Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough...

16
1 Die Snuffels Uitgawe 4 ,Volume 4 Desember 2019 Dis die tyd van groet en regmaak vir die nuwe. Met die Snuffels- balkie Editor’s note Swem Badmington HSH help ‘n familielid Hoërskool VRL Atletiek Fotoblad Fotoblad HSH Varia Orators Redenaars Across the border Tips on staying healthy Borge-aand Sokkie Onniedag Couple of the year Matric Farewell Laerskool VRL Talja se stuk Tot wedersiens Vanuit die kantoor 12 12 11 11 10 10 12 13 10 9 8 7 7 6 4-5 3 3 2 13 14 14 15 16

Transcript of Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough...

Page 1: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

1

Die Snuffels Uitgawe 4 ,Volume 4 Desember 2019

Dis die tyd van groet en regmaak vir die nuwe.

Met die Snuffels- balkie

Editor’s note

Swem

Badmington

HSH help ‘n familielid

Hoërskool VRL

Atletiek

Fotoblad

Fotoblad

HSH Varia

Orators

Redenaars

Across the border

Tips on staying healthy

Borge-aand

Sokkie

Onniedag

Couple of the year

Matric Farewell

Laerskool VRL

Talja se stuk

Tot wedersiens

Vanuit die kantoor 12

12

11

11

10

10

12

13

10

9

8

7

7

6

4-5

3

3

2

13

14

14

15

16

Page 2: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

2

Redaksie Redaktrise Emily White

Redaktrise Leoné Brand

Ander Lede Andre van der Merwe

Hannah Pfühl

Talja Smit

Hanlie Matthysen

Adrian Opthof

Evert Smit

Julia Swanepoel

Jano Reynolds

Hanno Botha

Kiara Kirsten

Fotograwe Romé Myburgh

Nadine van Dyk

Mnr. Johan van Zyl

Met die Snuffels-balkie...

Dit was ‘n jaar van trots, hartseer, gelukkige tye en ‘n bittersoet einde. Die Snuffels is die swart en wit van

HSH-gebeure. Om hierdie jaar deel daarvan in ‘n beherende posisie te wees het my met bewondering gelaat

vir die vorige redakteurs en redaktrises, maar ook elke joernalis wat vrywillig hul tyd opoffer om daardie eks-

tra myl te loop en briljante stories te skryf. Julle het my sooibrand met tye gegee en die stoom by my ore laat

uitborrel, maar ek spog nou en vir altyd oor my Snuffels-span.

My en Talja se tyd van julle beveel en smeek is verby, maar die nuwe tradisies en maniere van dinge doen

word nou in die Snuffels geïmplimenteer. Sterkte aan Emily en Leoné. Julle gaan floreer en ek het volle ver-

troue dat julle sal verbeter wat ons begin het. Ons is hier as julle ‘n knoppie nodig het liefde help.

“Alles goed kom tot ‘n einde, want iets beters gaan begin.”

-Hannah Pfühl

Page 3: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

3

Om die nuwe redaktrise van Die Snuffels te wees, is vir my 'n ongelooflike groot eer.

'n Groot verantwoordelikheid soos die kan definitief nie alleen aangepak word nie en met 'n asemrowende

span van joernaliste gaan Die Snuffelsredaksie verseker dat Hopefield se neuse in ons koerant bly...

Soos die meeste van ons se rympie aan die begin van elke jaar: nuwe jaar, nuwe ek, moet julle julself gereed

maak vir 'n paar veranderinge in die Snuffels van 2020.

'n Groot verrassing is op pad!

-Emily White

Van my kant af...

Hopefield het onlangs die slegte nuus ontvang dat oom Freddie se been 10cm onder sy knie geamputeer is. ‘n Ouer het 'n backabuddy-veldtog begin om geld in te samel vir oom Freddie. Hiermee gaan ‘n prostese aangekoop word. Ekstra geld sal gebruik word om die skool se bakkie te vervang sodat oom Freddie weer kan rondry. HSH het almal saamgespan en die doel voor oë gehou. Tjoef-tjaf is die geld in-

gesamel en oom Freddie stap trots met sy “nuwe” been rond. Hierdie is ‘n klein

poging om vir oom Freddie te wys hoe dankbaar ons vir sy werk is en hoe trots ons

op sy deursettingsvermoë en karakter is.

