Aptytwekker April 2013

10
20 SWART SAKKE Ekstra sterk! Probeer my !!! Kontak Hendrik Burger 082 649 4653 Uitstekende diens! Vra Susan Sm it ACVV Naskoolsentrum (Albaniestraat, naby Laerskool) Aasnsoeke vir 2013 word nou aanvaaar vir graad R tot graad 7 Ons bied aan: Huiswerktoesig en ‘n veilige omgewing tot 17h30 op weeksdae. Vakansie toesig ingesluit. Navrae 022-482 3096 BP Atlantic Verskaffers van GAS en OLIE asook groothandel DIESEL Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3 P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299 Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702 www.bpatlantic.co.za Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07 A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za April 2013 ptytwekker ppetiser NUUS VAN DIE HERDERSPAAR VINNIGER… BETER…WYSHEID SUBJECT TO CHANGE GEBED HET JY ‘N PASSIE? LATEST CANCER INFORMATION DIE GEE VAN TIENDES ONDER DIE INVLOED DIS IN SY HAND FOTO NUUS AL BRUIS DIE JORDAAN JAAG VREES WEG SOEK DIE ANTWOORD DIE SKEPPER SE DIËET DON’T GIVE UP HOPE ONS STEL BEKEND INKLEUR PRENT ADVERTENSIES Foto: ‘n Lid van Langenhoven familie.

description

MAANDLIKSE NUUSBLAD

Transcript of Aptytwekker April 2013

Page 1: Aptytwekker April 2013

20

SWART SAKKE

Ekstra sterk! Probeer my !!!

Kontak Hendrik Burger 082 649 4653

Uitstekende diens! Vra Susan Smit

ACVV Naskoolsentrum (Albaniestraat, naby Laerskool)

Aasnsoeke vir 2013 word nou aanvaaar

vir graad R tot graad 7

Ons bied aan:

Huiswerktoesig en ‘n veilige omgewing

tot 17h30 op weeksdae.

Vakansie toesig ingesluit.

Navrae 022-482 3096

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

April 2013 ptytwekker

ppetiser

NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

VINNIGER… BETER…WYSHEID

SUBJECT TO CHANGE

GEBED

HET JY ‘N PASSIE?

LATEST CANCER INFORMATION

DIE GEE VAN TIENDES

ONDER DIE INVLOED

DIS IN SY HAND

FOTO NUUS

AL BRUIS DIE JORDAAN

JAAG VREES WEG

SOEK DIE ANTWOORD

DIE SKEPPER SE DIËET

DON’T GIVE UP HOPE

ONS STEL BEKEND

INKLEUR PRENT

ADVERTENSIES

Foto:

‘n Lid van

Langenhoven familie.

Page 2: Aptytwekker April 2013

2

Ps. 128:6 – “En dat jy jou kind-skinders mag aanskou!” Spr. 17:6 – “Kindskinders is „n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader „n eer.” Job 42:16 – “En Job het daarna honderd en veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.”

Die Bybel ag dit ‗n groot voorreg en seën om jou k i nder s s e k i n d e r s t e aanskou. So was ek en my vrou bevoorreg om die afgelope tyd nog twee toevoegings tot die familie te kon aanskou. Hoe eer ons die Here in innige dankbaarheid!

Hendrik en Tabita van die Strand het ‗n seuntjie ryker ge-word die 23ste Februarie. Sy naam is Matthew.

Donovan en Johanna het weer die 7de Maart ‗n dogtertjie, Katherine, ryker geword . Wat ‗n voorreg om jou kinders se kinders in jou arms vas te hou

en om te dink dit is jou nageslag!

Hoe wonderlik om uit God ge-bore te wees! Die Bybel noem dit die wedergeboorte. Joh 3:3 – ―Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Geen mens kan deur die natuur-like geboorte ‗n kind van God word nie. Daar is ‗n ontmoeting met God nodig waar daar iets Goddeliks moet plaasvind. Joh. 1:13 – “wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit

die wil van „n man nie, maar uit God gebore is.” Hoor net hoe kosbaar beskryf die Bybel die uitvloeisel daarvan in Efe. 5:30 – “Want ons is lede van sy lig-gaam, van sy vlees en van sy bene.”

