Laerskool KENRIDGE Primary School...Baie dankie aan ons ouers vir hul ondersteuning gedurende...

12
14 June / Junie 2019 Dear Parents / Geagte Ouers We have come to the end of an exciting term in which our learners have demonstrated their growth mindset, not only in the classroom, but also on the sports field and in the cultural department. Striving and persisting are two words which have been added to the vocabulary of our learners and they have certainly showed us that they can apply these two skills to their everyday lives. Ons is nou aan die einde van ‘n opwindende kwartaal waar die leerders die groei -denkwyse uitgeleef het. Dit het voorgekom in die klaskamer, op die sportveld en op kultuurgebied. Streef en volhard is twee woorde wat by die leerders se woordeskat bygevoeg is. Ons leerders het bewys dat hulle hierdie twee vaardighede in hulle alledaagse lewe kan toepas. During Growth Week, Greg Bertish inspired our learners with his story about, ‘Little People Doing Big Things’. This message further encouraged Kenridge Learners to persist and strive for success. ‘Kenny on location’ and ‘Persist ence Pals’ were other growth activities which created much excitement on the Kenridge Campus. Greg Bertish het gedurende Groeiweek die leerders inspireer met sy verhaal: ‘Little People Doing Big Things’. Hierdie boodskap het die Kenridge-leerders aangemoedig om te volhard en te streef na sukses. ‘Kenny on location’ en ‘Persistence Pals’ (Volhardingsvriende) was ander groei-aktiwiteite wat baie opwinding op die Kenridge-kampus veroorsaak het. Learners were dressed for success during Growth Week for the theme My future self. Leerders het aangetrek vir sukses tydens Groeiweek, volgens die tema: My toekomstige self’. Laerskool KENRIDGE Primary School Van Riebeecklaan / Van Riebeeck Avenue, KENRIDGE, 7550 | Tel: 021 976 3046/7 | Fax/Faks: 021 975 1312 www.kenridgeprimary.co.za Every child Every chance Every day | Elke kind Elke kans Elke dag | Wonke umntwana Lonke ixesha Yonke imihla

Transcript of Laerskool KENRIDGE Primary School...Baie dankie aan ons ouers vir hul ondersteuning gedurende...

14 June / Junie 2019

Dear Parents / Geagte Ouers

We have come to the end of an exciting term in which our

learners have demonstrated their growth mindset, not

only in the classroom, but also on the sports field and in

the cultural department. Striving and persisting are two

words which have been added to the vocabulary of our

learners and they have certainly showed us that they can

apply these two skills to their everyday lives.

Ons is nou aan die einde van ‘n opwindende kwartaal waar die leerders die groei-denkwyse

uitgeleef het. Dit het voorgekom in die klaskamer, op die sportveld en op kultuurgebied.

Streef en volhard is twee woorde wat by die leerders se woordeskat bygevoeg is. Ons

leerders het bewys dat hulle hierdie twee vaardighede in hulle alledaagse lewe kan toepas.

During Growth Week, Greg Bertish inspired our learners with his story about, ‘Little People

Doing Big Things’. This message further encouraged Kenridge Learners to persist and strive

for success. ‘Kenny on location’ and ‘Persistence Pals’ were other growth activities which

created much excitement on the Kenridge Campus.

Greg Bertish het gedurende Groeiweek die leerders inspireer met sy verhaal: ‘Little People

Doing Big Things’. Hierdie boodskap het die Kenridge-leerders aangemoedig om te volhard

en te streef na sukses. ‘Kenny on location’ en ‘Persistence Pals’ (Volhardingsvriende) was

ander groei-aktiwiteite wat baie opwinding op die Kenridge-kampus veroorsaak het.

Learners were dressed for

success during Growth Week for

the theme ‘My future self’.

Leerders het aangetrek vir sukses

tydens Groeiweek, volgens die

tema: ‘My toekomstige self’.