Oom Freddie, HSH doen dit enige tyd weer vir Oom!

-Nadine van Dyk

HSH staan saam en help 'n familielid

Page 4: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

4

“Example is Leadership.”

HHS is proud to announce the high school headleaders as follow:

Q&A WITH THE NEW HEADLEADERS

1. In your opinion, what are some essential moral values that a good leader has to have?

A good leader has to set an example and not be afraid to stand up for what is right.

2. Explain how you will apply these throughout the next year to come and also say

where in the past you have applied them. Wysheid begin by dien van die Here. Ek weet ek gaan nie hierdie volgende uitdagende jaar sonder Hom aan my sy kan deurbring nie. “Build a team so strong you don’t know who the leader is.”, hierdie gesegde sê so baie van nederigheid en ek wil graag hÊ dat dit moet wees hoe mense my as ‘Hoofmeisie’ sal onthou.

3. How did you feel when your name was called for this prestigious title? I felt like a huge pile of bricks had been taken off my shoulders, but at the same time I felt the immediate responsibility that had just approached me.

4. How do you feel about the huge responsibilities and challenges awaiting you in

the upcoming year of 2020? Dit maak my baie opgewonde om my eie persoonlike stempel af te kan afdruk in die skool! Alhoewel dit alles nog baie nuut en onseker voel, weet ek, ek het n ongeloofike span saam met my.

Headgirl : Mieke van der Merwe Headboy: Pieter Slabber Deputy headgirl: Courteney Filander Deputy headboy: Andre van der merwe

We are proud of them and the rest of the team and know they will make an amazing team to carry out the HHS traditions, but also bring in their own stamp to make this school as unique as it is. We stand behind you and we trust and believe you will be what this school needs.

Good luck and make us proud!

Page 5: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

5

5. You get those people that say ‘he or she was only picked to be a part of the

‘leerlingraad’ because he/she is popular’, have you ever heard this before? What are your views on these statements? What would you like you say to the people who say this?

Yes I have heard this, but I think that each and every member of the student body deserves their spot in it; each one of them brings something different to the table and contributes something different.

6. What has your experience of being head of the ‘leerlingraad’ been like thus far,

have there been any challenges? Vanaf die prysuitdeling is ek en Pieter sommer in die diepkant ingegooi en moes ons dadelik die verantwoordelikhede van die vorige hoofleiers oorneem. Die grootste uitdaging is om n balans te vind tussen akademie, verantwoordelikhede, sowel as vooruit beplanning vir vol-gende jaar. Sover is dié nuwe avontuur baie opwindend.

7. What are the perks of being part of the ‘leerlingraad’?

Om deel te wees van die VRL bied geleenthede om as mens, te groei in jouself, sowel as op menseverhoudinge. Dit leer jou om noodsaaklike vaardighede, soos bv. tydsbestuur en organiseringsvermoë. VRL-koek op verjaarsdae is ‘n bonus!

- Kiara Kirsten

Page 6: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

6

HSH Varia

“Out with the old and IN with the new”

Koor is een van HSH se fondasies waarop kultuur die afgelope paar jaar sterk gegrond was. Maar, soos die gesegde lui moet alles goed ook tot ‘n einde. As ‘n lid van die skoolkoor vir die afgelope drie jaar trek die afkon-diging so bietjie in my hart: HSH-skoolkoor het vanjaar sy laaste note gesing! Dit was ’n wawiel na ‘n tyd. Die oefeninge was langdradig en het

verskriklik onnodig gevoel. Juffrou Elna se omkoop-koffie en marshmal-

lows het die Vrydag-sessies laat verbyvlieg en die trotse oomblikke om

breë bors te kan sing voor ‘n groep met HSH se teken op my bors. Die

koorhoofstuk is verby, maar ek het n voëltjie hoor fluit daar’s beter

dinge op pad!

HSH het besluit om finaal weg te doen met koor. Ons het besef dat koor te formeel is en dat ons ‘n informele musiek genre in die skool wil gebruik.

Gevolglik gaan die drie kore vervang word met twee variagroepe. Die konsep van varia kom van variasie in musiek en soms dans. Daars ‘n wye ruimte om mee te werk en moderner musiek is ook ‘n opsie.

