskillende vastelande kon gebly het.Ek troos my egter daaraan dat ons die DNA van vriendskap deel. Die wat tussen my en jou uit die Offisiersmenasie in Bloemfontein ontstaan het, en die tussen my en Liesel wat sy oorsprong in ons vroee studentejare toe sy jou so stewig kom pootjie het. Die DNA van vriendskap is wel baie anders as die bloed-DNA wat deur mens se familie se are loop. Baie word van laasgenoemde gemaak en dit hoort so.

Ons is minstens biologiese wesens wat ons kom en gaan oor die generasies meet in die vorm van gedeelde genetika. Maar dis juis die kontras hiermee wat vriendskap se ‘diep wortels’ (soos jy dit beskryf) so besonders maak. Vriende kies mekaar. Dit proses is nie neutraal nie. Dit is ook nie eensydig nie. Dit kom van weerskante af. Dit is besonders en dit is wat

Page 18: Liesel eBook

12 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

saak maak as dinge jou na die donkerste hoeke van menswees vat.”

In die wedersydse vriendskapverhouding is ek tans bloot ‘n ontvanger.

Tot volgende keer.

Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Wed 2010/11/17 09:01 AM

More (Woensdag) is dit ses weke na Liesel gediagnoseer is. Dit voel amper soos ‘n leeftyd. Ek dink dit is ‘n eufisme om te beweer dat die diagnose ‘n “life changing moment” was. Ek is nie iemand wat “reality shows” kyk nie. As ek ‘n TV “producer” was en die Vannermerwes op my “show” gehad het voor 6 Oktober 2010, sou ek bekommerd oor my kykergetalle gewees het. Die spul het ‘n redelike geroetineerde bestaan gevoer waar elkeen min of meer in beheer was van die areas wat hy/sy veronderstel was om te bemeester… en toe het alles verander. Soos een wyse man dit in ‘n e-pos beskryf, “ons het agtergekom dat ons vingers te kort en ons hande te swak is om beheer te neem in hierdie situasie.” Omdat ons/ek egter bloot ‘n dood gewone mens van vlees en bloed is, is dit daagliks ‘n leerproses om jou afhanklikheid te erken en om van jou kleingelowigheid ontslae te raak. Dit is ook in hierdie nuwe wereld wat ek intussen my 50ste verjaarsdag “gevier” het. Aanvanklik wou ons die geleentheid ordentlik vier. Nadat Liesel siek

geword het, het sy daarop aangedring om voort te gaan met die funksie. Ek het besluit om die wens te respekteer aangesien dit vir haar ‘n uitdagende doelwit sou wees om na te streef. Teen Maandagoggend was dit duidelik dat haar toestand eenvoudig te swak was en dat dit onsinnig sou wees om daarmee voort te gaan. Die funksie is gekanseleer. Saterdag self was een van teenstrydighede. Hoewel ek half opgewonde was oor die groot dag – ek hou nog altyd daarvan om presente oop te maak – bly Liesel se siekte ‘n skaduwee wat nie my gemoed kan verlaat nie. Hoe dan anders?

Die aand het ons wel twee broers – een is tans in die VSA – en ‘n paar nabye vriende by die huis ontvang. Ek kan nie se dat ek hulle onthaal het nie, aangesien ek net verantwoordelik was vir die vleis en die wyn. Liesel kon saam met ons wees vir ‘n volle 15 minute. Dit was my lekkerste verjaardag in 50 jaar. Ek gaan steel by my skoonsuster. In die “nuwe” era was dit ‘n spesiale, sinvolle en eerlike belewenis. Liesel se siekte het eerlikheid en opregtheid in vriendskappe teruggesit. Terloops, hulle se ek was Saterdagoggend 10m korter van die bowwe af.

Terug by Liesel. Sy was verlede week regtig siek. Die detail is nie belangrik nie. Teen die einde van die week – soos ek ook in my vorige e-pos genoem het – het ons begin sien dat die afwaartse spiraal begin het om van rigting te verander. Die geduld en deernis waarmee Elizna en Zebeth met Liesel gewerk het, het my laat besluit dat dokters wel geroep is om hulle werk te doen. Die naweek was ook goed vir haar. Die besoek van Phyllis, spesiaal uit Pretoria, het vir haar oneindig baie beteken.

Page 19: Liesel eBook

1316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Miskien moet ek myself hier onderbreek en net vir julle ‘n kykie in ons Saterdagmiddag gee. Terwyl die Springbokke se onbeholpenheid my by meer as een geleentheid uit my stoel geruk het, kom ek agter daar is paniek in die kamer. Oupa met sy mank heup en al spring op, skiet vinniger op na die kamer as Brian Habana en Jean de Villiers saam, om te kyk wat die konsternasie veroorsaak. Dit blyk toe dat Liesel nadat sy vir ‘n ruk met haar oe toe gele het, algehele sig verloor het toe sy haar oe oopmaak. Eerste roep is Elizna. Vyf minute later is sy hier, dit na ‘n gebedsessie en ‘n oproep na die oogspesialis. Tien minute later het sy die oogtoets voltooi, Liesel se hoofpyn aangespreek, almal kalm gemaak en later die middag het haar sig weer herstel soos vroeer die dag. Ek dink ek word volgende jaar 55. Maandagoggend het Liesel haar eerste chemo-pil gesluk. Dis nou 18 uur later en sy staan stewig.

Stadig maar seker verbeter haar eetlus. Trouens, sy het vanaand haar eerste rooivleis geeet – en ingehou – sedert sy ses weke gelede gediagnoseer is. Sy het vanoggend self met die hulp van haar loopring van die kamer tot die sitkamer beweeg. Ek kon vanaand na ete met Ters en Anel self metdie honde gaan stap sonder dat dit my gepla het dat ons Liesel alleen in die sorg van die pleegsorg (Irene is nog ‘n engel) los. Dis die normaalste wat die Vannermerwes in ses weke was.

Dis 21:15 en ek is vir die eerste keer in ses weke nie moeg nie.

Tot volgende keer.Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Tue 2010/11/23 07:14 AM

Dis Maandagaand. Ek is gisteroggend vroeg kerktoe om die meditatiewe diens by te woon. Was goed om ‘n halfuur voor die diens ‘n bietjie stil te raak. Was nie ‘n gewone November Sondagoogend nie. Die noordwester het gewaai en dit was maar bra triestig en vaal. My gemoed was anders, want Liesel het goed geslaap en die akute hoofpyn van Vrydag/Vrydagnag was iets van die verlede. Trouens, haar gesig het gelyk soos ‘n mid-November Sondagoggend moes lyk. Dit was stralend en haar oe en stem was helder.Vir ‘n slag lees ek ook als op die gemeente-bulletin. Die een sin tref my. Bid vir Liesel van der Merwe van Dawnslot 16, sy ondergaan tans chemoterapie. En nog drie ander kankerlyers in die gemeente. Die kliniese sinnetjie is goed bedoel. Maar dis sommer eensinnetjie Liesel. Ek kon nie help om hartseer te wees nie. Vir my het dit net so eendimensioneel

gevoel. Dis ‘n ma van twee kinders. Die ma het nog drome vir haarself, haar kinders, haar gesin. Boonop is sy nog ‘n dogter van twee dierbare mense. Binne in Dawnslot 16 is sy oneindig meer as iemand wat chemoterapie kry. Ek is nie bitter nie, dit was bloot net te klinies vir haar man.

Sien, die vloei en ritme van die belewenis van haar siekte het nie ‘n patroon nie. Donderdag was sy eenvoudig sterk. Ek kon kwaliteit tyd met haar deurbring. Die chemo-pil was beslis nie so straf op die gestel nie. Elizna en Zebeth se betrokkenheid het definitief die siklus omgekeer. Vrydag was egter weer ‘n dag waar erge hoofpyne die dag oorheers het. Vrydagnag is min geslaap ten spyte van die toegewyde hande van Irene wat die hoofpyn uit die stywe nek wou uitvryf/uitdryf. Saterdagoggend het ‘n vriendin gesien hoe kan Liesel wat chemo ondergaan, lyk as dinge afwyk van die beplande patroon.

Maar Elizna was net ‘n oproep ver. Na die hersiene medikasie was dit bykans ongelooflik om die hertsel te sien ontvou. Saterdagaand het ons as gesin ‘n wondelike tyd saam met haar gehad. Die kinders was ontspanne, uitgelate en gevat terwyl hul ma duidelik elke oomblik van die interaksie geniet het. En toe Sondag. Elke oomblik was kosbaar. Was tog vir my opvallend om ‘n tikkie verbasing by die onkoloog te bespeur toe sy my meedeel dat Liesel se bloedtelling reg is om more weer binne-aarse chemo te kry. Dit nadat dit aanvanklik gelyk het of die chemo-patroon vertraag is aangesien sy die chemo-pil ses dae na die geskeduleerde dag gedrink het. Klink na ‘n wonderwork in die kleine.

Net iets oor die kinders. Hulle is in hulle eksamen patroon. Smaak my net skool het maklik geraak. Beide van hulle het nou meer tyd om TV te kyk, te swem, krieket te speel of met maats te kuier. Ters se humorsin gedy ook in hierdie tye:• Volgenshommoethynie teveel leernie,want

dan leer hy oneffektiewe werksgewoontes aan;• Vrydagaandnaonspizzasgemaakhetwonderhy

of hy nou bekend gaan staan as Jamie vd Merwe of Ters Oliver;

• Saterdagaandverklaarhyaansyswaksiendemadat my kop hom nou aan die Dooie See herinner, geen lewe te bespeur nie.

Weer ‘n paar praktiese goedjies:• Liesel sal waarskynlik tot Donderdag/Vrydag

moeg wees na die chemo• Ekdinkhaargestel is sterkerasmetdieeerste

binne-aarse toediening• Maarbiddatdiechemodiekankerselledeurhaar

lyf en kop sal vernietig• Datsymindersieksalwordvandiegif• Dat haar gemoed kalm sal bly in ‘n tydwat sy

verwag om goor te voel

Page 20: Liesel eBook

14 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

• Baie dankie vir die deurlopende e-posse enoproepe. Daar is twee spesifieke e-posse wat ek nog moet beantwoord.

• Baiedankievirdieheerlikekosendiesuiwerbed-erf met koek

• Baiedankievirmensewatnetdieleweindiealge-meen maklik maak deur bv. nie-verbeeldingryke inkopies te doen

Tot ons weer praat

Van die man van Liesel vd Merwe wat tans chemo ondergaan.

PS Ek het vanaand ons blyplekke vir ons beplande vakansie in Alsace en Oostenryk gekanselleer. Ek moes verduidelik hoekom ons moes kanselleer. Binne enkele oomblikke kom ‘n nota in gebroke Engels terug uit Equisheim, “but she is such a nice person”. Soos Pierre-Henry gese het, dis aan die klein dingetjies waaraan jy geken sal word.

From: Alwyn van der MerweSent: Sun 2010/11/28 10:44 PM

Die eerste ding wat ek Maandagoggende by die werk doen, is om vinnig te kyk na ‘n opsomming van die vorige week se prysveranderinge in ‘n wye verskeidenheid finansiele markte. Die opsomming sal iets lees soos S+P 500: 1.3% styging. Daai syfertjie gee egter nie naastenby kleur oor al die intriges wat moontlik die vorige week afgespeel het om Amerikaanse aandele met 1.3% hoer te laat sluit nie.

Vanaand voel ek bloot lus om aan julle die finale weeksyfer voor te hou. Daar is verskeie redes. Dit was ‘n week waar die amplitudes van Liesel se fisieke toestand ekstreem was. In die belewenis van die intra-dag gebeure is emosies saamgeneem op die patroon van hierdie sinus-kurwe. Om alles te deel sal myns insiens oorbodig wees.

Dus in kort. Liesel is Woensdagoggend weer gehospitaliseer. Sy is die week geteister met angsaanvalle wat tot hiper-ventilasie gelei het. In reaksie op die aanvalle is die brein, longe en lewer Donderdag “gescan”. Nou is ek weer op dun ys. Soos ek dit verstaan het ons ‘n wonderwerk gesien in terme van hoe die breinverspreidings op die bestraling gereageer het. Ongelukkig het die kanker in die longe en die lewer aggresief gepresenteer. Goeie en slegte nuus. Sleg is dat die kanker op die twee plekke uitgeglip het.

Goed is, dit lyk of bestraling effektief is om haar kanker te beveg. Dus sal die hele behandelingsprogram

aangepas word. Sy sal nou weer ag keer bestraling op die long en lewer ontvang. Ek verstaan dat die newe-effekte nie naastenby so straf is soos toe hulle die brein bestraal het nie. Die chemo-regime sal dienooreenkomstig aangepas word. Die bestraling sal na alle waarskynlikheid reeds more begin. Daar het julle dit.

Oor ‘n naweek het mens baie tyd om te dink. Vanuit ‘n MENSLIKE OOGPUNT is Liesel se siekte ‘n uiterste beproewing. Enigiemand wat haar gesien het die laaste paar dae sou sekerlik saamstem. Wanneer ander kinders beplan en bespiegel oor die vakansievooruitsigte kan Ters en Anel nog nie saampraat nie. Ek kan ses ure op ‘n Saterdag fietsry, Liesel bly siek.

As ek dit nog nie geweet nie, het ek die week weer geleer dat dit uiteindelik gaan oor hoe ons dit hanteer. Vriend Willie is dol oor “Scent of a woman” aanhalings. Hierdie aanhaling van kolonel Slade bly my nogal by: “Oh, uh, Charlie - about your little problem - there are two kinds of people in this world: those who stand up and face the music, and those who run for cover. Cover is better”. Ek is bevrees ons kan nie van hierdie een weghardloop nie. Gelukkig is daar terselfdertyd “cover”. Die soek ons in die skoot van die Allerhoogste.

Die gebruiklike parktiese goedjies:

• Ekleesnogsteedselkesms/e-posaanLiesel.Diesms’e op haar foon beantwoord te moeilik. Ek se dus sommer in hierdie e-pos baie dankie.

• Ek is nog steeds agter om antwoorde op twee/drie e-posse te gee.

• Aanalmalwatonsmetkosbederf,baiedankie.Hierdie week het ons regitg beleef hoe ‘n hoenderpastei kan smaak. Liesel wil he ek met opskryf sodat sy ‘n resepteboek kan uitbring oor die kos wat aan ons in hierdie tyd opgedis is. Die idée is reeds dood by die opskrywe.

• Myadminisopdatum.• Indiee-posseoordielaasteagwekeisekbewus

van mense wat oor die hele wye wereld vir Liesel bid. Guernsey, Australie, Skotland, Duitsland, Engeland, Kanada.(Terloops, beslis meer mense as wat vir reen in Beaufort-Wes gebid het)

• Liesel het elke liewe gebed nodig. Vir pyn, virnaarheid, vir moegheid, vir die korrekte en effektiewe behandelingsplan, vir die teikengerigte werking van die behandeling op die kanker en laastens en baie belangrik vir rustigheid wanneer sy die lang ure van die dag en nag met haar gedagtes in haar half-skemerte werk.

Tot volgende keer.

Alwyn

Page 21: Liesel eBook

1516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

From: Alwyn van der MerweSent: Sun 2010/12/05 10:36 PM

Ons is in die laaste maand van 2010, die jaar wat waarskynlik onthou behoort te word vir die sokkerskouspel wat SA suksesvol aangebied het. Ek het vroeer al geskryf hoe die naweke eintlik hul betekenis vir ons as gesin verloor het. Die ritme van die gesin word deur Liesel se toestand en doen en late gedryf.

Dit het my egter op meer as een manier getref dat al die tekens daar is dat ons eintlik nou die lekker deel van die jaar begin beleef. Ons het Vrydag ons kantoor jaareindfunksie gehad. Die kinders is klaar met eksamen en praat oor wat hul maats die vakansie beplan ens.

Aangesien my fokus tans anders is, was ek eintlik onbewus daarvan. Dit het my wel Saterdag getref. Toe ek gistermiddag by Liesel in die hospitaal opdaag, jaag ons vriendin Jeanne my summier daar weg aangesien ek nie met haar kuiertyd met Liesel moet inmeng nie. Ek besluit toe dan is dit nou tyd om Canal Walk aan te durf om ten minste my fiets windbreker wat ek verloor het te vervang. Die hoeveelheid mense in die sentrum, die vibe en die passie waarmee die aardse wesens hul kredietkaarte benut was ‘n belewenis. Dit was lekker om te ervaar, maar ook nie lekker nie. Ons huis het nog nie eers amper begin dink aan Kersfees nie. Ons hoop bloot dat ons moontlik vir Liesel Stilbaai se branders kan wys en dat sy gelukkig genoeg kan wees om aan die slaap te raak met haar gunsteling geluid in haar ore. In kort, die festive season het ons tot nou toe verbygegaan.

Tog glo ek daar is seisoene vir als. Ek kon nie help om vanoggend op te merk hou die druiwetrosse in die wingerd begin wys nie. Ons seisoen sal weliswaar weer kom waar ons die lewe en die volheid daarvan sal ervaar.

Soos ek verlede week verduidelik het, is daar besluit om die lewer en die long te bestraal. Die eerste drie sessies is reeds agter die rug en die volgende vyf word vir die week beplan. Intussen het sy Dinsdag ook ‘n halwe dosis van die chemo-pil gesluk. Na ‘n baie trae begin tot die week – haar kaliumvlakke het dramaties geval – het die week beter geeindig. Na ‘n gesprek met die onkoloog is ek meer gemaklik dat daar beter na haar algemene gesondheid omgesien word. Die behandelingspan is amptelik groter gemaak om te verseker dat daar nog oe en hande beskikbaar is om toe te sien dat haar lewenskwaliteit aangespreek word. Sy is ongelukkig tans baie swak en het weer gewig verloor. Aan die positiewe kant is die doodse moegheid van vroeer die week iets van die verlede, die bestralingsessies verloop sonder drama en sy is sonder twyfel rustiger.

Vir die praktiese:• Weer eens dankie vir die ondersteuning en

kommunikasie rondom Liesel en die gesin• Dankie vir die kuiers. Ekhetdie afgelopeweek

twee van my matriekmaats aan huis ontvang• Dankie vir die kos. Dankie vir die wat nog die

week kos by die huis gaan aandra.• DankievirdiewatLieselpraktiesondersteun• DankievirdiegenewatsomslangerurenaTers

en Anel moet omsien of ekstra kilometers agter hulle aanry.

• Endankievirdievoortgesettegebede.Disampertwee maande sedert Liesel gediagnoseer is. Ons kan nie nou minder bid nie

• HopelikisLieselsetoestandvanso‘naarddatsydie naweek kan huistoe kom.

• As iemand vier retoer vliegtuigkaartjies vanKaapstad na Munchen toe wil he – vertrek 31 Desember en land 17 Januarie – skakel my gerus.

Alwyn vd Merwe

From: Alwyn van der MerweSent: Mon 2010/12/13 10:44 AM

Kom ons begin by die begin. Liesel se diagnose was een waar die medici dit baie duidelik gemaak het dat sy dodelik siek was. Ons het dit verstaan. Dit was ook die rede hoekom Danie, haar broer, haar binne nege dae na diagnose vanuit Australie kom besoek het. Dit is vandag twee maande een ‘n week na die diagnose en ek het die wonderlike voorreg gehad om haar self

Page 22: Liesel eBook

16 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

in ons eie huis te kon wakker maak. ‘n Wonderwerk! As familie het ons geen illusies nie, Liesel bly steeds baie siek, maar ons glo steeds dat die wonderwerke wat ons tot dusver rondom Liesel se siekte beleef het, nie iets van die verlede is nie.

Gesprekke met medici is vir my baie interessant. Ek het gewonder hoe ‘n onkoloog deur sy dag kom met soveel hartseer wat hulle daagliks met vele families deurleef. George Loots, ‘n ou skoolvriend, se reaksie was dat hy dol is oor sy werk aangesien hy daagliks ‘n klomp klein wonderwerke rondom hom beleef. Dit was ‘n interessante antwoord. Gister het ek weer oor George se antwoord gedink. Tot dusver het ons wel Liesel se siekte op ‘n dag tot dag basis beleef en dus met dankbaarheid die klomp klein wonderwerke omhels. Maar ek wonder of ek nie soms verbeeldingloos/ambisieloos is om nie te glo dat die Groot Geneesheer nie die groot wonderwerk kan doen en juis vir Liesel volkome te genees nie!

Die bestraling het Vrydag tot ‘n einde gekom en dit het Liesel nes die eerste keer gekneus. Dit was weer opvallend hoe Liesel langer begin slaap het, meer gesukkel het om kos binne te hou as sy probeer eet het en ook meer onsamehangend geraak het soos die behandeling sy loop geneem het. Vir ons was dit swaar, maar nie vreemd nie aangesien dit dieselfde patroon gevolg het as toe die brein en die laer rug bestraal was. Wat my wel verbaas het, was die reaksie van die dokters. Hulle was maar redelik skepties soos Liesel se toestand verswak het. Saterdag het ons aangedring op ‘n drup en ‘n ekstra dag in die hospitaal om te verseker dat sy nie dehidreer nie aangesien hulle haar op ‘n drup kon sit. Onthou sy kan nie vog innneem as sy heeldag slaap nie. Saterdag het ons werklik die dag minuut per minuut saam met haar beleef en geleef. Haar ouers was eenvoudig ongelooflik om haar deur die drif te trek toe sy gewonder het of die hoogwater nie dalk te sterk vir haar gaan wees nie. Deernis beskryf nie die diepe ouerliefde van Daan en Elna Reitmann en hoe hulle vir Liesel deur die swaar tye dra nie.

Sondagoggend het Liesel helder wakker geword. Ten spyte van die feit dat sy vir twee weke nie haar voete van die bed gesit het nie, het ons haar sonder enige voorvalle uit die bed in die Prado en uit die Prado in die rolstoel en uit die rolstoel op die bank in Dawnslot 16 se sitkamer gekarwei. Die verligting/dankbaarheid by Liesel was opvallend. Ons het as familie vir die eerste keer in vier weke ‘n Sondagmiddag gebraai waar almal behalwe Liesel op die stoep was. Tog was sy deel waar sy op die sitkamerbank gele het. Die stille vasberadenheid waarmee Liesel die laaste week deur die bestraling en ander emosionele terugslae geworstel het, het vir ons baie moed gegee.

Ons hoop werklik dat sy fisiologies sal sterker word sodat sy die siekte ook psigies die stryd kan aanse.

‘n Klomp mense het die laaste paar dae Liesel se hand styf vasgehou. Ek het reeds verduidelik hoe haar ouers haar ondersteun het. Haar sussie Karin was deurentyd by om te help perspektief hou. Terloops, Liesel is nou amptelik nege kilogram ligter as Karin. Die vriendinne wat lang ure by die hospitaal gesit het, was wonderlik. Daar was twee verpleegsters oor die naweek wat eenvoudig reuse werk gedoen het. Die enetjie, Monique, is weliswaar skaars oor die die vyfvoet, maar ons kan haar nie dankbaar genoeg wees nie. En dan was my broers altyd byderhand. Ek dink nie Wynand weet hoe hy Liesel gisteraand geinspireer het nie.

