Alleen in Plekke

390

description

Kortverhale deur Aletta van der Walt

Transcript of Alleen in Plekke

Page 1: Alleen in Plekke

 

 

   

Page 2: Alleen in Plekke

 

Page 3: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

Attéla

Pretoria, RSA

deur

Page 4: Alleen in Plekke

First Issue October 2013 © Aletta Catharina van der Walt

All rights reserved. Protected under international copyright laws and agreement. No part of this publication may be reproduced, stored in a retrieval system, or transmitted, in any form or by any means, electronic, mechanical, photocopy, recording or otherwise, without prior consent of the author.

Page 5: Alleen in Plekke

Opgedra aan my Ma

Page 6: Alleen in Plekke
Page 7: Alleen in Plekke

Inhoud

Alleen in Plekke 1Oleanders 8Die Niggie 11Vrees 26Finaal 37Rooi Koeldrank 41Wonde 43Slik 51Tuinstories 56Tussen Hemel en Aarde 65Oppad na Walvisbaai 67Rante 76Die Skietklub 82“Hoe’s besigheid hier?” 91Naby die Stasie 98Siembamba 108Voetpaaie 110Soete Drome 114‘n Ster Verskiet 119Die Ring 125As Iets nie Voorval nie 130Besoeker 139

Page 8: Alleen in Plekke
Page 9: Alleen in Plekke

Die Begrafnis 148Oukrismis 151Terug by die Rivier 157Vergeef Ons 170Die Misverstand 178Beste Vriendinne 183Danny Boy 192Familiebande 201Helmets 207Kookpunt 213Monique se Kuier 221Murasie 231Myl Vier 241Twee Broers 251Die Put 256Val van Kasteel Hawke 263Donkerstroom 271Familiesake 282Goed wat Agtergebly het 294Kat en Muis 304Martha se Erfgoed 311Mooi Annie 319‘n Treinreis Ver 326Reisiger na Nêrens 333Rosa 340Samaritaan 346Tuiskoms 354Waar Bloed Kruip 360Winterstorie 367

Page 10: Alleen in Plekke
Page 11: Alleen in Plekke

1

Elke middag vyf uur wanneer Tess by die huis kom, roep sy die honde en vat die pad kliprante

toe. Dan is haar vervelige dagtaak afgehandel en die aand se verveliger een lê voor.

Elke dag pak sy goed uit ’n eindelose streep kartonne en dan in die eindelose rye winkelrakke van die dorp se enigste handelshuis.

Om die eentonigheid van haar dagtaak te breek, lees sy ongemerk die breedvoerige aanwysings op seeppoeierpakke, waterversagters en die verskillende soorte gesigseep.

In die aand berei sy verbeeldinglose borde kos voor vir haar oorgewig man wat gedagteloos voor hom sit en uitstaar.

“Dankie, Tess, enige tyd net so voedsaam soos my ma s’n,” prys hy haar.

Sommige dae in die handelshuis kom huiwer die middeljarige bestuurder afwagtend agter haar, asof hy van die skoon reuk van die afdeling hou. Of van haar parfuum. Sy sweetreuk bly hang in die lug lank nadat hygend agter sy lessenaar neergesak het.

Oorkant hulle huis is die laerskool, waar seuns dié tyd van die dag verveeld ’n bal in die stof rond-skop. Verskuil tussen die dofgrys blare van ’n peperboom sit ’n seun verskuil, sy vuil voete opgetrek teen sy bors.

Alleen in Plekke

Page 12: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

2

Hy wag elke dag daar vir Tess. “Gaan jy stap?” fluister hy agter sy hand. “ Ja, ek gaan stap,” fluister sy terug, al het sy nie

die vraag gehoor nie. Sy is gewoond aan die vraag wat inwoners in die huise langs hulle straat altyd vir haar vra.

“Wat het jy gister gesien?” gaan hy voort. Sy huiwer ’n oomblik naby die draad.

“Niks,” antwoord sy. “Maar ek sal vandag weer kyk.”

“As jy marsmanne sien, sal jy vir my kom sê?” vra hy nog sagter, want die seuns is verbied om in die bome te klim.

“Ek sal kom sê,” antwoord sy en stap vêrder in die los, warm sand.

By die huis langsaan staan die buurman tussen twee granaatbosse en tuur na ’n vrou wat oorkant die straat haar baba sit en voed. Haar swaar bors rus op die kind se gesig. Haar voete is vuil en gebars.

Die buurvrou staan op die stoep, hande in die sye. Haar hare staan woes om haar kop asof sy pas uit die bed geklim het. “Gaan jy stap?” roep sy met ’n skril stem, haar oë genael op die vrou en baba aan die anderkant van die straat.

“Ja, ek gaan stap,” sê Tess en stap vinniger om die honde in te haal.

“As jy iets sien, sal jy kom sê?” skreeu die vrou agterna.

Page 13: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

3

“Ek sal kom sê,” antwoord Tess, “as ek iets sien. “Maar waarom stap jy nie saam nie?” Daar is soveel om te sien.” ’n Versoek wat sy gereeld herhaal.

“Ek is bang as ek begin stap, kan ek nie omdraai nie?” skreeu die vrou nog harder, haar oë nog op haar man gerig. Hy staan nog steeds tussen die granaatbosse en staar na die vrou en die baba aan die oorkant van die straat.

“Niks te sien nie, Tess, waaragtig niks te sien nie,” mompel hy toe sy verbykom, sonder om sy oë van die vrou en baba af te neem. By die tweede laaste huis, voor die veld begin, woon nuwe intrekkers. Die man en vrou sit op die stoep en koffie drink. Toe die vrou Tess sien, spring sy op en hardloop tot by die draad, haar hande vooruit gestrek, soos iemand wat wil ontsnap.

Haar man begin haar stadig volg, al met die tuinpaadjie langs, sy kop geboë asof hy na iets soek.

“Wat sien jy as jy so gaan stap?” Daar is traanstrepe oor haar wange.

“Niks,” antwoord Tess. “Nie wanneer ek te veel verwag nie, maar daar is ’n rykdom verskuil as jy mooi kyk. Waarom stap jy nie saam nie?”

“Hoe bly ’n mens, méns op hierdie godverlate plek?” vra die vrou onverwags. Sy gryp Tess se hande vas en begin weer huil. Haar man skud sy kop heen en weer asof hy verskoning maak vir sy vrou.

“Jy bly nie,” sê Tess, “al wat jy moet doen is om onsigbaar vir jouself te raak, sodat jy die groter

Page 14: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

4

prentjie kan sien, dis al wat jy kan doen. As jy saamstap kan ek...” Voordat sy nog die sin voltooi het, draai die huilende vrou om en hardloop die huis in.

Tess begin draf toe sy nie die honde gewaar nie. Hulle het reeds tussen die swart driedoringbosse verdwyn en sy hoor hoe hulle in die rante blaf.

By die laaste huis, ’n tweeverdieping, steek sy weer vas. Die kluisenaar, Sir Wellesly woon hier en vra nooit wat Tess gesien het nie. Hy is ‘n veteraan vegvlieënier van die Tweede Wêreldoorlog. Sy het hom eendag by die biblioteek raakgeloop. In sy hande was ‘n stapel boeke met die versamelde werke van Frans Kafka bo-op.

Tess wonder hoe hy al die jare hier kon bly woon, na die milde landskap van die Noordelike lande.

Haar oë gaan onwillekeurig na die nok van die huis waar hy soms sit en tuur met sy vêrkyker na die swart rante waarheen sy en die honde op pad is. Dit is nie die eerste maal dat sy hom op die dak sien nie.

Maar dis die eerste maal wat sy hom hoor lag. Hy lag asof sy hart wil breek. Of hy huil. Sy is nie seker nie, want die westewind het opgesteek en waai die klank weg.

Sy stop verbaas. “Sir Wellesley!” roep Tess, “sien jy iets snaaks?”

“Ja, Tess,” antwoord hy deur sy lagbuie, “ek sien iets baie snaaks.”

“Wat sien jy, Sir Wellesly? Die mense van die straat wil altyd weet wat ek sien as ek gaan stap. Wanneer ek

Page 15: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

5

hulle vertel van die stilte wat met die skemering kom en trane onnodig maak, of die woordelose geselskap van die kokerbome, lag hulle.” Haar stem is hoog en skril.

“Ek sien ‘n ander wêreld. ’n Nuwe Skepping met groen weivelde wat tot teen die einders strek, bruisende waterlope waarop watervoëls swem en duik,” antwoord hy deur sy lagbuie.

Tess kyk na die droë veld om haar en die bruin, warm sand wat sy onder haar voete kan voel. Sir Wellesley praat van die land van sy jeug, dink Tess hartseer. Maar as dit hom gelukkig maak om so te ontsnap uit die harde werklikheid is dit een manier. Elkeen doen dit maar op sy eie manier.

“Ek is bly dat jy jou wêreld gekry het, Sir Wellesley. En nou gaan ek na myne toe.” Sy uitbundige lag volg haar tot waar sy afdraai na die klipperige rante waar niks groei nie. Die honde het reeds verdwyn en sy weet sy sal hulle nie meer inhaal nie.

Sy stap stadiger, ten spyte daarvan dat die son besig is om onder te gaan. Dit sal minstens nog twee ure lig bly en waarom sal sy haastig wees terug huis toe? Net nog ’n beklemde, vervelige aand.

Tess vee die sweet met haar hand van haar voorkop af. Dis asof die hitte uit die aarde nou ontsnap op pad na die koel donker lug van die nag.

In die weste gloei die horison asof iemand ’n vuur stook. Verdwaalde wilde-eende vlieg skreeuend oos, op soek na water. Teen die kwynende lig staan die

Page 16: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

6

verdroogde doringbome asof hulle waghou oor die landskap. Die kokerbome gooi groteske skaduwees op die rooibruin sand.

Vandag moet sy kyk of sy nie iets sien nie; die straat verwag dit van haar, dink Tess. Eers het sy hulle vertel van die sprokiesagtige sonsondergange en die geheimsinnige skaduwees tussen die kliprantjies, maar hulle het verveeld geraak.

Hulle het nie belang gestel in die hoorbare stilte of die weemoedige eggo’s van die verlede, wat sy elke dag kom opsoek nie.

Net van Sir Wellesly wat elke dag met sy vêrkyker op die dak gesit het, het nooit gevra nie. Sy peins oor die verskil tussen die tranerige jong vrou en die kluisenaar wat hier oud geword het. Oor háár trane en oor sy uitbundige gelag.

Dit is net ’n geval van aanpassing, dink Tess. Jý moet onsigbaar raak vir jóúself. Al moet jy dan later selfs op die dak klim, jouself vergeet, jou uitsig vergroot, sodat jy die onsienlike kan sien.

Dis skemer toe sy terugkom by die dubbelverdieping. ’n Ent weg hoor sy reeds Sir Wellesley lag. Dis ’n ander soort lag wat haar laat bewe in die warm naglug. Daar is iets van die silwer ewigheid in die lag, die onskuld in die blou van die oë van ’n pasgebore baba.

Hy het onsigbaar vir homself geword, dink sy verlig. Sy sien net sy silhoëet teen die lug. Maar nou staan hy regop, sy arms horisontaal uitgestrek, soos ’n reuse swart kruis teen die aandlig.

Page 17: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

7

Dan sien Tess hoe hy oor die rand van die dak verdwyn. Slapende voëls vlieg vervaard op toe ’n kreet van verlossing die stilte versplinter. Die honde begin verwoed blaf en sy draf bewend terug huistoe.

By hulle huis staan haar man in die donker tuin. “Het jy iets gesien?” vra hy. “Ja,” sê Tess, “ek het Sir Wellesley van sy dak sien

afspring.”“O,” sê hy. “Miskien het hy het die onsienlike gesien,” sê sy

net en haas haar na die kombuis. Eendag, dink Tess, wil sy ook sien wat Sir Wellesley gesien het. Daarvoor sal sy ook op die dak moet klim.

Page 18: Alleen in Plekke

8

Ek onthou dat die selonsrose, Elena het hulle oleanders genoem, al vroegsomer daardie jaar

uitbundig begin blom het. Nou, ja, so snaaks is dit seker nie, want in hierdie

droë landstreek leer jy om op min te oorleef, soos die diere en plante ook.

Wat egter uitsonderlik was, was dat dit nie die blomtyd vir selonsrose was nie. En dit was net op ons plaas!

Op ander plase in die distrik het die selonsroosbosse groen gestaan, die groen miskien ’n bietjie verbleik, maar nietemin die enigste teken van lewe in die dooie, swart landskap.

Die selonsroos is ’n kanniedood en bly ’n vuilgroen deur droogtes, soos ook sitrusbome, veral die suurlemoenboom. Wie het nog nie op die lang, vervelige paaie deur die platteland gery en daar te midde van die verwoesting van droogte, ’n groener kol gesien nie?

Klim maar af en gaan nader. Dis óf ’n selons-roosbos óf ’n suurlemoenboom. Altyd naby bymekaar, jare lank al in vertroude kameraadskap.

Pluk ’n selonsroos en ruik diep daaraan. Die swaar, soet geur is soos ’n bedwelming.

Pluk nou een van die albaster-groot vruggies van

Oleanders

Page 19: Alleen in Plekke

Oleanders

9

die suurlemoenboom en druk dit in jou kies. Die sap laat jou kieste saamtrek, maar hou aan.

Dis in belang van die boom en van jouself. Dit gaan nie regtig so sleg met een van julle nie! En miskien beloon die selonsroosbos jou met een uitbundige bloeisel.

Ruik diep en lank daaraan. Dis soos dinge maar is en sal bly. Die traan en die lag.

En die kleur van die bloeisels in die reënjare van vroeër, dié wat ons saam was, onthou ek as dieprooi soos ware liefde, nog ongelouter, maar met stille geloof en hoopvolle verwagting dat dit ewigdurend sal wees.

En dan was daar die kleur! Hierdie jaar het die kleur skielik verander na karmosyn! Die kleur wat, het sy gesê, jou laat hunker na ’n onbekende eiland en vervullende liefde.

Maar al kleur wat ek geken het was die prooi van ware liefde,

In haar woorde was ’n boodskap opgesluit wat ek nie betyds gepeil het nie.

Ons het mekaar liefgehad, ek en Elena. Ek het Elena liefgehad. Sy het tog na óns liefde verwys. Het sy nie? Ons liefde was meer as vervullend. Maar wat van die onbekende eiland?

Eendag het ek haar bekommerd tussen die ruwe rante, op gevaarlik plekke gaan soek. Die geur van die karmosyn selonsroosbloeisels het walglik-soet oor die dooie veld gehang.

Page 20: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

10

Toe ek met leë hande na ure terugkeer huistoe, het ek in die aandskemering gesien dat al die bloeisels doodgegaan het. Die selonsroosbosse het pikswart, asof in rou, langs my verbybeweeg.

So swart soos die dooie veld waarin dit groei. Soos my siel, so dood. Soos my hart. Daarom moes ek vir dié verraad ’n swart kis voorsien.

Maar toe ek die volgende oggend teruggaan op my spoor, het die selonsroosbosse weer uitbundig geblom. Diep rooi bloeisels.

Soos ou liefde. Ons liefde. My liefde. Ek het alles afgepluk om op haar kis te sit. Dit sal al kleur wees wat daar sal wees.

Daarom was haar swart kis toegegooi onder bloedrooi selonsrose. Die rooiste wat ek nog ooit gesien het. Soos bloed so rooi. Soos haar bloed. In die sand.

Maar as die polisie kom, sal die veld weer getooi wees met blommeprag, want dit het gereën. Ek sal dit nie sien nie. Al wat ek sal onthou is die dooie selonsroosbosse van die vorige jaar.

Want ek is op pad na ’n onbekende eiland en ewigdurende liefde. Sy wag vir my daar.

Page 21: Alleen in Plekke

11

Toe Dries vyf-uur nog nie by die huis is nie, saal Marina haastig haar perd op en vat kortpad oor

die kliprante na Buitepos toe. Sy is bly sy het rede om weg te kom voordat haar man terugkeer uit die veld. Hardop sal sy dit nie aan haarself erken nie.

Alhoewel dit vir haar lyk asof hulle huwelik hierdie keer finaal gedoem is, probeer sy nog haar bes om ’n mate van normaliteit te handhaaf. Daarom berei sy in die aand ’n aansit-ete voor en dek die tafel noukeurig. Om meer as een keer alleen aan te sit.

Die koue, ongenaakbare stilte tussen is veel erger as die hewigste argumente. Hulle het gefaal, soos haar pa voorspel het kort voor sy dood. Sy het teen sy sin met Dries getrou. Hy is ’n sukkelaar en sal enige vrou ongelukkig maak, het hy gesê. Maar sy wou nie luister nie.

Voordag het sy gehoor hoe hy met die bakkie vertrek en gehoop dat hy voer vir die lammerooie gelaai het. Of die stukkende grensdraad gaan herstel het. Daar is dag vir dag soveel op die plaas te doen, net om dit gesond te laat funksioneer, dat sy oorweldig voel.

Sy kan sien dit stadig maar seker weer begin agteruitgaan, want Dries werk met ’n nukkerige, afsydige houding asof hy geen belang het en iemand

Die Niggie

Page 22: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

12

anders blameer vir die agteruitgang. Soos die vorige keer, drie jaar gelede. Dieselfde

gees van doelloosheid, agterlosigheid en sommer pure luiheid het ook oorgeneem. Alles het toe ook, net soos nou, in verwaarlosing verval.

Dit was asof ’n dodelike, onsigbare siekte oorneem, vasbeslote om alles in sy pad te vernietig. Ook hulle huwelik. Sy het gevoel soos ’n bestuurder wat beheer oor die voertuig verloor het, en met verbysterende spoed op die afgrond afpeil.

Nou is dit weer dieselfde storie. Die werksmense verwaarloos hulle pligte en ignoreer opdragte van Dries. Die skaap moet gedip kom, die half-geboude skuur voltooi word en die lande voorberei word vir planttyd.

Maar niks gebeur nie. Sy doen wat sy kan, maar dit is nie genoeg nie. Die blote omvang van die werklading verslaan haar. Sy het nie die fisiese, nog minder die emosionele krag om dit te doen.

Sy sal sake hulle gang laat gaan en Dries nie weer konfronteer nie. Dis waar sy die fout gemaak het, het Nora die vorige keer raad gegee.

Mans is maar so, het sy uit haar meerdere kennis gesê. Was sy dan nie self twee keer getroud nie? Partymaal kry hulle sulke insinkings en dit sal weer na die normale teruggekeer. En dit het, met Nora se hulp.

Na die probleem opgelos was, het sy saam met Dries geveg om die plaas van ondergang te red.

Page 23: Alleen in Plekke

Die Niggie

13

Die veeleisende werk, skuld wat opgehoop het en bekommernis oor die toenemende droogte, het veroorsaak dat sy hulle kind verloor het. En byna haar lewe.

Marina onthou hoe opgewonde hulle was by die vooruitsig van ’n baba. Sy het haar pa belowe dat sy sal sorg dat die plaas in die familie bly, al het hy haar huwelik met Dries nie goedgekeur nie. Eendag sal daar iemand wees wat sy werk sal voortsit, het sy belowe.

’n Familie, waarvan die waarskynlikheid al hoe skraler word, dink sy nou en kyk deur ’n waas van trane na die veld om haar. Sy sal moet besluit. Dié keer kan sy nie die weelde van besluiteloosheid bekostig soos die vorige keer nie.

Toe was sy weerloser, want sy het hulle kind verwag. Maar hierdie keer is daar vir haar net een doel: sy moet die erfplaas red. Sy moet doen wat die beste vir die plaas is.

En vir haarself. Hoe onwaarskynlik dit nou lyk en iets waaraan sy nog nie rasioneel kan dink nie, ’n moontlike erfgenaam later. Want miskien kan haar en Dries se huwelik wéér gered word. Met die hulp van haar verstandige en simpatieke vriendin, Nora, op die buurplaas.

Alhoewel Marina se hoofdoel is om die vrugtebome te gaan natlei, bly die gedagte in haar agterkop maal. Sy sal weer vir Nora in haar vertoue neem. Dié gedagte laat haar die perd aanspoor.

Page 24: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

14

Op die hoogste punt van die kliprant hou sy die perd in en kyk na die veld om haar. Dit was ’n goeie reënjaar en alles getuig daarvan. Die bome en bosse is ’n see van groen, hier en daar onderbreek deur geelryp graslaagtes.

Die boerboktrop, wat teen die hang van die rant wei, is spekvet soos ook die dragtige verse wat sy in die graslaagte kan sien. Terwyl hartseer en teleurstelling haar dae kenmerk, is een ligpunt dat hulle ook nie nog met ’n droogte te kampe het nie.

In die vêrte, op die buurplaas, weerkaats die silwer sinkdak van hulle buurvrou, Nora, se huis in die laat middagson. Sy voel hoe die spanning uit haar vloei as sy onthou hoe kalmerend en bemoedigend Nora se teenwoordigheid kan wees.

Sy sal ’n sal draai daar gaan maak, sodra sy die vrugtebome klaar natgelei het, neem sy haar voor.

Miskien sien sy in Nora die moederfiguur, want sedert hulle op die plaas kom boer het, het Nora ’n wakende oog oor hulle gehou. Sy het sedert haar man se dood alleen geboer en kon hulle dus met raad en daad bystaan.

Veral vir Dries wat in die stad groot geword het en geen kennis van boerdery gehad het nie. Marina het haar hande vol gehad met die huis en tuin. En sy was verwagtend.

Maar toe, in die begin van die derde jaar, verander alles. Sy was toe ses maande swanger en die hitte het haar uitgeput gelaat. Wanneer sy soms laat namiddae

Page 25: Alleen in Plekke

Die Niggie

15

saam met Dries die poste omgery het, kon sy sien hoe alles agteruit gaan.

Krippe het gelek en die dorstige diere het ’n modderpoel daarom getrap, kampdrade was plat, die droppers gebreek deur die desperate, dors diere.

By Buitepos, waarheen sy nou op pad is, het die dam oorgeloop en die water het reeds ’n voor uitgespoel waar plantegroei groen uitgeslaan het. Hier gaan ek vrugtebome kom plant, het sy moeg gedink, maar niks gesê nie.

Die reën het weggebly en Dries het stiller en stiller geraak, stug en afgetrokke. Wanneer sy by hom probeer uitvind het wat verkeerd was, het hy ontwykend en kwaad geword.

Argument na argument het mekaar opgevolg. Hy het al later weggebly, selfs party nagte nie huistoe gekom nie.

Marina het al haar moed bymekaar geskraap en Nora in haar vertroue geneem. Dié het belowe dat sy met hom sal praat. Twee dae later het sy aan die deur geklop.

“Dries het gebieg, Marina,” het sy sonder omhaal gesê, “dis ’n ander vrou. Uit die dorp. Ek ken haar man en het hom gebel en vertel wat onder sy neus aangaan.” Haar stem was hoog en skril van ontsteltenis.

Marina het begin huil en Nora het haar arms troostend om haar vriendin geslaan.

“Ek weet wat jy wil vra, maar dis beter as jy nie weet wie die vrou is nie. Dit sal jou net vêrder ontstel

Page 26: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

16

en jy het nou gemoedsrus nodig.”Sy het Marina se trane afgedroog en oorreed om

Dries ’n tweede kans te gee. Tog het Marina die kind verloor.

Ook hier was dit Nora wat haar in daardie donker tyd bygestaan en vertroos het.

Daarna het hulle nog meer oor en weer gekuier, maar sedert sake tussen haar en Dries wéér versleg het, was sy sku om by Nora te kom. Sy het vernederd gevoel om te erken dat sy en Dries weer probleme het.

Maar Nora het gereeld gebel, natuurlik bewus dat iets skort. Die laaste maal het sy byna aangedring op ’n besoek. Haar niggie kuier op die oomblik by haar en wil graag vir Marina en Dries ontmoet, het sy gesê. Dries het bly verskoning maak dat hy saans te moeg is en sy het verlig ingeval daarby. Sy kon Nora nog nie in die oë kyk nie.

Marina hoe daar ’n koel suidewind begin trek. Sy ril en buk laer in die saal. Op die wind kom klanke aangedryf, soos van perdepote en laggende stemme. Sy moet haar dit verbeel, dink Marina.

Maar die perd trap onrustig rond en sy weet dis omdat hy bewus is van die teenwoordigheid van ander perde.

Sy lig haarself in die saal en bespied die omtrek, bedag op veediewe. Sy luister vir nog ’n paar minute, maar alles raak stil. Seker maar plaaswerkers wat op die buurplaas gaan kuier, dink sy.

Page 27: Alleen in Plekke

Die Niggie

17

Vaagweg bly iets haar egter hinder. Soveel dinge is egter verkeerd, dat sy dit toeskryf aan die neerslagtigheid en hulpeloosheid wat sy die laaste paar maande ervaar.

Teen die rant áf, waar los klippe die gang van die perd vertraag, onthou sy haar en Dries se talle uitstappies dwarsoor die plaas in gelukkiger tye. En tóé sy skielike onverklaarbare optrede en die verwaarlosing van die plaas drie jaar gelede. En nou weer.

Was dit weer die vrou uit die dorp?Toe ’n vlakhaas skielik onder ’n bos uitspring,

steier die perd so onverwags agteroor, dat sy amper uit die saal gelig word. Dieselfde gebeur op die gelykte tussen die gras toe twee patryse in die lug opvlieg.

Dis duidelik dat die perd deur een of ander iets ontstig is. En skielik weet Maryn wat dit is wat haar hinder.

Toe sy haar perd uit die stal gaan haal het, het die stilte daar haar nie opgeval nie, omdat sy vasgevang was in haar bekommernisse en haastig was om weg te kom. Gewoonlik hoor sy die ander twee perde onrustig roer in hulle stalle wanneer sy haar perd uithaal, gretig om ook losgelaat te word.

Die ander twee perde was nie daar nie. En dit moet dié twee perde wees wat haar perd gehoor het. Wat is aan die gang? Waar was die ander twee perde?

Dries is tog met die bakkie weg. Maar miskien was hulle tog daar en is dit nie net haar verbeelding wat op loop sit.

Page 28: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

18

Sy het meer om haar oor te bekommer, dink sy, en sy het nog nie finaal besluit oor ’n besoek aan Nora nie. Marina weet dat sy teen haar beterwete soek na ’n logiese verklaring vir Dries se optrede.

Sy is bereid om enigiets te aanvaar, solank dit net nie ’n herhaling van die vorige pynlike gebeure is nie. Om weer deur ’n soortgelyke donker tydperk te worstel, sien sy nie kans nie.

Sy kroniese uithuisigheid, opvlieëndheid teenoor haar en die werksmense, belangeloosheid in die plaas kan sy nog aanvaar. Maar sy meedoënlose kritiek op haar persoon en alles wat sy doen, laat haar verward en onseker.

Destyds het hulle op die randjie van bankrotskap gedraai, maar nadat hy gebieg en belowe het dat so iets nie weer sal gebeur nie, het sy hom vergewe en saam met hom gewerk, totdat daar weer ’n inkomste was. Sy het geleer om hom weer te vertrou en die laaste twee jaar was goeie jare vir hulle. Hulle het vooruit geboer en weer begin praat oor ’n gesin.

Maar nou vermy hulle mekaar soveel moontlik, want die gelade stiltes tussen hulle is meer vernietigend as woorde: sy koppige swygsaamheid oor wat so ooglopend verkeerd is en haar stilswye omdat sy haar ergste vrees nie bevestig wil hê nie.

Die vrugteboord wat sy hier by die buitepos aangelê, was ’n uitvloeisel van daardie moeilike tydperk in haar lewe. Dit het haar toevlugsoord geword, waar sy gevoel het asof sy nog ’n mate van beheer oor haar

Page 29: Alleen in Plekke

Die Niggie

19

emosies het.Waar sy planne kon maak hoe om die plaas ten

minste in werkende orde te hou. En natuurlik was dit net ’n hanetreetjie na Nora se

huis. Sy kon net tot by die grensdraad ry, die teuels oor ’n dropper haak, deur die draad kruip en sy was so te sê op haar buurvrou se voorstoep.

Marina meet die son met haar oë. Sy sal haar moet haas as sy al die bome wil natlei en nog ’n draai by Nora ook wil gaan maak.

Van vêr af sien sy dat die dam oorloop. Sy haak die teuels oor ’n boomtak en briek die windpomp. Eers laat sy die krip vol loop en draai dan die kraan oop.

Wanneer die water in die voor langs begin loop, sak swerms voëls toe om hulle dors te les. Sy vat die graaf en begin die water uitkeer. Haar gedagtes begin weer oor mekaar tuimel. Marina besef dat sy ernstig moet besin oor die plaas.

Sy moet probeer vergeet van haar persoonlike probleme. Die skaap sal die week gedip moet kom. Die brandpaaie moet nagery word om seker te maak dat dit skoon van plant of gras is.

Die son sak vinnig, maar sy is nog vêr van klaar af. Die res van die bome sal sy môre kom natlei. Op pad na haar perd toe, runnik hy onverwags.

Marina steek verbaas vas. ’n Perd runnik gewoonlik as hy ander perde gewaar. Die enigste ander perde op die plaas is gewoonlik op stal, maar was nie vanoggend daar nie.

Page 30: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

20

Op die rant waaroor sy so pas gekom het, verskyn twee ruiters. Vir ’n oomblik is hulle afgebeeld teen die ondergaande son en dan verdwyn hulle in die kloof. Sy ken die wêreld en weet dat hulle enige oomblik weer te voorskyn kan kom.

Vir ’n oomblik is sy uit die veld geslaan. Wie sal hier op hulle plaas rondry? ’n Boer moet maar altyd op die uitkyk wees vir wilddiewe, dink sy, en al wat sy kan doen is om vas te stel wat hulle op die plaas doen.

Daar kan ’n eenvoudige verklaring wees. Bure wat moontlik wegloop vee soek en met Dries gereël het.

Marina staan nog besluiteloos langs haar perd toe die twee ruiters weer te voorskyn kom. Op ’n stap kom hulle al langs die grensdraad afgery. Teen die gloed van die son, is sy nie seker of haar oë haar bedrieg nie.

Dis Dries! Wat sal Dries hier soek saam met, soos dit wil voorkom, ’n vroue-ruiter. Die vrou het ’n breërand hoed op, met ‘n wit serp wat om haar kop fladder in die wind.

Hulle verdwyn in ’n waterloop tussen bome en toe Dries weer te voorskyn kom, is die een perd ruiterloos. Met die twee perde verdwyn hy weer soos hy gekom het.

Toe hy weer op die rant, waar sy die ruiters die eerste maal gewaar het, verskyn, runnik haar perd onverwags en dit lyk asof hy in haar rigting kyk. Dan verdwyn hy oor die rant.

Waarom die geheimsinnigheid? wonder sy. En wie is is die vroue-ruiter? Die vroue-ruiter kan net Nora

Page 31: Alleen in Plekke

Die Niggie

21

se niggie wees, maar sy is nie heeltemal seker dat dit wel ’n vrou was nie. Alles het so vinnig en onverwags gebeur, dat sy vir ’n oomblik dink dat haar emosionele spanning so desperaat na ’n uitleg vir Dries se optrede soek, dat sy haar dinge begin verbeel.

Maar haar gesonde verstand sê vir haar dat sy haar nie verbeel het nie. Dit wás ’n vrou en dit is die rede waarom sy en Dries weer vervreemd is. As dit Nora se niggie was, dan is Nora net so aandadig aan die verraad.

’n Gevoel van verlies, so intens en werklik, vloei deur haar liggaam, sodat sy desperaat aan haar perd vasklou. Sekondes lank staar sy onsiende na die toneel om haar.

Die dalende skemer, die boktrop wat in ’n wit streep aankom water toe en ’n swerms voëls wat in die vrugtebome kom skuiling soek vir die nag, is alles so normaal. Soos dit behoort te wees. Die perd roer onrustig, sy oë nog op die rant waar die ander perde verdwyn het.

Sy wik en weeg of sy moet omdraai of vir Nora gaan konfronteer. Miskien weet sy nie eers waarmee haar niggie besig is nie. Sy boer self en is groot gedeeltes van die dag op die plaas besig.

Sy moet seker maak, want sy kan nie toelaat dat haar agterdog hulle vriendskap verongeluk nie.

By die grensdraad haak sy die teuels oor ’n dropper en kruip vinnig deur die draad. Dis dieselfde plek waar die onbekende vrou deurgekruip het, dink Marina en

Page 32: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

22

huiwer ’n oomblik om haar emosies onder beheer te kry.

Dan draf sy tot op die stoep. Deur ’n venster kan sy Nora by haar stoof sien staan. Die honde kom groet haar, maar blaf nie. Hulle ken haar.

Marina sien hoe Nora skrik toe sy skielik in die deur verskyn en maak vinnig verskoning.

“Jammer, vriendin, as ek jou laat skrik het, maar ek het die bome natgelei en besluit om vinnig ’n draai te maak.”

“Jy moet nie so laat alleen rondloop nie, Marina,” vermaan Nora en omhels haar. Haar bekende, en vertroude eksotiese parfuum voel soos ’n liefkosing.

“Is iets verkeerd?” vra Nora bekommerd.Marina voel hoe trane in haar oë spring. Nora wat

verstaan sonder dat jy nodig het om te verduidelik. Natuurlik sal sy nie weet van haar niggie se eskapades nie.

“Ek het eintlik net kom inloer om jou niggie te ontmoet, Nora,” stamel sy.

“Ag, dit is nou ’n jammerte, maar sy moes onverwags teruggaan. Haar ma het siek geword. Sy wou jou so graag ontmoet,” sê Nora en vou Marina toe in haar arms.

“Voel hoe bewe jy! Wat is verkeerd, liefie? Dit lyk asof jy spook gesien het.” Sy trek Marina aanhaar arm tot op die rusbank.

Marina onthou met ’n siddering dat dit ook die

Page 33: Alleen in Plekke

Die Niggie

23

plek was waar sy kom bieg het oor Dries se ontrou en waar Nora haar oorreed het om hom te vergewe.

“Sy is nie meer hier nie?” vra sy verward en onseker hoe om op te tree. Sal sy Nora reguit vra of sy haar niggie beskerm ?

As sy so iets ooglopend toelaat, is sy nie die naam vriendin werd nie. Sy moet tyd hê om te dink.

“Ek moet hardloop, Nora, my perd is onrustig vandat hy vanmiddag die twee ruiters gesien het, sê sy gejaagd en spring op. “Netnou ruk hy los.” Sy beweeg vinnig na die deur.

“Twee ruiters?” vra Nora verbaas.“Een was Dries. En ’n vrou.” Moet sy vir Nora

reguit sê dat sy haar storie oor die niggie wat terug huistoe is, nie glo nie. Netnou is haar aantyging verkeerd en dryf sy onnodig ’n wig tussen haar en Nora in.

Miskien is dit ’n vrou wie se motor iewers parkeer was en weet Nora niks.

“Nie alweer nie!” roep Nora geskok uit. Watter vrou, Marina? Het jy haar nie herken nie?” vra sy duidelik ontsteld.

“Nee, dit was te vêr en die ondergaande son was in my oë. Maar moet jou nie bekommer nie, Nora. Ek sal nie weer op jou skouer kom huil nie.” Sy buk oor en soengroet Nora.

“Ek sal probeer uitvind wie die vrou is, jou arme ding,” belowe Nora met haar bekende gulhartigheid.

Page 34: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

24

“Wie die vrou was, speel nie ’n rol nie. Hierdie keer sal Dries maar sy goedjies moet pak en groener weivelde elders gaan soek.”

Marina begin draf, haastig om weg te kom van Nora se verslae, hartseer gesig. Hulle groet mekaar nooit, want hulle is goeie vriendinne en het vroeër tydig en ontydig by mekaar ingeval.

Sy hoor hoe Nora iets agterna roep, maar sy luister nie meer regtig nie. Al wat sy kan uitmaak is: “Jy moet weer dink, Marina!”

Die maan het nog nie opgekom nie en die veld is reeds in skemer gehul. Sy baan haar pad versigtig tussen los klippe en doringbosse deur. Die wind waai sterker en ’n onverklaarbare gevoel van onheil pak haar beet.

Sy skrik toe sy iets teen die draad sien beweeg. Die perd trap onrustig rond. Dis ’n wit serp. Sy buk, tel dit op en druk dit vir ’n oomblik teen haar gesig vas.

Die bekende reuk van vertroude gesprekke, onvoorwaardelike vriendskap en troostende woorde, omvou haar vir ’n oomblik.

Dan slinger sy die serp met soveel geweld en ’n uitroep van pyn weg van haar, dat die perd verskrik agteroorsteier. Die wind speel ’n oomblik daarmee, raap dit dan op en waai dit hoog in ’n doringboom vas.

Marina staan nog etlike minute en staar na die serp wat soos ’n vredesvlag in die wind wapper. Toe trane haar oë verblind, klim sy op die perd en laat homself

Page 35: Alleen in Plekke

Die Niggie

25

die pad huistoe vind. In die donker sien sy hoe die ligte in Nora se huis afgaan.

Die serp met sy eens vertroostende geure wapper nog vrolik in die wind. Maar daar kleef nou ’n nuwe reuk aan die serp.

Marina het nie geweet dat in die koel, troostende geur van vriendskap ook die versmorende swaelreuk van verraad kan skuil nie.

Page 36: Alleen in Plekke

26

Vrees

Alda staar ongelowig na die skokkende gesig wat haar begroet toe sy op die kruin van die kliprant

uitkom. Voor ’n murasie, aan die anderkant van die rivier, sit ’n vrou roerloos op ’n perd met ’n geweer oor haar skouer.

Dit lyk asof sy uit die klip van die rant gekap is, so volkome smelt sy saam met die omgewing. Was dit nie vir haar lang, blonde hare wat in die wind wapper nie, sou Alda haar waarskynlik nie dadelik raakgesien het nie.

Dis die middaguur en verblindende hittegolwe dans oor die veld en skep ’n toneel van onwerklikheid. Vroegoggend het donker reënwolke in die ooste saamgepak, maar die droë westewind het dit uitmekaar geskeur, sodat net die flenters nou nog doelloos in die lug ronddryf.

Dit veroorsaak skaduwees wat rusteloos oor die veld, graslaagte, droë sandrivier en kliprant speel, en dra by om die vreemde toneel nog onwaarskynliker en vêrgesog te maak.

Daar woon niemand op die plaas behalwe sy en haar man en die plaaswerkers nie. Beslis geen ander vrou nie.

Haar oë moet haar bedrieg. Dis Desembermaand, in die hartjie van die somer, en die meedoënlose warm

Page 37: Alleen in Plekke

Vrees

27

son kon haar aangetas het. In dié geweste moet jy voorsorg tref teen sonsteek, waarsku almal jou. Sy is sonder ’n hoed by die huis weg en het vêrder gestap as wat sy besef het.

Dit is dus moontlik dat sy sonsteek opgedoen het. Want haar brein weier om te registreer wat sy sien. Sy bly vasgenael staan. Met haar een hand vee sy tevergeefs die sweet, wat uit haar hare oor haar gesig stroom, weg, terwyl sy met die ander hand ’n skerm oor haar oë vorm om beter te kan sien.

Sy knip haar oë ’n paar maal, om seker dat sy haar nie misgis nie. Maar niks verander nie. Die vrou sit nog roerloos op die perd, geweer oor die skouer, maar nou lyk dit of sy reguit na die kliprant, waar Alda staan, kyk.

Alda voel hoe die ou bekende, verlammende vrees oorneem sodat sy nie in staat is om te roer nie. Die ou vrees wat sy al vir jare probeer besweer en wat, Fred haar man, ongeduldig maak.

“Kyk, Alda, dit het gebeur toe jy ’n kind was. Dis tyd dat jy daarvan vergeet. Hier op die plaas is daar niks om te vrees nie,” probeer hy ergerlik help wanneer sy geduld opraak.

Sy vertel hom weer van die soldate op perde, geweers oor die skouer, vrouens wat met lang rokke bokant die knieë opgepluk, deur die mielielande vlug.

En die verskriklike stilte nadat die geweervuur opgehou en die soldate met juigkrete verdwyn het.

Langs haar ma op die grond, het twee leë mandjies

Page 38: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

28

gelê. Haar ma was besig om mielies daarin te pak vir hulle aand-ete. Alda het die bloedbesmeerde mielies, wat oor die nat grond versprei gelê het, een vir een begin optel en gewonder waar die bloed vandaan kom.

Voordat sy ’n kooksel mielies vir aand-ete oorhang, het sy gedink, sal sy dit eers goed moet afwas. Baie goed, sodat die bloed wat aan die blare kleef nie in die kos beland nie.

Sy het die volgepakte mandjies nader aan haar ma geskuif en verward rond gekyk toe iemand begin gil. Maar daar was niemand nie. Net die vroue wat doodstil oral in die lande soos lappoppe gestrooi gelê het.

Eers toe iemand haar aan die arm neem, het sy geweet dat dit sy was wat so gil. Hulle het haar ’n inspuiting gegee en alleen in ’n donker kamer toegesluit.

Eendag het sy vir die dokter gevra wie die ander mense in die kamer was. Sy hoor hulle praat, maar kan hulle nie sien nie. Daar is niemand anders nie, het hy gesê. Dis net jy.

Na sy uitgelaat is, het sy gehoor dat haar ma dood is en sy nou in die weeshuis moes gaan woon.

Sy het nooit weer gegil nie want sy het geweet dat hulle mense in donker kamers toesluit as hulle gil.

Haar man wou lateraan nie meer na haar luister wanneer sy die gebeure opgehaal het nie. Hy het net sy kop aanhoudend bly skud. Sy het hom nie kwalik geneem nie: Sy het in die jaar wat hulle getroud is die

Page 39: Alleen in Plekke

Vrees

29

storie herhaaldelik vertel.Later het sy nie meer daarvan gepraat nie. Maar om

haar vrees te bekamp het sy die plaas begin fynkam en plekke wat onheilspellend lyk, ondersoek om haarself gerus te stel dat alles normaal is.

Sy het Fred nie daarvan vertel nie. Hy sou net bekommerd wees as hy weet hoe vêr sy van die huis af wegdwaal.

En na sy haarself gerusgestel het, dat dit veilig op die plaas is, gebeur die onverwagte. Of is dit maar wat sy altyd verwag het?

Hier is ook geen plek om te skuil nie, net soos daar geen plek in die kaal, omgeploegde mielielande was nie. Net die grysgroen bossieveld en swart, blaarlose driedoringbosse met hier en daar een met verpotte wit blommetjies.

En hier is ook ’n perd en ’n geweer, maar dit is ’n vrou.

Alda voel hoe dié gedagte haar vrees stadig laat oorwin. Die vrees wat haar man ongeduldig en kwaad maak. ’n Vrou sal tog nie ’n weerlose ander vrou leed aandoen nie? Nie soos dáárdie dag nie. Sy moet daarvan vergeet, sê Fred, dit is verby.

Iewers agter haar breek ’n twis tussen voëls uit. Net soos die dag wat voëls in die vyeboom langs hulle huis ’n kabaal opgeskop en Fred gesê het dat dit vrees vir die teenwoordigheid van ’n slang in die vyeboom, is.

Dit is goed het hy bygevoeg, want die slang sal die

Page 40: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

30

voëls weghou sodat hulle verseker was van ’n vye-oes.Maar die voëls kan wegvlieg, het sy protesteer. Dis

vrees wat hulle weghou, het hy geantwoord.Dan is daar altyd die haelgeweer, het hy gesê en

skuldig gelyk. Alda was geskok en seergemaak dat hy vergeet het van die traumatiese gebeure van haar tienerjare.

Alda skerm weer die son uit haar oë met haar hand om seker te maak dat sy haar nie misgis nie. Dan lig sy haar arms bokant haar kop in ’n vredesgebaar.

Een oomblik is dit net ’n vrou op ’n perd, wat sy sien. Maar dan verander die toneel en lyk dit soos ’n reuse vlermuis met vlerke wat verwoed op en af fladder en die perd wat wild in die lug kap met sy voorpote.

Die skaduwees van die bewegende sliertige vlieswolke lyk soos swart golwe wat oor hulle spoel.

Die vlermuis klap ’n vlerk en iets flits in die son. Die ligstraal beweeg op teen die rotse, huiwer ’n oomblik daar, gaan dan stadig, ondersoekend oor die veld tot op die bult waar Alda staan. En stop.

Sy bly nog vir ’n oomblik vasgenael staan.Dan besef Alda wat besig is om te gebeur. Dit is

die son wat op die geweerloop weerkaats en die straal veroorsaak. Die vrou het haar gesien en is besig om aan te lê.

Sy val met ’n gesmoorde gil plat asof die straal haar getref het. Haar liggaam begin ruk asof sy gekwes is. Sy proe die bloed, sout op haar tong, en spoeg dit in

Page 41: Alleen in Plekke

Vrees

31

die stof voor haar uit. Die stof word rooi soos bloed. Oral is bloed. Haar

hande bloei en iemand huil en soebat en die son is rooi en die plante verdrink in bloed.

“Asseblief ...” snik sy. “Moenie ...! moenie ...!’Alda krul haar liggaam in ’n bondeltjie en druk

haar hande oor haar oë om die beelde uit te wis. Sy wil nooit weer bloed sien nie.

Iemand, onthou sy het daardie dag aanhoudend na haar geroep. Dit was haar ma. Sy wou antwoord, maar die soldaat het haar mond toegedruk met sy hand wat na bloed geruik het. Deur haar hare oor haar gesig kon sy die son se rooi strale sien.

Nadat die soldaat weg is, het sy ongelowig na die bloed aan haar en om haar gestaar.

Sy maak haarself klein op die rant tussen die yl plantegroei en weet dat dit nie veel sal help as sy ’n teiken word nie. Om terug te beweeg, weer teen die rant af en uit die gesig, is al uitweg.

Maar die onbekende vrou, vanwaar sy heelwat hoër teen die kliprant staan, sal enige beweging dadelik sien.

Al uitweg is om te wag. Miskien verdwyn die vrou in die murasie of soek skaduwee op. Sy moet ook tog die hitte voel.

Die groot probleem is die versengende hitte. Om net te lank daarin te beweeg, sonder ’n hoed, kan gevaarlik wees. Om onbepaald daarin te lê sal dodelik wees.

Alda draai op haar maag en sit haar arms

Page 42: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

32

beskermend oor haar kop. Sy kan die hitte van die grond onder haar, deur haar klere voel brand. Ten spyte van die vrees wat sy voel, raak sy ’n bietjie rustiger.

Sy herwin haar asem wat nog gejaag het na die klim van die steil bult en probeer om rasioneel te dink.

Sy ken die mense van die distrik en hulle gebruike nog nie en daar kan ’n eenvoudige verklaring wees vir wat sy as nuwe intrekker onverklaarbaar vind.

Soos ’n onbekende vrou, met ’n geweer oor haar skouer.

Maar die vrouens van die distrik is gewoond daaraan om ’n geweer te hanteer. Dit is amper ’n vereiste op hierdie afgeleë plase.

Dit mag wees dat die vreemde vrou na wegloop-skaap of bokke soek. Daar is nog volop roofdiere in die klowe en om ’n geweer saam te neem, is gewoonte by mans, sowel as vroue.

Maar goeie buurskap vereis dat jy die eienaar van die plaas in kennis stel van jou voorneme om verlore vee op sy grond te kom soek. As dit wel so is, het Fred vergeet om daarvan melding te maak.

Sy moet gemakliker probeer lê, want sy weet nie hoe lank dit sal duur nie. Maar sy roer nie, bang dat die straal, die geweer dus, nog op die rant gerig is.

Die skoon reuk van gekneusde plante, soos sy daarop geval het, verdring die droë stofreuk en gee haar ’n gevoel van die werklikheid. Dis soos Fred sê, sy ruk alles uit verband.

Page 43: Alleen in Plekke

Vrees

33

Sy gaan opstaan en eenvoudig af teen die rant stap tot by die vrou op die perd.

Miskien is die kliprant met die murasie nie eers op hulle grond nie. Sy kon onbewustelik oorgesteek het in ’n buurplaas in, maar dan moes sy deur ’n hek of oor ’n grensdraad gegaan het. En sy is seker sy het nie een van die twee gedoen nie.

Alda begin belaglik voel. Waarom dink sy die vrou het kwade bedoelings gehad? Was dit ooit ’n geweer? Is dit nie net die traumatiese herinneringe uit haar verlede wat die vrees weer lewendig gemaak het nie? Daar kan tog geen boosheid in dié vredige landskap skuil nie.

Reg voor haar neus, tussen die lae bossies is miere ywerig besig om kos in te samel en nes toe te dra. Hulle stroom met grassade, drie keer so lank soos hulle self, in gelid verby op onsigbare paadjies. ’n Ander stroom, van hulle vrag verlos, beweeg in die teenoorgestelde rigting, terug na die voedselbron.

Sy sien hoe hulle ’n wyle bymekaar vertoef, om soos dit lyk, ’n boodskap oor te dra of ’n instruksie te gee. Hulle laat haar dink aan gedissiplineerde, gewapende soldate op pad na die slagveld, en die terugkerende nuwe rekrute op pad om bewapen te word.

Of die weeshuis waar hulle ook in lang rye moes staan om kos te kry.

Die geforseerde rus doen haar goed en sy voel kalmer en weer in beheer van die situasie. Alda skrik egter toe twee pieterpolle begin rusie maak ’n entjie

Page 44: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

34

van haar af. Sy loer daarheen en sien hoe hulle in ’n verpotte driedoringbos opgewonde van tak tot tak spring. Dis duidelik dat iets skort.

Onder op die grond lê ’n paar verwaaide wit blomme en dit lyk of die twis daaroor gaan. Heuningbye, torre, motte en ander klein onbekende diertjies het daarop toegesak. Selfs twee akkedisse lê ’n entjie weg in die son en bak.

Alles voel so normaal, dat sy weer begin twyfel aan wat sy gesien het. Sy wonder wat haar man sal sê as hy haar hier in die veld op haar maag aantref.

Die gedagte laat haar glimlag. Sedert hulle op die plaas aangekom het, sy as iemand wat net die stadslewe geken het en steeds gesukkel het om die trauma van haar jeug te verwerk. Eers was Fred ’n simpatiek. Hy het gepaai en verduidelik. Na ses maande het hy ongeduldig geraak.

Die hitte begin ondraaglik raak. As sy net kon beweeg tot onder die driedoringbos, waar nou nog voëls bygekom het en die twis luidrugtig voortduur. Die paar kaal takke sal darem tog vir ’n soort van skaduwee sorg.

Sy begin so ongemerk moontlik vorentoe beweeg, maar haar vordering is so pynlik stadig dat sy opgee.

Die son is besig om sy tol te eis. Haar tong kleef aan haar verhemelte en voor haar brandende oë verander die lugspieëlings in aanloklike poele helderskoon water. Sy kan nie veel langer hier op die bult in die

Page 45: Alleen in Plekke

Vrees

35

bloedige son bly lê nie. Alda kom stadig tot op haar knieë, maar val dadelik

weer plat toe sy perdepote hoor. Sy strek haar liggaam plat teen die grond, haar tone gestrek, haar hande styf teen haar sye.

Dit moet die vrou op die perd wees wat haar kom soek. Maar dit moet meer as een perd wees, dis beslis ’n groep ruiters. Sy kan hoor aan die hoefslae van die galopende perde, hoe hulle al naderkom, maar dan besluit om ’n ander rigting in te slaan.

As sy hulle net kan sien! Alda lig haar kop versigtig van die grond af en tuur in die rigting waar sy vermoed die ruiters moet wees. Verligting spoel oor haar. ’n Stofwolk dui hulle posisie presies aan.

Hulle is op pad na die murasie waar sy die vrou vroeër gesien het. Sy sal kan wegkom! Sy hoor vir die eerste maal die geblaf van honde en paniek laat haar reageer. Die honde sal haar ruik...

Alda spring en begin blindelings hardloop. Sonder rigting, net weg van die gevaar. Die lamheid in haar bene verdwyn. Sy vlug.

Agter hoor sy die geklap van naderende perdepote. Die ruiters het haar gewaar, dink sy paniekbevange. Vrees laat haar, haar laaste kragte inspan.

Sy hoor die strydlustige gille van die ruiters. “Hola!” skreeu hulle. En iets van jakkalse. Maar sy ken jakkalse, hulle val nie mense aan nie. Dis die mans op die perde wat die gevaar inhou.

Page 46: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

36

Skielik sien sy die afgrond voor haar en steek vas. Klippe spring onder haar voete uit en sy hoor hoe dit val, en val.

Voor haar is ’n swart afgrond, die donker kamer...Maar voëls kan wegvlieg, het sy vir Fred gesê. Sy

sprei haar arms horisontaal en spring. Sy klief deur die lug, die duisternis in.

Page 47: Alleen in Plekke

37

Wanneer ’n geliefde uit jou lewe vertrek met ’n motor, voel dit nie so finaal nie. Nie daardie

oomblik nie, want miskien verander die geliefde van opinie en draai terug. Wie weet?

Jy waai en waai, stap vêrder uit sodat jy die motor in die oog kan hou. Bly staan nog wanneer dit reeds om die draai verdwyn het. Wag en luister hoe die dreuning gaandeweg vervaag, totdat al wat jy hoor die veraf gedruis van die stad is.

Maar nog huiwer jy ’n oomblik, met jou hand halfpad in die lug gehou. Wie weet? Miskien...?

Maar hy het nie. Nie met die motor nie. Jy het gewag om hom terug te verwelkom. As hy met die motor terugkom.

Maar, nee, nou na vyf jaar kom hy met ’n vliegtuig terug. Voel soos verraad. ’n Ander soort verraad.

Nie die soort wat jou in ’n lugleegte laat, soos vyf jaar gelede nie. Een wat die lewe skeef trek, net effentjies, sodat jy daarna altyd jou kop moes kantel om dinge in perspektief te sien.

Eers links, dan regs, links, regs, links, regs... Behalwe die eerste dae wanneer jy net kon terugkyk omdat jou kop agterstevoor gedraai het.

Natuurlik tas die toestand van sake jou balans aan. Soms moet jy op jou tone loop, of soek-soek, baie

Finaal

Page 48: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

38

versigtig, voetjie vir voetjie, sodat jy nie val nie. Jou gang deur die lewe is versteur, het onseker geword soos die van ’n kleuter.

Nie meer soos die dag toe jy met vaste tred, kop regop op jou nek, selfversekerd, die baas se mooi vrou, sy kantoor binne gestap het nie. Hy was nie daar nie. Die sekretaresse ook nie. Net van hulle klere.

Dis dáárdie dag wat jou nek geknak het. Soos jy ’n selderystingel sal knak. Nie breek nie, net knak. Maklik.

“Ek gaan weg,” het hy later gesê. “Dis beter so.”“Natuurlik,” het jy geantwoord, “dis beter so.”Jy het tyd nodig gehad om te dink. Hý het tyd nodig

gehad, maar nie sovéél nie. Vyf jaar is ’n lang tyd!En nou kom hy terug. Waarom kom hy nie met

’n motor terug nie? Soos hy weggegaan het nie? Dan kon jy hom verwelkom het soos julle gewoonte was.

Jy kan terwyl jy wag solank koffie maak, koppies op ’n spierwit tafeldoek regsit met bloedrooi rose langsaan.

Uitstap in die tuin om te luister vir die bekende dreuning van die motor. As dit stil is, ’n blok ver. Ahaa... eindelik! Die tyd wat jy gewag het, tevergeefs soos jy gedink het, vergete.

Daar is nie tyd om te wag totdat die motor heeltemal stop nie. En dan die blye weersiens. Maar hy kom terug met die vliegtuig. Soek ’n heenkome, het hy gesê. Verstaan nog nie dat jy moet sorg vir jou eie heenkome nie. Ook met ’n geknakte nek op onvaste

Page 49: Alleen in Plekke

Finaal

39

bene. Mettertyd pas jy aan.Jou nek is nie meer so slap nie en jy kán weer in ’n

reguit lyn loop. Ás mense om jou in die lughawe, jou net nie so heen en weer stoot nie! Jy is moeg, want jy moes vêr reis om hier te kom.

En die gedrang en geraas van onbekende mense, laat jou hunker na die stilte waar jy soveel geleer het.

Die dorpie, tussen hoë berge, het jou leer opkyk, sodat jou nek reg gedraai het en jy weer vorentoe kon kyk. Om teen die steiltes uit te klim, moes jy leer om vas te trap, sodat jou wankelende bene weer sterk geword het.

Nou kan jy hom inwag, soos lank gelede, met vaste tred, kop fier omhoog, sy mooi vrou. Maar hoe verwelkom jy iemand wat skielik voor jou staan?

Waar die ou bekende verwelkoming jou ontneem is? Dis nie reg as iets so eenvoudig, jou ontneem word nie. Heeltemal genoeg is jou al ontneem.

Soms word daar net té veel van jou gevra. Soos nou weer. Waarom voel jou kop weer swaarder, jou nek voel soos ’n los stingel en jou voete sleep op die vloer? Jou hardgevonde nuwe gang deur die lewe is weer versteur.

Miskien is dit net die koorsige gedrang van mense om jou, wat jou onseker maak. En daarvoor is daar net een oplossing: jy moet terug berge toe.

Toe jy buite kom, gaan jou oë onwillekeurig op. Jy soek met jou oë, maar daar is net die blou uitspansel.

Maar die wind wat jy op jou gesig, op jou hele

Page 50: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

40

liggaam voel, is bekend. Weer seker van jouself, met vaste tred, jou kop omhoog, vleg jy deur die vrolike mense terug na jou motor.

Jou veilige hawe totdat jy weer tussen die berge is. Motors is veilig en vat jou dwarsoor die land totdat jy jou bestemming bereik. Of waar jy voel jou bestemming is. So asof dit vir jou gewag het.

Vliegtuie is té finaal. Vlieg koud en gevoelloos oor die berge en spoeg mense in strome uit oor die swart teerblad.

Ook mense wat ongewens en onwelkom is. Jy kan nie vir hulle sê, klim in jou kar en kry koers nie. Vliegtuie is net té finaal.