Laerskool KENRIDGE Primary School

Van Riebeecklaan / Van Riebeeck Avenue, KENRIDGE, 7550 | Tel: 021 976 3046/7 | Fax/Faks: 021 975 1312 www.kenridgeprimary.co.za

Every child Every chance Every day | Elke kind Elke kans Elke dag | Wonke umntwana Lonke ixesha Yonke imihla

Every child Every chance Every day | Elke kind Elke kans Elke dag | Wonke umntwana Lonke ixesha Yonke imihla

Below follows a ‘photo’ journey of Term 2 as reported by our Grade Heads:

Hier volg ‘n ‘fotoreis’ van Kwartaal 2 soos deur die Graadhoofde saamgestel is:

The Grade 1 learners had so much fun learning new skills at Rosen Castle Activity Centre.

They went shopping at Checkers, helped animals at the vet and even presented a weather

report on television.

Die Graad 1-leerders het hope pret

gehad en wonderlike nuwe

vaardighede aangeleer tydens die

uitstappie na Rosen Castle

Aktiwiteitsentrum. Hulle het by

Checkers inkopies gedoen, diere by

die veearts gehelp en selfs `n

weerberig op televisie aangebied.

The Grade 1 learners learnt about jelly bean

strategies that help prevent bullying.

Die Graad 1-leerders het deur middel van die ‘jelly

bean-strategie’ geleer hoe om boeliegedrag te

voorkom.

GRADE TWO – GRAAD TWEE:

We enjoyed making bracelets at the jewellery station on

Egyptian day. / Ons het dit geniet om armbande by die

juwelierstasie op Egipte-dag te maak.

We made clay pots and amulets at the pottery station.

Ons het kleipotjies en amulette (geluksteentjies) by

die kleistasie gemaak.

GRADE THREE – GRAAD DRIE:

Grade 3s using all their eco-bricks as chairs for their reading corner.

Die Graad Dries gebruik al hulle eko-bakstene vir stoele in hul leeshoekie.

Grade 3JO (pictured right) made a solar system

chain to help them remember the order of the

planets from the sun.

Graad 3JO (regs) het ‘n sonnestelselketting

gemaak om hulle te help om die volgorde van die

planete vanaf die son te onthou.

GRADE FOUR – GRAAD VIER:

Gr 4s doing Maths revision for the exams

in the new activity centre.

Die Graad 4-leerders doen Wiskunde-

hersiening in die nuwe leersentrum.

Hiking in the veld and learning about the local plants. Staptog in die veld en leer van die

plante van die omgewing.

Talk by Emma from Giraffe House. ‘n Praatjie is deur Emma van Giraffe

House gelewer.

GRADE FIVE – GRAAD VYF:

Maths is fun in Grade 5! In Graad 5, is Wiskunde pret!

Grade 5s made reading fun by making bookmarks.

Die Graad 5-leerders maak lees lekker deur

boekmerkies te maak.

.

GRADE SIX – GRAAD SES:

Grade 6 girls persisting in PE to improve their

fitness levels. You go, girls!

Graad 6-dogters volhard om hul fiksheid in

LO te verbeter. Knap gedaan, dogters!

“If you learn to love challenges, you’ll

always be growing, getting a little

better every day. Until one day, you

can do something incredible!”

“As jy leer om uitdagings te

verwelkom, sal jy altyd groei en elke dag

verbeter totdat jy eendag iets ongeloofliks kan

doen!”

GRADE SEVEN – GRAAD SEWE:

The new Grade 7 jacket was welcomed with great excitement. This was definitely a highlight

of the term. / Die nuwe Graad 7-baadjie het vir groot opwinding gesorg. Dit was beslis ʼn

hoogtepunt van die kwartaal.

Caribbean Day was fun! Karibiese-dag was pret!

WE HAVE HAD AN EXCITING TERM ON THE SPORTS FIELD

ONS HET ‘N OPWINDENDE KWARTAAL OP DIE SPORTVELD GEHAD

Our U/7s played their first league match

against Panorama Primary School. /

Ons O/7’s het hul eerste ligawedstryd teen

Laerskool Panorama gespeel.