Die volgende paar dae gaan vir Liesel baie belangrik wees. Sy moet fisiologies sterker word.

As ek steeds kan bedel vir gebed:• Bidvirmindernaarheid• Bidvir‘neetlus• Bidvir‘nfamiliebeleweniswaarTersenAnelvir

Liesel as ma inspireer• Bidvirmeerfisiesekrag• Bidvirkalmtevangemoed• BiddatsydierustigheidvanGodseAlmagtigheid

sal ervaar

Ek vermoed baie mense op die adreslys sal eersdaags op vakansie gaan of is reeds op vakansie. Geniet elke oomblik en ons hoop dat julle as families die batterye sal herlaai. Ek sal waarskynlik voortgaan om my gedagtes rondom Liesel aan te stuur.

Tot ons weer praat.Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Sat 2010/12/25 09:25 AM

Dit is vanoggend stil in die huis. Liesel slaap en Ters en Anel droom nog Kersdrome.

Hierdie is net ‘n kort nota om aan almal ‘n geseende Kersfees toe te wens. In hierdie tye verstaan ons as familie waarskynlik beter as in die verlede die verlossingsboodskap en die belofte en rustigheid wat dit omvat. Mag julle met julle geliefdes juis dit ervaar saam met al die ander opgewondenheid wat met Kersfees geassosieer word.Ons is dankbaar Liesel kan, ten spyte van haar siekte, Kersfees saam met ons vier. Ons vier het maar half onbeholpe en ietwat gedemp op ons eie ‘n paar

Page 23: Liesel eBook

1716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

presente onder mekaar uitgedeel. Maar ons kon dit doen.

Kersgroete

Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Sat 2011/01/01 05:47 PM

Die reen op ons platdak huis het my vanoggend wakker gemaak. Ek het soos normaalweg my behaaglik uitgestrek en omgedraai om verder te slaap met die musiek op die dak. Maar daar was ‘n bewustheid dat dit nie ‘n normale Nuwejaarsoggend is nie. Anders as ‘n jaar gelede is my vrou en lewensmaat, Liesel, ‘n baie siek persoon. Die feit dat dit die kalender 1 Januarie aandui, is eintlik van akademiese belang aangesien Liesel se stryd een is waar sy minuut vir minuut krag nodig het om vorentoe te gaan.Baie het sedert Kersfees met Liesel gebeur. Ongelukkig is my akademiese opleiding in medisyne en die ondervinding as hoof manlike verpleer in Dawnslot nie voldoende om die volle mediese prentjie aan julle te verduidelik nie. Trouens, ek het by die punt gekom waar ek met huiwering sms’e beantwoord wat vra hoe dit met Liesel gaan. Dit is ‘n baie lang antwoord aangesien Liesel se siekte so wyd manifesteer.

Ek gaan in my woorde kortliks probeer verduidelik. Fisiologies het die werk wat Elizna, Heliose en Zebbeth gedoen het ‘n telling op die bord gesit wat die onkoloe en interniste waarskynlik na hulle asems sal laat snak. Dit is egter wel waar dat hulle meer en

meer moet ingryp om die lekkasies van die fisiologiese binneband te “patch”. Hulle deursettingsvermoe het tot dusver beduidende lekplekke voorkom en klein lekplekkies is vinnig reggesien. Die beste manier om die fisiologiese toestand dus op te som, is dat hierdie binneband nie ernstige lekke het nie, maar dat daar beslis meer “patches” gebruik word om dit in ‘n werkende toestand te hou.

Liesel het toenemend meer sogenaamde angsaanvalle begin kry. Na my mening was die “fits” nie altyd angsverwant nie en het dit hulself eerder as ‘n tipe van ‘n epileptiese aanval gemanifesteer. Hierdie aanvalle kan na alle waarskynlikheid toegeskryf word aan breinaktiwiteit. Die aanvalle is eerstens nie ‘n mooi gesig nie. Tweedens, is dit vir Liesel self traumaties en uitmergelend. Derdens stem dit ons tot kommer aangesien daar nie met oortuiging ‘n oorsaak aan die aanvalle gekoppel kan word nie.

Dit is juis na een van die aanvalle waarna ons besluit het om Liesel weer in die hospitaal te laat opneem. Sy is sedert Dinsdagmiddag in die Intercare sub-acute Sorgeenheid. Elizna het oor die groot dae meer tyd by ons huis deurgebring as wat sy by haar eie familie was. My eie wereldjie het verklein tot ‘n paadjie van my kamer na Liesel se kamer en my studeerkamer wat net om die hoek van haar kamer was. Haar ouers het hulle ook daagliks vasgeloop in ‘n dogter wat ooglopend die tekens toon van iemand wat ‘n intense stryd voer. Die personeel by Intercare werk uitstekend met Liesel. Sy kry nou ook daaglikse behandeling van arbeidsterapeute en fisioterapeute.

Dan het sy haar ook nou vasgeloop in die volgende linie engele. Die plaaslike algemene praktisyn, Schalk Burger, het enkele oomblikke nodig gehad om te sien dat Liesel in uiters bekwame mediese hande is. Elizna en Heloise verstaan die pasient. Hy is gemaklik om daarby in te val. Maar hy dra Liesel, die mens, se belange op die hart. Hy werk met deernis met haar en haar gees. Trouens, sy verbintenis met Retha MacPherson, het daartoe bygedra dat laasgenoemde tyd gemaak het om vir Liesel te kom bid. Liesel is beslis rustig, geborge en geanker.Laastens, ons oorweeg om vroeg in die nuwe week ‘n “scan” van die brein te doen. Na die “scan” sal ons in konsultasie met die onkoloe ‘n besluit moet maak oor Liesel se toekomstige behandelingsplan.

My gebruiklike paar los opmerkings:• Bid vir wysheid rondom Liesel se toekomstige

behandelingsplan• Bid vir oupa, ouma en my kinders. Dit was ‘n

swaar twee weke in Dawnslot 16• BiddatLieselkragsalheomsaamtewerkmet

die terapeute in die hospitaal.

Page 24: Liesel eBook

18 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

• Houaanomtebidvirvredeenrustigheid• Ek vra om verskoning as ek nie al die sms’e

beantwoord het rondom Liesel se toestand nie; daar bestaan nie ‘n “one-liner” nie

• Dankie aan almalwat oor die groot dae tussenal die familie-aktiwiteite nog steeds moeite maak met die Vannermerwes op so baie gebiede

• DitisbeteromsaammetTheunisSmalgholftespeel as teen hom

• EkdryfdiebalsteedsbaieverderasTheunis• Mag2011‘njaarweeswaarinjullewildstedrome

oortref word

Groete Alwyn

From: Alwyn van der MerweSent: Thu 2011/01/13 07:50 AM

Ek lees in ‘n boek dat Igor Sikorsky, die vader van die moderne helikopter gese het:”Volgens ingenieurs se berekeninge kan ‘n hommelby nie vlieg nie. Die by weet dit nie, daarom vlieg hy in elk geval.”

Ten spyte van ‘n verdoemende prognose drie maande gelede is Liesel steeds by ons en het ons as familie en baie vriende geseende tye saam met haar beleef. Medici sou ‘n groot deel van die drie maande as ‘n wonderwerk beskou.

Ongelukkig dui die kliniese getuienis daarop dat die telbord – ek het na die telbord in vorige e-posse verwys – tans nie in die regte rigting beweeg nie. Kanker is soos ek dit verstaan per slot van sake ‘n stryd tussen die goeie selle en die slegte selle. Die goeie selle is tans besig om die onderspit te delf. Omdat Liesel se fisiologiese toestand tans te swak is, het ons besluit om nie voort te gaan met die volgende beplande binne-aarse chemo-terapie behandeling nie. Ons hoop dat die toestand sal verander.

Liesel is tans opgeneem in Intercare in Tygervallei. Ek en die kinders probeer so veel as moontlik tyd met haar bestee. As die deur toe is, sal dit wees omdat ons graag alleen by haar wil wees. Ons probeer nie mense van haar weghou nie. Diegene wat haar hand wil kom vashou is welkom. Ons het ook ‘n boekie in die hospitaal gelos indien julle ‘n boodskap wil laat.

Ek sluit gewoonlik my briewe af met ‘n versoeklys en ‘n paar ad-hoc aantekeninge:

• Lieselisrustig,bidvirvoortgesetterustigheidenpynloosheid.

• My kinders kry tans oneindig swaar, bid virvertroosting. Dis hulle ma.

• Bidvirwysheidoorsensitiewebesluite.

Tot ons weer praat.Alwyn

Page 25: Liesel eBook
Page 26: Liesel eBook
Page 27: Liesel eBook

Oom Daan se e-posse

Page 28: Liesel eBook
Page 29: Liesel eBook

2316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

7 Oktober 2010

Naand vriende Dis met groot ontsteltenis dat ons vanaand almal

in kennis moet stel dat verspreide kanker vandag by Liesel gediagnoseer is. Sy het ‘n week gelede begin kla van pyn in die lae rug en bobene en almal van ons (asook haar huisdokter) het geglo dis ‘n rugwerwel of kussinkie tussen die werwels wat druk op ‘n senuwee veroorsaak (‘n probleem wat Elna ook ‘n ruk gelede gehad het). Toe die pyn nie reageer op pynstillers nie het ek haar Maandagoggend na die neurosjirurg geneem wat destyds na Elna omgesien het. Soos ons verwag het, het hy haar toe eers gestuur vir ‘n MR. Dit kon eers gisteroggend gedoen word en die beelde vertoon skynbaar verspreide uitsaaiings. Die neurosjirurg het haar toe dadelik hospitaal toe gestuur en sedert twaalfuur gister is sy aan alle moontlike toetse onderwerp om die primêre gewas te probeer vind maar sover sonder sukses. Sy is in goeie hande en die feit dat haar swaer Wynand dekaan is van Stellenbosch se Mediese Skool maak sekerlik ook vir hulle deure oop maar sover weet ons net dat haar skelet , lewer en longe aangetas is. Sodra ons meer weet , en veral wat die moontlike behandeling betref , sal ons laat weet. Vanselfsprekend is ons beplande toer vir die tweede helfte van dié maand afgestel. GroeteDaan en Elna

12 Oktober 2010

Naand vriende Weereens ons verskoning dat ons dieselfde

boodskap so in die bondel uitstuur en jammer vir diegene wat reeds hierdie nuus op ‘n ander manier te hore gekom het. Ons dae is lank en fisies en emosioneel uitmergelend want ons spandeer elke moontlik oomblik langs Liesel se bed behalwe wanneer ons dringend iets vir die kinders moet doen. Vergewe ons dus ook maar asseblief as ons nie op elke SMS of e-pos reageer nie maar wees verseker dat ons al die belangstelling en gebede opreg waardeer ! Laat ek begin waar ek laas opgehou het : Liesel se naweek tuis was ‘n gemengde sukses want vir haar gesin was dit wonderlik om haar weer tuis te hê maar ons kon nie haar pyn behoorlik beheer nie en sy het baie swaar gekry. Maandagoggend moes Alwyn baie vroeg George toe vlieg en ons was van halfses die oggend by haar met die doel om haar teen vieruur die middag by Panorama te besorg vir die beplanning van haar behandeling. Hier in die middel van die oggend

kon ons nie haar lyding langer aanskou nie en het die dokters oortuig dat ons haar maar vroeër wil laat opneem sodat hulle haar pyn kan beheer. Panorama het toe nie ‘n enkelkamer beskikbaar gehad nie en sy kry toe die “VIP-kamer” waarin FW, Elita, die Ruperts en verskeie kabinetsministers al gelê het. Dis baie luuks met ‘n perfekte uitsig op Tafelberg ens... Die vinnigste manier om haar daar te kry was toe in my Fortuner. Al probleem was dat sy nie kan loop of sit nie maar ons het reggekom. Die onkoloog het haar toe redelik gou kom sien en het nie daarvan gehou dat Liesel se sig veral in een oog so verswak nie en het toe gistermiddag eers ‘n MR van die brein laat doen. Laterig gisteraand het ons toe gehoor dat daar verspreide uitsaaiings ook in haar brein is met ‘n groterige letsel naby die oogsenuwee. Vandag was sy in die voormiddag redelik opgeruimd en het baie kuiergaste gehad. Namiddag was sy bietjie moeg en net na vieruur is sy vir die eerste keer bestraal (die brein en die lae rug) en toe ons net na sewe vanaand daar weg is (na Alwyn en die kinders daar opgedaag het) was sy maar moeg en mislik. Ons dink maar laasgenoemde, sowel as die hallusinasies wat sy gedurig sien, is aan die sterk morfien te wyte. Maar ten minste hou dit die pyn redelik draagbaar. Die plan is skynbaar om haar nou tien dae lank te bestraal (en ja , sy gaan skynbaar reeds in dié proses haar hare verloor) en daarna met chemoterapie te begin. Ons vat dit maar so dag vir dag... GroeteDaan en Elna 16 Oktober 2010

Naand almal Baie van hierdie nuus is aan sommige van ons

vriende bekend maar ons vertrou maar op die begrip dat ons later nie kan onthou vir wie ons wat vertel het nie! Eerstens baie dankie vir al die belangstelling, foonoproepe, e-pos,SMS’se en vir al die goeie wense en gebede. Ons waardeer dit opreg! Dit was ‘n rowwe week en hoewel ons geen fisiese werk verrig nie en byna heeldag sit, kom ons saans pootuit tuis, val in die bed en skakel meesal voor nege-uur ons ligte af. Ons bring elke dag feitlik die hele dag langs Liesel se bed deur omdat ons graag wil , omdat ons haar nie alleen wil laat voel nie en ook omdat sy regtig nie haarself kan help nie. Sy kan lankal nie sit, staan of loop nie en haar sig het so verswak dat sy nie self kan eet of drink nie, nie self haar selfoon kan hanteer nie en selfs sukkel om

Page 30: Liesel eBook

24 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

die regte knoppie te vind as sy ‘n verpleegster wil roep. Nogtans het sy nog nooit gekla nie en is meer bekommerd oor ander mense as oor haarself. Karin speel ‘n ongelooflik ondersteunende rol en is altyd byderhand as ons of Liesel se kinders haar nodig het. Sy het elke dag die afgelope week bestraling van haar brein en lae rug gehad in ‘n poging om die breinletsels wat ook die sig laat verswak, te laat krimp en die uitsaaiings in die gebeente, wat die erge pyn veroorsaak, te bestry. Sy verdra die bestralings baie goed noudat hulle vooraf vir haar iets toedien om die naarheid in toom te hou. Sy kry gedurig pynstillers en sodra dit te erg word, kry sy ook morfien. Die eerste paar dae het dit haar baie drogbeelde laat sien en by tye deurmekaar laat praat maar gister en vandag was daardie effekte baie minder. Donderdagoggend het ons weer geskrik toe die onkoloog waarneem dat een van haar bene geswel is wat moontlik ‘n trombose kon beteken en sy is toe dadelik gestuur vir ‘n “Doppler-ondersoek” (waar kom die Fisika nie oral in nie?) wat genadiglik geen fout kon vind nie. Gister (Vrydag) wou die dokter seker maak dat die sigprobleem nie dalk aan kanker binne die oog te wyte is nie. Die enigste afspraak wat hulle op die Vrydagmiddag kon reël was by ‘n oogarts so twee blokke weg van die hospitaal en ons het toe die keuse om haar op ‘n trollie oor die parkeerterrein en ruwe aarde te stoot tot daar of haar weer in my kar te laai en soontoe te ry. Ek was nie te vinde vir een van dié twee opsies nie en het aangedring op ‘n ambulans wat natuurlik ook maar traumaties is. Toe gaan die dame weer weg en kry gereël dat die oogarts Liesel in haar hospitaalbed kom ondersoek! Genadiglik was die oë toe skoon. So bring elke dag sy klein wonderwerke..... Vandag was sy nie behandel nie en ons het ‘n rustige dag saam gehad. Hulle het haar vanoggend vir die eerste keer die week laat stort en hare was (nie so maklik met iemand wat nie kan sit, staan of loop nie!), ‘n vriendin het haar kom “manicure en pedicure”, sy het die grootste deel van die dag rustig geslaap, relatief min pyn gehad en selfs, vir die eerste keer die hele week, lus gehad om iets te eet. Kan dit wees dat die behandeling effek begin wys?! Ons hoop môre gaan dit nog beter en Maandag begin die behandeling weer..... Rustige nag Daan en Elna

21 Oktober 2010

Naand!Ek kan nie glo byna ‘n week het verloop sedert

my vorige “bulletin” nie. Terselfdertyd voel dit soos maande van spanning, hoop, wanhoop.... Eerstens maar weer baie dankie aan almal wat SMS, bel, e-pos en bid of maar net aan ons dink en belangstel. Ons waardeer elke gebaar van meelewing opreg ! Eintlik het daar relatief min gebeur die week. Ons is elke dag feitlik die hele tyd by haar en dis opmerklik hoe sy soggens redelik opgewek is en heel lekker gesels met al die vriendinne wat bel of kom kuier totdat sy hier kort voor die middag begin moeg word. Dan hou ons maar die gaste weg sodat sy kan rus tot haar bestraling wat gewoonlik rondom twaalfuur gedoen word. Veral gister en vandag het sy egter gouer begin verwelk en sien nie meer kans vir die

Page 31: Liesel eBook

2516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

baie gaste en oproepe nie. Dan is dit maar moeilik as ‘n vroutjie wat ons nie ken nie met blomme voor haar deur staan en sê sy het nou die hele ent van die Paarl af gery en wil net vir ‘n minuut inloer....Sy het nou agt van die beplande tien sessies agter die rug en tans is die bedoeling om nog die reeks te voltooi, haar dan moontlik met behoorlike verplegingsorg huistoe te stuur en met chemoterapie te begin. Ons wil graag glo dat sy tog effens beter sien met die oog wat nog bietjie sig oor het en dat die pyn ook effens opklaar sodat sy minder dikwels vir morfien vra maar ons besef dat die behandeling sover nog hoegenaamd nie die primêre longkanker of die uitsaaiing na die lewer aanspreek nie. Saam met almal hoop ons maar nog steeds op ‘n wonderwerk. Gisteraand het die hele straat waar hulle woon ‘n gesamentlike biduur vir hulle gehou.... Ten spyte van al die donkerte het veral Woensdag darem twee hoogtepunte opgelewer. Ters is die enigste seun uit hulle Graad 8 (“Standerd 6”) klas van meer as 300 wat saam met twee meisies deur die leerlinge self verkies is tot die skool se “studenteraad”. Liesel was so opgewonde daaroor! Danie het ook die oggend uit Australië aangekom en is by ons in die huis tot Saterdag wanneer hy weer moet terugvlieg. Dit beteken vir ons baie. Verder het Alwyn van Woensdag af verlof geneem en kan hy nou baie meer tyd by Liesel en saam met die kinders deurbring. Hartlike groete aan almalDaan en Elna 24 Oktober 2010

VriendeOns het vanaand vroeg huistoe gekom want

Alwyn het ons so teen vyfuur kom aflos. Op pad sê ek vir Elna ek weet nie regtig wat om te maak van Liesel se toestand nie want sy het die grootste deel van die dag geslaap en was vas aan die slaap toe ons daar weg is. ‘n Halfuur gelede gebeur vandag se klein wonderwerkie toe sy self (darem met Alwyn se hulp omdat sy nie kan sien nie!) bel om met ‘n sterk stemmetjie opgewonde te vertel dat sy pas wakker geword het , dadelik helder was en beter voel as in ‘n lang tyd. Sy weet ons was die hele dag by haar en dat sy geslaap het toe ons weg is en seker bekommerd was oor haar ! Maar om te begin waar ek laas opgehou het : sy het Vrydag haar negende bestraling van haar brein en lae rug gehad en was regtig baie moeg en lusteloos sodat ons maar al die kuiermense weg gehou het. Ons grootste frustrasie is dat sy byna niks eet of drink nie. Ons sorg dat ons elke oggend daar is wanneer

hulle ontbyt bedien want net Elna slaag daarin om haar iets in te gee. By tye het sy nie genoeg krag om vloeistof deur ‘n strooitjie op te suig nie en moet sy maar weer binneaars vloeistof en elektroliete inkry. Hulle het juis oor die naweek probeer om haar af te kry van die binneaarse stelsel in voorbereiding vir huistoe gaan maar deel daarvan was om sulke aaklige groot pille en kapsules te sluk. Genadiglik het ‘n wonderlike vriendin wat self ‘n narkotiseur is gister daar opgedaag en oorgeneem deur die groot pil fyn te maal, met vloeistof te meng en in Liesel se mond in te spuit (en haar neus toe te druk sodat sy nie die slegte smaak so erg ervaar nie!). Sy het dadelik die voorskrif verander sodat Liesel voortaan ‘n stroop in plaas van die pil sal kry... Die naweek se rus het duidelik goed gedoen en Liesel het gister, en veral vandag, langer tye wakker geword en behoorlike gesprekke gevoer. Die naweekdokter en ons narkotiseurvriendin is albei oortuig dat die bestraling suksesvol was deurdat die brein minder geswel is, daar ‘n geringe verbetering in die een oog se sig is en die pyn minder morfien vereis. Môre kry sy nou DV die laaste betraling en daarna moet die besluit geneem word of sy dadelik met chemoterapie kan voortgaan of eers bietjie tuis moet aansterk. In laasgenoemde geval sal sy ‘n voltydse verpleegdiens moet kry. Wat ook al die geval, glo ons steeds dat slegs ‘n wonderwerk haar sal kan genees....

Danie is toe gisteroggend weer weg en het reeds vroeg vanoggend laat weet dat hy veilig tuis is. Sy kuiertjie het vir ons almal so baie beteken.