As ek dan my kinders en my kleinkinders so liefhet, hoe lief moet God ons dan nie hê nie! Past. Piet & Susan Smit

NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

Vanaf links: Matthew (7 weke), Ethan

(10jr), Katherine (2 weke) en Francois

(18 maande)

19

KLEUR MY IN

GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam: _______________________Telefoon nr. __________________

Page 3: Aptytwekker April 2013

18

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag „n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by :corpuschristi@cybersmart. co.za

As jy God werklik wil

ken en ‘n lewe van

oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed

met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam vanvan

die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep, sal gered word

(Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die

sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou

daaroor, want dit het U heilige Naam onteer.

Was dit weg met U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here van my

lewe, kom in my lewe om die beheer van my

lewe oor te neem en my te wederbaar tot „n

nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg

is, weet om goeie gawes aan julle kinders te

gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader

julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom

bid:”(Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te

vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word

soos strome van lewende water wat uit my

binneste kom(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek

verwag om in tale te spreek soos die Gees aan

my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die woorde en

klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie

jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik.

God sal jou nooit forseer om te praat nie.

Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer

dieselfde wees nie.!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente

- nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie.

Laat jou doop in water (mark 16:16, Hand. 2:38)

en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Oorgawe gebed

3

‘n Ruk gelede het ‘n Amerikaanse maatskappy ‘n nuwe elektroniese kabel tussen Chicago en New York aangelê teen miljarde dollar om inligting tussen rekenaars teen ‘n volle 3 milli-sekondes vinniger te vervoer as die bestaande netwerk. Baie maatskappye het dadelik ingeteken op hierdie peperduur nuwe diens. Alles gaan oor spoed. Wie weet, dalk wen spoed nie altyd nie, maar wysheid. Spoed is belangrik, maar sonder die nodige insig in hoe die lewe werk, help vinnig wees nie aldag nie. Egte wysheid begin met eerbied vir die Here en met respek vir mense (Spreuke 1:7). Die Here se soort wysheid laat jou toe om teen die regte spoed te leef — daardie soort wat tyd maak vir God en ander mense. Anders leef jy jouself dood. Van gesonde leefspoed gepraat: Lag meer. Praat minder. Luister fyner. Sê vir ander mense dat jy hulle waardeer. Bemoedig iemand wat ‘n moeilike tyd

deurgaan. Maak tyd vir jou vriende. Sien ander se nood fyner raak. Aanvaar verantwoordelikheid vir jou eie keuses. Hou op met skinder. Laat staan jou kritiese ingesteldheid. Bid meer. Bekommer minder. Oefen ‘n slag. Aanvaar hulp van

ander sonder om iets vir hulle te moet terugdoen. Luister na goeie raad. Slaap langer. Leef met groter oorgawe. Wees meer entoesiasties. Groei in

nederigheid. Hou op om jouself te verwyt vir dit wat kon gewees het. Lees elke maand ‘n nuwe boek. Raak vrygewiger met jou geld. Meld aan vir diens sonder dat jy gevra word. Terloops, wat dink jy sal die gevolge wees as jou geloof in die Here op sulke maniere begin grondraak? Is dit regtig so ingewikkeld om hierdie dinge teen die spoed van een dag op ’n slag te begin doen?

oOo

Vinniger... beter... wysheid! (Stefan Joubert)

Page 4: Aptytwekker April 2013

4

While we look not at the things which are seen, but at the things which are not seen: for the things which are seen are temporal; but the things which are not seen are eternal. – 2 Corinthians 4:18

Don't center your attention

on what you can see in this nat-ural, physical sense realm.

Everything you see is temporal

and subject to change. So, put your faith in the un-seen eternal realm. The things which are eternal are not subject to change.

God's Word is eter-nal and it contains 7,000 promises

to cover any circumstance you'll ever face. And, no matter what happens in this shifting, changing world you live in, those promises will forever be the same. No matter how bad your body feels, the Word will always say, "By His stripes you were healed" (1 Pet.

2:24). No matter how bad your bank book looks, the Word will always say, "My God shall supply all your need according to his riches in glory by Christ Jesus" (Phil. 4:19).

Don't settle for the meager existence the world says you can

have. Lay hold of what the Word says you can have.