Maar hy wag vir jou in die kar. Jy voel hoe jou nek stadig begin knak. Nou kan iy nie vir hom sê: Kry koers nie! Waar moet hy dan heen? Die vliegtuig het reeds vertrek.

Maar jy kan vir die volgende een gaan wag. En die volgende... Vliegtuie is mos finaal.

Page 51: Alleen in Plekke

41

Twee oumense sit op die stoep en koeldrank drink. Rooi koeldrank wat hulle herinner aan die

uitbundigheid van hulle jeug.Elke dag, in die somer, presies vier-uur kom sit

hulle hier om iets koel te drink, want in die somers is dit té warm vir koffie.

Dis altyd hulle geliefde rooi koeldrank, wat ure lank huiwer in die mond. Soos ou herinnerings.

In die winter is dit bossietee, lank gekook sodat dit soos ou bloed in die spierwit koppies lyk.

Omdat dit dan koud is, aangevul met ’n eetdingetjie vir die honger kol op die maag.

Hulle geniet die ongekende vryheid na ’n leeftyd van swoeg en sweet om hulle kinders te versorg en voor te berei vir die lewe.

Hulle gesels nie, want elkeen is besig met sy eie gedagtes oor die naderende Kersfees, wanneer hulle kinders weer huistoe kom.

Toe twee mans onverwags om die hoek van die huis verskyn glimlag hulle vriendelik soos hulle gewoonte is. Die twee vreemdelinge glimlag ook vriendelik en haal die geweers van hulle skouers af.

Dit lyk asof hulle kom groet voor hulle oorlog toe vertrek, soos die soldate vroeër, voor hulle Noorde toe vertrek het.

Rooi Koeldrank

Page 52: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

42

“Die arme soldate,” sê die ou vrou en sug. “Hoe-veel van hulle sal op die slagveld agterbly?”

Soos hulle naderstap, lig hulle die geweers in die rigting van die twee oumense op die stoep.

Die ouman spring verskrik op, sy glas val om, die koeldrank stort uit oor die tafel en loop in ’n dun, rooi stroompie af op die vloer. Sy vrou vlug met krom bene by die voordeur in.

Swerms voëls vlieg vervaard op uit die bome toe twee geweerskote die een na die ander oor die stil werf weergalm.

Die rooi koeldrank meng met stroompies bloed en saam vloei dit stadig oor die vaal sementstoep tot op die trap en stol daar in ’n donker poel.

Die voëls keer terug na hulle slaapplekke in die donker bome.

Page 53: Alleen in Plekke

43

Die swart hings gluur deur die oop venster met wydgesperde neusvleuels, waaruit rooi vog tot

op sy pote drup. Sy linkeroog is vol kranksinnige haat. Dodelik op jou gerig.

Waar sy regter-oog was, kruip wit larwes in die rou gat rond. Op sy ontblote tande glinster bloeddruppels wat soos trane lyk. ’n Straal van haat, amper tasbaar, hou julle gevange.

Jy staan verstar en klou aan die bedstyl, jou been bewend onder jou. Jy kan jou eie liggaam ruik, jou ongewaste hare hang in slierte oor jou skouers en kleef aan jou natgeswete gesig.

Wanneer laas het jy gebad, geëet of geslaap? Jy kan nie onthou nie, want sedert die perd terug is, het die werklikheid vervaag en is jy vasgevang in ’n doolhof van bittere verwyt, hartseer en verlammende hulpeloosheid.

Die huis is warm en bedompig, soos ’n grot waar vlermuise woon. Die telefoon lui aanhoudend, maar die wêreld daarbuite raak jou nie meer nie.

Dis net jy en die perd. Asof julle alleen vermink op ’n verlate eiland uitgespoel en daar gelaat is om te sterf.

Vars, koel herfslug roer die gordyne liggies. Jy moes die gordyne toegetrek het, dan was jy en die

Wonde

Page 54: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

44

perd nie nou in hierdie uitmergelende konfrontasie gewikkel nie. Die boom agter die perd is ontsier met rooi blomme soos spatsels bloed.

Jy kan oogkontak met die perd nie gebreek kry nie. Jou oë smekend vir vergifnis, syne wild van haat. Jy wag vir sy besluit.

Die vorige keer was dit jou besluit. Was dit nie maar net altyd jóú besluit wat hy moes gehoorsaam nie?

Hierdie keer sal jy sý besluit eerbiedig. Solank hy net nie weer begin hardloop nie!

Wat na ure voel, word jy bewus van ’n nuwe, kloppende sensasie in jou onderlyf. Jy gryp wanhopig na daar waar jou regterbeen was. Dit is nou net ’n gloeiende kool vuur. Jy verloor jou balans, gryp tevergeefs na ’n vashouplek, kantel en val.

Jy sper jou mond soos ’n dier in doodsangs en hoor hoe die honde verwoed begin blaf. Toe jy besef dat dit jy is wat gil, slaan jy jou hand wanhopig oor jou mond totdat die sout van bloed jou tot verhaal bring. Jou handpalm bloei waar jy dit stukkend gebyt het.

Buite raak die perd mal. Waar jy hulpeloos op die vloer lê, sien jy deur jou trane hoe die perd terugsteier. Jy krimp ineen toe jy sy kappende hoewe die glas rakelings sien mis. Dan weergalm sy uitdagende, demoniese gerunnik oor die stil werf.

Jy voel hoe jou liggaam in mekaar ruk en ruk, asof iemand jou met ’n dolk deurboor. Die stompiebeen wip op en af soos ’n vreemde kanker-uitgroeisel.

Page 55: Alleen in Plekke

Wonde

45

Wat jy meer as enigiets gevrees het, gebeur. Die hings begin weer hardloop. Jy weet: om en om, al in die rondte. Eers in ’n wye sirkel wat hy al kleiner en kleiner trek, net links om, altyd links om, waar sy een oog kan sien, totdat hy vasgetrek word deur sy eie lyf.

Dan breek hy die sirkel. Sy pote kap wanhopig in die lug, skuimbolle waai uit sy bek en vir ’n sekonde bly hy bewend staan. Om weer van voor af te begin. Om en om. Weer en weer.

Jy rol huilend om en om na waar jou krukke staan. Jou trane trek ’n nat streep oor die vuil, stowwerige sementvloer. Halfpad bly jy uitgeput lê. ’n Gevoel van futiliteit oorrompel jou.

Weke lank het jy geworstel om jouself vertroud te maak met die gebruik van die krukke, maar dit het ’n vreemde aanhangsel gebly, wat jou telkemale bewend op die grond laat neerslaan.

Net na jy uit die hospitaal gekom het, het jy die perd, wat jou oor die draadheining dopgehou het vandat jy uit die motor geklim en in die huis verdwyn het, na die vêrste kamp op die plaas verban.

Jy het geskaam vir jou onbeheersde optrede, wat die ongeluk tot gevolg gehad het.

Die dae wat gevolg het na jou tuiskoms en die afwesigheid van die perd wou jy gebruik om aan te pas en perspektief te kry op wat gebeur het. Jy het die gebruik van die krukke probeer baasraak, maar die vordering was stadig en frustrerend.

Na dae het dit eers tot jou deurgedring: Jy het met

Page 56: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

46

‘n skok besef dat die vrye, aktiewe lewe waaraan jy gewoond was op die rug van jou perd tot ’n einde gekom het.

En toe eendag was die perd net weer terug op die werf. Hy het ontsnap uit die kamp waarheen jy hom verban het en sy bloedstollende gerunnik het jou een nag met ’n skok wakker geruk.

Met sy koms is jy weer teruggeslinger in die nagmerrie, waaruit jy wanhopig probeer ontsnap het.

Want die anderdag oggend, dit was nog nie heeltemal lig nie, kon jy hom voor die oop venster hoor asemhaal.

Die werkers kon nie daarin slaag om hom weer terug te neem nie. Hulle het bevrees geraak vir sy woedende, kappende hoewe wat hulle rakelings gemis het. En sy demoniese gerunnik het hulle toegeskryf aan ’n duiwel wat in die klowe hou en met die ongeluk in die perd gevaar het.

Al wat hulle kon doen, was om hom in die waterkamp, met sy ekstra hoë draad, te jaag en daar kos te gee. En jy het, soos ’n lafaard, gesorg dat die gordyne aan die waterkamp se kant altyd toe bly.

Was jy besig om jou gebrek soos ’n pleister oor jou seer skuldgevoel te plak? ’n Salfie wat jy aansmeer om jouself te vrywaar? Waarom was jy so skaam? As jy jouself nie kan vergewe nie, hoe sal die perd jou vergewe.

Soos hy ’n gevangene in die kamp was, is jy nou in jou huis.

Page 57: Alleen in Plekke

Wonde

47

Om en om, al in die rondte, hardloop die hings. En so maal jou gedagtes al in die rondte saam met die hings se donderende hoewe. Net om weer vas te steek by die dag, wat jy niksvermoedend, op die swart hings, die noodlot getart het.

Geen rant, hoe onbegaanbaar ook, geen afgrond té gevaarlik of kloof té breed of julle het dit aangedurf. Hy kon jou op dele van die plaas, wat nie deur ’n voertuig bereik kon word nie, bring.

Hy het elke beweging van jou, jou hand op die teuels, die beweging van jou liggaam en bene, vooruitsien en blitsvinnig daarop reageer. Jy en die perd was een.

Was dit nie daarvoor nie, sou jy dalk nooit uitgevind het wat onder jou neus aangaan nie. Maar die prys wat jy moes betaal, jy én die perd, is té hoog.

Sy bakkie het in ’n kloof gestaan. Die son het op die kap weerkaats. Hy was nooit weg na die vendusie in ’n naburige distrik nie. Daar was ‘n tent. Tekens van sy kampmaat.

Jy het hom begin soek. Hulle begin soek. In ’n kuil water, waar jy en die perd op warm dae julle dors gelês het, het hulle baldadig baljaar.

Die swart hings het nie gehuiwer nie. Hy kon jou woede in jou liggaam voel bewe. Jy het die teuels laat skiet. Julle het op die twee baljarende naaktes afgepyl.

Met die perd se pote wat hulle rakelings mis, het die twee gevlug. Teen die rant uit. Jy het hulle agternagesit.

Op ’n skerp rotswand het die perd gestruikel.

Page 58: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

48

Hulle is al vier die afgrond oor. Maande later is jy uit die hospitaal ontslaan. Sonder jou regterbeen. En jou perd het sy regteroog verloor.

Hy moes met een oog leer om weer te sien. Soos jy met een been moes leer om weer te loop. Julle sal nooit weer die vryheid van die plaas geniet soos voorheen nie.

Die perd besef dit ook. Daarom dat hy so verwoed rond hardloop. Dìt kan ek nog doen, wat van jou? So asof hy nie jou weerloosheid wou erken nie.

Want jy ìs weerloos. Om die perd ook te sien ly, het jou in ’n donker put van selfverwyt gedompel. Jy moes van beter geweet het. Nie jou emosies aan hom oorgedra het nie.

Jy het gehaat wat julle geword het. Julle het gehaat wat julle geword het: Twee gestremdes.

Al wat jy kan doen, is om te kompenseer. Dat jy so vinnig moontlik herstel, sodat jy hom weer kan ry. Jou liggaam sal jou spyt aan hom oordra en saam kan julle probeer om die pad na normaliteit aan te pak. ’n Beperkte normaliteit...

Dit is stil, onverklaarbaar stil. Jy moes aan die slaap geraak het. Die stompie pyn nie meer nie. Jy koester die gevoel van weldadigheid wat oor jou spoel. Jy weet nie waaraan jy dit moet toeskryf nie.

Die herhalende droom oor die ongeluk was nie weer ’n nagmerrie nie. Jy kon die son op jou gesig voel, die beweging van die gespierde liggaam van jou

Page 59: Alleen in Plekke

Wonde

49

perd onder jou en die koel wind deur jou hare.Dan besef jy wat gebeur het. Die perd opgehou

met sy kranksinnige gehardloop! In die vêrte hoor jy die roep van ’n honger jakkals.

By die pondokke hoor jy die vrolike geselskap van die werkers. Die wind het opgesteek en flap die gordyne in die lug. Dis aand, reeds donker.

Jy begin stadig in die rigting van die oop glasdeur kruip. In die donker tuin sien jy die silhoeët van jou perd. Hy draai sy kop toe hy jou hoor. Jy kruip oor die wye klipstoep, hoor jou naels breek, voel die desperate bewegings van die afbeen.

Dan sien jy hoe die perd nader beweeg. Hy ontmoet jou halfpad. Versigtig hys jy jou teen sy bewende liggaam op. Op jou een been, jou arms om sy nek geslaan, druk jy jou gesig liggies teen die leë kas waar sy oog was. Jy voel hoe jou trane stop en sy bewende lyf stadig ontspan.

Maar dan hoor julle die stemme. Dit weergalm klaend oor die stil, donker werf. “Help...! Help...!

Jy voel hoe die perd se spiere verstyf, jou keel trek toe. Jy sien weer die man en vrou tevergeefs, en hulpeloos spartel op die skerp rotse. Jy onthou hulle oë, spierwit soos dooie albasters.

Dan breek die perd weg. Jy slaan neer op die koue gras. Die perd begin hardloop, al in die rondte. Jy rol om en om. Oral om jou sien jy spierwit albaster oë, nader en nader beweeg.

Page 60: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

50

Jou mond is wydoop gesper. Jy voel hulpelose gille deur jou liggaam ruk. Elke maal as die perd se kappende hoewe jou liggaam tref.

“Help! Help...!” weergalm jou stem oor die stil, donker werf, en meng met die demoniese gerunnik van die perd.

Page 61: Alleen in Plekke

51

Op ’n rots in die droë rivier sit ’n vrou roerloos en staar na iets langs haar in die sand. Sy is kaalvoet

en dra ’n swart, los mantel met ’n kappie wat laag oor haar oë getrek is.

Lu weet die vrou staar na die troebel water in die kuil langs die rots. Silwergrys visse spring desperaat op na die oppervlak om lug te kry. Hulle is besig om te versmoor.

Die kuil is diep, maar bemors deur mis uit die skaapkraal, stof uit die droë veld, grassade en verrotte blare wat deur die wind in die rivier afgejaag word en daarin beland.

Na die laaste reëns, ’n jaar gelede, is dit al water in die omtrek vir myle ver. ’n Verskeidenheid voëls, klein diertjies, soos akkedisse en skilpaaie, selfs groter diere, springhase en vlakvarke, oorweldig deur dors, verdrink wanneer hulle probeer water suip.

Die water wat daagliks verdamp in die versengende son, het reeds buite bereik gesak en die dorstiges tuimel in.

Op die bodem van die kuil is die standhoudende grondwater afgesny deur groen slik, dooie palings en waterslange.

Geen skoon water kan meer deursyfer nie en in die stank wat oor die kuil hang, draai swerms brommers

Slik

Page 62: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

52

rond. Soms hoor sy in die nag honger hiënas wat om die

doodskuil huil. Die water het dik soos seep-loog geword, sodat

niks meer daarin kan bly lewe nie. Slagoffers dryf eers op die oppervlakte, maar sak later af na die bodem van die kuil waar dit verrot. Hier het dit ’n ondeurdringbare mat gevorm saam met nog ander gemors.

Eendag het ’n dooie hond op die vuil water gedryf. Op hom het swart kraaie gesit en repe vleis uit die verrotte liggaam geruk. Lu het die kraaie verdryf, en die oorskot in die los, warm sand begrawe.

Met altwee haar hande het sy die sand noukeurig en liefdevol plat gestryk asof sy dit wou seën. Niemand wat daar verbygaan sou kon raai dat daar ’n graf is nie. Miskien is dit beter so. Dat niemand weet wat van jou geword het nie.

Eendag sal die rivier weer afkom, miskien oor ’n jaar, of oor vyf jaar en die water sal die verrotte bene en kaalgevrete karkasse saamvoer. Soos dit ook die kuil sal skoonwas en die dooies, mens of dier, honderde kilometers vêr sal wegvoer na die vryheid van die see.

Wanneer die rivier afgeloop het, sal die kuil vol skoon, vars lewendgewende water wees en die sand kraakskoon onder jou kaal voete. Sodat dit kielierig tussen jou tone speel, jou laat lag en gil soos kinders doen.

Page 63: Alleen in Plekke

Slik

53

Of een kind.Daarna as jy oor die warm, brandende sand stap,

maande later volg die vrolike gelag jou oral.Wanneer ’n mens op die rots sit, konsentreer jy in

die begin alleenlik op die donker kuil vrot water langs die rots in die warm sand, weet Lu.

Hoe diep die water nog kan wees noudat dit omtrent tot ’n voet onder die rand gesak het? Hoe lank dit vir ’n hond sal neem om daarin te versmoor? Of enige ander dier wat sy dors wil les en intuimel?

Of vir ’n mens.Eendag het sy met ’n klip voor aan ’n tou

vasgemaak, die diepte gemeet. Ses voet. Die diepte wat ’n mens begrawe word.

Selfs ’n kind van vier jaar. Ses voet is diep. Probeer so diep met jou hande grawe en jy sal sien. As jy tyd gegun was, kon jy dalk daarin geslaag het om die klein, wit kissie te bereik.

Sodat jy verlaas kon vasstel of hy wel dood was.Maar jy is onderbreek en weggeneem en dopgehou.Maar met ’n sementlaag bo-oor, om jou te keer,

het jy geweet dit nou heeltemal onmoontlik. Jy sou aan die kant moes begin, onder die sement ingrawe en dan weer regaf deur die harde, droë grond met jou hande, soek, soek...

Dan is die donker water in die kuil genadiger. Na ’n paar dae kom jy weer boontoe vir almal om te sien dat jy dood is. Daar kan nie twyfel daaromtrent in die toekoms ontstaan nie.

Page 64: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

54

Nie soos met ’n kind wat jy nooit weer gesien het nie, ses voet onder ’n massa grond, boonop verseël met ’n sementlaag.

Lu weet vroeg in die oggend, net voor die son opkom, hang daar ’n miswolk oor die kuil en die rots.

Dan kan niemand jou daar sien nie. Iemand het eenmaal na haar geroep terwyl sy in die digte, klam mis op die rots gesit het: Lu, Lu ...

Maar sy het nie geantwoord nie. Sy wou nie gesteur wees nie. Sy wou haar lewe oordink. Want noudat sy die diepte van die kuil vasgestel het, wou sy dit opweeg teen die dieselfde diepte van ’n gat in droë, harde grond.

’n Vier jaar oue kind wat nie verstaan nie onder ses voet diep koue grond of ’n grootmens wat verstaan op die koue seebodem. Altwee was net dood. Dit was doodeenvoudig.

Hulle het aanhou roep en soek en haar later weggeneem uit die klam, klewerige mis. Maar sy het teruggekom, weer en weer. In die nag wanneer hulle gedink het sy slaap.

Soms het sy in die rivier geslaap en was tuis nog voor hulle opgestaan het. Soos die afgelope nag, maar hierdie keer, het sy besluit, sal sy nie teruggaan huistoe nie.

Ook maar goed, want nou kan sy die eensame vrou gaan waarsku oor die verraderlikheid van die kuil wat in die mis byna onsigbaar word.

As jy weet waar dit is, kan jy versigtig, voetjie vir

Page 65: Alleen in Plekke

Slik

55

voetjie, daar om loop en sal jy veilig wees. Die grootste gevaar is wanneer mis die rots glad en verraderlik maak en jy probeer afklim en dalk jou balans verloor.

Daarom is dit verstandig om die rots in mistig toestande soos vanoggend te vermy. Sy sal haar moet haas.

Die mis raak al digter en sy weet dit gaan binne enkele minute die vrou onsigbaar maak. Dan is dit asof ’n gordyn toeskuif en wat daar agter gebeur, bly verborge.

Toe Lu die digte, klewerige mis instap, gooi sy die swart mantel van haar skouers af. Dit het bitter koud geword. Sy voel die sproeireën op haar gesig, tot ys verhard.

Net soos daardie wintersoggend toe haar trane op haar wange vas ge-ys het en sy dit nooit weer kon afwas nie. Toe hulle haar kind weggeneem het.

Lu loop soos ’n blinde met haar arms voor haar uitgestrek, versigtig tree vir tree. Gelukkig ken sy die pad goed.

Nog net ’n paar treë. Sy weet sy het die rots bereik, want sy het gereeld kom oefen, sodat sy instinktief sal weet wanneer om na die rots te gryp.

Daar behoort altyd iets te wees om na te gryp om jou balans te behou. As daar nie is nie sal jy val.

Lu val.

Page 66: Alleen in Plekke

56

“Ek is so verskriklik eensaam, weet jy Ryna?” kla my jong buurvrou vir die soveelste maal. “Al

is Phillip ook heeldag by die huis...” sy huiwer omdat sy waarskynlik twyfel of sy my volle aandag het.

Sy’s reg: ek luister net met ’n halwe oor. Natuurlik weet ek; sy het nie nodig om te vra nie. Ek hoor dit en weet dit al maande lank. Sy het rede om te kla; ek ken haar man.

Haar storie is afgesaag na baie vervelige herhalings. En het ek dit nie self beleef nie?

“...bestee hy geen aandag aan my nie,” voltooi sy haar sin. Sy kruis haar lang, bruingebrande bene, sodat haar rok gevaarlik opskuif.

Haar bobene is omtrent so dik soos my bo-arms. As sy val kan dit noodlottige gevolge hê, dink ek katterig en haat myself oor my jaloesie.

“Hy wil ook nie hê ek moet meer sy stories tik nie. Hy sê ek maak te veel foute,” pruil sy.

Dis nuus vir my. Of dit goeie nuus of slegte nuus is, sal die tyd maar moet leer. Hy wou my mos verruil vir haar! dink ek leedvermakerig.

Ek wonder waarom hy haar nooit van ons vertel het nie? En dat sy nog nooit geraai het nie. Ek weet ek is ’n nog steeds ’n goeie aktrise, maar Phillip moet ’n goeie rede hê waarom hý dit verswyg.

Tuinstories

Page 67: Alleen in Plekke

Tuinstories

57

Wil hy daarmee ’n deur terug na my toe oophou?Ek was vir amper tien jaar sy tikster, konfidante

en kok. Ek trek my rok vinnig oor my baba-knieë toe ek

gaan sit. Sy sien die beweging en glimlag begrypend. Haar hande fladder op en met ’n bestudeerde beweging haal sy haar donkerbril af.

Haar hemelblou oë bekyk my van kop tot toon. Dis asof sy my mate neem vir ’n nuwe uitrusting. Of vir my doodskis.

Sy is so jonk nog, maar eiewys. Ek moes oop kaarte met haar gespeel het toe sy die eerste maal huilend hier aangekom het.

Waarom het ek nie? Was dit omdat ek bly was dat dit nie goed gaan in hulle verhouding nie? Dat sy nie sukses behaal, waar soveel ander gefaal het nie? Ek inkluis.

“Weet jy wat?” vra sy toe ek nie reageer nie en herkruis haar bene. Haar toonnaels is beter versorg as my vingernaels. Ek steek my hande vinnig in my voorskootsakke. En stuur weereens ’n seënwens op vir die uitvinder van ’n voorskoot.

Wat ’n onderskatte aanhangsel is dié min geprese stuk lap tog nie, dink ek. Behalwe vir my hande, kamoefleer dit sommer ook my middeljarige magie. Dit was ook die vadoek toe ek haar hoor klop het. En ek moes al baie trane daarmee wegvee vandat sy op die toneel verskyn het.

Gelukkig sien sy nie dié beweging nie.

Page 68: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

58

“Nee, wát Magda?” vra ek teen my beterwete. Ek het genoeg van haar gesanik gehad. Dit verveel en mors my tyd, maar ek luister geduldig. Nuuskierig oor die afloop van die konflik.

Ek nooi haar nie meer in nie, want sy krap tussen my skildery en lewer ongevraagde, onkundige kommentaar. Dus sit ons in die tuin.

“Philip sit net heeldag en skryf aan daardie onverstaanbare, vervelige stories van hom en gun my niks. Ek het al aangebied om hom nuwe idees te gee, maar hy lag net,” sê sy en kruis weer haar bene na die anderkant. Sy het ’n obsessie met die posisie van haar bene.

Ek peins nog hieroor, toe sy tot die aanval oorgaan.“Nou dat ek daaraan dink: Net soos jý as ek jou

idees vir jou skilderye gee,” verwyt sy. Ek bars uit van die lag voor ek myself kan keer.

Dis ’n nuwe wending in die afgesaagde gesprek. Ek verwelkom dit.

“Waarom lag jy?” vra sy, haar oë koeëlrond van verbasing.

“Blykbaar waardeer ek en Philip jou nie na behore nie. Waarom gaan werk jy nie weer nie, Magda? Ek onthou nog hoe jy op al wat tydskrif is se voorblad gepryk het,” voeg ek by om haar te paai.

Sy was ’n bekende model in die stad en het alles laat vaar toe sy op die melankoliese, verstrooide skrywer, Philip Uys, verlief geraak en by hom ingetrek het. Ek het simpatie met haar, want ek ken sy fanatiese

Page 69: Alleen in Plekke

Tuinstories

59

toewyding aan sy werk. Sy is so jonk en nog vol drome. Moet ek haar

ontnugter, oorweeg ek dit. Moet ek haar vertel dat Philip Uys die bekwaamheid van sy vriendin as sekretaresse hoër ag as enigiets anders.

“Waarom noem jy julle twee in een asem, Ryna?” vra sy net té ongeërg.

“Wel, ons kan nie jóú werk doen nie, en jy kan nie skryf of skilder nie,” sê ek reguit.

“Is dit al rede, Ryna?” vra sy en die agterdog skemer deur. “Phillip het bykans dieselfde woorde gebruik om my op my plek te sit.”

“Ek wou jou nie op jou plek sit nie, Magda. Namens Phillip kan ek nie praat nie, maar dit is net soos dit is,” keer ek. “Elkeen woeker maar met sy talente.”

“Dis waar,” stem sy onverwags saam. Sy takseer my weer met haar onskuldige blou oë. “Wel, stel jou voor: Jy as ’n model, Ryna.” Sy bars op haar beurt uit van die lag.

Ek lag saam, maar voel te na gekom. Ons lag asof iemand pas ’n goeie grap vertel het. Maar dit klink leeg en hol. ’n Paar duiwe, wat op die gras gewei het, vlug tot in die naaste boom. My ou afgeleefde hond loer om die hoek, maar verdwyn weer stert tussen die bene.

Toe die lagbui bedaar, eien ons mekaar as opponente. Die kaarte is op die tafel. Ons moet speel. Magda deel. Sy gooi haar blonde hare met ’n swaai van haar kop terug oor haar skouers. Haar blou oë

Page 70: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

60

skiet vlamme en daag my uit. Ek aanvaar die uitdaging met verligting. Die

maandelange geskerm soos twee swaardvegters uit op die finale slag, het lank genoeg aangehou.

“Terwyl ons hopelik oop kaarte speel, Magda, waarom het jy tussen al jou bewonderaars vir Phillip Uys gekies? Hy kon jou pa gewees het en is getroud met sy werk,” vra ek vrou tot vrou.

Alhoewel sy my irriteer met haar aanhoudende gekla, het sy tog my simpatie. Dit is duidelik dat sy ontnugter en ongelukkig is. Ek weet wat dit beteken om in so ’n situasie te wees.

En hoe moeilik dit is om daar uit te kom. Om dit te aanvaar en jou lewe voort te sit.

“Wel, hy’s wêreldbekend en word na al hierdie belangrike byeenkomste in die buiteland genooi. Daar dra die mense hom op hulle hande en van my word ook ’n groot ophef gemaak,” sê sy vermakerig.

Ek is beïndruk deur haar eerlikheid. En verlig. Sy weet presies wat sy van die lewe wil hê. En sal sorg dat sy dit kry. Dus behoort ek haar te wys op struikelblokke wat moontlik in haar pad kan kom. Ek duik in.

“Dis alles goed en wel, maar wat gaan gebeur as hy jou nie langer saamneem op hierdie reise van hom nie? As dit al rede is waarom jy by hom bly, is jy in groot moeilikheid, Magda.”

Ek probeer om nie soos haar ma te klink nie. “Daar behoort meer substansie in ’n verhouding te wees.”

Page 71: Alleen in Plekke

Tuinstories

61

“Waarom sal hy my nie meer saamneem nie, Ryna?” vra sy agterdogtig.

“Wel, sê maar hy wil sy tikster byderhand hê. Skrywers word oorval deur die muse en moet onmiddellik begin skep. So ’n tikster is ’n noodsaaklikheid.”

“Wel, ek het aangebied, maar hy sê ek los die leestekens uit,” kla sy. Maar iets in haar houding, die swaai van die kop en die gelyktydige afhaal van die sonbril, voorspel niks goed nie. En haar bene eis weer haar volle aandag.

“Weet jy wie sy sekretaresse was, Ryna?” vra sy en leun oor die tafel. Die blou oë is twee splete. “Jy behoort te weet. Julle was tog groot vriende voor ek op die toneel verskyn het.”

“Waarom vra jy nie vir Phillip nie, Magda?” Sy weet van die begin af dat ek en Phillip ou vriende is, maar het dit nog altyd, het ek gedink, ignoreer omdat sy bedreig gevoel het daardeur.

Net eenmaal het sy, asof terloops, gemeld dat dit snaaks is dat die man in haar lewe en haar beste vriendin bure is.

Sy antwoord nie my vraag nie. “Het sy hom voorheen op sy reise oorsee vergesel?” hou sy vol.

Ek is opeens moeg vir die speletjie en my rol daarin. Al haar vertroulike ontboeseminge van die laaste paar maande was dus net ’n kat-en-muis speletjie. Met my die muis, dog ’n waaksame muis.

“Ja, sy het, Magda,” antwoord ek vroom. “Maar

Page 72: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

62

as Phillip nie oop kaarte wil speel nie, is daar heel moontlik ’n rede voor. Dis nie my plek om sy sake uit te lap nie.”

“Ek het gedink dat jy my vriendin is. My beste en verstandigste vriendin, Ryna,” probeer sy my sag maak. “Jy weet daar is hierdie storie van hom oor die liefde van sy lewe wat hy verloor het. Ek het gehuil toe ek dit gelees het.”

“Jy moet tog weet, Magda, dat ’n middeljarige man ’n stuk lewe agter hom het. En stories is net stories,” troos ek.

Maar sy is nog nie klaar met my nie. “Soos middeljarige vrouens ook ’n geskiedenis het, Ryna, nie waar nie?” vra sy snipperig. “Is daar ’n man in jou lewe? Of was daar? Ek het nog altyd gewonder. Raak jy nie eensaam nie? Jou skilderwerk kan tog nie so vervullend wees nie.”

“Jy sal verbaas wees, Magda,” antwoord ek kortaf. Dis tyd dat die speletjie end kry. “Maar om op jou eerste vraag te antwoord: Ja, daar is iemand. En soms is ek alleen.”

“Hieruit lei ek af dat hy nie beskikbaar is nie,” vis sy.

“Ek hou nie van die uitdrukking nie, maar jy’s reg. Hy is nie beskikbaar nie, Magda.”

“Dan is hy lief vir iemand anders,” sê sy triomfantlik. Sy bekyk my weer op en af.

“Jy weet jy word nie jonger nie, Ryna.” Haar oë is weer rond en onskuldig.

Page 73: Alleen in Plekke

Tuinstories

63

“Hopelik wyser, Magda.” Ek staan op. “En nou moet jy my verskoon. Ek het nog tonne tikwerk wat die week móét klaarkom.”

“Ek sal dit nog uit hom kry, Ryna. Of uit jou.” Sy gooi haar hare vererg agter toe.

“Volgende week gaan Philip Spanje toe,” sê sy, asof ek nie weet nie!

“Maar ek kan nie saamgaan nie. Ek gaan by my ouers kuier. Hulle dring aan op ’n besoek en Philip neem sy seker sy ou sekretaresse saam.” Haar stem bewe.

Meteens is sy ‘n klein weerlose dogtertjie. Haar oë skiet vol trane en sy gooi haar arms om my soos ‘n kind wat troos soek. Ek voel skuldig en verleë, wil nog iets se, maar dan swaai sy uit my omhelsing en stap kop in die lug weg.

Sy is reeds by die hekkie uit toe ek haar antwoord. “Ek weet hy gaan Spanje toe, Magda.” Sy hoor my nie.

Dan haas ek my na binne om te pak. Ek haal warm klere uit, want dis nou winter in Europa. Maar ek voel geen opwinding soos vroeër toe ek en Phillip saam oorsee gereis het nie. Die pynlike ontnugtering op Magda se gesig bly voor my. Sy het twee en twee bymekaar gesit en die regte som gekry. Ek voel soos ’n verraaier, het te kort geskiet.

Was nie naam ‘vriendin’ werd nie. Moes haar gewaarsku het teen die man.

Later gaan staan ek voor die venster, nog nie volkome oortuig dat ek die regte besluit neem nie.

Page 74: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

64

Ek wonder of hy tuis is en of ek met sy antwoordmasjien sal praat. En wat ek moet sê?

Ek kan nie net die vinger na hom wys nie. Ek is ook skuldig. Skielik is dit maklik. Net ’n eenvoudige paar woorde, Magda se woorde:

Sy ou sekretaresse gaan ook by haar ouers kuier...

Page 75: Alleen in Plekke

65

Elisabet het in haar kort lewe altyd haar voete vas op die aarde gehad. Maar eendag, onverwags, het

sy losgeglip van die bekende anker wat haar op die aarde vasgehou het, haar man en kind.

Nou sweef sy sorgeloos en besluiteloos tussen hemel en aarde rond. Sy kan nie besluit of sy weer moet af aarde toe of op hemel toe nie. Sy is ook nie seker of sy nog ’n keuse het nie. En of die keuse hare is nie.

Want die mag wat haar ontwortel het sodat sy nou doelloos, maar tog sorgeloos tussen hemel en aarde hang, het nie haar wens in ag geneem nie.

Dit was nie ’n onredelike wens nie. Net elke vrou se wens: Om huis en haard te versorg en te beskerm.

Onder haar op die aarde sien sy swartgeklede mense bedremmeld in die haar tuin in die misreën, langs ’n donker gat in die grond, staan.

Die rose wat sy deur die vervulde jare van haar lewe, getrou versorg het, staan kleurloos en beteuterd in die onophoudelike aanslag van die argelose misreën.

Wanneer die son vir ’n sekonde deur die mistigheid bars, vlieg reënboogkleure uit die vere van die poue op die nok van die huis. Vêrder is alles stil. Lewensloos, mistroostig.

Is dit omdat hulle haar mis? Dan moet hulle vir

Tussen Hemel en Aarde

Page 76: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

66

haar ’n teken gee!Later sien sy hoe beweeg geboë figure soos

spookgedaantes onder swart sambrele terug na hulle motors. Die twee plaashonde snuffel aan die hoop rooi grond en draf dan weg oor die werf.

’n Man en seuntjie bly alleen agter, hulle koppe laag gebuig teen die aanslag van die koue reën. Toe ’n haan met ’n yl stem begin kraai, vat die man die seuntjie aan die hand en begin aanstap huistoe.

Elisabet roep na hulle, maar hulle hoor haar nie.Húlle moet haar help besluit waarheen sy moet

gaan. Alleen mag sy dit nie doen. As daar nie van hulle ’n teken kom nie, sal sy gedoem wees om verewig tussen hemel en aarde te sweef.

Sy sweef tot reg bo hulle toe hulle die deur van die huis bereik. Elisabet roep en haar stem eggo deur die aanhoudende misreën.

Die seuntjie kyk op in die lug. “Daar’s mamma,” sê hy en wys met sy vinger op na waar sy tussen hemel en aarde hang.

“Ja, mamma is in die hemel,” sê die man en hulle verdwyn in die huis.

Page 77: Alleen in Plekke

67

’n Vrou in ’n lang wit gewaad verskyn so onverwags in my motorligte dat ek met

skreeuende bande tot stilstand kom, skaars twee meters van haar af. Ek laat sak my kop vir ’n oomblik op die stuurwiel om tot verhaal te kom. Toe ek opkyk, staan sy nog op dieselfde plek. Toe sien ek eers die baba in haar arms.

Ek is op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai, díe pad waarvolgens oorlewerings, menige motoris al ’n vrou in ’n lang wit rok opgelaai het. Net om later uit te vind dat die passasier verdwyn het. Sulke stories was twee vir ’n tiekie in Suidwes.

“Wil jy saamry?” vra ek vererg deur die venster. Sy sê niks, stap net nader. Ek sluit half onwillig ’n agterdeur oop en sy klim in.

“Wat soek jy so laat in die pad en dit nog met ’n baba by jou?” Ek kan nie die skok wat omgesit het in ergernis verberg nie. “Het jou motor gebreek?”

“Ek het vir jou gewag,” antwoord sy. “Ek het geweet jy sal kom.” Haar stem eggo deur die motor... “jy sal kom... sal kom...”

Sy sit reg agter my en dit voel asof sy saam met haar koue, gemufte lug gebring het. Koue rillings hardloop agter my ruggraat af.

“Wie is jy en waarom sal jy vir my wag?” Ek kan

Oppad na Walvisbaai

Page 78: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

68

die bewing in my stem hoor. Gelukkig is dit nie meer vêr nie, ek kan reeds

Walvisbaai se ligte deur die mis sien flikker.“My naam is Amanda Venter. My kind se pa het

selfmoord gepleeg en ek het net sommer begin stap in die rigting wat hy laas verdwyn het. Ek het geweet daar sal redding vir sy kind uit dieselfde rigting kom. Dit is soos hy was, het alles gereël soos dit hom pas.”

By die woord ‘selfmoord’ voel ek my selfbeheer knak. Met my linkerhand sit ek ’n kalmeerpil onder my tong. My man het skaars twee weke gelede selfmoord gepleeg en ek het na ’n verklaring vir sy daad op Walvisbaai kom soek.

Al wat ek gehad het, was ’n telefoonnommer, waarheen hy, gereeld gebel het.

Agter in die motor knies die baba en dit skep ’n mate van normaliteit. Ek ry vinniger. Ek moet so gou as moontlik van die ongewenste passasier ontslae raak.

Die laaste twee weke was soos ’n nagmerrie waaruit ek sukkel om wakker te word; en nou nog dít ook!

“Wat was jou man se naam?” vra sy. Dat sy die vraag vra, ontstel my nie soveel soos die feit dat sy die verlede tyd gebruik het nie. Wat ’n monster is in my motor?

“Kyk, ek het nou genoeg van jou gebrek aan goeie maniere gehad. Bly net stil, anders laai ek jou hier af en kan jy sien en kom klaar.”

“Maar dis ’n saak van lewe en dood, ek móét weet, asseblief,” vra sy en die smeking in haar stem betrap

Page 79: Alleen in Plekke

Oppad na Walvisbaai

69

my onverhoeds. Miskien is sy ook uitgelewer aan die onbegryplikheid van die lewe soos ek.

“Wel, as jy dan móét weet: Gerhard Heunis en hy is dood. Ek was sy vrou, Monica, soos jy blykbaar weet. Hy het tog seker af en toe van sy vrou gepraat, of hoe?” vra ek sarkasties. My simpatie met haar het deur die oop ruit ontsnap.

“Gerhard het baie oor jou gepraat, Monica. Hoe julle nie kinders het nie en hoe ’n goeie ma jy vir enige kind sal wees...”

“Ons is amper in Walvisbaai,” val ek haar in die rede en voel hoe ’n gil in my keel vassteek. Ek sal haar nou aflaai en ten minste van dié nuwe nagmerrie ontslae wees, dink ek.

“Dit is Gerhard se kind, sê sy. Jy moet goed wees vir hom, Monica. Gerhard het gesê jy sal ’n goeie ma vir hom wees. Jy weet mos hy het alles altyd gereël soos dit hom pas.” Sy het ’n skel stem en dit voel asof dit oral in die motor vasslaan en in my ore weergalm.

Ek hoor haar woorde, maar ignoreer dit. Daar sal later tyd wees om alles te verwerk. Eers moet ek haar uit my motor kry. Ek trek by die eerste vulstasie in.

“Sal jy sommer hier afklim, asseblief, Amanda,” sê ek oor my skouer en klim uit.

Toe ek die agterdeur oopmaak voel ek ‘n gil in my keel stol. Daar is geen teken van die vrou nie , net die baba lê daar. Die ligte van die vulstasie skyn op hom. Hy slaap rustig, fopspeen in die mond.

Wat het van die vrou geword? Die petroljoggie

Page 80: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

70

kom nader. “Het jy miskien ’n vrou uit die motor sien klim? Sy het agter gesit en nou lê net haar kind hier.”

Hy kyk ondersoekend na my. “Madam het haar nie altemit langs die pad opgelaai nie?”

“Ja, ek het, maar dis nie wat jy dink nie. Ek ken die storie van die dwalende vrou, maar hierdie een het ‘n kind by haar gehad. Kyk...”

Hy kom loer ook deur die ruit. Daar staan ook ’n doekesak wat ek nou vir die eerste maal opmerk. “Wat moet ek met die kind maak?” vra ek verslae. Hy draai om na die petrolpomp.

“Kom tyd, kom raad,” sê hy ewe wys vir my. Ek sal in gedagte moet hou wat hy gesê het, dink

ek wrang. Maar ek is moeg en die kind moet versorg word. Ek ry soek-soek na die hotel waar ek bespreek het.

Toe ek hom agter uit die motor tel, word hy wakker en ek kyk in Gerhard se blou oë. Dit voel asof ’n vloedgolf van emosies my wil oorweldig. Al die leë, doellose jare waardeur ons hulpeloos geworstel het. Al die onnodige leed en verwyte. En hier staan ek nou met die kind wat hy so graag wou gehad het in my arms.

Ek boek in met die kind in my arm en die doekesak in my hand. Ek voel verward en onseker, maar besluit om niks te vra oor die geheimsinnige, onverantwoordelike vrou nie. Ek moet eers kans kry om oor alles te dink.

Eers versorg ek die baba. Hy is omtrent drie

Page 81: Alleen in Plekke

Oppad na Walvisbaai

71

maande oud, ’n seuntjie. My man se gelaatstrekke is duidelik waarneembaar in die kind. Maar dis ’n ander vrou se kind, dink ek bitter. Ek wil hom nie hê nie.

Ek moet die nommer wat ek na sy selfmoord in sy kantoor gekry het, skakel. Miskien kry ek daar meer duidelikheid oor wat aan die gang is. Dis asof ek in ’n nagmerrie beland het sedert sy dood. En nou die nog die vreemde vrou en die baba op die koop toe.

Ek skakel en ’n vrou antwoord. “Ek is Monica Heunis,” stel ek myself voor. “My man het altyd dié nommer geskakel en miskien weet iemand daar iets van sy selfmoord.” Ek skep asem. “En van sy kind...” voeg ek huiwerig by.

Dis lank stil. Iewers fluister iemand. Ek sluk weer ’n kalmeerpil. Dan: “Dis Amanda Venter, wat praat. Ons het langs die pad ontmoet, Monica, onthou jy?” klink die skel, bekende stem in my oor.

Ek klou aan die telefoon soos aan ’n reddingsboei. Dit kan nie wees nie! Maar natuurlik is dit háár nommer. Dis die nommer wat my man altyd geskakel het. Vanselfsprekend.

’n Gloed van verontwaardiging én hulpeloosheid vloei deur my hele wese. Ek sukkel om my teenwoordigheid van gees te behou. Kalmeer myself ’n oomblik.

“Dis ’n ontmoeting wat ek nie maklik sal vergeet nie, Amanda! Waar het jy so skielik heen verdwyn? En wat van jou kind wat jy in die kar vergeet het?”

Maar ek het mos gesê dis nou jou baba, Monica.

Page 82: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

72

Kyk,” sê sy vir my asof ek ’n kind is. Gerhard het mos van die brug afgespring en verdrink en hy het gesê ek moet die kind vir jou gee.”

Sy skep asem. Ek wag vir iets meer, iets wat die gebeure sal duidelik maak, iets wat my sal laat berus.

“En jy weet mos Gerhard Heunis het alles gereël soos dit hom gepas het en...”

Ek val haar onbeskof in die rede. “Vergeet nou maar daardie deuntjie van jou. Ek het ook vir Gerhard geken. Hy was immers my man. Wat van jou baba?”

Daar is ’n lang stilte, weer ’n gefluister. Ek gee haar nie kans om te praat toe ek haar asemhaling op die lyn hoor nie. “Ek is by die hotel, kamer tien, kom haal jou baba, Amanda! Hierdie onsin het nou lank genoeg aangehou!”

“Is jy seker, Monica? As jy hom regtig nie wil hê nie, sal ek weer vir jou langs die pad wag. Op dieselfde plek, dieselfde tyd...”

Ek wil nog kapsie maak, maar sy sit die telefoon in my oor neer.

Dis eers toe ek die baba droogmaak dat ek agterkom dat ek huil. My trane drup op sy kaal magie. Sou so ’n klein kind agterkom dat ek huil, dink ek onsamehangend. Natuurlik nie. Hy skop vrolik met sy beentjies in die lug en suig gretig toe ek hom sy bottel gee. Ek vat hom by my in die bed en voel die warmte van die vreemde lyfie die heelnag teen my.

Wat het die petroljoggie gesê: kom tyd, kom raad. Sal ek môre eenvoudig terugry plaas toe met die kind

Page 83: Alleen in Plekke

Oppad na Walvisbaai

73

of sal ek wag tot donker en die baba vir Amanda teruggee?

Ek het die hele dag voor my om te besluit. As ek die kind hou, is daar geen haas terug na die leë plaashuis toe nie. As ek die kind teruggee, moet ek buitendien wag vir die nag.

Daar is tweespalt in my. Die hele nag het ek die warmte van die kind teen my gekoester. Die arme, onskuldige kind met ’n ma wat duidelik nie omgee nie en ’n pa wat selfmoord gepleeg het.

Maar dit bly Amanda se kind. Miskien is sy net so verward soos ek deur die gebeure. Sy sal wel later tot haar sinne kom en buitendien het ek geen wetlike reg op die kind nie. Dit kan net eindelose probleme vir my skep.

Ek verwyl die dag in die hotelkamer, wag dat dit donker is. So teen agtuur boek ek uit, baba in die arms en vat die pad terug Swakop toe. Ek ry stadig om myself nog te vergewis dat my besluit die regte een is.

Die pad is stil met net af en toe ’n motor wat verbyswiep. Ek moet weer alles in oënskou neem. My en Gerhard se kinderloosheid, ons mislukte huwelik speel nie meer ’n rol nie. Dit gaan alleenlik oor ’n weerlose kind vir wie ek ’n goeie huis kan bied en hom sal versorg. Maar daar is ook Amanda.

Maar ek sal nou moet besluit, na skatting is dit nog so tien myl na die plek waar ek Amanda die eerste maal ontmoet het. Terwyl ek nog half besluiteloos sit, verskyn sy net soos die vorige keer in die motorligte.

Page 84: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

74

’n Lang wit gedaante, asof sonder substansie.Ek briek enkele tree van haar af. Toe besluit ek.

Ek gooi die kar in trurat, stoot vinnig terug en jaag om haar. Ek hou my voet vas op die pedaal. Wil nie omkyk nie, my moed begewe my dalk en ek draai om.

Agter in die motor is dit ook stil. Al geluid wat ek hoor, is die bande op die teer. By die eerste petrolpomp wat ek sien, briek ek met skreeuende bande. Ek spring uit die kar, pluk die agterdeur oop en... Die sitplek is leeg.

Die kind is nie meer op die sitplek nie. Miskien het hy afgeval tussen die kussings in. Ek het altwee keer hard briek getrap. Maar daar is ook niks. Ook geen doeksak nie. Niks!

“Hier was ’n kind!” skreeu ek wild. Die petroljoggie kom loer ook in. “Hy het op die sitplek geslaap...”

Die petroljoggie gaap. “Madam het nie miskien ’n wit gedaante op die pad teëgekom nie?” vra hy en draai die prop van die petroltenk af.

“Ek het, ja, twee keer. Sy het vir my die baba gegee...”

“Die storie het ek al baie gehoor, madam. Maar niemand kon nog die baba vir my wys nie.”

“Jy moet my glo, waarom sal ek...”“Madam, dis maar net die spookvrou. Sy gee altyd

haar baba weg, maar dan is sy spyt en vat hom weer terug.” Hy skroef die prop weer op. Madam, kan bly wees. Wie wil nou ’n spookkind groot maak?”

“Maar jy verstaan nie!” My stem is nie my eie nie.

Page 85: Alleen in Plekke

Oppad na Walvisbaai

75

Dis hoog en yl soos Amanda sin.Die petroljoggie tree vinnig terug. Sy oë staan wild

in sy kop. “Madame is nie altemit die spookvrou nie?” vra hy beangs. “Madame het dan ’n spookstem!” Hy verdwyn in sy kamer.

Monica skakel die motor aan, draai om en vat weer die pad Walvisbaai toe. Na die plek waar sy Amanda laas gesien het. Sy sal haar bly soek, al vat dit ook die res van haar lewe.

Hulle moet tot ’n beslissing kom oor die kind.

Page 86: Alleen in Plekke

76

Dagbreek is jy alreeds in die kliprante. Jy is op soek na iets wat moontlik nog leef. Die verskriklike,

uitmergelende droogte woed al vyf jaar lank. Die dag breek gloeiend in die Ooste asof die son

daarmee wil aankondig dat hy die heerser is. Om jou lê die veld asof iemand gedurende die nag

teer daaroor gegooi het. Daar leef niks meer nie, maar jy bly hardnekkig soek. Na lewe, enige lewe, sodat jyself kan bly lewe. Want as jy dit nie kry nie sal jou siel sekerlik ook sterf. Net jou liggaam sal dag vir dag voortploeter.

Nie meer ’n boom of plant nie, nie eers ’n grasspriet nie. Om van voëls of wildediere nie eers te praat nie. Maar hulle het eers gekapituleer, ná die plaasdiere begin vrek het.

Wildsbokke, koedoes, springbokke, gemsbokke, duikers, het vir hulleself gesorg. Maar die reëns het weggebly en soos die natuur gesterf het, moes hulle later ook kapituleer. Die boerdery, bokke, skape en beeste, was ook van die natuur afhanklik vir voortbestaan, maar ook van die mens.

Maar die mens kon ook nie meer sorg nie. Vir vyf jaar lank het die riviere geen water gehad nie.

Om na lewe te soek. Al teken van lewe wat jy kry, is aasdiere wat selfs nou, helder oordag, onverstoord

Rante

Page 87: Alleen in Plekke

Rante

77

voor jou uitdraf op soek na die volgende maal. Party volg jou uitdagend op ’n afstand. Jy wonder

as jy van uitputting sou val en bly lê, hulle jou lewend sou verslind. Aasvoëls volg jou nuuskierig van boom tot boom, asof hulle jou as prooi oorweeg. Ander roofvoëls bespied die dorre, kaal veld hoog uit die lug met hulle skerp oë.

Dis asof die rante die enigste plek op die plaas is, waar jy nog kan asemhaal. Genoeg asem om te bid. Maar jou stem het skor geraak en jou hart bitter. Jy strompel soos ’n dronke deur die duisende, ronde vuurklippe, en wonder oor dié hand wat dit eeue gelede, asof in walging, daar geslinger het. Is dit dieselfde hand wat alles nou weer reduseer tot niks?

Bome staan soos naaktes, die droë kaal takke soos uitgeteerde arms hulpeloos uitgestrek na bo. In die swart takke klouter dikgevrete aasvoëls, hulle lang nekke en snawels rooi gekleur van bloed. Oor die veld lê witgebleikte geraamtes van wat eens die lewensbloed van die plaas was.

Droogte. Louterende, sielsuitmergelende, verwoestende droogte. En die hemel swyg. Die uitspansel is ’n sieklike blou-wit so vêr soos die oog kan sien. Nog roofvoëls sirkel en plons dan lomp in die verdroogde bome neer.

Uit die weste waai die wind meedoënloos, huil deur die klowe en jaag stofduiwels op in die kaalgevrete vlaktes.

En die son! Die ongenaakbare son. Hy sluip uit

Page 88: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

78

die ooste, woedend oor die nuwe dag en spuug vuur op die aarde neer. En verskroei jaloers die laaste groenigheid tot in die wortels.

Jy het uit die beklemmende, warm huis gevlug, oor die kaal werf, waar nog net die garingbome en peperbome oorleef, om hier troos te kom soek. Hier waar jy vêr kan sien en diep kan asemhaal, kon jy miskien nog glo aan die belofte van vernuwing, van nuwe lewe.

Maar die landskap, verwoes soos deur ’n veldbrand, toon geen belofte van lewe nie. En soos alles om jou gesterf het, voel jy die lewe ook uit jou vloei. Asof jy ook stadig doodgaan soos alles om jou.

Want selfs die aasvoëls sal later sterf. Tussen die witgeblykte bene van skape en beeste en wilde diere in die stof versmoor. Die miere sal terugkeer na die donker dieptes van die aarde, waar moontlik nog vogtigheid skuil.

Alles sal sterf, sodat die wêreld weer woes en leeg sal word, soos aan die begin. Want die hemel swyg. Spreek ’n onverdiende oordeel uit oor die skepping. Vervul jou hart met afsku en weersin.

Toets jou geloof tot die uiterste. Sodat jy wankelend balanseer tussen verbittering en hoop.

Soos ’n slaaploper of ’n verdwaalde kind strompel jy deur die los klippe en swart stof van die dooie rante. Soms is jou oë toe, maar jy weet nie of jy bid nie. Jy weet net dat jy desperaat soek, dat jy iets soek om aan vas te hou. Iets wat lewe.

Page 89: Alleen in Plekke

Rante

79

Later swoeg jy deur die skroeiende sand en pikswart driedoringbosse in die vlaktes. Jy loop net, sonder doel. Jou bene swik onder jou. Jou oë is splete getrek teen die skerp, verblindende lig. Jou mond is droog soos kurk, gekoek met stof.

Jy het verniet lewe kom soek, probeer jy berus. Jy draai om, moeg en verslaan. Jy moet huistoe gaan.

Dis die al drie-uur. Die wind het gaan lê. Die verblindende sonstrale, skyn nou reg van bo, ’n wit ondeursigtige inferno wat woed oor die veld. Die geskril van sonbesies verwar die sinne. In jou slape pols pyn met hammerslae; jy proe bloed op jou tong. Jy huil.

Net jou snikke is hoorbaar in die stilte. Jou trane verdamp in die warm son. Jy kerm en worstel soos die sterwende diere waarna jy soveel maal moes luister.

Daarom verbaas dit jou nie toe nog ’n klank van nood by jou aansluit nie. Naby sterf nog ’n dier of wildsbok. Daar is dit weer. Maar dis anders. Dringend. Nie soos ’n sterwende, waar daar nie hoop is nie. Lewend. Eisend. Jy luister.

Daar is dit weer. Harder dié keer. ’n Smeking. Om hulp. Jou moeë bene beweeg. Jy strompel blindelings op die geluid af. Struikel oor los klippe, val, spring op en strompel voort.

Aasvoëls lei jou daarheen. In die yl skaduwee van ’n driedoringbos versmoor ’n skaap-ooi in haar bloed. Jy verwilder woedend die aasvoëls.

’n Entjie weg staan haar pasgebore lam bewend in

Page 90: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

80

die son. Jy kniel en tel dit op. Lewe pols in jou hande. Jy druk die pasgebore lammetjie teen jou bors. Voel sy hartjie klop. Lewe.

Langs jou sterf die ma geluidloos. Jy voel die trane droog word op jou wange. Die lammetjie snuffel teen jou nek. Jy kyk verdwaas om jou rond. Die aasvoëls wag geduldig. Jy wag totdat jy seker is dat die ooi dood is.

Jy voel met elke hartklop van die lammetjie hoe nuwe lewe na jou terugkeer. Jou bene begin beweeg. Jy begin draf. Jy moet so gou as moontlik by die huis kom. Die lammetjie se lewe red.

Maar dis styl af teen die rant tot onder. Jy sal versigtig moet wees, want jy is moeg, honger en dors.

Natuurlik het jy geweet jy sal lewe kry. Die vlam van hoop kan nie vernietig word nie. Nie deur droogte nie. Nie deur vertwyfeling of verbittering nie.

’n Skaduwee trek oor die rante en verdwyn soos ’n skim. En nog een en nog een.

Die oostewind het opgekom en jaag vlieswolke voor hom uit. Vêr op die horison begin spierwit wolke saampak. Op die koel wind ruik jy reën. As dit nie vir die lewe wat nou in jou hande is nie, sou jy hier op die kliprante gebly het om die lewegewende gawe van uit die hemel te verwelkom.

Maar jy sal jou moet haas. Dis asof die klein lyfie teen jou verslap. Jy hardloop vinniger. Daar het nuwe krag in jou bene gekom.

Toe jy struikel, keer jy met jou arms en jy sien hoe

Page 91: Alleen in Plekke

Rante

81

die klein bondeltjie lewe ’n klip tref. Hy is dood, flits dit deur jou kop. Dood! Ook dood...

Jy val en rol om en om. Die son verblind jou, jy huil seker want jy voel vogtigheid op jou wange en in jou mond. Dis taai en klewerig, nie sou soos trane nie.

Dis bloed dring dit tot jou deur. Toe jy eindelik te ruste kom, teen klippe of bosse en wil opstaan, vou jou regterbeen horisontaal onder jou in.

Jy sal nie weer opstaan nie, weet jy. Oral is bloed. En die pyn in jou kop laat jou snak na asem. Jy bly so stil moontlik lê, dan is die pyn in jou liggaam nie so erg nie. Maar jou kop!

Soms is alles stikdonker, dan weer skyn ’n skerp lig in jou oë. Jy sien wolke beweeg, dan pak dit saam en jy verbeel jou jy hoor die dreuning van die weer. Of miskien is dit maar net die folterende pyn in jou kop.

As dit die einde is, dan is jy ten minste voorbereid. Ontmoet julle nie mekaar elke dag op die pad nie, al maande lank, jare... Jy en Dood is ou vriende! Jy voel die koue, verkwikkende reëndruppels op jou geslote ooglede, dit spoel oor jou af wange en droog al die trane af.