Rustige nag Daan&Elna

30 Oktober 2010

Weerom vriendeAlwyn het ons ‘n ruk gelede by Liesel kom aflos

en terwyl hy in haar kamer na die Curriebeker-finaal gaan kyk hoop ons om dit rustig hier by die huis dop te hou. Ons kan nie glo hoe moeg ons elke dag tuis kom nadat ons geen fisiese werk gedoen het nie. Die afgelope week was een van baie wisselende stemmings. Liesel het Maandag haar laaste bestraling gehad en was maar moeg na die tyd sowel as die volgende dag of twee. Hier van Woensdag af het sy baie mooi herstel, lang tye bedags wakker gebly en gesellig met ons gekuier. Sy het bietjie begin eet en drink, selfs soms gevra vir iets spesiaals (bv spesifiek KFC se kapokaartappels met sous!) en verneem wat die dag se hoofnuus is. Hulle het haar afgekry van die aarvoeding, haar medikasie verminder en sy

Page 32: Liesel eBook

26 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

het met hulp tot by ‘n stoel beweeg en kort rukkies gesit. Die twee grootste vyande bly die mislikheid en die min lus vir kos en vloeistof maar hulle het haar probeer gereed kry om gister vir die naweek huistoe te gaan en dan volgende week met chemoterapie te begin. Soos die noodlot dit wou hê het haar kinders slegte verkoues opgedoen en niemand wou die kans vat om haar daaraan bloot te stel nie. Soos sy vandag was, is dit beslis maar beter dat sy in die hospitaal gebly het waar ons vinnig ‘n dokter kon inroep toe die mislikheid haar weer oorval het en sy alles wat ons haar die voormiddag gevoer het, verloor het. Sy het ook nie vandag lus vir die fisioterapeut se oefeninge of om gebad te word nie... Haar hare val nou vinnig uit as gevolg van die kopbestraling maar aan die positiewe kant reken sy (en ons ook) dat haar sig ietwat verbeter het en weet ons dat sy minder morfien nodig het om die pyn in bedwang te hou - albei tekens dat die bestraling sy doel bereik het. Ons hoop en bid maar steeds vir vinnige beterskap sodat die chemo kan begin. As die onkoloog by die oorspronklike plan hou sal sy daarna nog vir ‘n dag of twee in die hospitaal bly en dan vir twee of drie weke huistoe gaan (natuurlik met voltydse verpleging) en as buitepasiënt inkom vir verdere chemo-sessies. My jongste suster Gerda, wat self ‘n ervare verpleegsuster is, en haar dogter wat ook ‘n suster is, albei van Pretoria, het van Woensdag af tot vanoggend by ons kom bly en ons lewens verryk. Donderdag

se hoogtepunt was die nuus dat Anel volgende jaar ‘n prefek gaan wees. So bring elke dag sy klein wonderwerkies en soms ook teleurstellings maar ons het steeds baie om oor dankbaar te wees - ingesluit al die blyke van belangstelling en gebede ! Mooi blyDaan en Elna

5 November 2010

Naand vriendeDis Vrydagaand en ons het vanaand baie stof tot

dankbaarheid want Liesel het vanoggend huistoe gekom tot groot vreugde van haar kinders ! Nogtans moet niemand aflei dat sy nou gesond is nie en dat hulle maar kan ophou bid nie ! Om voor te begin: Sy was Maandag heel sterk en vrolik en gereeed vir haar eerste chemoterapie Dinsdag. Dié het heel goed verloop sonder dat sy enige pyn of ongemak ervaar het. Ergste was seker die verveling vir ons want die proses waartydens die middels binne-aars toegedien word, neem sowat vier ure en slegs een van ons word vir kort tydjies op ‘n slag by haar toegelaat.... Sy het Woensdag ook nog geen na-effekte ondervind nie en ons het begin dink dat sy dalk Donderdag, soos oorspronklik beplan, sou kon huistoe gaan. Donderdagoggend het die

Page 33: Liesel eBook

2716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

newe-effekte haar egter geslaan en sy het byna die hele dag geslaap totdat ons teen drie-uur die middag bekommerd geraak het dat sy niks eet of drink nie. Skynbaar is dit egter heel normaal. Sy was by tye ook erg angstig en gevolglik het Elna verlede nag by haar gebly. Vanoggend was sy toe heel vrolik en gereed om huistoe te gaan. Teen elfuur is sy toe finaal uit haar “presidensiële suite” weg en eers by ‘n oogarts verby op pad huistoe. Dié is heel tevrede met haar oë en reken haar sig behoort goed te herstel - nog een van die wonderwerke en sekerlik gedeeltelik aan die bestraling te danke. Tuis gekom was sy maar moeg en het die grootste deel van die namiddag geslaap. Sy het voorlopig voltydse verplegingbystand maar dit was hartroerend om te sien hoe bly die kinders was om haar weer in die huis te hê! Sy kry ook nog gereeld morfien om die pyn in toom te hou. Die plan is nou dat sy volgende week, mits die bloedtoetse Maandag bevredigend is, Dinsdag haar tweede sessie chemoterapie tuis mondelings inneem en dan vir twee weke rus voor die volgende binne-aarse toediening op 23 November. Dié siklus word dan in totaal ses keer herhaal. Ons bly hoop en glo dat wonderwerke haar sal red..... Rustige nag Daan & Elna

8 November 2010

Naand vriendeVanaand brand ons vlammetjie laag en ek is nie

seker wat om te skryf nie.... Vandat Liesel Vrydag huistoe gekom het, was daar maar baie min om oor opgewonde te raak. Sy bly baie moeg, is gedurig naar en wil byna niks eet of drink nie. Vanselfsprekend verswak sy by die dag en slaap meeste van die tyd. Sy raak ook by tye angstig en wil dan nie hê dat ons haar alleen laat nie. Gisteraand was ons so bekommerd oor haar toestand dat ons maar weer ons dierbare narkotiseur-vriendin ingeroep het (want op ‘n Sondagaand is daar nie baie opsies oop nie!).

Sy het dadelik beheer oorgeneem en, onder andere, weer binneaarse soutoplossing begin toedien om dehidrasie teen te werk. Toe ons na tienuur gisteraand daar weg is, was Liesel redelik rustig maar uitgeput. Vanoggend het sy bietjie beter gelyk maar ons worstel steeds om haar iets te laat eet en drink. Hulle het

vroegoggend bloed kom trek vir die toets voor die mondelinge chemoterapie wat sy môre sou neem maar haar witbloedtelling is te laag (soos ons maar gevrees het) en die chemo is voorlopig uitgestel tot Saterdag. Siestog, Saterdag is Alwyn se vyftigste verjaardag en hulle het ‘n baie groot en deftige partytjie met sewentig gaste gereël gehad. Dit sal seker nou gekanselleer word. Soos ons vanaand voel sal ons seker maar môre mediese advies moet kry oor die vraag of sy langer so by die huis versorg kan word of liewer weer hospitaal toe moet gaan.... Intussen kry Alwyn en die kinders baie swaar. Dink asseblief aan hulle hele gesin! GroeteDaan en Elna

12 November 2010

Naand almalNa my ietwat negatiewe vorige bulletin is dit ‘n

groot voorreg om vanaand bietjie beter nuus oor te dra. Liesel het, relatief gesproke, ‘n goeie week agter die rug. Meeste oggende as ons teen agtuur by haar inklok, is sy opgewek en dankbaar vir ‘n goeie nagrus en het sy selfs lus vir haar ontbyt. Party dae hou die goeie luim vir ‘n hele paar uur maar sommige dae oorval mislikheid of hoofpyn haar skielik en dan lyk die prentjie skielik weer nie so rooskleurig nie. Sy kry ongelooflike ondersteuning van haar narkotiseur-vriendin sowel as haar huisdokter-vriendin (nog van ons Menlopark-jare!). Albei van hulle bring byna elke dag ‘n uur of meer by haar deur en hanteer al ons vrae en bekommernisse. Dan word sy natuurlik nog steeds omring deur dosyne bekwame vriendinne wat nog elke dag vir die gesin ‘n volle aandete bring, elke middag die kinders na en van hulle naskoolse aktiwiteite karwei en altyd gereed is om met enige probleem te help. Die hele huis bly permanent vol blomme en nuwe ruikers - vandag selfs een uit London. Dan praat ons nie eens van al die individue, bybelstudiegroepe en selfs hele gemeentes (ook in Australië, Nieu-Seeland en Engeland) wat gereeld vir haar bid nie. Die foonoproepe, e-pos en SMS’se hou ook nooit op nie. Die afgelope dag of twee begin sy tog bietjie belang stel in die buitewêreld en vra dat Elna vir haar lees wat in die koerante staan (want sy kan nie eintlik self lees nie) en vanoggend het ons haar vir die eerste keer die tien meter tot in die sitkamer laat skuifelstap (met ondersteuning aan weerskante) waar sy die res van die dag deurgebring het. Sy eet en drink soveel beter dat ons nie meer oor dehidrasie en aarvoeding praat nie. Haar bloedtoets vandag, wat sou bepaal

Page 34: Liesel eBook

28 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

of sy môre met haar mondelinge chemoterapie kan voortgaan, was net-net onder die slaagpunt en sy gaan nou Maandag DV dié medisyne sluk. Alwyn se groot partytjie is afgelas en hy vra môre-aand net ‘n klein groepie naby-familie en vriende. Ons hoop en glo dat sy teen Maandag so sterk sal wees dat die tweede chemo-sessie haar min sal pla. Lekker naweek, almal!Daan & Elna

16 November 2010

Ons het soveel foonoproepe en e-posse ontvang sedert my vorige “bulletin” dat ek verplig voel om almal net weer op datum te bring. Die naweek was redelik rustig behalwe vir ‘n groot skrik Saterdagmiddag halfpad deur die Springbokke se wedstryd teen Wallis toe Liesel skielik niks meer kon sien nie! Al die alarmklokkies het binne minute vir Elizna (ons privaat narkotiseur-engel) op die toneel gehad en sy kon ons genadiglik gou gerus stel dat dit ‘n “migraine”-aanval was wat dan ook gelukkig gou weer agter die rug was en heel moontlik verband gehou het met spanning rondom die partytjie Saterdagaand ter viering van Alwyn se vyftigste verjaardag. Die partytjie was toe ‘n groot sukses en Liesel het vir ‘n paar minute in ‘n rolstoel die heildronk met die gaste gedeel. Die ingeslote foto is net voor die tyd geneem. Maandagoggend het ons toe, soos vooraf beplan, haar mondelinge chemoterapie toegedien sonder enige

probleme en gister en vandag was relatief rustig. Sy slaap goed en word vrolik wakker met ‘n gesonde eetlus maar een of ander tyd deur die loop van die oggend verwelk sy of begin sy kla van hoofpyn en/of mislikheid. Later in die dag gaan dit dan gewoonlik weer beter met die hoofpyn wat soms sonder enige waarskuwing toeslaan. Ons kry haar deesdae sover om met behulp van ‘n loopring die tien meter tot in die sitkamer te stap. Die geheelbeeld is dus maar steeds bietjie op, bietjie af maar ons dink tog die gemiddelde kurwe is opwaarts. As alles volgens plan verloop sien sy eerskomende Maandag weer die onkoloog en kry sy Dinsdag haar tweede binne-aarse chemoterapie. Hou tog maar asseblief aan om vir haar en haar gesin te bid... GroeteDaan en Elna

21 November 2010

Naand almal !Sedert my vorige bulletin het ons maar net weer

die gereelde op-en-af gedrag van Liesel se toestand ervaar. Sy het oënskynlik min newe-effekte van Maandag se mondelinge chemoterapie getoon maar het hier teen die einde van die week al meer begin kla van pyn in haar bekken, nek en ook hoofpyn. Dan bekommer ons ons natuurlik dat die oorspronklike siektetoestand besig is om die oorhand te kry maar

Page 35: Liesel eBook

2916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

hoe weet ons of dit die siekte, die chemoterapie of selfs spanning is wat die pyn veroorsaak? Die gerusstelling is dat sy nooit snags pyn het nie en dat die pynaanvalle gewoonlik wyk as iemand rustig met haar gesels of haar nek masseer. Ons het begin glo dat spanning moontlik die hoofoorsaak is. Teen Vrydag het sy regtig baie swaar gekry en Saterdag (gister) het ons maar weer Elizna se hulp ingeroep. Sy het haar ‘n morfieninspuiting gegee en haar pynpille verander (omdat die liggaam skynbaar na ‘n tyd nie meer op dieselfde pynmiddel reageer nie). Dit het wondere verrig en sy het laasnag baie goed geslaap en vanoggend vrolik wakker geword, lekker gebad, aangetrek en die hele dag op die bank in die sitkamer deurgebring. Sy eet goed en stel belang in wat rondom haar (en in die wêreld daarbuite) aangaan. Vir ons wat haar nou ses weke lank elke dag dophou, is dit alles wonderwerke ! Môre-oggend se bloedtoetse sal nou bepaal of sy Dinsdag vir haar tweede binne-aarse chemopterapie kan gaan. Hou duim vas en moenie ophou om vir haar te bid nie ! Rustige nagDaan

25 November 2010

Sjoe, wat ‘n week! Ons is vanaand behoorlik ge-dreineer. Maar laat ek voor begin : Liesel se bloedtoets Maandag was gunstig genoeg dat sy Dinsdag kon voortgaan met haar tweede binne-aarse chemoterapie. Dié het ook heel goed afgeloop en ons het begin glo dat alles volgens plan verloop. Vroeg Woensdagoggend bel Tersie angstig en vra dat ons vir Zebbie moet laat kom want Liesel roep net “Help my, help my”! Alwyn was toe pas weg werktoe en Ters kon geen reaksie kry by al die nommers wat hy probeer bel het nie. Ons kry toe gelukkig dadelik vir Zebbie (huisdokter en jarelange vriendin) terwyl sy op pad is om haar kinders by die skool af te laai. Sy en Alwyn en ons jaag toe almal deur die agtuur spitsverkeer om te gaan kyk wat aan die gang is. Liesel het toe klaarblyklik ‘n angsaanval gehad en was besig om te hiperventileer en te vrees dat sy nie gaan asem kry nie. Zebbie het dadelik ER24 laat kom en haar bes gedoen om Liesel rustig te maak, onder andere met die beproefde metode van in ‘n papiersak asemhaal. Toe die ambulans opdaag en haar suurstof toedien het dinge gou beter gelyk. Alwyn is saam met haar in die ambulans weer Panorama toe en Ters , wat eksamen

moes gaan skryf het, is saam met ons agterna. Daar gekom was Liesel reeds weer rustig en al die toetse het slegs op ‘n angsaanval gedui - lae bloeddruk, duiseligheid, adrenalien, hiperventilasie, hoë pH, ens - alles genadiglik onverwant aan die kanker of die chemoterapie. Sy het toe maar in die hospitaal gebly omdat vandag die berugte derde dag na chemo sou wees en sy in elk geval môre weer daar moes wees vir die klein operasietjie om ‘n “port” te implanteer sodat hulle nie elke keer so moet sukkel om ‘n aar te vind vir bloedtoetse of binne-aarse toedienings nie. Vanoggend was sy heel vrolik en opgeruimd totdat hulle haar kom haal het vir ‘n “CT-scan” om net seker te maak dat dit nie dalk bloedklontjies in die long was wat gister se drama veroorsaak het nie. Toe hulle haar in die “tonnel” wou instoot kry sy toe weer ‘n angsaanval. Hulle bring haar toe maar terug na haar kamer en daar kry sy toe ‘n aanval wat vir ons na stuipe gelyk het sodat ons op ‘n stadium gevrees het vir haar lewe. Na baie medisyne het sy herstel en later in die dag het Elizna (soos met elke krisis sover!) opgedaag en aangebied om saam met Liesel terug te gaan vir die “CT”. Dit het toe glad verloop en genadiglik was daar geen teken van bloedklonte in die longe nie en toon die beeld van die brein dat die oorspronklike letsels verdwyn of drasties gekrimp het ! Halleluja! Skynbaar draai alles rondom angstigheid wat gelukkig met medikasie beheer kan word. Vanmiddag het sy meeste van die tyd geslaap en as alles volgens plan verloop kom sy hopelik môre na die operasie terug huistoe..... Rustige nag, almalDaan

29 November 2010

Naand almalEk skryf maar gou want Alwyn het ons vanmiddag

vroeg reeds afgelos en, soos dinge die afgelope ruk verloop, kan ek nie seker wees hoeveel tyd ek môre gaan hê nie! Boonop kom skoonsus Annette DV môremiddag hier aan uit Nelspruit om ons te kom ondersteun. Die beste beskrywing van die laaste paar dae is maar weer een dag op, een dag af. Toe ek Donderdag berig het van Liesel se “CT-scan” het hulle nog slegs na bloedklonte in die long en die letsels op die brein gekyk. Ons het eers daarna gehoor dat die letsels in die lewer asook die long skynbaar nog nie juis op die chemoterapie gereageer het nie en die onkoloog het voorgestel dat sy hierdie week ook die lewer en

Page 36: Liesel eBook

30 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

die long gaan begin bestraal (omdat die bestraling van die brein en die gebeente so suksesvol was en al die letsels mos dieselfde seltipe as die oorspronklike gewas is). In ‘n ligter oomblik het ek die grappie onthou wat Johan de Kock jare gelede vertel het van die man met die groot Amerikaanse motor wat by die vulstasie stop maar sy masjien laat loop om die lugversorger aan die gang te hou. Die petroljoggie wat nie gewoond was aan so ‘n groot tenk nie, sê toe na ‘n ruk : “ek dink master moet hom afskakel want hy gain op my”. Ons wil verhoed dat die letsels vinniger groei as wat die stadige chemoterapieproses hulle laat krimp! Die “port”-operasie het Vrydag goed afgeloop. Dit behels die implantering onder die vel van ‘n houertjie met ‘n pypie wat tot in die slagaar loop en waardeur hulle in die toekoms pynloos enige binne-aarse toedienings kan doen sonder om haar arms verder vol gate te steek. Daarvan gepraat, die pype in haar are was juis gisteroggend die oorsaak van nog ‘n krisis. Omdat haar are dun is en hulle baie sukkel om die “drip”-verbindings te maak het sy al vir ‘n paar dae so ‘n koppeling in elke voorarm. Toe ons gisteroggend vroeg daar opdaag was die arm waarin die “drip” gekoppel was, dik opgeswel en potblou van bloeding onder die vel - duidelike tekens dat daar lekkasie rondom die naald in die aar was. Hulle skuif toe die pype oor na die ander arm en daar veroorsaak dit toe skynbaar onuithoudbare pyn (moontlik omdat daardie koppeling al bietjie droog en verstop geraak het of omdat daar nog bietjie medisyne in die pype was wat pyn kan veroorsaak) sodat Liesel toe weer ‘n angsaanval kry en verseg dat hulle weer daar koppel. Al die pype is toe verwyder en sy is sedertdien terug op mondelinge medisyne wat , nadat middels bygekom het om die angsaanvalle te probeer verhoed, aangegroei het tot meer as twintig pille per dag. Ons het giteraand tot byna tienuur by haar gebly om seker te maak dat sy rustig is en deur die nag dopgehou sal word. Vanoggend was sy rustig maar baie moeg en genadiglik het vandag se bloedtoetse die waarskynlike verklaring daarvan uitgewys. Sy het ‘n ernstige kaliumtekort (moontlik as gevolg van haar swak eetlus die afgelope twee maande) en dit verklaar glo die gebrek aan energie en baie van die ander simptome van die laaste paar dae. Genadiglik kan dit baie maklik en vinnig reggestel word en ons hoop om baie gou verbetering te sien. Ons wag nou om te hoor of sy môre reeds bestraal gaan word en hoe hulle die chemoterapie (wat ook moet voortgaan) daarmee gaan kombineer. Intussen lê sy in haar eenkamer skemerwêreld met haar eie gedagtes. Sy kan nie meer staan of loop nie

(darem hopelik net as gevolg van gebrek aan oefening na die maande van stillê) en haar sig is te swak om te kan lees. Sy het minder hare as ek en is baie maer maar die naaste wat sy nog ooit aan kla gekom het, is die een of twee keer wat sy gesê het “dis nie meer vir my lekker nie”. Hou asseblief aan om vir haar te bid ! GroeteDaan

5 Desember 2010

Dis Sondagaand en ek ly aan die Sondagaand-sindroom wat my al sedert my jeug se koshuisdae teister....

Page 37: Liesel eBook

3116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Liesel het toe Dinsdag haar mondelinge chemoterapie gesluk sonder enige probleem en sedert Woensdag word haar lewer en long nou elke weeksdag bestraal. Dit alles verloop redelik goed maar sy is tog soms naar en bly maar moeg hoewel die kaliumtekort nou heeltemal herstel is. Sy het ook maar steeds spysverteringprobleme en kla soms van ‘n dooie gevoel in haar arms. Dis moeilik om te weet watter van haar probleme aan haar siekte te wyte is of aan die bestraling of die chemoterapie of enige van die ander medisyne wat sy inkry. Daarby eet en drink sy sekerlik te min en kry sy natuurlik byna geen oefening nie omdat sy nie kan sit of staan nie. Genadiglik kry sy nie meer die hoofpyn- of angsaanvalle nie. As alles volgens plan verloop moet sy hierdie week nog vyf keer bestraal word. Sodra sy sterk genoeg voel kan sy dan huistoe gaan en slegs een keer elke drie weke as buite-pasiënt inkom vir haar binne-aarse chemo-sessie. Ons almal wil haar so graag weer by haar huis kry en sterk sien word! Weereens dankie vir al die meelewing, e-pos, foonoproepe en veral gebede. Hou asseblief saam met ons moed! GroetnisDaan en Elna

10 Desember 2010

Naand almalEk kan nie glo byna ‘n hele week het verloop

sedert my vorige “bulletin” nie maar dis Vrydagaand en ons het ‘n uur of wat gelede tuis gekom na ‘n moeilike dag in die hospitaal. Liesel het vanoggend haar finale bestraling van haar lewer en long gehad en, soos ons maar verwag het, was sy vandag baie moeg en mislik sodat ons moes worstel om haar sover te kry om iets te drink of eet en dan binne te hou. Die hospitaalbehandeling is nou afgehandel en, as haar toestand môre-oggend dit toelaat, gaan sy huistoe waar sy hopelik vinnig sterker sal word sodra die naarheid as gevolg van die lewerbestraling bedaar het. Dan het sy drie weke ruskans voor haar volgende binne-aarse chemoterapie wat sy as buite-pasiënt kan kry. Ons almal hoop sy kan in dié tydperk ‘n slag Stilbaai toe gaan om die see te sien en hoor ! As dit moontlik is, sal ons saam gaan om hulle te ondersteun en ‘n voltydse verpleegster sal ook heeltyd by wees. Hou asseblief saam met ons moed en geloof dat sy gaan herstel! GroeteDaan en Elna

15 Desember 2010

Ek weet baie van die vriende aan wie hierdie nuusbriewe gestuur word, is reeds met vakansie en buite bereik van e-pos maar ek weet ook dat baie slim mense deesdae via skootrekenaars en selfs selfone steeds hulle e-pos kan ontvang..... Dis reeds weer byna ‘n week na my vorige skrywe en dit was maar weer een van baie wisselende toestande. Een van die onkoloë het dit vir ons raak beskryf deur te sê ‘n mens leef op die strand tussen die hoog- en laagwatermerke. Een oomblik is dit laagwater en is jy droog en deel van die land maar ‘n paar uur later is dit hoogwater en jy is onder die water en deel van die see... Liesel was Saterdag na die volle week se bestraling te moeg, mislik en slaperig en ons het haar maar in die hospitaal gehou. Sondagoggend het sy heelwat beter gelyk en kon ons haar sonder te veel drama op haar bed uitstoot tot by Alwyn se motor, in ‘n lê-sit-posisie huistoe neem, oortel in ‘n rolstoel en instoot tot in haar sitkamer waar sy die grootste deel van die dag bly lê het en redelik gesellig met almal gekuier het. Op die oomblik het sy net snags ‘n verpleegster wat ‘n ogie oor haar hou terwyl drie van haar doktervriendinne bedags instaan wanneer nodig. Sy het egter vir Anel, wat saam met vriende op Hermanus was, so gemis dat Elna, Annette en ek Maandag gou deurgery en haar gaan haal het. Die afgelope drie dae was dit maar weer ‘n konstante geveg teen die naarheid en moegheid wat meebring dat sy nie genoeg vloeistof en kos inkry of inhou nie. Sy is reeds weer (deur haar “port”) aan ‘n drupsak gekoppel en gister het ons dokter-engele besluit om haar bloed aan te vul. Een van hulle het van gistermiddag af tot vieruur vanoggend (!) bygesit terwyl die nuwe bloed stadig indrup. Vanoggend was ons bietjie teleurgesteld dat sy maar steeds baie slaperig en swak was maar toe sy teen die middel van die dag behoorlik wakker word, was sy helder en gereed om ‘n grappie of twee met ons te deel.