Center your attention on the eternal truths of God and

look not to the things which are seen.

After all, they're subject to change!

@@@

MET „N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‗n doel.

Daar is diegene wat altyd soek vir ‗n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie

teleurstel nie!!!

(Kenneth Copeland)

17

ONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Annemarie Leander

WAAR IS SUSTER GEBORE? Malmesbury

WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Huisvrou

BEOEFEN SUSTER ‟N SPORT? Nee

WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE?

Vriendelikheid en liefde

WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Pastoor Piet Smit

WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Juanita du Plessis

WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Die dag toe die Here my uit die modder kom haal het.

WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Skoonma se kerrie

HOE ONTSPAN JY? Om met my voete omhoog te lê.

WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK?

Om in ‗n kinderhuis te werk. WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR?

Vir ons baba wat oppad is.

WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? My eie huis.

WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Ouers wat kinders mishandel.

oOo

Page 5: Aptytwekker April 2013

16

WIL JY GEDOOP WORD? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.

Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom „n ongehoorsame kind wees, as jy „n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit (022-487 2200)

When you plant a Chinese

bamboo seed, you have to water

it regularly, add fertilizer and turn

the soil.

Yet, in the first year you

will see no shoot appear.

You carry on tending the

seed and watering

diligently every week.

In the second year,

again, no growth can be seen

from the bamboo seed.

In year three, although you don't

give up there is still nothing from

this seed. But don't quit.

In year four, again,

although you care for the

seed and fertilize and

water the soil, you see

nothing but sand.

Then in the fifth year a

tiny sprout emerges from

the earth. And in just 6

months the bamboo plant grows

to over 30 metres tall.

(Anomanois)

5

O Here, ek bid U dat U my gedagtes so sal dissiplineer dat ek al my talente kan gebruik om na liggaam en gees vir U diensbaar te wees.

As die versoeking kom, sterk my sodat ek dit kan weerstaan. As vrees my wil oorweldig, help my om dit te oorwin. Hou my kalm in gevaar en bedaard wanneer paniek uitbreek.

As ek my wil vererg, help my om my ergerlikheid in toom te hou.

Hou my stil as andere my uittart.

Laat U Gees volkome van my besit neem sodat my gees onder Sy heerskappy sal staan.

Gee my kalmte onder alle omstandighede en maak my sterk en vol moed. Maak my só seker van U almag en laat my só op U vertrou, dat ek nooit onbeheersd sal optree nie.

Om Jesus ontwil. Amen

(Onbekend)

Nou die dag hoor ek toevallig hoe twee mense oor ‗n sekere kerkleier praat. Die een persoon merk op dat hy te min passie het. Hierdie een sinnetjie het my baie laat dink. ‗n Kerkleier sonder passie; Christene sonder harte – hoe is dit moontlik? Ek weet nie, maar dis sleg.

Te veel Christene verstaan die Bybel met hulle kop, maar hulle het nog nooit vir hulle hart hiervan gesê nie. Hulle ken die

regte antwoorde op allerhande ingewikkelde vrae, maar hulle gesigte blink lankal nie meer as hulle oor die Here en sy dinge praat nie. Hoe jammer.

Die evangelie vra jou hart. Ja, jou kop ook, maar veral jou hart. As jy nie saam met Paulus in Filippense 1 kan sê: ―Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins‖ nie, dan mis jy die groot hartklop van geloof. As jy nie kinderlik

(Vervolg op bl. 14)

Het jy passie? (Onbekend)

Page 6: Aptytwekker April 2013

6

(Repeated from previous month)

d. A diet made of 80% fresh veg-etables and juice, whole grains, seeds, nuts and a little fruits help put the body into an alkaline envi-ronment. About 20% can be from cooked food including beans. Fresh vegetable juices provide live enzymes that are easily ab-sorbed and reach down to cellular levels within 15 minutes t o nour-ish and enhance growth of healthy cells

To obtain live enzymes for build-ing healthy cells try and drink fresh vegetable juice (most vege-tables including bean sprouts) and eat some raw vegetables 2 or 3 times a day. Enzymes are de-stroyed at temperatures of 104 degrees F (40 degrees C).

e. Avoid coffee, tea, and choco-late, which have high caffeine. Green tea is a better alternative and has cancer-fighting proper-ties. Water--best to drink purified water, or filtered, to avoid known toxins and heavy metals in tap water. Distilled water is acidic, avoid it.