Daar gaan ‘n hoërskool, graad 8-12, varia wees van omtrent 60 leerders en ook ‘n laerskool-variagroep, graad 4-7, van so 30 leerders. Juffrou Franciska, Meneer Johan enJuffrou Marika hanteer die twee groepe. Die oudisies gaan volgende jaar in Januarie plaasvind.

Die hoërskool gaan op Woensdae, die nuwe kultuur-langdag, oefen. Dit gaan dieselfde tyd as drama plaasvind. Aan die einde van kultuur-langdag gaan daar bus vervoer na Engen 1 Stop en Vredenburg se NG-Kerk wees. Die laerskool-variagroep gaan op Dinsdae en Donderdae oefen terwyl die hoërskool sport het.

Hierdie groepe gaan aan die kultuur konsert in Julie deelneem.Beide groepe gaan ook ingeskryf word vir eisteddfod.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

-Hannah Pfühl en Julia Swanepoel

Page 7: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

7

W inston Churchill once said, “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners put in an immense amount of extra hours all by themselves in order to learn their speeches off by heart, these learners should be given the recognition that they, without a doubt, deserve. It takes a lot of ‘guts’, not only to say a prepared speech in front of an unfamiliar audience, but in front of adjudicators. The following learners participated in the junior high orator competition: Evangeline Mornet (gr.9), Emma Guthrie (gr.9), Caylin Phister (gr.9), Caitlin Gijsbers (gr.9), Kiara Kirsten (gr.9), Hanu Botha (gr.8) and Iané van der Merwe (gr.8). From the Snuffels to you we congratulate each and every one of you and we are proud of you for showing ‘Hopefield Guts’. We are especially proud of the learners who obtained 1

st, 2

nd and 3

rd place in this public

speaking competition, namely: Hanno Botha, who received 1st place, Emma Guthrie, who

received 2nd

place and Caitlin Gijsbers, who received 3rd

place. May each and every one of you go out and be the voices of those too afraid to say what has

to be said.

“This is where your journey starts”

Grade 8 + 9 ORATORS

-Jano Reynolds

Die HAT (Handboek van die AfrikaanseTaal) verklaar die woord “redenaar” as ’n openbare spreker en iemand wat welsprekend is. HSH het oudergewoonte hul jaarlikse kleure-redenaars kompetisie gehou. Elke redenaar moes hul eie onderwerp kies en ’n stuk voordra met die doel om ander van hul standpunt of mening te oortuig. Aiden Daniëls is na afloop van die kompetisie as vanjaar se senior wenner aangewys. Baie geluk aan al die ander leerders wat ook deelgeneem het; dit verg’n groot mate van “guts” om ’n toespraak voor ’n gehoor en beoordelaars te lewer. Spits jou ore en hou die kalender fyn dop vir volgende jaar se redenaars kompetisie.

“All the great speakers were bad speakers at first.” -Leoné Brand

Redenaars 2019

Page 8: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

8

Page 9: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

9

Page 10: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

10

Op julle merke...gereed... BOEFFFFFF!!! Kom die knop op jou maag ook terug? Voel jy ook skuldig as jy 2 weke lank nie geoefen het nie ? Dan moet jy weet... die atletiekseisoen is hier. In kwartaal 4 raak ons net liggies aan atletiek, want almal is nog besig om te herstel na ‘n rowwe hokkie-, netbal- en rugbyseisoen. BUT do not fear the official athletics season is almost here. In kwartaal 1 van 2020 sal ons volstoom voortgaan met atletiek. In hierdie kort tydjie het HSH deelgeneem aan die top 10 atletiekbyeenkoms in Wellington waar baie groot skole deelgeneem het. HSH het dit reggekry om 6 eerste plekke, 9 tweede plekke en 2 derde plekke terug te bring huis toe. Ons is baie trots op ons atlete en sien uit na die nuwe seisoen wat voorle!

-Hanlie Matthysen

(Dit klink soos atletiek…)

HSH moes hierdie kwartaal spartel om met hul besige programme kop bo water te hou, maar ons kan met trots sê ons het ‘n suksesvolle swemseisoen agter die rug. Die swemmers het onder meer aan die Paarl Gimnasium-Ligabyeenkoms, Vredenburg Hoër-skool-gala, Laerskool Dirkie Uys-uitnodigingsgala, die Malmesbury- Ligabyeenkoms en die Porterville- gala deelgeneem en oral baie goed presteer. HSH het altesaam 20 goue-, 19 silwer- en 14 brons medaljes na afloop van al die byeekomste ingepalm . Hierdie uitslae is ‘n bewys daarvan dat ons skool nie net op land presteer nie, maar ook in die water.