Die droogte is verby.

Page 92: Alleen in Plekke

82

Die laaste Saterdag van elke maand kom die dorpie se vrouens en van die vrouens uit die distrik

bymekaar om onsself, soos dit gestel word, weerbaar te maak.

Dit is nou om te leer skiet. Op ’n skyf, natuurlik. Die meeste vrouens haat dit, maar dis ’n sosiale byeenkoms en niemand mis dit nie. Op so ’n klein plattelandse dorpie is daar maar min genoeg afleiding.

Hierdie opleiding moes natuurlik dien as beskerming van huis en haard. Veral vir vrouens wat alleen geboer of alleen gewoon het. Dit was gemik op misdadige elemente van buite.

Vir dié wat binne in die huis gepleeg word, is daar nie voorsiening voor gemaak nie.

“Kan jy nog die merke sien, Leila?” vra Edna, haar ou skoolmaat en beste vriendin, waar sy voor die spieël sit.

Leila vat die grimeersel en kamoefleer met mening die blou merke aan Edna se keel.

“Edna, ek weet dis nie my saak nie, maar waarom bly jy by Dirk as hy jou so aanrand? vra Leila. “Of praat met die sersant. Hy is die hoof van die stasie en het ’n sekere reputasie om te handaaf. Laat hy vir Dirk regsien.”

“Wel, daar is ons seun, daarom bly ek, Leila. Waar

Die Skietklub

Page 93: Alleen in Plekke

Die Skietklub

83

gaan ons heen? Ek is vir niks opgelei nie...” Sy bekyk haar nek van alle kante in die spieël.

“Niemand sal meer iets kan sien nie, nê Leila?”Leila voel asof sy aan huil kan gaan van blote

frustrasie. En dis al maande aan die gang en mense fluister daaroor.

“Om met die sersant uit ons huis te praat sal net dinge vererger tussen my en Dirk, Leila. Jy weet hoe trots hy is.”

Leila voel hoe ergernis, maar ook simpatie in haar opstoot. Edna is soos ’n blinde wat rondtas in die donker, rigtingloos.

“Wat van jou ouers, Edna?”“Hulle was teen ons huwelik gekant...”“En nou is jy te trots om te erken dat hulle reg

was?” “Jy sal dit tog nie verstaan nie Leila. Ek moet aan

my kind dink.”“Nee, ek verstaan nie, Edna. En hý ’n polisieman!

Hoe dink jy voel jou seun, as hy sien sy pa mishandel sy ma? Druk ’n rewolwer teen haar kop?”

“Dit gebeur net as hy gedrink het en dan slaap Jannie lankal.”

“Dis tyd dat iemand die saak van vrouemishandeling in hierdie gemeenskap aanspreek, Edna.”

“Kom ons ry, anders is ons laat.” Sy spring op en dis duidelik dat sy dit nie vêrder wil bespreek nie.

So eindig dit altyd, dink Leila moedeloos Edna wat alles probeer toesmeer, soos nog vrouens in die

Page 94: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

84

dorp, maar almal weet daarvan. “Goeie, opkoms,” sê Edna toe hulle stilhou. Dis

’n heerlike lentedag en almal lag en gesels. Die vroue uit die distrik is vergesel van hulle mans, want dit is sommer inkopiedag ook.

Die opleiding geskied onder die toesig van die polisie. Die sersant is daar, asook Edna se man, Dirk. Soos gewoonlik verwelkom die sersant almal en sluit af met sy afgesaagde ou grappie ten koste van vroue. Die mans lag luidrugtig en klap mekaar op die skouer.

Almal kyk verbaas na Edna toe sy skielik opstaan. “Sersant, ons leer hier om ons te verweer teen

aanvallers van buite. Wat van aanvallers ín ons huise, of kom ek sê móóntlike aanvallers. Wat se reg het ’n vrou as haar man dreig om haar te skiet?”

“As daar enige vrou is wat só gedreig word behoort sy ’n klag te lê!” sê die sersant en trap ongemaklik rond.

“Is dit voor of na sy geskiet is?” vra Dirk. Niemand lag nie.

Leila spring op. “Het die vrou ook die reg om haar man te dreig

met háár rewolwer? Ons word mos nou opgelei om onsself te verdedig!”

“Leila, ons polisie kan nie in mense se privaat lewe inmeng nie. Nie voordat daar nie ’n klagte is nie.”

“Jy is mos nie getroud nie, Leila,” sê Dirk. “Wat wil jy inmeng in ander mense se sake?”

“As die skoen jou pas, Dirk, trek hom aan!” sê Leila

Page 95: Alleen in Plekke

Die Skietklub

85

en het die bevrediging om te sien hoe rooi kolle op sy gesig uitslaan. Sy bly staan, haar oë op hom totdat hy sy kop laat sak.

“Kom, laat ons begin dames, dit word laat,” sê die sersant ongeduldig oor die oponthoud.

Almal begin gelyktydig praat om die pas afgelope gebeure te oorbrug. Hulle begin in alle erns oefen.

Edna is soos gewoonlik die beste skut. ’n Bos blomme word aan haar oorhandig.

Iemand begin sing: “Lank sal sy lewe...” Dis Dirk. Die vrouens sing nie. ’n Paar van die mans begin halfhartig saamsing. Heila sien hoe die sersant iets vir Dirk sê.

So teen skemer begin van die mans vuur maak om vleis te braai. Eddie, ’n jong boer uit die distrik, sluit hom by Leila aan. Edna kom staan ’n oomblik by hulle.

“Dankie, vriendin,” sê sy en druk Leila se arm. Haar tong sleep effens. Sy stap na haar man toe en Leila sien hoe Dirk vir haar nog ’n glas drank aanbied.

Edna wat nie eers ’n glasie wyn voor ete wil drink nie! Hier is iets verkeerd, baie verkeerd, dink Leila bekommerd.

“Vergeet van hulle, Leila,” sê Eddie. “Ons het belangriker sake om oor te praat.”

Drie jong boere, met ’n trekklavier, ’n ghitaar en ’n konsertina begin vrolik dansmusiek speel. Daar is nie ’n dansbaan nie, maar skoene word uitgeskop en nie lank nie toe wieg paartjies in die sand.

Page 96: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

86

Leila en Eddie gaan sit op ’n boomstomp en begin eet voordat die stof op die kos beland. Dis elfuur toe toe Edna skielik voor hulle staan.

“Kan ek weer saam met jou ry, Leila? Dirk is weg met die motor – seker maar kroeg toe!”

“Natuurlik, Edna. Ek dink ek het nou genoeg stof gesluk. Sien jou môre, Eddie.”

“Dis ’n skande dat hy jou sommer so aan jou genade oorlaat, Edna. Was hier nie genoeg drank vir hom nie?” vra Leila toe hulle wegry.

Edna begin histeries lag. “Luister, Edna, jy kom slaap vannag by my. Jannie

is by jou ouers en wie weet wat Dirk alles vannag in sy dronkenskap kan aanvang?”

“Ek dink ook so, Leilatjie, ek wil nie vannag alleen wees nie!”

Leila maak dadelik ’n pot sterk koffie toe hulle by haar woonstel aankom. Sedert hulle skooldae het sy altyd beskermend teenoor Edna gevoel. Jare later het hulle paaie weer gekruis toe sy as onderwyseres op die dorp, waar Edna en haar man gewoon het, aangestel is.

Edna hardloop dadelik badkamer toe en Leila hoor haar vomeer. Sy stort ook en Leila gaan haal van haar nagklere en gee dit by die deur aan.

“Maak gou die koffie word koud,” jaag sy haar aan.Edna kom met haar klere in ’n bondeltjie uitgestap.

“Kan ons nie dié sommer nou was nie; dan het ek skoon klere vir môre,” vra sy.

Page 97: Alleen in Plekke

Die Skietklub

87

“Goeie plan. Ek gaan ook gou stort, dan was ons sommer alles. Ek het stof tussen my tande,” sê Leila, verlig dat Edna soveel beter lyk.

“Drink jy solank koffie.”Hulle was die bondel wasgoed en Leila handel nog

werk in die woonstel af.“Ons moet seker gaan slaap,” sê Leila later en

kyk op haar horlosie. Dis reeds eenuur. Maar dis asof Edna nie eers hoor nie. Sy bly praat; haal later ’n pakkie sigarette uit haar handsak en steek een aan.

“Ek het nie geweet jy rook nie, Edna,” sê sy verbaas.

“Dit sal die eerste een wees. Ek het dit uit Dirk se hempsak gehaal,” sê sy en verstik in die eerste rook. “Wil jy nie ook probeer nie?”

Leila staar na die pakkie sigarette wat Edna aangee. Daar is bloed aan die pakkie.

“Nee, dankie, Edna,” ek sal ook net verstik.” Sy staan op. “Ons moet regtig gaan slaap.”

Later lui die telefoon. Leila antwoord. Dis die sersant. “Is Edna by jou?” vra hy.

“Ja, maar sy slaap al. Waaroor gaan dit, sersant?”“Dis ernstig, Leila – eintlik moet ek met haarself

praat.”“Ek is seker dat ek dit beter aan haar kan oordra,

as jy sersant!” “Dirk is dood! Iemand het sy motor nog by die

skietklub sien staan en ondersoek gaan instel. Hy het sy liggaam tussen die bosse gekry. Selfmoord, met sy

Page 98: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

88

diensrewolwer. Ek sal môre met Edna praat.”Edna het intussen wakker geword en sit ongeërg

en rook asof sy onbewus is van die gesprek.“Dirk is dood, is hy nie? Hy het altyd gedreig om

sy eie lewe te neem. Daar het vanoggend nog op my kussing so ’n dreigbrief gelê. Lê nou nog daar.”

“Is dit in sy handskrif ?” vra Leila bekommerd. “Nee, hy het dit by die kantoor getik, neem ek aan.

Ons het nie ’n tikmasjien nie.” Sy steek met bewende hand weer ’n sigaret aan.

“Edna, luister, wat weet jy van Dirk se dood?”“Absoluut niks. Jy dink tog nie ek het hom geskiet

nie, Leila!” Haar stem is smekend. “Hy is Jannie se pa, om vadersnaam, Leila.”

“Waarom is daar dan bloed aan die pakkie sigarette?”

“O, is daar? Sy vat die pakkie en draai dit in die rondte. “O, dit?” Sy vee met ’n klam vinger die merk weg. Seker van my hand wat weer begin bloei het. Kyk, Leila!” Sy wys die snyplek aan die palm van haar hand. Dit bloei effens.

“Nog ’n nagedagtenis van Dirk! Hy het my gedreig met ’n mes, en ek het gegryp daarna. Die wond moes met die skietery weer oopgegaan het.”

Leila slaak ’n sug van verligting. “Maar waarom het jy gesê Dirk is weg met die kar?”

“Wel, ek was op pad kar toe, toe ek sien daar is ander geselskap saam met hom,” sê sy, en begin weer

Page 99: Alleen in Plekke

Die Skietklub

89

lag.Leila buk oor haar om haar te omhels, maar ruk

orent asof ’n slang haar gepik het.“Gaan was jou hare, jou gek!” skree sy, buite

haarself van skok. Edna kyk bevrees na Leila. “Nou!” skree sy en borsel jou naels deeglik! Waar’s die skoene wat jy aangehad het? Kyk of daar nie bloed op is nie en vee dit af!

“Verstaan jy dan nie, Edna? Jy sal verdagte nommer een wees!”

“Maar ek het hom nie geskiet nie, Leila! Jy moet my glo!” soebat Edna.

“Loop doen wat ek vir jou gesê het, en maak gou dat ek jou kan huistoe neem. Die polisie gaan jou deeglik ondervra. Jy moet jou voorberei daarop. Onthou daar is jou kind wat jy aan moet dink!”

Die hof het besluit dat dit selfmoord was. Edna het uit die distrik verdwyn saam met haar seun. Leila het nooit weer van haar gehoor nie. Sy het met Eddie getrou en plaasvrou geword.

Elke laaste Saterdag van die maand kom die vrouens van die dorp en sommige uit die distrik nog steeds bymekaar om te leer skiet – sodat hulle weerbaar kan wees teen enige aanvaller – dit kan ’n saak van lewe of dood wees.

Daar word gefluister onder die vroue dat ’n sekere ryk boer in die distrik sy vrou gereeld aanrand. Dis tyd dat sy by die skietklub aansluit, is een en almal se

Page 100: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

90

mening.“Praat van die duiwel,” roep die Voorsitster van

die Skietklub te hard uit. Al die koppe draai in die rigting van die nuwe aankomeling.

“O, dis Leila, Eddie se vrou...”

Page 101: Alleen in Plekke

91

Eens woon ons op ’n dorpie met die bemoedigende naam van Hopeless Heights. Uit my winkel, as ek

agter die till in my besigheid gestaan het, het ek reg by die deur van ons enigste begrafnisondernemer, Sweet Dreams, ingekyk.

Ons besighede, myne ’n kruidenierswinkel, was aan die onderent van die dorp, en dus is ek maar swak ondersteun. Die groter winkels in die middedorp het die meeste aftrek gekry.

Lolla, die eienaar van Sweet Dreams, het natuurlik nie kompetisie gehad nie. Maar insien was min.

Soos dit maar in ’n dorpie gaan, het ons oor en weer geloop, tee gedrink, gesels of geskinder. Omdat ons beide in besigheid was, het ons uit die aard van die saak baie daaroor gepraat.

“Hoe’s besigheid hier, Alta?” het Lolla met die gesig van ’n begrafnisondernemer gevra.

“Sleg, jong, baie sleg,” het ek gekla. Ek het rede gehad om te kla.

“Die besigheid by Sweet Dreams is dié maand die slegste wat dit nog ooit was!”

“Uit ’n ander oogpunt gesien, Lolla, is dit mos dan baie goed,” het ek wal gegooi. “Jy wil tog nie hê meer mense moet doodgaan, net om jou winste op te stoot nie?”

“Hoe’s besigheid hier?”

Page 102: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

92

“Maar jy kla ook, Alta,” vat sy my kort.“Wel, daar is ’n hemelsbreë verskil, Lolla, ek

verkoop kos aan dié wat lewe. Met ander woorde, as dit met jou besigheid goed gaan, sal dit met myne sleg gaan. Ek dink hierdie gesprek van ons moet ’n einde kry. Dis om die minste te sê, onsmaaklik.”

Lolla kon dit nooit insien nie. “Business is business, Alta.”

Sy het ’n punt gehad. Om te bly voort bestaan moes ons besigheid doen. Ons was goeie vriendinne en het mekaar verstaan. Ek het haar jammer gekry.

Ek was die enigste vriendin wat Lolla op die dorp gehad het. Dit was asof sy vermy is, miskien uit die aard van haar werk. Ek dink dit was omdat sy haar werk met soveel toegewydheid uitgevoer het, dat mense haar van ongevoeligheid beskuldig het.

Aan die einde van elke jaar het Lolla ’n partytjie gegee. “Vir die van ons wat dit gemaak het!” het sy met erns gesê. “Ons moet die lewe vier, terwyl ons dit nog gegun word. Wie weet wie van ons volgende jaar die tyd nog hier sal wees?”

“Komaan, Lolla, dis darem té morbied. En so op ’n mens se nugtermaag.”

“Dis juis waarom ek so vroeg hier is, Alta. Hierdie jaar het ek die hotel bespreek vir die partytjie. Al die mense van Hopeless Heights word genooi! En vanjaar gaan daar heelwat verrassings wees!”

“Hierdie mense hou nie van verrassings nie, Lolla, en jy weet dit. Onthou jy nie wat verlede jaar gebeur

Page 103: Alleen in Plekke

“Hoe’s besigheid hier?”

93

het toe jy jou skoonseun met ’n doodsmasker daar aangebring het nie? Almal het stil-stil verdwyn.”

“Maar nie voordat hulle al die kos opgeëet het nie, Alta! Dis een ding wat ’n mens gou hier leer. Moenie vroeg kos gee nie. Handel eers die program af!”

Ons lag, want ek het dit al hoeveel maal sien gebeur. Al die vroue vlieg op, elk met twee borde in die hand, een vir manlief en net daarna verdwyn die gaste net so vinnig soos die kos verdwyn het.

“Het jy al van Halloween, gehoor, Alta?”“Vergeet daarvan, Lolla! Dis ’n uitlandse gebruik

wat baie mense as sonde bejeën. En hierdie plek is omtrent vyftig jaar agter die res van die wêreld.”

“Almiskie! Dis ook om dié wat heengegaan het te herdenk, Alta.”

“Kyk, Lolla, ek verstaan wat jy sê, maar laat elkeen wat ’n geliefde verloor het, dit maar op sy eie manier herdenk. Waarom nou jou kop uitsteek om net weer die skindertonge aan die gang te sit?”

“Ek skrik nie! Sulke dorpies is bekend daarvoor. En as daar dood is, dan weet hulle Sweet Dreams gaan alles vir hulle in styl afhandel. Hopeless Heights kan nie sonder my klaarkom nie! Gaan jy my nou help of nie, Alta?”

“Kyk, Lolla, jy’s my beste vriendin. Kan ek maar reguit praat?” Dis tyd dat ek haar oë oopmaak.

“Ek het gedink dit is wat ons nog al die jare doen, Alta.”

“Wel, Lolla jy is noodsaaklik vir die dorp...maar nie

Page 104: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

94

juis gewild nie. Soms hoor ek mense praat...” Ek weet ek moet liewer stop, maar miskien moet sy maar die waarheid weet.

Om die onsmaaklikheid na die vorige jaar se partytjie te voorkom. Die hele week na die partytjie, elke nag, is swart vullissakke vol rommel by die voordeur van Sweet Dreams afgelaai.

Omtrent drie maande vantevore het drie mense in ’n motorongeluk gesterf. Lolla het die bebloede klere is swart sakke aan die familie gegee. En toe op die koop toe gee sy ’n partytjie waar haar skoonseun met ’n doodsmasker verskyn.

“Sy spot met die dode,” was die algemene gevoel. Veral onder kerkmense. Die dominee het weke daarna nog in sy in sy preke verwys na spotters, maar alhoewel koppe dan in Lolla se rigting gedraai is, het dit gelyk asof sy onbewus daarvan was.

Haar verklaring vir die episode was, en is nog steeds, dat dit kwajongens uit die onderdorp, wat duidelik nie werk vir hulle hande gehad het nie, wat die sakke vol vullis afgelaai het.

Wel, ek is haar beste vriendin, miskien haar enigste. Dis my plig om ’n herhaling te voorkom. Dis wat vriende doen. Maar ek was so verkeerd! Dis presies wat vriende nie doen nie, het ek te laat besef.

Dus, in my gewaande wysheid, gee ek my weergawe van die gebeure. Ek skrik toe ek die uitdrukking op haar gesig sien. Ek kon haar net sowel geklap het. Sy staar na my, weerloos, ’n bang kind in die donker.

Page 105: Alleen in Plekke

“Hoe’s besigheid hier?”

95

“Lolla, vergewe my, ek het my lomp uitgedruk...” Ek voel of ek my tong kan afbyt.

Sy stoot haar teekoppie weg, staan op en stap sonder ’n woord uit. Ek staar haar verslae agterna. Ek sal vanaand ’n draai gaan maak en alles regstel. Haar met haar be-oogde partytjie help.

Later die middag bel ek, maar sy antwoord nie. Toe ek uitkyk, vanwaar ek agter my till staan, kyk ek teen ’n toe deur vas. En daardie deur het toegebly. Sweet Dreams het opgehou om te bestaan. Lolla was weg.

Die begrafnisonderneming was in die mark, maar daar was geen kopers nie. Lolla en haar oorlede man het Sweet Dreams begin. Toe hy dood is, het sy alleen aangegaan.

Hulle het nie kinders gehad nie. Al wat sy gehad het was die besigheid en drome oor hoe sy dit en haar diens aan die gemeenskap kan verbeter.

Die dorp was in beroering. Die Stadsraad moes vinnig planne maak. Dit was in die feestyd en drank en messteek was aan die orde van die dag in die onderdorp.

Ek het onthou hoe Lolla dit altyd as vanselfsprekend beskou het om vir húlle dooies kranse uit dennetakke en beauginvillia te maak. Gratis. As daar nie geld vir ’n kis was nie, het sy dit gratis gegee. Sy het styl gehad.

Ek het gesien hoe afgeleefde motors met lyke aankom, aanklop, ronddraai en dan by my kom hoor waar Lolla is. Die Stadsraad het ’n noodsitting gehad, maar dit het nie gelyk of daar veel uitgevoer is nie.

Page 106: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

96

Die grafte is gegrawe, maar hulle wou kiste hê. As hulle net planke kan kry, sal hulle die kiste self maak, het hulle gaan pleit. Maar dit het op dowe ore geval.

’n Ou man wat gaan pleit het vir planke vir ’n kis vir sy oorlede vrou, is met leë hande weggestuur.

“Dis nou die dank wat ’n mens van julle witmense kry, nadat sy haar hande krom gewerk het in julle kombuise, teen ’n hongerloon. Soos al die ander wat ook dood is! Ons moet hulle seker soos vullis in ’n gat gooi!”

Ek was siek van ontsteltenis, alles was my skuld. Hy het by my ook kom kla. Sy vrou, Sanna, het soms vir Lolla kom help as die werk te veel was.

Wel, het ek gedink, die doel heilig die middel. Ek het nog ’n sleutel van Sweet Dreams gehad, want soms op ’n Sondag, wanneer Lolla ’n begrafnis gehad het, het ek die kantoor beman. En ek het geweet sy sou dit goedgekeur het.

“Ek vertrou jou, Amos,” het ek gesê, “hier is die sleutel. Gaan by die agterdeur in. Bring die sleutel terug, totdat julle dit weer nodig kry. Julle kan hier by my blomme vir die grafte kry.”

Die eerste paar weke kon ek soms snags vaagweg geluide by Sweet Dreams hoor. Daarna het dit afgeneem. Toe eendag het ek die sleutel van Sweet Dreams op die toonbank sien lê. Dit het net daar gelê, soos ’n aanklag.

Ek het dit in my handsak gesit. Daar was nie meer nodigheid daarvoor nie.

Page 107: Alleen in Plekke

“Hoe’s besigheid hier?”

97

Jare later het ek weer deur Hopeless Heights gery. Waar Sweet Dreams was, was nou ’n groentewinkel. Ek het deur die kerkhof gaan stap. Daar het baie, ou bekendes gerus.

Haar graf was ook daar: Helena ( Lolla ) Roodt. So sy het teruggekom na haar mense toe, het ek, dankbaar, gedink.

Toe het ek die sleutel van haar heiligdom uit my handsak gehaal en op haar graf gesit.

“Sweet Dreams, Lolla,” het ek gefluister met ’n knop in my keel. “Hoe’s besigheid dáár?”

Page 108: Alleen in Plekke

98

Vanaand nog gaan sy vort, dink Madge. Weg uit hierdie helhool van ’n plek. Haar man, Mike, sê

sy is aanstellerig. Sy is niks beter gewoond nie, tart hy haar: Ou dronk Jordaan se kaalvoet dogter, met ’n ma wat getik was van die maan.

’n Mens kan ’n siekte oorhou van hierdie plek Madge. ’n Ongeneeslike kwaal. Soos ou tannie Rassie wat voorheen in die huis gewoon het. Toe haar tyd op die aarde begin kort raak, het sy die trein gevat om op ’n ander plek te gaan sterf. Nie in hierdie nes van stof, skinderbekke en armoede nie.

Dis wat Ant Mavis vir haar vertel het. En dis wat Mike nie verstaan nie: Sy wil nie net ’n

herhaling van haar ma se lewe hê nie. ’n Afgeleefde, verbitterde vrou met ’n afwesige man, wat haar later in ’n wêreld van haar eie onttrek het. En die geskiedenis is besig om homself te herhaal.

As sy nie iets daaromtrent doen nie.Dis die groot voordeel van so naby die stasie woon.

Jy kan uit en weg wees, sonder dat iemand jou sien. Soos Annie van die bottelstoor wat ’n week gelede een nag sukkel-sukkel met ’n huilende kind, sak en pak hier verby is.

Die volgende dag was die dorp in beroering. Haar man, Tom, het kom verneem. Of het miskien maar

Naby die Stasie

Page 109: Alleen in Plekke

Naby die Stasie

99

simpatie kom soek. Vroeër was hulle tog huisvriende, maar om een of ander rede het die vriendskap versuur.

Annie het haar begin vermy, en Mike het verskonings uitgedink om hulle nie oor te nooi nie.

“Annie is weg,” het Tom gesê. “Ook geen wonder nie! As jy my vra was dit net

betyds,” het sy probeer help. Vêrder sal hy niks uit haar kry nie. Want dis een

ding van haar: sy sien niks, hoor niks en sê niks.“Jy praat in raaisels, Madge! Wat bedoel jy net

betyds?”“’n Mens kan ’n siekte kry van hierdie plek. ’n

Ongeneeslike kwaal. Soos ou tannie Rassie ...”“Maar sy was oud, Madge! Mense gáán dood as

hulle oud is,” het hy haar ongeduldig in die rede geval.“Jy sal sien, Tom, nog meer mense sal verdwyn.”

Sy het onthou van haar tas, wat reeds gepak, onder in haar hangkas staan.

Nog net haar handsak vat, vir die laaste maal deur die stofstrate stap en dan op die stasie gaan wag vir die tien-uur trein.

Tom het opgestaan om te loop. Madge was verlig. Sy het Tom jammmer gekry, maar sou Annie nie verraai nie. Netnou kry hy dit in sy kop om haar agterna te sit.

Nie dat dit veel sal help nie, want daar is net eenkeer in die week ’n trein.

“Waar loop Mike alweer rond?” het Tom onverwags by die deur gevra.

Page 110: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

100

Sy het gevoel hoe haar wange warm word. Maar dis haar laaste vernedering, want vanaand skud sy finaal die stof van die plek van haar voete af. Laat die dorp maar voort skinder oor haar rondloper man.

En asof hy haar jammer kry: “Toemaar, Madge, ek verstaan,” het hy sag gesê. “Maar dis tyd dat jy daardie man van jou kortvat!”

Waarom het hy nie vir Annie kort gevat nie? wou sy vra. Wanneer hy aand na aand alleen met die kind by die huis gesit het? Maar sy wou hom nie vêrder ontstel nie. Hulle was tog goeie huisvriende eens op ’n tyd.

“Hy was darem die afgelope week elke aand by die huis,” het sy vinnig gekeer vir haar man. Reg is reg.

Tom het verbaas omgedraai. “Werklik!” Hy het snaaks na haar gekyk. So asof hy twee en twee bymekaar gesit het en vier gekry het.

Sy het haar kop verleë laat sak. Miskien weet hy waarom Mike die afgelope week tuis was, het sy vernederd gedink, maar die gedagte dat sy weggaan het haar opgebeur.

Sy is ook verbaas deur Mike se onverwagte optrede, maar sy het liewer niks gevra nie. Netnou loop dit weer op ’n bakleiery uit.

Madge het gekyk hoe Tom oor die straat stap en wegry. As hy maar weet, dink sy effens skuldig, maar, nou, ja. Môre sal hy wel uitvind. Sy wonder waar Annie heen is. En waarom?

Tom is ’n goeie, huislike man wat nooit omgegee

Page 111: Alleen in Plekke

Naby die Stasie

101

het om na die kind te kyk as Annie in die aand by die klub gaan uithelp het nie.

Oor die straat warrel wit plastieksakke tot teen ’n halfgepleisterde muur. Teen die gepleisterde deel hang flarde van ou kennisgewings.

Anderkant die muur is Ant Mavis besig om lang slierte pers blomme af te sukkel van ’n bouginvillea-bos. Haar swart gekleurde hare blink in die son.

Wéér ’n begrafnis, dink Madge. Die soveelste die week! Gaan hier dan meer mense dood as op ander plekke? wonder sy soms.

Sal haar nie verbaas nie. Ant Mavis sê sy is verspot, maar met tederheid. Seker oor sy weet van die lang eensame nagte wat Mike wie weet waar is. En verstaan.

Dan kom sy oor en buig hulle oor ’n stukkie naaldwerk totdat Madge weer kalm is.

Ant Mavis maak gratis kranse van pers bouginvillea blomme en grysgroen peperboomblare vir die armes van die onderdorp.

Oral op die dorp groei net pers bouginvilleas. Dis omtrent al wat aard. Alles net pers, in ’n verskeidenheid van skakerings. Die kleur van rou.

So asof almal ’n voorgevoel gehad het van een of ander ellende wat wag. Ant Mavis sê dis gelukkig, dis pers. Sê nou dit was daardie uitdagende karmosyn van onbekende eilande. Dit sou totaal onvanpas gewees het. Dit is die kleur van lewe.

En dis een ding van ellende: as julle eers kennis gemaak het, val hy enige tyd in soos ’n ou vriend

Page 112: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

102

doen. Kyk nou net! Sy beland van alle plekke regoor ’n begrafnisondernemer. Elke dag en aldag is daar een of ander bedrywigheid aan die gang.

Veral in die winter. Sy het al herhaaldelik vir Ant Mavis gesê dat op die simpel plek meer mense doodgaan as op ander plekke.

Jou arme, arme ding, het Ant Mavis gesê, jou uitkyk op die lewe is heeltemal verwring. Die fout lê nie by die dorp nie. Dis net dat jy dit baie ongelukkig in jou huwelik is en die dorp en die mense daarvoor blameer.

Ant Mavis, ook al grys as sy nie haar hare kleur nie, altyd opgeruimd en vol erbarming vir haar medemens. Vir Madge was sy soos ’n ma en soos ’n dogter behoort sy Ant Mavis in haar vertroue te neem.

Haar ten minste darem gaan groet. Maar sy ken die adres. Sy sal skryf sodra sy anderkant is, troos sy haarself.

En dis alreeds vyf-uur, hoor sy die sein op die radio. Daar is buitendien nie meer tyd om te gaan groet nie. Sy beter gaan kos maak, sodat Mike nie agterdogtig raak nie.

Die laaste paar dae was hy gewoonlik ses-uur tuis en het homself in die buitekamer besig gehou. Sy was verbaas, maar het niks gesê nie. Dit was nie meer nodig om iets te sê nie.

Maar Mike daag nie op nie. Dit pas haar, want nou kan sy rustig afskeid neem van die huis. Later skep sy die kos in bakke en sit dit in die yskas, maak seker

Page 113: Alleen in Plekke

Naby die Stasie

103

dat die stoof afgeskakel is en vat die vullis uit na die agterplaas.

Die wind het opgekom en sy staan ’n oomblik en luister na die troostende ruising van die palmboom se blare waaraan sy gewoond geraak het. Iewers klap ’n los sinkplaat eentonig teen ’n muur en in die onderdorp blaf honde.

Die lig uit Ant Mavis se kombuis gooi ’n ligstreep tot in die bouginvillea-bos en die vuilgroen peperboom. Sy weet Ant Mavis sit by die kombuistafel en maak op die handmasjien doodsklede uit ou wit lakens vir die dooies van die onderdorp.

Party aande gaan help sy en dan maak Ant Mavis vir hulle warm sjokolade met hope heuning.

Miskien moet sy gaan groet. Maar daar was nie meer tyd nie. Sy moet weer gaan seker maak van die tyd op haar kaartjie, die onnodige ligte afskakel en die deure sluit. Gelukkig het Mike ’n sleutel, sodat hy kan kom en gaan soos hy wil.

Sy skrik toe ’n donker figuur skielik uit die buitekamer kom, versigtig rondkyk en al in die skadukolle langs hek toe beweeg. Sy trek haar asem hoorbaar in toe sy Mike herken in Ant Mavis se kombuislig. Hy dra sy armyjas met ’n beret laag oor sy oë getrek.

Sou daar weer onluste op die grens uitgebreek het en is hy opgeroep vir patrolliediens? Maar haar radio is heeldag aan en sy sou seker gehoor het daarvan.

Madge wil onwillekeurig uitroep, maar besef dat

Page 114: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

104

sy so haar planne sal belemmer. Sy volg nuuskierig sy bewegings, onseker hoe om dit te vertolk.

Hy kyk vinnig om in haar rigting, asof hy bewus is van haar teenwoordigheid. Dan draf hy oor die straat, al langs die halfgepleisterde muur langs en verdwyn om die hoek in die rigting van die stasie.

Sy onthou dat Annie die vorige week ook geklee was in ’n lang jas met ’n hoed laag oor haar kop getrek. Miskien is dit hoe ’n mens aantrek as jy ’n reis onderneem na ’n vreemde, onbekende bestemming.

Madge luister hoe die trein aankom en vertrek. Toe die dreuning wegsterf, is sy reeds in die middel van straat op pad na Ant Mavis toe. Die wind het bedaar en wolke het saamgepak sodat alles skielik donkerder vertoon.

Sy sien Ant Mavis in die lig van die kombuisvenster na buite staar. Sou sy Mike se vertrek gesien het, wonder sy? Miskien sien sy almal se vertrek na die stasie, want dit is so naby.

As die lig in die venster net bly skyn, sal sy haar pad deur die stil straat vind. As Ant Mavis net nie die lig in die venster uitdoof nie! Dan sal alles stikdonker word en sy sal nie die bekende hekkie kry nie, en verlore wees.

Vêraf hoor sy die rammeling van die weer toe sy die hekkie oopstoot. Die eerste groot druppels val oor haar arms, op haar kop en stroom oor haar gesig. Môre sal alles skoongewas wees, die strate sal blink onder die son en stroompies water sal die stof

Page 115: Alleen in Plekke

Naby die Stasie

105

wegspoel.Ant Mavis sit op dieselfde plek langs die

kombuistafel met ’n stapel voltooide doodsklede op ’n stoel. Op die tafel staan twee glase warm sjokolade.

“Drink jou sjokolade,” sê Ant Mavis, “ek het dit lekker soet gemaak.” Sy slaan haar arms om Madge. “Jy ly aan skok, die soetigheid sal help.”

Later gaan staan Madge by die venster en kyk na die gietende reën buite. Deur die mistigheid sien sy ’n man in ’n reënjas met ’n sambreel, aangestap kom, half-huiwerend asof hy nie seker is van sy bestemming nie.

Kan dit Mike wees wat besin het en die trein laat vertrek het sonder hom? Daar is geen vreugde in haar hart nie, net ’n koue woede. Nou het sý die trein gemis!

Maar soos hy naderkom, lyk dit vir haar meer na Tom. Maar as dit hy is hoop sy kom neul nie weer oor Annie nie.

Of dit kan ook iemand wees wat van die trein afgeklim het en die dorp nie ken nie.

“Hier kom ’n man met ’n lang reënjas en ’n sambreel aangestap, Ant Mavis. Dit kan Tom wees, maar dis moeilik om uit te maak. Lyk of hy op pad hierheen is. Ek wonder waarvoor stap hy so stadig hier in die reën rond?

“Hy kom van die stasie af,” sê Ant Mavis en haal nog ’n glas uit die rak vir sjokolade.

“Wou hy dan ook weggaan?” vra sy en is verbaas oor die bewing in haar stem. Waarom bewe haar

Page 116: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

106

stem? Seker maar die koel reënlug buite.“ Nee, ek het hom gestuur om jou te keer voor jy

op die trein klim, Madge.”Sy kyk verbaas na Ant Mavis en voel ’n rooi gloed

in haar wange opstoot. “Hoe’t Ant Mavis geweet dat ek op pad was om

die trein te vat? ”“Ek weet jy het ook die nag vir Annie sien

verbysukkel met ’n skreeuende kind. Jy was op die balkon...”

“Ek sou darem eers kom groet het,” jok sy en voel hoe ’n gloed van verleentheid haar wange laat brand.

“Die kaartjieskantoor het my vermoede bevestig,” gaan Ant Mavis voort. “Tom het geweet van Mike se planne, daarom het ek sy hulp ingeroep.”

Madge bars uit van die lag. “Ant Mavis weet as ek net ’n bietjie vroeër was, het ek en Mike nou op dieselfde trein gesit!” Sy stik soos sy lag. “Dan het ons saam verdwyn en...”

“Dis Tom, daar klop hy, gaan maak oop, Madge. Ek maak solank vir hom sjokolade. Hy moet verkluim wees.”

Dis die groot voordeel van so naby die stasie woon, dink sy. Jy kan uit en weg wees, maar soms sien iemand jou. Soos met Annie en Mike gebeur het.

Madge lag nog toe sy die deur oopmaak. Maar dis nie Tom nie, dis Mike met ’n grynslag op sy gesig. “Jy...! gil sy. Die laaste klank wat sy hoor, is van brekende glas in die kombuis.

Page 117: Alleen in Plekke

Naby die Stasie

107

Sy spring by hom verby en begin hardloop. Sy moet gaan wag vir die volgende trein. Haar gille eggo deur die stil strate.

Page 118: Alleen in Plekke

108

Wilhelm hoor haar sing toe hy die deur oopmaak. Nie alweer nie, dink hy moedeloos en val in ’n

stoel by die kombuistafel neer. Die vuur in die stoof is dood en die vuil gordyne wapper deur die oop venster.

Die beskuit waarvan hy die oggend geëet het, staan nog op dieselfde plek; die fles met warm koffie onaangeraak. Hy skink vir homself en eet weer van die beskuit.

“Siembamba, mamma se kindjie,” sing sy vrou en hy hoor haar die stadig die trappe afkom. Volgens die klank kan hy vasstel presies waar sy is. Hy weet sy sal voor die los trap stop asof dit ’n slang is.

Wilhelm druk sy hande oor sy ore om die verfoeilike woorde van die liedjie uit te sny. Hy staal hom vir die rou krete wat uit haar maer keel sal kom sodra sy die stukkende trap bereik.

Elke dag, vir die laaste twee maande, dieselfde ritueel. Dis solank as wat hulle seuntjie begrawe is.

Bokant die stukkend trap sal sy stop met die lappop uit haar kinderdae, slap in haar arms gehou. Die nek gebreek, die blou oë starend na niks.

Net soos hulle kind daardie verskriklike dag. Dan sal haar verlore krete begin. Dit was die dag wat al hulle drome te pletter geval het saam met hulle kind.

As hy maar die trap betyds herstel het, verwyt hy

Siembamba

Page 119: Alleen in Plekke

Siembamba

109

homself, soos sy telkemale gevra het. Maar hy het so baie werk, was sy enigste, lomp verweer.

Hy wag vir haar gille, maar toe niks gebeur nie, kyk hy versigtig op. Miskien is sy besig om te verbeter na die doktersbehandeling van die afgelope maand.

Sy staan op dieselfde plek, geklee in ’n lang, wit nagrok, haar donker hare glinsterend oor haar skouers. Hy sien verlig dat die lappop afwesig is, haar hande agter haar rug gevou.

“Hallo, Doreen,” groet hy half-huiwerig. Dit lyk asof haar groot donker oë gloei teen haar doodsbleek gesig. Die episode is nog nie verby nie, dink hy onsamehangend, haar glimlag het verander in ’n grynslag, haar emosies skud haar heen en weer asof ’n sterk wind haar getref het.

“Hallo, Wilhelm,” sis sy deur haar tande. Hy sien haar arms vorentoe beweeg, sy jaggeweer in haar hande. Hy wil nader hardloop om die geweer weg te neem, maar dan gooi ’n onbekende mag hom agteroor teen die kombuistafel. Hy hoor die koppies breek en dan volg ’n doodse stilte.

Hy wil na haar roep, maar sy lippe kan nie die woorde vorm nie. Hy hoor haar naderkom en voel haar oor hom buig, haar een voet liggies op sy slaap.

Sy begin sing, haar mond naby sy oor: “Draai sy nek om, gooi hom in die sloot, trap op sy kop dan is hy dood!” Toe eers verstaan hy waarom sy weke lank die verfoeilike liedjie gesing het.

Page 120: Alleen in Plekke

110

Tsumi het drie maande nadat sy in die vreemde ligstad aangekom het, al haar voetpaaie haarfyn

in die swart teerstrate gesien. Duidelik het hulle daar gelê, net soos die voetpaaie

in die woestyn waar sy grootgeword het. As sy huistoe gaan sodra sy genoeg shillingie gekry

het vir haar werk in die kombuis by die witgesig, sal sy vir haar pa vertel van die swart voetpaaie wat net sy kon sien.

Baie haastige mense het elke aand al oor haar voetpaaie gestap, want hulle het dit nie gesien nie. Nie soos sy, die klein boesmanmeidjie nie.

Wat slegte maniere is, want in ’n voetpad bly jy altyd voor of agter iemand. As jy ’n voetpad kruis, wag daar slegte dinge vir jou in die pad vorentoe. Daarom gaan draf sy wanneer die strate stil word.

Sy wil nie slegte dinge oor haarself bring nie. Ook nie oor ander mense nie.

Met haar geliefkoosde voetpad draf sy elke tweede dag, al langs die swart teerpad in die harde gruis, tussen die hoë woonstelblokke deur, tot by ’n eensame dam buite die stad. Hierdie is nie ’n swart voetpad soos op die teer nie.

Dis grondpad en haar tone krul van plesier om die sand.

Voetpaaie

Page 121: Alleen in Plekke

Voetpaaie

111

Dis, waar haar pa belowe het, hy elke maand sal kom wag as Tsumi dalk wil teruggaan na haar land in die woestyn.

Dis nie so vêr nie, het haar pa gesê. Hy sal dit maklik in ’n dag afdraf. Sy moet net die wit volstruisveer tussen die riete los en hy sal weet sy wil huistoe gaan.

My Boesman-dogtertjie met klikklanke op haar tong en vlerke aan haar voete, het haar pa gegroet. Ek sal elke maand hier kom wag vir jou teken. As jy wil teruggaan.

Maar wanneer jy weerlig sien, daar, waar die son ondergaan, dan weet jy dit het gereën in die woestyn. Vlieg terug, my boesman-dogtertjie met die vlerke aan jou voete. Vlieg terug...

Sy dink aan die twee ander voetpaaie waar van sy haar pa sal vertel. Sy kan dit maklik volg want sy sien dit duidelik in die swart teer, soos haar voete pad gemaak toe sy hier gekom het.

Een lei tussen die motors deur, tussen grynsende honde voor huise verby, tot by ’n sportveld waar mense skree en gil.

Die ander een is korter: Tot by die dieretuin waar sy met verlangende oë ure na die onrustige diere deur die tralies staar.

Maar dié voetpaaie is nie soos die in die woestynland waar sy groot geword het nie. Vroeg in die oggend, somer of winter, het sy ’n voetpad gekies, enige voetpad en begin draf.

Onbewus van die hitte van die sand tussen haar

Page 122: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

112

tone in die somer, of die krakende yslaag wat sy breek in die winter.

Tsumi, met klikklanke op haar tong en vlerke aan haar voete, noem haar pa haar. Sy soek na uintjies of kambro om te kou, of as sy gelukkig is, een of twee volstruis-eiers waarvan sy vir haar beenringe kon maak om in die maanlig te dans.

Watter koers sy ingeslaan het, maak nie saak nie. Sy was oral welkom. Waar sy ook al gekom het, of net verby gegaan het, het hulle haar geken en was bly om haar te sien.

Tsumi, Tsumi, het hulle gegroet. Die klank het oor die duine getrek en teruggekom: Tsuuumi....

Want alles het aan haar behoort soos alles aan hulle behoort het.

En die voetpaaie was diep uitgetrap, sodat jy later weer en weer kon teruggaan en dit vir jou bly wag het.

Maar deur die jare wat sy weg is in die stad, sal jou voetpaaie jou nog onthou? Soos jy hulle onthou. Of sal hulle toegroei omdat jou voete hulle nie meer ooptrap nie?

En wat van die diere op die duine, vroeg in die oggend en weer saans laat? Sal hulle wegtrek soos jy? Of as hulle nog daar is en jy weer jou voetpaaie oodraf, sal hulle jou nog herken? Of sal dit wees soos in die stad waar niemand jou ken nie?

Tsumi hoor ander mense se voetvalle agter haar. Hulle asems jaag. Sy hou nie van die vreemde klap-klap van hulle voete in haar pad nie.

Page 123: Alleen in Plekke

Voetpaaie

113

Hulle kom al nader, sy hardloop vinniger. Sy wil net by die dam wees voor hulle. Miskien wag haar pa daar.

Miskien sal sy self terug vlieg met die vlerke aan haar voete. Dit het geweerlig waar die son ondergaan. Haar pa het gesê...

Toe Tsumi val, vlieg sy geruisloos tussen miljoene sterre deur, terug tot in die woestyn.

Page 124: Alleen in Plekke

114

Oorkant my winkeltjie is ons dorp se enigste begrafnisonderneming, Soete Drome. Dis nie

aangenaam om elke dag die doen en late daar gade te slaan nie, maar jy kan dit ook nie heeltemal ignoreer nie.

Miskien spruit my ongesonde weersin en vrees vir die dood uit die feit dat ek op sewejarige ouderdom drie dae saam met my dooie ouma alleen op die plaas moes deurbring.

My ma moes my onder ’n bed uitsleep en dit het jare geneem voor ek heeltemal herstel het van dié ervaring. Dis wat ek gedink het.

Die eienares van Soete Drome, Mara, val graag by my in vir ’n koppie tee. Ek verwelkom dit, maar nie altyd haar geselskap nie.

“Môre, Tokkie,” groet sy vrolik. Mara is altyd vrolik. “Hoe’s besigheid hier?”

“Besigheid is maar swak,” kla ek uit gewoonte en skakel die ketel aan.

“Jy moet nie praat nie! Daar by my was dit nog nooit so swak nie. Besigheid op hierdie dorp is absoluut dood en begrawe,” sê sy en vat die tee by my.

Sou sy spot of is dit net ’n ongelukkige woordspeling. Maar sy is doodernstig, sien ek. Ons het hierdie gesprek al vantevore gehad.

Soete Drome

Page 125: Alleen in Plekke

Soete Drome

115

Dit is soort van onvermydelik, want ons was afhanklik van besigheid en in swak tye het ons swaar getrek. Tog voel ek elke keer dat dit ietwat onsmaaklik is.

Nie vir Mara nie. Vir haar, soos dit soms voorkom, is die dooies meer van ’n werklikheid as die lewendes.

“Jy wil tog nie hê meer mense moet doodgaan om jou besigheid te bevorder nie?” vra ek, skuldig dat ek aan die gesprek deelneem.

“Wel, jy kla ook oor swak besigheid,” kom sy my by. “Besigheid is besigheid.”

Wat waar is. Vinnig probeer ek die gesprek in ’n ander rigting stuur, maar dis moeilik; sy bly gefokus.

“Dis die eerste nat of droog wat ek oor my lippe sit vandat kosbare Oom Pieterse vieruur vanoggend afgelewer is,” sê sy en vat ’n sluk.

Dit klink asof sy van die oggendkoerant praat. Ek sien hoe sy regskuif om oor haar laaste ‘geval’ te praat.

Desperaat soek ek na iets om te sê, enige iets. “Ek hoor gisteraand op die nuus dat die Pous

dood is,” begin ek lomp en wonder waarom ek teen my beterwete van dood gepraat het.

“Wat vertel jy my, Tokkie?” Sy sluk die warm tee vinnig af. “Maar hy was stokoud. Dan gaan jy dood. Dis al wat jy nog kan doen,” sê sy saaklik en staan op.

“Kyk, ek moet hardloop. Vandag het ek drie begrafnisse en twee kosbare lyke moet nog gehaal word. En hierdie nuwe mannetjie wat ek aangestel het, is tog so onbeholpe. Kan skaars die trokkie behoorlik

Page 126: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

116

bestuur.”Ek deel haar bekommernis oor die bevoegdheid

van die haar nuwe assistent. Ek moes hom al aanpraat oor die wilde draaie wat hy reg voor my winkel kom gooi, voor hy indraai by Soete Drome. Ook wanneer daar ’n lyk in die trokkie is.

Eenmaal, net na ek my besigheid begin het, het ek haar vertel van my ouma se dood toe ons alleen op die plaas was. Maar sy het die punt wat ek wou maak gemis.

Van toe af het sy my by die besigheid probeer betrek.

“Dit sal jou genees van jou belaglike vrees,” het sy my probeer oorreed. “Dis nie vir die dooies wat jy moet bang wees nie, maar vir die wat nog lewe.”

Soms het sy tot vier begrafnisse oor ’n naweek gehad en iemand moes in die kantoor ook wees. Om hoofsaaklik die telefoon te beman. Die telefoon wat net een tema gehad het: Dood, kiste en kranse. En Trane. Baie. Selfs oor die telefoon.

Ek kan nie onthou of ek ooit oor my ouma gehuil het nie. Al wat ek kan onthou is hoe stil dit in die groot, donker huis was. En my ma kon nie ’n woord uit my kry nie.

“Dis die skok,” het vreemde tannies agter kantsakdoekies gefluister. “Gee vir haar nog suikerwater.”

Dit is kinderagtig, weet ek, vir ’n volwasse vrou om nog steeds iets te vrees uit haar kinderdae. Mara is reg,

Page 127: Alleen in Plekke

Soete Drome

117

maar ek kon nie so vêr kom om my hulp aan te bied nie. Ek het verskonings uitgedink, die een so vêrgesog soos die ander. Maar ek het nie kans gesien nie.

Sondae kon ek soms die telefoon aanhoudend hoor lui. Veral gedurende die wintermaande, wanneer baie ou mense gesterf het en die ouetehuis leeg geloop het, soos Mara rapporteer het.

Gelukkig is daar ’n waglys, het sy my verseker. Ek het nie geweet van watter waglys sy praat nie. Seker vir opname in die ouetehuis. Maar in my verbeelding het ek ook ’n ander waglys gesien. Daarom het ek nie gevra nie.

Ek het gesprekke oor die dood probeer vermy, maar dit was onmoontlik. Nie net oor Mara gedurig daarna verwys het nie, maar omdat dit wou voorkom asof ek ook met die dood behep was. Maar ek het bly skuldig voel oor my kinderagtigheid.

Ek was dié oggend na ons gesprek oor die winsgewendheid al dan nie van ons onderskeie besighede, onverwags baie besig. Toe onthou ek dat dit die naweek Nagmaal was. Soete Drome sal ook besiger wees, want baie van die boere sal rekenings kom vereffen.

“Maar die mannetjie ry wild,” merk ’n kliënt op toe die assistent van Soete Drome ’n wilde draai reg voor my deur gooi. Die twee deure van die trokkie swaai oop en ek hardloop, voordat ek besef het dat ek op pad is na die lyk in die straat.

Dit is ’n vrou en ek probeer tevergeefs om haar

Page 128: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

118

klere weer in posisie te kry. Die assistent staan verdwaas na die toneel voor hom en staar.

“Wat staan jy so? Kom help dra!” skreeu ek woedend vir hom. Een van my kliënte loer, wit geskrik by die deur uit. “En jy!” skreeu ek vir hom.

Ons tel haar versigtig op en gaan lê haar neer op ’n tafel in Soete Drome. Ek kruis haar hande oor haar bors en gooi ’n laken liggies oor haar.

Ek sluit my winkel vir die naweek en gaan was die lyk. Die assistent staan ongemaklik rond.

“Moet jy nie nog ’n lyk gaan haal nie?” vra ek naderhand. “En ry versigtig! ’n Lyk is kosbaar.”

Page 129: Alleen in Plekke

119

Catherine staar ontsteld na die storm wat so onverwags losgebars het. Sy is alleen in die huis

nadat die bediende vinnig in die gietende reën huis toe is.

In haar hand hou sy ’n vergeelde brief liggies vas. Sy moet dit versigtig hanteer of anders verbrokkel dit voordat sy dit vir die laaste keer sal lees.

Sy staan en kyk hoe die plaaswerkers skeef teen wind en reën veg om hulle huise te bereik. Dit dring vir die eerste maal regtig tot haar deur dat sy stoksielalleen in die groot huis agtergebly het. Haar man moes onverwags dorp toe gaan.

Dit is ’n afgeleë plaas met die naaste bure tien myl weg. Dit is ’n skrikwekkende donderstorm en hoor en sien vergaan. Deur die venster sien sy hoe die kameelbome heen en weer geruk word onder die aanslag van die wind.

Naby die kombuisvenster staan een van dié reuse bome wat op warm somersdae welkome skaduwee bied. Een van die takke slaan onheilspellend teen die glas soos iemand wat aandring om binnegelaat te word.

En sy onthou die geklop wat sy voortdurend gehoor het die eerste jaar na hulle kind se dood. Na ’n paar maande het sy maar geswyg daaroor, want

‘n Ster Verskiet

Page 130: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

120

haar man het dit afgemaak as verbeelding of, tot haar ontsteltenis, gesuggereer dat daar met haar verstand iets skeel.

Maar dit het nie opgehou nie, iemand wou inkom. Sy trek die gordyn vinnig toe en steek al die lampe

in die huis op, al is dit skaars vieruur. Catherine wonder hoe laat haar man tuis sal wees

en of hy onthou het dat hulle die aand ’n gas het. Iemand het die oggend gebel en gesê dat hy die aand daar ’n draai kom maak. Meer het haar man nie geweet nie of hy wou nie sê nie.

Haar man het ’n menigte sakebelange en deur die jare het sy geleer om nie te veel vrae te vra nie. Daarom was sy verbaas toe hy die oggend skielik aankondig dat hy dringende sake in die dorp het. Hy het altyd sy sakevriende tuis onthaal.

“En wat van jou gas?” het sy ergerlik gevra. Hy het ’n manier gehad om van tyd te vergeet as hy in die dorp was. “Ek ken nie al jou vriende nie en weet nie eers wie hierdie geheimsinnige besoeker is nie,” het sy gesê.

Hy het iets oor sy skouer vir haar gesê wat sy nie heeltemal kon uitmaak nie. Hy was reeds halfpad motor toe, ongeduldig en dit het geklink asof hy sê: “Jy ken hom, Catherine.”

Sy vlug op na haar ateljee op die boonste vloer om nie langer die geskraap teen die ruit te hoor nie. En vermy soos gewoonlik die tiende trap. Dit was nog steeds los, omdat daar nie veel sin daarin was om dit

Page 131: Alleen in Plekke

‘n Ster Verskiet

121

te herstel ná die ongeluk nie. Vir ’n grootmens is dit maklik om die los trap te

vermy, maar ’n kind volg die vlug van sy verbeelding. Deur die venster is die kerkhof skaars sigbaar

deur die vlae reën. Wanneer weerligstrale elke paar minute deur die reëngordyn dring, kan sy die klein, wit grafsteen tussen die ander groteres, duidelik onderskei.

Sy vou die brief versigtig oop en beweeg nader aan die lig. Dit verbrokkel tussen haar vingers en fladder vloer toe. Net een deel, die slot van die brief, is nog in haar hand. Haar oë volg die bekende woorde:

“As jy hierdie brief eenmaal elke dag lees, sal ek naby jou wees as dit in jou hande verbrokkel. Dan is die tyd wat ek jou afgestaan het verby, want ek sal óns bestemming bereik het en kom jou haal. “Reyn.”

Die aanhoudende geskraap van die doringtak teen die glasruit word al harder, en dit dring deur tot waar sy staan. Sy moet weer onder toe, haar man gaan bel of van die bure. Net om ’n stem te hoor. As al die lyne nie deur die storm beskadig is nie.

Aan die bokant van die trap huiwer sy ’n oomblik. Iemand het geklop. Sy moet gaan oopmaak.

’n Verpletterende donderslag tref die glasdak van die balkon. Sy sien hoe die teleskoop waarmee sy reeds jare die sterre bestudeer, kantel en na benede stort. Soos ’n dolksteek tref iets haar in die rug. Daar is bloed op die mat...

Sy hoor soos in ’n droom sy stem: “Catherine...” Sy

Page 132: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

122

lig haar kop. Hy staan in die deur, sy hand uitgestrek na haar. Agter hom is die nag stikdonker. Hy staan in ’n helder lig wat om hom skyn, sodat sy vir ’n oomblik verblind is.

“Reyn...” fluister sy. “Ek wag al twintig jaar vir jou; waarom het jy so lank weggebly?”

“Omdat ek dood is, Catherine. Dit was ’n lang reis. Maar ek het mos belowe dat ek jou sal kom haal sodra ek óns bestemming bereik het.”

“Maar ek lewe nog, Reyn!”“Nee, Catherine, jy is ook dood. Dis waarom ek

gekom het. Kom,...!”Sy voel hoe hy haar van die vloer af lig. Deur die

donker nag sweef hulle agter die helder lig wat hulle al vêrder en vêrder lei tot dit net ’n verskietende ster word.

’n Man is op pad huis-toe. Dis ’n stikdonker nag en ’n storm slinger die motor heen en weer oor die pad. Weerligstrale deurkloof die duisternis.

Hy is verbaas toe hy ’n helder ster, buitengewoon laag, sien verskiet. Hy is bly Catherine is nie in die motor nie.

“Iemand is dood,” sou sy gesê het. “Ek glo nie dat dit ’n ster is wat uitbrand nie. Onthou jy die aand voor ons kind dood is, het jy saam met my staan en kyk hoe ’n ster verskiet?”

“Ek onthou,” het hy hartseer geantwoord. Sy het troosteloos begin huil; die wond se roof was weer af. Ná vyf jaar.

Page 133: Alleen in Plekke

‘n Ster Verskiet

123

Waarom die beeldskone Catherine, dogter van ’n suksesvolle sakeman, met hom ’n sukkelende boer getrou het, het nooit opgehou om hom te verbaas nie.

“Ek het daardie deel van my lewe vergeet,” het sy gesê toe hy verduidelik dat hy haar nie die lewe kan bied waaraan sy gewoond is nie. Bygevoeg: “Al wat ek nou wil hê, is ’n huis vol kinders.”

Na hulle eerste kind oorlede is, was daar nie vêrder kinders nie. Die dokters kon nie ’n verklaring daarvoor gee nie. Sy het net stiller geraak en meer haar toevlug na die natuur geneem.

Sommige nagte was sy net weg, veral maanlignagte. Dan het hy haar soos ’n gees deur die maanlig sien dwaal na die kind se graf toe. En sy het altyd gekla dat sy iemand hoor klop.