12. Meat protein is difficult to di-gest and requires a lot of diges-tive enzymes. Undigested meat remaining in the intestines will become putrified and leads to more toxic build up.

13. Cancer cell walls have a tough protein covering. By refrain-ing from or eating less meat it frees more enzymes to attack the protein walls of cancer cells and allows the body's killer cells to destroy the cancer cells.

14. Some supplements build up the immune system (IP6, Flor-ssence, Essiac, anti-oxidants, vit-amins, minerals, EFAs etc.) to enable the body's own killer cells to destroy cancer cells. Other supplements like vitamin E are known to cause apoptosis, or pro-grammed cell death, the body's normal method of disposing of damaged, unwanted, or unneed-ed cells.

15. Cancer is a disease of the mind, body, and spirit. A proactive and positive spirit will help the cancer warrior be a survivor.

Anger, unforgiving and bitterness put the body into a stressful and acidic environment. Learn to have a loving and forgiving spirit. Learn to relax and enjoy life.

16. Cancer cells cannot thrive in an oxygenated environment. Ex-ercising daily, and deep breathing help to get more oxygen down to the cellular level. Oxygen therapy is another means employed to destroy cancer cells.

LATEST CANCER INFORMATION (From Johns Hopkins)

15

ouderling van ‗n Afrikaanse kerk hier. Toe ek hom vandag uitnooi na ons dienste was hy baie geïnteresseerd en sê: ‗O ja, ek sal kom. Watter een van julle pastore kom die dienste hou?‘ Ek antwoord toe: ―Nee Doorsie, dit is hierdie keer ‗n dametjie wat kom.‖ ‗Wat!‘ roep hy verontwaardig uit, ‗‘n meisiekind! Wat gee haar die reg om te preek?‘ Ek het toe maar gesê: ―Nou ja kom vra haar maar self‖, en nou moet jy maar reg wees, want hy het gevra of hy dan maar voor al die mense mag vra voordat jy preek.‖

Ek het nog nooit erger geskrik in my hele lewe nie. ‖Voor die mense my vra voordat ek my boodskap gee!‖ Die ou broeder het boonop nog gesê dat daar baie mense sal wees, al is dit ‗n plaasgemeente. Daar was min tyd. Die treinrit was lank en die pad was stowwerig. Ek moes bad, aantrek, eet, bid en dink en hulle het nog gesê ons moet vroeg ry, want die perdekar gaan stadig en die pad is sleg!

Ek val voor my bed neer en bid met my hele hart: ,‖Ag Here Jesus, U het my geroep. Ek verkondig die Evangelie nog net ‗n paar maande en dit het nog

nooit in my gedagte gekom om Bybeltekse op te soek om uit te vind of vroue mag preek nie. Ek voel moeg en kan nie nou oor een teks dink nie. Ek kan nie vanaand in die skande kom nie. Help my tog vinnig.‖

Helder sê die stem van my Meester: ,,Maak oop jou Bybel.‖ Gretig gryp ek my ou Bybeltjie en dit val oop by Rom. 16. Ek lees verse 1 en 2: ”Ek beveel by julle aan ons suster Fébé wat ‗n dienares is van die

gemeente in Kenchréë, dat julle haar ontvang in die Here soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie

‗n beskermster en ook vir my.‖ Ek sien duidelik dat Fébé nie ‗n gewone huisvrou was nie. Waarom sou Paulus dan die ouderlinge vra om haar by te staan as sy nie vir geestelike werk gekom het nie? Ek lees tot by die 12de vers: ,‖Triféna en Trifosa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.‖ ,‖O, dankie Here Jesus, duisendmaal dankie,‖ roep ek uit en spring op van my knieë.

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 12)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 7: Aptytwekker April 2013

14

Die Bybel beskryf verskeie maniere van vas wat verskil volgens die tipe, tydperk en doel.