Isabella received her WP and Western Cape colours

for chess and will be attending the SA Schools

Individual Closed Championships during the school

holidays.

Isabella het WP- en Wes-Kaapkleure vir skaak

ontvang. Sy sal die SA-skole Individuele Kampioenskap

gedurende die skoolvakansie bywoon.

The U/7 B team getting ready for their epic match.

Die O/7 B-span maak gereed vir hul epiese wedstryd.

Our U/9 - U/12 hockey teams took part in the

Zonal Festival at Table View

Ons O/9- tot O/12-hokkiespanne het aan die

‘Zonal Festival’ by Table View deelgeneem.

The 1st team hockey boys took part in the Somerset

College Tournament, with Kenny cheering them.

Die 1ste-span hokkieseuns het aan die Somerset

College-toernooi deelgeneem. Kenny was ook daar vir

aanmoediging.

Mr Bennett with his very successful

Chiefs Team!

Mnr. Bennett met sy suksesvolle

‘Chief-span’!

Our U/12A netball team competed at the Cape

Town Top Schools’ leg and learnt a lot indeed.

Die O/12A-netbalspan het aan Kaapstad se Top-

skole Kompetisie deelgeneem. Hulle het goeie

ondervinding opgedoen.

Cross Country League Race at

Parow. These are our proud

Kenridge cross-country athletes.

Landloop-ligawedloop by Parow.

Hier is ons trotse Kenridge

landloopatlete.

Ruben van Rooyen and Martelize Brink at

our annual Charity Event. We thank

everyone for their participation. To date,

we have raised approximately

R120 000,00 towards Ruben’s medical

costs. Kenridge truly cares!

Ruben van Rooyen en Martelize Brink by

ons jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid.

Ons bedank almal vir hulle deelname. Ons

het tot dusver omtrent R120 000,00 tot Ruben

se mediese onkostes bygedra. Kenridge gee

waarlik om!

CULTURE – KULTUUR:

Congratulations, young artists! These

learners achieved the highest marks in their

grade at the Stellenbosch Art Competition.

They are Daneel Laubscher, Sven

Gouwsventer and Jaiden Kriek.

Geluk, jong kunstenaars! Hierdie leerders

het die hoogste punte in hulle graad by die

Stellenbosch Kunskompetisie behaal. Die

leerders is: Daneel Laubscher, Sven

Gouwsventer en Jaiden Kriek.

Our music Learners did very well at the Stellenbosch Eisteddfod.

The piano trio received cum laude. They are: Bibi van Zyl,

Kihara Kriel and Liné van Rensburg.

Ons musiekleerleers het baie goed by die Stellenbosch Eisteddfod

gevaar. Die klaviertrio het ‘n cum laude ontvang. Die leerders is:

Bibi van Zyl, Kihara Kriel en Liné van Rensburg.

Soleil Greyling, Talja Chamberlain,

Youkym Kim and Laula-Lee Foye

passed their auditions, allowing

them to participate in the national

SAVMO Hubert van der Spuy

Primary School Music Competition./

Soleil Greyling, Talja Chamberlain, Youkim Kim en Laura-Lee Foye het hul oudisies

geslaag om sodoende te kan deelneem aan die nasionale SAVMO Hubert van der Spuy

Laerskool Musiekkompetisie.

The senior choir received highest honours at the Tygerberg Eisteddfod and Gold at the

ATKV Applous Regional Competition. On 24 July, the choir will be performing in

Bloemfontein at the ATKV Applous Competition. The choir captains are: Tara Randall,

Gabrielle de Faria, Emma Steffan, Eva Retief, Kayla du Preez en Lynette Kock.

Die Seniorkoor het hoogste lof by die Tygerberg Eisteddfod en Goud by die ATKV Applous

se Streekfees behaal. Die koor sal op 24 Julie in Bloemfontein aan die ATKV

Applouskompetisie deelneem. Die koorkapteine is: Tara Randall, Gabrielle de Faria, Emma

Steffan, Eva Retief, Kayla du Preez en Lynette Kock.