Die sterre het haar geboei en hulle het ’n teleskoop gekoop. Later het hulle ’n ateljee op die dubbelverdieping huis ingerig vir ’n ateljee vir Catherine om die sterre te betrag. Die dak was van glas, wat kon oopskuif vir die teleskoop. Daar het sy ure spandeer.

Hy is lank in die dorp opgehou en dis al donker toe hy op die plaas aankom. Nêrens brand ’n lig nie. Gewoonlik is Catherine dié tyd in die ateljee. Hy vermoed dat sy seker maar weer êrens ronddwaal. Maar sekerlik nie in dié storm nie.

Nêrens is daar lig nie. Gewoonlik brand die lamp in die kombuis. Hy bly roep na haar, maar kan skaars sy stem bo die geraas van die storm hoor. Eindelik kry

Page 134: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

124

’n flitslig in die hande. In die dowwe lig sien hy hoe water teen die trap

afstroom. Die verskriklike storm moes die glasdak beskadig het, dink hy paniekerig.

Maar waar is Catherine? Dis onmoontlik dat sy in die storm buitekant kan wees. Miskien is sy bo by die teleskoop. Nie dat dit in die weer van enige nut sal wees nie. Soms het hy die gevoel gekry dat sy dit as ’n skuilplek beskou. Teen hom.

Hy hardloop desperaat die trappe op, struikel toe hy die stukkende trap bereik en rol teen die trappe af totdat die sementvloer hom stuit. ’n Verblindende pyn vlieg deur sy kop.

Deur die oop deur kan hy weerligstrale die donker lugruim sien klief. Hy sien ’n ster verskiet, dan nog een.

“Wanneer ’n ster verskiet,” hoor hy haar stem, “sterf daar iemand,” Hy sien hoe die sterre verdwyn en alles swart word om hom.

Page 135: Alleen in Plekke

125

Jy sou gaan trou, waaroor jy nie bly of hartseer is nie. Jy maak net ’n voorhangsel met twee gate vir

jou oë. Niemand kan jou sien nie, maar jy kan nou almal

sien.Jou aanstaande bruidegom is lank en maer soos

iemand wat as kind honger gely het. Sy bynaam is Depressie en jou ma kla dat hy altyd honger is.

Met sy floublou oë, soos twee vuilgesmeerde stukke glas, staar hy uitdrukkingloos voor hom uit.

Soms kan jy hom nie sien uit die voorhangsel oor jou gesig nie, want jou oë weier om hom te sien. Hulle wil nie daar wees saam met sy twee floublou oë nie.

Elke oggend kom jou ma soos ’n rolbos jou kamer binne. Sy is stom. Soms as sy wil praat, spat daar net spoeg uit haar mond. Die woorde wil nie in haar gemufte mond woon nie. Hulle vlug by haar ore uit reguit na jou toe. Daarom verstaan jy alles wat sy sê.

“Jy gaan met hom trou,” vlieg die woorde by haar ore uit tot by joune. Dit klink asof sy jou wil dwing, maar jy weet jy kan ontsnap as jy wil. Daar moet net iets gebeur.

Aan jou ringvinger pryk ’n diamantring, soos die stang in ’n perd se bek, simbool dat jy aan floublou oë behoort, sê jou ma. Jy vra aan wie sý behoort, maar sy

Die Ring

Page 136: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

126

snork net soos ’n uitgelate perd en rol by die kamer uit.

In die nag, in jou maagdelik slaapkamer, staar jy na die maan. Wanneer jy jou hand beweeg in die maansstraal wat oor jou bed val, flits dit blouwit boodskappe aan die maan, sy ou vriend, al eeue lank.

Later in die nag, haal jy die ring van jou vinger af en skraap kruise met die blouwit diamant op die vensterruite. So flits die blouwit diamant boodskappe aan sy ou vriend, die maan.

Elke aand kerf jy nog ’n kruis en terwyl jy besig is, speel die blouwit straal met die sagte lig van die maanstrale.

In die oggend lê die diamantring soos ’n dooie mot in die vensterbank. Maar jy is nie hartseer soos die ring nie, want vir dié sal daar altyd lig wees sodra die maanskyn inkom.

Miskien sal jý later op die vensterbank doodlê, jou oë gesluit binne die swart voorhangsel oor jou gesig.

Gedurende die dag treur die kruise eensaam teen die ruite, want jou ma kla by die floublou oë dat sy jou ring in die vensterbank sien lê het. Hy bestorm jou soos ’n besete os, sy oë soos wit haelstene.

So slaap jy nou met jou twee gat-oë wawyd oop en die blouwit diamantring wat dood aan jou vinger hang. Julle wag vir iets om te gebeur, sodat julle weer er na die silwer kruise teen die ruite. Die kruise sien haar nie, want hulle het nie oë nie, die diamant sien

Page 137: Alleen in Plekke

Die Ring

127

haar nie, want hy is dood. Jou oë sien jou ma ook nie, want hulle kan nie deur die voorhangsel sien nie.

Die rolbos verf die kruise silwer. Die kruise juig. Hulle weerkaats hulle silwerlig na buite. Hulle is nie meer alleen nie.

Gedurende die nag vlug jy skelm saam met die bloulig van die ring uit teen die maanstrale op. Julle sing en dans, bly om vry te wees. As die maan ondergaan, vlug julle terug.

Dan een nag sien jy en die diamant skimme uit die duisternis aankom. Dis die verstotenes: Die blindes voel met hulle hande oor die kruise en lag; die melaatses kniel en bid; die beenloses lê en kwyl, hulle hande uitgesteek na die kruise.

En toe kom die vroue van die nag, hulle koppe kaal geskeer, hulle maer lywe geklee in swart gewade. Hulle sing en dans voor die kruise. Die dowes lig hulle koppe, hoor niks, maar begin ook dans.

Die wat verhongerd is, kom en streel oor die kruise en is nie meer honger nie. Die oumense lag met tandelose monde en knik goedkeurend met hulle wit koppe.

Die man met die floublou oë sien niks. Haar ma, die rolbos, spoeg en wys na die dooi ring in die vensterbank. Maar jy en die diamant swyg. Die diamant wil nie meer aan jou vinger wees nie. Hy woon nou in die vensterbank en jou hand is vry.

In die aand as jy gaan slaap, sê die diamant nag met

Page 138: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

128

’n blouwit flits. Een aand haal jy die voorhangsel van jou gesig af.

Jy en die diamant sing van die lewe onder die grond, in die diepte van die see en in blou oop ruimtes van die hemel.

Julle seil deur die venster teen die maanstrale uit tot bo waar dit lig is.

Vroeg die oggend rol jou ma spoegend uit die huis. Sy wys met haar vinger na die lug. Die man met die floublou glasoë en sy volgelinge staar op in die lug. Hy flap sy vlerke en kraai soos ’n haan.

Almal staar met kwylende monde na bo. Hulle huil soos dol honde en snuif aan mekaar. Haar ma rol en rol, slaan bollemakiesie en ruk haar tande uit. Die haan kraai en kraai en jaag die henne rond.

Bo in die hemel lag en dans julle, want julle is vry in die onmeetlike ruimte. Die diamant is van jou vinger af en jy is vry van die man met die vuil glas-oë.

Die diamant gooi sy blouwit flits oor die verstotenes en hulle bou ’n kruis. Die rolbos spoeg en bolle skuim rol uit haar mond. Die man haal sy floublou glas-oë uit om beter te sien en beveel sy volgelinge om ’n galg te bou. Swart vlermuise swerm oor hulle koppe.

Toe kom die galgmense en die kruismense bymekaar om te besluit wie gehang en wie gekruisig moet word. Die diamant flits ’n blouwit boodskap uit die hemel tot tussen hulle.

Die kruismense vat die kruis en dra dit saam met

Page 139: Alleen in Plekke

Die Ring

129

hulle weg.Toe gly jy teen die maanstrale af tot op die grond.

Die diamant groet jou met ’n blouwit straal toe jy opstap na die galg.

Page 140: Alleen in Plekke

130

“Jy moet die aasvoëls bel, Nella,” sê haar pa en stoot sy koppie ongeduldig weg. “Terwyl ek nog

krag in my liggaam het en by my volle positiewe is! Hulle sit mos net en wag vir my dood – om te sien

wat hulle geërf het!” “Ai, pa...” “Maar ek gaan hulle voorspring, hulle en die dood!

Ek gaan self my testament aan hulle voorlees. Dis my goeie reg! Wat te erf is, het my hande daar-gestel!”

“Moenie van dood praat nie, asseblief pa? En hulle is darem pa se seuns,” keer Nella.

“Dit moet jy vir hulle sê!” ontplof hy. “Ek het hulle tien jaar laas gesien; ek ken nie eers my kleinkinders nie!”

Nella weet haar pa is reg. Die twee seuns behandel hom nie reg nie. Sy kan hulle skaars onthou. Sy moes om en by agt jaar gewees het, toe hulle laas op die plaas was.

Sy vat hom liggies aan sy arm en laat sit hom in ’n gemakstoel. “Ek het al ’n week gelede vir pa gesê dat hulle vandag hier sal wees,” sê Nella paaiend. “As niks voorval nie, het hulle gesê.”

“Daar hét jy dit: as niks voorval nie. Dit is hulle verskoning vir alles wat verkeerd gaan. Dít val voor of dát val voor.” Hy spring orent en pluk ergerlik aan

As Iets nie Voorval nie

Page 141: Alleen in Plekke

As Iets nie Voorval nie

131

sy nagbroek. Die nagklere het nommers te groot vir hom geword.

“Aard so reg na hulle ou ma wat wil seker maak dat hulle elkeen ’n plaas erf,” stoom hy voort. “Maar daar wag ’n verrassing op hulle!”

“Pa moet pa nie so opwen nie, dis nie goed vir pa se hart nie,” keer Nella en wonder of Markus al terug is van die melkery af. As haar pa nou weer ’n toeval moet kry, kan sy hom nie alleen behartig nie.

“Watwou! Daar skort niks met my hart nie, Nella, jy piep my te veel op!” Hy sukkel tot by die venster en tuur uit oor die tuin. Sy weet hy wil nie nou gesteur wees nie. Hy steun homself met sy hande op die vensterbank.

Sy skouers lyk meer geboë, asof dit slegte nuus is dat hy sy seuns eindelik en ten laaste weer sal sien! Sy skouers begin ruk; sy weet hy huil nie, hy lag. Sy ontspan en gaan staan langs hom.

“Hier kom Markus nou net aan, Nella,” sê hy. “’n Aansienlike jong man. En fluks daarby. Sy vrou sal ’n goeie lewe hê. Soos jou oorlede ma by my gehad het.”

“Ja, pa...” Is al wat sy sê. Wat meer kan sy sê? Sy weet hoe haar pa oor Markus voel. Maar toe hy siek geword het, het hy nie ’n oomblik gehuiwer oor wie moet kom help nie.

En waarom is hier nie meer musiek in die huis nie? Toe jou oorle ma nog gelewe het, was hier altyd musiek.”

“Ek en Markus het gedink dit sal strakkies vir pa

Page 142: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

132

steur. Pa was ernstig siek; ons moes in die nag by pa waak.”

“O, nou is dit jy en Markus Neethling, nê? Ek het geweet daar is iets, wat ek bly vergeet om vir jou te sê: jy bly weg van hom – ons Benades is trotse mense. En sy agtergrond is nie goed genoeg vir my dogter nie.”

“Wat is verkeerd met sy agtergrond, pa?”“Sy ouers was nooit gekerk nie, as jy verstaan.

Maar ek moet toegee hulle het altyd in liefde en vrede saamgewoon, al was sy ma ’n ou huilkous en die pa maar lief vir stoepsit, het hulle hul kinders in die vrese van die Here grootgemaak.”

“Pa, bedoel hulle was nooit getroud nie. Maar dis tog nie Markus se skuld nie,” sê Nella skerper as wat sy bedoel het. “En wat se rol speel dit as sy ma maklik gehuil en sy pa op die stoep gesit het?”

Sy is jammer dat sy iets gesê het. Nou het sy sy gedagte op iets gesit en vir die volgende uur sal hy net daarop uitbrei.

“Dis die bloed wat tel, Nella. Watter soort man trou nie eers met ’n vrou voor hy kinders begin verwek nie?”

Nella antwoord nie maar gaan haal die grammofoon en die boks met plate. Sy wen die grammofoon op, sit ’n nuwe naald in en speel sy gunsteling: “Beautiful Isle of Somewhere.” Hy glimlag en sluit sy oë. Nou, weet sy, is hy weer terug in sy jeug saam met haar ma.

Markus sit nog in die kombuis by die tafel; sy weet hy het vir haar gewag. Hy skink vir hulle koffie.

Page 143: Alleen in Plekke

As Iets nie Voorval nie

133

“Jou pa het my gevra om die testament te lees, Nella. Word ’n testament dan nie eers gelees ná ’n persoon se dood nie?”

“Jy ken vir pa; hy doen dinge op sy manier.” “Wat dink jy? Ek is ’n buitestaander en jou broers

mag dalk besware hê.”“Watwou! Jy is die ideale persoon daarvoor,

Markus.” Hulle lag. “En hulle is nie my eie broers nie. Hulle is uit my

pa se eerste huwelik gebore. My ma was sy tweede vrou; ek is eintlik ’n laatlammetjie.”

Hulle kyk verbaas op toe ’n nuwe plaat begin speel: “Niemandt liebt Dir so wie Ich.” Haar pa het haar voorgespring. Sou hy dit vir hulle speel en met watter doel?

“Hoe van pas,” sê Markus en vat haar hand in syne. “Niemand het jou so lief soos ek nie, Nella.”

“Dis ’n onmoontlike situasie, Markus. Jy weet my pa sal dit nooit goedkeur nie; ek kan hom nie teleurstel nie. My ma is dood met my geboorte en hy het my alleen groot gemaak.”

“Ek verstaan, Nella; hy sal nog tot ander insigte kom. Hy ken my al sy lewe lank. En waarom het hy juis vir my gekies om te kom help toe hy siek geword het? Hier is baie ander jongmans in die kontrei uit wie hy kon gekies het.”

Die klokkie in haar pa se kamer begin dringend lui. Hulle spring vervaard op en hardloop die trappe uit. Haar pa staan regop langs die bed.

Page 144: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

134

“Dis goed julle is altwee hier.” Hy haal iets uit sy sak. “Dit was my en jou oorle ma se verloofring. Dit was haar wens dat jy eendag met hierdie ring verloof raak, Nella.”

Hulle kyk na mekaar en dan weer na hom.“Wat staan julle daar asof julle geskrik het. Ek

weet lankal dat julle mekaar liefhet en dit dra my goedkeuring weg. Waarom dink jy het ek Markus hierheen laat kom toe ek siek geword het, Nella?”

Haar pa het haar dan gewaarsku teen Markus! Wat voer hy in die mou? En sy weet dit het iets te doen met sy seuns wat op pad is. Maar wat? Hy is nie iemand wat draaie loop nie. Wat ookal die spel is, as daar een is, sal hulle moet saamspeel. Hy kan hom nie nou ontstel nie.

Sy sien hoe Markus sy hand uitsteek en die diamantring uit haar pa se hand vat. Dan kniel hy voor haar. “Nella, ek het jou lief; sal jy met my trou?” vra hy plegtig.

“Ek het jou ook lief, Markus; natuurlik, sal ek met jou trou.”

Hy steek die ring aan haar vinger en hulle omhels mekaar. Alles voel vir Nella onwerklik; soos ’n klugspel waar sy gedwing word om deel te neem. Sy kyk na Markus. Daar is iets onleesbaars in sy oë.

Haar pa verbreek die stilte wat in die vertrek hang. “Markus jy moet my asseblief help skeer en bad, sodat ek reg kan wees vir my sogenaamde seuns. Miskien dink hulle daaraan om my kleinkinders aan hulle oupa

Page 145: Alleen in Plekke

As Iets nie Voorval nie

135

te kom voorstel. Dis nou as iets nie voorval nie!”Terwyl Nella in die tuin blomme pluk om in haar,

byna onbekende, broers se kamers te sit, dink sy aan die skielike omwenteling in haar lewe.

Eers was Markus nie goed genoeg nie; nou is hulle so te sê forseer om verloof te raak! Dit moet iets met die testament te doen hê, weet Nella. Markus is nou nie meer ’n buitestaander nie – hy is haar pa se aanstaande skoonseun.

Sy kry haar pa en Markus in die sitkamer, grammofoon en al. Haar pa het ’n pak klere aan en sit met ’n koevert in sy hande. Markus soek deur die grammofoonplate.

“Wat soek jy, Markus?”“Jou pa het gesê ons moet “Home, Sweet Home”

speel as hulle instap.”“Ek wil hê hulle moet weet dat daar na dese nie

meer ’n ouerhuis vir hulle sal wees nie. Sommer die gedurige geldlenery ook stopsit. As daar iets voorval dan weet hulle pa sal maar weer jammer kry en geld stuur. Ná vanaand is die kraantjie toegedraai.”

Die honde begin blaf. “Dis die aasvoëls!” sê haar pa. Die honde blaf altyd vir vreemdelinge.”

Nella en Markus stap uit. Dis net haar twee broers. Sy weet nie eers wie is wie nie.

“Hallo, kleinsus. Ek is Pierre en dis Ryno,” stel hy voor. “Jy het groot geword,” voeg hy by.

Nella stel Markus voor as haar verloofde en sien die verbasing op hulle gesigte.

Page 146: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

136

“Hoe gaan dit met die ouman?” vra Ryno.“Jy bedoel seker met jou pa?” vra Markus.“Dit gaan nou goed met pa, hy het die griep onder

die knie gekry,” keer Nella vinnig.“Wel, volgens jou het hy op sterwe gelê; dis waarom

ons hier is!” Pierre klink ergerlik.“Hy het julle laat kom oor die testament; wil sy

sake agter mekaar hê as hy skielik tot sterwe sou kom,” verduidelik Nella.

Toe hulle die trappe opstap, verwelkom die mu-siek van “Home, sweet Home” hulle.

“Pa, het gedink die musiek sal ’n mooi gebaar wees om julle te verwelkom ná al die jare wat julle nie hier was nie!”

“Stap julle maar eerste,” sê Markus, “julle is immers die eregaste.”

“Dis ons ouerhuis, Neethling, ons is nie gaste hier nie!” sê Pierre skerp.

“Jammer, julle het dít solank vergeet. Julle het soos vreemdelinge vir my en pa geword.”

“Ons het net soveel reg hier as jy, Nella; miskien nog meer,” sê Ryno. “Ons sal sien wat die testament sê!”

“Welkom, my kinders... welkom...! Wie is nou weer wie? My oë het so swak geword; ek kan julle nie meer onderskei nie.

“Dis Pierre, pa,” stel Nella hom voor. “En Ryno.”“Dankie, Nella, my kind – wat sou ek sonder jou

gedoen het?”

Page 147: Alleen in Plekke

As Iets nie Voorval nie

137

“Kom, my seuns, kom sit weerskante van julle ou pa. Ek het julle so gemis.” Hulle gaan sit op die rusbank.

“Pa lyk goed; volgens Nella was pa op pa se sterfbed,” sê Pierre.

“Ek het net uitgehou sodat ek julle nog verlaas kon sien – maar julle is seker net hier vir die testament.

Markus jy moet dit maar lees; ek is nou té bewoë.” Hy vee met ’n sakdoek oor sy oë. “Dis nou as julle nie objeksie het nie.”

“Natuurlik, nie pa. Dis wat in die testament staan wat saak maak.” stem hulle in.

Hy sit ’n arm om elkeen van sy seuns se skouers. “Maar daar is eers iets wat ek van my hart af moet kry, my seuns.” Hy sug en vee weer met sy sakdoek oor sy oë.

“Die saak staan so: ek en julle ma was nooit gekerk nie. Julle ma het altyd belowe as iets nie voorval nie, sal ons tot troue kom! Maar helaas... julle weet mos hoe dit gaan! Toe ons ons kom kry toe is julle daar.”

Pierre en Ryno het altwee opgespring. “Maar dit behoort nie pa se sin vir regverdigheid te beïnvloed nie – ons is pa se seuns! Ons het ’n reg op ’n erfporsie,” sê Ryno, byna smekend.

Nella spring op. “Ek gaan maak tee!”“Sit, Nella. Markus gaan nou die testament lees,”

gebied haar pa.Markus my sy keel skoon en begin plegtig lees:“Dit is die laaste wil en testament van Karl Petrus

Page 148: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

138

Benade:“Ek bemaak aan my dogter Petronella Benade die

plaas, Houmoed, met alle roerende en onroerende eiendom daarop;

“Aan my aanstaande skoonseun, Markus Neethling bemaak ek my plaas, Goedgeleë, met alle roerende en onroerende eiendom daarop. Maar daar is ’n voorwaarde aan verbonde.”

Hulle wag in spanning, die seuns skuif ongemaklik rond, Nella hou haar asem op. Net Markus lyk rustig soos gewoonlik. Hy weet wat kom, dink sy.

“Die voorwaarde is dat hulle voor die einde van die jaar hulle in die eg sal verbind. Dis nou in geval niks voorval nie!”

Page 149: Alleen in Plekke

139

Deur die oop venster sien Susan hom aangestap kom: ’n Lang, aantreklike man met swart hare en

sy onthou die blou, rustelose oë. Met lang vasberade treë, sy regterhand in sy baadjiesak soos sy gewoonte is, kom eis hy ’n verwelkoming op.

Luke, die rustelose, onverantwoordelike man van wie sy maar net nie wil afsien nie. Vir wie sy bly wag, teen haar beterwete. Hy is soos ’n verslawing. Sy weet sy flous haarself.

Maar elke mens is geregtig op ’n tweede kans. En dit is Luke se tweede kans – en sy laaste! As sy sterk genoeg is om dit deur te voer. Met hulp van Mynhardt, natuurlik.

Sy wil sy versekering hê, dat hy permanent terug is, sodat hulle weer hulle lewe kan hervat. Hierdie voorneme deel sy telkemale met Mynhardt, die voorman, wat dit afmaak met ’n skouerophaling.

“Maak oop jou oë, Susan,” het hy eenmaal, teen sy geaardheid in gesê, nadat Luke die eerste maal vir ses maande verdwyn het. “Hoe kan jy so blind wees?”

Sy het geweet waarop hy sinspeel, maar voordat Luke nie self erken dat hy ontrou aan haar is nie, sal sy hom vertrou. Sy het geweet waarvoor sy haar inlaat toe sy met hom getroud is. Sy rustelose gees en smagting na vreemde plekke en mense het hy nooit

Besoeker

Page 150: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

140

weggesteek nie. Nou hou sy hom dop, terwyl hy met die tuinpaadjie

langs aangestap kom. Halfpad steek hy vas en kyk na die tuin om hom en frons. Dan in die rigting van die vol rivier wat ’n blinkstreep deur die groen landskap trek.

Sou hy onthou hoeveel gelukkige ure hulle daar deurgebring het? wonder sy. Of probeer hy bet tyd wen voor hy inkom? Of is dit net alles vir effek? Hy moet tog weet sy hou hom dop.

Die laaste gedagte laat die wrewel in haar opstoot. Sou hy nog nie erns van die situasie begryp nie? Maar sy weet ook dat sy Luke nou deur Mynhardt se kritiese oë bejeën.

Onwillekeurig dwaal haar oë na die vensterbank voor haar waar sy die trouring neergesit het. “Dis ’n erfstuk,” het hy gesê. “Pas dit mooi op.”

Soms kan sy nie anders as om die twee mans met mekaar te vergelyk nie: die man aan wie sy haar liefde gegee het en haar voorman!

Luke is op die veranda en sy hoor hoe hy sy skoene op die matjie voor die deur, skoonvee Sy wag dat hy klop, maar natuurlik het hy nie nodig om aan sy eie voordeur te klop nie.

Sy weet hy sal voor haar kom staan, sy hand uit sy baadjiesak pluk, en ’n offerande vir vergifnis met ’n buiging aanbied. Soos die vorige keer, twee jaar gelede. Sedertdien het sy geen taal of tyding van hom gehad nie.

Page 151: Alleen in Plekke

Besoeker

141

Wanneer hy moeg was van sy omswerwinge, waar ook al, of siek was, het hy teruggekom sonder verskoning, en hulle het hulle lewe saam hervat, asof niks gebeur het nie.

Die vorige keer het sy hom met ope arms verwelkom, maar té dankbaar dat hy terug is. Soms kasty die gedagte dat hy iewers nog ’n familie het haar weke lank, maar haar skilderwerk bring weer vertroosting en perspektief.

As sy vêrlangs probeer uitvis het oor wat hy doen as hy verdwyn, was hy vaag en berouvol. Dan het hy haar verseker van sy liefde, oorlaai met komplimente en aandag, en hoog en laag gesweer dat dit nie weer sal gebeur nie.

Dit was ’n tragiese familie aangeleentheid waaraan hy verplig was om aandag te gee omdat hy die oudste seun is, het hy verduidelik.

Dat hy nou van plan is om haar voltyds op die plaas te help, en sodra hulle genoeg gespaar het, sal hulle trou en met ’n gesin begin. Sy het hom geglo omdat sy hom wou glo.

En as die drang na vryheid weer te groot word, het hy ’n deur oopgehou, sal hy ’n voorman aanstel vir die tyd wat hy afwesig is.

En dis wat hy gedoen het toe hy ses maande na sy tuiskoms weer vertrek het. Maar na sy laaste verdwyning het sy gewonder of hy ooit weer sal terugkom.

Die tyd het voortgesleep, Mynhardt, die voorman,

Page 152: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

142

was hardwerkend en met sy hulp het die oeste verbeter en vir die eerste maal was die plaas sonder skuld.

Maar hier is hy weer. Soos ’n kind wat weet hy sal nooit weggewys word nie, het hy huistoe gekom. Susan kyk weer na die ring. Moet sy, of moet sy nie? Sy sal moet wag en sien wat Luke se verskoning dié keer is. As hy ’n geldige een het. Maar twee jaar sonder taal of tyding...?

Sy glip die ring in haar voorskootsak net toe Luke die deur oopmaak.

Op die oog af lyk hy nog dieselfde, maar sy kan sien iets het verander. Vir die eerste maal lyk hy onseker van ’n verwelkoming, effe skuldig, maar sy weet hoe hy moeiteloos kan oorskakel na ’n rol wat pas by die situasie.

Hy het gewig aangesit en sy donker hare is deurvleg met grys.

“Hallo, Susan,” groet hy. “Ek is terug,” kondig hy onnodig aan. Hy stap by die deur in en maak hom tuis op ’n leunstoel waar hy gewoond was om te sit.

“So sien ek, Luke,” antwoord sy droog. Hierdie keer het hy nie die gebruiklike omkoopgeskenk nie, merk sy op. Is hy siek? wonder sy.

Hy kyk rond in die vertrek. “Dinge het verander hier. Ek sien jy het die tuin groter gemaak. Hoe kry jy alles behartig,?” vra hy en skuif ongemaklik rond.

Die feit dat sy hom nie weer om die hals geval het nie, moet hom ontsenu. Hy vroetel in sy sakke en

Page 153: Alleen in Plekke

Besoeker

143

steek ’n sigaret aan. “Die tuin is Mynhardt se werk, Luke. Hy het ook

die boerdery oorgeneem en ek bepaal my aandag by my skilderwerk. Die plaas floreer onder sy toesig.”

“Mynhardt?” vra hy. “Wie is hy?”Susan kyk verbaas na hom. “Die voorman wat jy

aangestel het net voor jy weg is,” sê sy ongeduldig. Is dit weer sy ou strategie wat hy toepas om belangrike kwessie te ontduik en soveel moontlik verwarring te saai?

“Die laaste keer wat jy hier was, onthou jy? Die vorige keer wat jy weggebly het, moes ek alleen regkom,” sê sy en probeer die verwyt uit haar stem hou.

Miskien onthou hy nie dat hy Mynhardt twee jaar gelede aangestel het as voorman nie omdat hy reeds so vêr verwyderd van haar wêreld staan. Sy sien hoe ’n rooi gloed in sy gesig opstoot.

“Natuurlik! Hoe kon ek vergeet het? Maar nou is ek weer terug. En hierdie keer vir goed, Susan.”

Sy woorde is so afgesaag dat sy amper in sy gesig lag. Dis die laaste maal wat hy dit sal uiter, dink Susan en staan op.

“Dit het ek al vantevore gehoor, Luke. ’n Vrou raak moeg van wag, veral as sy nog kinders wil hê.” Sy kan die bitterheid in haar stem hoor en verag haarself oor haar swakheid. “Ek lank geduldig gewag, weet jy?

Sy sien die ongeloof op sy gesig en voel hoe

Page 154: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

144

sy vermurwe. Maar sy móét voortgaan, want die onsekerheid van haar daaglikse lewe het ondraaglik geword. Wanneer jy self nie kinders het nie, het sy uitgevind, is daar die kompensasie van jou werk met diere, plante of ander kinders. Maar die belangrikste is seker gemoedsrus.

“Vergewe my asseblief weer, Susan. En jy is reg. Jy was lank geduldig en ...”

Hy begin stotter, na aan trane. “Asseblief, Susan...” smeek hy.

Maar sy volgende woorde laat haar ’n oomblik duisel. Meteens het hy dit vir haar maklik gemaak. Met dié woorde sny hy die band tussen hulle finaal af.

“Mona was nie so geduldig soos jy nie.” Hy klink veronreg.

Susan voel asof ’n weerligstraal haar getref het. Sy duisel en gryp na die stoel om haar balans te behou.

Sy voel hoe hy haar aan die arm gryp en stamp hom met geweld weg van haar. Onversteurd deur haar optrede gaan hy voort asof hulle net oor ’n koppie tee sit en gesels. Kan hy regtig so ongevoelig en sonder insig wees?

“Jy kon tog nie onbewus gewees het van die ander vrou in my lewe nie,” probeer hy homself regverdig.

Susan kan nie onthou hoe sy by die venster gekom het nie. Iemand het die spreiers aangesit en ’n reënboog het in die water gevorm en hang soos ’n belofte oor die tuin. In die agtergrond hoor sy nog

Page 155: Alleen in Plekke

Besoeker

145

Luke se stem. Sy antwoord nie, glip net die ring oor haar

ringvinger. Toe sy omdraai wonder sy waarom sy hom nog nooit gesien het vir wie hy is nie: ’n Onwelkom besoeker. Wanneer jy moeg is van sy teenwoordigheid.

“Maar dit was jou plig om my daarvan te sê, Luke.” Haar stem is sonder gevoel of verwyt. Ek is bly dat dit nou in die ope is.”

“Hierdie keer begin ons van voor af, Susan. Daar is niks meer wat verhinder dat ons trou nie,” sê hy, weereens seker van homself en die kaart wat hy altyd gespeel het. Sy wil hom vra of hy en die onbekende Mona kinders gehad het, maar is bang sy huil.

“Dit pas my, Luke.” Sy het weer beheer oor haarself gekry. “In twee jaar het dinge hier ook verander. Nie net die tuin en die plaas nie, maar mense se gevoelens...’

Asof op ’n antwoord verskyn Mynhardt in die deur.

“Wat de duiwel...! Luke het opgespring van die stoel en staan hande in die sakke van die een na die ander en kyk.

“Ek dog ek hoor stemme,” sê Mynhardt en gaan sit op die plek waar Luke pas opgestaan het.

“O, hallo, Luke, ek sien jy is weer terug.” Hy steek sy pyp tydsaam aan. “Hoe lank bly jy hierdie keer?”

“Wat gaan hier aan? Jy’s die voorman. Wat soek jy in my huis?” vra Luke woedend en kyk na haar. “Susan ...?”

Page 156: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

146

“Dis eenvoudig, ons is getroud...”“Het jy nie geweet vêr van jou goed is naby jou

skade nie?” Mynhardt strek sy lang bene voor hom uit.

Luke het doodsbleek geword. Dis die eerste maal wat sy hom weerloos sien. Hy skud sy kop ongelowig. “Dit kan nie waar wees nie, Susan ...”

Sy wil protesteer, Mynhardt keer om dit nie so in te vryf nie. Kan hy nie sien dat die man verslaan is nie? Hy spring haar voor, raai wat sy in gedagte het.

“Jy het Susan lank genoeg aan ’n lyntjie gehou,” sê hy, staan op en sit sy arm om haar skouers. Sy strek haar bewende linkerhand uit na Luke. “Ons hoop om ’n huis vol kinders te hê, nê, Susan.”

Sy knik woordeloos en sien deur haar trane hoe Luke wegstap, effens geboë soos ’n ouman. Eers toe die dreuning van die motor verdwyn, praat sy weer.

“Dit was nie nodig om hom so te verneder nie, Mynhardt,” sê sy verwytend.

“Wat wou jy gehad het moes ek doen toe ek jou sien vermurwe, Susan? Glo my dit is beter so.” Hy stap tot by die deur.

“Daar is werk wat wag, as jy my sal verskoon,” sê hy koel.

“Dankie Mynhardt,” sê sy en stap tot by hom. Sy trek die ring van haar vinger af en hou dit uit na hom. “Hier is die ring; dit het sy doel gedien. En dit is vir die beste, dit weet ek,

Hy vat die ring en steek dit in sy sak. “Sien jou

Page 157: Alleen in Plekke

Besoeker

147

later, Susan.”Sy kyk hom agterna, getroue en verantwoordelike

Mynhardt, terwyl hy oor die werf wegstap, haastig om met die dagtaak aan te gaan.

Miskien sal sy eendag, wanneer die spook van Luke finaal begrawe is, weer ’n ring aan haar vinger laat steek.

Page 158: Alleen in Plekke

148

Van vêr af hoor jy reeds die temerige sang van die gemeente. Jy beweeg stadig deur die groot

geheimsinnige kerkhof, met die oorhangende takke van honderd-jaar oue bome. Die grafstene staan soos wit geklede wagte en waak oor die dooies.

Terwyl dit tyd vir afskeid is, besluit jy om ’n draai te gaan maak by jou ouers se grafte. Jou pa se graf is in die oudste deel van die kerkhof waar die takke van die bome beskermend oor sy graf hang. Donker skaduwees roer oor die wit grafsteen.

Jy sien hom staan, langs die graf, fier en regop soos sy gewoonte was. Sy gesig is jonk, sonder lyne, sy donker oë vol erbarming op jou gerig. Nog in die fleur van sy lewe is hy weg. Die tyd het hom ongeskonde gelaat.

Jou ma wag ook vir jou by haar graf in ’n nuwer deel van die kerkhof, met ’n skemering van ’n glimlag op haar gesig. Sy is oud en afgeleef, pyn en verbittering gekerf om haar mondhoeke.

Dis nie nodig om een van hulle te groet nie. Jy haas terug na die kerk, bang om laat te wees. En wonder waarom hulle haar in die nag begrawe. Is haar begrafnis dan iets om weg te steek? Of het hulle iets om weg te steek?

Wat die geval ook al mag wees, dit het net die

Die Begrafnis

Page 159: Alleen in Plekke

Die Begrafnis

149

teenoorgestelde uitwerking. Die kerk is omring deur motors van heinde en ver. ’n Man staan en lees koerant onder ’n straatlig. Ander begrafnisgangers staan en gesels kop onderste bo asof hulle een of ander geheim bespreek.

Op die trappies voor die kerk is ’n horde verslaggewers, maar hulle sien jou nie verby beweeg nie. Ook maar goed, want jy is in geen toestand om ’n onderhoud toe te staan nie. Miskien sien hulle deur jou.

Kameraflitse begin afgaan. Die lykswa het arriveer. Binne slaan die orrelis oor na Psalm 100: Juig al wat leef, juig voor die Heer. Wyse keuse. Almal ken dit en daar is baie om oor te juig.

Die land het ’n goeie reënjaar gehad; die nuwe onafhanklikheids-baba is na ’n lang, uitputtende baringsproses gebore en die wêreld het nie vergaan nie.

En haar seuns juig, alhoewel jy al een is wat dit kan sien. As sy in die graf verdwyn, begrawe hulle ook die skande.

Uiteindelik kom die weelderige kis te voorskyn. Dit skitter in die lig soos ’n Kersboom, waarvan die liggies pas aangeskakel is. En sy het vertoon verafsku en hulle weet dit.

Hulle dra hulle ma saam in die donker buik, soos sy hulle gedra het. Met gepaste uitdrukking op die gesig. Wou hulle beïndruk, wys hoe lief hulle haar gehad het, of is dit ’n skuldige gewete?

Page 160: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

150

Wat hulle nie besef nie, is dat sy jare gelede reeds gesterf het. Maar toe sy haar droë mond oopgespêr het om lug te skep en te bly lewe, was die stank wat hulle gemaak het so groot dat dit haar finaal geknak het.

Haar twee seuns, die oudste lank en donker, die jongste ook lank, maar blond, stal hulle ma voor in die kerk uit. Daar lê sy in al haar glorie. Haar hande gekruis, maar toegepak met roosknoppe tot oor die polse. Slim! Nou kan niemand die merke aan die polse sien nie.

Lyk asof sy slaap. Die ondernemer het knap te werk gegaan. Sy is weer jonk, ’n bruid op pad na haar bruidegom. Die grimering het selfs ’n blos in haar wange gebring.

Die soet geur van rose en frangipani styg op upt die kis en bedwelm haar. Daar is nie genoeg plek vir die geure nie. Sy het altyd beperkte ruimtes gehaat. Uit die duisternis strek sy haar hande op na waar die lig is.

Op na haar kinders, ’n smeking om hulp. Hulle oë is gesluit in gebed.

Sy sluit haar oë in dankbaarheid.

Page 161: Alleen in Plekke

151

Dit was die 24ste Desember 1990. “Die Nag van die Ster!” Só het dié wat dit gesien het, dit

genoem. En dit was ’n menigte en hulle het dit verkondig en

op die straathoeke uitbasuin. Dit het ’n warm polemiek in die koerante ontlok.

Selfs kerke het teenstrydige opinies gelug. Astronomiese bedrae is beloof vir enigeen wat ’n

foto van die “Die Ster” kon voorlê. Die oordeelsdag is voorspel. Met vers en kapittel is dit uit die Bybel bewys.

Bespiegelinge oor wat dit kon wees het hoogty gevier. Die regering het ’n verklaring uitgereik:

“Dit was ’n formasie vlug wat spesiaal vir die volk aangebied is!” Die volk het gelag.

“Jammer, hulle het nie kos afgegooi nie,” het hulle gespot.

’n Sogenaamde wetenskaplike, het die kersie op die koek geplaas: “Dit was ’n Vreemde Vlieënde Voorwerp!”

Hulle het selfs kontak gehad met die wesens van die planeet, het hy uitgebrei. Dié het ’n groot geldelike bydrae vir die opheffing van die armes op aarde, belowe!

Die volk het harder gelag.

Oukrismis

Page 162: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

152

Sommige kerke het voller geraak; sommige kroeë se omset het verdubbel. Die land was in tweespalt. Rassisme is bygesleep. Misdaad het toegeneem.

Die regering het ’n algemene verkiesing uitgeroep. Die rugby stadions is weer volgepak. Die lewe het sy gang gegaan. Dié wat, “Die Ster” gesien het, het onthou... !

Dit was Ou Krismis 1990.Ek, en my man in ’n rolstoel, het langs die N1

staan en bedel. Sy bene was by die knieë af, en het soos twee stompe voor hom uitgesteek. Op sy skoot het sy hoed onderstebo gelê: die bedelaar se beursie.

Voor ons het die motors in ’n onstuitbare stroom verbygeskiet. Die insittendes het na ons gestaar. Ek het teruggestaar. Soms is ’n noot deur ’n venster aangebied. Ek het nie beweeg nie.

Here, het ek opstandig gedink, is dit wat bedoel is met die woorde: “van hom wat nie het nie, sal geneem word, ook dit wat hy het?” Ek voel die vernedering soos ’n skroeiende vuur deur my liggaam trek.

Ek kyk oor die verkeer. Vêr in die Ooste is die weer besig om op te steek. Die wolke, spierwit soos sneeu op die Alpe.

“Al was jou sonde soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu.”

“Dit is nie nou die tyd om met jou verwyte te kom nie, Naomie,” sê my man.“Gaan vat die geld wat die mense aanbied. Onthou, hulle kan nie in die verkeer uitklim nie. Het jy nie gesien hoe waai die twee

Page 163: Alleen in Plekke

Oukrismis

153

dogtertjies ’n honderd rand noot nie?”“Ja, ek het gesien, Pieter. Maar het jý gesien dat

hulle dieselfde ouderdom is, as die twee dogtertjies vir wie se dood jy verantwoordelik is? En ook vir dié van óns kind...?”

“Dit was ’n ongeluk...”“Jy was dronk. En ons moes alles verkoop om jou

uit die tronk te hou.” “Dit is verby en afgehandel....” Hy sê dit in ’n ligte

luim. Dit lyk asof hy ons bedelry as ’n soort uitstappie beskou. Hy groet voetgangers links en regs, waai vir die mense in die motors, blykbaar onbewus van die obsene tekens wat sommige gee.

“Vir hulle ouers sal dit nooit afgehandel wees nie. Ook nie vir my nie! Jy is ’n moordenaar!”

By die robot langs ons, kamp nog werkloses. Hulle lag luidrugtig. ’n Bottel drank word al in die rondte gestuur. Dit is immers Krismis.

My laaste woorde moes hom tog geraak het. “Jy haal so graag uit die Bybel aan, Naomie. Sê jy

vir my: vir wie het die Here gesterf aan die Kruis...vir ons sondaars of vir jou, wat jou so vroom hou?”

Dit ruk my. Dit sal só maklik wees, maal dit al ure in my kop. Stap net in die verkeer in. Dit sal vinnig wees. Jy sal niks voel nie. Maar hoeveel ander, onskuldiges, vat jy saam met jou? Hoe kan jy oordeel as jy self in die beskuldigde bank staan?

Dit was ’n koel oggend, die middag is verby en dit het aand geword. Nog mense daag sporadies

Page 164: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

154

op. Almal, die uitskot van die samelewing. Vuil, verwaarloos, duidelik ook honger, sommige dronk. Dit wil voorkom asof almal ’n afspraak op dié spesifieke plek het.

“Kom ons gaan huis toe,” sê my man. Ons het onder ’n brug daar naby geslaap.

Ek ignoreer hom. Iets hou my daar. Daar hang ’n afwagtende stilte oor die mense. Selfs dié wat gelag en gedrink het, is stil.

Dit is donkermaan. Bokant ons is die hemelruim, besaai met miljarde sterre. Nog nooit het ek sterre só naby gesien nie. Ek sit op die grond langs my man se rystoel.

Eers dink ek dat ek my misgis, maar dan word die musiek al duideliker.

“Die Heiland is gebore, in stille Bethlehem...,” kom die bekende woorde oor die aandlug aangesweef.

Almal staan op en tuur die duisternis in. ’n Man met ’n lang, wit kleed, kom te voorskyn. In sy arms dra hy ’n radio soos ’n baba. Hy steek in die middel van die mense vas.

“Het julle nie “Die Ster” gesien nie?” Hy wys na die Ooste. “Kyk!”

’n Helder ster, omring soos dit lyk, deur miljoene kleiner sterre, glinster in die Ooste. Ons staar, sprakeloos...! Dan begin iemand sing; almal val in, saam met die koor op die radio. Dit word ’n gewyde oomblik.

Trane loop oor my wange.

Page 165: Alleen in Plekke

Oukrismis

155

“Liewe Vader,” bid ek. “Ek kan nie meer nie! Help my!”

Almal sing nou saam: “O, die Vrolike, O, die Salige...”

Ek snik... “O, Afrika! Hoeveel offers wil jy nog vra? Jou kinders sterf van honger! Ek is niks meer as die grond waarop ek slaap nie... ’n Niks!”

Ek skrik toe ’n stem langs my antwoord.“Onthou God het ook die grond gemaak!” Dit is die man met die radio.“Kyk, Die Ster kom nader!” Dit is amper bokant ons. Ek besef dat ek op my

knieë staan, soos al die ander. Dan sweef die onbeskryflike, aangrypende woorde

en melodie uit die radio: “Stille Nag, Heilige Nag...!” “Die Ster” hang nou

reg bokant ons.En dan, uit die radio, kom die eeuoue boodskap:“Meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle,

en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle:

“Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle die goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is in die stad van Dawid vir julle gebore, die Verlosser Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.” Ek hoor mense snik. Dan word dit al donkerder. “Die Ster” verdwyn agter

Page 166: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

156

die wolke. “Hy het ook maar net ’n krip gehad om in te lê,” sê die vreemdeling.

En al lig wat daar is, is sy wit kleed, toe hy in donker verdwyn.

Page 167: Alleen in Plekke

157

Toe dit lig word, sak landsreën oor die plaas uit. So asof dit gewag het totdat mens en dier die

skouspel kan gadeslaan. Dit is die eerste goeie reën na sewe jaar se droogte en die gepaardgaande ellende en verlies.

Net nou en dan, gedurende dié uitmergelende jare, het verdwaalde buie lafenis gebring. Nie genoeg om noemenswaardige verskil aan die veld te maak nie. Of die rivier te laat afkom nie.

Gedurende die voornag het hulle wakker geskrik van die donderslae van die water teen die brug. Swaar reën het oor die opvanggebiede in die hooglande uitgesak, het die radio die vorige aand rapporteer.

Op sy pad, honderde kilometers lank, gevoed deur sytakke, nuwe waterlope en die aanhoudende swaar reën, het dit ontaard in ’n monster wat alles in sy pad verwoes.

Dit het in geweld toegeneem soos die water bome op die oewer ontwortel en meegesleur het. Ook sinkplate wat van huise se dakke afgewaai is en selfs motorwrakke en plaasimplemente.

Al hierdie rommel blokkeer nou die vrye vloei van die water onder die brug deur. En dit word vereger deur die aanhoudende reën wat uitgesak het.

Soos branders slaan die vinnig-vloeiende

Terug by die Rivier

Page 168: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

158

water teen hierdie obstruksies en veroorsaak ’n oorverdowende lawaai. Dan breek dit oor die oewer en begin laerliggende gebiede volstoot.

Dit skep ’n gevaar van oorstroming van diere in krale of stalle, vir die werkers in hulle huise, van tuine en landerye, asook hulle huis wat op aandrang van haar ma skaars honderd tree van die rivier af gebou is.

“Dit sal nooit soveel reën dat die huis in gevaar sal wees nie,” het sy gesê en Krista kon die verbittering in haar stem hoor.

“Hierdie land is ’n woestyn, Krista.” Woorde wat haar ma deur die jare bly herhaal het.

Sodat daar in Krista die drang begin groei het om eendag, wanneer hulle dit kon bekostig, haar ma terug te neem na haar geboorteland.

Sovêr was dit nog nie moontlik nie, maar miskien, na dié oorvloedige reën, die eerste die afgelope sewe jaar, sal dit geldelik beter begin gaan.

Krista en haar ma staan op die stoep en kyk na die skouspel. Die reën stort in strome neer, asof dit deur die droogtetyd spesiaal opgegaar is vir hierdie oomblik.

Dit vorm ’n mistige gordyn, sodat die rivier onsigbaar is. Al wat jy hoor is die donderslae van die water teen die ou sement brug.

Die reën op die sinkdak maak gesels onmoontlik. Nie dat dit nodig is nie. Jare se saamleef en swaarkry het hulle gevoelig gemaak vir mekaar se gemoedstoestand.

Page 169: Alleen in Plekke

Terug by die Rivier

159

Maar Krista voel vaagweg onrustig oor haar ma. Sy is te stil, haar gesig soos sy uitstaar na die vallend reën, uitdrukkingloos.

Dit moet die vorige nag se gebeure in die solder wees wat haar ontsenu het.

Plaaswerkers beweeg soos spookgedaantes, swart plastieksak oor die kop, na die bulderende rivier toe, nuuskierig oor die geraas.

Terwyl dit so reën, rus hulle ook van die strawwe plaaswerk.

Krista weet dat die reën dae kan aanhou en hulle van die buitewêreld kan afsny. Net die noodsaaklikste werk sal verrig word, wanneer daar af en toe ’n verposing kom in die sluiers water wat aanhoudend neerstort.

Dan is dit asof die natuur skaam word vir soveel oordadigheid en vir kort tussenposes sal die reën stop. Man en muis sal rondskarrel om alles klaar te kry voordat hulle weer teruggedwing word na ’n skuiling. Ander pligte word sorgeloos opsy geskuif, want dit is ’n feestelike gebeurtenis wat hom selde voordoen.

’n Koue wind het opgesteek en sy sien hoe ’n ril-ling deur haar ma trek. Sy haak by haar in.

“Dis koud, ma, kom ons gaan in.” Haar ma se lippe roer.

“Die rivier,” sê sy.Krista wonder ongemaklik van watter rivier sy

praat. Die een wat skaars honderd tree van die huis

Page 170: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

160

af in vloed is en oor ’n paar maande weer droog sal wees, of die standhoudende een in haar geboorteland.

“Ek gaan nou vir ons ’n lekker ontbyt maak en daarna skottels vol pannekoek bak vir almal op die plaas,” sê sy vrolik om haar eie vrees te besweer en haar ma op haar gemak te stel.

Krista bly ongerus terwyl sy een na die ander pannekoek bak, dit by die werkershuise gaan aflaai en vinnig ’n draai by die perdestalle gooi. As hulle vasreën, is die enigste verbinding met die buitewêreld te perd.

Skielik dring dit tot haar deur dat sy nog nie eenmaal die dag die telefoon hoor lui het nie. Maar daar is nog iets anders wat haar bly hinder...

Sedert hulle gedurende die nag gewek is deur die onverwagte geraas van die rivier, het haar ma ongewoon begin optree. Nadat sy vir hulle tee gaan maak het, kon sy haar nêrens opspoor nie.

Sagte voetstappe bokant haar kop, het haar laat onthou van die half-vergete solder. Dit was waar die aandenkings en vergeelde foto’s van haar ma se jeug in ’n ander land, gebêre is. Dit was slegs wanneer een of ander krisis hulle in die oë gestaar het, wat haar ma daarheen ontsnap het.

Nie vir troos nie, het Krista uitgevind, maar vir hernude opstand teen haar nuwe vaderland.

Vir die volgende paar maande was dit dan asof haar ma in ’n oorlog gewikkel was met die harde

Page 171: Alleen in Plekke

Terug by die Rivier

161

elemente en hulle na haar wil wou skik. Nog ’n boorgat is gesink, ’n dam gebou en saad bestel vir die nuwe lap aarde wat sy wou besproei. Daar is ure op die trekker spandeer om gronddamme in moontlike opvangsgebiede oral op die plaas te stoot.

Maar die natuur laat hom nie tem nie. Die reën het weggebly, die boorgate het opgedroog en die droë gronddamme het soos ’n aanklag teen die stommiteit van die mens die veld ontsier.

En nou was haar ma weer in die solder. Dit rym nie, want die koms van die reën het die grootste krisis afgeweer: Die moontlikheid dat hulle die plaas kan verloor. Tensy haar ma ’n ander krisis verwag.

Sy het vinnig die houttrappe uitgeklim, haar hart in haar keel. By die deur het sy vasgesteek toe sy haar ma hoor praat.

“Hier sal ons ’n wal stoot, Krista,” het sy gesê, asof sy weet haar dogter luister. “En hier en hier.”

Krista het ingestap, maar haar ma het nie opgekyk nie. Sy was verdiep in die lyne wat sy met ge-oefende hand vloeiend oor die wit papier getrek het. ’n Nuwe plan, een van haar vele skemas deur die jare, wat gedoem was nog voor dit begin het.

“Wanneer die rivier afkom soos vannag, sal hierdie walle sorg dat van die tonne water wat nou nodeloos op pad see toe is, gekanaliseer word om ’n nuwe rivier te vorm.”

Sy lag harop. “Kom kyk hier, Krista.” Sy sprei ’n

Page 172: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

162

ou, verinneweerde landkaart op die vloer oop. Krista herken dit as die kaart van die landstreek

waar haar ma gebore en grootgeword het. Sy kniel by haar ma en volg die ou vinger met betraande oë soos dit opgewonde die loop van die onbekende rivier aandui.

“So het die Huma gevloei. Sien jy dit het ook in die hoogland ontstaan, honderde kilometers vêr gevloei, maar nie see toe nie. Dit het al vlakker geraak om uiteindelik dood te loop in die vleie en moerasse. Oral het die water lewe gebring vir honderde kilometers ver.”

“Maar ma,” begin sy keer, want van die ongesonde blos en die skril stem kan sy aflei hoe hoogs-emosioneel haar ma is.

“Hoe kon ek al die jare so dom gewees het?” gaan haar ma voort. “Om te wag vir die reën sodat die gronddamme kan volloop en die boorgate gevoed word.

Wat ’n onnoselheid! Wanneer dit hier reën in die hooglande, al is dit

hoe selde, bring die rivier soveel water hierheen dat dit ons deur die droë jare kon gedra het.”

Sy skud haar kop in vertwyfeling oor haar optrede. “En ek het al die jare die oplossing in my hande

gehad.” Sy druk op die rivier op die kaart. “Die Huma-rivier..

Krista verwyt haarself opnuut dat sy nog nooit

Page 173: Alleen in Plekke

Terug by die Rivier

163

daadwerklik opgetree en haar ma teruggeneem het vir ‘n besoek nie.

Dit is tyd dat sy die voorstel aan haar ma maak. Sy het nog nooit, want sy wou nie valse verwagtings by haar ma skep nie. Na die verligting wat die reën gebring het, kan die plaas ’n rukkie sonder hulle klaar kom.

Sodra die reën afneem, moet hulle uitkom rivier toe. Dan sal sy hoor wat haar ma van die plan dink.

Jare lank het sy en haar ma saans hand aan hand langs die rivier gaan stap, moeg na die dagtaak, tevrede en gelukkig met hulle lewe en omstandighede. Die rivier het net sigbaar geloop wanneer swaar reën die jaar oor die opvangsgebiede geval het.

Soms was daar jare lank droogte, maar onder die oppervlakte het die water bly vloei. Dit het gemaak dat daar altyd lewe in en om die rivier was.

Dit is die tyd wanneer die voëls teruggekeer na hulle neste en die lug vul met klank en sang. In die lente broei wilde-eende en bleshoenders tussen die riete, terwyl geelvinke eindeloos vleg aan swaaiende nessies vir die broeityd.

Families tarentale speel wegkruipertjie tussen die hoë gras en in die skemering tussen die bome, staan soms ’n nuuskierige wildsbok om ’n oomblik later, ongesiens te verdwyn.

Hoog in die laaste helder lig van die son koers reiers geruisloos huiswaarts. Die lug is skoon soos kristal,

Page 174: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

164

elke asemteug soet soos die geur van vars water uit ’n bergstroom.

Dit was die goeie uur, die kosbaarste tyd van die dag. Die tyd vir gedagtes wissel, lees en bepeinsing. Deur die jare het hulle soos twee bome langs mekaar gegroei en uit dieselfde voedingsbron geput, die een uit die ander.

Dit was wanneer haar ma teruggekeer het na haar kinderjare in ’n tropiese land. Met haar oë op die droë, woestynagtige plantegroei en wolklose hemelruim, het sy met weemoed in haar stem, terugverlang.

“Die reën, het sy dan gemymer. Die lewensgewende reën wat nooit weggebly het nie. Die rivier wat nooit ophou vloei het nie. Die uitbundige kleur en geur van die oordadige rank- en veldblomme, die plate bome, swaar gelaai met wilde vrugte vir mens en dier. Die vrugbare grond waarin jy na hartelus kon plant en oes, het sy mymerend gesê.’

Krista het met die tyd besef wat hierdie rivier, droog soos dit gelyk het, vir haar ma beteken het. Die stilvloeiende, onsigbare stroom water onder die grond het vir haar ma ’n simbool geword van die rivier van haar kindertyd.

Sy kon die weemoed en verlange in haar ma se stem hoor en het verstaan wat híérdie rivier in haar ma se lewe verteenwoordig. ’n Klein genade in dié barre, ongenaakbare land.

In die beginjare het hulle vrugtebome op plekke

Page 175: Alleen in Plekke

Terug by die Rivier

165

langs die rivier geplant. Al wat oorleef het, was ’n vyeboom, waar onder hulle ’n sitplek aangebring het. In die somer het dragte pers vye kos verskaf aan die talryke, “voëls, mens en dier,” het haar ma dit aan haar herinnerings van die land van haar jeug gekoppel.

Soms het sy gedroom dat sy haar ma kon terugneem na dié land waarna sy so verlang het. Maar die tyd was nooit reg nie of daar was nie genoeg geld nie. Of dit sou te veel ontwrigting op die plaas veroorsaak.

Tog voel sy dat die gelukkige bestaan wat hulle self op die grond vir hulle uitgewerk het, eintlik die grootste struikelblok was. Hulle het behoort. Soos die jare verbygegaan het, het haar ma al minder na die land van haar jeug verwys. Maar wanneer sy wel het, was die herinneringe soveel intenser.

Dit was wanneer dit ’n besonder moeilike jaar op die plaas was. Dan het sy met bitterheid ’n vergelyking getref, veral tussen die twee riviere. Krista het getroos en haar herinner aan die onsigbare water-stroom in die rivier.

Maar sy kon nooit heeltemal die gevoel dat sy haar ma in die steek laat afskud nie.

Teen ses-uur se kant gaan haal Krista hulle reënjasse, want in die weste het die weer effens oopgetrek. Die reën val nog, maar sagter.

Toe sy terugkom in die kombuis, is haar ma nie meer daar nie. ’n Stoel langs die tafel het omgeval. Sy kry haar ma in haar slaapkamer, besig met

Page 176: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

166

korrespondensie.Daar is dringende pos met die Landbank

verduidelik sy, maar Krista moet gerus gaan stap, sodat sy kan kom rapporteer hoe die rivier lyk. Buitendien sien sy nie kans om deur die waterplasse te sukkel nie. Asseblief, vra sy.

Teësinnig stem Krista later in. Sy is self ook nuuskierig oor die rivier. Sy moet sorg dat sy alles goed waarneem, sodat sy dit in detail aan haar ma kan kom weergee.

Sy is deurnat voor sy nog die rivier bereik het. Krista is bly haar ma het nie saam gekom nie. Dit lyk soos ’n rampgebied. Die verswelgende vloed het alles in sy pad meegesleur.