Moses en Jesus het albei ‗n wonderbaarlike veertig-dae algehele vas (sonder vloeistowwe) voltooi, maar ek sal dit nie aanbeveel nie. Ernstige skade word aan interne organe en die liggaamschemie gedoen na drie dae van ontwatering. Baie mense voltooi ‗n veertig dae water en verdunde sap vas klaar (verdunde lae-suur vrugte- of groentesappe word

gebruik). Hierdie tipe vas moet met groot sorg en onder die toesig van ‗n gesondheidspraktisyn geneem word. Deur dit herhaaldelik te doen, kan

permanente onwenslike metaboliese veranderinge in die liggaam veroorsaak word. (Ek weet van iemand wat meer as

vyftien keer hierdie vas voltooi het. Hy was voorheen maer en slank, maar het as gevolg van daardie vas voortdurende probleme met vetsug en bloedsuiker ontwikkel.

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIËET

(Jordan S. Rubin)

Moenie bekommerd wees nie!

Vas en wees gelukkig.

opgewonde oor die Here en sy dinge is nie, dan kort jy hemelse passie.

Dan moet jy asseblief aan die Here se voete gaan sit totdat jy sy

heerlikheid ervaar.

Dan moet jy alles los waarmee jy besig is en wag op God totdat Hy sy Vaderhart opnuut aan jou wys.

(Onbekend)

(Vervolg vanaf bl. 5)

Het jy passie?

7

Deel 2 DIE OU TESTAMENT

Gen. 14:20 “En geseënd is die Allerhoogste God wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy (Abraham) hom (Melgisedek) die TIENDE van alles.‖ Gen. 28:22 ―En van alles wat U my (Jakob) gee, sal ek U sekerlik die TIENDE afstaan‖ Lev. 27:30 “Ook al die TIENDES van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here, dit is HEILIG aan die Here.‖ 2 Kron. 31:11,12 “Toe gee Jehiskia bevel om kamers in die huis van die Here inte rig; en hulle het dit ingerig en die OFFERGAWES en die TIENDES en die HEILIGE GAWES getrou ingebring. Deut. 14:28 “Jy moet uitbring al die TIENDES van jou opbrengs, en dit in jou poorte wegsit; dan moet die Leviet (dienaar) kom en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.‖

Ps. 41:2-4 ―Welgeluksalig is hy wat AG GEE OP DIE ARME: die Here sal hom ondersteun op die siekbed.‖ (Hoeveel te meer nie as ons ag gee op die werk van God nie). Spr. 3:9 “Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomstes (en wat sal gebeur?) .... Dan sal jou skure vol word van oorvloed. ― Mal. 3:10 “Bring al die TIENDES na die skathuis, sodat daar spyse in my Huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die Leerskare of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak, en op julle ‗n oorvloedige seën sal uitstort nie. ‗ Lees ook vers 11.

PASTORE MOET OOK TIENDE GEE

Num. 18:26 “As julle van die kinders van Isael TIENDES neem, wat Ek aan julle van hulle as erfdeel gegee het, dan moet julle (die Leviete or Pastore) daarvan ‗n OFFERGAWE AAN DIE Here afgee, ‗n TIENDE van die TIENDE.

(Vervolg volgende maand)

DIE GEE VAN TIENDES (E.J. Smith Le Roux)

TIEN WAARHEDE AANGAANDE DIE GEE VAN TIENDES

(Ingestuur deur Joyce Jasson)

Page 8: Aptytwekker April 2013

8

2 Tim. 4:5 - "Maar wees jy in alles nugter;" Die rede waarom vele gelowiges verward is wat sekere leringe betref; hulle is nie "nugter" nie, maar onder die invloed van die "groot predikers." Hulle luister te veel en lees te veel van dié persone se leringe en lees te min die Bybel. Deur jou ore uit te leen vir wat hierdie een sê en daardie een sê en hulle slaafs aan te hang, is hierdie mense later so verward dat hulle nie meer links of regs weet nie. My eenvoudige raad: Bly maar net by die Een Boek en by die Een Leermeester en jy sal nie verward wees nie. Dit wat jy nie verstaan, moet jy eers laat staan totdat die Heilige Gees dit op Sy tyd aan jou sal openbaar. Dan kan mens dadelik onderskei wanneer jy ‗n skrywer se boek optel, wat is kaf en wat is koring. In ‗n vorige gemeente was ‗n afgetrede pastoor. Hy vertel my van ‗n tyd dat hy so onder die invloed was van die wêreldklas predikers wat hulle geleer het

omtrent gebed. O.a. was daar Yongy Cho wat ‗n lering rondom die tabernakel gehad het. Vanaf die ingang van die tabernakel moes jy dan bid tot binne in die Allerheiligste. Al die plekke het iets gesimboliseer en so moes jy deur ‗n lang lys gaan om uiteindelik by God uit te kom.