Ons werk nou maar baie versigtig met baie klein bietjies kos en sukkel veral om die klomp pille op die regte tye in te kry sonder dat alles weer uitkom. Genadiglik dink ons slim helpers nou dat die slaperigheid te wyte is aan die slaappil saam met die ander kalmeerpille wat op hierdie stadium vir haar verswakte gestel ‘n oordosis is. Ons hou nou styf duim vas dat sy van môre af, as die dosisse aangepas is en die nagevolge van die bestraling bedaar het, baie beter sal voel, weer eetlus sal hê en veral kan inhou wat sy eet. Al die bloedtoetse is tans normaal en daar is geen tekens van orgaanversaking nie sodat ons regtig hoop om haar van hier af op te bou!Bid maar asseblief steeds vir haar en haar gesin.

Page 38: Liesel eBook

32 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Vir die gelukkiges wat reeds met vakansie is, geniet dit! GroeteDaan

19 Desember 2010

Dis alweer Sondagaand maar vanaand is die “blues” nie so erg soos ‘n week gelede nie. Dit gaan naamlik by tye heelwat beter met Liesel as ‘n week gelede. Twee bloedoortappings en aanpassing van haar medisyne (veral dié wat haar baie lomerig gemaak het) het gehelp om haar bedags meer wakker en helder te hou terwyl die binne-aarse vloeistoftoediening die druk om haar gedurig wanneer sy wakker is, vloeistof te probeer ingee, verlig. Teen Vrydag was sy sterk genoeg en haar bloedtoetse sodanig dat ons haar die voorgeskrewe mondelinge chemoterapie kon ingee. Sy het daarna ‘n goeie dag gehad en gister(Saterdag) was werklik die beste dag wat ons in weke met haar gehad het. Sy was die hele dag wakker en vrolik en ons almal het haar en mekaar se grappies geniet terwyl sy vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd eetlus gehad en gevra het vir allerlei dinge waarvoor sy lus was. Beste is dat sy dit alles (hoewel in klein hoeveelhede) ingehou het. Vandag, twee dae na die chemo, soos elke vorige keer ook maar, het die newe-effekte maar weer ingeskop en het sy gekla oor mislikheid en hoofpyn. Ons hoop regtig dat sy teen môre oor dié effekte sal wees en dat ons haar daarna tydens die rusperiode wat sy nou tot 4 Januarie gaan hê, behoorlik kan opbou! Die goeie nuus is dat al haar bloedtoetse die afgelope week normaal is wat onder andere aandui dat haar kaliumvlakke behoue bly, dat haar lewer korrek funksioneer (wat glo nie die geval sou gewees het as dit nie bestraal was nie), dat haar niere nog reg werk en selfs dat die agteruitgang in haar beenstruktuur gestuit is. Die lekkerte is dat haar brein absoluut helder is en sy almal van ons kan help met dinge wat ons nie kan onthou nie. Al wat sy nie kan onthou nie(genadiglik!) is die slegste tye van haar siekte en behandeling die afgelope twee-en-’n-half maande! Hou maar saam met ons hoop en geloof dat die wonderwerk wat onder ons oë aan die gebeur is, sal voortgaan! Vergeet ook asseblief nie ons drie dokter-engele (Elizna, Zebbie en Helouise) nie. Sonder hulle was die stryd seker lankal verlore......Ek hoop om voor Kersfees weer te rapporteer en hopelik goeie nuus te bring! Mooi blyDaan en Elna

24 Desember 2010

Naand almalEk vra verskoning dat ek so in die bondel skiet

en gevolglik vir sekeres nuus herhaal wat hulle reeds gehoor het, nie reageer op party se onlangse kommunikasie nie en seker vir baie gladnie bereik in hierdie vakansietyd nie. Dis Oukersaand en ons het maar weer ‘n wipplankweek met Liesel agter die rug maar een wat genadiglik baie beter eindig as wat dit begin het. Dinsdag was die vreeslikste dag van die afgelope byna drie maande. Liesel het baie pyn gehad, was dikwels mislik, kon niks eet of drink nie, was baie deurmekaar en het etlike aaklige angsaanvalle gehad. Ons het by tye regtig gedink ons gaan haar verloor en het maar weer vir Elizna en swaer Wynand (toevallig albei gerekende narkotiseurs) ingeroep. Teen die aand was hulle ook moedeloos ( omdat die tekens daarop gedui het dat die kanker in die brein en die gebeente maar weer hervat het) en het vir Alwyn en die kinders en die predikant voorberei op die ergste. Hulle het haar toestand ernstig genoeg beskou dat die twee van hulle om die beurt regdeur die nag by haar gesit het! (Dit terwyl hulle albei die vorige en volgende dag moes gaan werk!) By nabetragting dink ek dit was hoofsaaklik die na-effek van verlede Vrydag se chemo.... Een of ander tyd in die middel van die nag het Liesel wakker geword en was sy weer perfek helder sodat Wynand ‘n lang gesprek met haar gehad het en haar onder andere geleer het hoe om, met die regte asemhaling, ‘n dreigende angsaanval te stuit.

Toe ons Woensdagoggend vroeg in vrees en bewing by haar opdaag, was sy helder wakker en opgeruimd! As dit nie ‘n wonderwerk was nie, weet ek nie wat anders nie. Die afgelope drie dae was sy elke dag byna heeldag wakker en helder, nooit in pyn of mislik nie en het sy ook bietjie begin eet en geen verdere angsaanvalle gehad nie. Sy word ook bietjie sterker en kan, vir die eerste keer in ‘n lang tyd, self van haar rug op haar sy draai en andersom. Daar is natuurlik nog geen sprake van sit, staan of loop nie, haar sig is nog swak en sy kan letterlik niks vir haarself doen nie en het ook nog ‘n verskeidenheid van ander probleme maar sy kla steeds nooit en probeer gedurig om dit vir ons almal so maklik as moontlik te maak. Maar aan die positiewe kant bly al haar bloedtoetse normaal. Niemand, insluitend ons “hoof-engel”, Elizna, verstaan wat aan die gang is of wat om vorentoe te verwag nie maar ons het alle hoop dat ons môre, saam met Annette en Karin en haar gesin, ‘n dankbare Kersfees by die van der Merwe-huis gaan vier (‘n groot genade wat Dinsdagaand uiters onwaarskynlik gelyk het!) met die heerlikste kos wat ‘n vriend spesiaal vir ons klomp voorberei het.

Page 39: Liesel eBook

3316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Ons wens al ons familie en vriende ‘n besonder geseënde en gelukkige Kersfees toe en hoop van harte dat ons voor die einde van die jaar nog weer positiewe nuus kan rapporteer!

Met ons opregte dankbaarheid en allerbeste wenseDaan en Elna

28 Desember 2010

Ek besef baie van die mense aan wie dié bulletin gerig word, is nou met vakansie en buite bereik van e-pos maar ek kan nie meer almal se datums onthou nie en weet natuurlik ook nie wie e-pos kan ontvang waar hulle ook al gaan nie....

Ons het toe Kersfees by Liesel-hulle se huis deurgebring hoewel ietwat bedeesd omdat sy maar siek gevoel het. Ons het baie lekker ge-eet en die kinders het lekker saam gekuier maar Kersdag en Sondag was nie goeie dae vir Liesel nie. Iemand sê sy is soos die Kaap se weer - die naweke is die slegste! In die middel van die Kersdag moes ‘n kollega van Elizna gou ‘n krisis kom ontlont. Omdat sy byna niks eet en inhou nie, is sy maar weer aan ‘n binne-aarse drupsak gekoppel om dehidrasie te voorkom en ook seker te maak dat sy noodsaaklike medisyne binne-aars kan inkry. Dit beskerm ook haar bloeiende maagseer wat genadiglik skynbaar goed op medikasie reageer. Die goeie nuus is dat al haar bloedtoetse steeds normaal

is en dat sy selde oor pyn kla (hoewel sy nog steeds haar morfienplakkers kry). Gister en vanoggend het sy egter die aller-aakligste angsaanvalle begin kry. Vir ons as amateurs lyk dit elke keer of sy dit nie gaan oorleef nie maar Alwyn bly kalm en “praat” haar daardeur totdat sy weer ontspan en rustig asemhaal. Dit beteken egter dat hy nie vir ‘n oomblik van die dag of nag buite bereik kan wees nie. Verder word Elizna ook maar kort-kort betrek, dikwels gedurende die nag. Dié situasie is duidelik nie volhoubaar nie en vanoggend het ons hele span saam besluit om haar maar weer te laat opneem waar sy voltydse professionele sorg kan kry en sy is vanmiddag in Intercare se hospitaal hier naby ons opgeneem. Ons mediese span dink op die oomblik dat die angsaanvalle eerder aan medisyne-kombinasies as aan die kanker te wyte is. Die medikasie word dadelik aangepas maar ongelukkig het sommige van die goed nog ‘n lang nawerking. Intussen (soos vandag vir die vervoer na die hospitaal) word sy verdoof om verdere angsaanvalle te voorkom. Ons is baie hartseer daaroor en dit gaan beslis nie vir Liesel lekker wees om weer in ‘n hospitaal wakker te word nie maar ons spannetjie (en sy!) kon eenvoudig nie langer so aangaan nie.... Hou asseblief duim vas dat hulle baie gou die aanvalle onder beheer kan kry sodat sy weer huistoe kan kom en hou aan bid vir haar en haar gesin! GroeteDaan en Elna

Page 40: Liesel eBook

34 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

2 Januarie 2011

Môre, almal, en alles van die heelbeste vir die jaar wat voorlê! Ek wou my gebruiklike Liesel-bulletin begin komponeer maar besef toe dat ek nie eens naastenby op Alwyn s’n van gisteraand kan verbeter nie. Vergewe my dus asseblief as ek die maklike pad volg en sy omsendbrief onveranderd hierby aanheg. (Sien Alwyn – 1 Januarie 2011) Hartlike groete aan almal en dankie vir voortgesette belangstelling en gebede Daan en Elna

3 Januarie 2011

Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd het ons vanaand regtig goeie nuus om oor Liesel se toestand oor te dra! Sy moes vandag vir ‘n MR-”scan” van haar brein gaan om te probeer vasstel waar die angsaanvalle en ander nare gedrag vandaan kom. Almal van ons wat elke dag met haar te doen het, was maar bekommerd dat die breinletsels besig was om hand uit te ruk. Sy self was vanoggend baie teesinnig om per ambulans terug na Panorama geneem te word vir die ondersoek en dit het heelwat oorreding gekos om haar te oortuig dat dit dalk kan help om oor haar optimale behandeling te besluit. Ek moes haar verseker dat Elizna haar sal verdoof, saam met haar in die ambulans ry en by haar sal bly terwyl sy in die “tonnel” ingestoot word. Dit alles het toe so gebeur en sy was onbewus van die hele operasie. Wonder bo wonder is die uitslag dat, van die oorspronklike dertien breinletsels, nog slegs vier sigbaar is en dat hulle ook aansienlik gekrimp het. Daar is verder geen teken meer van breinswelling nie en ook geen aanduiding van skade wat deur die breinbestraling veroorsaak kon word nie! Ons glo werklik dat hier ‘n wonderwerk aan die gebeur is! Die betrokke dokters staan verslae.... Is dit dan nie wat ‘n mens ‘n wonderwerk noem nie? Die fantastiese uitslag beteken nou baie dinge. Die aanvalle wat Liesel die afgelope tyd gekry het is dus of aan die medikasie of aan ‘n vorm van epilepsie (wat genadiglik met medikasie beheer kan word) te wyte. Die feit dat daar nie meer breinswelling is nie beteken waarskynlik dat die kortisoon wat sy van die begin af kry verminder of uitgeskakel kan word wat vanself sommige nadelige newe-effekte gaan uitskakel. Verder is haar morfiendosis nou ook gehalveer sonder dat sy van pyn kla. Ons glo regtig dat ons vandag ‘n draaipunt in haar siekte bereik het. Maar laat daar geen illusies wees nie. Sy is nog steeds baie swak, kan byna nie sien nie en sy kan nie sit, staan of loop nie terwyl sy

niks vir haarself kan doen nie, byna niks eet nie en nie ‘n lepel tot by haar mond kan bring nie. Ons sal nou seker môre hoor wat die onkoloë in die lig van vandag se uitslae vorentoe beplan ten opsigte van verdere chemoterapie, ens. Ons as leke hoop dat sy ‘n paar dae kans sal kry om bietjie sterker te word voor hulle haar weer met chemo platslaan maar ons glo dat die goeie nuus oor haar brein haar sommer weer sal laat kans sien om die geveg voort te sit.....Hou maar net aan om vir haar en haar gesin te bid, asseblief! GroeteDaan en Elna

8 Januarie 2011

Ongelooflik maar byna ‘n hele week het verby gevlieg sedert my vorige bulletin. Na Liesel se brein-”scan” Maandag was sy nog letterlik vir twee dae half bedwelmd en het meeste van die tyd maar net geslaap wat natuurlik ook beteken dat ons sukkel om haar genoeg kos en vloeistof in te gee. Verder worstel ons span mediese eksperte nog steeds om die regte medikasie-balans te bereik want die drastiese vermindering van verdowende medikasie bring weer aanvalle wat baie soos epilepsie lyk, mee. Die afgelope dag of twee was sy baie langer wakker en heel helder , nooit deurmekaar nie en ook nie meer mislik nie hoewel sy nog so een of twee keer per dag ‘n aanval kry. Sy kla nie oor pyn nie hoewel haar morfien-dosering ook gehalveer is maar sy toon by tye duidelike tekens van moedeloosheid. Dis seker te verwagte na meer as drie maande van ‘n wêreldjie wat net uit ‘n bed en halfskemerte bestaan. Nogtans kla sy nog steeds nooit en sug net soms diep. Vir almal wat vra hoe dit gaan, sê sy steeds “baie goed, dankie”.... Die span deskundiges het gister besluit dat hulle in die week wat kom, mits die onkoloë ook saamstem, maar weer met die chemoterapie wil voortgaan want dit maak min sin om net aan te hou om die simptome te behandel en nie haar basiese siekte te probeer bestry nie. Al haar bloedtoetse en fisiologiese parameters bly steeds binne normale grense. Soos een van haar span dokters sê “sy is basies gesond behalwe dat sy kanker het”! Sy is egter baie swak en kan letterlik niks meer vir haarself doen nie sodat sy soos ‘n pasgebore baba versorg moet word. Net die tyd sal leer wat voorlê..... Bid asseblief steeds vir haar, Alwyn en die kinders! GroeteDaan en Elna

Page 41: Liesel eBook

3516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

10 Januarie 2011

Dis skaars twee dae na my vorige bulletin maar die situasie het nou so ontwikkel dat ons twee môre DV, as niks onvoorsiens gebeur nie, vir ‘n paar dae gaan wegbreek Stilbaai toe en dan nie e-pos-bereikbaar sal wees nie (hoewel byna altyd per selfoon 0825763820). Karin-hulle het vandag terug gekom van hulle Stilbaai-vakansie, Alwyn se uiters bekwame niggie Cecilia het vandag by hulle as super-huishoudster ingeval, hulle huishulp is ook terug , baie van hulle toegewyde vriendinne is terug en Liesel kry by Intercare die allerbeste versorging denkbaar. Verder is die reëling tans dat Liesel eers weer Vrydag chemoterapie sal ondergaan(mits die onkoloog tevrede is met haar toestand). Daar is dus hierdie week regtig nie veel van ‘n rol vir ons nie hoewel dit baie swaar is om, na meer as drie maande waarin ons letterlik elke dag vroegoggend by haar ingeklok het, te voel of ons haar in die steek laat..... Sy is steeds baie swak en by tye verward of moedeloos maar die verpleegpersoneel by Intercare kyk baie mooi na haar en verseker dat sy genoeg eet en drink en haar medisyne inkry. Haar “privaat-dokter”-vriendin Heloise is elke oggend daar en ons is heel rustig dat sy die beste moontlike sorg ontvang. Sodra ons terug is, rapporteer ek weer. Groete aan almalDaan en Elna

12 Januarie 2011

Ons is maar weer terug in Durbanville na een nag op Stilbaai. Gisteraand het die hele mediese span wat na Liesel omsien met Alwyn en Karin vergadering gehou en besluit dat dit wreed sal wees om Liesel in haar huidige verswakte toestand nog hierdie week aan chemoterapie bloot te stel. Dis verder nou ook duidelik dat die aanduidings van die kanker drasties toegeneem het en dat haar organe regtig swaar kry. Ons het self gister voor ons Stilbaai toe gery het, opgelet dat sy, na sy drie slukkies vrugtesap deur ‘n strooitjie opgesuig het, kortasem was soos iemand wat ver gehardloop het. Vroeg vanoggend het toetse gewys dat sy suurstofnood begin ervaar en het hulle haar begin suurstof gee. Sy was ook maar baie verward en ons het toe besluit om maar terug te kom. Toe ons vanmiddag drie-uur by haar kom was sy egter rustig en helder genoeg om koherent op ons vrae te reageer. Sy bly voorlopig in Intercare-hospitaal waar hulle baie goed na haar kyk en ons moet maar sien hoe haar toestand die volgende paar

dae verander. Ons weet werklik nie meer elke dag of ons moet hoop op herstel deur ‘n wonderwerk of op beperking van haar lyding nie......

Alwyn en die kinders kry maar baie swaar! GroeteDaan en Elna

15 Januarie 2011

Baie van ons familie en vriende het reeds op een of ander manier gehoor dat Liesel vanoggend oorlede is en baie het ook al reeds op die nuus gereageer

Page 42: Liesel eBook

maar ons wil maar graag seker maak dat almal wat die afgelope drie maande met meelewing die verloop van die siekte gevolg het, ook die laaste hoofstuk ontvang... Liesel het sedert my vorige bulletin vinnig verswak en al meer suurstof nodig gehad namate die longe ingegee het. Gister was Dag 100, presies honderd dae vandat haar siekte gediagnoseer is en die tekens was duidelik dat sy naby haar einde was. Ons en die res van die familie het dan ook gister afskeid geneem en kon nog ‘n mate van reaksie van haar kry voordat sy in diep slaap (koma?) verval het om nooit weer wakker te word nie. Alwyn het die nag by haar deurgebring en toe ons vroeg vanoggend daar kom was sy baie bleek maar steeds rustig. Toe ons twee dokter-engele (Heloise en Elizna) opdaag het hulle ons voorberei dat dit nie meer lank sou wees nie. Hulle twee en Alwyn was dan ook tot die einde saam met ons by haar. Sy is om half-elf rustig weg sonder enige teken van pyn of worsteling.

Ons kan nie nalaat om op skrif te stel dat sy, ten spyte van al die pyn en ongemak wat sy as gevolg van haar siekte, die bestraling en die chemoterapie moes verduur het, nooit een keer gekla , geprotesteer of gehuil het nie - selfs nie toe sy hier teen die einde seker baie ongemak ervaar het en na alle waarskynlikheid reeds feitlik blind was nie. Dit, sowel as die dosyne wonderwerkies wat ons die afgelope tyd beleef het, is maar net Genade van Bo !

Die begrafnis vind DV eerskomende Dinsdag om 15:30 uit die Stellenbergse NG Kerk plaas.

Baie dankie nogmaals aan almal vir belangstelling en gebede wat ons deur die moeilike tyd gedra het! Hou asseblief aan om veral vir Alwyn en die kinders te bid.

GroeteDaan en Elna

Page 43: Liesel eBook
Page 44: Liesel eBook
Page 45: Liesel eBook

Gedenkdiens

Page 46: Liesel eBook
Page 47: Liesel eBook

4116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Dinsdag, 18 Januarie 2011

Toe ek Sondag en Maandag besig was met die voorbereiding vir vandag se diens het ek weer oor die afgelope drie maande (101 dae) wat verby is gedink. Ek het gedink aan alles wat gesê is, gedink is, op

gehoop is. Die dinge wat ons in die tyd gevoel het, beleef het. Dit waaroor ons gelag en gehuil het. Daar het soveel in ‘n kort tydjie gebeur.

Wat moet ons vandag nog sê, dink en beleef wat ons nog nie gesê, gedink en beleef is nie? In kort: Hoe gemaak waar ons nou is? Terwyl al hierdie gedagtes oor my gekom het, het daar ‘n wonderlike vrede oor

my gespoel dat Liesel ons self vandag hiermee help. Ons hoef nie vandag te luister na ‘n preek oor haar nie. Haar lewe is besig om ons die pad te wys en dit is kosbaar dat ons haar almal vandag duidelik kan hoor

praat. Ook hoe dit elkeen vandag op ‘n diep en persoonlike manier troos, aanmoedig en inspireer:

“Wat julle sien en beleef is nie die einde nie. Die Here het in alles wat gebeur het nie van ons vergeet of beheer verloor nie!”

Grote God aan U die eer!

Ek wil vandag in kort drie dinge met julle deel. ‘n Besondere foto van Liesel wat ‘n interessante storie vertel, ‘n teksgedeelte uit Filippense en ‘n paar woorde wat Liesel onlangs self geskryf het. Wat hoor jy

vandag Liesel daarin sê?

1. ‘n Foto van Liesel wat op 26 Oktober 2009 om 10:00 in Jerusalem geneem is. Liesel was in 2009 deel van ‘n groep wat saam met my in Israel gaan toer het. Ons het een dag in Jerusalem die bekende “Via Dolorosa”, gestap. Die “weg van smart” waar Jesus sy kruis na Golgota gedra het. Dis ‘n kort entjie se stap waarin ‘n mens weer van twee dinge intens bewus raak: Eerstens ervaar jy Jesus se menslikheid op ‘n wonderlike manier. Hier het Hy gestap. ‘n Mens soos ek! Hier het hy gelei en seergekry. Dit is nie ‘n stukkie teorie in die Bybel nie. Dit was werklik. Tweedens, word jy ook bewus hoe werklik jou eie gebrokenheid is. Jou eie seerkry en worstel in die lewe kom by jou op en jy besef dat ook die swaarkry net so ‘n kosbare deel is van die geskenk van lewe. Of dit met jou goed of sleg gaan; of jy siek of gesond is, jy behoort aan die Here. Hierdie besef gee jou die sekuriteit om met jou broosheid dapper deur die lewe te reis.