-Leone Brand

Swem,HSH,swem!

Meanwhile in the Sport-section...

Badmington started two years ago and has

been a work-in-progress since.We are more

than 60 pupils playing our heart (and breath)

out every Tuesday and Thursday. It is all fun

and games at the moment but from the

beginning of the new sport season there will

be try outs, choosing of the first team who

will be representing the HHS-name and fit-

ness workouts. Badmington is becoming a

strong sport in our sport curriculum and will

be in full sport mode next year this time!

-Hannah Pfühl

Badmington

Page 11: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

11

ACROSS THE BORDER:

Van ‘n plattelandse dorpie na die hoofstrate van Dublin, Ierland; Halberstadt, Duitsland en Amsterdam, Nederland.

Ons kleine skool bied geleenthede wat jy nie sommer in ander skole sal kry nie.Sewe van ons onder 15-rugbyspelers (Danyal Cornelius, David-John Coraizin, Dandre Killian, Ernst Conradie, Ru-ben Cloete, Jaydon Gallant en Anowen de Bruyn) was gedurende die September-vakansie na Ierland nadat hulle by ‘n rugbyfees in George raakgesien en gekies is. Hulle het die strate en velde van Limerick en Dublin platgehardloop en vir seker ‘n paar herinneringe gemaak. Helga van Jaarsveld en Jian Slabber is op ‘n leierskapstoer na die Saschen Anhalt-streek in Duitsland waar hulle verskeie spanbou en leierskaps- aktiwiteite gedoen het. HanchenTredoux is ook in die September-vakansie oor die grense na Nederland waar sy vir ‘n hokkiespan wat op die Ceres-hokkietoer verkies is; gespeel het. Nederland was nog nooit so interessant nie! Hopefield hoop om nog baie kinders sulke geleenthede te gee.

-Evert Smit

TIPS ON STAYING HEALTY AND FIT THIS HOLIDAY

1. Keep moving.

2. Be the man or woman with a plan. And hydrate.

3. Make lists, exercise early and sleep.

4. Expect the unexpected.

5. Be creative and get rid of 'all or nothing' mindsets.

6. Indulge for a night, not a season.

7. Remember it's a single day.

Page 12: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

12

Jy kry ’n borg!! Jy kry ’n borg!! Almal kry ‘n borg!!!

Die borge-aand is definitief een van HSH se spoggeleenthede. Dit is op ‘n plaas buite Hopefield gehou. Daar is ‘n heerlike 3-gangmaaltyd bedien waaraan die mense kon smul terwyl die huidige voorsitter van die beheerliggaam, meneer Johan Coetzee, die gaste kon inlig waarvoor hulle hul beursies kan oopmaak. Mense is ingelig oor projekte vir 2020 waarby hulle betrokke kon raak. Daar is ‘n totale be-drag van R311 000 rand ingesamel waaronder ‘n nuwe skrummasjien geborg is deur verskeie mense om R60 000 op te maak. HSH is baie dankbaar vir die ondersteuning van ouers, besighede en die mense van buite. Sonder hulle sou die leerders van HSH nie in spoggerige klere aan rugby, netbal, hokkie, fietsry en vele meer kon deelneem nie.

-Hanlie Matthysen

HSH-onnies stel nooit teleur nie! Op 18 Oktober 2019 was dit HSH se tradisionele, one and only, onniedag waar pryse gewen en oulike briefies geskryf is. Vanjaar se tema was Around the World. Elkeen het aangetrek soos die mense in ‘n spesifieke area van hul keuse sal aantrek. Die uitrustings wat daaruit gekom het was van ‘n Spaanse danser tot by ‘n boemelaar. Ons kan met baie selfvertoue se dat HSH dit weer gedoen het! Dis darem nie al waaroor Onniedag gaan nie. Dit is ‘n dag waarop ons vir die onderwysers kan sê hoe baie ons hulle waardeer en respekteer. Op dae wat ons nie lekker voel nie, voel hulle seker 10 keer erger, maar ons sal dit nooit agterkom nie, want hulle weet tyd staan vir niemand stil nie. HSH het vir seker die coolste onnies “around the world”.