Al die doringbome op die wal is ontwortel en rivier af. Die vleie is oorstroom, sodat net die toppe van die riete sigbaar is.

’n Bisarre toneel is besig om daar af te speel. Wilde eende, bleshoenders en ander watervoëls swem doodluiters tussen onherkenbare, dooie diere, rommel en stukke bou-afval.

Drywende boomstompe en takke is toegepak met kwetterende voëls en bobbejane. Nog voëls vlieg klaend in die skemerlig rond op soek na sitplek.

Van die vyeboom en hulle sitplek is daar nie ’n teken nie. Krista begin huil, nie seker waaroor nie. Die skade is nie so groot, as jy dit vergelyk met die voordeel wat die reën gebring het nie.

Page 177: Alleen in Plekke

Terug by die Rivier

167

Maar hulle boom is weg. Hoeveel jare sal dit vat om weer een so groot te kry dat hulle daaronder kan sit. Nie in haar ma se leeftyd nie. ’n Era is verby.

Sy besluit om voorlopig niks van die vyeboom te sê nie. Dit sal nog dae reën, sodat sy kans kan het om haar ma voor te berei.

Terwyl sy terugstap dink sy weer aan haar ma se opgewondenheid en onsamehangende woorde oor die riviere. En haar verskoning oor die stappery was ook ongewoon.

Sou dit wees dat sy haarself terugverplaas het na ’n ander tyd in haar lewe. Dit wou koester solank dit hou? Die ou verwyt is weer terug. Feller hierdie keer. Sy moet eenvoudig haar ma terugneem. Vanaand nog sal sy dit voorstel.

Dit het weer harder begin reën en dit word al donkerder. Krista kry ’n gevoel van onheil. Deur die vallende gordyn van reën kan sy die huis nie sien nie. Ook geen lig nie. Teen dié tyd moet daar al ’n lig brand.

Sy sukkel deur die modderplasse so vinnig sy kan, oortuig dat daar iets verkeerd is. Op die stoep begin sy roep. Eers vrolik om nie haar ma te ontstel nie. Dan dringender, maar haar stem is skaars hoorbaar vir haar bo die geraas op die sinkdak.

Die gordyne in haar ma se kamer is toegetrek en die kamer is stikdonker. Sy hoor haar ma se stem, hard en duidelik, asof sy met iemand gesels. Voel-voel kry

Page 178: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

168

sy later vuurhoutjies en ’n kers. Haar ma se bleek gesig teen die donker hare, skok

Krista, maar haar ma glimlag gerusstellend. Maar dit flous haar nie. Haar ma se gesig is vertrek van pyn. Die hand op haar linkerbors bewe liggies.

Haar ma se hart. Krista weet sy sal onverwyld hulp moet kry. Maar toe sy die telefoon optel, besef sy dat die drade deur die reën beskadig is. Sy hardloop terug en hoor hoe haar ma nog steeds ’n gesprek voer.

Sy trek haar ma se skoene uit en gooi ’n kombers oor haar, terwyl sy koorsagtig dink aan ’n plan. Sy moet haar ma in die motor kry, maar die paaie sal moontlik onbegaanbaar wees.

Dan vererger sy dalk net sake. Miskien is dit beter as sy haar ma warm en rustig hou. Sy skryf vinnig ’n briefie en gee dit vir ’n werker om met die fiets na hulle buurman te neem.

Krista gaan lê langs haar ma en sit haar arm oor haar. Haar ma yl. Sy praat van onbekende mense, soms in die taal van haar ou land.

Tussendeur, wanneer dit klink of haar ma heftig raak, troos en sus sy haar. Sy voel hoe die kussing onder haar wang nat word van haar trane. As sy net nog ’n kans kry om haar ma terug te neem...

Krista skrik toe haar ma meteens duidelik en hard praat.

“Langs die rivier, sê sy, “waar die water diep onder die grond vloei, moet jy my begrawe, Krista. Jy moet weer ’n vyeboom plant, vir jou om onder te sit.”

Page 179: Alleen in Plekke

Terug by die Rivier

169

Sy druk haar ma stywer teen haar vas. “Moenie so praat nie, ma...” Hoe weet sy van die vyeboom?

“Ek neem ma hierdie jaar terug na ma se geboorteland. Dit het goed gereën, ons kan iemand vra om na die plaas om te sien...

“Nee,” fluister haar ma. “Hierdie is my land, Krista...

Sy druk haar ma vaster teen haar. Dan voel sy hoe haar ma se liggaam verslap. Dis verby, ’n tydvak is verby.

Page 180: Alleen in Plekke

170

Dawid het gedurende die nag weer geworstel met dieselfde nagmerrie wat hom nou al jare lank

teister. Toe hy hom eindelik loswoel uit die natgeswete lakens, het die dag net gebreek oor die stad. Die gordyne is oopgeskuif en die Oostewind speel liggies daarmee.

Daar is ’n belofte van reën, ruik hy op die wind. Maar reën hier in die stad het nog nooit vir hom dieselfde betekenis gehad soos dié op die platteland nie. Soos veral op sy plaas in Kenia.

Nou is die tyd wat hy altyd afsonder om sy demone te konfronteer. eens en vir altyd, te probeer vir homself om die verskriklike gebeure van daardie dag in perspektief te probeer plaas. Om afstand te kry, uit sy geheue te verban, sodat dit nie sy lewe beheer en so sinneloos maak nie.

Die res van die dag oefen hy met ystere selfbeheer kontrole oor sy gedagtes uit. Of dis wat hy homself wys maak.

Maar die geringste, onbenulligste gebeure of verandering, selfs net ’n blomreuk uit die tuin of die beweging van ’n wolk voor die venster verby, ontketen in hom ’n verswelgende storm van herinneringe.

Hy sukkel uit die bed, trek sy ou, verweerde rolstoel nader en val daarin neer, uitgeput van die inspanning.

Vergeef Ons

Page 181: Alleen in Plekke

Vergeef Ons

171

Hy wat met gemak ’n os kon neertrek, om gebrand te word, wat met

Eindelik verlos van die uitputtende nagmerries begin die stompiebeen met hernude ywer klop en pyn. Hierdie keer so lewensgetrou dat die swaar soet geur van frangipani-bloesels die kamer vol hang.

Na ’n lang gesukkel, is hy in sy rolstoel en beweeg verlig uit op die balkon. Oorkant die straat is ’n park met welige groen gras. Dit lê besaai met pers bloeisels wat met elke windvlaag vêrder straat-af gejaag word.

Half versteek agter plante sit ’n vrou en twee kleuters rustig en duiwe voer. Vêrder is die park leeg en stil, want mense in die buurt besoek dit nie meer nie.

Hulle skuil in hulle huise en staar hunkerend deur die vensters na die enigste plek waar hulle kinders vroeër veilig kon speel. En hulle kon ontspan na die week se eise.

Sy oë bly vasgenael op die rustige toneeltjie. Vroeër alledaags en deel van ’n leefwyse wat verlore gegaan het.

Soos hulle gesin ook. Daar is nie meer kinders nie. Ook nie ’n vrou nie. In die verte hoor hy kerkklokke lui. Dit is dus Sondag. Hy dink nie meer in terme van dae, maande, of jare nie.

Vir hom het tyd gestol, daardie dag, dertig jaar gelede. Om presies te wees, 20 Augustus 1976.

Dit was ook ’n Sondag, onthou hy, dat hy sy familie lewend gesien het. Sy vrou en twee dogtertjies.

Page 182: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

172

“En vergeef ons, ons skulde, net soos ons ook ons skuldenaars vergewe,” prewel hy.

So sal duisende ook vandag in hierdie verskeurde land bid, terwyl onder die oppervlakte haat en vergelding smeul. Waar het alles so verskriklik verkeerd gegaan? wonder hy vir die soveelste maal.

“Laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie,” hoor hy sy Ma se stem voorlees uit die Kinderbybel. Daar was ’n groot prent van ’n glimlaggende Jesus omring deur kindertjies, lammertjies en spierwit duiwe.

Dawid droog sy trane aan die gordyn voor die venster af. Die stompie van sy been wat een skrikwekkende nag in die boord op sy plaas agtergebly het, begin reëlmatig klop met pyn. Wat sal toeneem soos dit later word, sodat die nagte ontaard in ’n lewende hel.

“Laat ek nie haat nie, laat ek myself nie vernietig nie,” soebat hy homself hardop.

“En met smart sal sy kinders baar...” En een na die ander sal homself leegpomp in

haar liggaam totdat bloed uit haar liggaam stroom en ’n bleekwit fetus uitgewerp word met haar laaste stuiptrekkings.

“O, God,” bid hy, “laat ek nie haat nie; laat ek myself nie vernietig nie...”

Sy been wat nie meer daar is nie brand soos ’n kool vuur. Die afgesaagde been wat soos ’n talisman saam met sy twee lewendige honde aan vleishake opgehang

Page 183: Alleen in Plekke

Vergeef Ons

173

is.Hy het deur bloed en trane gelê en kyk hoe die

die verkragte lyke van sy vrou en dogtertjies groteske bewegings maak, terwyl hulle brand... ’n dans van die dood...

Dawid kyk deur ’n newel van trane na die toneel voor hom – so rustig en vreedsaam.

“En op die sewende dag het Hy gerus...”Sy oë soek weer die vrou wat duiwe voer. Hy uiter

’n kreet van wanhoop toe hy sien wat gebeur. Twee tsotsi’s staan voor die vrou op die bank. ’n Meslem flits in die son...

“Nee...!” gil hy deur die venster. “Nee...! O, God, nee!”

Hulle hoor hom nie. Tot sy verbasing sien hoe een voor haar voete op die gras val. Die ander een begin hardloop, maar hy val en begin vorentoe kruip. Die vrou staan op en hy sien die rewolwer in haar hand. Sy loop tot voor die kruipende man en dan lê hy ook stil.

Soos in ’n stil film het, in bestek van ’n paar minute, is lewe en dood voor hom besleg.

Die vrou loop terug bank toe, skud die laaste krummels uit die sak, sit haar rewolwer in ’n holster om haar lyf en swaai haar rugsak oor haar skouers. Sy kyk op na waar hy sit en hy weet die wapperende netgordyn het haar aandag getrek.

Dawid gespe solank sy kunsbeen aan. Hy sukkel die trappe af. Hy moet haar help – die polisie sal nou hier wees, dink hy. Hy maak solank die voordeur oop.

Page 184: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

174

“Dankie,” sê sy en sak op die vloer neer. Hy dink eers sy gaan flou word, maar dan hoor hy haar lag.

“Het jy die sports in die park gesien?” vra sy. “Twee uitgevat! Hoeveel dink jy, Goeie Samaritaan, sal genoeg betaling wees vir ’n vrou se ongebore baba? Of vir haar haat?”

“Dis onbetaalbaar,” antwoord Dawid. Hy trek haar aan haar arms op en sien die bloedkol op die houtvloer. Haar denim is vol donker kolle en bloed het op haar tekkies afgeloop.

“Wat noem die Bybel dit nou weer? O, ja... die onreinheid van die vrou! Ek sal dit nou kom skoonmaak! Gee my net eers ’n handvol pynpille, ’n sterk dop en sigarette!”

“Is jy gewond?”“Ag, ons vrouens noem dié soort wonde sommer

rape – in my geval gang rape.”Dawid besef nie dat trane oor sy wange loop nie.

Sy gryp hom aan sy skouers. “Dis julle probleem... julle mans gee te gou moed

op. Waar’s ’n badkamer?” Sy skud hom met meer krag as wat hy verwag het van die té maer, bleek vrou.

“Die polisie sal nou hier wees – jy moet weg-kruip!”

“Glo my, hulle sal my nie vang nie... ek het ’n goeie reputasie by hulle... skiet eers en vra later vrae... by hulle geleer!”

Hy wys waar die badkamer is. “Ek dink alles wat jy nodig het sal daar wees – die pynpille ook. Dis ’n

Page 185: Alleen in Plekke

Vergeef Ons

175

dame se heiligdom – as sy hier is. Ek sal sorg vir die dop en sigarette.”

Hy sukkel weer op met die trappe. Die enigste drank is daar. Hy hoor haar later die trappe opkom. Sy moes ’n blonde pruik opgehad het – teen haar donker hare lyk sy nog bleker. Sy het ’n handdoek by haar en sprei dit oor ’n stoel voor sy gaan sit.

Hy gee vir haar ’n glasie wyn en steek haar sigaret aan. Sy ledig die glas met een teug en steek ’n sigaret met bewende hande aan. Hy sien hoe sy na die onopgemaakte bed staar.

“Gee jy om as ek in daardie bed kruip; ek voel ’n bietjie duiselig?”vra sy

“Natuurlik, nie – dis bloedverlies. Hy trek die bed oop en sy gooi eers die handdoek oop; toe klim sy met ’n sug in. Hy maak haar toe soos hy met sy dogtertjies gedoen het.

Dawid haal sy kunsbeen af en trek die rolstoel nader. Dan begin hy weer op sy rekenaar werk. Hy het gedink sy slaap al toe sy skielik vra: “Wat is jou naam?”

“Dawid,” sê hy.“Dawid, ons sal nog met Goliat afreken, sal ons

nie?”Hy lag vreugdeloos. Met jou as partner – enige tyd.

En jou naam?”“Helena ...” Sy draai op haar sy en sug; dan hoor

hy haar reëlmatige asemhaling.Hy sal moet kos maak, dink hy. Hy kan nie onthou

Page 186: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

176

wanneer hy laas ’n ordentlike bord kos geëet het nie. Maar hy sien nie kans om weer die trappe af te sukkel nie.

Hy gaan lê eers om ’n bietjie te rus – emosioneel is hy uitgeput. Dis asof al sy senuwees weer oopgevlek is en trillend wag... en wag...

Dawid word wakker van die son wat deur die venster op sy gesig skyn. Hy vlieg vervaard orent; die ander bed is leeg. Dan kry hy die geur van spek wat braai. Hy besef dat sy enige oomblik kan terugkeer en sien nie kans dat sy sien hoe hy sy kunsbeen aansit nie.

Hy hoor haar voetstappe op die trappe en gaan sit regop teen die kussings.

“Môre, Dawid,” groet sy en sit die skinkbord met borde opgehoopte spek en gebakte eiers op die bed voor hom neer. “Ek kon nie brood kry nie,” sê sy en gaan sit kruisbeen op die bed oorkant hom. “Kom ons eet; ek is dood van die honger!”

Na hulle geëet het, raak sy haastig. “Ek moet nou my ry kry, Dawid.”

“Waarom? Jy is veilig hier – die plek is ingerig vir beskerming. Hier is selfs ondergrondse kelders. En jy is nog gans te bleek om nou weer die pad te vat. Waar bly jy in elk geval, Helena?”

“Hier, daar, oraloor,” antwoord sy. “Maar ek sal bly wees as ek nog ’n dag hier kan bly – maar wat sal jou vrou sê?”

“Sy is dood!” antwoord hy kortaf. “Ek praat nie daaroor nie!”

Page 187: Alleen in Plekke

Vergeef Ons

177

“Jy sal nog,” sê sy sag. “Soos ek nog oor my kind sal móét praat. Dis die enigste manier om die gif uit jou liggaam te kry.”

Sy vat die skinkbord kombuis toe en hy hoor haar opwas. Hy gaan sit weer voor die rekenaar. Sy kom later in en kruip weer in haar bed. Nie lank nie toe slaap sy.

Oor die middag pyn sy been so dat hy ’n handvol pynstillers met ’n dubbele dop whiskey afsluk en in sy bed kruip. Hy voel sleg dat hy haar so afgejak het. Dis reeds skemer toe hy wakkerskrik. Haar bed is netjies opgemaak, sy’s weg. Hy moes weer ingesluimer het, want hy word wakker toe iemand sy komberse aftrek.

“Gee daardie seer been – ek het ’n warm kompres gemaak. My pa het ook ’n kunsbeen gehad en ek het ’n geheime resep wat onfeilbaar is.”

Sy kom sit langs hom op die bed en plaas die warm kompres om sy stompie. “Skuif op, Dawid,” sê sy, “en moet dit nie verkeerd opneem nie!” Sy klim langs hom in die bed. “Ons is maar net twee ou wrakstukke wat uitgespoel het op die sand van sonnige Afrika.”

Page 188: Alleen in Plekke

178

Sal ek nou wraggieswaar nie vandag in die vrouebiduur, die flater van my lewe maak nie?

Anna, die voorsitster van byna elke vereniging in ons dorp, vra dat ek ’n spesiale gebed moet doen, veral vir die nuwe vereniging wat ons so pas gestig het, en vir ons liewe vaderland in besonder. Ook al hardhorend en vergeetagtig, “Bak koek vir jou Lewe!” gaan bid vir ons bobbejane nie – in plaas van ons Namibiane nie – ook verkeerd: ons Namibiërs nie!

Iemand bars uit van die lag en ek hoor dis my vriendin, Lydia. Ek sluit toe maar af oor die onstigtelikheid. Ek weet natuurlik van geen sout of water nie. Dis eers toe ek sien Lydia, is op haar langdradige manier besig om iets aan die Susters te verduidelik, dat ek naderstap.

Miena, is tog so lief vir bobbejane, veral die in die zoo. Sy sê sy weet hoe hulle voel. Toe sy nog jonk was, het haar oorle man haar ook ’n bobbejaan genoem, omdat sy nooit die telefoon beantwoord het nie. Dit was nog ’n plaaslyn en elke plaas het sy eie kode gehad. Sy kon nooit hulle kode onthou nie.

“Dis drie kort luie, Miena. Enige bobbejaan in die zoo kan dit onthou!”

“En die in die veld?” het sy gevra, net om doodseker te maak. Hy het net sy kop geskud en uitgestap. “En

Die Misverstand

Page 189: Alleen in Plekke

Die Misverstand

179

nou” sê Miena, “noem haar kinders haar weer ’n bobbejaan omdat sy die selfountjie nie verstaan nie!”

Almal het na haar gekyk, party met trane in hulle oë. “Toemaar, Suster Miena, ons verstaan,” het een gesê. “Mans en kinders kan ’n mens maar stief behandel!”

“As Krisjan dit net waag om my ’n bobbejaan te noem, klap ek hom uit sy geloof in ’n ander een in!” Anna was ’n gewigtige vrou, en Krisjan haar man ’n tingerige, verstrooide boekwurm. Anna was ook die voorsitster van Die Sustersvereniging.

Dan was sy ook die voorsanger in die kerk. Sy kon sing – kon sy sing? Die orrel was al oud en vals,maar met haar stem het sy hom op koers gehou. Na elke reël van ’n psalm het haar stem so ’n ekstra draai gegooi – tog té mooi. Sy was dus in aansien.

Sy het hierdie storie van die bobbejane nie geglo nie en het besluit om dominees te gaan raadpleeg.

Dit was nog ’n jong dominee, ongetroud en nie vertroud met die werkinge van die vroulike psige nie.

“Suster Miena, maak ’n bespotting van ons volk,” het sy hom in sy kantoor vasgetrek.

“Watter volk is dit nou, Suster Anna?” Hy was uit die Republiek en daar was baie volke. En nog die Oraniërs ook. “Spot sy met die boere, die Duitsers, die Hereros, die Namas, die Ovambo’s, die”... hy het vergeet wie die ander is.

“Kyk, dominees, dis duidelik dat jy die spot dryf oor ’n ernstige saak!”

Page 190: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

180

“Nog nooit , Suster! Ek neem my werk baie ernstig op. Wat presies het sy gesê?”

“Sy het gesê ons Suidwesters is bobbejane!”“Maar, Suster, dis nie meer Suidwesters nie –

Suidwes is dood!”“Wat vertel jy my, Dominees? Wanneer? Dis die

eerste woord wat ek daarvan hoor. En my man lees gereeld sy koerant. Hy kon darem vir my daarvan gesê het! Net vanaand neem ek hom onder hande!”

“Dis nie so ernstig nie, Suster, ek het dit ook maar eers hier kom hoor. Die mense hier rond weet nog nie daarvan nie. Maar die nuwe naam is Namibië.”

“Ek is bly dat jy die saak so duidelik gestel het, dominees, maar dis nou nie te hie of te ha nie, ’n biduur moet uitgeroep word. Suster Miena kan nie die volk so beledig nie.”

“Sit dominees, ek is nog nie eers in die helfte nie,” sê Anna, toe hy opstaan.

“In die helfte van wat Suster?” vra die dominee om tyd te wen.

“Van my klagtes, natuurlik!” antwoord sy verontwaardig, want daar is nog ’n ernstige saak: “Die broers moet onder kwarantyn kom!”

“Kwarantyn? Maar dit is sekerlik ’n saak vir die dokters. Wat makeer hulle? En is dit al die Broers?”

“Dit sal nie help nie, dominees, die dokters is nog die ergste van almal – hulle eet glad nie koek nie!”

Daar daag ’n lig in die dominee se oë. “Suster, Anna, jy meen die broers moet onder sensuur kom.”

Page 191: Alleen in Plekke

Die Misverstand

181

“Dis wat ek mos gesê het! Daar moet onmiddellik ’n vergadering gehou word vir die broers – hulle moet kom verslag doen waarom hulle nie meer wil koek eet nie. Ons sloof ons af voor die stoof en hulle weier om ons te help! En soos dominee weet, samel ons geld in vir die talle kindertjies wat wees agtergelaat is nadat Untag ontrek het.”

“Untag? Ek verstaan nie, Suster. Soos ek verstaan is die land al ’n jaar lank

“Nou, Suster, waarom wil hulle nie meer koek eet nie? Slaan my dronk – ek sal maar te bly wees as ek ’n stukkie kry om te eet.”

“Nee, hulle sê hulle is siek van koek eet; wil liewer rugby kyk. Oom Siek Hans sê hy het nie meer krag oor nie – al sy tande verloor in die proses.”

Wel, Suster, ek sal my Hoofouderling, Broer Janse sê om ’n vergadering te belê vir Saterdag om die Broers te wys op hulle pligte. En wat Suster Miena betref: party mense is baie lief vir diere en daar is niks wat verbied dat ons nie vir hulle mag bid nie. Ekself het ook ’n affiniteit vir bobbejane en gaan gereeld in die dieretuin na hulle kyk – dit gee my nuwe inspirasie met my daaglikse omgang met mense!”

En die Saterdag word daar toe ’n vergadering vir die Broers belê, maar jakkalse begin onder die skape vang en ’n jakkalsjag moet voorkeur geniet. Die Susters verstaan dit.

Vroeg is die broers te perd weg, geweer oor die skouer gevolg deur hulle getroue en opgeleide honde.

Page 192: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

182

Anna het vir die Susters ’n uitstappie na die diere-tuin gereël op Dominees se aanbeveling. “Dominees, sê, ons kan sovéél van bobbejane leer dat dit ons daaglikse omgang met mekaar net kan bevoordeel.” Suster Lydia het uitgebars van die lag, nugter weet waarom!

Dominee het gaan golf speel – met die bostelegraaf het hy later verneem dat daar op ’n oujongkêrel se plaas ’n impromptu ’n perdesports gereël is en afgegesluit is met ’n skyfskietkompetisie. Die eerste prys was ’n kas whiskey – wat gewen is deur sy Hoofouderling, Janse. Uit die aard van sy amp kon hy dit nie goedkeur nie, maar baie verstandig vir ’n man wat nog nie eers getroud was nie, het hy geswyg – en terselfdertyd besef waarom dit op die oujongkêrel se plaas gehou is!

Vir sy stilswye het die Broers hom met ’n bottel whiskey beloon!

Page 193: Alleen in Plekke

183

Twee vriendinne sit en gesels in ’n eetplek, ’n hanetree van hulle werkplek af.

“Weet jy, Wilma, almal in die kantoor skinder oor Herman se verhouding met ander vrouens – en jy aanvaar alles so gelate,” sê Tina, haar beste vriendin, en gooi nog suiker in haar tee.

“Probeer jy nie gewig verloor nie, Tina,” lag Wilma.“Jy kan maklik lag – jy het so ’n wilgerlatlyf, maar

het jy nie gehoor wat Herman nou die aand gesê het nie?”

“Blykbaar nie: wat het hy gesê?”“Hy het gesê jy’s té maer; hy verkies molliger

vrouens.”“Ag, Herman praat altyd té veel – en die meeste

daarvan onsin. Ek het hom dit al hoeveel maal hoor sê aan vrouens met gewigsprobleme.

Vir my sê hy: “’Dit laat die arme siele darem beter voel oor hulle self.’”

Tina bloos en stoot haar tee weg. “Jy val darem nie in dié kategorie wat hy bedoel nie, Tina,” keer Wilma. “En as advokaat is hy gewoond daaraan om te praat.”

“Ons het heel van die punt afgedwaal,” sê Tina. “Weet jy wat die nuutste brokkie skindernuus

is, Wilma? Daardie blond wat gister aangestel is, is blykbaar Herman se nuutste slagoffer!”

Beste Vriendinne

Page 194: Alleen in Plekke

184

Alleen in Plekke

“O, Sylvia? Herman het haar egskeiding hanteer. Hulle was huisvriende van ons.”

“Wat gaan jy daaromtrent doen, Wilma?” “Voorlopig niks, maar ek werk aan ’n plan – en ek

het jou hulp nodig. Jy is tog my beste vriendin, Tina, of hoe?”

“Natuurlik! Maar hoe op aarde kan ék jou help, Wilma?”

“Kyk, Tina, ek het gedink om só te begin: Nooi jy vir Sylvia vir ’n koppie tee – en dan vertel jy vertroulik aan haar dat jy ’n verhouding met Herman het – en kyk fyn hoe sy daarop reageer!”

“Nee, Wilma, nou vat jy dit darem té ver- wat moet die ander van my dink as ek my beste vriendin in die rug steek?”

“Jy steek my mos nie werklik in die rug nie – en behalwe óns twee, dink ek nie daar is één wat ’n vinger kan wys nie – hulle speel almal die spel en ken die reëls.”

“Ek kan daardie Sylvia nie vat nie – glad te selfversekerd, neus in die lug...”

“Sy is eintlik baie gaaf, as jy haar eers ken. En miskien is dit net weer ’n skinderstorie – het jy opgelet sy is net so ’n wilgerlatlyf soos ek?

En jy weet mos Herman hou nie van maer vrouens nie!” Sy sit haar hand oor Tina s’n. “Asseblief, vriendin?”

Tina kyk na die ringe aan Wilma se hand. “Ek moet sê vir ’n ontroue man oorlaai hy jou met diamante, dis

Page 195: Alleen in Plekke

Beste Vriendinne

185

verseker.”“Skuldige gewete, offerande vir vergifnis en al

daardie tjol... jy ken mos die dril...”“Maar hy ís ’n ryk man, is hy nie? Julle woon in ’n

kasteel, ry met die duurste motors op die mark; jy dra ontwerpersklere...en dan nog al die diamante!”

“Miskien is dit waarom ek by hom bly – het jy al daaraan gedink, vriendin?” vra Wilma geamuseerd.

“En sê nou jou opoffering is verniet – en hy skei jou – oor ’n ander vrou?”

“Herman sal my nooit skei nie, Tina - daarvan is ek so seker as van my dood!”

“Dit moet ek jou ter ere gee, Wilma: Jy is die selfversekerdste mens wat ek ken!”

“Wel, my jare op die verhoog het seker daarvoor gesorg. En dan moet ek ook gedurig mense van alle stande onthaal – Herman se kliënte...partymaal sonder vooraf kennisgewing.”

“Miskien, is dit waarom hy jóú nie sal skei nie – jy is die ideale gasvrou – en vir afleiding verkies hy ander vrouens.”

“Wat het ander vrouens wat ek nie het nie? Kom ons vergelyk ons twee met mekaar. Die anatomie is dieselfde, ek is net maer in vergelyking met jou.

Ek is ’n brunet en jy ’n blondine, ek het my eie vliegtuig...!” Wilma bars uit van die lag toe sy Tina se gesig sien.

“Moenie so afgehaal lyk nie; dit was net ’n grappie. Ek is net vrolik – Vrydag vlieg ek Swakopmund toe;

Page 196: Alleen in Plekke

186

Alleen in Plekke

my ma verjaar. Wil jy nie saamgaan nie, Tina?”“Ek sou graag wou, maar ongelukkig het ek al ’n

afspraak.”“Hallo, mooiste vrou in die stad,” herhaal Herman

die ritueel van elke aand en gee Wilma ’n klapsoen.“En rykste vrou in die stad – moet jy altyd byvoeg,

Herman!”Sy sien hoe hy verbleek. “Dít het jy nog nooit voor

my kop gegooi nie, Wilma!”“Jy het ook nog nooit, die geur van ’n vrou in jou

hare, in my gesig gegooi nie. Jy het darem nog altyd die ordentlikheid gehad om eers te bad!

Ek weet van jou eskapades met ander vrouens, Herman. En jy weet dat ek weet, so waarom nog die liefhebbende eggenoot speel?”

“Wat gaan jy doen, Wilma?” vra hy onseker. “Jou nog ’n kans gee, Herman. En ek wou jou al

sê: ek het my trouring verloor; het seker van my vinger geglip – ek het soveel gewig verloor.”

“Ek sal onmiddellik vir jou ’n ander een koop, Wilma.” belowe hy oorhaastig.

“Ek vlieg Vrydag Swakopmund toe: my ma verjaar Saterdag. Jy wil nie dalk saamgaan nie?”

“Ek sou graag, maar ek het ’n belangrike saak volgende week, waarvoor ek moet voorberei.”

Donderdag oggend hou Wilma en Sylvia tegelykertyd voor die kantore stil.

“Hoe gaan dit, Sylvia?” vra Wilma vriendelik.“Goed, dankie, Wilma – nóú dat alles verby is! En

Page 197: Alleen in Plekke

Beste Vriendinne

187

dis goeie raad vir enige vrou wat wil skei: moet nie die helfte vat nie, vat alles! En hoe gaan dit met jou?”

“Baie goed! Ek vlieg môre Swakopmund toe – my ma verjaar. Jy’s welkom om saam te gaan, Sylvia,” nooi Wilma.

“Dit sou lekker gewees het, want daar is juis iets wat ek jou móét vertel – maar my ma het my so te sê beveel om huistoe te kom; wil seker maak dat dit goed gaan met my ná die egskeiding!”

“Waarom vertel jy my nie sommer nou wat jy op die hart het nie, Sylvia. Dis nog net ons hier.”

“Wel, jou beste vriendin is besig om jou in die rug te steek. Ons woon in dieselfde woonstelblok en ek het nou al vir Herman driekeer uit haar woonstel sien kom.

Gisteraand het ek speurder gespeel om doodseker te maak.”

Nog motors hou stil. “Dankie, vir die inligting, Sylvia.”

“Wat het jy toe by Sylvia uitgevind, Tina?” vra Wilma, die volgende dag toe hulle sit en tee drink op die gewone plek.

“Wat het jy verwag? Sy was woedend. En dit nadat Herman haar belowe het om met haar te trou, sodra julle geskei is!

En hoe kan ek – jou beste vriendin, jou só in die rug steek?” wou sy van my weet.

“En toe, Tina?”“Ek het in trane uitgebars en haar hand en mond

Page 198: Alleen in Plekke

188

Alleen in Plekke

belowe dat ek hom nooit weer sal sien nie.”“Het jy haar oortuig van jou belofte? En dink jy dis

waar dat sy sonder ’n sent sit?”“Ja, van die belofte het ek haar oortuig – maar ek

sit ook maar sonder ’n sent, en Herman is ’n goeie vangs, en ek wens haar alle sukses toe, het ek haar getroos.”

“Ek skuld jou, vriendin! Jy het jou roeping gemis – jy moes die aktrise gewees het! Net tussen ons gesê: sy is nie juis gepla met higiëne nie – toe Herman my gisteraand soen, met permissie gesê, toe ruik sy hare...”

“Sies, Wilma!” Tina vlieg op, haar gesig bloedrooi. Sy kyk om hulle rond. “En dit op ’n openbare plek...!”

“Ek is jammer, Tina – ek het gedink dit sal ’n goeie grap ten koste van haar wees. Ek het nie gedink jy is so sensitief nie! Ek moes van beter geweet het!”

“Toemaar, dit was mos eintlik net ’n speletjie. Maar hoe sal ek en Sylvia mekaar in die oë kan kyk in die kantoor?”

“Volgens haar het jy hom mos prysgegee – sy sal jou ewig dankbaar wees. Een van die dae sit sy met ’n skatryk man!”

“Gaan jy hom skei, Wilma?” vra Tina net té verbaas.

“Ja, wat, Tina, gisteraand toe ek sy hare...”“Jy het nodig om dit te herhaal nie, Wilma – hou

lekker vakansie!”“Dankie, vriendin, in ’n duisend...!”

Page 199: Alleen in Plekke

Beste Vriendinne

189

Wilma laat drie duplikate van hulle huis maak. Sy gaan sien ’n privaat speurder, vat hom na hulle huis toe en verduidelik wat sy gedoen wil hê.

Sy beklemtoon foto’s en vra verwysings. Hy gee haar tien verwysings, wat haar gerusstel. Sy wil nie iemand hê wat haar en Herman teen mekaar afspeel nie!

Sy gee hom haar telefoonnommer en boek by ’n hotel in. Haar ouers weet al wat sy beplan en sal haar bel, weet sy.

Later na ’n stortbad – dit voel asof sy nie skoon genoeg kan kom nie – bel sy Herman en verduidelik dat sy sommer met haar motor gaan ry – sy het vergeet: die vliegtuig moes al ’n diens gehad het, voor sy weer kan vlieg.

Maar met al die drama van die laaste tyd, het dit haar skoon ontgaan. Sy kan die verligting in sy stem hoor toe hy groet.

Wilma begin die verwysingsnommers wat sy by die speurder gekry het, sistematies bel. Na die sesde oproep, stop sy.

Almal besing sy lof. Tevrede dat hy betroubaar is, bel sy hom en sê dat hy sommer dieselfde aand al kan begin.

Hy moet ’n fotograaf voor die ingang na die huis toe plaas om almal wat in en uitgaan te fotografeer. En haar onmiddellik bel as daar aksie is – sy wil graag self ’n paar foto’s neem!

Wilma sit haar kamera, motorsleutels en huissleutels

Page 200: Alleen in Plekke

190

Alleen in Plekke

byderhand en gaan lê sommer met haar klere aan. Die telefoon lui nog, toe hardloop sy al.

Sy trek agter hulle huis in en hardloop teen die trappe op na hulle slaapkamer.

Die speurder keer haar voor. “Daar is twee blonds in – luister!” Wilma hoor vrouens lag, een definitief Tina.

Dan is daar nog vrouestemme en ’n mansstem. ’n Orgie – en dit in my huis! dink sy woedend.

“Dwelms...” fluister die speurder. Sy trek haar asem hoorbaar in – dis soos ’n klap deur haar gesig.

Hoeveel maal het sy gasvrou gespeel waar gaste dwelms gebruik het. Ook nie ’n wonder dat hulle partytjies so gewild was nie – vir ’n sekere kliek – altyd Herman se vriende!

Die speurder raak aan haar arm. “Nou...” fluister hy en stamp die deur oop. Sy sien net flitse van kameras. Daar het nog ’n fotograaf bygekom. Dit is ’n wriemelende massa van kaal liggame op die bed – op hulle bed!

Sy moet so gou as moontlik hier uitkom, besef Wilma – voordat sy ook op kamera vasgevang word.

Sy bel die polisie anoniem – en vlug terug hotel toe. Sy wil nie daar gesien wees nie – sy weet sy sal nooit weer in daardie huis woon nie.

En Herman gaan kaal uitstap – soos sy hom gekry het. Soos haar ouers haar destyds gewaarsku het – hy het net met haar getrou oor haar geld! Die geld wat vir hom baie deure oopgemaak het – selfs na dwelms

Page 201: Alleen in Plekke

Beste Vriendinne

191

toe! En Sylvia was nie daar nie – ’n vriendin duisend.

Dit was skaars lig toe styg sy op en vlieg na haar ouers toe.

Wilma weet daar sal sy weer skoon voel, en rus en vrede kry. En dit is al wat sy nou nodig het.

Page 202: Alleen in Plekke

192

Hier om en by die einde van die 1940’s kom stap ’n vreemdeling met net ’n kitaar oor sy skouer,

ons kontrei binne.“Wat ’n beeld van ’n man,” sê Ouma en haal haar

snuifblik uit haar voorskootsak.“Dis soos, Moeder sê – hy sal enige vrou se bene

laat lam word!” sê Ma.Hulle kyk vir mekaar en lag.“Wonder waarom hy so los rondloop, sonder kind

of kraai.” My ma se hande beweeg al vinniger in die knie-skottel.

Ek hoor wat hulle sê, maar dit lyk nie of hulle my raaksien nie. Want dan sou ouma al lankal gesê het: “Kleine muisies, grote ore.”

“Net één ding,” sê Ouma. “Liefde! Hy het dit verloor of hy soek daarna! Party mense soek hulle lewe lank.”

“Dis soos Moeder sê – party mense soek hulle lewe lank.” My ma knie nog vinniger. Dit lyk of sy met deeg baklei.

“Liewer een nag van hartstog, as ’n lewe van berou,” het ek eenmaal gelees,” sê Ouma “En dit geld veral vir ’n vrou – vernaamlik as sy ongelukkig is.”

Wie wonder ek is ongelukkig? Is dit ouma of ma? Hulle het tog altwee mans vir wie hulle lief is. Waarom

Danny Boy

Page 203: Alleen in Plekke

Danny Boy

193

is hulle dan ongelukkig. Ek wil vra, maar dan weet ek hulle sal my uitstuur om te gaan speel.

“En het Moeder al ooit spyt gehad?” lag Ma.“Nog nooit – ek het dan vir jou!” lag Ouma saam.Ek kyk hoe Ma vinnig die deeg in brode vorm en

in die gesmeerde panne sit. Sy gooi ’n wit melkdoek daaroor, want dit moet eers rys voor dit oond toe gaan.

Ek stook die Dover stoof met nog hout, gooi groen koffiepitte in ’n ysterpot, met so na skatting ’n bietjie skaapvet en suiker en begin roer dit met ’n houtlepel. Eenkant op die stoof staan ’n pot mieliepap en prut.

Ma gaan sit langs ouma. “Ag, ja, ou wêreld!” sug Ouma en vee trane uit haar oë. Ek weet nie of dit van die lag is, of van hartseer nie.

Skielik word dit half donker in die huis. Dis Pa en Oupa wat inkom – en agter hulle die man met die kitaar.

Ek sien hoe Ma en Ouma hulle hare regvee. “Net betyds vir ’n lekker bord mieliepap.” Ma begin ook dadelik drie diepborde ophoop met pap, sit ’n melkbeker room en die pot bruinsuiker op die tafel.

“Sê, neef, hoe voer jy nou weer die van? Ek bly vergeet,” vra Ouma.

“Almal noem my sommer Danny, Ouma, maar my naam is Daniël Patrick – ek is ’n Ier,” antwoord die lang, donker man en kyk na my ma asof sy die vraag gevra het.

“En wat het jou Suidwes-toe laat kom, Danny?”

Page 204: Alleen in Plekke

194

Alleen in Plekke

vra Ma. “Het jy nie familie nie?”“Nie meer nie; hoe sê julle Boere: “Die wapad is

my woning, en die skilpad is my koning!”“Wragtig, Neef, as jy daardie rympie al ken, is jy ’n

Suidwester,” lag Pa.Ma raak besig in die kombuis. Sy steek die brood in

die oond, begin afdek en aan haar manier van raakvat, weet ek sommer hier kom ’n ding.

Ouma sit en hekel aan ’n tafeldoek. Sy en my ma se hande is altyd besig. Ledigheid is die duiwel se oorkussing – is soveel keer in ons huis herhaal, dat ek altyd sonder ’n kussing slaap.

“Die koffie skroei, Lena!” sê Ouma. Ek trek die pot eenkant toe.

Die mans sit nog houtgerus om die kombuistafel en pyp stop. Het hulle nog nie gesien ons het die tafel nodig nie?

Ma het al die tafeldoek onder hulle arms uitgetrek, die koffiemeul aan een kant vasgeskroef en hulle sit nóg!

Ma sit haar hande in haar sye, ’n vadoek in een hand en gaan staan langs die tafel. Sy sê niks – dit kom nog, weet ek. Danny is die eerste een wat agterkom die atmosfeer het verander. Hy spring op en die lendelam stoel val om. Hy pluk dit skuldig op.

“Stefaans,” sê Ma vir Pa, “my wasgoed hang al op die draad, die huis is aan die kant, die brood in die oond, die koffie klaar gebrand en brekfis bedien! Wat het jý al vanoggend gedoen?”

Page 205: Alleen in Plekke

Danny Boy

195

“Ja, en jy Migal?” kom Ouma vir Oupa by.“Hoesê?” vra Oupa en hou sy hand agter sy oor.

As Ouma met hom praat, hou hy hom doof.“Ek het jou al laas week gevra om my ander paar

skoene te versool!”skree Ouma.Danny begin stadig deur se kant toe beweeg.

“Stop net daar Dannyboy!”sê Ma vir hom. “Stefaans jy en Danny gaan vandag hierdie ses lendelam kombuisstoele stewig maak – dra uit!

Jy kan tog seker iets anders ook doen, behalwe kitaar speel?” vra sy vir Danny, waarop hy twee stoele gryp en agter Pa aanvlug.

“My skoene, Migal!” skree ouma agterna, maar oupa stap net uit.

Danny kom in om die laaste twee stoele te haal en ek hoor hoe hy sag vir Ma sê: “Jy is darem mooi, as jy kwaad is.”

Ma is besig om die strykkombers oor die tafel te gooi – sy bloos bloedrooi.

Dit moet seker die eerste keer wees wat ’n man dit vir haar gesê het. Sy kyk vinnig van Ouma na my, maar ons maak of ons niks gehoor het nie. Ek het nog nooit gehoor dat Pa dit vir Ma sê nie – maar hulle is ook al so oud!

En Ma is mooi – met haar swart hare en blou oë. Net soos Danny s’n, dink ek en voel meteens hartseer.

“Ag, ja, ou wêreld,” sug Ouma weer. “Dit is maar ’n harde lewe vir ’n vrou op hierdie aardbodem van ons!” Sy rol haar hekelwerk op.

Page 206: Alleen in Plekke

196

Alleen in Plekke

“Die geheim is om die bietjie geluk wat dalk oor jou pad gestuur word, met altwee hande te gryp – vir troos vir jou oudag!” Sy staan stadig op.

“Ek sal seker maar vir Migal moet gaan wys waar die ysterleus is. Hy is so vol kwinte en kwale as dit by werk kom.”

“Lena, jy kan nou maar jou perd gaan opsaal – ek laat jou té veel werk.”

“Dankie, Ma!” Maar Ma huil, sien ek, toe ek uitstap – ek was nog nooit só bang nie. Eers wil ek teruggaan, maar dan weet ek sy wil alleen wees; daarom het sy my uitgestuur. En daarom het Ouma ook geloop.

Die dag is myne; Ma gaan my nie weer maklik in die hande kry vir werk nie! Ek saal ou Kolbooi op en jaag by Pa en Danny verby dat die stof oor hulle dwarrel – ek is kwaad vir hulle; waarom weet ek nie.

Weg van die huis ry ek net op ’n draf al met die voetpaadjie langs. Teen ’n rantjie tussen digte bosse is my boshuis.

Daar is ’n ou mat oor die grond gegooi, ek het vir my ’n tafel van ’n plank en twee klippe gemaak. My stoel is ook ’n groot plat klip. My deur is ’n los tak wat ek in die opening sit.

Ek hoor die sagte gedrup van die water wat uit die fonteintjie op die rant oor die klippe ondertoe loop, waar dit ’n poel maak.

Hier kan ek die voëls dophou as hulle kom water drink. Soms het ek al steenbokkies en duikers ook gesien. En eenmaal ’n vlakvark.

Page 207: Alleen in Plekke

Danny Boy

197

Om die poel is kweekgras wat altyd groen bly – ook in die winter. Vir Kolbooi het ek afgesaal om te gaan wei. Ek gaan maak my beker teen die rant, waar die water uitborrel, vol – dis koud en soet soos reënwater.

Van daar af kan ek tot by ons huis sien. Die stoele is seker klaar, want Pa ry met sy perd, geweer oor sy skouer, die veld.

Danny stap weg met sy kitaar oor sy skouer. Ek is bly. Ek wens hy wil nooit weer by ons kom nie – hy laat Ma huil!

Maar dan sien ek hoe hy van die pad afdraai en reguit na die rantjie-toe aangestap kom. Ek hardloop vinnig terug na my boshuis. Ek is bang vir hom.

Ek sit die los tak voor my deur – niemand kan my daar sien nie. Deur die takke sien ek hom nader kom en hy speel nou op die kitaar en sing.

Hy gaan sit op die groen kweek, sit die kitaar langs hom neer en sit sy hande voor sy gesig. Sy skouers ruk. Hy huil, dink ek verbaas - en voel hoe trane oor my wange loop.

Ek het nog nooit ’n man sien huil nie – Pa het nie eers gehuil toe my boetie dood is nie!

Later vee hy sy trane af en begin weer sing en speel. Dis sulke hartseer liedjies dat ek aanhou huil. Skielik stop hy, spring op en begin hardloop.

Dan sien ek Ma en sy hardloop in sy arms in. Hulle soen en soen mekaar en ek huil en huil.

Deur my trane sien ek hoe hulle op die gras kom

Page 208: Alleen in Plekke

198

Alleen in Plekke

sit. Hy begin weer speel en sing – en Ma sing saam. En dis so mooi dat ek wens dit hou vir altyd en altyd aan. Later stop hulle, Danny vat Ma se hand en hulle stap weg – om die rant.

En ek hardloop uit, reguit huistoe. Kolbooi sal self huistoe kom en die saal en toom is in my boshuis. Op die werf is niemand nie.

In die kombuis lê die bondel wasgoed nog ongestryk. Ek gooi nuwe kole in die strykyster en gaan swaai dit buite heen en weer sodat die kole begin gloei.

Later sit ek kos op die stoof, en stryk die laaste klere. Ouma stap in met haar hekelwerk.

“Danny het weer pad gevat,” sê sy, “en jou Ma het gekla van hoofpyn en ’n bietjie gaan rus. Jy kan later vir haar ’n koppie tee vat, Lena.”

“Ja, Ouma,” sê ek en bars in trane uit. “Kom hier, my kind, kom sit ’n bietjie op Ouma se skoot. Sy druk my kop teen haar bors en begin my wieg soos toe ek nog klein was.

“Toemaar, wát dit ookal is, dit raak met die tyd beter. Ons vroumense moet af en toe huil om die pyn in ons harte ligter te maak.”

“Waar’s Pa, Ouma?”“Hy’t gaan jag – hy sê hier is weer ’n wildehond;

het glo ’n koei wat kalf sommer van agteraf begin opvreet.”

Oupa kom in en Ouma gooi vir hulle koffie in. “Ja, ’n man moet van dit wat sy lewe versuur

Page 209: Alleen in Plekke

Danny Boy

199

ontslae raak – en skiet is die enigste wat werk – al het dit ook net twee bene!” sê oupa en slurp aan sy koffie.

Ek skrik. “Het Oupa al ’n mens geskiet? Of het Pa?”

“Jou Oupa praat onsin, Lena! Dit sit nie in hulle broeke nie – meer bek as binnegoed – as jy my vra!” sê sy en staan op.

“Kom ons gaan stap ’n entjie, Migal; dis so ’n mooi dag!” sê Ouma,” en druk my weer teen haar vas; sy ruik na wilde viooltjies.

Ek kyk na Oupa; hy is ’n lelike ou vet man, met ’n boepens. Ek gril. Ouma staan langs hom en al is haar hare grys, is sy nog mooi – met haar blou oë, net soos Ma s’n.

Sy moes net soos Ma gelyk het toe sy jonk was. Waarom het hulle met twee sulke ou lelike mans getrou? Pa lyk net soos Oupa.

My hande bewe op die vensterbank. Ek wag vir Ma om huis-toe te kom. Ek skrik toe ek haar sien. Haar rok se een mou is afgeskeur, haar swart hare hang oor haar gesig en sy loop en huil.

Ek hardloop vinnig na my kamer toe – sy moet nie weet ek het haar gesien nie. Sy gaan by haar kamer in en later hoor ek haar in die badkamer.

Die kos op die stoof kan brand, daarom móét ek terug kombuis toe. Ek wil liewer onder die bed wegkruip; die vakansie is niks meer lekker nie.

“My fluks dogter,” sê Ma toe sy instap en sy druk my so styf vas dat ek seerkry. Sy weet dat ék weet,

Page 210: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

200

dink ek - en ek is bly! Haar oë is rooigehuil. “Toemaar, Ma,” troos ek en streel haar hare. “Ek

het só ’n mooi ma en ouma! Waarom het julle met sulke lelike mans getrou?”

Ma bars uit van die lag. En sy lag en lag totdat sy weer huil. “Moenie huil nie Ma; Ouma en Oupa sal nou hier wees! En Pa!” Ek droog haar trane af.

Dis al donker toe Pa by die huis kom. “Het jy toe die wildehond gekry, Stefaans?” vra Oupa.

“Ja, Pa, en die vreksel geskiet; hy sal nie weer gou by my koeie lol nie!”

Die ander dag vroegoggend is ek by my boshuis. Ek begin soek na Kolbooi – ek sal nooit die saal huistoe kan dra nie.

By die poel is net ’n paar Namakwaduiwe – ek weet ek sal nooit weer vir Ma en Danny daar sien sit en sing nie.

“Kolbooi!” roep ek en vee my trane aan my mou af. “Kolbooi!” Ek hoor hom runnik.

Maar iets blink in die gras – voor ek daar is weet ek wat dit sal wees – Danny se kitaar. Ek tel dit versigtig op; asof dit iets heiligs is.

Asof in ’n droom stap ek met die voetpad terug huis toe, sy kitaar styf teen my lyf vasgedruk.

“Dannyboy, the pipes, the pipes are calling...” hoor ek hulle sing langs die poel. En niks sal ooit weer só mooi wees nie!

Page 211: Alleen in Plekke

201

Iewers in die suide van die land woon ’n egpaar op ’n plaas. Hulle is boere. Alledaags, sal jy sê. Die

meeste inwoners van die land is boere. Wat dit egter nie alledaags maak nie, is die feit dat

die man, ou Skeel Hans, sy vrou se pa is. By sy oudste dogter, na sy vrou se dood, het hy nog vier kinders.

Almal in die distrik weet dit, maar dit word onder die maat gevee. Dit was nie te sê dat dit goedgekeur is nie, maar jy meng nie in ander se sake in nie, is geglo. Elke huis het sy kruis, nie waar nie?

Soos almal weet, is die lewe nie stagnant nie. Ook nie in dié groot uitgestrekte land, met sy klein bevolking en veeleisende klimaat nie en lang afstande nie.

So kom daar, dit was so in die koers van die veertiger jare, ’n weduwee die land binne met ’n opgeskote dogter en letterlik sakke vol geld.

Sy koop ’n paar sukkelaars se grond vir ’n appel en ’n ui en nie lank nie toe boer sy die stof in die stoepsitter-boere se oë.

Maar soos dit met die mansgeslag gaan, dink hulle sy het ’n man nodig om haar geluk te vervolmaak. Of net as noodsaaklike afleiding.

Die jag was oop, so meen hulle, en kom bied

Familiebande

Page 212: Alleen in Plekke

202

Alleen in Plekke

ongevraagde raat aan wat sy in die wind slaan. Sy haat mans, is daar gekla. Sy is baie kieskeurig, sê die vrouens en ontspan.

’n Vrou wat duidelik kennis het van mans en hulle belaglike aannames. Dis duidelik dat sy die wêreld en sy ongeregtighede ken. Wonder hoe sy vaar met haar buurman.

Want Ariadne het ou Skeel Hans vir ’n buurman. Ook nie lank nie toe ken sy die opset. Haar dogter, Reyn, is dieselfde portuur as twee van ou Skeel Hans se dogters.

Dié twee boer by Reyn en Ariadne wat so interessant oor ander lande, modes, boeke, rolprente en filmsterre kan gesels.

“Weet ma hulle het nog ’n suster en ’n broer, maar, foeitog die broer is doofstom en die sussie is mal en word in ’n kamer toegesluit. Ons hoor haar partykeer skreeu!”

Nie lank nie toe nooi Ariadne die hele familie oor vir ete. Skeel Hans is opgewonde, want hy wou graag die mooi weduwee ontmoet.

Anna, sy vrou/dogter is nie té ingenome met die plan nie. Sy is verwaarloos en lyk net so oud soos haar pa/ man. Maar die dogters praat haar om.

Ariadne verwelkom hulle op haar gulhartige manier en nie lank nie toe het sy Anna op haar gemak gestel. Sy vertel vermaaklike stories uit haar dae as model en laat Anna skaterlag.

Page 213: Alleen in Plekke

Familiebande

203

Die meisiekinders bedien versnaperings en bly vrae vra oor die modewêrld.

“Kom sit op my skoot, Rina,” sê ou Skeel Hans vir sy oudste dogter/kleindogter, toe sy verbystap.

Ariadne sien hoe Anna iets vir Rina wys – ’n afwerende gebaar. Die dogter huiwer. O, dis soos die wind waai! dink Ariadne. Dis hoogtyd dat Skeel Hans se draad geknip moet word.

“Is sy nie al ’n bietjie groot vir skootsit nie?” vra sy.“Ag, nee, ’n pa kan nooit sy dogters genoeg troetel

nie!” sê hy.“O, ja, hy kan,” sê Anna onverwags. “Kyk vir my.”

Daar volg ’n doodse stilte. Ariadne staar na ou Skeel Hans totdat hy sy kop laat sak. Anna sit bleek en bewend op haar stoel.

“Die Here weet,” sê sy net. “Die Here weet...”“Kom ons gaan swem!” skree Reyn en hulle

hardloop die huis in om swemklere te kry. Anna staan op en gaan sit langs Ariadne. “Is jou

man dood?” vra sy.“Ja,” antwoord Ariadne. Hy het op ’n onverklaarbare

wyse verdrink. Die dokter, ’n huisvriend van ons het die doodsertifikaat só uitgereik.

My eie opinie is dat hy selfmoord gepleeg het, die arme man. Hy het kinds geraak en my en Reyn begin verwar met mekaar.

Sien hy het elke aand gaan stap om kaart te gaan speel by ’n vriend van hom – maar ek het geweet dat

Page 214: Alleen in Plekke

204

Alleen in Plekke

hy na ’n vrou toe gaan – het dit in sy hare geruik, met permissie gesê.”

“Sies, so ’n vark!” sê Anna met gevoel.“Wel, ons mans is nou maar eenmaal so!” sê Skeel

Hans. “Niks wat jy daaraan kan doen nie. Dis maar ’n streep in ons en...”

“Sies, pa!” sê Anna.“Streep is die regte woord, Hans! Ek sien jou glas

is leeg - nog ’n drankie?”“Net wat ek nodig het, dankie, Ariadne.”“Ek gaan haal net. Verskoon my – hierdie bottel

is leeg.”Sy kom plaas ’n vol glas wyn voor hom. “Ek sien

daar’s ’n groot ouderdomsverskil tussen julle – hoe het julle ontmoet? Ander mense se romanses interesseer my só!”

Hans ledig sy glas in een asem. “Sal ons nie ook gaan swem nie – hoor net hoe baljaar die meisiekinders daar.”

“Ek kan nie swem nie!” protesteer Anna.“Ek swem soos ’n vis!” spog hy.“Toemaar, Anna, jy kan net aan die vlak kant bly.

En ek het vir julle swemklere,” bied Ariadne aan. Na ’n paar minute is hulle ook in die swembad.

Hans spring by die diep kant in en die meisies klim uit – hulle gaan musiek luister, skree hulle.

Ariadne bly eers by Anna om gesellig te wees. Hulle begin gesels.

Page 215: Alleen in Plekke

Familiebande

205

“Kom, Ariadne!” roep Hans.“Ek is nou daar! Maar jy kry mos koud, Anna - jou

arme ding. Gaan solank in. Ek het ook nie baie lus vir swem nie, maar ek het belowe. Gaan luister musiek saam met ons dogters.”

Later stap Ariadne alleen in. “Ek kry nie vir Hans uit die swembad nie – hy sê hy sal sy lewe gee om net te kan swem.

Kom ons gaan drink ’n glasie wyn – die lug het ’n knyp in hom.”

“Hans bly darem lank in die water,” sê Anna en bars uit van die lag.

“En nou, Anna?”“Ek dink nou net: hy het jou oorlede man se

swembroek aan!”“Ag, laat hy homself geniet – die koue sal hom

aanstons injaag.”“Dink jy so? Lateraan voel ’n mens mos nie meer

die koue nie – dis net soos pyn – jy raak gewoond daaraan!”

Die meisies stap later in. “Waar’s pa?” vra een.“Hy swem nog; gaan roep hom, ons moet nou

huistoe gaan,” sê Anna.“Pa is nie meer in die swembad nie!” rapporteer

die meisies.“Miskien het hy gaan stap – gaan luister maar vêrder

musiek – ek sal julle roep wanneer hy terugkom,” sê hulle ma/suster.

Page 216: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

206

“Die lewe is snaaks,” filosofeer Ariadne, “hoe meer dinge verander, soos die mens dink, hoe meer bly dit dieselfde!”

“Ja,” sê Anna, “ dat my pa nou juis vanáánd moes gaan stap!”

Page 217: Alleen in Plekke

207

Vir hierdie storie kan ek nie ma staan nie – dit het jare voor ek gebore is, gebeur. Dit is van mond

tot mond oorgedra en hoeveel stertjies dit bygekry het, of wat weggelaat of verdraai is, kan ’n mens maar net gis.

Ewentwil, op ryk Flip Plessies se plaas, in die ooste van Suidwes, het ene Katriena gewoon. Die plaas het eers aan haar en haar man, Ben, behoort.

Eendag het hy sy perd opgesaal, sy Mauser oor sy skouer gehang en vir Katriena gesê hy gaan jag.