Oor 2000 jaar stap Christene hierdie pad in hierdie bewuswording. Dit het tradisie geword om verskeie punte op die Via Dolorosa (of te wel stasies) te koppel aan gebeure rondom Jesus se kruisiging (baie van hierdie stasies word nie in die Bybel self beskryf nie en het deel van die Christelike tradisie geword). Net na die 5 de stasie het ek die volgende foto van Liesel geneem. Ek het voor die tyd met Liesel ooreengekom dat as hierdie dag sou aanbreek ek julle dit sal wys. Dit is geneem op die op die plek waar Lukas vertel hoe Simon van Sirene die kruis by Jesus oorgeneem het. Volgens tradisie (nie in Bybel) het Jesus met sy

Page 48: Liesel eBook

42 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

hand op hierdie plek op die muur, waar Liesel se hand op die fotos is, gerus. Die kwessie is nie of dit die presiese plek is waar Jesus se hand gerus het nie. Eerder dat sy en ook ons vandag met die gebeure daar kan identifiseer. Ons kan net soos Liesel met ‘n glimlag raak aan Jesus se lyding, want ons weet dat alhoewel ons swaarkry in die lewe werklik is, dit aan die verbygaan is, en uitloop op ‘n heerlik wat alles wat ons ken verreweg oortref (2 Kor 4:17).

2. Tweedens wil ek Filippense 3:10-15 asook 4:4-7 hierby voeg.

10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 11 in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. 12 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. 13 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14 Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. 15 Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.

4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. 9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

3. Wanneer ‘n mens derdens Liesel se eie woorde hierby sit klink dit saam soos ‘n hemelse simfonie. Laat hierdie volgende woorde oor jou spoel.

29 Des

Vry is ek

Vry van alle sonde

Vry van alle vrees

Jesus is my redder

Jesus is my verlosser

3 Jan

Jesus is by my gewees

Lief vir Hom

Vader ons wonderlike hulp in ons vreeslike nood

Ek wil nou rus…

Dit is nie nodig dat ek vandag die betekenis van die Bybel teks of Liesel se woorde vir julle moet uitlê nie. Ons kan vir Liesel en die Here duidelik daarin met ons hoor praat. Ons kan hoor hoe sy ons aanmoedig:

Ek het lewe deurkruis en dit gemaak! Dit is nou belangrik dat julle wat agterbly deur die moeilikste van tye aanhou en uithou! Ek wag by die einde en moedig julle aan om die reis te voltooi.

Vandag inspireer Liesel ons om te waag om ook te sê:

Al wat ek wens is om Christus te ken – die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

Page 49: Liesel eBook

4316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Dit is wonderlik om alles in jou vermoë te doen om vir iemand wat jy baie lief is, om te gee. Ek weet dat ons altyd wens dat ons meer kon gedoen het. Alwyn, Anel en Ters – ook res van die familie. Julle en ander mense het alles gedoen wat ons kon om vir Liesel om te gee. Deur dit alles het sy vir julle en vir ons omgegee. Sy leer ons om in tye wanneer ons nie meer kan nie, nie meer weet nie, aan die Here oor te gee.

Vry is ek

Vry van alle sonde

Vry van alle vrees

Jesus is my redder

Jesus is my verlosser!

Ek is terug by die begin. Wat kan ons vandag doen? Kom ons maak soos wat sy ons geleer het. Kom ons gee ons gedagtes, gevoelens, ons hele wese aan die Here oor en beleef sy vrede. Kom ons bely ons hardop saam ons geloof:

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in ‘n ewige lewe.

SeenDie Here is voor jou om jou om die pad gelyk te maak

Die Here is langs jou om jou in sy arms toe te vou

Die Here is agter jou om jou te beskerm

Onder jou om jou te dra as jy mag val

Hy is bo jou om jou te seen

Die Here is vir jou, want Jesus pleit vir jou

Die Here is by jou – van nou af tot in ewigheid.

Page 50: Liesel eBook
Page 51: Liesel eBook

Huldeblyke

Page 52: Liesel eBook
Page 53: Liesel eBook

Anel

Hallo almal, baie dankie dat julle gekom het.

My ma het soveel vir ons almal beteken. Sy was ‘n wonderlike inspirasie en sy was ‘n baie spesiale vriendin.

As ek terug dink, het sy altyd ‘n glimlag gehad! Sy was altyd daar om my te ondersteun en om my te troos.

By my pa se 50ste verjaarsdag het haar oë nog helder geskyn en het sy regop gesit. En ook was daar ‘n glimlag op haar gesig, al het die trane oor haar wange gerol.

Die Saterdag oggend toe ons haar gegroet het, kon ek haar by my voel. Sy sal altyd deel van ons harte wees en by ons bly.

Op hierdie oomblik staan sy langs my en kyk na ons almal. Die Here Jesus het ‘n spesiale plek opgemaak net vir haar, dit was haar tyd om te gaan. Ek sal haar nooit vergeet nie. Ons gaan haar almal baie mis, maar sy is nou gelukkig.

Weereens net dankie dat julle gekom het, Mamma sou dit ook baie waardeer.

Dankie.

Ters

My ma het al so baie goed gedoen vir my, sy het vir my gemaak soos wat ek nou is en ek was baie gelukkig om haar vir amper 15 jaar te geken het.

Ek onthou nog toe ek klein was het my ma altyd by my kom lê as ek ‘n nagmerrie gehad het en as ek swak doen in ‘n wiskunde toets het ek altyd net vir haar vertel. Ek en sy was baie close en ek dink ek gaan die eenvoudige goeters die meeste mis.

6 Oktober net na skool het my pa vir my en Anel na sy kamer toe gevat, die dag van my ma se x-strale van haar rug. Ek sal nooit daardie oomblik vergeet toe hy vir ons vertel my ma het kanker nie, dit het my hele lewe omgedraai binne 5 minute.

Die laaste 101 dae was maklik die slegste en moeilikste dae van my lewe, my ma het so hard baklei tot op die einde. Dit het vir my seer gemaak om haar so te sien ly.

Ek wens ek kon net nog 1 keer vir haar hallo sê en net ‘n drukkie gee.

Hier is nou ‘n leë kol in my lewe vandat my ma weg is, sy het so baie vir my beteken.

Ek gaan vir ma mis en ek is baie lief vir jou en sal altyd wees. Die enigste troos is dat sy rustig en veilig by die Here is.

Page 54: Liesel eBook

48 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Liesel van der Merwe (16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011)

‘n Paar ontoereikende woorde om afskeid te neem

Dis net goeie maniere om myself voor te stel: My naam is Alwyn vd Merwe. Hoewel dit vir julle vreemd mag klink dat ek myself voorstel, was dit in die verlede nie altyd onvanpas nie. Ek het in een van my e-posse verwys na ‘n krieketvergadering by die skool toe iemand my halfpad in my tweede sin in die rede val om uit te vind wie ek nou eintlik is. Sonder om te huiwer het een van die vergaderinggangers geantwoord: “Liesel se man”. Ek is Liesel se man en ek was vir 23 jaar lank trots daarop om daarmee te kon “brag”. Terloops, my opinie het in die vergadering getel omdat ek Liesel se man was.

As Liesel oor haarself iets moes sê, was die huldeblyk reeds iets van die verlede. Maar nou is dit ongelukkig nie Liesel wat aan die woord is nie. Met Liesel se siekte het ek agtergekom dat ‘n wye spectrum mense in die gemeenskap geweet het wie Liesel is. Selfs voor haar siekte was ek bewus daarvan. Uiteraard sou ‘n logiese verklaring wees dat sy betrokke is in die gemeenskap. Sy was betrokke by verskeie aksies en interaksies:

• Leeskring• Bybelstudiegroep• Kosprojekvandiegemeente• Hetindiesnoepiegewerk• Etlikeskoolaksiesenkomitees• Fondsinsamelingenreëlvansporttoere• Kersmark• Stapmaatjiesgehad• RooikruishospitaalopWoensdae• Ens.

Haar bekwaamheid of bevoegdheid was onbesproke. Maar ek is oortuig dat dit nie die rede is hoekom mense vir Liesel geken het nie. Dit was eenvoudig hoe sy met sake en mense omgegaan het. Ek kan honderde stories deel oor die hoe. Miskien moet ek met drie volstaan:

‘n Koshuisvriend met wie ons nie meer baie kontak het nie, maar passievol oor geskiedenis en ou munte, juweliersware en posseëls is ,skryf aan my die volgende:

Hy sal nooit vir Liesel vergeet nie aangesien sy ‘n paar jaar gelede die enigste persoon was wat tot in die derde uur van ‘n joviale partytjie steeds na sy vervelige stories oor sy soeke na ou juweliersware geluister het, terwyl die res van die partytjiegangers

reeds al die land se probleme opgelos het en besluit het dat Joost en Amore regtig tog sal skei. Hy eindig, dis aan die klein dingetjies, soos hoe jy luister, waaraan mense onthou sal word.

Na ‘n e-pos wisseling met ‘n Franse dame rondom verblyf vir ons beplande vakansie, reageer die dame as volg toe ek ons verblyf kanselleer: “I am shocked, she is such a nice person”. Hoe gebeur dit dat iemand so ‘n stelling maak na ‘n paar e-posse?

Liesel het eenvoudig geen tierlantyntjies gehad nie. Een van haar stapmaats onthou haar as volg:

Ek mis jou op Maandae en Donderdae by die hoek van die kerk. Ons twee met ons stok-ou sweetpaake, tekkies, jou bandana om jou ore warm te hou, ons verslaapte hare, dik oe… maar baie lekker stories om te vertel, na te luister, lekker te lag, ons koppe te skud oor die kinder s wat “alweer dit-of-dat gedoen het”. Die een wat nie leer nie, of daai een wat vol fiemies is, of, “het jy vanoggend se Burger gesien” ‘n nice boek gelees, of fliek gaan kyk? En die staan onder die boom by Karin-snoepie se huis en chat-chat-chat tot ons op die sypaadjie moet gaan sit. Ons neuse begin loop van die koue en nies. En altyd-altyd die totsiens-groet: “dankie vir die stap en gesels. Dit was lekker!” Ja, dit is voorwaar ALTYD lekker! Ek bewonder jou. Soos Helaine se: “Daai vrou is “amazing”.

Ek hoop nie dis onvanpas om met u te deel oor hoe ons as familie vir Liesel ervaar het nie. Op my 50ste verjaarsdag het ek op hierdie aanhaling van Langenhoven afgekom:

“Aan ‘n nuwe wa kan jy sien of dit ‘n ‘n goeie skilder was, aan ‘n oue of dit ‘n goeie wamaker was”

Toe ek Liesel aan die einde van 1980 ontmoet het, was ek tog beïndruk met die talent waarmee die kunstenaar die verfwerk voltooi het. Miskien moet ek vir Ters aanhaal toe hy vroeër in Desember die volgende te se gehad het: “Pappa op my ouderdom tel ‘looks’.” En dit was ook so vir my. Ek was versot op Liesel, van haar unieke mooi versorgde voete, haar volmaakte fyn enkeltjies en polse, tot haar kop wat Suegnet tydens Liesel se siekte beskryf het as: “Die vrou het dan die perfekte kop.” Suegnet, ek het selfs daai kop op die monitor in die radiologie-kamer herken as Liesel se perfekte kop. Trouens in haar broosheid tydens haar siekte was sy mooier as ooit.

Maar dan was daar haar sagte, diep bruin oë wat eintlik alles van Liesel gesê het…Die kwaliteit van die wamaker was van die begin af onbesproke. Sy was vir my die perfekte eggenoot. Sy

Page 55: Liesel eBook

4916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

het die term “lewensmaat” ware betekenis gegee in die liefde, die ondersteuning, die begrip, die insig in komplekse dinamika, die lewensvreugde wat sy onbaatsugtig in ons verhouding van 26 jaar mildelik uitgedeel of gedemonstreer het.Ons kinders het reeds iets van hul ma gesê. As jy na hulle kyk, sien jy vir Liesel. Hier sit ‘n kerk vol goeie ma’s. Ek is oortuig as ek vir Liesel sou vra hoe sy onthou sou wou word, sou sy gesê het: “as ‘n ma wat my kinders met goeie waardes grootgemaak het sodat hulle kan onderskei tussen reg en verkeerd.” Dit is wat sy geleef het vir haar kinders. Saam met die waardes wat sy geleef het, was sy eenvoudig net die toonbeeld van waardigheid en moedigheid. Ek sal nooit vergeet hoe sy, geklee in ‘n groen teaterjurkie in Durbanville Mediclinic, ‘n kind in elke arm troos en hulle die versekering gee dat hulle ongeskonde deur haar siekte sal kom. Selfs in die laaste week in Intercare was sy die een wat troos uitgedeel het.

Hoewel Liesel nie beskryf kon word as die siel van die partytyjie nie het ek haar sin vir humor altyd waardeer. Heloise het haar eendag in Intercare heel nuuskierig uitgevra oor wat Schalk Burger met haar bespreek het terwyl sy na die medisyne omgesien het. (Schalk is die GP wat Liesel met Godsliefde in Intercare behandel het) Nee, reken sy, Schalk het vir my uit die Bybel gelees, gebid, en toe nogal ‘n heel oulike toesprakie gelewer. Vroeër die week was ek by toe hulle haar aandete voer. Sy het diep geslaap net voor die aandete. Na twee happe van die sop en, half deur die slaap, meen sy: “Die sop is baie lekker, maar dis darem seker nie reg om sop vir ontbyt te eet nie.”

Ek wil graag terugkeer tot Liesel se siekte. Die diagnose was ‘n skok. Die felheid van die aanslag het ons onverhoeds gevang. Drie dae na diagnose het Liesel begin om haar sig te verloor en was sy bedgebonde en het nooit weer opgestaan nie. Drome van ‘n 50ste verjaarsdag of ‘n vinnige besoek aan Stilbaai het nooit gerealiseer nie. Maar dit was 101 dae wat ons nie anders sou wou beleef nie. Dit was 101 dae van intense intimiteit met Liesel. Dit was 101 dae van ‘n klomp klein wonderwerke. Vir my as haar man, vir my kinders en natuurlik ook vir haar ouers, Daan en Elna Reitmann. En laastens, wil ek glo, het familieen vriende geseende en selfs heilige oomblikke met Liesel beleef. Mag hierdie tye waar ons iets van die lewe by Liesel beleef het altyd by julle bly.

Liela ek en Ters en Anel sal jou mis:

• Asonssoggensopstaan• Aseklughawetoeryenjynievirmysêomdie

kar se knoppies in te druk en versigtig te ry nie

• Asmamma niemeer vir ons ontbyt in die bedbring nie

• Niedaarisomonsbydieskooltekomhaalnie• Onsdagmetonsdeurpraatnie• Asonsbydiehuisinstapwaarmammasestempel

afgedruk is• Wanneerekbydiehuiskomenjyopgewondewil

weet hoe my werksdag was• Wanneerekvandiegholfbaankomenelkehou

met jou kan deel• WanneeronsinStilbaainadieseekykennadie

branders luister• Wanneerek ‘n leidraadsoekoordiearomavan

die wyn sodat ek dit kan identifiseer• Wanneermysosialeoordeelmyindiesteeklaat

en jy my skeen onder die tafel afskop • Wanneeronsnajouwareomgeeverlang• Wanneeronsnietussennietussenswartenwit

kan onderskei nie• Wanneer ons vertroosting en ‘n sagte drukkie

verlang• Wanneeronsaandiedeernisinjouoëdink• WanneeronsmetJesuspraat• Wanneeronssaansgaanslaap

Bedankings• Allesrondomdiereëlingsvandiegedenkdiens

• FeathersGastehuisvirdieprogramseuitlegen druk

• AletErasmusvirdieuitgoedenalhaarhelpersuit die buurt

• Blomme• Kerse

• MariusBreytenbach• Virdieleidingvandieeersteoomblik• Virdieeindelosegesprekke• Virdiewysheid• Virdievriendskap• Dieboodskapvanmiddag

• IntercareendrSchalkBurger• Liefdevolleversorging• Dat Schalk haar as vollemensmet liggaam,

siel en gees behandel het• Schalkvirjourolsodatjysaammetonstrane

van blydskap kon huil

• Elkeenwat‘nsms,e-pos,brief,blomme,direktegesprekke ingespan het om ons te bemoedig

• Ieder en ‘n elk wat kos en ander eetgoed inoorvloed en styl by die huis aangedra het

• BeideEversdalLaerskoolenStellenbergHoërskoolwat my kinders met sensitiwiteit, ondersteunend en begrip oor die laaste drie maande hanteer het

• Dievrouens/mensewatmykindersrondgeryhet

Page 56: Liesel eBook

50 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

• Die drie vrouens wat saam met Liesel Israeltoe was. Julle het vir my gewys hoe lyk ware vriendskap. Ek het gedog dis net mans wat hulle pelle so liefhet. Ek gaan nie meer oor julle praat nie, anders is daar nog trane.

• My vriende wat saam fietsry, koffie drink,wyndrink, gholfspeel, kreeftrek en saam gehuil het

• Diedriedoktersvirwieekliefgeraakhetomdathulle nie net vir Liesel nie, maar ook vir my gedokter het. Elizna, Heloise en Zebbeth. Ek kan julle nie genoeg bedank nie. Julle het alle grense oorskrei wat dokters waarskynlik gebruik om behoue te bly in die uitoefening van hul beroep. Ure, dae en vakansiedae het in die slag gebly vir hulle en hul families. ‘n Laaste storie: Heloise en die butterfly naald in die port.

• My kollegas en Daniël wat vir my ingestaanhet vir ‘n tyd wat hulle nie geweet hoe die pad vorentoe sou lyk nie. Daniël vir die innnemende en meelewende manier wat jy die pad saam met my gestap het.

• DaanenElnaReitmannenKarinenhaarfamilie.Ek het vir julle dankie gese dat ek julle dogter vir 23 jaar kon leen. Julle ondersteuning was kosbaar, julle ouerliefde onbesproke. Ek sou die laaste oomblikke saam met Liesel met niemand anders

wou deel nie. Karin, jy sal verstaan as ek sê ek gee jou ‘n kompliment gee as ek sê dat Liesel trots op jou sou wees as suster.

Aan my familie…• Marianneekhetgeweetjywasdaar• Cobus en Jemine – dankie vir die kuiers, die

aandra, die daarwees• HaynesenEsmaré–dankievirdiebaieaandena

werk. Dankie vir die eerlikheid, die dringendheid, die empatie, die ware perspektief en die opgradering van my Standerd Sewe Biologie

• WynandenCarina–vandieeerstedagwasjulledaar. Liesel het julle vertrou. Dankie dat jy as broer ook toegelaat het om as dokter betrokke te raak. Dankie vir die Dinsdagnag wat jy saam met Liesel deurgebring het. Ek glo dit was ook vir haar kosbaar.

• Asfamilieenvriendehetjullemylasgedra.

My kinders Anel en Ters• Jullewasdapper• Jullehetjullemammasehartbaieblygemaakin

die laaste drie maande van haar lewe• Dankiedatjullehierdiedriemaandegegroeihet

en mamma met die begrip van ‘n volwassene hanteer het.

Page 57: Liesel eBook

Jy is siek.

Die impak daarvan isfel,

ontnugterend.

Die realiteit daarvan splinter aan my hart,elke keer opnuut.

Toe ek jou weer Saterdag daar sien lê:klein,naar,seer,

het die hartseer uit my uitgeloop.Druppel vir druppel oorgeloop.

Gelyktydig het die medikasie ingedruppelom lafenis te bring van die aakligheid.

Jou siekte is ‘n skroef wat my binneste vasdraai en verknoop.Saterdag het die skroef nog n knars gedraai,stywer gestrengel aan ‘n benouende hoop.

“Sy genade is vir jou genoeg”Ons enigste hoop.

Sondag het jou oë geblink.Die nag het die pendel laat swaai na nuwe hoop:

pynloos,naarloos,

egter nog nie vreesloos…

Jou hartskamer het ek gaan afstof.Ek het alles uitgeklop en opgepof,

die vensters oopgemaak vir vars lug, ‘n vars blom gaan pluk.

Die son se strale het hulself ingenooi,in reënboog kleure van bo gestroom:

warm,voedend,strelend,genesend.

Daagliks twee keerword jou blom vervang,

wanneer ek pleit voor God om jou ontwil vir:krag,

geloof,genoeg vir een dag…nag.

Hy is getrou.Daaraan hou ons vas.

Tot ons weer gaan stap langs Stilbaai se strand

– Mette Warnich –

Page 58: Liesel eBook
Page 59: Liesel eBook

Boodskappe aan familie

Page 60: Liesel eBook
Page 61: Liesel eBook

5516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 62: Liesel eBook

56 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 63: Liesel eBook

5716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 64: Liesel eBook

58 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 65: Liesel eBook

5916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 66: Liesel eBook

60 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 67: Liesel eBook

6116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 68: Liesel eBook

62 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 69: Liesel eBook

6316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 70: Liesel eBook

64 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 71: Liesel eBook

6516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 72: Liesel eBook

66 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 73: Liesel eBook

6716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 74: Liesel eBook

68 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 75: Liesel eBook

6916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 76: Liesel eBook

70 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 77: Liesel eBook

7116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 78: Liesel eBook

72 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 79: Liesel eBook

7316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 80: Liesel eBook

74 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 81: Liesel eBook

7516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 82: Liesel eBook

76 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 83: Liesel eBook

7716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 84: Liesel eBook

78 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 85: Liesel eBook

7916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 86: Liesel eBook

80 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 87: Liesel eBook

8116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 88: Liesel eBook

82 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 89: Liesel eBook

8316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 90: Liesel eBook

84 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 91: Liesel eBook

8516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 92: Liesel eBook

86 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Page 93: Liesel eBook

E-posse aan familie

Page 94: Liesel eBook
Page 95: Liesel eBook

8916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent: 2010-11-09 23:08

Liewe Alla en Liezel

Ek sukkel al ‘n paar maande met my slaappatrone. Noem dit mannepouse of wat ookal, maar dit gee my baie tyd om te dink oor dinge. En dit is veral Liezel en jou waaraan ek deesdae so baie, baie dink. En ek verbeel my ek ken vir Ters en vir Anel asof hulle voor my grootgeword het. Dan voel ek vlugtig skuldig omdat ek so stads geword het dat ons binne ‘n uur van mekaar af bly, maar net sowel in verskillende woude op verskil-lende vastelande kon gebly het.