Ander predikers het weer ander dinge geleer. Larry Lea het ‗n boekie uitgegee in daardie tyd getitel: Een Uur Met God. Die emeritus vertel dat hy was later so verward dat hy het glad nie meer

geweet hoe om te bid nie. As hy wou bid dan het hy gevoel hy bid verkeerd, want Cho sê sus en Larry Lea sê so. So het dit aangehou totdat hy op ‗n dag besluit het om na die Woord te gaan en te kyk wat het Jesus gesê oor gebed. Die bekende en eenvoudige Onse Vader gebed was sy antwoord. Daarin was alles wat hy nodig gehad het. Einde van sy stryd.

(Past. Piet Smit)

ONDER DIE INVLOED

13

VORIGE KEER SE ANTWOORD Die kliptafels van die tiengebooie was klein, want Moses kon dit met sy hand dra (Exod. 34:4, 29). Die volgende persone het die antwoord voorsien: Janette Smit, Susan Smit, Wilma Ravens en Zelda Roberts. Pragtig!

HIERDIE KEER SE VRAAG Wie het Moses gevra om as gids op te tree tydens hulle reis deur die woestyn op pad na Kanaän?

SOEK DIE ANTWOORD

Eli Wiesel vertel hoedat hy een

keer by 'n Joodse gemeenskap in

die ou Kommunistiese Moskou

besoek afgelê het. Tydens 'n

godsdienstige fees het party van

hulle openlik in die strate gedans.

Toe Wiesel vra hoekom hulle dit

doen, antwoord 'n vrou: "Heel jaar

lank leef ek in

vrees. Maar een

maal per jaar, op

hierdie dag, weier

ek om bang te

wees. Dan is ek 'n

Jood en dan moet

ek in die strate

dans!"

Ons moet ook leer dans. Ons

leef in tye waar vrees 'n

oorheersende emosie by baie van

ons is. Hoe tragies. Het jy geweet

ons word slegs met twee basiese

vrese gebore, naamlik die vrees

vir harde geluide en die vrees om

te val. Maar nou sit die meeste

volwassenes met baie vrese

opgeskeep. Daarom dat ons van

vooraf moet leer om fees te vier,

nie net een keer

per jaar nie, maar

sommer elke dag.

Ons identiteit is

geanker in die

Here wat oneindig

groter is as ons

grootste vrees.

Jesus is ons Heer. Daarom dat

ons kan dans en sing, al is daar

trane in ons oë. Om dié rede ons

kan bly wees en vrees se bluf kan

roep. **

Jaag vrees weg (Onbekend)

Page 9: Aptytwekker April 2013

12

(Vervolg vanaf Maart )

HOOFSTUK 10 ONDERVINDINGS AS

REISENDE EVANGELISTE

Die evangelieveldtogte het steeds voortgegaan en ek het my verbaas vir die groot dade van die Here. Byna by elke gemeente het siele tot bekering g e k o m , s o m s v a n d i e onverskilligste mense in die dorp.

Een gemeentetjie wat uit drie huisgesinne bestaan het, het ook hulle uitnodiging gestuur. V a n a f D o n d e r d a g t o t Sondagaand het die Here twee en dertig mense gered. Hulle het hul laat doop en die gevolg was dat ‗n kerkgebou nege maande later opgerig is.

Ek onthou een spesifieke gemeente. Soos by ander gemeentes, het die pastoor ook duisende strooibiljette in die dorp versprei om die dienste te adverteer.

Daar was ‗n bende goddelose jong mans wat soms baie moeilikheid in die dorp veroorsaak het. ―Kom ons gaan kyk of sy mooi is,‖ het een voorgestel. Hulle het klippe, blikke en planke aangedra om op te staan om sodoende deur die hoë kerk vensters te kon sien.