Teen laat middag toe hy nog nie terug was nie, het sy spoor gesny, maar kon hom nie kry nie. Die donker het haar oorval en sy moes in die veld slaap.

Dagbreek het sy voet geslaan huistoe. Met ’n briefie het sy ’n kleinjong na hulle naaste buurman gestuur.

En so is ’n soektog op tou gesit. Dis ruie wêreld daardie; eers toe hulle aasvoëls sien draai, het hulle die lyk gekry. Die Mauser het langs hom gelê; dit was ’n kopskoot en die wildehonde het die nag hulle werk gedoen.

Vir die soekgeselskap was dit duidelik dat dit selfmoord was – só het hulle dit ook aangemeld by die polisie toe dié op kamele, hulle driemaandelikse rondte, by die plase doen.

Katriena was ontroosbaar. En of dit nie genoeg

Helmets

Page 218: Alleen in Plekke

208

Alleen in Plekke

smart was nie, verdwyn haar Herero-voorman! En sy vrou en hulle pasgebore kind, word dood in hulle pondok gekry.

Die kind was wit het die stories geloop; wat nie snaaks was nie – het maar net teruggeslaan na sy wit oupa aan moederskant.

Ook nie lank nie toe boer Katriena uit en ryk Flip Plessis koop die plaas en gee vir Katriena blyreg tot haar dood. Almal het geweet dat Katriena met die helmet gebore was en sy onheil, siekte en dood kon vooruitsien.

Op Ben se begrafnis het sy al vertel hoe daar elke dag ’n groot, swart voël met wye vlerke en ’n rooi bek oor die plaas gevlieg het – die swart was vir dood wat op pad was, en die rooi bek – vir al die bloed van arme Ben!

Ná al die rampe wat haar getref het, begin die bygelowiges haar besoek – hulle wil weet watter smart vir hulle voorlê? En om darem ook ’n pennie te verdien laat betaal sy die swartes ’n tiekie vir ’n besoek en die wittes ’n sjieling.

Ook nie lank nie toe ontstaan daar ’n netwerk van spioenasie tussen die vrouens en die mans begin katvoet loop. Jong meide kry nie meer werk by die wit miesies nie; hulle middeljarige ma’s kry die werk.

En húlle het ’n neus gehad on die onnoembare uit te snuffel. Húlle mans moes sorg dat die dogters help werk op die plaas en ’n pennie verdien en nie heeldag rondloop vir kwaadgeld nie. Die kwaadgeld was ook

Page 219: Alleen in Plekke

Helmets

209

maar nooit meer as ’n paar pennies nie!Die vrouens het al breër begin glimlag; hulle

mans het nie meer so baie gekla oor seer rüe nie; af en toe het iemand nog oorweeg om oor die draad te spring, maar Katriena se netwerk het dit vroegtydig uitgesnuffel en gestop.

Met subtiele verwysings na wyle Ben – mag hy in vrede rus – en die onverklaarbare heengaan van ’n moeder en haar onskuldige kindjie, het sy sake onder kontrole gehou. En haar voorbodes oor sterftes en rampe het afgeneem – almal het in harmonie saamgeleef.

Katriena en Rina Plessies, Flip se vrou, het goeie vriendinne geword, want Rina het stories geskryf en Katriena, met haar wye kennis van die lewe het, haar nuwe stof gegee om oor te skryf.

So het Ai Kaatjie wat by Rina gewerk het ook eendag oorgestap met haar tiekie om te gaan uitvind wat gaan vir wat.

En sy het uitgevind! “Dankie, vir die drinkgoed, Mies Katriena,” het sy gegroet. “Maar Mies weet, ek is nou glo net met ’n halwe helmet gebore, maar die laaste paar mane sien ek ook hierdie groot, swart voël met die groot bek – maar uit sy bek kom vuur! Ek wou dit net van my hart afkry!

Sien, Mies Rina is mos innie anner tyd en sy en baas Flip is só bly – glad vir haar ’n goue armband gekoop; moes baie ponde gekos het.

En as daar met Mies Rina iets verkeerd loop, sal

Page 220: Alleen in Plekke

210

Alleen in Plekke

hulle met Kaatjie Grootboom te doen kry – want vir ’n witmens het sy ’n goeie hart! Ek het maar net kom sê van die voël!

En nou moet ek vinnig huistoe. Miss Rina kan my nodig kry!” Kaatjie was haastig, want sy het slegte nuus gehad vir haar miesies.

“Mies Rina, ek het toe ook maar my tiekie vir Mies Katriena gaan gee om te hoor. En sy’s boepens...”

Rina bars uit van die lag. “Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond...”

“Dit kan mies weer sê!”Sy begin vêrder skryf. Dan tik, tik sy met die pen

op die tafel. “Wie kan die pa wees, dink jy, Ai Kaatjie? Al haar werksmense is swart...”

“Ja, hulle is Mies Rina? Ek dink nou maar net aan die windpomp werkery... Die ding bly mos stukkend en dan moet baas Flip gaan pype trek...”

“Bring vir my ’n lepel brandewyn in yswater, Ai Kaatjie. So ’n vuilgoed!” Sy sluk die brandewyn af. “En wat maak ’n mens met vuilgoed, Ai Kaatjie?”

“Begrawe of verbrand dit, Mies Rina.Die namiddag ry Rina, soos ’n goeie buurvrou

doen, oor om by Katriena te kuier. Ai Kaatjie moet saam om te help met die duiseligheid wat Rina soms kry.

Sy verwelkom Rina hartlik. “Kom soek jy weer ’n storie? Ek het nog baie!”

“Nee, vandag het ek eintlik gekom om vir jou ’n storie voor te lees – een wat jy gou sal vergeet – dis

Page 221: Alleen in Plekke

Helmets

211

van so min belang!”“Ek gaan maak net eers vir ons tee,” sê Katriena.“Ek sien jy verwag ook – tee is net die regte ding

vir ons – met ’n bietjie suurlemoen. Ons stap sommer saam,” sê Rina en haak by haar in.

“Wie is die gelukkige pa, Katriena?”Die son het laag gesit toe hulle terugstap huistoe.

Rina het vir Katriena haar storie voorgelees – sy het niks gesê nie; dus het sy waarskynlik nie baie daarvan gehou nie!

Rina was pas by die huis toe Flip ook terug is van die dorp. Hy doen altyd sommer Katriena se inkopies ook.

“Ek dink jy moet maar Katriena se goedjies vat – sy het juis namiddag toe ek en Ai Kaatjie daar was, gepraat oor die goue armband wat jy vir haar gaan koop het, net so een soos myne – dis blykbaar wat die pa doen as ’n vrou verwag!

En troos maar so ’n bietjie, as sy nog troos nodig het. Ek en Ai Kaatjie het haar darem redelik onder bedaring gebring, sou ek sê. Ek gaan maar inkruip – en gebruik jou tyd – ek verwag jou nie voor môre nie. Totsiens, Flip.

En daardie nag brand Katriena sy huis tot op die grond af – met alles wat daarin is – behalwe die goue armband. Niemand het dit ooit gaan optel nie – dit dwaal daar, is gefluister.

“Die arme, Katriena,” het die mense gesug. “Sy kon nooit Ben se dood vergeet nie – dit het haar

Page 222: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

212

agtervolg soos haar gewete. En die arme, Flip, wat ’n heldedood gesterf het,

terwyl hy gesukkel het om die riem om Katriena se nek los te kry, waar sy aan ’n balk gehang het; hy kon tog nie sy eie bloed verraai nie.

Op die begrafnis het Ai Kaatjie vertel van die groot, swart voël wat sy die laaste paar mane oor die plaas sien hang het met vuur wat hy uit sy bek spuug. Sy is mos ook met die halwe helmet gebore!

Page 223: Alleen in Plekke

213

Karolien skrik toe haar telefoon vroeg een Saterdagoggend lui. Dit was ’n slapelose nag ná

die vorige aand se skermutseling tussen haar en Buks, ‘die loseerder.’

Ná vyf jaar kan hulle nog nie hulle probleme sonder onder-onsies oplos nie.

Haar ma, onbewus van die verhouding tussen haar dogter en die se loseerder, sê sy verstaan nie waarom Karolien onderhandel met ’n loseerder nie.

Sy wat Karolien is, behoort net haar voet neer te sit, kort en klaar. Skop hom uit, is haar ma se raad!

Dis mos nie dat Karolien geld nodig het nie, haar pa het tog genoeg aan haar bemaak!

Karolien het haar ma se raad gevolg en Buks na ’n hewige argument, die deur gewys. Maar na hy weer mooi gepraat het, het sy geswig.

Dis skaars vyf-uur, maar al lig, toe die telefoon lui. Dit kan net slegte nuus wees, dink sy. Sy verwag altyd slegte nuus, sê Nora, haar vriendin altyd. En word selde teleurgestel.

Gelukkig slaap Buks nog, dink sy dankbaar. Sy sluip geruisloos die gang af en maak die kantoordeur agter haar toe.

Hy en sy vriend, hulle buurman, Sarel en Nora se man, het laat die vorige aand teruggekeer van

Kookpunt

Page 224: Alleen in Plekke

214

Alleen in Plekke

een van hulle periodieke jagtogte iewers in Angola, Mosambiek of Namibië. Of in al drie.

Nie dat daar ooit noemenswaardige tekens van sukses is nie. Die vrieskas, wat met groot vertoon voor elke jagtog op die bakkie gelaai word, kom sonder vleis terug.

Soms met hulle geweers en ammunisie daarin, asof dit dien as wegsteekplek teen nuuskierige oë.

Meer as een keer het dit voorgekom asof hulle voorvlugtiges was, afgeransel deur iets of iemand langs die pad.

Karolien en Nora en bespiegel soms oor hulle mans se vreemde optrede.

“Kompleet asof die duiwel agter hulle is,” sê Nora.“Ja, dit lyk altyd of vlug vir iemand of iets,”

antwoord sy dan.Dan sê Nora: “Skuldige gewetes as jy my vra. Maar

ek is reg vir hulle, wag maar! Slim vang sy baas!” Sy weet nie presies wat Nora bedoel nie, maar sy

vra liewer nie. Nora sê altyd hulle twee het ’n goeie verstandhouding: Sy wat Nora is het die verstand en sy het Karolien die houding.

Daarom moet Nora maar uitvind waarmee hulle mans besig is. Syself sal net koel en kalm probeer wees. Nie dat dit maklik is met ’n man soos Buks nie.

Sy skrik wawyd wakker toe sy Nora se stem aan die anderkant hoor.

“Nou het ons hulle net waar ons hulle wil hê! Ons mans! Hulle smokkel met diamante. Hierdie periodieke

Page 225: Alleen in Plekke

Kookpunt

215

“jagtogte” waarop hulle gaan, is om diamante te koop! Wat dink jy daarvan, Karolien?”“Is jy seker, Nora?” vra Karolien sag. Buks kan

enige oomblik verbystap en haar in die kantoor hoor praat.

“Is ek seker? Natuurlik! Ek het ’n gesprek tussen hulle afgeluister. As hulle van die kroeg af kom, is dit reguit na Sarel se kantoor toe. Ek kyk gewoonlik TV, weet hy.

Gisteraand het ek al my moed bymekaar geskraap en onder sy lessenaar weggekruip... maar ek sal jou later van dié sports vertel,” onderbreek sy haarself.

“Luister nou mooi, Karolien. Hier’s die storie. Bly net kalm.”

“Jy weet ek is altyd kalm... Nora val haar in die rede. “Hulle steek die klippies

in ons badkamers weg – in die muurkassies – tussen al die botteltjies, potjies en buisies!

Ek het gaan soek – en raai wat? Ek het dit presies dáár gekry – in ’n donkerbruin potjie – sonder etiket!

Moenie aan enigiets wat verdag lyk, raak nie ! Ons moet eers ’n plan bedink...”

Karolien bly versteend staan. Die verbinding is verbreek – Sarel het natuurlik ingestap. Dan hoor sy Buks aangeslof kom.

Sy het net tyd om terug te vlug kombuis toe. Hy groet nie, val net in ’n stoel. “En waar is my

brekfis?” vra hy. “Maak self!” Sy streel oor die blou wurgmerke aan

Page 226: Alleen in Plekke

216

Alleen in Plekke

haar nek. “Haai, dis nie eers seer nie. Is dit nie snaaks nie?”

Sy glimlag vir hom. “Volgende keer moet jy harder probeer, Buksie!”

Sy kyk uitdagend na hom. Hy weet nog nie wat sy weet nie.

“Jy is besig om jou slag te verloor - ek kom dit op ander terreine ook agter!”

Hy vlieg orent, maar sak met ’n kreun terug. “Daar’s iets met my kop verkeerd!”

“Dit weet ek lankal – kom jy dit eers vanoggend agter? Ag, shame...” Sy moet wegkom van Buks af, voordat hy weer in ’n woedebui uitbars.

“Ek gaan bad...” Karolien stap reguit badkamer toe en sluit die deur. Daar is egter soveel goed ingeprop in die muurkassie – party wat al lankal verval het, dat sy nie seker is nie.

Daar is ’n donkerbruin potjie, maar sy kan nie daardeur sien nie. Wat haar egter seker maak dat dít die regte een is, is dat dit nie weggesteek is nie, maar amper voor staan.

Sy kon dit al hanteer het op soek na iets anders. Haar vingerafdrukke kan daarop wees! Sy sal versterkings moet inroep, dink Karolien en bel vir Nora.

Sy het gehoor hoe Buks vertrek en ’n sug van verligting geslaak.

“Ek staan reg om jou deurklokkie te lui – kom maak oop!” sê Nora vrolik. “Maak gou! Ons moet wegkom!”

Page 227: Alleen in Plekke

Kookpunt

217

Karolien hardloop en maak oop. “En dié motor?” roep sy verbaas uit en wys na die nuwe, rooi sportmotor voor die deur.

“Splinternuut. Nou net gekoop. Ons kan nie die pad Kaap toe aandurf met een van ons ou kroks nie.”

“Gaan ons dan Kaap toe, Nora? Ek dink...”“Dis jou probleem, Karolien: jy dink te veel; jy

moet tot aksie oorgaan. Kyk hoe het hy jou alweer half verwurg. Het jy nie ’n langsteel pan nie, Sister?”

“Natuurlik, het ek. Wat daarvan? Hoe pas dit in die prentjie?”

“Ek’s bly jy’s hier, Nora. Daar is ’n bruin botteltjie in die muurkassie, maar ek het nie daaraan gevat nie, want...”

“Attagirl,” sê Nora. “Kom ons gaan kyk na jou fonds!”

Nora haal eers handskoene uit haar roksak, trek dit haastig aan. “Watter botteltjie...?” Karolien wys met haar vinger.

Nora vat die botteltjie en skroef dit oop. “Ek vra verskoning – jy het ’n kop op jou lyf,

Karolien. En ons moet sorg dat hy daar bly! “Ons moet hierdie mooi goed in ’n ander bottel

gooi, waarop Bert én jou vingerafdrukke kán wees. En ons moet vinnig werk, sodat ons weg is as die bom ontplof.”

“Het julle drank in die huis, Karolien – liefs iets wat al oopgemaak is?”

“Kom ons gaan kyk. Nora, ek dink...”

Page 228: Alleen in Plekke

218

Alleen in Plekke

“Moenie dink nie, Karolien. Al wat dit doen is om nog meer breinselle te vernietig – en ons mans dink alreeds ons het net nog één – verdeel tussen ons twee. Ons gaan hulle verkeerd bewys!”

Nora staar na die drankbottels voor haar. “Julle dra selfs ’n groter voorraad as ons! As jý iets drink wat verkies jy, Karolien?”

“Ek het nog nooit eers hierdie drankkabinet oopgemaak nie, Nora.”

“Waarom verbaas die antwoord my nie?” Sy kyk na Karolien toe sy ’n sagte snik hoor.

“Ek hoop nie jy huil oor die nikswerd Buks nie!”“Nee, ek huil oor my huis – ek is lief vir die plek

– ek wou my kinders graag hier grootmaak. Ek het self hier groot geword, Nora. En nou sê jy ons moet weggaan!”

“Karolien, dít wat ons nou doen, is net noodmaatreëls! Ons mors tyd. Gaan pak jy solank, kry alle kontant wat jy het bymekaar, kredietkaarte, paspoort...”

Nora kyk verbaas op toe Karolien skielik lag. “My tas staan al meer as ses maande gepak. Ek het tien duisend rand getrek die dag wat hy my met ’n bierbottel oor die kop geslaan het en ek steke moes kry, maar...”

“Wel, dít het dan darem ’n goeie doel gedien...” sê Nora tussen in.

“...ek het net nog nooit die moed gehad om te loop nie.”

Page 229: Alleen in Plekke

Kookpunt

219

“Hier is die sleutel, gaan pak jou goed in die motor – en dan kom skryf jy jou afskeidsbrief aan Buks. Ek sal hier klaar maak!”

’n Halfuur later verdwyn die stad agter hulle. Drie ure later sien hulle ’n padkafee en trek af. “Nou moet ons eers die polisie bel en oop kaarte speel, Karolien. Of wat dink jy? Moet ons liewer anoniem bly?”

“Oop kaarte, Nora, of daar kan suspisie op ons val. Ek weet Burt sal nie huiwer om homself los te lieg nie. En hy is ’n ekspert op daardie gebied!”

“Ek stem saam. En Sarel lei aan dieselfde kwaal. Hy het ’n antwoord reg nog voor hy die vraag gehoor het. Dink jy alle mans is só, Karolien? Of het ons dit net ongelukkig getref?”

“Ek hoop nie so nie, maar nou die dag het ou Tant Ragel, ons ander buurvrou – en sy is tagtig jaar – gesê: Mans het geheueverlies onderlede, my kind!”

Hulle bel die polisie en elkeen stel haar saak. Albei sê dat dit reeds ’n langbeplande vakansie is en elkeen gee haar selnommer, indien die polisie hulle wil kontak.

“Kan jy dink hoe skarrel daardie twee nou rond as hulle nie die diamante op dieselfde plek kry nie?” lag Nora.

“Kom ons bel hulle en sê hulle moet die polisie inroep om te help soek!”sê Karolien. Hulle lag uitbundig. Dit voel asof sy die wêreld eiehandig van haar skouers gelig het.

Dit begin skemer raak net voor hulle die Kaap inry.

Page 230: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

220

“Dink net, Karolien, môre staan ons bo-op Tafelberg en kan ons diep – én vry asemhaal!”

Maar Karolien deel nie die vooruitsig nie, sy het skielik aan iets gedink.

“Waarvan gaan ons leef, Nora?” vra sy bekommerd. “My geld sal ons nie vêr vat nie en al het jy ook

soveel gaan dit nie lank hou nie, jy weet hoe duur alles is en...”

“Het ek nie al vir jou gesê jy moet die dinkwerk aan my oorlaat nie, Karolien. Kyk in my handsak...”

Karolien maak gehoorsaam die handsak oop, gee ’n gil en gooi dit agter in die motor.

“Jy’t die diamante gesteel, Nora...?”“Ek het gedink ons maak ’n fout toe ons die polisie

gebel het Karolien, nou het die mans polisie op ons spoor gesit!”

“Wat gaan ons...?”“Net kalm bly, Karolien. More gaan verkoop ons

dit. Ek het ’n adres van ’n koper in Sarel se laai gekry, en...

“Wat’s daarvoor, Karolien, ek is so verblind deur al hierdie motorligte dat ek...?”

“Lyk na ’n padblokkade! Gelukkig het ek die handsak met die diamante weggegooi, anders het ons vannag in die tronk geslaap!”

“Hierdie keer het ek vinniger as jy gedink, Nora..!”“Wat lê daar op jou skoot? Dis die bruin botteltjie

met die diamante...!” skree Nora en stop stadig voor die padblokkade...

Page 231: Alleen in Plekke

221

Vergelegen is ’n rustige dorp aan die rand van die Tara woestyn. Nic en Sonia lei ’n voorbeeldige

lewe. Hulle stem vir die regte party, gee getrou ’n tiende aan die kerk en is saans nege-uur in die bed.

Dan skel ’n serene, om die ongewenstes te herinner dat hulle dorp moet verlaat en terugkeer na hulle woonbuurt. Al die inwoners kan dan rustig gaan slaap.

“Daar lui die slaapklok,” spot Sonia altyd tot Nic se ergernis.

“Daar moet orde gehandhaaf word in ’n dorp met soveel misdadige elemente,” wys hy haar altyd tereg. Hy hou daarvan om vroeg te gaan slaap.

Sommige aande druk sy haar gesig in ’n kussing, skop wild met haar bene en gee gesmoorde gille. Hy vra nooit wat fout is nie. Raak net bekommerd omdat die gille al hoorbaarder raak.

Sê nou net hoof-ouderling Fritz, hulle buurman, hoor dit en gaan skinder by die leraar. Hy het ’n manier om in die strate rond te sluip en seker te maak dat geen ongeregtighede plaasvind nie.

En hierdie harmonieuse saamleef word onverwags eendag verbreek deur ’n vals noot. ’n Nuwe intrekker maak haar opwagting – Monique – Sonia se ma, en vanselfsprekend, Nic se skoonma.

Sy moes Suidwes-Afrika eers in die Atlas opsoek.

Monique se Kuier

Page 232: Alleen in Plekke

222

Alleen in Plekke

Sy het met net een doel gekom en dit was om haar dogter uit die gramadoelas te kom red – man en al.

Sy het van die inwoners verskil soos ’n bok van ’n skaap – en dit was gou duidelik dat sy beslis nie laasgenoemde was nie. Maar Monique het dit verstaan – die mense boer met skape!

Sy het niks teen skape gehad nie – om die waarheid te sê sy het geen kennis van skape gehad nie – ook nie van bokke nie!

Dit was ’n vergelyking wat die Dominee herhaaldelik onder die gemeente se aandag gebring het, sedert Monique se verskyning.

Sy was van Franse afkoms, wêreldwys, belese, kon vloek soos ’n matroos as dit nodig was, het gedrink en gerook en nooit kerk-toe gegaan nie.

Nic was as diaken diep geskok. “Jou ma pas nie hier nie, Sonia – die mense skinder oor haar.”

“Wat stel jy voor moet ék doen, Nic? Haar uit haar eie huis skop? En mense skinder áltyd – selfs júlle in die Kerkraad! En buitendien is sy Rooms-Katoliek.”

Nic het sy kop in sy hande laat sak. “Nie dít ook nie!”

“Kom, ek wed jou die Dominee sal voorlopig die skape en bokke vergeet en die Rooms-Katolieke aanpak. Dis nou ná jy van jou skoonma by hom gaan skinder het!”

“Natuurlik, sal ek nie van haar gaan skinder nie! Maar kan jy haar nie oortuig dat sy die verkeerde pad bewandel nie Sonia.”

Page 233: Alleen in Plekke

Monique se Kuier

223

“Maar dis mos jóú plig as diaken, Nic! Is om te oordeel nie ook die verkeerde pad nie? Doen jy nou jou Christelike plig en vermaan haar in liefde om die smal weg te bewandel.”

Nic was in ’n penarie: sien, Monique was stinkryk en Sonia haar erfgenaam; en dan moes hy ook nog enige hubare man se intensies fyn dophou as dit by sy skoonma kom.

Monique was ’n mooi vrou en die mans nie blind nie.

“Hier gaan ’n paar veranderings plaasvind, het Monique een aand oor die eettafel aangekondig. “Julle lééf nie in die huis nie – julle krepeer! En kyk hoe lyk die tuin! Ek het beter tuine in die lokasie gesien!”

Sonia het uitgebars van die lag.“Wat bedoel ma? Ek en Sonia is tevrede soos dit

is!”“Jy meen jý! Ek het jou nog nie hand gesien lig

om ’n plant water te gee nie. En wie dink jy moet die hoenderhok regmaak? Maar jy hoef nie te skrik nie – ek neem alles op my!

“Gelukkig is hier ’n paar groot bome – ek sal hierdie tuin in ’n lushof omskep. Maar eers die huis – ons sal vir ten minste ’n week in die hotel moet gaan bly! So julle moet begin pak! Wat dink jy, Sonia?”

“Dis hoogtyd, Ma! Ek en Nic is dankbaar – ons weet ons los dit in bekwame hande!”

Die dorp se vrouens het kennis geneem van wat aangaan; dit terloops onder hulle mans se aandag

Page 234: Alleen in Plekke

224

Alleen in Plekke

gebring - wat dit afgemaak het met: laat hulle geld mors – dis hulle saak!

Monique het ’n valkoog gehou oor die werk; die uitgediende meubels in die lokasie gaan aflaai en al haar gestoorde meubels uit die Kaap laat kom.

Die kombuis was toegerus met alle geriewe wat ’n vrou se lewe makliker maak.

Ná twee weke kon hulle intrek. Sonia was gereeld daar met die werkery, maar vir Nic was die verandering ’n skok – hy kon nie sy studeerkamer kry nie – dié het ’n balkon geword.

“Wat het ma met my goed gemaak?” het hy verontwaardig gevra.

“Die meeste verbrand – dit was nie geskik vir Sonia se oë nie! Of sou jy verkies het dat ek dit teen julle kamermuur hang – maar ek het één gehou – vir die wis en die onwis!”

Saam met haar meubels het ook tasse van haar klere gekom en sy het Sonia onder hande geneem.

“Jy lyk ouer as ek – laat ons aan die werk spring!” En hulle het. Sy het eerste Sonia se bolla laat waai en self haar mooi donker hare in ’n kort, vleiende kapsel gesny.

“Jy moet bietjie gewig verloor, Sonia! Ons dra dieselfde nommer rok – ek sal solank nét party rokke bietjie wyer maak – maar aan die ontwerpersklere verstel ek nie!”

Twee fris boeredogters uit die distrik is aangestel vir die huiswerk en die buitegeboue is vir hulle omskep

Page 235: Alleen in Plekke

Monique se Kuier

225

in ’n woonplek. Na haar werk tuis afgehandel is, het sy die dorp

bekyk en gesien dat daar iets gedoen moet word vir die vrouens – een of ander afleiding. Die mans sorg vir hulle eie, het sy geweet.

“Ek gaan ’n Vroueklub stig – die vrouens kan nie net elke dag agter die kospotte staan, en was en stryk nie! Wat dink jy, Sonia?”

“Ek dink dis ’n briljante idee, Ma! Iets soos ’n leeskring – ons kan boeke uitruil en bespreek...”

“Die moontlikhede is legio!” sê Monigue.“Julle het die Vrouebiduur...” sê Nic nors.“Moet jou nie bekommer nie; ons sal dit kombineer

– ons sal net moet besluit of ons eers wil bid en dan skinder of vice versa!”

Nic was verniet bekommerd dat sy skoonma nie aanvaar sal word nie – vir die vrouens was sy soos ’n vars bries na die eenselwigheid van hulle daaglikse bestaan.

Die Vroueklub was gewild – vir ’n uur of twee was die vrouens ontslae van snotneus kinders en swygsame mans.

Hulle het meer aandag aan hulle voorkoms begin bestee; die mans het kennis geneem en stadig maar seker het die vrouens hulle begin oortuig dat hulle hande vir ander take óók daar is – nie net vir huiswerk nie!

Die mans moes uithaal en wys – hulle was nie arm nie – die meeste het ’n inkomste uit pelse ook gehad,

Page 236: Alleen in Plekke

226

Alleen in Plekke

nie net die salaris elke maand nie.En alles het net mooi in plek geval toe twee

gebeurtenisse die dorp met inwoners en al skud – die dominee aanvaar ’n beroep na ’n ander gemeente.

In sy plek kom Rikus Moller, ’n middeljarige, onkonvensionele predikant wat nie glo dat elke mens vergelding van Bo af moet sit en inwag nie.

En boonop ’n wewenaar! Die oumense het gesidder in afwagting vir wat besig is om op hulle dorp te gebeur. Hubare vrouens het hulle hande saamgevryf in afwagting.

Die stof het nog nie heeltemal gaan lê oor die nuwe verwikkeling nie, of nog een tref Vergeleging.

Ou Dokter lê die tuig neer en vat sy ontvangsdame saam – sy het al sy kwinte en kwale geken en altwee het versorging nodig gehad.

Hy verkoop sy praktyk aan ’n jong dokter – Duan Weber - wat nie soseer wil ryk word nie – maar wil dien en hy is nog ongetroud. En daar trek weer ’n siddering deur die oumense en die jongmeisies om verskillende redes, natuurlik.

Monique sorg dat Sonia die werk as ontvangsdame by die jong dokter kry. Hy moes nog adverteer vir ’n ontvangsdame en was verlig toe hy so gou geholpe raak.

“Dis ons plig om hulle te nooi vir ete,” sê Monique. “Hulle is twee vreemdelinge in ons Poorte – of is dit nou in Jerusalem?”

“Ma kan nie met die Bybel spot nie,” sê Nic, “veral

Page 237: Alleen in Plekke

Monique se Kuier

227

nie voor ons nuwe Leraar nie. En ook nie drink of rook nie!”

“Ek spot nie met enigiets nie, Nic. Vee maar eers voor jou eie deur.”

“En wat bedoel jy daarmee?” vra Nic woedend.“Wat gaan hier aan?” vra Sonia toe sy instap. Sy is

laat want sy moes oortyd werk.“Nic het net by my kom uitvind wat die gesegde –

vee eers voor jou eie deur – beteken. Die nuwe Leraar het blykbaar die ou Kerkraad goed geroskam vanaand oor tweegesigte.

Nic voel nou gebelg oor ek gesê het – as die skoen hom pas moet hy dit maar aantrek!”

“Haai, Ma...” sê Sonia en bloos bloedrooi. Die nuwe leraar en dokter is vir ete genooi.

Monique het ’n lekker bottel rooiwyn oopgemaak, later ’n tweede en dit was ’n gesellige ete. By die Vroueklub het sy verslag gedoen van wat sy voorgesit het, watter wyn – maar nie uitgelap dat die leraar self ’n paar glasies geniet het nie.

Van hom het sy net gesê: “Nog glad nie oor die muur nie – indien iemand belangstel!”

Wat die vrouens histeries aan die lag gesit het – veral dié wat nog los rond geloop het.

En vir die volgende paar maande was daar nie ’n vervelige dag op die dorp nie.

Een Sondag stap Monique die kerk binne, deftig geklee in ’n grys baadjiepak met die Bybel en ’n Psalm- en Gesange boek in die hand.

Page 238: Alleen in Plekke

228

Alleen in Plekke

Sy stap tot heel voor en gaan sit. ’n Ligte beroering trek deur die Kerk. Nic snak hoorbaar na sy asem. Hy hoop net dat sy weet rook is verbode in die Kerk!

Sonia glimlag vir haar ma – sy het geweet van haar ma se planne.

Dominee Rikus preek kort maar kragtig – vir sommige oumense té kort – hulle het nie eers tyd gehad om ongemerk ’n uiltjie te knip nie.

Na die diens nooi Monique die dominee en die nuwe dokter om by hulle te kom eet – nie een was getroud nie – en dit was immers Sondag en dan is ’n stewige maaltyd net die regte ding voor die middagslapie.

En dit word ’n instelling. Nic voel alhoemeer in die pad en soek troos in die kombuis waar die twee giggelende meisies, Truida en Bettie, hom in die werk steek.

’n Skokgolf trek deur die dorp toe die Dominee ’n plaas koop van ou boer wat wil aftree. “Wel, hy preek tog net Sondae – in die week kan hy boer,” verdedig Monique hom toe Nic ’n lang jeremiade aanhef oor mense wat blykbaar nie hulle plig ken nie.

“’n Leraar moet dag en nag beskikbaar wees vir sy gemeentelede- hy is die wagter van sy kudde!”

“Wel, al pas hy die spul dag en nag op, sal sonde onder sy neus plaasvind. Jy verstaan wat ek probeer sê, my hoogheilige skoonseun?”

“Nee, ek verstaan nie – wat bedoel jy?”“Kom, laat ek jou goeie raad gee: pak nou jou klere

Page 239: Alleen in Plekke

Monique se Kuier

229

en trek hotel toe. Dit sal die veiligste plek vir jou wees – as Sonia vanaand by die huis kom wil ek nie in jou skoene wees nie!

Sien, Bettie is vandag dokter toe – sy verwag jou baba – en ek dink nie Sonia sal in ’n goeie bui nie as die storie by Bettie hoor nie. Indien sy dit nie reeds weet nie!

Bettie se pa het ’n besoek by Nic gaan aflê waar hy alles erken het en sommer dadelik begin onderhoud betaal het en belowe het om te trou sodra Sonia hom geskei het.

Hy het sensuur verwag maar Dominee Rikus, ’n verstandige man, het gereken dat die glipsie heel menslik was.

Dokter Duan het Sonia wonderlik bygestaan deur die moeilike tyd – só wonderlik dat hulle net na die egskeiding getroud is!

Dominee Rikus was lankal moeg om ’n wit trop op te pas en het dit verruil vir sy trop swart karakoele – en Monique gevra om met hom te trou. Wat sy terstond dan oop gedoen het.

Die oues van dae het net gesug – soveel dae, soveel dinge.

Die Vroueklub het gejuig, maar Monique gemis – en alles het teruggekeer na die rustige, alledaagse bestaan waaraan hulle al gewoond was.

Maar Monique het hulle nie vergeet nie. Sy het ’n Perdryskool op die plaas gestig en nie lank nie toe het sy hulle in die saal.

Page 240: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

230

“Ma, weet, ons kan ook die Vroueklub weer hier laat herlewe – saam met die Perdryskool – ’n mens kan nie heeldag in die saal bly nie. Iets soos ’n leeskring...”

“Die moontlikhede is legio, Sonya...”Monique het vergeet sy wou Sonya kom red uit die

gramadoelas – dit is die plek waar sý wou wees

Page 241: Alleen in Plekke

231

“Ek trek Murasie toe,” sê Hilda en stoot haar stoel met ’n slag terug. Haar ma en pa het

weer in ’n woordewisseling betrokke geraak. “Ek is siek en sat van julle bakleiery!”

“Dit is maar soos dit in ’n huwelik gaan,” sê haar pa.

“Net as jy met die verkeerde man getroud is!”sê haar ma.

“Dan bly ek liewer ongetroud!” skreeu sy en klap die deur met ’n slag toe en vlug reguit stalle toe. Die twissery van haar ouers het net te erg geraak.

Sy gaan haar plan, waarmee sy al maande in haar kop rondloop, vandag nog begin uitvoer. Sy gaan trek. Haar ma se ongelukkigheid en woede raak al erger. As iets nie verander nie, wil sy nie die gevolge van die plofbare situasie beleef nie.

Hilda saal haar perd op, vat Murasie se geroeste sleutel agter die waenhuis se deur en vat die pad. Sy moet gaan kyk of die ou opstal nog bewoonbaar is.

Daar het glo vroeër bywoners gebly en mense sê dat dit daar spook – maar erger as in hulle huis kan dit nie gaan nie! dink Hilda wrang.

En dit hou al jare aan. Nadat haar broertjie tien jaar gelede in die plaasdam verdrink het, het dit al erger geraak. En sy word gedurig bygesleep, want sy is

Murasie

Page 242: Alleen in Plekke

232

Alleen in Plekke

die oudste en moes na hom omgesien het. Soos altyd wanneer sy in die buitelug is, verdwyn

die skaduwee van dié tragiese gebeure en kan sy vryer asemhaal en alles meer in perspektief sien.

Miskien sal dit haar ouers ook help as sy weg is; sý was die oorsaak dat die groot beesplaas se erfgenaam dood is.

Dié verwyt moet sy gedurig van haar pa hoor – dáárom is daar nie ’n faset van die boerdery waarmee sy nie vertroud is nie.

Veral die laaste vier jaar het sy selfs harder as haar pa op die plaas gewerk. Daar was tye wat hy net verdwyn het; selfs nagte.

Maar nou voel sy dat sy haar skuld afgelos het. Sy gaan vir haar ’n nuwe lewe uitwerk en weer begin skilder. Die kunsopleiding het sy aan haar ma te danke. Hilda sou eers Universiteit toe gaan voor sy op die plaas kom help, het sy besluit.

Tot haar verbasing het haar pa het ingestem. Sy het die gevoel gekry dat haar ma een of ander houvas op hom het.

Hilda besef dat sy nog steeds op ’n galop ry. As die perd in ’n erdvarkgat trap kan sy haar nek breek, sy slaan oor na ’n draf. Deur die hoë kameeldoringbome kan sy reeds die son sien flits op die draaiende windpompwiel.

Dit lyk glad nie verwaarloos nie, sien sy toe sy van die perd afklim. Sy haak die teuels oor ’n tak en sien dadelik die vars perdespore.

Page 243: Alleen in Plekke

Murasie

233

Op die stoep staan potplante wat duidelik gereeld water kry. Sou hier wederregtelik iemand woon? Sy klim teen die trappies op na die voordeur.

Die deur sluit maklik oop, maar die huis is leeg. Sy roep ’n paar maal om seker te maak. Stilte. Al geluid is die gekraak van die houtvloere, terwyl sy van die een vertrek na die ander stap.

Aan die agterkant van die huis, is een deur gesluit toe sy die knop draai. Sy maak ’n paar vensters oop en stap om die huis.

Daar hang gordyne voor dié kamer se vensters en ook voor ’n kleiner venster wat seker die badkamer moet wees.

Sy loop half besluitloos weer om die huis. Waarom her haar pa nooit gemeld dar hier iemand woon nie.

Die oostewind begin liggies stoot toe sy nog twyfelend op die werf staan. Die geluid van lopende water trek haar aandag. Die dam is besig om oor te loop.

Sy hardloop dam toe, drink vinnig van die koel water uit die boorgat by die uitloop van die pyp en maak toe die briek van die windpomp vas.

Die krip is kurkdroog en Hilda draai die kraan oop en laat dit vol loop. Nou kan die wild weer kom water suip! Dan klim sy op in die windpomp en gaan sit op die platform.

Haar oog vang twee sekretarisvoëls wat waardig na die krip toe aangestap kom – haar eerste besoekers! Dan sak ’n swerm voëls op die krip toe. ’n Paar

Page 244: Alleen in Plekke

234

Alleen in Plekke

volstruise kom in sig, maar hulle het haar in die pomp gewaar en steek onseker vas. Ander wild kom in die nag water drink, weet sy.

Skielik, asof op ’n bevel vlieg al die voëls meteens weg. Sy wonder wat hulle gesteur het, en kyk onwillekeurig rond.

’n Vrou te perd kom tussen die bome van hulle buurplaas aangery – reguit na die grensdraad, gooi die teuels oor ’n dropper en kruip tussen twee drade deur en stap na die huis toe.

Is die rede vir die toe kamer! Is hier een of ander onwettigheid onder hulle neuse aan die gang? Maar dan wéét sy: die vrou ontmoet iemand hier!

Die perd staan reg om vinnig pad te gee. Miskien kom haal sy net iets hier; maar wat? Die vrou lyk vaagweg bekend.

Toe sy weer verskyn, sien Hilda, dat sy na iemand roep – maar die wind waai haar woorde weg. Dan hardloop sy terug na die perd, spring in die saal en verdwyn tussen die bome.

Hilda klim af en maak die briek van die windpomp weer los en hardloop huis-toe. Agter die kombuisdeur kry sy ’n bos sleutels – en een pas.

Dis ’n klein ingerigte woonstel – haar pa se kamerjas hang agter die deur saam met ’n vrou s’n. Op die kas staan ’n koevert.

Hilda gryp dit – herstel alles soos dit was en vat ’n ander pad terug na die opstal. Haar pa sal weet dat sy wéét; en sy is bang vir sy reaksie.

Page 245: Alleen in Plekke

Murasie

235

Wolke begin saampak en sy sal vinnig moet ry as sy nie wil nat reën nie. Daar is niemand tuis nie. In die kombuis is ’n nota van haar ma: “Hilda ek is net gou Hoogveld toe om ’n paar goedjies te koop.

“Maak asseblief kos – sit ons s’n in die lou-oond; ek weet nie hoe laat ek terug sal wees nie.

“Ek sal stadig moet ry; jy weet hoe gevaarlik koedoes op die pad is, sodra jy die motorligte aanskakel – en hier trek juis so ’n donderstorm oor.”

Sy was nét betyds, dink Hilda toe die donderstorm, gepaard met wind en hael die opstal tref. Dit word donker in die huis.

Hilda kyk deur ’n venster na die skouspel. ’n Donderslag tref ’n groot kameelboom en in hy val oor ’n gedeelte van die roostuin. Sy sien hoe die storm oor die mielielande trek – daar sal nie ’n oes wees dié jaar nie.

So vinnig as wat die storm gekom het, beweeg dit vort op ’n pad van verwoesting, gedryf deur die oostewind. So vêr as sy kan sien is die grond ’n wit haelkombers. Net die reën stort in strome aarde toe. Sy ken die weer in al sy buie – maar dis die ergste wat sy nog gesien het.

Van die tuin is niks oor nie; die kaal takke van die bome reik op na die hemel – in dankbaarheid of smeking? Die skade oor die hele plaas sal nog bereken moet word, en Hilda weet dit sal nie gering wees nie.

Die verlies aan diere – en miskien selfs mense; ’n koue voorgevoel van onheil druk op haar. Sy is

Page 246: Alleen in Plekke

236

Alleen in Plekke

bekommerd oor haar ma wat miskien deur die storm sal getref woord.

Dis in ’n tye van so ’n ramp wat dinge liederlik kan skeefloop is haar ondervinding. Soos die jaar wat haar boetie verdrink het en sake tussen haar ouers begin versleg het.

En hier staan sy met die brief wat sy by Murasie gekry het in haar sak. Dit voel asof die stuk papier deur haar klere brand. Wat gaan sy daarmee doen? Wat sal die beste wees. ’n Koue gevoel van onheil klem om haar hart.

Die storm het nou reg inbeweeg uit die rigting wat haar ma moet kom. Sy begin kos opsit en dié alledaagse takie kalmeer haar. Die reën het ook effens bedaar. Sy gaan stort en hoor dankbaar die dreuning van haar ma se motor.

Die brief wat sy by Murasie gekry het, lê op haar bed. Hilda weet sy móét dit lees; sy is dit aan haar ma verskuldig. Sy tel dit met weersin op:

“Liefling, waar was jy? Jou perd was hier, ek het geroep. Het jy al jou testament verander? Jannie is al vyftien en dis tyd dat hy die waarheid weet. Wat wil Hilda met ’n plaas maak? Sy gaan trou en dan’s sy weg. Ek wag al lank. Hans boer net agteruit – wat gaan van jou seun word? Onthou, ek het jou lief.”

Hilda voel hoe haar bene lam word. Dit het sy nie verwag nie! Ontrou ja, maar ’n kind! Dan is dit die oorsaak van die argwaan tussen haar ouers. Haar ma weet en hou dit soos ’n swaard oor haar pa se kop.

Page 247: Alleen in Plekke

Murasie

237

En asof sy haarself wou mislei, onthou sy wie die vrou is: Hans, hulle buurman se vrou, Maria! Dan het haar pa ’n seun by Maria – Hans se vrou! So hy het al meer as vyftien jaar ’n verhouding met dié vrou. Haar ma weet daarvan, dink sy . Maar weet sy van die kind?

Sy moet die brief vir haar ma wys, daar is nie ander genade nie. Sy druk dit onder haar matras in. Sy moet die regte tyd kies.

Hilda is by die motor toe haar ma stil hou. “Ek is bly ma is veilig, sê sy tranerig en omhels haar. Sy maak die motor se agterdeur oop om die inkopies uit te haal. “Waar’s die goed wat ma gaan koop het?” vra sy verbaas. Dit lyk of haar ma nie gehoor het nie.

“Dis Suidwes vir jou! Gee met die eend hand en gryp terug met die ander. So ken ons dit – net die sterkste oorleef, swakkelinge gaan onder!”

Haar ma moes teruggedraai het, uit die storm se pad. Sy let nou eers op dat die motor uit die rigting van Murasie moes gekom het.

“Kom ons gaan eet!” roep haar ma toe sy nog by die motor huiwer. Jou pa sal nie terugkom nie. Ek dink ons het nog êrens ’n bottel wyn. Moeilike dae lê voor.

Die skade moet nog bereken word!” Hilda skink vir elkeen ’n glasie wyn, wil vrae vra

oor die rigting wat sy gekom het, oor die inkopies. Maar iets weerhou haar. Sy dink aan die brief onder haar matras. Wat staan haar te doen?”

Hulle is nog besig om te eet toe hulle die dreuning van ’n motor hoor. Die bande sleep op die gruis, ’n

Page 248: Alleen in Plekke

238

Alleen in Plekke

motordeur word met geweld toegeklap en dan is hulle altwee op die stoep.

’n Figuur kom aangestrompel uit die donker. Dis Hans, hulle buurman.

“Hulle is dood!” huil hy. “Wie?” skree haar ma. “Flip en Maria... hulle is dood!”“Kom, Hans, ruk jou reg. Party keer lyk dit maar

net só – het jy deur die venster geloer?”Hilda kyk verbysterd na haar ma. Wat gaan hier

aan, wonder sy? “Kom, Hans, bedaar en vertel ons die storie van

vooraf. Hilda skink vir Hans ook ’n glasie wyn,” sê sy kalm en bedaard en sit haar hand troostend oor syne.

Hy vee sy trane aan sy hempsmou af en sluk die wyn in een teug weg.

“Hulle is dood geskiet in die bed – dié is rooi van hulle bloed en...”

“Dit was ’n liefdesmoord; dis duidelik dat hulle skuldige gewetes hulle daartoe gedryf het. Jy weet tog dat hulle jare lank by mekaar by Murasie ontmoet het.”

“Ja, ek het geweet, Hester.” sê Hans, nou baie kalmer. “Maar dis nie al nie – die lyke lê buite en is met ’n byl uitmekaar gekap – en die wildehonde was ook al daar...”

“Dan moes daar twee byle gewees het – hulle sal tog nie een byl oor en weer gee om mekaar te kap nie – maar miskien was hulle liefde dié een wat alle

Page 249: Alleen in Plekke

Murasie

239

verstand te bowe gaan!” sê haar ma.“Dis moontlik, Hester – maar hulle is in die kamer

geskiet...”“Miskien het hulle mekaar net gekwes – Flip was

maar ’n vrot skut – en het hulle patrone opgeraak. Toe het hulle maar die sakie buite gaan besleg – maar daar móét twee byle gewees het!”

“Daar stem ek saam, Hester, maar waar is die byle?”

“Miskien begrawe...” sê haar ma. “Nog wyn, Hans?”

Hilda het in ongeloof na die gesprek geluister. Hulle is mal of dronk, het sy gedink.

“Ek gaan die polisie bel!” Sy vlieg op uit haar stoel, stamp die bottel wyn om en dan bars in trane uit.

“Waarom, wil jy die polisie bel Hilda?” vra haar ma met ’n skril stem.

“Dit het niks met hulle te doen nie – dis net ’n saak vir my en Hans.”

“Jou ma is reg, Hilda. En die polisie verdink altyd die naasbestaandes eerste!” keer Hans ook.

“Nou hét julle dan daarmee iets te doen?” vra sy.“Natuurlik nie!” sê Hans verontwaardig. “Ek sal

mos nooit my seun se ma kan vermoor nie!”“En ek jou pa, Hilda! Hy was dan altyd so ’n goeie

pa vir jou en vir my ’n man – behalwe hierdie glipsie. En dié is maar menslik.

Maar Flip en Maria het die menslikheid té vêr gevat! En dit het hulle, hulle lewe gekos.”

Page 250: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

240

“Wat gaan julle sê, het van julle eggenotes geword?” vra Hilda sarkasties.

“Eenvoudig – hulle het saam weggeloop. Almal weet tog van hulle verhouding en sal dit glo! Nog wyn Hans?”

“Dit sal ’n slag vir Jannie wees – sy ma én sy pa, altwee weg,” sê Hans en vee trane af.

Nou kan ek die brief verbrand, dink Hilda, onsamehangend, ek kan die brief verbrand...

Page 251: Alleen in Plekke

241

Hy het haar die eerste maal op die strand gesien. Sy het soos ’n verskrikte wildsbok by hom verby

gehardloop en in die branders geduik. Die see was onstuimig en die branders ’n kolkende,

bulderende watermassa. Net die dag vir selfmoord, het Nicolas Sinclair, sinies gedink. En sy soveelste sigaret aangesteek.

Dit was Desember, vakansietyd, en die strand was gepak met besoekers uit die binneland. Almal het stilswyend gestaar na die ongewone toneel. Hier en daar het baaiers op die sand gelê, wagtend om te sien wanneer die storm sal uitwoed.

Dit was net die onbekende meisie wat onverwags opgespring en die see aangedurf het. Mense het gewaarsku, gewys na die see, haar probeer keer.

Maar sy het so glad soos ’n paling by hulle verby geglip. Sy het soos te wagte is, in die kolkende massa water verdwyn.

Die mense het versteend bly staan en staar. Iemand het iets geskreeu, maar sy stem is deur die dondering uitgedoof. Twee jongmans het nader gehardloop, maar hande het hulle vasgehou en teruggetrek.

Verstaan hulle dan nie? het Nicolas gedink. Sy sien nie meer kans vir die lewe nie. Iets het met haar gebeur en sy kan nie meer daarmee saamlewe nie. Wat

Myl Vier

Page 252: Alleen in Plekke

242

Alleen in Plekke

dit ook al was, sy blameer haarself daaroor.Hy weet. Die skuldgevoel, geldig of ongeldig,

vreet jou op. Dit teer op jou soos voëlent op ’n tak. Mergel jou uit. Maak die lewe sonder sin.

Daarom verstaan hy die vreemde meisie se optrede baie goed. Hy worstel nog elke dag met sy eie demoon. Onvoorspelbare dinge gebeur soms en as jy nie verklaring daarvoor kry nie, dan begin jy jouself die skuld gee.

Waarom het ek...? Of, waarom het ek nie...?Hy kyk op toe hy mense sien spring en handeklap.

Dan sien hy haar uit die see kom. So nat soos ’n otter, soos ’n waternimf wat in die see woon en haar net af en toe verwerdig om die land te besoek.

Sy was skaars op droë grond of sy begin weer hardloop, by hom verby, sodat die seesand oor hom spat. Sy val op haar maag op ’n handdoek onder ’n sambreel.

Haar skouers ruk en hy besef dat sy huil. Nicolas staar uit oor die bulderende watermassa. Dit sal ’n vinnige en maklike dood, wees.

Daar sal nie eers tyd wees om jou lewe voor jou te sien verbyflits nie! Miskien vir ’n sekonde ’n geliefde se gesig.

Want hy wéét dis wat sy wou doen; maar die sterkste drang in die mens – die van selfbehoud – het gewen. Dis waarom sy huil.

Hy weet – hy was al self daar! Hy kyk weer na haar; hy kan haar nie help nie – hy staan sélf op ’n

Page 253: Alleen in Plekke

Myl Vier

243

afgrond.Nicolas trek sy sambreel uit, vat sy boek en

sigarette. Oukersdag! Dit was óók Oukersdag – kan dit al twéé jaar gelede wees...?

Hy kyk weer na die meisie; sy huil nie meer nie, dit lyk of sy slaap. Sy lê reeds halflyf in die son. Dis die minste wat hy kan doen – hy verplant die sambreel.

Die beweging moes haar wakker gemaak het; sy is dadelik op haar voete. Sy kyk nie na hom nie. “Ek verstaan dit nie,” sê sy, asof sy met haarself praat.

“In my skilderye van die see, kan ek nie daardie “iets” wat daar móét wees, vasvang nie. Iets bly my ontwyk!”

Sy kyk vir die eerste maal na hom. Haar oë is groot en donker, maar sonder

uitdrukking. Net haar mond is weerloos. “Verstaan jy dit? Dis asof die see my uitdaag: as jy wil weet, kom in en vind uit!”

“Is dit waarom jy so roekeloos in die see geduik het?”

“Dit was nie roekeloos nie – ek het net sy uitdaging aanvaar; óf hy óf ek!”

Onder ’n klip sien hy potloodsketse in ’n plastieksak. So sy skilder. Sy wil in haar skilderye iets weergee wat ’n verklaring vir hulpeloosheid sal wees.

“Mag ek?” vra hy. Haar obsessie met die see interesseer hom. Sy obsessie is met afgronde, dieptes...

“Natuurlik,” sê sy en staar weer na die see.Hy kyk na elkeen – van kuns weet hy niks – maar

Page 254: Alleen in Plekke

244

Alleen in Plekke

dis nie net goed nie, maar uitstaande. Die bottende kunstenaar, die dromende.

Elkeen lewe: ’n roosknop wat oopgaan; ’n rob by Diaz-punt se snor bewe nog; ’n dolfyn wat opstyg uit die water; hy kan die skuim op sy arms voel, dan ’n seemeeu wat enige oomblik van die papier af kan wegvlieg.

En dan een van ’n kind; ’n pragtige kind met haar swart hare en weerlose mond – maar sy oë is toe asof hy slaap; maar hy is dood, weet Nicolas.

Hy sit alles vinnig terug in die sak. Hy moet wegkom, dink hy. Hy sukkel nog met sy eie emosies. Hy kan haar geen hulp aanbied nie. Hy kan luister na wat sy sê, maar dis te gou om betrokke te raak in iemand anders se lewe.

Hy staan op, wil nog iets sê, maar sy spring hom voor.

“Jy kan enigeen vir jou vat,” sê sy.“Dis regtig nie nodig nie, keer hy. Hy wil net

wegkom.“Asseblief?” vra sy amper smekend.Hy gaan sit op die sand, steek ’n sigaret aan en

kyk weer na die sketse. Hy besluit op die een van die seemeeu.

“Jy het die een van die seemeeu gekies.” Sy kyk na hom. “Ek het gister ’n seemeeu gekry, wat onder die sand begrawe was – net sy kop het uitgesteek, hy het nog gelewe, maar in my hande doodgegaan.”

Sy steek haar hande voor haar uit asof in smeking.

Page 255: Alleen in Plekke

Myl Vier

245

’n Gloed stoot in haar gesig op. “Sien, ek was té laat! Sê sy met woede. “Ek is altyd té láát!”

Ek was óók té laat, dink hy. Maar om die gevoel van wanhoop wat oor alles hang te verdryf, sê hy: “Ons het nog nie eers ontmoet nie. Nicolas Sinclair,” hy steek sy hand uit. Haar hand is yskoud.

“Naomie Erlank,” stel sy haarself lusteloos voor en staar uitdrukkingloos na die see wat kalmer begin word het.

“Hoe het jy geweet watter skets ek gekies het, Naomie?” vra hy om die stilte tussen hulle te breek.

“Omdat jy ook wil vry wees, Nicolas – net soos die seemeeu.” Sy begin die sketse wegpak, en draai die handdoek om haar middel.

“Dis te diep vir my – ek ís vry!”“Is jy, Nicolas?”Hy antwoord nie; want sy is reg. “Waar woon jy

– ek sal jou help dra. “Ek moet darem op ’n manier betaal vir die geskenk.” Ter wille van haar én van homself probeer hy die skadu’s verdryf.

“In ’n karavaan wat ek van hier kan sien,” sê sy en wys vaagweg met haar hand, nog starende na die see.

“Ek bly ook daar rond.” Op die ingewing van die oomblik, sê hy gemaak vrolik.

“ Kom, dis Oukersdag, ek gooi ’n paar tjoppies op die kole en dan kom eet jy by my – wat sê jy?”

Sy kyk vir die eerste maal hom reg in die oë, asof sy nou eers bewus geword het van sy teenwoordigheid. “As jy so sê, is dit reg. Ek sal wyn bring – dis al wat ek

Page 256: Alleen in Plekke

246

Alleen in Plekke

in die karavaan het.”“Dan kom haal ek jou oor so ’n uur...” Hy voel

dadelik spyt oor die uitnodiging. Hy sien nie kans vir haar terneergedruktheid en ongeërgdheid nie. Dit werk negatief op hom.

En hy het juis see toe gevlug, weg van kranse en afgronde en herinnerings aan Hilda...

“Baie dankie, Nicolas, dit sal lekker wees,” sê sy met meer entoesiasme.

“Ek sal jou so sewe uur kom haal, dan kan jy vir ons slaai maak.”

“Dit sal nie nodig wees nie – die seemeeu sal my daarheen lei!” Sy klink amper vrolik. Toe hulle wegstap, sien hy hoe kyk sy telkens na die see. Asof sy gehipnotiseerd is.

Hy het nog vuur gemaak toe hy ’n wese in ’n wit rok oor die strand aangehardloop sien kom. Sy kom reguit na hom toe, haar donker hare los oor haar skouers, kaalvoet en met die bottel wyn in haar hand.

“Sien jy, ek het jou maklik gekry!” Sy swaai die bottel sjampanje deur die lig. “Dis al wat ek in die karavaan het!

Kom ons drink op Oukersdag – ’n dag om te onthou!” Haar stem is bitter. “Maak jy dit net oop, Nicolas; dan sal ek skink.”

Sy hardloop sy karavaan in en kom met twee glase terug. Hy sien hoe haar hande bewe toe sy skink.

“Waarop sal ons drink, Nicolas – op die toekoms

Page 257: Alleen in Plekke

Myl Vier

247

of die verlede!” vra sy byna uitdagend.“Kom aan, Naomie, laat ons ten minste probeer

vrolik wees! Al is dit net vir ’n paar uur!” Hy wil probeer om haar te help, want hy weet so goed hoe sy voel. Is hy nie self daar nie?

“Wel, ek weet nie van jou nie, maar ek kan nie op die toekoms drink nie, ook nie op die verlede nie!”

“Dan drink ons op gesondheid, reg?”“Prosit!” roep sy vrolik uit.“Prosit!” hulle klink glasies.Die see is nou kalm en hulle kan fosfor liggies op

die branders sien ry.Hulle stap lateraan in stilte na sy karavaan toe.Op die wind hoor hulle mense Kersliedere sing.

Naomie maak slaai, terwyl hy braaibrood voorberei. Hulle gaan sit weer by die rooster en hy braai die brood.

In die verte deur die mis sien hulle die dorp se liggies flikker. Naomie eet stadig, haar oë nog op die gloeiende kole.