Ek troos my egter daaraan dat ons die DNA van vriendskap deel. Die wat tussen my en jou uit die Offisiers-menasie in Bloemfontein ontstaan het, en die tussen my en Liesel wat sy oorsprong in ons vroee studentejare toe sy jou so stewig kom pootjie het. Die DNA van vriendskap is wel baie anders as die bloed-DNA wat deur mens se familie se are loop. Baie word van laasgenoemde gemaak en dit hoort so. Ons is minstens biologiese wesens wat ons kom en gaan oor die generasies meet in die vorm van gedeelde genetika. Maar dis juis die kontras hiermee wat vriendskap se ‘diep wortels’ (soos jy dit beskryf) so besonders maak. Vriende kies me-kaar. Dit proses is nie neutraal nie. Dit is ook nie eensydig nie. Dit kom van weerskante af. Dit is besonders en dit is wat saak maak as dinge jou na die donkerste hoeke van menswees vat.

EkwilgraagdatLiezelweetdatsyjou–‘nreedsdierbarevriend–voltooihetsoosdieclichévan‘nskilderwat die laaste laag olieverf meesterlik op sy kanvas uitkwas. In meer oorspronklike taal sou mens dit kon beskryf as die kuif wat sy jou gegee het wat ek (en baie ander) nooit die voorreg gehad het om te sien nie.

Dis in hierdie tyd van julle diepe stryd met Liezel se gesondheid wat ek nie kan begin om die soms magtelose gevoel te ervaar wat julle huidige normaliteit moes geword het nie. Aan die een kant wil mens nie skietgee in enige opsig nie. En dit hoort so. Liezel word gedra deur sovele van julle wye vriendekring se gebede. En selfs wyer. Ekself het nog ‘n ma wat pal op haar kniee is vir julle. En gooi hierby nog drie van my broers, een daar doer in die verre noordweste van Skotland. Ook sy kniee is bevrore vir julle op die Skotse sneeu gebid. My eie bid is jare lank al flou. Maar vir Liezel slaan ek my oe weer op na boontoe. Daar is nerens anders waarvandaan die hulp sal kom wat ons nou voor soek nie.

Met baie liefde vir julle beideMornéduPlessis

Sent: 02 January 2011 00:53

Hallo Alwyn

Ek het jou e-pos aan ons nou al oor en oor gelees en dan bid ek vir alles wat jy so mooi uitgelig het…dan het ek nie woorde om te antwoord nie. Elke dag as ons so lekker bymekaar is as gesin, dink ons aan julle en my hart breek as ek aan Liesel dink…ek kan nog steeds nie gloooo sy is so siek nie!!! So skilelik!!! Ek kry jou en die kinders en almal om haar soooo ontsettend jammer, wens ek het geweet wat om te doen om alles net weer reg en nuut te maak…ek sal aanhou bid en glo, die Here is mos Almagtig.

Sent: 1 Jan 2011

So, vandag is dit Nuwe Jaar en ons het vandag jou e-pos gekry, ek het dit nou-net gelees en ek tjank…ek het sooo gehoop en gebid julle sal by Stilbaai kon uitkom en nou is Liesel weer in die hospitaal! So jammer om dittehoor,maardisduidelikdiebestevirhaarenjulleasgesin…STERKTE!

Ek wil vir julle sterkte en genade vir 2011 toewens…mag julle die nodige Krag en Moed ontvang vir elke minuut van elke dag…mag julle Vrede en Kalmte ervaar…mag die Here julle al vier seën en almal rondom en naby Liesel en aan julle Sy vrede gee.

Page 96: Liesel eBook

90 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Ag, my e-pos is lomp, maar ek hoop jy weet ons is besorg oor julle en bid elke dag vir die Here se genade. Voorspoed en BESTE wense aan die kinders vir die nuwe skooljaar wat seker darem nog nie afgeskop het nie…

Rustigenag.

LiefdegroeteAdriendieander3Raath

Sent: 17 January 2011 23:54 Ons dink ongelooflik baie aan julle in hierdie baie moeilike tyd. Dit is tye soos hierdie wat ‘n mens net daar moet wees vir mekaar en wat mens eintlik nie weet wat om te se nie. Ek bid dat jy more innerlike krag sal kry om finaal afskeid te neem, ek kan nie eers vir my indink waardeur jy en jou familie moet gaan nie. Julle is elke oomblik in ons gedagtes. Ek wag nou vir die meringues om uit te droog, sukkel my vrek die goed bly klam, Liesel sou lekker gelag het, want sy was goed met dit-nou wat ek dit spesiaal vir haar wil maak nou bly die goed klam. Seasdaarietsiswatek/onskandoen-ekhetgedinkeksalgraagmyhulpwouaanbiedomiemandbyjouhuis op te lei om te kook, skree net ek doen dit met liefde. Ek dink jy het ‘n ongelooflike vrou gehad, ons kon almal so baie by haar leer, sy het so onvoorwaardelik gegee, nooit lelik van enige iemand gepraat nie en was so plat op die aarde. Dit is seker waarom die liewe Vader haar gekies het. Ek sal haar geselsies soggens wanneer sy hier by my verby gestap het baie mis. Ek sal die liefde wat ek en sy vir kos gedeel het ook baie mis, sy was immers die een wat my aangemoedig het om kookklasse te gee, my laaste klas het ek aan haar opgedra, omdat sy daar was en daarvoor gevra het en my eerste klas hierdie jaar gaan ek ook aan haar opdra. Jy kon nie vir beter gevra het nie-sien more. Ek het gisteraand ‘n ou skoolfoto van ons op facebook gekry, weet nie of jy dit het nie-sal later vir jou stuur, sal eers een van my experts moet inkry-mos tegnologies gestrem. Baie sterkte en liefdeAlet(en natuurlik Merwie, hy slaap al)

Page 97: Liesel eBook

9116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent: 17 January 2011 06:14 PM

Alwyn

Ons is baie jammer om te hoor dat Lisel die stryd verloor het. Ons dink baie aan jou en die kinders in die tyd en bid vir vertroosting.

My swaer, vennoot en beste vriend is 2009 ook ewe skielik op 44 oorlede na ‘n beroerte. Dit het my baie diep getref en baie laat dink oor hoe die goed nou eintlik werk - wie is verantwoordelik vir wat? Klinkklare antwoordekonekniekryniemaardithetmyuitgebringby‘nGodsbeeldvan‘nVader/kindverhouding,netbaiemeervolmaakenkragtigerasonsaardseouer/kindverhouding,maartogookin‘nomgewingwaardieVader nie altyd alles tegnies beheer nie (met respek gesê, net soos ons aardse pa’s ook nie die omgewing van onskinders100%tegnieskanbeheernie).DatdiéVaderegteraltyddaarisomvertroostingtebied(sooswat‘n goeie aardse sal pa doen) en om ons op die geestelike vlak te ondersteun – dit is verseker.

Baie sterkte. Jul is in ons gedagtes.

DanieCillié

Sent: 17 January 2011 08:08 AM

Alwyn, ek wil net namens myself, Carin, Wentzel en Caro ons innige meegevoel uitspreek. Baie sterkte aan jou, Anel, Ters en die familie in hierdie moeilike tyd.Soos met my eerste e pos n paar maande gelede, kan ek maar net weereens bevestig dat ek nie die insig, kennis en alwysheid het om te probeer verstaan, verklaar en vertroos hoekom sulke hartseer dinge met vre-deliewende mense soos julle gebeur nie, mag julle vertroosting en berusting vind.Groete

Erik van Zyl

Page 98: Liesel eBook

92 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent: 18 January 2011 08:53

As ek my lewensmaat moes verloor…

In die Karoo van my enkel lewe was jy my vygiebos mooi,was jy my veldlelie tussen my droë siel, uitgeruk, my fynbos, verskroei en kwyn my vonkel-tein, gebreek my siel, gepyn my smart.

Net gister het jou lag my getroos, net gister het jou handMy gerus, eensame strale omvou my smart en staan- ek- man-alleen, so verskriklik alleen, hou myHand smeek ek jou, my lelieblom, my vygiebos.

My lief, my hart, my siel is broos, gehawend in hierdieKoue- dorre- aarde, my verlange, my smartroep, my lief,Dis dor- en- leeg, sonder jou stilpraat, jou vonkellag, ek mis jou, alreeds, dis net gister, of eergister… het jou lelie geblom.

Wag, my lief, ek sien twee spruite, uit die dorre,Aarde beur, ook seergekry, gevoed deur jouMoed, my lief, gee my hoop, gee my jou laaste lag, twee lelliespruite mooi, kleur, my enigste troos.

RikusSwanepoel

Sent:Wed2011/01/1912:03PM More Oom Daan en Tannie Elna

Gister spesifiek was vir my ‘n besonderse ervaring en uiteraard het dit gepaard gegaan met geweldige hart-seer veral vir julle wat baie nader aan Liesel was as wat ons ooit kon wees, maar ten spyte hiervan het die getuienis van die liefde van Jesus en sy alomteenwoordigheid (en ook in Liesel se lewe) bo alles so sterk uitgestaan. Ek glo persoonlik nie dat hierdie tiepe goed nie met enige spesifieke doel as sulks gebeur nie en daar is eenvoudig net nie antwoorde vir ales nie – dis maar hoe die lewe lyk en ons het nie beheer daaroor nie. Wat ons wel oor beheer het is hoe ons op hierdie gebeurtenisse reageer en dis juis dit in julle as ouers, Alwyn en die kinders (en ook die ander mense wat by die versorging betrokke was) se hantering hiervan wat ongelooflike getuinisse geskep het. Dit was vir ons ‘n voorreg om deel te wees Liesel en julle lewens en veral oor die laaste 3 maande.

Groete vir eers.

Willie du Plessis

Sent:Thu2011/01/2009:02AM

Liesel was my vriendin oor baie jare; ons het reeds op skoolkampe mekaar leer ken en toevallig dieselfde kursus gevolg op Stellenbosch. Saam het ons baie klasse bygewoon en haar Sampie langvrae was baie handig

Page 99: Liesel eBook

9316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

met menige eksamen. Sy was ‘n vertroueling met wie ek enigiets kon deel; sy moes menig maal my tipiese studente liefdesteleurstellings aanhoor en dan het sy wyse raad gegee.

Oor die jare het ons kontak gehou op ‘n manier, en gelukkig was ons deel van dieselfde vriendekring die laaste paar jaar. Mette en sy het ook bevriend geword en dit was wonderlik om te sien in watter formidabele vrou Liesel ontwikkel het. Die grasie en nederigheid waarmee sy haar bevoorregte lewe hanteer het was vir my ongelooflik; sy was maar nog net die Liesel wat ek leer ken het as jongmens wat almal met respek hanteer. Ters en Anel is mos ‘n wonderlike getuienis van Alwyn en Liesel se voorbeeld en die verhouding tussen hulle as ouers. Ons huis gebruik Ters en Anel se verhouding met mekaar gereeld as voorbeeld oor hoe ‘n broer en suster se verhouding moet wees. Ons het wonderlike herinneringe van Liesel en wat ‘n voorreg is dit nie vir ons almal dat ons haar as deel van onslewenskonhenie.Onskandankbaarweesvirso‘nkind/suster/eggenoot/ma/vriendinwatonslewensverryk het, maar die verlange is erg. Ek bid julle toe die vertroosting van ons Hemelse Vader en mag Hy julle harte heel maak. GroeteJohann Warnich

Sent:Thu2011/01/2009:56AM

Liewe Alwyn, Ters en Anel

Eerstens Alwyn wil ons vir jou baie dankie se vir al die getroue epos boodskappe wat ons die afgelope 3 maande ontvang het. Dankie dat jy ons deel gemaak het van jou en jou gesin se lewe. Ons glo dat dit nie altyd maklik vir jou was om oor Liesel se siekte te praat nie en veral die laaste paar weke toe jy kon sien dat sy besig was om te verswak. Die afgelope 3 maande was ons so deel van jou familie deur die epos boodskap-pies dit het vir ons partymaal gevoel ons staan saam met jou langs Liesel se bed. Ons was so dankbaar daar-voor aangesien ons so ver van jou en die kinders af is. Gelukkig het ons geweet dat jy ‘n ongelooflik onder-steunings stelsels het in die Kaap. Ons wil egter vir jou se dat al ons vriende aan hierdie kant vir jou en jou gesin gebid het. Die dag toe ons hulle meedeel dat Liesel oorlede is was hulle opreg hartseer saam met ons. Alwyn ek glo dat die afgelope tyd vir jou en die kinders nie maklik was nie, maar ons weet dat met die Here se hulp julle deur hierdie moeilike tyd sal kom. Ons bid dat die Here julle sal onderskraag en die krag sal gee.

Baie liefde en groete

Frank, Hanlie, Frankie en Hendrik

Sent:Thu2011/01/2012:43PM

Beste Alwyn en gesinMy gebed is dat God deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle gesin die krag sal gee om in-nerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en vêr en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan en mag julle vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe... (Ef.3:16-20a).

Ek wil julle gesin seën met Numeri 6:24-26Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!

Page 100: Liesel eBook

94 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Alwyn hierdie gedeelte gee ek vir jou om saam met jou te neem op die res van jou lewens pad Job 22::21-30:Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef en so sal jy voorspoed hê. Laat Hy jou leer en neem Sy woorde ter harte. As jy terugkom na die Almagtige toe, sal jy herstel word. As jy die kwaad vêr van jou woon-plek af hou, jou goud as nikswerd beskou, die goud uit Ofir as so min werd as ‘n klip in die spruit, sal die Almagtige jou goud wees, jou skat aan silwer. Dan sal jy jou in die Almagtige verlustig en jou weer tot God wend. Jy sal tot Hom bid en Hy sal jou gebed verhoor, die beloftes wat jy gemaak het, sal jy nakom. Wat jy besluit, sal uitgevoer word, dit sal voorspoedig gaan met jou.Wanneer mense val en jy vra dat hulle opgetel word, sal God hulle, die ootmoediges, red. Hy sal die skuldiges laat vrykom en hulle sal vrykom deur jou onskuld.

Groete en vredeAnnarie

Sent: Thu2011/01/2012:56PM

Alwyn

‘n Mens het van die diens af gery met ‘n stukkie vrede in jou hart. Dit was so goed om te hoor van Liesel se mooi lewe en boodskap aan ons. Die foto op die projektor en die stukkie wat sy geskryf het, asook die foto’s in die gedenkkaartjie sê so baie van julle liefde vir mekaar, en dat julle as gesin baie saam gedoen het en so gelukkig was.Soos ek nou die dag vir jou gesê het, jy het ‘n goeie vrou gehad, maar jy was ook goed vir haar en sou enigiets vir haar gedoen het.

As dit enigsins moontlik is, kan jy dalk die stukkie wat Liesel geskryf het, aan my mail – ek wil dit graag vir Dawid in Centurion stuur, want hy en sy vrou het elke oggend 05:00 vir Liesel gebid die laaste paar maande. Dit sal vir hom iets besonders wees om te sien wat Liesel geskryf het.

Weereens dankie dat jy vir ons troos – jy het so mooi gepraat en jou kinders ook so braaf. ‘n Mens verstaan nou hoekom Liesel haar nie oor julle bekommer nie.

Dankie vir jou vriendskap. Ons praat weer.

GroeteBees

Sent: Thu2011/01/2008:10PM

Hier is my boodskap aan Alwyn, Ters en Anel Liesel was ‘n ongelooflike, warm, vriendelike,omgee en nederige mens. Ek sal altyd onthou hoe sy my as nuwe Eversdal Mamma langs die rugby en krieketvelde laat tuis voel het en sommer van dag een wat ek haar ontmoet het net begin gesels het. Sy was ‘n raakvatter en dit was heerlik om saam met haar aan krieket en rugbytoere se fondsinsamelings te werk. Sy was ook altyd bereid om ‘n “lift” vir Andreas na en van krieketwedstryde te gee en dit was nooit vir haar moeite nie. Telling van krieketwedstryde is menige keer via sms heen en weer gestuur en Liesel was altyd waar moontlik daar om haar kinders te ondersteun. Alwyn, Ters en Anel - my hart gaan uit na julle in hierdie bitterlike hartseer tyd. Irma

Page 101: Liesel eBook

9516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Fri2011/01/2110:40AM

Ek mis jou op Maandae en Donderdae by die hoek van die kerk.Ons 2 met ons stok-ou sweetpakke, tekkies, jou bandana om jou ore warm te hou(!), ons verslaapte hare, dik oë….., maar lekker baie stories om te vertel, nateluister,lekkertelag,onskoppeteskudoordiekinderswatalweerdit-of-datgedoenhet,diéeenwatnie leer nie, daardie een wat vol fiemies is, “Het jy vanoggend in die Burger gesien?”, ‘n nice boek om te lees, fliek om te gaan kyk, en die staan onder die boom daar by Karin Snoepie se huis en chat-chat-chat tot ons op die sypaadjie moet gaan sit, ons neuse begin loop van die koue, tot ons begin nies, en altyd-altyd die totsiens-groet :”Dankie vir die stap en gesels. Dis lekker!”Ja, voorwaar ALTYD lekker!Ek bewonder jou! Soos Helaine sê: “Daai vrou is amazing!”

Ek sal haar altyd mis! Sy was ‘n wonderlike vriendin!Met baie liefdeKarin Venter (stapmaat)

Sent:Fri2011/01/2105:32PM

Ek en Liesel was 9 jaar lank vriendinne. Sy het elke jaar my verjaarsdag bygewoon behalwe verlede jaar toe sy reeds siek was. Veral op laerskool het ons twee altyd die kriekettoer na Knyna help reël en borge probeer kry. Waldo en Ters het gereeld bymekaar oorgeslaap. Waldo het eenkeer na ‘n oorslaap teruggekom en my opgewonde vertel dat tannie Liesel self sushi maak en dat dit lekkerder is as ‘n restaurant s’n. (Sushi is Waldo se gunsteling gereg). Hy het my dae aaneen gesmeek om vir Liesel te vra om vir my ‘n paar sushi-klasse te gee.

In 2009 is my broer skielik dood in ‘n mototongeluk. Dit was ‘n groot skok en ‘n baie hartseer verhaal wat baie tragies was. By die begrafnis moes ek my hartverskeurende ouers ondersteun, (o.a. my pa wat ook kanker het) maar dit was Liesel wat my kom ondersteun het. Sy het nie eens my broer geken nie. So ook is kos is vir ons aangedra voor die bergrafnis. Dit is hoe ek Liesel geken het, ‘n groot hart om altyd te gee, nie materialisme nie maar liefde, omgee en opregtheid.

BelindavanRensburg

Sent:Fri2011/01/2108:56PM

Always you always told me how your family prayed for my little boy James, just as you prayed for him we prayed for Leisel. We will continue to pray for you and your family over this very difficult time. I have sent you a couple of bottles of the wine we drank together the last time we went out together with Leisel, please enjoytheminhermemory.RememberthereisalwaysaplacetostaywithusinLondonwewouldlovetosee you.

Keep strong and keep your faith.

Brian, Jacqui, (James), Kate and Matthew Thomas

Page 102: Liesel eBook

96 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Sun2011/01/2304:28PM

Liesel se familie Ek hoop en bid dat julle troos en berusting van ons Liewe Vader sal ontvang. Koester die mooi “memories” wat julle van Liezel het. Ek weet daar is baie en dat dit baie kosbaar is. Seen en voorspoed vir die pad vorentoe. Sterkte! Vriendelike groeteMilda Brits

Sent:Sun2011/01/2306:27PM

Ek skryf aan julle uit ‘n sopnat Pretoria, Sondag aand 23 Januarie 2011

• Lieselsemooiglimlagisteenmymuuragtermyrekenaar,ekkannognietelankdaarvoorkyksonderdat die trane oor my wange loop nie..

• Ekensyhet‘nbaielangvriendskapgedeel,eksalditviraltydkoester!• Julle2kindersissóbevoorregomdievastefondamenttehêwatjullewelhet,ekweetdatdiewit-en

swart mens wie julle ma was, julle gaan help om vir die res van julle lewens baie vinnig en baie sterk uit die blokke uit te kom, watter voorreg om dit in jou menswees ingebou te hê!

• Eksalelkedagvirjullegesin,OupaDaan,OumaElna,tannieKarinenviralmalbidwatnahaarverlang,datdie seer minder sal word. En dat julle Jesus se liefde en troos sal beleef op ‘n tasbare en praktiese manier.

• Onsenekissekerjulleook,verstaanniksvandatsysovroegvanonsalmalmoesweggeneemwordnie,ek weet dat ek in hierdie dae baie hard daaraan moet werk om te glo soos ’n kind, en dat ons nou net ten dele verstaan, eendag sal ons wel alles verstaan.

• Haargedenkdienswasbaiespesiaal,ditwasgoedomdaarintekondeel,BAIEdankievir julleal3seenorme bydrae om dit so onvergeetlik te maak.

• Liesel,onsmisjou…

Onthou dat ons Duppies maar eintlik soos familie is, en dat ons hier is vir julle, enige tyd van die dag of nag..julle is vir ons baie spesiaal

Willie, Phyllis, Migael en Marykexxxx

Sent: Sun2011/01/2309:50PM

Beste Alwyn, Ters en Anel

Oor die afgelope klompie maande het ons elke dag aan julle en Liesel gedink. Veral die afgelope vakansie op Stilbaai was “anders” sonder ons bure.

Noudat Liesel weg is dink ons steeds elke dag aan julle en bid ons vir jou, Ters en Anel dat julle berusting en vrede sal vind en ook vir krag om elke dag se uitdagings sonder Liesel in jul lewe te kan aanpak.

Baie Liefde,

Konrad,Marinda,LeonenAdéle.

Page 103: Liesel eBook

9716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Mon2011/01/2401:32AM

Liewe Alwyn, Ters en Anel

Ek wil eintlik nou daar by julle wees…glad nie op ‘n rekenaar sit en tik om my(ons) meegevoel aan julle te betuig nie. Ek wil julle vasdruk teen my, julle pyn uitgrou, mense oorbou, berge en die see herstruktureer. Emosies beheer en “deep heat” insmeer…ek is sooo jammer dat ou Liesel weg is en ja, ek weet, hoe troos dit nou vir julle? Weet net ons dink sonder ophou aan julle en bid julle krag, innerlike sterkte en die vrede van God toe in die baie moeilike dae, weke, maande en jare wat kom…sy sal in herhinneringe altyd bly leef, was wonderlik om haar te ken.Ons sal BAIE aan julle dink Dinsdag met die begrafnis…sal julle bel as alles agter die rug is…wens ons was daar, maar in die gees sal ons beslis daar wees.

Met innige simpatie, diepe meegevoel en baie liefdegroeteJan Louis, Adri en Tom

Sent:Mon2011/01/2408:35PM

Mens hoor gereeld in die nuus van Nobelprys wenners of activiste wat die lewens van ander mense raak op ‘n globale of nasionale vlak, hoe hulle deur hulle dade mense se lewens beter maak. Mens hoor ook van ge-meenskappe wat saamstaan en ‘n verskil maak binne en rondom hulle gemeenskappe.

Ons is in die gelukkige posisie om so ‘n verhaal te sien afspeel, Liesel het die vermoee (en ek gebruik huidige tyd doelbewus) om mense saam te bring en almal van ons “beter” mense te maak. Mens hoef net te sien wat die afgelope 3 maande gebeur het met ons almal, min mense is in so ‘n bevoorregte posisie om die impak te sien wat een mens kan he op ‘n woonbuurt en ‘n gemeenskap, soos wat ons ervaar het.