Grade 7s performing at Caribbean Day. / Graad 7’s tree by die Karibiese-dag op.

ACADEMICS – AKADEMIE

Our learners have certainly demonstrated their growth mindset and willingness to learn from

their mistakes through perseverance and a ‘never give up’ attitude. Academically, it has

been a term filled with new experiences and skills, as well as many moments where learning

was enjoyed through interesting and fun-filled activities. Egyptian Day, Maths Day, Science

experiments and Afrikaans Days are some of the highlights of the term. We trust that

learners will look forward to the wonderful learning moments which will take place during

Term Three.

Ons leerders het hulle groeidenkwyse en gewilligheid om te leer uit hulle foute bemeester.

Dit het deursettingsvermoë en volharding vereis. Op akademiese gebied was dit ‘n kwartaal

vol nuwe ondervindinge en vaardighede. Daar was ook oomblikke waar leer deur

interessante en pret-aktiwiteite plaasgevind het. Egiptedag, Wiskundedag,

Wetenskapeksperimente en Afrikaansdag was van die hoogtepunte van die kwartaal. Ons

vertrou dat die leerders sal uitsien na die wonderlike leeroomblikke wat in Kwartaal Drie sal

plaasvind.

Youkyum Kim (6SD) will be participating in the International

Mathematics Competition taking place in Durban, in July.

Youkyum Kim (6SD) sal gedurende Julie aan die

Internasionale Wiskundekompetisie in Durban deelneem.

Kassandra Saturnyne (7LT) will be going to Hong Kong to

the Po Leung Kuk Primary Mathematics World Competition

in July.

Kassandra Saturnyne (7LT) sal gedurende Julie aan die Po

Leung Kuk Primêre Wiskunde Wêreldkompetisie in Hong

Kong deelneem.

Marius Burger (7PB) will be going to Vietnam at the end of

November to the International Mathematics and Science

Olympiad. He will be taking part in the Science component of

the competition.

Marius Burger (7PB) sal aan die einde van November na

Viëtnam toe gaan vir die Internasionale Wiskunde en

Wetenskap-olimpiade. Hy sal aan die Wetenskapkomponent

van die kompetisie deelneem.

Our learners are waiting in anticipation for the completion of the playground area on the

Tygerberg Valley Road side of the school. This area should be ready at the start of next

term. The new play area at the After School Centre is already in use and the learners are

thoroughly enjoying their time spent there.

Ons leerders is in afwagting vir die voltooiing van die speelgrondarea wat langs die

Tygerberg-valleipad geleë is. Hierdie area behoort teen die begin van volgende kwartaal

gereed te wees. Die nuwe speelgebied van die Naskoolsentrum is alreeds in gebruik en die

leerders geniet die tyd wat hulle daar spandeer.

Thank you very much to all our parents for their support this term in all spheres of school

life. Your children love to see you in the audience, alongside the field or the court. We

appreciate the input and hard work of our School Governing Body members, as well as our

P.T.A members. We trust that you and your family will have a peaceful holiday. To our staff

– thank you for your commitment and hard work this term. Enjoy your well-deserved holiday.

Baie dankie aan ons ouers vir hul ondersteuning gedurende hierdie kwartaal op alle vlakke

van die skoollewe. U kinders geniet dit om u in die gehoor, langs die veld of baan te sien.

Ons waardeer die opofferinge en harde werk van die lede van ons Skoolbeheerliggaam

asook van ons OOV-lede. Ons vertrou dat u en u gesin ‘n rustige vakansie sal beleef. Aan

ons personeel – dankie vir julle toewyding en harde werk hierdie kwartaal. Geniet ‘n

welverdiende vakansie.

Yours faithfully / Die uwe

S. R. Smith (Mrs/mev.)

PRINCIPAL / SKOOLHOOF