Die teenwoordigheid van

die Here was so sterk dat tydens die uitnodiging, een vir een van hulle snikkend van buite af ingekom het. Hulle uitroepe om genade was hartverskeurend. Ek dink daar was sewentien mense wat daardie week tot bekering gekom het. Die meerderheid van hulle was die lede van daardie bende.

Onlangs het ons die huidige Pastoor ontmoet. Hy het ons vertel dat, na nege en twintig jaar, hulle nog steeds goeie gemeentelede is, wat die Here opreg dien.

As die Here ‗n mens roep dan maak Hy inderdaad ‗n weg. Nieteenstaande dame predikers nie baie algemeen is nie, het ek nogtans geen teëstand teegekom nie, behalwe vir die volgende drie gevalle.

Die week na die vorige geseënde veldtog, kom ek laat die Dinsdagmiddag by ‗n plaashuis aan waar ek dieselfde aand moes begin. ―My ou sustertjie,‖ sê die ou broeder ouderling waarskuwend met ‗n ondeunde knipoog, ,,ek hoop jy het Bybeltekste wat verklaar dat ‗n vroumens die evangelie mag verkondig. Ek is 75 jaar oud en het ‗n skoolmaat, oom Doors, van dieselfde ouderdom. Hy is ‗n

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

9

“Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, maar ek weet Wie dit vashou!” Glo jy hierdie woorde? Hoor weer: Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, maar ek weet Wie dit vashou! Wel, glo jy dit? Indien wel, dan moet jy vandag anders leef. Hoekom? Omdat môre se onsekerhede nie buite God om kan of sal gebeur nie. As môreoggend aanbreek, sal Hy daar wees. Hy sal aanmeld, soos elke ander dag vanaf die ewigheid. God sal regtig betyds vir môre wees. Selfs as onverwagse probleme verskyn, of slegte dinge soos siekte of misdaad by jou lewensdeur

kom aanklop, dan sal God nie afwesig wees nie. Hy sal ook nie te besig wees met ander dringende sake nie. Jou lewe ontglip nie vir ‟n enkele oomblik sy aandag nie. Dit het nie gister gebeur nie; dit gebeur nie vandag nie en dit sal ook nie iewers in die toekoms begin gebeur nie. God hou jou vas, ook jou tye, seisoene en jare. Glo dit ‟n slag en leef met „n ligter gemoed. Glo dit en leef vandag vreugdevol in die Here se liefde.

(Annoniem)

GEBOORTE!!!

Baie geluk aan Natalie & Ryan Liedeman met die geboorte van jul dogtertjie op 22 Maart 2013.

Susan Chalmers se man.

Stiena Smit se oudste suster.

Page 10: Aptytwekker April 2013

10

FOTO-NUUS

Bemagtiging Seminaar - 8 & 9 Maart 2013

Links: Past. Piet Smit het die verrigting afgesluit die oggend van 3 Maart 2013 om 6vm. “Maak nie saak of jy siek of gesond is nie ; is jy gereed om te sterf?

Bo: Dr. Isak Burger spreek die leierskap van die AGS toe by Goodwood

Relay For Life - 2/3 Maart 2013

Ranskiking deur een van die Huisselle gemaak met „n nagmaal.

Pastore Seminaar - 19 tot 21 Maart 2013

Regs: Pastore besig met lofprysing tot die Here. Past. Errol le Roux (Weskustreek Voorsitter) was die spreker en die tema was “Summit”. Daar is ook heerlik ontspan en saam gekuier onder mekaar.

11

FOTO-NUUS

Toewyding - 24 Maart 2013

Links: Audra Paulus is gedoop deur onderdompeling. (Mark. 16:16)

Bo: Elton & Carmen vd Westhuizen se derde seun, Joël word toegewy aan die Here. Baie geluk!

Shalom Gemeente

24 Maart 2013

Bo: Mervin Johnson het “n kosbare lied gesaing

Links: Die tieners van Shalom gemeente sing saam “n lied. Pragtig! Hou so aan!

Doop - 24 Maart 2013

Onder: Shalom doop ses van hul nuwe bekeerlinge.