Die stilte tussen is nie hinderlik nie. Dis of beide van hulle wag vir die ander een om te praat. Intussen luister hulle na die sang van Kersliedere en klappers wat ontplof.

Toe begin iemand vuurpyle die lug instuur en oral bokant hulle verander die hemelruim in ’n blomtuin van kleur.

“Vandag is dit presies ’n jaar gelede wat my kind

Page 258: Alleen in Plekke

248

Alleen in Plekke

hier verdrink, Nicolas – sien, ek was té laat om hom te red,” sê sy toonloos. In die dowwe lig kan hy nie haar gesigsuitdrukking sien nie.

Hy laat sak sy kop in sy hande. Wat moet hy sê? “Ek is so jammer, Naomie,” sê hy naderhand, hulpeloos.

“Dis waarom ek die see nie kan skilder nie – my kind staan tussen ons. Die see het hom gesteel toe ek ’n oomblik weggekyk het, net ’n sekonde of twee...”

Hy wil haar op ’n manier bereik, sê dat hy verstaan, dat hy haar gedagtes in ’n ander rigting kan stuur. Hy huiwer nog, toe sy vra: “Waarvan vlug jy weg, Nicolas?”

“Dit was ook Kersfees – twee jaar gelede – Linda het van ’n rotslys in die Kuiseb geval – ek moes haar daar begrawe in die ravine – ná twee dae het ek haar daar begrawe... in die sand in die ravyn – ons was net ’n jaar getroud...Ek was ook té laat...”

Sy sê niks, staar net na die see. Ek sal nooit weer saam met ’n engel langs die vuur

by Myl Vier sit en eet nie, dink Nicolas met ’n knop in sy keel.

Asof sy sy gedagtes lees sê sy: “Ek sal nooit weer saam met ’n man met hartseer blou oë langs ’n vuur by Myl Vier sit en eet nie. Altyd té laat!”

Nicolas wéét – dis of sy hart vir etlike sekondes stop – dat Naomie haar lewe gaan neem! Weemoed so fel van die ou herinnering, laat hom snak na asem.

“Moenie Linda...” hoor hy homself skreeu. “Om

Page 259: Alleen in Plekke

Myl Vier

249

God’s naam...moenie, Linda!” Linda...! Linda! kom die eggo’s terug na hom. Dan

sien hy hoe sy oor die krans stort...Hy voel koue hande op sy wange. “Toemaar,

Nicolas?” troos sy. Hy trek haar op sy skoot, sit sy arms om haar en begin wieg saam met haar. “Toemaar... toemaar.”

“Dit is soos jy sê, Naomie – dit is altyd té laat...” Hy vorm die woorde met moeite. Hy is moeg. Al wat hy wil doen is om te slaap.

Sonder ’n woord vêrder staan hulle op en stap na die karavaan. Net voor hulle ingaan hoor hulle weer mense sing: “Stille, nag, Heilige nag...”

Hy val met klere en al op die bed. Naomie trek sy skoene uit en gooi ’n kombers oor hom. Gedurende nag word hy wakker en voel haar by hom in die bed.

Toe hy weer wakker word is sy weg. Hy staan op en pak, laai die goed in sy motor en sit haar skets van die seemeeu op die sitplek langs hom neer.

Toe die kantoor oopmaak gaan betaal hy sy staanplek.

“Tragiese gebeure – en dit op Kersdag,” gesels die man agter die toonbank. “Sy het sedert haar kind verdrink het hier gebly – dis vandag ’n jaar gelede. Haar naam was Naomie Erlank...”

Nicolas vlug. “Geseënde Kersfees,” roep die man agterna. Hy kyk na die skets van die seemeeu. Sy is nou vry, dink Nicolas, en hy weet hy sal nooit terugkom

Page 260: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

250

Myl Vier toe nie.Hy ry stadig deur die hek en kyk terug na die see

– dis kalm en rustig. Toe vat hy die pad wat hom sal terugneem na die Kuiseb-rivier. Hy is nie haastig nie – al wat hy oor het, is tyd.

Page 261: Alleen in Plekke

251

Elmien kom in die middel van die nag op, Okara, die familieplaas aan. Sy was tien jaar weg en

niemand verwag haar nie. Sy hou by die stalle stil. In die maanlig sien sy vier bakkies by die huis, en

sy weet dis weer jagters – dit is immers die jagseisoen! Niks het dus verander nie – behalwe syself. Sy het gekom om wraak te neem. Om haar lewe terug te eis!

Elmien klim stram uit die motor. Die Rottweilers kom verwelkom haar asof sy nooit weg was nie. Of dis van hulle nageslag. Alles het so lank gelede – of was dit nét gister – wat dit gebeur het. Sy stap na die stalle. Die honde stap saam met haar. In die stalle ruik sy nog die perdesweet, voel weer die beweging van die perd se lyf onder haar, terwyl sy en André deur die veld jaag.

Weens sy gebrek kon Conrad, nie perd ry nie, en het hy verwese op die werf bly staan. Horrelpoot Conrad, het André se tweelingbroer genoem.

Sy ook as sy kwaad was omdat hy hulle nie met rus kon laat nie.

In die maanlig stap sy kerkhof toe, dis nog dieselfde voetpad. Die soet geur van Seringblomme hang in die lug. Die hekkie kraak toe sy dit oopstoot en ‘n paar kwartels fladder weg.

Sy gaan sit op die kant van André se graf.

Twee Broers

Page 262: Alleen in Plekke

252

Alleen in Plekke

Sy weet Conrad sal kom. Net soos die nag in die stad, vyf jaar ná André se dood.

Sy het niksvermoedend haar woonstel se deur oopgemaak toe iemand klop, waarskynlik haar buurvrou, het sy nog gedink.

Maar dit was Conrad. Hy het sonder om te groet, ingestap toot voor haar.

“Jy weet dit was ’n ongeluk, Elmien. In die jagveld kan so iets maklik gebeur. Jagters dwaal weg van mekaar af en dis so ruig dat jy maklik ’n beweging, tussen die bosse, vir dié van ’n koedoe aansien!” het hy weereens gepleit.

“Jy het hom met opset geskiet, Conrad!” het sy geskreeu en begin huil. “Met opset! Jy het geweet dat ek hom liefgehad het en nooit met jou sou trou nie!”

“Niemand wil my glo nie, maar André het eerste geskiet! Hy wou mý dood hê! Jy moet my glo, Elmien!

Ek het net ’n skoot afgevuur – oor sy kop - as ’n waarskuwing, soos ek gedink het – die koeël moes weggeskram het!”

“Jy mors net jou asem, Conrad,” het sy gesê en omgedraai om weer te gaan sit. “En verneder jouself...”

“As ek nie ’n kreupele was nie, sou jy my gekies het, Elmien! André het geweet dat jy my liefhet, daarom het hy jou nooit gevra om te trou nie! Al het jy ook sy kind verwag. Buitendien het hy ’n verhouding met ’n ander vrou gehad!” Hy het nader aan haar beweeg. “Erken dit nou maar!”

Sy houding het dreigend geraak, sy oë wild. So het

Page 263: Alleen in Plekke

Twee Broers

253

sy hom nog nooit gesien nie. Sy moet hom uit haar woonstel kry.

En sy het die taktiek wat sy altyd gebruik het, weer toegepas.

“Jy dink ek sou met ou “Horrelpoot Conrad” getrou het? Al wat jy gehad het was daardie briljante verstand van jou! En dié het jy gebruik om jouself los te lieg toe jy amper van moord aangekla was!”

Hy het so vinnig beweeg dat sy onkant gevang is. Hy het haar klere afgeskeur en sy het soos ’n tier geveg – sonder ’n geluid. Bloed van haar vingernaels, het van sy gesig op haar gedrup.

Hy was té sterk vir haar en sy het hom laat doen wat hy wou. “Elmientjie, het hy eenmaal gefluister: “ek het jou lief. Ek sou met jou getrou het ten spyte daarvan dat jy sy...”

Sy het stil na hom lê en kyk na alles verby was. Hy het ’n laken oor haar gegooi en met sy kop in sy hande in ’n stoel neergesak.

“Ek het nooit verwag nie, André...”“Ek is jammer, Elmien,” het hy gemompel. Sy het

gesien hoe sy skouers ruk.Sy het badkamer toe gesukkel en onder die stortbad

gestaan - vir wat na úre gevoel het. Hy was weg toe sy uitkom. Sy het verpligtinge gehad waarvoor sy dankbaar was, maar in haar binneste het haat gesmeul wat geroep het om vergelding.

Haat en afsku vir twee mans – tweelingbroers. André wat haar in die steek gelaat het en kreupel

Page 264: Alleen in Plekke

254

Alleen in Plekke

Conrad, wat sy broer dood geskiet het. Sy was al die jare bewus daarvan dat sy een of

ander tyd sal moet terugkeer plaas toe. Sy weet dat hy elke jaar in die winter terugkom plaastoe.

Elmien sien hoe Conrad uit die huis kom, na haar motor stap en toe reguit kerkhof toe kyk. Sy hou hom dop soos hy in die maanlig aangestap kom. Iets aan hom het verander, maar sy kan dit nie eers plaas nie.

Sy staan op om beter te sien; hy hink nie meer as hy stap nie.

Dan staan hy voor haar. “Hallo, Elmien. Ek het geweet dat jy een of ander tyd sal terugkom Okara toe. Ek het gewag en gehoop.”

“As jy my so graag wou sien, kon jy mos stad toe gekom het – jy weet tog presies waar ek woon, nie waar nie, Conrad? Maar jy was te veel van ’n lafaard – net soos André, jou broer.

Toe ek hom nodig gehad het, was hy nie daar nie. Net soos jy wat gevlug het nadat jy my aangerand het.”

Dis dagbreek en in die bome bo hulle begin die voëls met hulle oggendsang. ’n Tarentaal stap pik-pik by hulle verby met haar kuikens.

“Ek het hom ook liefgehad, Elmien, soos vir jou ook.” Sy stem klink moeg, dink Elmien – en syself het nog nooit so moeg gevoel nie.

Hy gaan sit op die randsteen van ’n ander graf. Hulle luister hoe die plaas begin lewe kry.

’n Trekker begin dreun en ry in die rigting van die mielielande. Iemand te perd is op pad na die krale toe.

Page 265: Alleen in Plekke

Twee Broers

255

Dan hoor hulle die uitbundige gelag van die jagters en die gedreun van die bakkies.

Al behoefte wat sy het is om so gou as moontlik terug te gaan huistoe. Die verlede kan nie uitgewis word nie. Sy gaan die verlede vandag hier los, sodat sy verlos kan word.

“Waarom het jy na tien jaar weer teruggekom, Okara toe, Elmien?” verbreek hy die stilte.

“Ek het die herinnering van jou en André finaal kom begrawe!”

Sy haal ’n foto uit haar handsak en gee dit aan hom. Sy sien hoe hy verbleek en sy hand bewe.

“Dis my twee dogters, een nou amper tien jaar oud en die ander een word vyf. Is hulle nie pragtig nie, Conrad?”

“Hulle lyk na jou,” sê hy stamelend. En tog –”“Altwee aangenome kinders – heel toevallig dat

almal sê dat hulle net soos ek lyk. Natuurlik sal hulle nooit weet hoe die pa’s gelyk het nie.

Dit beskou ek as ’n genade. En nou is ek haastig, terug na my kinders toe.

Jy kan maar die foto hou ter nagedagtenis – aan ’n gelukkige familie – want dit is wat ons is.

En sal jy namens ons blomme op André se graf sit – daar’s pragtige rose in die tuin.”

Elmien stap in haar en Conrad se spore, met dieselfde voetpad, terug na haar motor. Sy kyk eenmaal om en waai – hy bly, soos toe hy ’n kind was, alleen en verlate staan.

Page 266: Alleen in Plekke

256

Alleen in Plekke

My ma en pa het nou elke dag baklei. Eers het hulle nooit baklei nie. Dis net van my boetie

dood is. “Waarom was die put nie toegemaak nie? En kon

jy nie jou oog op die kind gehou het nie! Nou is my kind dood en deur jou agterlosigheid!” het my ma geskreeu.

My pa het eendag my boetie saamgeneem Oupos toe en toe het hy in die oop put geval en verdrink.

Hy was mý kind ook, Anita!” het pa terug geskreeu. “En ek treur ook oor my kind!”

“Maar dit sal nie my kind terugbring nie, André!” My ma het begin huil. Ek het ook begin huil, want daar was nou niemand meer om mee te speel nie.

Hulle het nie geweet ek kan hulle hoor nie. Ek het deur my kamervenster geklim en onder die oop kombuisvenster gaan sit. Dit het ek elke dag gedoen as ek harde stemme hoor.

Voor my boetie dood is, het ons altyd teen die trap afgehardloop om te kyk wie eerste in die kombuis sal wees.

“Is die put al toegemaak?” vra my ma. Sy het nie meer gehuil nie.

“Ek het nog nie daarby gekom nie,” sê hy kortaf en ek hoor hom uitstap.

Die Put

Page 267: Alleen in Plekke

Die Put

257

Ouma kom ingestap “Anita jy sal vir Wynand moet kry om die bulkalwers te kom regmaak en die beeste te brand.

Ons boer agteruit! Ek sien die room gradeer ook ál swakker.”

“Ek weet darem nie ma – dit sal vir André kleineer.”“Watwou, hy sal maar té bly wees iemand anders

doen die werk. As hy die kalwers sny, sal almal vrek en ek dink nie hy weet hoe lyk ’n brandyster nie.

Jou oorle pa draai seker in sy graf om, oor wat nou hier op Leliepan aangaan!”

“Ek sal maar weer begin boer – Wynand kan my net met die swaar werk kom help. Maar ma sal die huishouding moet oorneem – ek kan nie alles behartig nie.”

Ek het uitgeklim by die venster en vir pa gaan soek. Ek het geweet waar ek hom sal kry. Hy het op ’n klip langs die put gesit met die pensklavier en treurige liedjies gesing. Dit was so mooi dat ek weer begin huil het.

Dit was niks meer lekker op Leliepan nie. Ek het tussen die bosse gaan sit en aan my duim begin suig. Later het pa opgestaan en op sy knieë langs die put gestaan en huil en praat. Hy het seker gebid.

Ek het voëlnessies begin soek om te kyk of daar nie klein voëltjies is nie – miskien kan ek enetjie vat en vir my grootmaak?

Oom Wynand het omtrent elke dag gekom om ma te help met die boerdery. Dan was pa altyd weg

Page 268: Alleen in Plekke

258

Alleen in Plekke

met sy pensklavier. In die aand het ek altyd langs hom gaan sit, as hy speel en hy het vir my gewys waar om te druk; maar ek kon nog nie die groot pensklavier vashou nie.

Maar ek het die liedjies saam met hom gesing.Eendag het pa en ma weer begin baklei. Ek en ma

het afgedek en ek wou eers weghardloop, maar alles het so vinnig gebeur dat ek nog met die borde gestaan het, toe ma oor die stoele val.

“Die mense skinder oor jou en Wynand, Anita – julle is gedurig saam! Hy boer nou meer op Leliepan as op sy eie plaas!”

“Beskuldig jy my van iets onheiligs, André? As jy nie so ’n sukkelaar was nie, dan was dit nie nodig dat Wynand my moes kom help nie!”

Ek het gesien hoe pa sy vuis swaai en ma in haar gesig slaan dat die bloed spat. Sy het oor die stoele geval tot op die vloer. Ek het langs haar gaan kniel.

“Siestog, ma... siestog ma...” Ek het met my rok probeer om die bloed af te vee. Sy het gelê en huil en ek het maar langs haar gaan lê en huil.

Ouma het ons altwee opgetel en die bloed met ’n vadoek van ma se gesig afgevee. Haar lip het baie gebloei en ouma het uit ’n klein botteltjie goed aangesmeer tot die bloed stop.

“So, ’n lafaard – om ’n vrou te slaan en dan te vlug!”

Ma se lip het begin swel en aan haar tande was nog

Page 269: Alleen in Plekke

Die Put

259

bloed. Ouma het vir haar ’n nat servet gegee om oor haar lip te hou. Ek het met my arm om haar lyf gesit.

“Toemaar, ma,” het ek haar getroos. “Ek sal vir pa met ’n klip op sy lip gooi dat die bloed loop!”

Ma het begin lag; ek weet nie waaroor nie. Was sy dan nie ook kwaad vir pa nie? Ek was baie kwaad en ouma ook.” So ’n lafaard – om sy hand op te lig teen sy eie vrou!”

Oom Wynand het ingestap. “Wat gaan hier aan?” het hy gevra en na ma gekyk.

“Niks – ek het in ’n deur vasgeloop.” Ma het snaaks gepraat.

“Issie...issie, pa het vir ma geslaan!” het ek geskreeu en by die deur uitgehardloop. Ek het geweet waar pa is en reguit na die put toe gehardloop.

Hy het op ’n klip gesit waar hy altyd sit, maar hy het nie op die pensklavier gespeel en gesing nie. Hy het ook nie gehuil nie.

Ek het begin soek na ’n klip om hom op sy lip te gooi, maar het het nie een gekry nie. Toe het ek maar my duim gesuig en dit het beter gevoel; ek wou nie meer net huil nie.

In die bome het duiwe gekoer en vinkies het hulle nessies gemaak en dan weer stukkend geruk.

Pa het nog op die klip gesit en kyk na die put. Ek was nog baie kwaad vir hom en het weer ’n klip gesoek.

Kiewiete het opgevlieg en ek het geweet ek is naby

Page 270: Alleen in Plekke

260

Alleen in Plekke

hulle nes. Maar toe het ek oom Wynand op sy perd sien aankom en gaan wegkruip. Ek was vir hom ook kwaad.

Gaan hý nou vir pa op sý lip slaan. Ek wou eers weghardloop toe ek hulle harde stemme hoor, maar het uitgeloer toe ek nie meer stemme hoor nie. Hulle het mekaar met hulle vuiste geslaan.

Pa se gesig was vol bloed. Ek wou skreeu dat hulle moet oppas of hulle val in die put net soos my boetie.

En toe het ek gesien pa val in die put en ek het gehardloop en geskreeu.

Oom Wynand het op sy perd gespring en weggejaag.

“Pa...! Pa...!” het ek geroep maar alles was doodstil. Ek het op my maag gaan lê en in die put afgekyk. Dit was só donker, ek kon niks sien nie.

“Paaa...!” het ek geskreeu toe ek diep op die water iets sien – dit was net sy hoed. Pa was ook dood.

Ek het begin huis-toe hardloop die takke het my arms en bene gekrap en my gesig my hare het los gegaan en die takke het dit uit my kop geruk en my broekie was nat en ma sal sê ek is nie meer ’n baba om in my broekie te piepie nie ek het oor klippe geval en iemand het my gevang en ek het gesien dis oom Wynand ek het hom hom gekrap en gebyt en geskreeu hy vir pa in die put gegooi pa is dood sit my neer jy het pa dood gemaak...

Ma en ouma het my gebad en niks gesê oor ek

Page 271: Alleen in Plekke

Die Put

261

aan my duim suig nie, ook nie oor my nat broekie nie. Ouma het goed uit ’n klein botteltjie aan die stukkende plekke gesmeer en ek het aan my duim gesuig.

Ouma het my toegemaak en toe ek weer wakker word, het daar ’n kers in die kamer gebrand. Dit was al donker, maar ek was honger en het kombuis toe gestap.

“Ek is honger.” het ek gesê. Ek was vir hulle ook kwaad. Ma het ’n bord kos voor my gesit.

“Waar is pa?” het ek gevra. Ma en ouma het vir mekaar gekyk.

“Hulle soek nog na hom,” het ma gesê.“Maar pa is in die put, ek het gesien hoe gooi oom

Wynand hom in. Waarom gaan haal hulle hom nie uit nie? Sy hoed dryf op die water! Waarom gaan julle hom nie uit nie?” het ek geskreeu en die kos oor hulle gespoeg.

Ek het pa se pensklavier gegryp en na my kamer toe gehardloop.

Die volgende jaar is ek kosskool toe. Een vakansie het ma gesê sy en oom Wynand gaan trou. Toe een vakansie het ek ’n klein boetie gehad. Dit was die Krismisvakansie.

Die volgende dag het ek met die pensklavier put toe gestap. Ek wou dit in die water gooi agter pa en boetie aan, maar die put was toegemaak.

Vakansies het ek altyd pa se pensklavier gevat en in die kerkhof gaan speel en sing. Daar was al vier grafte:

Page 272: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

262

oupa, boetie, pa en ouma wat ook dood is ná pa.Ek het altyd die eerste liedjie wat pa my geleer het,

eerste gespeel om hallo te sê: “Lei, vriend’lik lig, deur aardse duisternis...”

Ek was nie seker of oupa en boetie en ouma my gehoor het nie, maar ek het gewéét pa hoor my.

Page 273: Alleen in Plekke

263

Sir Edgar Hawke en sy dogter, Sylvia Sinclair, was hoë profiel persoonlikhede in die stad. Hy was een

van die bekendste skrywers van sy generasie – en oor die wêreld bekend.

Nie net oor sy genialiteit nie, maar ook omdat jy mense van intellek in Kasteel Hawke ontmoet het. En Sylvia moes die rol van gasvrou oorneem na haar ma se geheimsinnige dood.

Dit het ’n stank veroorsaak wat selfs tot in die buiteland versprei het. Ingrid Hawke is een oggend dood aangetref aan die onderent van die steil trappe wat na die boonste vloer gelei het. Sy was aan ’n rolstoel gekluister en is deur ’n privaat verpleegster versorg.

Die verpleegster het verdwyn. Daar is gefluister dat sy ’n groot som geld betaal is, om te verdwyn. Die saak is later deur die publiek vergeet, maar die gereg het stadig maar seker sy gang gegaan.

’n Ambisieuse fotograaf wat ’n wag omgekoop het, het ’n hele nag lank in die tuin van Kasteel Hawke weggekruip en die volgende dag het sy koerant, foto’s van ’n onbekende vrou wat deur die tuin wandel, geplaas.

“Is dit Ingrid Hawke of haar verpleegster?” was die opskrif. Die publiek het die nuwe verwikkeling

Val van Kasteel Hawke

Page 274: Alleen in Plekke

264

Alleen in Plekke

verwelkom. Almal het onthou dat Ingrid Hawke se oorskot destyds in haar tuisdorp, Düsseldorf in Duitsland begrawe is.

Só is gesê. En het die verpleegster werklik verdwyn? So is daar gegis en bespiegel.

Tot almal se verbasing het Sir Edgar nie die koerant gedagvaar nie. Vir kommentaar het hy net gesê: “Is dit nie die hoogste bome wat die meeste wind vang nie?” En ’n nuwe boek van hom die lig laat sien.

Sir Edgar was gesteld op wie hy in Kasteel Hawke onthaal. “Net dié wat vir hulle self iets te sê het!” het hy die pers ingelig. “Ek mors nie my tyd op kwaksalwers nie!

“Tyd is die kosbaarste kommoditeit wat vir die mens gegee is!”

Dit was een van die min geleenthede wat hy iets vir die pers te sê gehad het. En dit was ál. Toe hulle aandring op ’n verduideling van sy woorde, het hy gesê: “Ek het so pas van julle gepraat.”

Al die doen en late van Sir Edgar en sy ryk en beroemde vriende is dan ook gereeld rapporteer. Sekuriteit was egter so streng dat die nuus maar skraps was.

Ten spyte van sy besige lewe, het sy boeke bly verskyn. As hy besig was met ’n boek, was hy vir niemand beskikbaar nie.

Hy was die soort man wat vriende vir lewenslank gemaak het; maar óók vyande. En dan was daar sy bewonderaars wat nie noodwendig sy vriende was nie

Page 275: Alleen in Plekke

Val van Kasteel Hawke

265

– baie wou hom as ’n kapstok gebruik om hulle idees aan op te hang en te wag vir sy reaksie.

Dan was daar diegene wat diep in hulle self besef het, dat dáár ook ’n talent verborge lê, wat gesmeek het om bevryding.

Erica von Braun, het in die laaste kategorie geval. Alhoewel ook ’n bekende in die kunstenaarskringe in die stad, was sy een van sy grootste bewonderaars.

Sy het sy boeke gelees en herlees. Alhoewel van haar skilderye in baie van die stad se rykes se huise gehang het en sy selfs al in die buiteland met sukses uitgestal het, was haar grootste ambisie om te skryf.

En sy het geweet dat dit binne haar vermoë was – sy het geweet dat tyd vir niemand wag nie – Sir Edgar se woorde het haar net gehelp om ’n finale besluit te neem.

Sy gaan skryf; skilder sal net ’n stokperdjie van nou af wees.

En sy het nie nodig gehad om aan ’n tema te dink nie – haar lewe sovêr het genoeg stof vir ’n boek gehad: Wie is ek regtig en waar is my ouers? Waarom wou hulle my nie gehad het nie?

Vandat sy kan onthou het sy daaroor getob – soms het verbittering haar dae lank in depressie gedompel.

Die enigste ma wat sy ooit geken het, was Mutti en haar tuiste, die plaas, Blue Skye. As sy Mutti gekonfronteer het, het dié haar altyd getroos met die woorde: As die tyd ryp is, sal jy alles hoor, Erica, dit berus nie by my nie.

Page 276: Alleen in Plekke

266

Alleen in Plekke

Al die geld en die weelde waarin sy grootgeword het, kon nie vergoed vir die vrae wat onbeantwoord gebly het nie. Sy sal nie ’n tranetrekker daarvan maak nie – daar is alreeds té veel van die snert in die mark.

Maar sy moet eers vir Mutti bel en haar van haar voorneme om te skryf, vertel. En dis tyd dat sy weer huistoe gaan. Sy verlang na Mutti en na Blue Skye. En Mutti is die één persoon wat haar kan help met haar boek.

Sy weet baie meer as wat sy voorgee. Sy wou net vir Mutti bel toe die telefoon begin lui. Dit is Sylvia Sinclair, Edgar Hawke se dogter.

Sonder om te groet, sê sy: “Sir Edgar wil vir ’n foto poseer en hy het spesiaal vir jou gevra. Ek het vir hom gesê dat daar nóg ander uitstekende skilders is, maar...”

Erica val haar in die rede.“Ek skilder nie meer nie,” sê sy. “Jy is reg. Miskien moet Sir Edgar iemand anders vra.”

In die agtergrond word gefluister – dan kom Sylvia weer op die lyn.

“Luister, juffrou von Braun, my man staan hier by my. Hy is Sir Edgar se persoonlike geneesheer en wil graag met jou praat.”

“Erica von Braun? Ek praat namens my pasiënt. Sir Edgar is nie gewoond daaraan dat sy bevele verontagsaam word nie. Veral nie nóu nie - hy is ’n siek man en wil die saak so gou moontlik afhandel,” sê dokter Sinclair.

Page 277: Alleen in Plekke

Val van Kasteel Hawke

267

“Ek is jammer om te hoor van Sir Edgar se siekte – maar ek skilder nie meer nie, dokter Sinclair. Ek kan jou nie help nie; probeer iemand anders,” sê Erica beslis en sit die telefoon in sy oor neer.

Wat ’n vermetelheid. Asof sy gereed staan om op hulle bevele te reageer. Sy het ’n groot bewondering vir Sir Edgar, maar sy dogter en skoonseun se houding staan haar nie aan nie.

Sy skakel dadelik Blue Skye se nommer. Mutti is kinderlik bly om haar stem te hoor. Erica vertel haar van haar voorneme om te skryf en die oproep wat sy gekry het.

“Ek is nou jammer dat ek so kortaf was met dokter Sinclair, Mutti. Maar dit was asof daar ’n dreigement in sy stem was.”

“Jy sê Edgar is siek, Erica?”“Dis wat dokter Sinclair sê. Dis Sylvia se man. Hy

is Sir Edgar se persoonlike geneesheer.”“Luister, Erica. Sluit jou woonstel, moenie die

telefoon antwoord nie en wag vir my – ek is binne twee ure daar!”

“Jy maak my bang, Mutti. Wat gaan aan?”“Ek is nou daar – dis tyd dat jy die waarheid weet!”Erica bly staan met die foon in haar hand. “Dis tyd

dat jy die waarheid weet,” het Mutti gesê. Die waarheid ? Wat het Sir Edgar se siekte daarmee te doen? Sy gaan nie vir Mutti wag nie – sy gaan Sir Edgar persoonlik konfronteer.

Hy weet ook iets, anders sou Mutti nie so reageer

Page 278: Alleen in Plekke

268

Alleen in Plekke

het op sy siekte nie. En sy het hom nooit anders genoem as Edgar nie, onthou Erica. Hulle ken mekaar! ’n Prentjie in haar kop begin vorm aanneem.

Sy bel en maak ’n afspraak met Sir Edgar. “Ek moet hom kom skilder,” verduidelik sy aan sy sekretaresse. “En reël met die sekuriteit, asseblief.”

’n Halfuur later hou sy voor Kasteel Hawke stil. Die sekretaresse ontmoet haar by die deur.

“Ek weet nie hoe jy hom geskilder gaan kry nie, juffrou von Braun. Dokter Sinclair het hom sy gewone medikasie gegee en dan slaap hy deur die nag. Selfs op die dag is hy nie meer sy ou self nie.

Selfs ek begin bedreigd voel en dit is net sedert hy sy testament verander het. Ek het dit getik en vir Sir Edgar gegee – maar nou word my kantoor elke nag deursoek; en syne ook na hy sy medikasie gekry het.

Erica is so geskok dat sy nie weet hoe om te reageer nie. “Is jy seker?”

“Weet jy nie? Is jy dan nie ook een van die highfliers van die stad nie? Jou naam is gedurig in die koerante. En jy is Sir Edgar se erfgenaam – ek het self die dokumente getik.

“Jy is sy dogter – dis waarom Sylvia en haar man jou uit die weg wil ruim, soos hulle arme Ingrid uit die weg geruim het. Dit was nie ’n ongeluk nie!

“Met hulle oproep vroeër wou hulle jou ook in ’n lokval lei. Was ’n wyse besluit van jou om nie op hulle oproep te reageer nie.”

Erica voel naar en duiselig. “Kan ek ’n glas water

Page 279: Alleen in Plekke

Val van Kasteel Hawke

269

kry, asseblief?”“Kom ons gaan na my kantoor toe – daar sal

niemand jou kry nie; ek het vir my ’n pistool aangeskaf vir die wis en onwis. My voorganger het my gewaarsku teen hierdie mense – maar ek het twee kinders om te onderhou.”

“Maar ek waai vanaand! Ek wil nie hier wees as die bom bars nie.”

Erica voel vernederd maar sy moet die vraag vra. “Wie is my ma?” vra sy sag.

“Jy meen jy weet dit nie eers nie, Erica?”“Asseblief... ”“Sy mistress wat hy op Blue Skye wegsteek – het jy

regtig nie geweet nie? Jou arme ding ...”Erica is nie meer kwaad nie – sy wil geen laaste

onthullings hoor nie – sy wil hulle net in eie munt terugbetaal, want sy weet wie sy is: sy is die onegte kind van Mutti en Sir Edgar.

En al die jare is sy soos ’n misdadiger weggesteek sodat sy reputasie nie dalk geskend kon word nie. En Mutti het soos ’n lafaard saam gespeel.

Maar vir haarself sal sy altyd Erica von Braun wees. Sy wil geen vêrdere geld van hulle hê nie, maar dit wat sy het sal sy gebruik soos hulle haar misbruik het.

En daarmee sal sy vir haar ’n vrypas iewers heen koop.

Met haar skilderwerk sal sy haarself aan die lewe kan hou.

“Ek dink ek waai maar voordat ek in die moeilikheid

Page 280: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

270

beland. Jy sal nie praat oor wat ek vir jou vertel het nie?”

“Natuurlik nie! Ek gaan ook waai soos jy sê – kan ek saam met jou ry? Ek het met ’n taxi gekom. Maar eers gaan ek die polisie bel,” sê Erica beslis.

Toe skakel sy die polisie. “Dit is Kasteel Hawke. Sal julle, asseblief dringend hierheen kom! Soos in onmiddellik. Ek het ’n dwelmkartel vir julle oopgevlek!”

Sy kyk na die sekretaresse wat met haar motorsleutels in die hand gereed staan, en lag.

“O, wie praat? Dis Sir Edgar Hawke se dogter Erica von Braun. Daar is nie tyd om te spel nie – julle moet dadelik hierheen kom! Nee, dis nie ’n gekskeerdery nie!”

“Kom ons waai,” roep Erica von Braun vrolik uit.

Page 281: Alleen in Plekke

271

Nou is sy weer op haar grond. Ná twee jaar se afwesigheid. Dit kon net sowel ’n eeu gewees

het! As sy dink wat alles in twee jaar kan gebeur... Ná die skietongeluk op die plaas waarin haar man,

Johan, dood is, het Linda onmiddellik teruggekeer na hulle huis in die Kaap.

Johan is in die ou familie kerkhof op De Hoop begrawe. Sy was drie maande verwagtend.

Haar pa en broer het gepleit dat sy langer moet bly; sy het hulle blameer vir wat gebeur het.

“De Hoop is my plaas, waar kry julle die reg om die wild so te laat uitroei? As ma nog gelewe het, sou dit nooit gebeur het nie!”

“Maar, Sus, dit is ’n bron van inkomste vir De Hoop,” het André, haar broer gesê. “Ek is nie ’n boer nie; ek wil skryf!”

Sy was woedend. “Ma is nou drie jaar dood en kyk hoe lyk die plaas! Waarom steek jy nie ’n slag daardie wit handjies van jou uit en doen iets nie? Dan sal die plaas genoeg inkomste lewer!”

“Dit is jóú plaas! Waarom kom boer jy nie?” het haar pa op sy stil manier gevra. Dit was geen aanval op haar nie. Vandat haar ma dood is, het daar net ’n dop oorgebly van die man wat hy was.

“Nee, ek gaan De Hoop verkoop. Julle het nog

Donkerstroom

Page 282: Alleen in Plekke

272

Alleen in Plekke

nooit belang gestel nie; en ek ook nie meer nie. “Julle is verantwoordelik vir Johan se dood!”

En só is sy daar weg. Sy het haar bes probeer om weer die drade van

haar lewe op te tel, maar dit was moeilik. Haar musiek studente was terug, maar sy moes entoesiasme veins.

Net die kind wat in haar gegroei het, het haar staande gehou. Dit is ’n seun, het sy in stille vreugde gedink. Ek sal hom Johan noem.

Toe sy op sewe maande pyne kry, het sy geweet sy gaan die kind verloor. Daarna het die bloeding begin. Haar en Johan se seun het net ’n paar ure gelewe.

Sy het hom laat doop: Johan. Dit was vir haar die einde van die pad.

Sy het haar studente laat gaan. Vir ure lank het sy langs die see gaan stap; daarna het sy doelloos op haar bed gaan lê. Een dag het in die ander gevloei, maar sy was skaars bewus daarvan.

Sy het die ou klein graffie van hulle kind gereeld besoek. Dan het sy daar gebly, totdat die opsigter die hekke moes sluit. Een dag was die hekke reeds gesluit; sy het teuggegaan en die nag op haar kind se graf aan die slaap geraak. Sy het geweet sy staan op ’n afgrond.

Uit haar skooldae het sy ‘n paar reëls uit ’n gedig van Eugene Marais onthou:

“Blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat;Die groot verlange wat my nooit verlaat.”Eendag het sy lusteloos in die tuin gewerk. Dit het

die vorige nag gereën en die plante het geskitter in die

Page 283: Alleen in Plekke

Donkerstroom

273

oggend son. Haar hande was bruin van die nat grond. Terwyl sy haar hande afspoel onder die kraan, onthou sy die jare toe sy en haar ma saam in die tuin gewerk het op De Hoop.

“Linda, ek het die plaas aan jou bemaak; jy is al een met liefde vir die grond. En grond is ’n troos as ’n mens swaar kry; vra my, ek weet!”

Sy het toe nie veel ag geslaan op haar ma se woorde nie, maar nou onthou sy die kindergraffie in die kerkhof. Haar ma moes ook ’n baba begrawe...ook haar eersteling...

Dit is die eerste maal dat sy dit weer daaraan dink. Dié nag slaap sy vir die eerste maal in meer as twee, jaar weer goed. Sy word eers wakker toe die oggendson op haar bed val. Sy bly lê en sien die see; hoor die meeue skreeu.

En sy besluit om terug te gaan.Linda reël al haar sake en voor sy die pad terug vat,

gaan sy na hulle kind se graffie en plaas ’n armsvol rose oral op die graf.

“Ek kom jou haal; jou laaste rusplek sal langs jou pa wees. En so ook myne.”

Toe vat sy die pad terug. Sy stop net om petrol in te gooi; ry deur die nag. Dis dagbreek toe sy oor die grens op haar grond inry. Sy kyk met ’n kennersoog rond.

So vêr as wat sy kan sien, is dit een wuiwende grasveld. Die kampdrade is herstel en ’n kudde Herefords is besig om die pad te kruis ,water toe. Die

Page 284: Alleen in Plekke

274

Alleen in Plekke

kondisie van die beeste is uitstekend. Hier moes ’n wonderwerk plaas gevind het, terwyl

ek weg was! Dink sy verbaas. Sy ry teen die bult uit en hou dan stil. Die geliefde

ou opstal lê stil en rustig voor haar. Dit is omring deur bome wat haar ma nog geplant het. “Hoe dom was ek, ma, om hier weg te gaan. Miskien sou ons kind nog gelewe het, as ek gebly het.”

Die kerkhof is op haar pad en sy hou daar stil. Soos ’n rolprent begin die gebeure van daardie verskriklike dag voor haar afspeel.

Die afgryslikheid om Johan dood te sien, waar hulle skaars twee ure vantevore nog met mekaar gesels het.

Al die bloed terwyl sy haar dooie man in haar arms hou. Die jagters wat soos verskrikte skape ronddwaal Die skuldige wat huil en probeer verduidelik.

Die polisie met hulle eindelose vrae. Dit was ’n ongeluk! Vir haar was dit ’n vonnis wat voltrek was op die onskuldige. En toe... die begrafnis, waar sy nie ’n traan kon stort nie.

Verbittering het toe alreeds oorgeneem en byna haar lewe verwoes.

En nou is sy terug, sonder verbittering, met net ’n stille aanvaarding. Sy stoot die hekkie oop en sien dadelik die marmer grafsteen op Johan se graf.

Trane verblind haar toe sy die geliefde naam lees: “Johan Neethling.” Sy vee eers haar trane af om vêrder te kan lees.

Dit is ’n aanhaling uit ‘The Prophet’ van Kahlil

Page 285: Alleen in Plekke

Donkerstroom

275

Gibran:“You shall be together when the white wings of

death scatter your days.”Wie op aarde sou die woorde gekies het? wonder

sy. Sy kon dit nie beter gedoen het nie. Net iemand wat my ken, kon daardie woorde gekies het, dink sy.

“Ek sal elke dag vars blomme op jou graf kom sit, Johan. En ek sal ons seun ook terug bring om hier langs jou te kom rus. Soos ek ook eendag, dink sy hardop.

Sy stap terug na haar motor.Nou moet sy by haar familie kom om verskoning

te vra en dankie te sê.Oral is werkers besig met hulle dagtaak. By die

huis is dit vreemd stil. Die honde storm op haar af; hulle ruik aan haar en heet haar só welkom. Sy klop aan die deur en roep. Niks gebeur nie.

Sy stap om die huis en probeer inloer, maar die gordyne is toegetrek. Die bakkie en die motor is ook nie daar nie. Hulle bly nie meer hier nie, dink sy verslae.

Van die krale se kant af, sien sy ’n man te perd aankom. Die man is vreemd, maar hy ry op haar perd.

Hy stop toe hy haar sien en swaai uit die saal. Hy kom met lang hale aangestap. “Het jy verdwaal?” vra hy.

“Nee, ek dink jý het verdwaal; wat soek jy op my perd?” Hy lyk ’n oomblik uit die veld geslaan.

“Ek het nie geweet dit is jóú perd nie! O, ek sien,

Page 286: Alleen in Plekke

276

Alleen in Plekke

jy is Linda Neethling!Ek het nie geweet jy is só mooi nie!” Hy bloos toe

sy hom koel aankyk.“Mag ek weet wie jy is?”“Ek is die voorman op De Hoop.” “Waar is my pa en my broer?”“Hulle woon nou in die dorp. André se eerste boek

is in die boekwinkels...” “En my pa, hoe gaan dit met hom?”Hy kyk deurdringend na haar. “Hoe dink jy? Jou

pa het getreur oor jou; hy het baie agteruit gegaan.”“Wel, dit is óns sake; ek sal sorg dat hy terugkom.

Sy verhuising van De Hoop af, was ’n verkeerde besluit.

“Hoeveel het jy daarmee te doen gehad?”“Wel, volgens jou broer was die plaas in die mark

en ek sou ál gekoop het, maar ons het herhaaldelik jou nommer geskakel; daar was nooit antwoord nie! En daar was skuld wat ek hier moes kom afbetaal.

“Wat se skuld?” wil sy weet.“Toemaar, ons kan later daaroor praat. Ek moet

eers die perd versorg.”“Soos jy kan sien : ek is terug en daar is nie sprake

van verkoop nie!“Die huis se sleutels, asseblief.” Toe sy in die huis instap, slaak sy ’n sug van

verligting. Hoe kon sy ooit hier weggegaan het? Sy neem ’n vinnige stortbad; sy wil nog blomme op Johan se graf gaan sit.

Page 287: Alleen in Plekke

Donkerstroom

277

Die voorman sit in die kombuis met ’n beker koffie. “Ek gooi vir jou ook in,” sê hy. Sy wil eers bedank, maar koffie sal lekker wees. Sy is moeg van die lang pad. Hy gee vir haar ook ’n beker koffie. Sy glimlag.

“Verkies jy liewer ’n koppie?”“Dis reg so,” bedank sy hom, en stap uit op die

stoep. “Ek is verbaas oor die verandering wat De Hoop

ondergaan het. As ek dink hoe dit gelyk het!”“Wel, jy moet onthou, ek sou die plaas gekoop

het!” hy klink geamuseerd.“Met ander woorde jy sou nie net as voorman

hierheen gekom het nie; jy het vir jouself kom werk.”“Darem nie! Ek is gebore met liefde vir die grond;

ek wou maar altyd boer. Na ek my graad in Landbou gekry het, het ek ander lande besoek en soveel moontlik kennis ingewin oor alle soorte boerdery metodes.”

“Wat gaan jy nou maak? De Hoop is nie te koop nie!”

“Die tyd sal leer,” antwoord hy. “Verskoon my. Ons het vandag die osse wat mark toe moet gaan, bymekaar gemaak. Dis tyd dat ek die stof afwas.” Hy stap die gang af.

Dan bly hy ook hier; dit sal nie werk nie. Hulle sal later sake moet uitpraat. Natuurlik sal sy hom moet betaal vir wat hy hier gedoen het. Dit sal aansienlik wees, te oordeel aan dit wat sy gesien het. En daar

Page 288: Alleen in Plekke

278

Alleen in Plekke

word osse mark toe gestuur!Sou hy sy eie boerdery hier bedryf? Sy sal vanaand

nog die plaas se boeke nagaan. En sy moet haar pa bel.

Linda trek die skoon vars lug diep in haar longe in. Die geur van nat grond maak haar bly soos ’n kind. De Hoop, my plaas, my grond.

Hoe reg was my ma nie toe sy die plaas aan my bemaak het nie.

Sy besluit om vir Johan se graf iets uit die veld te pluk. Sy stap in ou spore van jare gelede, nog altyd bekend, nooit vergete. Sy pluk van die verskeidenheid van grassoorte met subtiele kleure; nie twee soorte dieselfde nie.

Die geur van die laventelbos gemeng met die van frangipani en rose, hang swaar in die lug toe sy die hekkie van die kerkhof oopstoot.

Sy rangskik die gras in ’n groot koperkan. En sy dink aan ’n klein graffie in die Kaap. Linda voel asof sy haar arms, haar hele liggaam kan uitstrek oor die graffie en dit beskerm teen die elemente.

“Dit was té veel, Here...! Waarom, my kind ook wegneem?” Sy weet sy is histeries, maar hier is niemand wat haar kan hoor nie. Sy val op haar knieë: “Waarom...waarom? Waarom, my man en mý kind?”

Iemand lig haar op van die grond af. Dis die voorman. Sy ruk haarself los.

“Is daar niks heilig vir jou nie?” skree sy vir hom. “Gaan weg, asseblief...” Sy stamp hom weg van haar.

Page 289: Alleen in Plekke

Donkerstroom

279

Sy vee haar neus en oë aan haar mou af. Hy staan nog daar. “Asseblief...”

Linda kyk met weersin op na hom; wat dan in verbasing oorgaan. Trane loop oor sy wange. Sy het nog nooit ’n man sien huil nie. Sy weet nie wat om te doen nie. “Toemaar, ek het dit nie so bedoel nie.” sê sy troostend.

“Dan was jy verwagtend en het die kind ook verloor? Watter smart moes jy nie gely het nie! As jy toe maar liewer terug gekom het, dan was jy darem by jou familie.

“Daar was soveel haat in my vir almal hier, selfs vir die plaas. Ek kon darem in ’n mate regkom, omdat ek die lewe van ons kind in my gevoel het. Maar toe hy, dit was ’n seun, ook sterf, was dit té veel vir my om te verwerk.”

Hulle gaan sit op die rand van Johan se graf. “Ken jy van die poësie van Eugene Marais?” vra sy. “Ek onthou nog net twee reëls uit my skooldae. En jy weet hy het selfmoord gepleeg. Ek het op die rand van die afgrond gehuiwer...”

“ ‘O, Diep Rivier, O donker Stroom,Hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom’ ” haal

hy aan.Linda kyk hom verbaas aan. “Ja, daardie een! Ek

kon net twee reëls daaruit onthou:“ ‘Blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat;Die groot verlange wat my nooit verlaat.’ “En dit het my voedingsbron geword. Ek het nie

Page 290: Alleen in Plekke

280

Alleen in Plekke

besef dat dit ook ’n gebed is nie. Die ergste pyn het verdof. En ek het De Hoop onthou...”

Hy het opgestaan en ’n entjie weggestap. “Dit is goed dat jy gekom het; ek kan die plaas nie sonder jou voorstel nie.”

“Het jy die grafsteen opgesit en die aanhaling uit ‘The Prophet’?

“Ja,ek het.”“Jy kan nie dink hoe diep dit my ontroer het nie.

Dit was asof iemand ’n hand na my uitsteek en sê: jy is nie alleen nie.

Baie dankie... ek weet nog nie eers wat jou naam is nie!”

“Ek het my skuld kom aflos, Linda. Dit is al. Moenie te veel daarin lees nie. Dit is alles deel van ’n boetedoening.

Ek het klaar gepak, Linda. Ek vertrek môre.”Sy voel skielik in ’n hoek gekeer. “Maar ek sal ’n

voorman nodig hê...”“Luister eers, en besluit dan.”“My naam is Philip Roux...” “Ja...” Sy kyk vraend na hom.Hy het reg voor haar kom staan, waar sy nog op

Johan se graf sit. Hy is doodsbleek.“Dit was my pa wat verantwoordelik was vir jou

man se dood!” sê hy sag. En omdat jy nie wou bly nie, wat ek verstaan het, het ek gekom om De Hoop vir jou op te pas. Dis al manier wat ek die skuld kon aflos. En ek het geweet jy sal terugkom... eendag. En dan

Page 291: Alleen in Plekke

Donkerstroom

281

moes alles vir jou reg wees!”Linda kyk na die lang, donker vreemdeling

voor haar: Philip Roux. Sy het nooit eers gevra wie verantwoordelik was vir die ongeluk nie.

“Was jy ook een van daardie jagters?”“Nee, ek skiet net met die kamera,” probeer hy ’n

grappie maak. En jy moet net sien hoeveel wild ons nou het. Daar is nog nooit weer gejag op De Hoop nie. Op daardie voorwaarde het ek hier begin werk. En daar is nog so baie te doen, Linda.”

Skielik besef hy dat hy te veel praat en sy nog niks gesê het nie.

Sy staan op en steek haar hand uit. “Aangename kennis, Philip Roux. Die verlede is verby; ons het die prys betaal. Wat meer kan ons doen?”

“Baie! Jy sal nog sien hoe steek ek jou in die werk, Linda Neethling!”

“En ek vir jou, Philip Roux!” “Ons moet nou huistoe gaan, Linda. Môre gaan ’n

besige dag wees!”

Page 292: Alleen in Plekke

282

“My kind, ek weet jy is oud genoeg om jou eie besluite te neem, maar jý as ma, is daar om

jou kind te beskerm. Jy het ’n opgeskote dogter...”“Bly stil ma! Of ek praat nooit weer met ma nie!”

sis Frieda deur haar tande. Sy wil nie hê Luna moet die gesprek hoor nie. Haar ma het die manier om enige saak reguit aan te voer. “Doekies omdraai vererger net die probleem, sê sy.

Haar ma is besig om geduldig die laaste afwerkings aan haar trourok te maak. Haar tweede trourok, ’n droom in ysblou kant. So blou soos oom Gieljam se oë, het Luna ewe wys gesê.

Sy praat nie gewoonlik so met haar ma nie, maar dié en Ant Soes, hulle buurvrou, is uit daarop om haar komende huwelik te verhoed. En al kan sy nie haar vinger daarop lê nie, is haar eie dogter ook besig om haar te ondermyn.

Frieda wil nog verskoning vra toe Ant Soes en Luna instap met arms vol boeke. Ant Soes laat val haar boeke op die mat, en sak in die naaste stoel neer.

“Jy praat nie so met jou ma waar ek by is nie, Frieda,” hyg sy.

“Ant Soes was nie by nie,” sê Frieda, weer van vooraf vererg. “Weer afgeluister, nê, Ant Soes?”

“Frieda, jy praat nie so met Ant Soes nie. Sy is ons

Familiesake

Page 293: Alleen in Plekke

Familiesake

283

gas,” sê haar ma.“Julle moet nie baklei nie,” sê Luna. “Oom Gieljam

sal nie daarvan hou nie.”Frieda kyk verbaas na haar dogter. “Wat het oom

Gieljam met enigiets te doen, Luna?”“Hy behoort te hê,” sê Ant Soes.“Hy behoort,” stem haar ma saam.Frieda kyk pleitend na haar ma. “Ek is jammer,

ma, maar ek het Conrad lief en gaan met hom trou.” Haar ma is ’n wyse vrou na wie se raad sy behoort

te luister. Sy kan nie bekostig om nog ’n fout te maak nie. Eenmaal was genoeg. Haar ma het haar gewaarsku teen haar eerste man, maar sy het van beter geweet.

“Hy’s nie die man vir jou nie, Frieda. Daar is ’n duiwel in hom. Jy sal al jou dae by hom hê,” het haar ma probeer keer. En haar ma was reg. Die huwelik het net twee jaar gehou toe hy tussen neus en ore verdwyn het.

Sy het met haar baba van drie maande teruggekom huistoe.

“Dis die presiese woorde wat ek tien jaar gelede ook gehoor het, Frieda. Net nou is dit nog ’n gewigtiger besluit om te neem. Jy moet aan Luna ook dink ...”

“Asseblief ma ...” sê sy smekend. “Nie weer dit nie. Dis Ant Soes wat ook nog eenkant kwaad stook.”

“En dan is daar die plaas,” gaan haar ma onverstoord voort. ’n Groot trekpleister vir Conrad. Hy is werkloos en dis baie gerieflik om hier in te trek.

’n Man wat die naam ‘man’ werd is, trek nie by ’n

Page 294: Alleen in Plekke

284

Alleen in Plekke

vrou in nie. Hý sorg vir ’n huis. Soos die vinkmannetjie wat eers die nessie bou en dan begin vlerksleep.”

“O, ek sien,” sê Frieda, op haar perdjie. “Ma wil ons nie hier hê nie. Dís eintlik die probleem.”

“Ek wil Conrad nie hier hê nie,” antwoord haar ma reguit. Dis ’n goedbewerkte plaas wat jou pa vir ons nagelaat het – wat jy eendag sal erf, Frieda.”

“Dink ma, regtig hy wil met my trou oor die plaas?”“Wel, hy het nie eers werk nie; net skielik op die

dorp aangekom, en al wat ’n vroumens se kop laat uithaak – joune inkluis.”

“Wel, ek het hom voor almal se neuse weggeraap, het ek nie? Drie maande na ons ontmoeting het hy my gevra om te trou!”

“As dit is waaroor dit vir jou gaan, Christa, het ek nooit my eie kind geken nie. Jy kan nie so ligsinnig wees nie! Iets wat ek jou nog altyd wou vra: Wat is dit met jou en Gieljam dat julle nog nooit tot trou kon kom nie?”

“Dis eenvoudig: hy het my nog nooit gevra nie, ma!”

“Wel, hy het jou lief – en Luna is lankal soos sy eie kind. Julle ken mekaar al tien jaar; wat sukkel julle só? Ek dink hierdie skielike trouplanne van jou is om sy oë oop te maak.”

“Ma, ek het Conrad lief en gaan met hom trou – en moet nie bekommerd wees nie, ons sal op die dorp gaan bly of waar hy ookal werk kry. En ons praat nie weer hieroor nie, asseblief, ma.”

Page 295: Alleen in Plekke

Familiesake

285

“O, ja, ek wou jou nog sê: ek het vir Ant Soes en Gieljam ook genooi vir vanaand se braaivleis. Ant Soes het Conrad se mense geken. Hulle was ook vroeër van die kontrei, voor hulle uitgeboer het.”

“Ma weet watter ’n ou skinderbek sy is. Sý wil natuurlik ook – nét soos ma – hê ek moet met Gieljam trou; hy’s mos familie van haar.

Maar julle kan nie vir my ’n man kies nie! En ek gaan dit nie duld as julle Conrad onvriendelik behandel nie - dan stap ek saam met hom hier uit!”

“Natuurlik nie, Christa. Wanneer het ek al ’n gas aan huis sleg behandel? Maar ons sal moet begin klaar maak: Ant Soes kom altyd vroeg om te help met die voorbereidings; sy boer ook maar soos haar vinger en is uitgehonger vir geselskap.”

“Ai, ma, en Conrad dink die braaivleis word gehou, as ’n verwelkoming vir hom, in die familie.”

“Waar sou hy dié idee gekry het, wonder ek?”“Hy wou vanaand ’n verloofring aan my vinger sit

en ma se toestemming vra om met my te trou.” “Maar hy kan dit nog altyd doen – niks verhinder

hom nie, Frieda.”“Wat sal ma se antwoord wees? Nie dat dit soveel

saak maak nie; maar ons het gedink dit sal ’n mooi gebaar wees.”

“Kom ons gaan maak klaar, my kind – ons kyk maar hoe sake afloop. Waar is Luna?”

“Leer seker of sit iewers en lees – ’n regte bloukous!” sê Frieda.

Page 296: Alleen in Plekke

286

Alleen in Plekke

Ant Soes daag eerste op met groenmielies, klaar toegedraai in foelie, en ’n gebakte poeding vir nagereg. Sy begin sommer dadelik braaibrood maak.

“Waar is Luna?” vra sy. “Luna! Ant Soes, is hier!” roep Frieda. “Seker weer

besig om iewers te sit en lees.”“Ek kom!” skree Luna en storm die trappe af.

“Het Ant Soes weer vir my boeke gebring?”“Lunatjie, my skapie!” Sy druk die kind teen haar

vas. “Jy word by die dag mooier. Jy weet jy is maar soos my eie – voor my groot geword. Ek is trots op jou dat jy so presteer op skool.

“Ek het vir jou ’n klomp boeke gebring; dit lê nog in die motor.”

“Baie, baie dankie, Ant Soes! Ek gaan dit sommer nou haal.” Sy hardloop by die deur uit.

Frieda stap uit op die stoep toe sy Conrad sien stilhou. In die kombuis kan sy haar ma en Ant Soes hoor fluister. Wat beplan hulle nou weer? wonder sy ergerlik.

Sy waai vir Conrad, maar hy sien haar nie. Hy gaan help Luna om die boeke te dra, staan en gesels met haar en maak nie aanstaltes om in te kom nie.

Dis doodnormaal, dink sy. Een van die dae sal hy pa wees vir haar dogter. Dis haar ma wat hierdie agterdog in haar kop geplant het, sodat sy haarself aanhoudend moet oortuig dat sy hierdie keer die regte keuse maak.

Sy hoor Gieljam se ou trok aankom, nog voordat

Page 297: Alleen in Plekke

Familiesake

287

sy dit sien. Hy het dit opgebou uit ou motorparte om die plaaswerk te verrig. Sy het nog altyd gewonder oor Gieljam.

Hy het nooit getrou nie, hou ’n oog oor haar ma sedert haar pa se dood en oor haar en Luna na hulle terugkeer.

Daar was ’n tyd wat sy gedink het aan ’n verhouding tussen hulle, maar dit het nooit ontwikkel nie. Was sy té beskikbaar? Vandat Conrad op die toneel verskyn het, het sy besoeke op die plaas toegeneem.

Toe hy stilhou, pak Luna al die boeke op Conrad se arms en storm met ’n bloedstollende gil op Gieljam af. Hy raap haar op en swaai haar in die rondte.

Conrad staan nog steeds met die boeke in sy arms en kyk na Gieljam en Luna. Sy skrik toe haar ma skielik agter haar praat.

“Sien jy nou wat ek bedoel, Frieda? Hy het nog nie eers in jou rigting gekyk nie.”

Sy antwoord nie, maar stap en vat party boeke by Conrad. Gieljam groet en begin sommer gesels oor die lekker reëns en die skaarste aan werksmense.

Luna kom hardloop by hulle verby met ’n toegedraaide geskenk.

“Jy bederf haar, Gieljam,” vermaan Frieda.“Wel, sy is soos my eie kind. Het voor my groot

geword – ek is die pa wat sy nooit geken het nie.”Frieda kyk verbaas na hom – dit is die heel eerste

maal wat hy iets só persoonlik sê. Maar hy het te laat geslaap.