Bo-op dit alles het sy twee merkwaardige kinders wat testament is van haar en Alwyn se liefde en toegewydheid.

Ons kan nie anders as om jou te mis nie.

Paul, Melanie en kinders.

Page 104: Liesel eBook

98 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Mon2011/01/2405:12PM

I know God will not give me anything I can’t handleI just wish He didn’t trust me so much.Mother Teresa Baie jare gelede het ek my ma en my suster in dieselfde jaar aan kanker verloor. Dit was dalk die rede waarom die Van Der Merwe gesin so baie in my gedagtes was gedurende die paar maande van hoop en twyfel wat hulle moes deurworstel. Ek het Liesel nie goed geken nie, het net die Israel-toer meegemaak. Die prentjie van haar wat my die beste bybly, is ‘n heerlike ondeunde een! My wens is dat, soos die tyd aanstap, almal krag sal put uit wonderlike herinneringe en op ‘n dag sal vind dat hule weer uit die maag kan lag. Ansie Burger-Maritz

Sent:Mon2011/01/2401:08PM

Alwyn, Ters en Anel

Dankie dat ons as gesin en familie ook hierdie tyd, met Liesel se siekte, met julle kon deel. Die feit dat julle ons toegelaat het om in die tyd ook nader aan julle te kom, maar ook instrumenteel was om ons ook nader aan die liewe Heer te bring, is ons diep dankbaar voor. Die manier waarop julle vir Liesel versorg het en julle las gedra het, sal ons ewig by bly. Haar menswees van nie kla nie, maar die omgee en versorging van ander se behoeftes tot op haar laaste, bly vir ons `n voorbeeld en iets wat `n blywende invloed sal hê. Julle gelowige uitkyk op alles en gebalanseerde deel van die seer op die swaarste tye is vir ons ook `n voorbeeld.

Ons saam kuiers by Stilbaai is kosbare herrinneringe, maar iets wat ons definitief nog meer sal doen in die toekoms. Mag julle die nabyheid van die Heer, veral in hierdie tye, regtig ervaar.

Gawie & Susan

Sent:Mon2011/01/2411:35AM

Beste Alwyn Vanaf Universiteit af het die kaarte vir jou gewoonlik reg geval, danksy genade van Bo en baie harde werk en ‘n baie goeie verstand en talent en miskien meer ... Dit was ‘n oulike ouerhuis en broers en suster en ‘n BComm, Sauerbeker kaptein, ‘n oulike meisie, Old Mutual en SPI en groot beleggings suksesse en gewoonlik die regte mark vooruitskattings (vanaf 2006 was jou Ekonomiese analise en aandele keuses perfek in die kol !!!) Dan het jy nog altyd ‘n baie goeie vriendekring gehad. As ek aan jou dink kom liefde ( 1 Kor 13 ) enstandvastigheid ( Gal 5 ) by my op. Wat sedert Oktober gebeur het was iets heel anders - om ‘n jong goeie vrou te verloor en enkelouer vir jong spruite te wees is iets waardeur ek nog nie is nie (wel my moeder op 84 oor drie maande ook so verloor) - (my vader is op 82 skielik oorlede) Alwyn-staansterkenvertrouONSSKEPPER-geeelkemoontlikeuurvirjoutweespruite.Togweetekjysalweersuksesvolwees.ALLEEERAANONSSKEPPER Vriendelike groeteSimon F Streicher

Page 105: Liesel eBook

9916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Mon2011/01/2410:10AM

Beste Alwyn, Ters en Anel

Liesel se heengaan bly onwerklik voel. Ons is saam met julle dankbaar dat Liesel as Ma en Vrou soveel fan-tastiese herinneringe nalaat en dat sy tog soveel impak op haar man, kinders en gemeenskap kon gehad het. Dit is inderdaad wonderlike genade!Vir die tye wat voorlê bid ons julle al die krag toe wat julle sal nodig kry, en dat julle sal vashou aan die great nalatenskap wat Liesel agterlaat!

LiefdeJakobus, Tillie en kinders

Sent:Mon2011/01/2410:03AM

Liewe Alwyn en Familie

Mens ploeter behoorlik rond in die soeke na woorde om te prober gebruik om julle te vertroos – en jy kom maar net nie uit die moeras nie!

Wat ek wel as buitestander kon opmerk, deur die 101 dae asook jul woorde by die gedenkdiens vir Liesel, was dat die intensiteit van julle pyn direk verband hou met die kwaliteit van die herinneringe wat julle koester. Hieruit kan darem ‘n mate van vertrosing gerasionaliseer word, want ondervinding leer dat die pyn sal ver-vaag, maar die herinneringe sal bly. Probeer deur hierdie moeilike tyd anker aan die wete dat daar vir Liesel net ‘n sekere tyd in hierdie tydelike bestemming beskore was, ‘n gegewe waaraan julle nooit iets sou kon verander nie, maar dat julle maksimaal in daardie tyd kon deel.

Baie sterkte!Frederick & Tanya White

Sent:Mon2011/01/2408:19AM

Liewe Alwyn, Ters en Anel

Romeine8:18Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. Ons bid dat julle vertroosting sal kry van Ons Vader om die pad wat vir julle uitgelê is, verder te stap. Ons koester alle herinneringe - Liesel was ‘n kosbare vriendin.

LiefdeNico,Yolanda,IlonéenElandrí

Sent:Mon2011/01/2407:48AM

Ons gaan die samiritaan van Dawnslot mis. Geen projek was vir Liesel te groot om te reel of om by betrokke te wees nie, hulp was ook altyd daar en haar vriendelike glimlaggie en geselsies het ons dag opgebeur.

Page 106: Liesel eBook

100 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Mon2011/01/2411:31AM

Dear Alwyn, Ters, Anel

“God looked around His garden and found an empty space; He looked down upon the Earth and saw a smil-ing face; He put His arms around Liesel and lifted her to rest; His garden must be beautiful, as He takes only the best.” I hope in the days, weeks and months ahead you find peace knowing that Liesel is now once again in perfect shape, free from any suffering. May the good memories you have carry you through these very trying times.

LoveRyanOosthuizen&family

Sent:Mon2011/01/2411:30AM

Liefste Liezel,

Dit voel soos gister toe ons “Ever Babes” mammas saam by Grey Kollege gelag en gesels het. Ons sal jou mis langs die sportveld, en oral waar ons doenig is met die kinders . Jou plekkie is leeg. Mis jou.

Christine Oosthuizen

Sent:Mon2011/01/2410:18AM

Hallo Alwyn Alwyn ek is so hartseer saam met julle. Die vrou is die hart van die huis.....en dit moet so moeilik voel om te kan aangaan. Maar ons Hemelse Vader sal vir julle krag en genade gee. Alhoewel al die lyding en swaarkry en siektes deel is van ons gebroke wereld, is die finale vertrek na ons Hemelse tuiste altyd perfek en volmaak in ons Vader se Hande. Alwyn, ek weet so kort na jou seerkry het jy nie woorde nodig nie, ek dink jy en jou kinders verlang net na empatie in ‘n omhelsing. En alhoewel ek en Eileen so graag ons meegevoel meer tasbaar en direk sou wou oordra , hoop ek tog hierdie briefie kan vir jou vertroosting gee. Dalk weet jy nie Alwyn, maar my seun ,Wilhelm , was een van ‘n tweeling en sy tweelingboetie is slegs ‘n paar ure na hul geboorte oorlede. En ek het nooit geweet ‘n babatjie kan so deel van jou raak binne ure nie. Dit was ook baie moelik om te verwerk en veral vir Eileen was dit amper onmoontlik om te verwerk. ‘n Paar weke na sy dood het ons Hemelse Vader dit ( deur die brief - nog slakkepos- van ‘n vriend) egter vir ons so ongelooflik helder duidelik gemaak dat ons hom nie permanent verloor het nie. In die Hemel wanneer ons weer as gesin saam sal wees.....sal ons ons seuntjie terugkry en hom daar onder volmaakte toestande kan grootmaak. Alwyn , jy en jou kinders sal eendag vir Liesel terugkry. Waar sy nou is , is daar geen pyn en siekte nie.....sy is volmaak gelukkig. En sy weet van julle....sy wil hê julle moet ook gelukkig wees....julle is dit aan haar verskuldig om voort te gaan om die lewe te geniet wat ons Vader vir ons hier op aarde gee. Alwyn , natuurlik sal hierdie seerkry tyd neem om te genees , maar wees verseker vir ons almal wat aan Jesus Christus behoort le daar ‘n ongelooflike toekoms voor. Alwyn ek het altyd ‘n groot rustigheid ervaar wanneer ek vir Liesel gebid het. En dit het altyd vir my die wete gegee Liesel is veilig in haar Hemelse Vader seHande.EnekisooksoblyRethaMcPhersonkonvirhaarbidvirnoggroterrustigheidinhaargees.Lie-sel se taak is voltooi , alhoewel ons in ons menslikheid dit nie verstaan of miskien nie saamstem nie, maar ons het nog ‘n taak om te verrig. Waarvan ‘n belangrike deel is om bloot gelukkige kinders van ons Vader te wees.Alwyn baie seën en sterkte vir jou en jou gesin en familie.

Julle bly in ons gebede.Ludwig en Eileen Menne

Page 107: Liesel eBook

10116 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Alwyn, Ters en Anel – ons bid en weet dat Hy wat op sy tyd geneem het ook die nodige vertroosting op sy tyd sal gee.

Attie, Anne-Marie, Jean-Mari en Mujeanne Butler

Sent: Mon2011/01/2407:36AM

“It takes time, patience and strength for the million parts of one person to say goodbye to the million parts ofanother”ElizabethKübler-Ross.

Laat weet as jy hulp nodig het.

Groete

Louis van Niekerk

Sent:Mon2011/01/2410:09PM

Hi Alwyn,

Net ter inleiding! Om hierdie tipe afstande per fiets af te lê is om die minste te sê vir my onverantwoordelik en tipies van julle “loosies” en “backs”. Ons voorrye en slotte het hard genoed gewerk in ons gewone take, dat ons nie nog tyd en energie gehad het vir die “flair” op die “punte” nie! As jy weer “Louw se Bos” toe wil gaan, sê net, dan ry ons met die ou “Landy”; dan neem ons sommer ‘n rooster, iets mouterig en ‘n paar chops saam!

Ai ou mater! Ons beleef elke stuk pyn en elke stuk hoop saam met jou in hierdie skrywes. Ek kan maar net sê ons dink aan julle en bid vir julle!

Groete!

James Turner

Hi Alwyn,

Jy weet, ek kan nie help om, wanneer ek jou e-posse lees net weereens tot die besef te kom dat ons onder-maanse wesens dikwels min, maar meeste van die tye, niks van die liewe Heer se werkinge verstaan nie.

Terwyl ek nou ook die 50-barrier gebreek het, en dienooreenkomstig nou makliker vog deur my oë as my blaas “dispose”, vind ek jou hantering van hierdie situasie ongelooflik opbouend vir myself. Die manier hoe jyhierdiekrisisinjou/jullelewehanteerisvirmy‘nwonderlikebewysvanhoedieHeerjoupynenseerkry,in ons mense se oë waarskynlik onnodig of onregverdig, gebruik om vir ons ander om jou te wys wat omgee en aanvaarding beteken!

Page 108: Liesel eBook

102 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Terwylekoneindigempatie/simpatiemet jousituasiehet,bewonderek jouongelooflikevermoëomjougevoelens, emosies en responses te verbaliseer sonder om versukkeld te klink! Jy en jou hantering van die situasie is vir my ‘n inspirasie!

Ek sal jou baie graag een oggend vir ‘n ontbyt wil neem op ‘n geleentheid wat jou pas! Laat weet maar!

Sterkte ou maat! Ons bid vir julle!

James Turner

Sent: Tue2011/01/2502:59PM

Dear Alwyn – your fortitude over the past sadly small number of months has been a heartbreaking inspira-tion, wishing you, Tertius and Anel every strength in the long quiet times ahead. I read this recently and thought of you all –

“I am standing on the seashore. A ship spreads her white sails to the morning breeze and starts for the ocean. I stand watching her until she fades on the horizon and someone at my side says, “She is gone”.

Gone where? The loss of sight is in me, not her. Just at the moment when someone says, “She is gone”, there are others who are watching her come. Other voices take up the jubilant shout, “She has arrived!”

And that is dying.” Henry Scott Holland

Many thanksKate Fordyce

Sent: Tue2011/01/2503:47PM

Alwyn , Ters en Anel

Ons is saam met julle seer oor Liesel se heengaan, en bid dat julle in die dae, weke en maande wat voorlê gedra sal word deur God se krag, genade en liefde.

Die mens, sy lewensduur is soos die van gras,soos die van ‘n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek is vir altyd leeg. Maar onvergangklik is die liefde van die Here vir die wat Hom dien.(Ps 103:15-17)

• “Asiemandvirjullevra:Waarom…..?Moetjulleantwoord:DieHerehethaarnodig.”(Lukas19:31)

En as julle voel julle kan en weet nie hoe verder, lees Ps 121: My hulp kom van die Here.

Coenie, Elna Johan en Stephan

Page 109: Liesel eBook

10316 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent: Wednesday, January 26, 2011 5:37

Ek het Liesel leer ken nadat ek en Johann getroud is. Haar manier om alle mense dieselfde te hanteer, ewe belangrik te laat voel en opreg belang te stel in hulle as mens was vir my haar uitstaande eienskap. Sy het persone se menswaardigheid te alle tye gekoester en gerespekteer. Ek het die voorreg gehad om baie vriend-invlakke met haar te kon deel. Sy was my Bybelstudie vriendin, kuiervriendin, stapvriendin by tye, my kind se maatjie-se-ma vriendin en toervriendin. Dit was Liesel wat my saamgenooi het Israel toe en Johann na kerk in die teetuin aangesê het dat sy baie sterk voel dat ek ook moet saamgaan. Dit was ‘n lewensverander-ende ervaring insigself. Ek sal een spesifieke insident altyd koester: Duan is op 28 weke gebore. Twee jaar van my lewe is daaraan gewy om hom letterlik aan die gang te kry. Na 16 maande se fisioterapie het ons hom aan die loop gehad en toe val hy van ‘n trappie af. Hy wou nie loop nie en ek moes ry om Ghea op te tel by Madri se skooltjie. Op die sypaadjie het al die spanning te veel geword en Liesel het gevra wat’s fout. Ek het deur my trane vinnig verduidelik.Syhetnieveelgesênie.‘nRukkielaterhetmydeurklokkiegeluienLieselhetdaargestaanmethaar eie ingangsportaal se blomme. Sy het gesê sy dink ek het dit meer nodig as sy. Ek gaan my vriendin grensloos mis. Aan oom Daan en tannie Elna: Dankie vir die mooi mens wat julle help vorm het. Ek is oortuig daarvan dat die eindproduk presies was wat God in gedagte gehad het toe Hy haar geskape het.Alwyn, Tertius en Anel, dankie vir die blydskap wat julle haar gebring het. Julle was altyd, soos julle weet, die middelpunt waarom haar beplanning gedraai het. Ek sluit graag af met iets wat ek geskryf het in hierdie tyd. Woorde bly maar min.

Druppels

Druppels trane Druppels hoop

Druppels chemo Druppels hoop

Druppels liefde Druppels hoop

Druppels geloof Druppels hoop

Druppels genade Druppels hoop

Druppels alles Druppels dood

Mette

Page 110: Liesel eBook

104 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Tue2011/01/2507:14PM

Myboodskapisnetdatekversekerweet,mééraswatSANLAMkanverseker,Jesushouhullestyfinsyhanden niks of niemand sal hulle uit Sy hand ruk nie. (I give them real and eternal life. They are protected from the Destroyer for good. No one can steal them from out of my hand. (Joh 10:28)Ditisversekeringwatnieafhanklikisvangeldmarktenie!

GroeteCharlie

Sent:Wed2011/01/2608:27AM

Alwyn , Anel en Ters

As ‘n skool verstaan ons kinders.Dis ons wese.Ons verstaan ook kinders se harte.Ons verstaan ook kinders se ouers se harte.

So het ons julle verstaan …

Ons wil maar net deel -dat julle altyd julle harte kan kom deelwant ons sal verstaanso lank ons en julle bestaan.

Sterkte aan Anel en Ters – en aan Alwyn.

Heinie BrandLAERSKOOLEVERSDAL

Sent:Tue2011/01/2511:08PM

Liesel se siekte was en is steeds vir my so onwerklik, so ook haar dood. Ons was in ‘n vroeer tyd van ons jong getroude lewe so deel van mekaar en het so baie saam gedoen en gedeel.Ek beskou my as bevoorreg om haar as vriendin te kon he.Die tyd wat ek by julle gebly het nadat Kobus al Montagu toe getrek het,sal ek altyd koester as baie spesiaal.Sy was die een met wie ek kon gesels oor ons eerste baba wat toe op pad was.Ek sal ons bybelstudiedae nooit vergeet nie. Dis net jammer ons het die laaste paar jaar so min van mekaar gesien, maar dit het weer ander mense die geleentheid gegee om deur Liesel se lewe “aangeraak” te word.Julle almal as gesin en familie het iets baie kosbaars verloor, maar deur Liesel se siekte en lyding en veral die manier waaroop sy dit gedra het, is so baie ander mense se lewens geraak. Ek en Kobus (wat mos maar nie baie praat nie!) het so baie oor ons prioriteite in ons lewe gepraat en ek het hom ook verskeie kere hoor deel met ons vriende hoe dit hom en ons raak en laat dink en besin. Van hier af le ‘n moeilike pad vir julle as gesin veral, maar ook die hele familie voor.Ek onthou hoe die mat onder my uitgeruk is toe my ma sterf toe ek al 32 was, wat nou van 2 sulke jong kinders. ’n Ma bepaal in so baie opsigte die atmosfeer en die ritme van ‘n huis en behalwe vir die feit dat die persoon vir wie julle so ontsettend lief is, nie meer daar is nie, is dit prakties so moeilik sonder haar! Ek wil he dat julle moet weet dat ons onderneem om elke dag vir julle te bid. Ons treur ook baie oor Liesel en gaan baie dinge van haar mis, maar ons kan nie weet of voel hoe julle voel nie. Ons is

Page 111: Liesel eBook

10516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

prakties te ver om julle by te staan, maar ek sal nie ophou bid vir julle nie. As ons mekaar weer sien wil ek gesels,lag en huil oor die mooi herhinneringe wat ons van Liesel het en haar so onthou en eer!!

Baie sterkte,liefde Louise

Sent: Wed2011/01/2611:16AM

Liesel Ons was nie oor- en-weer kuier-vriende voor jy siek geraak het nie, maar wat ‘n voorreg om deel te kon word van jou en jou familie die laaste 101 dae. Jy het die laaste hoofstuk van jou lewe so oneindig dapper geskryf - dankie dat jy my toegelaat het om deel te wees daarvan. Jy het nooit gekla nie - selfs al moes ek 2x op een dag bloed trek - en dit nie deur die portnaald nie! Maak nie saak watter tyd van die dag of nag ek by jou was nie, jou minsaamheid sal my altyd bybly. Ten spyte van jou eie sleg voel, het jy my altyd bedank en gesê ek moet nou lekker verder gaan slaap of my dag geniet. Toe Pottie die dag voor kersfees siek geraak het by sy huis, was jy selfs meer bekommerd oor hom as oor jou eie siektetoestand. Jy het my aan so baie van jou spesiale vriendinne voorgestel - dankie Liesel, ons sal jou almal baie mis. Ek gun jou, jou gesonde lyfie, en dit op Jesus se skoot. Kyk uit vir ons - ons sien uit daarna om jou weer te sien. Elizna Alwyn, Ters, Anel, Karin, oom Daan en tannie Elna. Ek staan maar net in verwondering oor die manier hoe julle my in julle huis en lewens verwelkom en hanteer het, sedert Liesel siek geword het. Ek hou sommer heeltemal op werk en doen net dit wat regtig saak maak. Dit was regtig ‘n oneindige voorreg om saam met julle hierdie laaste hoofstuk in Liesel se lewe te kon skryf. Dit kon nie vir enige een van julle maklik gewees het nie, maar julle optimisme, samewerking, bereidwilligheid om te help, geduld, liefde en nog vele meer, met Liesel en ons ander om julle, het my takies soveel meer betekenis gegee. Julle is almal in my gebede en ek glo die Liewe Vader troos julle nie net nie, maar vou julle ook toe in ‘n genade kombersie. Sterkte vir die pad vorentoe. Liefde Elizna

Page 112: Liesel eBook

106 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Wed2011/01/2607:08PM

Beste Alwyn

As ek reg onthou was my eerste teks aan julle Paulus se woorde in 2 Kor 4: 7 tot 9. Oor die 101 dae het Liesel se siekte en jou e-mails vir my en ek glo baie ander nie net laat nadink oor ‘n klomp goed nie, maar ook gewys dat sy hierdie “skat”-storie verstaan het en desondanks haar siekte tot op die einde geleef het.

Mag jy, Ters en Anel getroos word deur die wete dat Liesel daar is waar elke gelowige begeer om te wees.

Julle bly in my gebede.

Danie Claassen

Sent:Wed2011/01/2604:57PM

Liewe Alwyn, Ters en Anel

Daar is geen woorde wat hierdie tyd makliker sal maak of regtig sal kan saamvat oor wat ons voel nie. Maar ons het ’n vriendskap van meer as 20 jaar om te koester saam met die hartseer. Ons wil graag die goeie tye saam met julle onthou...

Wynproe in Alsace –Ters wat heerlik rustig deur almal in sy waentjie gestoot word en Anel wat groei in mamma se maag; die vier van die nuwe millenium; vele saamkuiers om die braaivleisvuur; lekker lag in die sneeu; verjaarsdag partytjies en ’n vinnige koppie tee in Tygervallei.

Toe sy bel om die nuus te vertel was daar geen klagte of selfbejammering nie. Dis die Liesel wat ons geken het. Sy het haar nie opgehou met skinderpraatjies of tierlantyntjies nie. Ons is dankbaar dat ons in die 101 daë van haar siekte nog steeds by haar kon leer.

Meghann se kinder gebedjie een aand bly ons nog steeds by.’Liewe Jesus maak asseblief vir tannie Liesel gesond...(lang stilte), maar ons sal verstaan as Jy haar as ’n en-geltjie wil gebruik.

Ons gaan haar mis, maar nooit vergeet nie.