-Hanlie Matthysen

Laaste dans vir 2019

Toe kom die afkondiging wat almal verwag het: “Kinders, sit asseblief julle fone weg.” Terwyl ‘n paar opstandige kinders ge“boo” het, het die res maar die afkondiging soos skape gevolg. Elke hoek van die saal gaan stuk vir stuk donkerder word soos die sosiale media groepe tot stilstand kom. Nou, met geen tegnologie by hulle om die wêreld te laat weet hoeveel vriende hulle het deur mid-del van foto’s nie, het die kinders op ‘n ander vorm van vermaak besluit…SOKKIE! Die mense op die dansbaan kan op 3 maniere geklassifiseer word:

1. Ego gevulde veterane van sokkie 2. Voet vas trappers 3. Dapper Dansers

Eerste op die dansvloer was natuurlik die ego gevulde veterane. Na die voettrappers genoeg moed bymekaar geskraap het, het hulle dit ook op die dansvloer gewaag. Maar, my grootste respek gaan aan die Dapper Dansers. Die Gr.8’s wat weet hulle is nie naby veterane-vlak nie, maar nog steeds met die mooiste matriekmeisies en -seuns dans.

-Adrian Opthof

Page 13: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

13

Donovan changed my life without even trying.I can’t imagine

what things would be like if I hadn’t met him. Everyday there is

something new about him that makes me love him even more than

the day before. We’ve been dating for more than 2 years now and

honestly it’s been the most fun and adventurous 2 years of my life.

Donovan means the world to me.

Dezeré flipped my whole world around. She brought so much

love and happiness into my life. I found someone that I want to annoy for the rest of my life. She’s my heaven on earth. Even if I spent the whole day with her I will miss her the second she leaves. I can’t imagine my life without her. I never want to stop making memories with her.

Ten minutes in and the pavilion is still noiseless except for the one or two parents who yelled at each other thinking they would be late but actually came early. Fifteen minutes in, I realize me and the two aggressive parents may be the only people com-ing to this event. I stand up and start walking down the steps when to my surprise, I look around me and see a wave of people walking up and down the pavilion. “ Fudge nugget, that escalated quickly.” The first cars started rolling in. Old and vintage. If I closed my eyes it all felt like a 1950s teen film. Sharped dressed men and fashionable ladies. The crowd went crazy for every couple leaving their cars and entering the wonderland ahead, where they will have the time of their lives, but the rest is their story to tell.

-Adrian Opthof.

Page 14: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

14

I can only Imagine

Laerskool VRL 2020

Ontmoet die laerskool VRL vir 2020!

HSH spog trots met die volgende verkose leerders:

Hoofmeisie: Nina Slabber

Hoofseun: JancoBritz

Mede-leiers: Nikole Botha, Emma Melck, Anja Laubscher, Mienke September, Jeandré

Stander en Enzo Lurie

Die nuwe VRL gaan hul best probeer om hul jaar na ‘n “next level” te neem.

Hulle beplan opwindende sokkies en ‘n verrassende omgeeprojek vir 2020. Hulle is op ‘n missie

om boelies in die skool aan te spreek en daadwerklik werk te maak om HSH ’n boelie vrye skool

maak.Met die ondersteuning van mnr. Johan van Zyl en mev. Rosa Cruywagen is hulle reg om eni-

ge uitdaging wat 2020 vir hul mag inhou, aan te pak en daarvan ‘n sukses te maak.

Enige raad vir die Graad 6’e?

1. Wees net julself en doen jul bes.

2. Moet nooit probeer om iemand anders te wees nie.

3. Volg jou drome!

-Hanu Botha

I can only imagine what it will be like

When I walk, by your side

I can only imagine what my eyes will see

When your face is before me

I can only imagine

I can only imagine

A handful of students from not only HSH but from different parts of the Western Cape came together with

one purpose –draw closer to Christ-

About 12 of HSH’s Chill leaders packed like sardines in a minibus headed for a farm just 20 km outside of

Morreesburg. On arrival not only our excitement was baking, as we sat under the scorching sun that, we

wished for during the cold winter we had to endure, already trying to cool down with strawberry ice-creams.

After praise and worship we divided into 6 groups. There we learnt tools that we can use to trust Jesus when

the waves of doubt and insecurities seem to tumble upon us by choosing to keep our eyes on Jesus as Peter

did, serve others by picking up our own crosses and following Him.

I can only imagine when that day comes

When I find myself standing in the Sun

I can only imagine when all I would do is forever

Forever worship You

I can only imagine

-Talja Smit

Page 15: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

15

Dis daardie tyd van die jaar wanneer die Hopefield-familie van sy gesinslede moet groet. Maar hoekom is groet so moeilik… Ek dink dit is omdat dit ons ‘comfort zone’ verander. Vir die afgelope jaar het ons saamgewerk aan een doel.Ons het saam gejuig, ons was saam teleurgesteld, ons het saam gelag, maar ook saam gestres. Joe Black se liedjie, Skepe, sê dit so mooi: 'n Skip word in ‘n hawe gebou. 'n Skip lyk in 'n hawe baie mooi vir my en jou, Maar dis nie waarvoor skepe gemaak word nie Ons is gemaak om uit te gaan Op die golwe van die diepste oseaan. Matrieks,julle skepe is nou klaar gebou.Dit is nou tyd dat julle die oseane moet aandurf. Julle moet nou gaan doen wat God vir julle bestem het. Aan die ander HSH-leerders wat ook ons skool verlaat : julle skepe is nog nie klaar gebou nie, maar HSH was bevoorreg om te kon help. Ons hoop julle nuwe skole sal die werk wat ons begin het, mooi klaarmaak. Ons gaan nie ‘Tot siens’ sê nie, maar eerder ‘Tot weersiens’. ‘n Familie bly ‘n familie,maak nie saak hoe ons oor die aardbol versprei nie . Hier sal julle altyd welkom wees. So - tot ons mekaar weer sien, wil ons vir jou sê: Stuur jou skip nou deur die poorte. Ons hoop is meer as net leë woorde. Jy's in beheer van jou bestemming. Hoe jy daar uitkom, is jou eie besluit.

Page 16: Die Snuffels - hshopefield.co.za · “A good speech should be like a woman’s skirt: long enough to cover the subject and short enough to create interest.” The following learners

Website: www.hshopefield.co.za

16

Hoërskool Hopefield

Stasiestraat

Posbus 23

Hopefield

7355

Wat laat ‘n mens vir 371 ure aanmekaar dans of vir 52 ure aanhoudend grappe vertel? Mense

doen sulke dinge omdat hulle graag ‘n rekordhouer wil wees. So het een man 34 ure lank op sy

een been gestaan, ‘n ander het met kougom ‘n borrel van 42 sentimeter geblaas en ‘n jong man

het sewe golfballetjies bo-op mekaar gebalanseer. Mense oefen jare lank om die een of ander

prestasie te behaal net om hulle name in die Guiness Book of Records te kry. Kyk gerus in die

biblioteek na hierdie boek. Jy sal verstom wees oor wat mense nie alles uitdink om beroemd te

wees nie!

‘n Man hou die rekord vir aanmekaar praat. Hy het vir 159 ure aanmekaar ‘n lesing oor

Boeddhisme gegee. ‘n Ander man kon 72 seëls in vier minute natlek en plak. En dan is daar een

wat sewentien piesangs in twee minute kon opeet.

Sommige van hierdie rekords lyk regtig sinneloos, maar daar is ook ander wat van groot be-

tekenis was. ‘n Lewensredder het in sy lewe 907 mense van verdrinking gered. ‘n Man van

Engeland het vir 79 jaar lank na sy suster gesoek wat weg was en haar gekry. Dan was daar ook

‘n vrou wat vir 76 jaar lank skoolgehou het. Wow!

Waarvoor wil jy graag hê moet mense jou onthou? Sal jy bly wees as julle eendag op jou begraf-

nis sê: “Hierdie ou kon vir 71 dae in ‘n boom sit” of “Hy kon 21 hamburgers in tien minute opeet”?

Sou jy nie liewer wou hê dat daar mense by jou graf sal wees wat kan vertel wat jy vir hulle be-

teken het nie? Sal dit nie baie sinvoller wees as daar van jou vriende is wat kan sê dat jy hulle

gehelp het om die Here lief te kry nie?

Geniet elke oomblik van julle vakansie!

Mnr Wehan

Tel: 022 723 0040

Sel: 084 516 7388

Fax: 022 723 0369

E-mail: [email protected]