Baie liefde

Hjalmar, Sonya en Meghann

‘I am fading flower quickly fading, here today and gone tomorrow. A wave tossed in the ocean, a vapor in the wind. Still you hear me when I’m calling. Lord you catch me when I’m falling, and told me who I am. I am Yours! I am Yours! Who shall I fear? Who shall I fear? Cause I am Your’s, I am Your’s!- ‘Casting Crows’

Sent: Wed2011/01/2609:16PM

Aan Alwyn, Ters en Anel, Hoe verander mens se hele lewe net sommer so??Dis vir my net so reg om julle 4 altyd bymekaar te sien, of dit nou is as laaste gesin om by die Gesinsdiens in te wals tot reg voor, of in die Wildtuin, by Malelane-hek, nadat julle die wonderlikste luiperd met kleintjies gesien het, en ons groen van jaloersgeid, maar baie opgewonde vir jul part. Nou’s julle net 3, wat ons kan

Page 113: Liesel eBook

10716 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

sien, maar julle sal maar altyd voltallig wees, want jul wonderlike ma en vrou sal altyd in julle voortleef!Liesel het met haar sagmoedige manier van doen, onmerkbaar binne-in ons harte geklim, so vang ek my elke keer as ek opdraai in Loerelei haar soek, waar sy ry om een van julle te gaan haal of aflaai. Of by die skool, kerk of Tygervallei vir ‘n vinnige opvang van hoe dit gaan in Dawnslot. Wat onthou ek van Liesel:1. Haar lag het altyd haar hele gesig, maar veral haar oë laat straal.2. Sy was altyd daar as ons moes werk by die skool of kerk, wat altyd baie meer gedoen het, sonder ‘n groot ophef.3. Waar Liesel in ‘n gesprek was, was daar altyd gelag en geskerts.4. Ters, Anel en Alwyn is altyd eerste in haar gedagtes.5. Liesel was ‘n voorbeeld van ‘n mens wat weet waarheen sy oppad was, en was regtig gelukkig. Ons almal se lewens is merkbaar aangeraak deur Liesel se heeltemal te vroeë afsterwe. Ek is oortuig daarvan dat Liesel, in haar kort lewe baie meer mense positief aangeraak het, as wat ander mens in ‘n volle leeftyd regkry. Liesel sal altyd in ons harte ‘n baie spesiale plekkie hê, en soveel te meer ook julle !!!! Baie liefdeKaren, Nickey en seuns

Sent: Thu2011/01/2709:23AM

Baie dankie vir die wonderlike herrineringe wat ons van jou het die lekker saam kuiers. Ek word gereeld daaraan herriner deur my screen savers wat wys van ons tye saam. Dit was ‘n voorreg om jou vriend genoem te word (al het jy nie op skool gedink ons sou vriende word nie).

Ek sal jou nooit vergeet nie.Stilbaai en hele paar ander plekke sal anders wees van nou af. Ek sal probeer om ou Allie op die regte pad te hou, moenie worry nie.

Theunis

Sent: Thu2011/01/2702:04PM

Liewe Liesel Die oggend van 6 Oktober 2010 kry ek die volgende sms van jou: Jy was vir ‘n ‘scan’ waarna ons sou gaan koffie drink.

“Hi, di voorlopige diagnose is kankerwat al versprei het. Ek is opgeneemsodat hulle toetse kan doen om te

besluit watse kanker en watsebehandeling. Weet ni wat om vir di

kinders te sê ni. Dink asb aan ons. L”

‘n Tsunami het my getref! Ek het hospitaal toe gejaag en eers toe ek jou sien in die groen jurk, het ek besef dis waar: jy is siek al lyk jy blakend gesond.Anders as julle wat nie gevra het “hoekom” nie en eerder op “hoe” gekonsentreer het, het ek gewroeg met die “hoekoms”.

Page 114: Liesel eBook

108 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

“Hoekom” jy wat so baie doen vir die gemeenskap - baie meer as die meeste van ons.“Hoekom” ‘n ma van jong kinders - ‘n ma wat leef vir haar kinders en hulle bo alles eerste stel.“Hoekom” julle wat gelukkig getroud is; terwyl daar so baie huwelike is waar mense bymekaar verby leef. Dit is amper 4 maande later en ek sit vanoggend en dink terug aan die afgelope 16 jaar. Ek het jou in 1994 ontmoet by een van die Ou Mutual funksies. Johan en Alwyn was kollegas en ons en julle was van die min afrikaanssprekendes uit die noordelike voorstede! Mettertyd het ‘n wonderlike vriendskap ontwikkel wat deur die jare net hegter geraak het:Ek en jy saam in die Bybelstudiegroep by Hildegarde: Ek weet jy het baie na aan God geleef en Hom geken in alles wat jy doen. Jy het jou Christenskap uitgeleef: nooit in al die jare wat ek jou geken het, het jy een keer iets slegs van iemand gesê nie; nooit geoordeel nie - wat ‘n getuigskrif!In die leeskring was jy nooit uitgesproke nie, maar kon ‘n uitmuntende boekbespreking doen as jy moet.Bootcamp: Ai, ons het saam begin, maar ek kon dit nie volhou nie!Etes by julle: ALTYD een of ander nuwe resep, die lekkerste wyne en baie lag!Vakansies: Frankryk - onvergeetlike herinneringe. Israel 2009 met jou as kamermaat; n kosbare herinnering wat ek altyd sal koester.As vrou vir Alwyn: watter maatstaf was jy nie! Sonder om ooit te kla het jy Alwyn toegelaat het om hoë hoogtes in sy beroep te bereik. Hy kon lang ure werk en baie van die huis af weg wees en dan was dit fine met jou as hy oor naweke fietsry en gholf speel. As ma vir Ters en Anel: Jy’t so baie virmygesédisvirjoulekkerom‘net‘nhuisvrou’ te wees. Mens kon maar ver-geet om jou in die middae by iets te be-trek, want dan het jy ‘jou kinders gery’. Saans rondom 8nm het Alwyn net gesê Liesel sit die kinders in die bed en sal later terugskakel. Jou siekte het my uitkyk op die lewe vir altyd verander. Ek het opnuut besef dat niemand van ons weet wat more vir ons inhou nie. Dat ons elke dag en elke oomblik moet gebruik om ‘n verskil te maak. Dat ons nie moet stilstaan by dinge wat nie waarde het nie. Dat ons vriendskappe moet koester. Dankie vir die verskil wat jy in my lewe gemaak het. Dankie vir jou onvoorwaardelike vr-iendskap; Dankie vir die voorbeeld wat jy vir al-mal om jou gestel het. Ek sal die “hello mevrou” oproepe mis. “Many people will walk in and out of your life, but only true friends will leave footprints in your heart” Ek mis jou al klaar. LiefdeHelaine

Page 115: Liesel eBook

10916 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Sent:Thu2011/01/2702:28PM

Beste Alwyn, Ters & AnelOns is sprakeloos gelaat deur die felheid van die siekte wat Liesel se lewe geneem het. Dit dreig om alles anders wat mens van haar wil onthou te oorskadu.Maar mettertyd hoop ek sal ons almal verby die skok van haar dood kyk na die vreugde van haar lewe, en sal al haar uitnemende kwaliteite op die voorgrond tree.Ons sal Liesel nooit vergeet nie, en nou is sy vir ewig vasgevang in die delikate seep borrel van ons herin-neringe. Sy het dit alles feil gehad vir die wat naaste aan haar was, met oneindige liefde vir hulle. Dit kan nie uitgewis word nie.

Ters en Anel, julle ma gaan nog steeds ‘n reuse rol speel in julle lewens, want sy bly elke dag in julle gedagtes. Dit is hoe dit hoort. Onthou dat die pragtige beeld wat julle van haar het, gedeel word deur soveel ander mense wie se pad sy gekruis het. Sy leef voort in hulle herinneringe ook.Terwyl daar dus ‘n yslike letsel gelaat is, koester elkeen van ons die merk wat sy gelaat het.Sy is op ‘n manier deel van elkeen van ons en sal dit wees vir altyd.Haar hand rus elke dag op julle elkeen se skouers. Sy bly by julle. Julle bly altyd haar man, en haar kinders. Sy gaan aanhou om julle lewens te vorm. As julle bewus voel van haar teenwoordigheid, en hartseer is, is dit omdat sy onlosmaaklik deel is van julle elkeen se lewe. Daarop kan julle oneindig trots wees.Mag ons Hemelse Vader julle omvou met Sy liefde.Ons deel in julle smart.Met beste wense,

George & Liesel van Niekerk

Sent: 28 January 2011 08:21

Môre Alwyn,

MetdieleesvanhierdiequotevanJohnRuskinhetekaanjouenLieselgedink

“What we think ,or what we know,or what we believe in, is in the end of little consequence.The only thing of consequence is what we do.”

Ruskinhetditnettendelereggehad.Soosjyverledeweekgesêhet,LIESELhetditreggehad,wantveelmeeras die ‘doen’, het dit vir haar oor die ‘HOE’ gegaan. Ek sal dit onthou.

Groete,Piet Beyers

Sent:Fri2011/01/2811:14PM

Liesel , ‘n no-nonsense, omgee-vriendin- sy was reguit en eerlik met soveel liefde en deernis. Sy’t altyd belang-gestel het in my doen en late, selfs toe sy so bitter siek was. Ek is so bevoorreg om haar vriendin te kon wees, dat ons saam kon lag en vir mekaar kon bid. Haar baklei teen haar siekte was’n inspirasie en voorbeeld vir my en om saam met haar te kuier het soveel meer vir my beteken as wat ek ooit vir haar kon doen. Ek is so dankbaar dat ons paaie gekruis het en hou vas aan baie mooi herinneringe.

Liefde Seugnet

Page 116: Liesel eBook

Sent: 31 January 2011 08:14

Beste Alwyn Ek het toe nie nou die dag kans gekry om weer met jou oor Liesel te praat nie so laat my toe om dit langs hierdie weg te doen. Ek dink die laaste tyd baie terug aan die dae toe ons saam by Mutual gewerk het: kort nadat ek in die person-eelafdeling begin het moes ons hele span deur ‘n “Social Styles” program gaan. Jy ken seker die storie van die “Driver”,”Expressive”,”Amiable” en “Analytical”. Die ou wat die kursus aangebied het laat ons toe almal om ‘n tafel sit en deel ons in volgens ons style sodat soort by soort gesit het. Liesel het saam met my, Willie Duppie en ek dink Bennie Pienaar die “amiable” groepie gevorm. (As ek myself hier in die rede mag val is dit nogal interessant dat ons klomp boertjies van agter die boereworsgordyn deur ons kollegas almal as sodanig beoordeel is). In elke geval is daar gereken dat as jy ‘n “amiable” was dan was jy maar ‘n “mr Nice Guy” sonder ‘n vrees-like rugraat waaroor mense kwansuis maklik sou kon loop. En dis op hierdie punt dat Liesel twee kwaliteite bymekaar kon uitbring waarvoor ek haar altyd sal onthou: te midde daarvan dat sy met almal innemend kon wees, het sy baie duidelike grense gehad en as jy gedink het sy’s ‘n “walkover” het jy ‘n yslike fout gemaak. Jy het in jou huldeblyk gese sy was ‘n swart en wit mens. Ek dink ek verstaan wat jy daarmee bedoel het. Haar waardestelsel was bo verdenking. Dan was daar die keer toe dit my beurt was om ons klomp wat deel was van die “liftclub” te vervoer. Ons vier boertjies (altans ek dink dit was ons 4 reeds hierbo genoem) was die oggend N1 langs oppad Mutual toe en ek wou by die Goodwood afrit sommer kortpad op die geel streep vat om vinniger in Vanguard rylaan af te glip. In daardie dae was die spietkops nog op jou “case” as jy sulke goed gedoen het en so was dit dan ook daardie betrokke dag. Toe ek weer sien beduie die man met die snor ek moet stop! Jy kan dink hoe voel jy voor jou pelle as jy so naam weggooi. In elke geval, ek klim toe uit en gee my besonderhede sodat die ou die boete kon uitskryf. Toe ek na die petalje weer in die kar klim om verder te ry hoor ek vir Liesel iets se soos : “Haai, Jurie, ek is beindruk met hoe kalm jy die situasie hanteer het”. (Ek kan nie meer haar presiese woorde onthou nie maar dit was die strekking). En dit was Liesel: sy het geweet ek het soos ‘n pop gevoel en sy die sensitiwiteit gehad om salf aan die gekwetsde ego te smeer! Ek sal dit nooit vergeet nie. JaAlwynekkandinkjyenjoukindersmoethaargeweldigmis.Ditklinkmiskiensoos‘nclichémaarhoekanek dit anders se? Daar was net een soos sy en Liesel laat ‘n leemte in die lewens van almal vir wie sy op een of ander manier met haar menswees geraak het. Ek dink baie aan jou, Ters en Anel. Ek dink ook aan die storie wat jy vertel het oor Ters se gebed en die antwoord wat hy gekry het opgrond waarvan hy vas geglo het dat Liesel gesond sou word. In die lig daarvan wil ek met jou deel wat ek in my eie stiltetyd beleef het: in die tyd van Liesel se siekte was ek besig met ‘n boek getitel “Believing God” deur Beth Moore. Op die 12 de Oktober het ek ‘n nota oor Liesel gemaak op bladsy 58 in daardie gids. Die opskrif op daardie bladsy is “Wonders never cease”. Ek het gedink dat dit nie toeval was dat ek ‘n dag of wat nadat ek gehoor het van Liesel se siekte uitgekom het juis by hierdie bladsy nie. Ek meen, daar is 218 ander bladsye waarop ek kon land – so wat is die kanse?? En dit is wat ek bedoel het toe ek jou nou die middag by Liesel se diens gese het ons het almal gebid vir ‘n wonderwerk. Daardie wonderwerk het nie gebeur nie. So wat nou? Ek is seker Ters vra ook daardie vraag. En dalk jy en Anel ook. Die antwoord? Niemand het dit nie maar ek wil hierdie stuk uit die gids met jou deel : ”Pour out your heart to God over someone you love who could use a miracle of healing.Tell God the desires of your heart and ask Him how He would have you pray. Ask Him for the faith to believe that He is God; that He can do what He says he can do ; and that if He does not grant the requested miracle, He will grant a greater one.” (“Believing God”, p.62). Ek bid dat jy, Ters en Anel ‘n groter wonderwerk sal ervaar as die een waarvoor julle almal gevra het! Baie sterkte, Jurie

Page 117: Liesel eBook

Boodskappe van Karin & Danie

Page 118: Liesel eBook

Liewe Liela

Vandat ek kan onthou was jy daar, vandat ek my oë oopgemaak het, was jy my sussie. Ons het saam wakker geword en saam in dieselfde kamer gaan slaap. Ons het saam gelag, saam op vakansies gegaan en saam in dieselfde huis by dieselfde ma en pa grootgeword. Jy weet presies hoe ek aanmekaar gesit is en wat my fondasies is.

Ek kannie glo jy is weg nie, ek kannie glo ek gaan nie meer ‘n sussie hê om mee herinneringe op te roep as ons eendag oud is nie. Om saam oor ons kinderdae te lag, wie gaan ma se rooi pantoffels onthou? En wie gaan presies weet hoe Uvongo se toasted cheese broodjies op die strand proe en ons Wildtuin vakansies en ma wat ons caramel steel? En die donderstorms waar ons saam in die gang moet wegkruip. En pa se lang sidies. Hoe ons krullers in Oupsie se kop gesit het en betaal is om sy voete te kielie. Die wonderlike geskenke wat Oumsie van oorsee gebring het. Ons wonderlike speeltye met al ons niggies en nefies. Danie se vliegtuig, go-cart en huise wat hy vir ons gebou het. Ek kan forever herinneringe oproep, en ek kan my stories vir almal vertel, maar net ons weet hoe dit gevoel het.

Jy’s die eerste een wat ek kon bel as ek worrie as ek nie vir ma-hul in die hande kry nie, of as ek wonder wat ons Kersfeesplanne is, of as my kinders ‘n taak het en ek soek inligting by jou biblioteek. Wie gaan ooit hierdie leemte vul? Wie gaan eendag saam met my huil as ma en pa dalk siek raak?

Dankie dat ek jou lydingspad saam met jou kon loop. Wat ‘n voorbeeld was jy nie, jy het so swaargekry en nooit eenkeer gekla of ongeduldig geraak nie. Jy het nooit met lang lyste voorskrifte gekom van hoe ons jou kinders of huishouding moes hanteer nie. Jy moes geweet het dat ons dit nooit so goed soos jy kan doen nie, en nooit so mooi na jou kinders sal kan kyk soos net ‘n ma kan nie, maar jy het vertrou dat jou Hemelse Vader ons sal help en jy het dit met vrede in jou hart aanvaar.

Die besonderse woorde wat Alwyn van jou gesê het op die begrafnis, het so baie mense geraak. En ons net weer laat besef wat ‘n besonderse vrou en ma jy was. En wat ek alles sal moet doen, sodat Pea eendag dieselfde van my sal kan sê.

Jy het volpunte behaal op aarde en ek glo dat jy hoofmeisie is in die hemel.

Ek sal jou vir altyd mis

Jou sussie

Page 119: Liesel eBook

Liesel was altyd die rustige en standvaste een. Ons lewens het van 1978 verskillende rigtings ingeskiet, maar ek het altyd geweet sy is ok. Toe sy Alwyn ontmoet het het ek selfs nog meer so gevoel! Die tye wat ons as familie bymekaar gekom het was dit altyd so duidelik dat Liesel ‘n

absolute steunpilaar en rolmodel vir haar kinders en man was. Maar die stukkie van die 101 dae wat ek persoonlik kon beleef sal my altyd bybly.

Daar het ek ervaar hoe diep haar lewe in ‘n volkome geloof in God gewortel was. Dit is die Geloof wat haar deur die moeilikste tye kon dra, en vir haar deurlopend vrede kon gee.Die belangrikste is egter dat sy vir ons as medegelowiges die Blye Boodskap kon bevestig dat ons

vir altyd lewe deur Jesus ons Verlosser! Dankie vir daardie waardevolle geskenk wat jy in ons harte laat voortleef. Ons mis jou maar weet ook

jy is nou meer as ok!

– Danie –

Page 120: Liesel eBook

114 16 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

DankieEk weet ek moet nou baie versigtig wees. Erens tydens Liesel se siekte was ek een spesifieke dag redelik emosioneel en hartseer. Dit het net vir my begin lyk of sy moeg baklei was. Iemand vra toe die vraag hoekom ek dan nou so emosioneel is. Laat my toe dink. Uiteraard ‘n paar redes wat vinnig opkom. Ongelukkig was een van die redes dat ek myself en my kinders jammer kry. Nou kyk, manne wat in die pantserkorps was en ou doop in Huis Marais deurgemaak het behoort mos nie homself of sy kinders jammer te kry nie. Dis hoe-kom ek versigtig moet wees. As ek nou iets oor Liesel skryf neig-neig ek om myself baie jammer te kry. Die uitpak van persoonlike goedjies, ‘n leë kamer waar ‘n hospitaalbed gestaan het, Sondagmiddagete vir drie en die opgewondenheid wat die kinders tuisbring van die skool terwyl hul ma nie kan deel daarin nie is alles dinge wat seerplekke stukkend kan krap.

MaarterugbyLiesel.Diemensesêmosdatiemandaltydbysy/haarbegrafnisgeprysword.MetLieselwasdit anders . Sy was geseënd genoeg dat mense in haar leeftyd saam met haar haar mensheid kon beleef het en haar erkenning daarvoor gegee het. Die 101 dae wat sy ons gespaar was na die aanvanklike diagnose, het dit ook vir baie moontlik gemaak om intieme oomblikke met haar te beleef en die feit dat sy “amazing” was met haar te kon deel. Ek het op my manier probeer sê dat Liesel nie net onthou sal word oor wat sy gedoen hetnie,maareintlikoorhoesyditgedoenhet.‘nVriendstuurhierdieaanhalingvanJohnRuskin:

“What we think, or what we know ,or what we believe in, is in the end of little consequence.The only thing of consequence is what we do.”

Dievriendgaanvoort:“Ruskinhetditnettendelereggehad.Soosjyverledeweekgesêhet,LIESELhetditreg gehad, want veel meer as die ‘doen’, het dit vir haar oor die ‘HOE’ gegaan. Ek sal dit onthou.” As ek en my kinders haar gaan mis as lewensmaat en as ma, sal ons haar nie net mis omdat sy hierdie rolle vervul het nie, maar oor hoe sy ons lewensmaat en ma was.

Genoeg oor ons wat in Dawnslot woon. Ons het baie aan onsself gedink en eintlik nie altyd rondom ons gekyk nie. Wat ek wel ervaar het was ‘n gemeenskap wat diep gedelf het om op allerlei praktiese maniere tot hulp te wees en emosionele ondersteuning gebied het wat dit vir almal van ons moontlik gemaak het om heel anderkant uit te kom. Daar was baie mense wat ek nie altyd kon bedank nie, partykeer omdat ek nie kontaknommers gehad het nie, partykeer omdat ek nie geweet het wie die weldoeners was nie en partykeer omdat daar soms net krisisse was wat my aandag geverg het. Ek wil om verskoning vra as hier van julle is wat die e-pos lees.

Rondomdieroudienshet‘nklompmensehulpaangebiedenfinansiëelbygedrasodatdiekerkbinnetoepas-lik ingerig was en almal op die boere-manier na die diens iets te ete of te drinke kon kry. Weer eens was Nikki, Helaine, skoonsus Karin en Alet nie bang om regtig moeite te doen nie. Ek wil ook graag die volgende mense hartlik bedank vir hul moeite en insette:

• AneenvanFeathersLodgevirdieplattersentafeldoeke.• MarianneduToitvanRustenVredeKoffiewinkelvirdieskenkvanbestanddele.• AnnelieseKolverwatbyBuckStobewerkvirskenkvanbaguettes.• TannieJoey(speelskool)watskuinskoekaangedrahet.• ChristelleBrandwatcupcakesteenkosprysgebakhet.• Anne-marieenKarenwatregteraakvatterswasendonasiesingesamelhet.• Aldiehelpersmetdiemaakvanbroodjies-KarenPalm,ElmariedeVilliers,AnnekeMarais,Michelle,

ReneCarstens,RouveHattingh,AnetteduPlessis,AnnavanNiekerk(syhetomtrentopgewas),Marinavan Schalkwyk( en Lea), Marietjie de Villiers - hul was fantasties.

• Onswyksmensewatdieteegeskinkhet.

Page 121: Liesel eBook

11516 Februarie 1964 – 15 Januarie 2011

Dan wil ek vir almal wat die moeite gedoen het om die gedenkdiens by te woon, hartlik bedank vir die moeite en tyd om saam met ons iets van Liesel se lewe te kom deel. As Liesel se man het ek myself gelukkig geag om nuwe vriende te maak al was dit onder baie moeilike omstandighede. Ek verlang klaar na van die gesprekke wat ons saam Liesel en rondom haar bed gehad het. Ek en my kinders bly steeds in Dawnslot 16. Die huis is nie meer vol nie en daarom is daar altyd plek en tyd vir enigiemand om hier te kom gesig wys en te gesels. As ons soms hartseer raak as ons oor Liesel praat, is dit bloot omdat ons dankbaar is dat ons iets van die hemel saam met haar op aarde kon beleef het.

Alwyn