Page 298: Alleen in Plekke

288

Alleen in Plekke

“Nie meer vir lank nie, as ons eers getroud is,” sê Conrad en haak by Christa in, “sal ek haar pa wees.” Christa hoor die uitdaging in sy stem. “Vanselfsprekend Conrad, maar tot dan...”

Luna staan op die stoep en het seker die gesprek gehoor. In haar hand swaai sy ’n nuwe leertas.

“As is verbrande hout,” begin sy sing en swaai die tas al in die rondte – “as is verbrande hout!” Haar rok swaai oop om haar lang bene.

Haar ma en Ant Soes lag luidrugtig.Frieda trek haar asem hoorbaar in. Sy sien ’n

donkerblou kneusplek, so groot soos ’n tennisbal, op Luna se bo-been verskyn en verdwyn soos sy draai.

“Stop dit, Luna!” Haar stem is skerp van ontsteltenis. Sy sien dat Gieljam dit ook raakgesien het.

“Ek is maar net bly oor my nuwe boeketas, Mamma!”

“Kom, ek wil iets vir jou gaan wys, Conrad,” keer Frieda, want sy ken sy humeur. En hierdie is blatante uittarting. Almal het saamgesweer om Conrad te beledig.

Selfs Gieljam. Haar ma en Ant Soes sit agter die gekonkel. En die blou kol kon Luna op die sportveld gekry het.

Toe hulle alleen is, soen sy hom. “Waar’s die ring? Kom ons raak sommer net hier verloof – dan kan ek instap en my ring onder almal se neuse gaan swaai.”

“Ek het dit nog nie; moes eers kleiner gemaak

Page 299: Alleen in Plekke

Familiesake

289

word,” antwoord hy. “Maar dit is al twee weke gelede – hoe lank

kan dit nou neem om só iets te doen?” vra Christa teleurgesteld.

“Kom, ons gaan in – ek het nog nie eers die twee ou hekse gegroet nie,” sê hy en lag. Gieljam is besig om vuur te maak en Luna speel met die hond.

“Kom hier, jou mooi ding, jy’t my nog nie eers behoorlik gegroet nie,” sê Conrad vir Luna.

“Hallo, Oom Conrad!” skree sy en hardloop met die hond om die huis.

“Ek hoor jy kan nie op die dorp werk kry nie, Conrad,” begin Gieljam gesels. “Met die drie plase gaan dit maar noustrop; jy stel nie belang in ’n vennootskap nie?”

Almal is nou om die vuur vergader en luister na die gesprek.

“Waar sal ek die tyd kry?” vra Conrad. “As ek en Frieda trou sal ek my hande vol hê met dié plaas.”

“Van waffer plaas praat jy, Conrad?” vra Ant Soes en hou haar hand bak agter haar oor. Hulle is onmoontlik, dink Frieda; nou is Ant Soes skielik hardhorend.

“Híérdie plaas; Frieda sal dit tog erf en as haar man sal ek dit moet bestuur,” skreeu hy.

“En waar gaan julle bly, Conrad?”“Natuurlik, hier, waar anders? Dit is tog Frieda se

huis.”“Die man sorg gewoonlik vir ’n dak oor sy vrou se

Page 300: Alleen in Plekke

290

Alleen in Plekke

kop, nie andersom nie,” sê haar ma.Frieda het genoeg gehad. Sy stap om die huis en

kry Luna in die roostuin. Sy is besig om rooi rose te pluk.

“En dit? Waarom pluk jy net rooi rose, Luna?”“Dis mos die kleur van liefde, Mamma. Ek pluk dit

vir oom Gieljam – om dankie te sê vir die boektas.”“Luna, waar kry jy daardie blou kol op jou been?”“Oom Conrad het my op die trap omgestamp toe

ek hom met my raket geslaan het, Mamma. Ouma het gesê ek kan maar.”

“Waarom, het jy hom met die raket geslaan, Luna?” “Hy het sy arm om my skouers gesit toe mamma

in die huis ingaan,” antwoord Luna. “Ouma het my vertel van mans en vrouens; mamma moet maar vir haar vra.”

“Dis genoeg rose, Luna, kom ons gaan terug – die ander wag seker al vir ons.” Frieda is hewig ontsteld.

Het Luna álles vertel? Maar miskien was dit net ’n gebaar van Conrad – dis haar ma wat Luna so opmaak teen Conrad.

“Waarom aanvaar jy nie Gieljam se aanbod nie, Conrad?” Haar ma is aan die woord toe hulle by die groep om die vuur aansluit.

“My ouers het genoeg vir my nagelaat vir ons om van te lewe; ons sal op die dorp gaan bly,” sê Conrad.

“Ek het jou ouers geken, Conrad,” begin Ant Soes weer. “Anna en Piet Grové; hulle het in die

Page 301: Alleen in Plekke

Familiesake

291

kontrei geboer, maar die Landbank moes later die plaas terugvat – die droogte het baie boere gebreek - dáárdie tyd.

Anna het het my juis gebel. Hulle het gehoor jy is op die dorp en of jy dan nie ’n draai sal maak nie. Het ook ’n geldjie nodig. Die huur is glo agterstallig ....”

“Dit moet ’n fout wees. Ek ken nie sulke mense nie,” skreeu Conrad vir Ant Soes toe sy weer hand agter die oor wag vir ’n antwoord.

“Conrad se ouers is dood,” kom Frieda hom tot hulp.

Frieda weet haar ma is reg – hier misken hy sy eie ouers! Sy weet hy lieg oor die ring; en dan knou hy nog vir Luna ook af. Almal bly stil toe sy in die middel van die vloer gaan staan; Luna met die yslike bos rose, langs haar.

Frieda praat kalm en afgemete: “Conrad, het jy my kind van die trappe afgestamp? Sy het ’n bloukol so groot soos ’n tennisbal op haar been!”

Hy vlieg op uit sy stoel: “As sy so sê – dan lieg sy! Wat sy kort is ’n goeie pak slae!”

Skielik is almal op hulle voete. “As jy aan Luna slaan, gee ek jou die pak slae van

jou lewe!” dreig Gieljam en stap tot voor Conrad. “En jy het Frieda se vraag gehoor: het jy Luna van die trap afgestamp?”

“Ja, hy het oom, Gieljam! Ouma het gesê as hy aan my vat moet ek hom op sy maermerrie skop of

Page 302: Alleen in Plekke

292

Alleen in Plekke

hom met enigiets oor die kop slaan – ek het hom met die boeksak geslaan toe hy sy arm om my skouers sit. Ouma het my vertel van mans en vrouens...”

Gieljam gryp Conrad om sy nek, dwing sy kop af, vat sy broek op die sitvlak vas en dra hom uit na sy motor. “Ry!” hoor hulle Gieljam skreeu. “En jy sit nie weer jou voet op die plaas nie!”

“Kom, jy, Frieda?” roep Conrad uit die motor. “As jy nie saamgaan nie, sien jy my nie weer nie!”

Almal staan om haar, selfs Gieljam; en hulle staar na haar.

“Dit sou my verlowingspartytjie gewees het, weet julle?” Sy kyk van die een na die ander. “Maar toe vergeet Conrad die ring!

En waarom het ma my nie eerder vertel, dat hy Luna van die trap afgestamp het nie? En van wanneer af is jy doof, Ant Soes?

En Gieljam wie het jou aangestel as kampvegter vir my en Luna?”

“Seker maar die Voorsienigheid, Frieda, - met die hulp van jou ma, my tante, en Luna.”

Die aand gaan loer Christa by haar dogter in nadat sy by haar ma seker gemaak het, dat daar niks met Luna verkeerd gegaan het nie. Op die beddekassie staan die rooi rose, met langsaan ’n kaartjie.

“Oom Gieljam, het gesê ek moet liewer die blomme vir mamma gee. En as ek ma is, vra ek maar vir oom Gieljam om te trou. Ouma sê mans moet

Page 303: Alleen in Plekke

Familiesake

293

maar ’n bietjie aangepor word – hulle is maar só! Sal mamma vanaand hier slaap? Dan word ons

altwee by Gieljam se rose wakker. Nag, mamma.”Christa voel trane in haar oë. Dan moet sy glimlag

– Gieljam se rose, dink sy en kruip langs haar dogter in die bed.

Page 304: Alleen in Plekke

294

“Dit kan nie meer lank wees nie,” fluister iemand.

“Goddank ...” fluister hy, “dit was eeue té lank ...”“Wat sê hy?”“Klink of hy gebid het.”“Catherine...”“Daar was ’n vrou lank gelede. In ’n ander land.”Die sterwende man kom effens orent uit die bed,

strek sy lang, maer arms voor hom uit asof hy iemand wil omhels.

Voor hom sweef sy in ’n helder lig met ’n kind in haar arms al vêrder en vêrder weg.

“Waarom het jy my nooit gesê van die kind nie, Catherine?”

“Hy het van ’n kind gepraat, kyk, hy huil.”“Hy het nooit kinders gehad nie.”Die ou man val terug teen die kussings. Dit lyk

asof hy slaap.“Kom, Reyneke...” hoor hy haar roep. “Wag vir my, Catherine...”Voor hulle is ’n helderverligte tonnel. Hulle draai

om en om, die kind tussen hulle. In die koel naglug hoor hy musiek al duideliker word hoe vêrder hulle in die tonnel inbeweeg.

Dis dieselfde musiek waarop hulle daardie aand

Goed wat Agtergebly het

Page 305: Alleen in Plekke

Goed wat Agtergebly het

295

gedans het. “Kyk hy glimlag, hy moet gelukkig wees.”Hy is gelukkig. Hulle het op die stoep van die klubhuis gesit en

bier drink, die rugbyspelers en die netbalspan. Almal was nat gesweet; die son het nie genade geken nie. Altwee spanne het afgereken met twee spanne van die buurdorp en hulle was in ’n vrolike stemming.

Reyneke het pas by die mangaanmyn begin werk as skofbaas.

“Wie is daardie meisie?” vra hy aan Gys, ’n myner wat langs hom sit.

“Maar net die mooiste meisie in die Sandveld en ryk Joseph Jordaan se dogter.

“Vergeet van haar. Sy is so onbereikbaar soos die maan, leef in ’n wêreld van haar eie.”

Soos ek, dink Reyneke.Sy sit alleen in haar kort netbalrokkie, haar lang,

bruin bene voor haar uitgestrek, haar donker hare in ’n poniestert. Asof sy weet hulle praat van haar, kyk sy op en direk na hom haar blou oë intens, ondersoekend.

“Jy sê haar ouman pas haar goed op?” vis Reyneke. “Nee, allermins. Hy moedig haar aan om meer

sosiaal te wees. Dis sy wat haar onttrek van almal. Bly saam met haar pa op die plaas en wil altyd alleen wees; dan is sy gelukkig – het sy eenmaal vir my gesê.

Een of ander tragedie op die plaas jare gelede – iets met haar ma se dood – moes ’n letsel op haar gelaat het; nie dat sy ooit daaroor praat nie.”

Page 306: Alleen in Plekke

296

Alleen in Plekke

Slegte kombinasie, dink Reyneke – hy is ook alléén gelukkig en kan nooit lank op een plek vertoef nie; dan begin ’n hunkering na nuwe plekke aan hom knaag.

“Jy soek na iets wat jy nie verloor het nie,” het sy vriende goedig geterg.

Sy familie was minder simpatiek. “A rolling stone gathers no moss,” het hulle verwyt. Veral sy ma het dit hard gevat. Elke maal het sy hom gegroet, asof sy hom nooit weer sou sien nie.

En só het dit ook gebeur. Hy het eers ses maande na haar dood daarvan gehoor. Hy was daardie tyd ’n huursoldaat in die Kongo.

“Het jy al iemand gevra vir die dans vanaand, Reyneke? Dis die Oujaar uit, die Nuwe Jaar in! Ons het ’n groot opelug dansbaan hier, en ’n lekker orkes: Die Sandtrappers – en hulle ken van!”

“Ek sal sommer so in die bondel dans, Gys.” Hy was nie eers van plan om te gaan nie – hy sal liewer die Nuwe Jaar inlees as indans.

Die son was skaars onder toe hy die musiek van - Rock around the Clock Tonight - hoor. Waar jy ook al gekom het, het jy dit gehoor; en natuurlik het Elvis Presley nie agter gebly nie.

Later gaan staan hy ook die vrolikheid en bekyk. Die Sandtrapper-orkes ken hulle storie. Dis ’n

groot, ronde dansvloer, versier met veelkleurige liggies; en is óórvol; die dansers word nie moeg nie – die koel briesie wat trek hou die sweet weg.

Page 307: Alleen in Plekke

Goed wat Agtergebly het

297

As die orkes ’n oomblik asemskep, word die draaitafel aangeskakel. “Dagbreek toe!” skree iemand.

En dis Rock Around the Clock Tonight, Blue Suede Shoes, Jailhouse Rock en Wooden Heart. Die meisies se wye aandrokke swaai oop om hulle soos blomkelke, soos hulle rock-en-role, of jive; die ouer garde pas die musiek in op ’n wals, ’n settees, ’n vastrap; party tango selfs. Dis immers Oujaar!

Hy was dertig, maar met sy omswerwinge het hy té veel van die skadukant van die lewe gesien – hy het soos ’n ou man gevoel. Reyneke draai om na sy kamer toe.

In die maanskyn sien hy ’n meisie aangestap kom. Sy het ’n lang wit rok aan en dit lyk asof sy sonder doel stap – dis Catherine. Hy stap stadig na haar toe. Sy gaan staan.

“Catherine,” sê sy en steek haar hand uit.Hy neem dit versigtig, asof hy bang is sy sal seerkry.

“Reyneke,” sê hy.Hulle bly staan woordeloos en kyk na die dansers.“Sal ons gaan dans, Catherine?”“Ja,” sê sy, en sug. “Dis weer die einde van nóg ’n

jaar.”Hy neem haar hand en hulle stap stadig na die

dansvloer toe; asof hulle nie omgee of hulle dit bereik of nie. Hy vat haar liggies om haar lyf en hulle begin dans op die musiek van: Are you Lonesome Tonight?

Reyneke voel ’n knop in sy keel. Hy sal nooit weer op ’n Oujaarsaand met Catherine op dié musiek dans

Page 308: Alleen in Plekke

298

Alleen in Plekke

nie, weet hy. En ’n gevoel wat hy gedink wat lankal dood is in

hom, het weer ontwaak – deernis. Deernis vir hierdie onbekende wese in sy arms, wat om een of ander rede, net so verlore gevoel het, soos hy. Hy het nie probeer om te ontleed waarom hy so gedink het nie – hy het net geweet.

Hy het ook geweet hy dat hier langer sou vertoef as op enige ander plek voorheen. Oor naweke of wanneer ’n tydjie kon afknyp het hy net een pad geken – en dit was na Catherine toe.

Sy was soos ’n verslawing – waarvan hy nie verlos wou word nie. Soms as hy op die plaas gekom het, was sy net weg – niemand het geweet waarheen nie.

Partykeer het hy ure vir haar gewag en het sy in sy arms geval - asof hy haar enigste toevlugsoord was. Hy sou by haar huis aankom en sy sou aangaan met haar skilderwerk, asof sy onbewus was van sy teenwoordigheid.

Dan het hy teruggekeer na sy kamer by die myn en gesweer dat hy klaar was met haar.

Maar sy was soos ’n magneet – hy het altyd teruggegaan. Sy was soos ver, vreemde plekke wat altyd die mag gehad het om hom van een plek na die ander te trek.

Miskien was dit tyd om tot rus te kom, het Reyneke gedink.

Hy het Catherine liefgehad; hy was bereid om alles vir haar prys te gee – sy vryheid; en vir hom was dít

Page 309: Alleen in Plekke

Goed wat Agtergebly het

299

sy alles. Sy het hom aan haar pa gaan voorstel – hulle het in aparte huise gewoon; hy kon nie anders as om te wonder daaroor nie.

Na hulle mekaar ses maande geken het, het hy haar gevra om met hom te trou.

“Natuurlik, Reyneke! Ek het gedink jy sal my nooit vra nie – ek het jou lief en wil die res van my lewe by jou wees! Maar jy sal eers by Pappa moet verbykom,” het sy geterg.

“Ons kom goed klaar, Catherine en jy is ouer as een-en-twintig; jy kan self oor jou lewe besluit, nie waar nie?”

“Dis maar net ’n ou gebruik en Pappa sal in die wolke wees – ek dink hy het altyd gevrees dat ek ’n oujongnooi sou word.”

Haar pa was ’n boer in murg en been; prakties en uitgesproke.

“Reyneke ek hou van jou, maar Catherine is my enigste kind en baie kosbaar vir my. Jy mors nie met haar nie. Soos ek verstaan het jy rooimiere – kan nie tot ruste kom nie. Dit het ek afgelei uit ons geselskap die afgelope ses maande.

As sy jou liefhet sal sy seker saam met jou rondswerf en gelukkig wees. Maar wat se lewe is dit vir ’n vrou? Wat as daar kinders is?

Hiermee sê ek nie dat julle nie kan maak soos julle wil nie – solank my kind gelukkig is – is ek tevrede.

Ek het egter ’n voorstel om aan jou te maak. Wanneer julle getroud is, vestig julle op die plaas –

Page 310: Alleen in Plekke

300

Alleen in Plekke

jy is tog ’n plaasseun. Ek word oud en sal graag my kleinkinders hier wil sien rondhardloop.”

“Dankie, oom, ek aanvaar die aanbod – dis tyd dat ek wortelskiet. As ons getroud is, sal ons hier bly en oom sal kleinkinders om oom sien speel.”

Die ou man was bewoë van dankbaarheid en Reyneke was nie van plan om hom teleur te stel nie. En hy kon hom nie buitendien nie ’n ’n lewe sonder Catherine voorstel nie.

Hulle het stil verloof geraak – soos Catherine verkies het.

As hy nou op die plaas gekom het, het sy al vir hom staan en wag. Reyneke het geweet dat hy na baie omswerwinge tuis gekom het. Die ou drang in hom om nuwe plekke, ervarings en mense te sien, het verdwyn.

Wanneer hy kans gehad het, het hy saam met haar pa te perd die veld ingevaar om veeposte om te ry of osse aan te keer vir die mark. Hy het op ’n karakoelplaas in die Suide van Suidwes groot geword – al verskil was dat dit ’n beesplaas was – maar die werk op ’n plaas is veeleisend. Hy het gewonder hoe die ou man dit kon volhou.

“Waarom kom speel jy nie meer netbal nie, Catherine?” Hulle was op pad, na ’n kuil in ’n Omuramba, wat na goeie reëns volgeloop het, en waar hulle gereeld geswem en piekniek gehou het.

“Ek het nie meer tyd nie – ek is besig met ’n reeks skilderye, wat ek in Oktober gaan uitstal by die

Page 311: Alleen in Plekke

Goed wat Agtergebly het

301

opening van ’n nuwe galery.”Dit was ’n bewolkte dag en Catherine wou nie

swem nie. Hulle het die piekniekmandjie uitgepak. Daar was ’n somber atmosfeer oor alles.

“Vertel my van jouself, Reyneke – ek weet nog so min van jou. Van al die plekke waar jy was en waar jy voorheen gewerk het.”

Daar was die wonderlike dinge van Afrika – hoe hy op Kilamanjaro gestaan het, die bulderende watermassa van die Victoria Falls, die roep van die visarend; aande om ’n kampvuur.

Maar oorheersend was die ander kant van Afrika – donker, onheilspellend. Die bloedvergieting, die lyding van verhongerde kinders, die gevaar wat oral geskuil het en jy uit enige rigting kon verwag – dag of nag. En tog die vryheid... Jy het van oomblik tot oomblik geleef – tyd het nie ’n rol gespeel nie.

“Kom, ek gaan wys dit vir jou, Catherine; jy moet dit self sien. Dis nie asof ons verplig is om hier te bly nie. Elke dag dieselfde roetine – dis sielsdodend!”

Dit het gelyk of sy hom nie gehoor het nie. Sy het in die water gestaar wat op die bewolkte dag donker en onheilspellend gelyk het.

Sonder om hom te kyk het sy gesê: “My ma het hier verdrink toe ek tien was.” Toe het sy direk na hom gekyk. “Sy het ’n baba verwag.”

Daar was niks om te sê nie; hulle het in stilte teruggestap huis toe. Sy het dadelik begin skilder. Hy het gaan tee maak en vir haar ’n koppie gegee. Hy het

Page 312: Alleen in Plekke

302

Alleen in Plekke

gekyk na die swart massa op die doek.“Wat skilder jy?” Vir hom was dit net donker

massa – soos die water in die kuil.“Kan jy nie sien nie – ’n fetus, hier is een voetjie;

daar’s die koppie... kom kyk ek het een van jou ook gemaak, Reyn.”

Sy haal ’n skildery uit. Dis van hom, maar as ’n ou man; sy hande gevou oor sy bors, sy oë gesluit.

“En hier is een van my.” Sy het ’n skildery voor hom gehou. Hy het geskok daarna gestaar. Sy het op water gedryf, haar arms uitgestrek, haar swart hare soos seewier om haar; haar gesig skaars sigbaar.

“Waarom is jou skilderye net oor die dood, Catherine?”

“Dis nie net oor die dood nie – die fetus lewe.” Sy begin alles wegpak. “En óns lewe Reynecke – dans met my – dieselfde musiek wat ons die eerste maal saam op gedans het; ek het ook dieselfde rok aan.”

Soos hulle draai sien hy hoe hulle skaduwees kom en gaan op die muur, om en om... Die kerse wat hulle aangesteek het, is byna uitgebrand.

Die musiek stop, maar hulle draai en draai. Hy voel sy hemp nat word van haar trane. Hy stop en vee haar trane af.

“Dis onvermydelik, Reyneke – ek het dit van die begin af geweet. Ek het dié Reyneke lief wat vry en ongebonde wil wees om te doen soos hy wil – en ek moet vry wees om te doen wat ek wil doen?”

Sy kom staan voor hom en draai die verloofring

Page 313: Alleen in Plekke

Goed wat Agtergebly het

303

om en om. “Haal jy dit af; jy het dit aan my vinger gesit.”

“Wag nou, Catherine, laat ons eers alles uitpraat. Jy skilder; dit sal vir jou ander deure oopmaak.”

Sy kom staan voor hom en strek haar linkerhand uit; hy sien die blouflits van die diamant in die maanskyn. “Die deur wat moet oopgaan, bly toe, Reyneke.”

“Waarvan praat jy?” Hy staan verslae met die ring in sy hand.

“Die deur tussen jou en my, Reyneke, dié bly toe. Gaan nou... laat ons dit nie pynliker maak nie.”

“Goed, ek sal nou gaan, maar môre praat ons vêrder, Catherine!”

“Môre sal ek nie hier wees nie...”“Ek sal jou wel opspoor!”Toe hy weg ry sien hy haar in die maanlig staan met

’n lang wit rok soos daardie eerste aand. Hy wil eers omdraai, maar hulle het altwee tyd nodig om te dink.

Die dag was nie geslaag nie; miskien het haar ma se dood iets te doen met haar onverklaarbare optrede.

Maar sy was reg – hulle wil altwee vry wees. Vry...! Om te kom en gaan soos jy wil; waarheen die pad ook al lei – al agter die horison aan, wat nooit ophou wegbeweeg nie.

Dis die lewe! En hy is weer vry! Dis soos ’n lafenis na ’n lang tog deur ’n woestyn.

Nadat hy klaar gepak het, vat hy die pad toe; vêrder dink hy nie – die horison sal hom lei.

Page 314: Alleen in Plekke

304

Dit was blote toeval dat ek gehoor het dat hulle my wil vermoor. My man, Louis, en my beste

vriendin, Dora, beplan om my te vermoor. Hulle het langs die swembad gesit en ek was op

die boonste vloer van die huis, besig om die kamer van ’n gas, aan die kant te maak. Ek het op die balkon uitgestap om die potplante nat te gooi, toe ek my naam hoor.

“Elena is klaar agterdogtig,” sê Louis. “Waaroor? Wat haar betref is ons die beste van

vriendinne.”“Wanneer laas het sy by jou gaan kuier? Nie sedert

Teuns se dood nie,” sê Louis. “Nog meer rede om haar so gou as moontlik uit

die weg te ruim!” sê Dora.“Dit kan agterdog wek; Teuns is skaars agt maande

gelede dood; en jy het Boskop geërf. Nóú Elena – en ek erf, De Kloof!

Sal mense nie twee en twee bymekaar sit nie, Dora?”

“Nie as ons slim te werk gaan nie, Louis-liefling. Ons volg presies dieselfde metodes as met Teuns – net hierdie keer gebruik ons die kloof vir die ongeluk.

Dit kan agterdog wek as sy óók van haar perd, afval en haar nek breek!” Sy bars uit van die lag.

Kat en Muis

Page 315: Alleen in Plekke

Kat en Muis

305

“Jy is ’n gevaarlike vrou, Dora!”“En jy beter dit nie vergeet nie, Louis-liefling!” “Net nie weer gif nie! Daarvoor sien ek nie kans

nie!” sê Louis. Jy, lyk dit my, is ’n tweede Daisy de Melker!”

“Moet net nie jou aandeel vergeet nie, Louis! Of wil jy nou kop uittrek?”

“Kom ons swem – iemand kan ons hoor. Hierdie gas van ons maak my ook agterdogtig; dit lyk of hy soek na iets wat hy nie verloor het nie!”

“Darius Erlank? Hy’s ’n dromer – skryf heeldag as hy nie foto’s neem nie. En aantreklik!”

“Probeer jy my jaloers maak, Dora? Dit sal nie werk nie – ek weet té veel van jou.”

“Ontspan, liefling; dis hý wat so om mý draai.”Ek hoor hoe hulle in die swembad spring. Uit die

veld kom ons gas te perd aangery. In die kombuis hoor ek MaSouf gewyde liedere sing, terwyl sy kos maak.

Dit is net ’n doodgewone Sondag op De Kloof.Die gieter is nog in my hand en ek begin die

potplante stadig natgooi; kyk hoe die water wegsyfer in die grond. My brein kan nie verwerk wat ek pas gehoor het nie – die man wat ek liefhet, beplan om my te vermoor!

Die trappe kraak; dis ons gas op pad na sy kamer. Hy kom uit op die balkon toe hy my sien.

“Wat is verkeerd, Elena?” “Raai, raai: wie’s die kat en wie’s die muis, Darius?”

Page 316: Alleen in Plekke

306

Alleen in Plekke

Ek stap by hom verby en klim op na die solderkamer, waar my studio is, sluit die deur agter my, en sit ’n skoon doek op die esel en begin verf meng.

My hand vlieg oor die doek op bevel van my brein; meng verwe en gaan onverpoosd voort met opdragte van my brein – ek is nie daar nie.

Toe die kwas uit my hand val, besef ek dat sy taak voltooi is. Ek sak neer in ’n stoel.

“Elena!” hoor ek my naam soos ’n eggo. My hand sluit die deur oop – ek kyk onbegrypend na die man voor my.

“Elena,” sê hy, “wat is verkeerd?” Hy lei my na die bank; druk my terug teen die kussings en sit ’n koue waslap op my voorkop.

Ek begin stadig onthou – hulle wil my doodmaak net soos vir Teuns, Dora se man! Mý man en my beste vriendin – wil my vermoor!

Die man – dis Darius Erlank; ons gas. Ek sien hoe hy die skildery omdraai; die deur agter hom toetrek. Hy kom terug met ’n glas en hou dit, sodat ek kan drink – en ek onthou van die gif !

Ek klap die glas uit sy hand en ek vlieg orent.“Jy is mos deel van hulle komplot, Darius Erlank!”

skree ek.“Wat de duiwel...” sê hy.Daar kon slaapmiddel in gewees het – dan kon

hulle maklik van my liggaam ontslae geraak het. Voor ek myself kan beheer, klap ek hom deur sy gesig. “Uit!” skree ek.

Page 317: Alleen in Plekke

Kat en Muis

307

“Jy maak ’n groot fout, Elena!” Hy stap uit en ek sluit die deur agter hom. Ek draai die skildery reg om te sien wat ek geskilder het. Dis net van my kop; my oë oopgesper van vrees – deur my oop mond stroom bloed.

Daarom het hy die skildery so vinnig omgedraai. Hy het gesien ek is ’n toestand van verwarring – en dit was die ideale geleentheid om van my ontslae te raak.

Vandat hy op De Kloof aangekom het, was hy onafskeidbaar van Louis en Dora. As hy en Louis nie saam is nie, is hulle op Boskop.

Hy het natuurlik afgelui van my reaksie op die balkon dat ek iets van hulle planne geweet het. Waarom het hy juis nou vir ’n onbepaalde tyd ingeboek in die gastehuis?

Maar hoe pas hy in die prentjie? Daar kom gedurig gaste en dis nie asof jy navorsing doen oor elkeen nie.

Ek kan nie onbepaald hier wegkruip nie, weet ek. Vlug oorweeg ek nie eers nie. Die polisie? Dis hulle woord teen myne. Dus is daar net een uitweg – hulle moet weg van De Kloof af.

Vêrder kan ek nie dink nie. Hulle kan my maklik hier oorrompel; MaSouf is oud en van geen hulp nie.

My rewolwer is in die kluis; ek kyk of dit gelaai is en sit nog vyf ekstra patrone in my langbroek se sak. MaSouf lyk nie verbaas toe ek die rewolwer op die kombuistafel neersit nie.

Ek haal vir my ’n bier uit die yskas – dit kan seker nie vergiftig wees nie. Op die tafel lê ’n pakkie

Page 318: Alleen in Plekke

308

Alleen in Plekke

sigarette; ek steek een aan.“Wees versigtig met daardie ding, Nonna,” waarsku

sy. “MaSouf gaan pak Louis se klere en bel Krisjan

om my te kom help op die plaas.”Op die stoep kyk ek na die prentjie voor my:

Louis is in die water en Dora staan op die duikplank. Haar nat kostuum kleef aan haar en ek sien dat sy verwagtend is.

Darius sit by ’n tafel en rook. Hy spring op toe hy my met die rewolwer in my hand sien staan.

“Elena!” hy beweeg na my toe, maar ek rig die rewolwer op hom. “Skoert!” skree ek.

“Ek gaan nêrens nie; die polisie sal nou hier wees, Elena.”

“Wat bedoel jy?” Hy vat die rewolwer uit my bewende hand en sit dit in sy baadjiesak.

Dora staan nog steeds op die duikplank in ons rigting en kyk. “Kom, Elena; kom swem julle ook.”

“Ons kom nou!”skree Darius. Hy steek ’n sigaret vir my aan. “Kom, sit Elena; ek wil met jou praat.”

“Waarom het jy die polisie gebel?” vra ek.“Ek is eintlik ’n privaatspeurder; Teuns se familie

was agterdogtig oor sy dood en het my gevra om te kom ondersoek instel.

Ek het al Louis en Dora se gesprekke op band en toetse op Teuns se oorskot is reeds gedoen.”

“Dis genoeg...!” Ek hardloop amper vir MaSouf om waar sy afsukkel met ’n swaar tas. Na ek my gesig

Page 319: Alleen in Plekke

Kat en Muis

309

gewas het, voel ek ’n bietjie beter, maar nog nie sterk genoeg om te sien hoe my man in hegtenis geneem word nie.

“Nonna!” roep MaSouf later by die deur. Ek besef nie dat ek huil nie. “Toemaar... toemaar...” troos sy terwyl sy my op ’n bed laat lê en my trane afdroog.

“Huil maar goed; huil jou maar uit, want hier wag baie werk. Krisjan het gekom en hy ken De Kloof.

En drink dit.” Sy hou ’n glas voor my mond en ek drink.

“Dis die regte mutti vir ons vroumense as die lewe te swaar raak.” Sy maak my toe en kom lê langs my op die bed en begin neurie soos toe ek klein was.

Gedurende die nag word ek wakker. Die stilte wil my versmoor. Dit voel asof ek alleen op De Kloof is. Dis vier-uur. Hoe lank het ek geslaap?

Wat het alles gebeur, terwyl ek geslaap het? Ek sluip saggies die trap af – ek het niks om my te verdedig nie – Darius Erlank het nog my rewolwer!

Op die donker stoep sien ek iemand by ’n tafel sit. Dis Darius. Skielik voel ek nie meer so alleen nie. “Wat maak jy nog hier – ek het gedink ek is al een op De Hoop,” sê ek met ’n bewende stem.

“Jy vergeet ek is ’n gas hier vir ’n onbepaalde tyd, Elena.” Hy steek vir my ook ’n sigaret aan.

“Ek het gedink jou werk hier is nou afgehandel, Darius.”

“Ja, dít is, maar ek is lankal nie meer ’n privaatspeurder nie; dit was net ’n guns wat ek vir

Page 320: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

310

Teuns se familie gedoen het; ek en hy het saam groot geword. Tragiese gebeurtenis.”

Maar ek wil nie nou daaroor praat nie; MaSouf sal my wel deeglik inlig oor wat gebeur het.

“Dan is jy werklik ’n skrywer en fotograaf.”“Ja, ek is besig om ’n boek oor Suidwes, hierdie

mooi land van julle saam te stel. Ek sal dit spesiaal aan jou opdra, Elena!”

En voeg hy tergend by: “As ek nog langer mag bly!”

“Bly solank jy wil, Darius; met jou hier sal ek ook veiliger voel.”

“Kyk, dis dagbreek, Elena!”“’n Nuwe dag vir ons,” sê Elena.“Kom ons gaan drink koffie op die nuwe dag,

Darius,” en saam stap ons die huis in.

Page 321: Alleen in Plekke

311

Kyk, julle moet verstaan dat Die Streek ’n geslote gemeenskap was. Ons sorg vir ons eie en is

agterdogtig oor nuwe intrekkers. Vuil wasgoed word in die geheim gewas, soos dit hoort.

Dit is natuurlik ook die rede waarom Martha volgens haar eie reëls geleef het. Haar mense het reeds geslagte lank in Die Streek gewoon.

Van hulle het eiehandig ’n kerk gebou van klip wat moeisaam losgebreek en myle vêr per ossewa aangery is.

As daar soms ’n storie opgeduik het van werkers wat verdwyn het in die proses wat vyf jaar geduur het, is daar gevra vir bewyse.

Klippe kan nie praat nie en die kerk se onnatuurlik breë mure swyg soos die graf. Oorlewerings van geslag tot geslag het ’n lewe van sy eie aangeneem en indien wandade gepleeg is, kan die nageslag nie daarvoor blameer word nie.

Dít alleen was in Die Streek genoeg om jou blind en doof te hou vir menslike struikeling.

Ons het gesorg vir ons eie!Daar was ’n onsigbare, ondeurdringbare kokon

wat geslagte lank deur Die Streek om sy inwoners geweef is.

Soms het iemand dié veilige kokon verlaat, maar

Martha se Erfgoed

Page 322: Alleen in Plekke

312

Alleen in Plekke

wanneer dié verlorene teruggekeer het, is hy sónder die gemeste kalf verwelkom – dit was vanselfsprekend dat hy sou terugkom.

Die inwoners het volgens hulle eie wette geleef. As daar iets onwettigs plaas gevind het en die owerhede wou kom ondersoek instel, het hulle teen ’n muur van stilswye vasgeloop.

So woon daar so twintig myl van ons af, ene Martha en haar drie dogters op die spogplaas, Rusverloren. Sy was getroud met Piet, ’n man wat al vroeg besef het dat jy net een lyf het wat lank moes hou.

Sy hande was wit en sag, want as hy morsige werk moes doen, het hy sy handskoene aangetrek. So het dit soms gebeur dat Martha die werk klaar gedoen het nog voordat hy sy handskoene aangehad het.

Daar moes eendag pype getrek word, die jong was agter ’n koei aan wat weggekalf het en Piet moes saam met Martha op in die windpomp. Die beeste het dors gestaan en in die dam was nie genoeg water vir almal nie.

Op ’n onverklaarbare wyse het uit die windpomp geval met sy kop presies op ’n katrol wat onder op die grond gestaan het. Martha was gebroke en het haar verdriet met nog harder werk vervang. Sy het net een swartsiel gehad wat haar gehelp het.

Toe sy haar tweede plaas onder die Blink Hermaanse, wat bo hulle vermoë geleef het, uitkoop, was niemand verbaas nie, behalwe die Hermaanse. Maar soos dit soms in die ondermaanse gaan, was die

Page 323: Alleen in Plekke

Martha se Erfgoed

313

uitkoms naby.Een goeie dag kom stap daar ’n vreemde man Die

Streek binne, ’n lang, blonde reus, blykbaar ’n Sweed of ’n ding en hy soek werk.

Almal verwys hom na Martha op Rusverloren. Net met sy broek aan sy lyf kom hy daar aan. Sy

het hom net een kyk gegee en gesien sy hande is te sag.

Martha het hom aangesê om die varkhokke te gaan skoonmaak. Dis nog voor hy nat of droog oor sy lippe gehad het. Dit het as ’n vuurdoop gedien vir elke voornemende werksoeker.

Dit was geen geringe taak nie, want Martha het met om en by veertig varke geboer en was trots op haar varkboerdery.

Al ontspanning wat sy haarself gegun het, was om laat namiddag op ’n bank, spesiaal daar geplaas, te gaan sit en die manewales van die varke dop te hou.

Nie dat daar veel aangegaan het nie, want die varke was lompvet van al die afgeroomde melk wat hulle daagliks gekry het. Maar hulle was snoep en sou enigiets verslind – selfs hulle kleintjies.

Net een dag sonder kos en hulle was rasend, sodat dit soms geklink het asof alles in die omtrek sidder van hulle klaende geraas.

In Die Streek is natuurlik uitsluitlik met beeste geboer – die koeie is gemelk en en van vroeg af kon jy die roomafskeier hoor sing. Die room is na die botterfabriek gestuur en die afgeroomde melk is aan

Page 324: Alleen in Plekke

314

Alleen in Plekke

die varke gevoer. Die Sweed het die toets geslaag en Martha het

hom onder haar vlerk geneem en ten goede gebruik. Drie dogters later, sien sy het probeer vir ’n seun, het hy net van die plaas af verdwyn.

“Wys jou net, het die mese gesê. Importeerders deug nie hier nie. Weggeloop noudat Martha hom die nodigste het. Ten spyte van die verkeersknoop op haar skoot met drie babas, het Martha nog ’n plaas gekoop.

Deur die jare het die dominee gereeld besoek op Rusverloren afgelê. Na elke baba. Wou sy nie maar met die man trou nie? Elke keer is hy daar weg met ’n vet tjek. As dominee nie oordeel nie, was die gemeenskap tevrede –

Martha was immers een van hulle! En jy kon op haar knoppie druk. Sy was nooit té

besig om haar plek in die gemeenskap vol te staan nie. Elke jaar het die kerk ’n bees en vark gekry vir die Kerkbasaar.

Sy het aan die Vrouelandbouvereniging behoort waar sy haar sê gesê het – en nie lank nie toe word ’n Gemeenskapsaal gebou waar vergaderings en anders sosiale geleenthede gehou kon word.

Wanneer sy met haar drie blonde dogters die kerk ingestap het, was dit ’n fees vir die oog. As iemand iets sou meld van hulle pa, sou dit dadelik weerspreek word – sy was ’n weduwee – haar man het mos so tragies verongeluk! Die oumense het vergeet en die

Page 325: Alleen in Plekke

Martha se Erfgoed

315

jonges het nie geweet nie. Waar gaan Martha se mooi dogters mans kry? het

almal gewonder.Martha se beste jare was ook al verby, maar die

dogters is deur hulle ma geleer en kon drie plase met gemak hanteer. En die kombinasie van skoonheid en rykdom was ’n onweerstaanbare trekpleister vir die ongetroude mans van die omgewing.

Want dit wás ’n uitdaging – om by Martha verby te kom, het nie in elke man se broek gesit nie! Sy was gewoond daaraan om alles na haar sin te buig; maar hierdie keer het sy nie rekening gehou met die natuur nie, dis nou die menslike natuur!

Sý moes van beter geweet het!“Ma, ek en Stefan gaan trou,” het haar jongste,

Lea, een aand, aan tafel aangekondig.As sy geskok was het sy dit nie gewys nie; sy was

gewoond daaraan om teen die onverwagte vas te loop.“Daardie laventelhaan! Oor my dooie liggaam!”

het sy net gesê en vêrder geëet.“Ons móét trou, Ma!”“O, dit? Dit is niks.” Lea het kamer toe gehardloop

en vir drie dae geweier om te eet. Maar sy was nie verniet Martha se kind nie.

Sy het rede ingesien en haar ma se raad aanvaar.“Die brandgat is net agter jou plaas aan, Lea, glo

my,” het sy getroos, nadat alles verby was. En nie ’n maand later nie toe móét Stefan met ou Groot Faan se dogter trou.

Page 326: Alleen in Plekke

316

Alleen in Plekke

Martha het niks gesê nie, maar die dogters het kennis geneem.

Vir ’n tyd lank het dit so goed gegaan dat Martha nog ’n plaas gekoop het. Maar wat sy nie besef het nie, was dat sy die prentjie van ’n ryk weduwee en drie hubare dogters al hoe aantrekliker gemaak het.

Toe ’n wewenaar eendag op die plaas opdaag, was sy verwelkoming, om die minste te sê bisar.

“Na wie kom vry jy nou eintlik, Hans? En jou vrou nog nie eers koud in haar graf nie!” het Martha hom bygedam.

“Maar, tante...” het uit die veld geslaan, begin.“Kyk, Hans, ons is kalwers van dieselfde jaar – en

ek wil jou nie eers hê nie, wat te sê nog een van my dogters?” Stert tussen die bene is hy daar weg; maar daar is agter haar rug geknoei en nie lank nie toe sit haar middelste dogter, Mirjam in die ander tyd.

En dieselfde proses as met die jongste word herhaal. “Hy kon jou pa gewees het, Mirjam,” het sy agterna getroos.

“Het jy nie gesien hy’s die ene rumatiek nie!”“Nee, ma,” het Mirjam, bedees geantwoord, “dit

was donker.”Die oudste, Ragel, was ’n bietjie slimmer. Toe sy

van trou praat met die nuwe stadsklerk op die dorp, het sy gewag totdat Martha dit self opmerk.

“Wie s’n, Ragel?”“Johan Botes, s’n ma. Ons moet dadelik trou; ek

wys al – dis dié dat ek nie meer kerk toe gaan nie!”

Page 327: Alleen in Plekke

Martha se Erfgoed

317

“Weet jy dat hy al vir twee ongehude moeders moet onderhoud betaal. En het hy al vir jou gevra om te trou, Ragel?”

“Nee, ma, maar as ek vir hom sê, sal hy met my trou – ons het mekaar lief.”

“Goed, Ragel, as hy met jou wil trou, is dit goed so.” Ragel het haar ma omhels en die ander twee het moed geskep – maar toe ontken hy sy vaderskap. Ragel was so geskok en gebroke dat die kind op sewe maande doodgebore is.

Martha het gehuil, maar soos gewoonlik haar plig gedoen. Net Rachel wou ’n gráf gehad het; Martha het vir die eerste maal ’n rebellie op hande gehad – die susters het Rachel ondersteun. Martha het besluit om nog ’n plaas te koop – en die lewe het sy gang gegaan.

Toe Martha se drie dogters een Sondag alleen die kerk binnestap, was die gemeente verbaas – dit was die eerste maal in al die jare.

“Ons ma se enigste suster is dood en sy is weg vir die begrafnis. Sy sal seker ’n tydjie weg wees, want sy kan nie haar treurende swaer sommer so aan sy lot oorlaat nie!” het hulle verduidelik.

“So onbaatsugtig – dié Martha! “Sal altyd ’n helpende hand uitsteek na haar medemens,” het die susters gesug.

“En daar is juis nou so baie sake waar ons haar hulp en gesonde verstand nodig het!”

En die dogters behartig die boerdery, maar met nog plaas by, raak die werk te veel – hulle voel hulle

Page 328: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

318

ma se afwesigheid. Hulle besluit om ontslae te raak van die varke en

kaseïen van die afgeroomde melk te maak. Dit was baie minder werk.

Nadat die skreeuende, spekvet varke mark toe vertrek het, het hulle tyd om die uitleg van ’n tuin te beplan. ’n Gedenktuin ter ere van hulle ma wat haar lewe lank so hard gewerk het.

Daarom het hulle al die varkhokke afgebreek. Die grond bemes en ’n tuin uitgelê. Bome, struike en kleurryke blomme geplant.

Hulle kry weer beheer oor al die plase en boer vooruit. Want hulle het alles wat hulle weet by hulle ma geleer en vir haar hande het niks verkeerd gestaan nie. Soos ook nie vir haar drie dogters nie.

In die aand wanneer hulle wil ontspan van die dag se werk, gaan sit hulle in die gedenktuin.

“Dis die regte ding wat ons gedoen het,” sou een sê. “Hier rus soveel siele. As ek reg getel het: vyf.” Dis reg sou ’n ander een saamstem. Dan sug almal. En aldrie wonder wie die volgende sal wees.

Page 329: Alleen in Plekke

319

Ons kon nie die kis toespyker voordat almal nie dóódseker gemaak het, Mooi Annie is werklik

dood nie. Niemand kon dit glo nie, want skaars drie maand

gelede was die meeste van die begrafnisgangers op haar verjaarsdagpartytjie tussen die lemoenbome waar sy nou begrawe word.

Dit was die meeste mense wat ek nóg op ’n begrafnis gesien het. Maklik dubbel die getal die dag met haar verjaardag. Hierdie keer is dit meestal vroue; die vorige keer was dit hoofsaaklik mans.

Want Annie was beeldskoon, met haar donker hare, blou oë en lang, lenige lyf. Jy sou nooit kon dink dat sy drie kinders in die wêreld gebring het nie. Een van hulle myne, ’n geskenk van haar...

Sy het in haar kis, in die skaduwee van ’n kameelboom, gelê.

Die mooiste vrou van die Sandveld was dood! Die wind, só wou dit voorkom, het sy werk deeglik gedoen.

Uit alle windrigtings het die roubeklaers, dit was meestal mans, gekom om vir die laaste maal te kyk na die beeld van ’n mens.

Die vrouens, het ek gedink, om seker te maak dat sy dood is en hulle maar kon ontspan. Met haar bos

Mooi Annie

Page 330: Alleen in Plekke

320

Alleen in Plekke

donker hare om haar gesig gesprei, haar hardgewerkte hande gekruis oor haar bors.

Aan haar vingers was al die ringe, van mans wat haar liefgehad het, geklee in ’n wit aandrok; ’n diamant halssnoer, wat my man aan haar gegee het, om haar nek. ’n Mona Lisa glimlag op haar lippe.

In my verbeelding het ek haar welluidende stem gehoor:

“Guten Tag,” sou sy haar begrafnisgangers groet. “Welkommen!” sou sy hulle welkom heet. Dit was ’n bloedige warm dag en ek wou so gou as

moontlik die begrafnis afhandel. ’n Stroom mense het bly verby beweeg en ek het alles fyn dopgehou.

Annie se begrafnis sou met styl geskied.“Wat ’n beeld van ’n vrou!” het een ou man uitgeroep.

“Wat sê jy, Hans Vermaak?” vra sy vrou.“Hoe nou?” vra hy, hand bak agter sy oor.“Sy was ’n Delila!” skreeu sy vir hom.“Amen!” skreeu van die vrouens. Eerbiedig, naby

die kis, staan drie jongmanne met swart pakke. Twee van hulle Annie s’n, een myne.

Buitengewoon aantreklik, frisgebou en bruin gebrand deur die son, staan hulle daar en staar in die verte, asof onbewus van die hede.

Ja, dink ek, hulle gaan haar mis; soos ek sal. Toe ons Annie se kis uitgebring het, het ’n

aantal Herero-vroue, geklee in hulle kenmerkende Victoriaanse lang rokke reeds tussen die bome gewag.

Hulle het ’n entjie van die kis af gaan sit en saggies

Page 331: Alleen in Plekke

Mooi Annie

321

begin neurie. Soos eksotiese blomme wat oornag op die groen gras opgeskiet het, het ek gedink en gevoel hoe trane oor my wange loop.

Hulle was die enigste wat waardigheid aan die geleentheid verleen het.

’n Klomp vrouens het in ’n bondel gestaan en fluister en stamp aan mekaar. Ek skaam my vir my eie mense, dink ek. Wanneer sal hulle leer? Die mans staan weer in ’n groep apart en rook en lag.

Die stroom mense het later afgeneem en ek knik vir Werner, Annie se oudste seun en ’n proponent. Hy beweeg vorentoe en maak die Bybel oop.

’n Klomp vroue kom fluister-fluister aangestap, duidelik nie ingestel op dekorum nie.

Werner maak die Bybel toe en beweeg terug na sy plek. Ek voel my gesig brand van verleentheid. Die vier jongmanne staar hulpeloos na my.

Ek kyk met ongeloof hoe al die Herero-vroue opstaan, harder begin sing en hande klap. Hulle wieg op hulle voete op die maat van hulle eie musiek.

Hulle dans in ’n halfmaan reg voor die aankomende vrouens in. Die sang word al harder, die dans uitdagender. Ek kyk na die seuns, stel hulle met ’n glimlag gerus.

Annie sou hiervan gehou het. Sy het die ordinêre verafsku. Ek voel hoe my voete begin beweeg en gaan val tussen die dansendes in. Elke keer as ons draai, sien ek minder begrafnisgangers.

Die Herero-vrouens hou op dans, bly in ’n

Page 332: Alleen in Plekke

322

Alleen in Plekke

halfmaan staan en neurie saggies. Ek knik vir Werner, hy tree vorentoe en maak die Bybel oop en lees in Duits.

Ons wat oorgebly het verstaan, want ons het haar geken en liefgehad: Tim. 24 vers 7: “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behou.”

“Tante Kate...?” vra hy. En ek het geweet wat paslik sal wees vir Annie: iets wat almal kan saamsing – Die Suidwes Lied. En daar sing ons elkeen in die taal wat hy verkies vir Annie ’n vaarwellied toe. En ek weet hoe sy haar sou verkneukel het in my keuse.

Net ’n handjievol van ons is oor om haar te begrawe. Sy sou miskien teleurgestel gevoel het dáároor, maar die opkoms en die drama wat haar begrafnis vooraf gegaan het, sou haar heelhartige goedkeuring weggedra het.

Die Herero- vroue het weer gaan sit en neurie nog sag, terwyl ons seuns die kis laat sak. Die vroue bly daar totdat die graf gevul is.

Toe staan hulle sonder ’n woord op en stap op hulle statige manier terug na hulle huise. ’n Era van vrye omgang tussen mens en mens is verby, het hulle, sowel as ek geweet – van nou af sal ons gereguleer word.

“Frei lebt wer sterben kann” – dié wat vry leef, vrees nie die dood nie – dit sal haar grafskrif wees, het ek besluit terwyl ek haar versorg het, in haar lang en waardige lyding.

Page 333: Alleen in Plekke

Mooi Annie

323

En Annie het vry gelewe – soos die voëls in die bome in haar tuin en die wilde diere op haar plaas.

“Arme, Kate,” het sy vir my gesê, kort voor sy dood is, “dink jy hierdie streng Calvinisties pad wat deur jou voorouers aan jou opgedring is, gaan die dood vir jou makliker maak?”

Annie het nooit getrou nie – maar sy het drie seuns gehad; van die drie aantreklikste mans in die Sandveld, waarvan my man een was.

Die diamant halssnoer waarmee sy begrawe is, was ’n geskenk van my man – ’n ou familie erfstuk. Ek het geweet dat sy my man se kind verwag; sy het self vir my kom sê.

“Hierdie kind wat ek verwag, is jou man s’n, Kate.” Ek het soveel vermoed. Haar volgende woorde het my asem weggeslaan:

“Ek dra hierdie kind vir jou, Kate – dit is jou kind. Jy het al twee miskrame gehad.”

“Is jy seker Annie?” My stem het gebewe van emosie. Sy het my vraag verkeerd vertolk.

“Jy weet ek slaap nie rond nie, Kate; ek is baie kieskeurig!” het sy gelag.

“Dis nie wat ek bedoel nie Annie,” het ek ontsteld gesê.

“Ek bedoel die kind wat jy verwag – sal jy die kind kan afstaan as hy eers daar is, Annie?”

“Wat die twee betref wat ek reeds het, sou ek dit nie kon gedoen het nie – jy sien ek het hulle pa’s liefgehad.” Die implikasie was duidelik.

Page 334: Alleen in Plekke

324

Alleen in Plekke

“Hierdie een is spesiaal vir jou beplan, Kate. Kom voel hier.”

Ek het my hand op haar maag gesit en my baba voel skop. My trane het op haar maag afgedrup. “Jy seën hom reeds, Kate, met jou trane.”

En so het ek my eie kind gekry – die grootste geskenk wat een vrou aan ’n ander vrou kon gee! Ek het by Annie gaan inwoon ’n maand voor my seun se geboorte. Waaroor ons ookal gepraat het, het altyd na my verwagte kind teruggekeer.

Ons het gebrei, kleertjies gekoop en ek het weer en weer my kind in haar liggaam voel skop. “Dis ’n seun: hulle gee ’n vrou so opdraand!

En hy sal vir jou ’n onderskraging wees: hy weet nou al wat hy van die lewe gaan maak!” het sy in haar meerdere kennis gesê. Al twee haar seuns was uitblinkers; die lewe skuld hulle niks – het sy hulle van kleins af geleer.

Na die geboorte het ek hom eerste in my arms gehou – ’n replika van Annie – donker met die hemel in sy oë. Daar was niks van sy pa in hom nie.

“Jy gaan hom voed, Kate – ek sal die melk voorsien. Jy is sy ma en so sal hy groot word – net één ma.” Ek het hom Christiaan gedoop; haar tweede naam was Christine.

“Dankie,” het sy net gesê met trane in haar oë: ek sou nooit regtig kon verstaan watter verskriklike opoffering sy gemaak het nie.

En nou is sy dood – met daardie Mona Lisa glimlag

Page 335: Alleen in Plekke

Mooi Annie

325

om haar lippe, asof sy nog vir my sê: Jy verstaan nie nou nie, Kate, maar jy sal nog...

Ek is nie bewus daarvan dat ek in ’n bondeltjie plat op die grond langs haar graf sit en huil, asof my hart wil breek nie.

Twee sterk arms tel my op en druk my teen hom vas - Christiaan, my seun.

“Kom, Moeder, onthou ons moet ’n heildronk op die lewe gaan drink – soos Tante Annie gevra het.”

Page 336: Alleen in Plekke

326

“ ’n Treinreis, of dan enige reis, is soos die lewe,” sê jy vir jou dogter om haar

daaraan te herinner dat reisigers uitgekuier raak aan dieselfde roete jaar na jaar.

Want dis vandag jou sewentigste verjaarsdag en jy is moeg van al die onsekerheid van waar jy nou eintlik hoort.

Dis nou tien jaar dat jy elke ses maande van jou seun na jou dogter reis en dan weer van jou dogter na jou seun!

Sedert jou man se dood. Of, as jy eerlik wil wees, soek jy miskien maar haar

simpatie of hoop dat sy vandag dieper sal sien.Want dit ’n belangrike dag in jou lewe. Maar daar

was al soveel soortgelyke dae. Soos die afgesaagde roete het dit ook sonder betekenis geraak.

Miskien vir hulle ook, maar veral vir jou. “Soms is jou reis lank en vermoeiend, maar daar

is troos in die gedagte dat dit tot ’n einde sal kom,” probeer jy haar bereik.

Jy staan uitgedos in jou nuwe, duur swart rok, met ’n rooi angelier uitdagend op die lapel vasgesteek. Dié het jy vinnig in die tuin gaan pluk, toe jou kleinkinders skooltoe is.

“Waarvan praat ma tog?” vra jou dogter met ’n

‘n Treinreis Ver

Page 337: Alleen in Plekke

‘n Treinreis Ver

327

terloopse blik na jou nuwe uitrusting en gryp haar motorsleutels.

“Kom, ma, ons gaan laat wees!”“Wanneer jy vertrek, weet jy nie of jy jou beplande

bestemming sal bereik nie,” probeer jy verlaas. “Of op pad dalk besluit dat ’n nuwe bestemming

verkiesliker is.”“Ons gaan laat wees, ma,” herhaal sy ongeduldig

en gryp ’n tas van die vloer af. Dis nog twee ure voor die trein vertrek, sien jy op

die muur-horlosie, maar sê niks. Gryp net die ander tas en jou handsak, kyk verlaas na jou kleinkinders se foto’s teen die muur en sukkel agterna.

Wanneer jy oud is, het jy ’n manier om afskeid te neem van mense en plekke. Net ingeval paaie nie weer kruis nie of plekke nie weer besoek word nie.

Dis ook asof al die ou bekende plekke hulle bekoring begin verloor. Al die ou, bekende gesigte raak soos mense op negatiewe. Jy herken hulle, maar sien hulle nie meer soos voorheen nie.

Dis asof daar ‘n sluier oor die gesigte getrek is. Of oor joune.

Maar daar breek ’n tyd van hernuwing aan, ’n hunkering na verandering. Miskien is dit juis vandag. Maar dit neem jou jare om tot dié besef te kom.

Die hunkering skryf jy toe aan die kastyding van ouderdom wat jy maar gelate moet aanvaar. Net nie vandag nie, dink jy opstandig.

Jy het ’n vol lewe gehad, jy weet hoe dit voel om te

Page 338: Alleen in Plekke

328

Alleen in Plekke

veg vir elke tree wat jy vorentoe neem. Maar jy gaan jou nie laat onderkry nie. Nie vandag nie.

Want die gedagte aan Halte 5, waar die trein ’n uur lank stop om vrugte uit Die Vallei op te laai, het jou vanaf die eerste maal wat jy dit gesien het, drome laat droom.

’n Plek van rus, ’n plek waar jy hoort, waar jy die res van jou lewe kan vertoef. ’n Nuwe begin...

Want jy smag na nuwe plekke, vreemde gesigte en vergete, onhaalbare drome skielik ’n moontlikheid kan word. Miskien het die tyd aangebreek om jou oorbekende reis te onderbreek.

Net jou seun laat weet dat jou tyd van aankoms aan die anderkant later bevestig sal word.

Die paar dae van vryheid in ’n jaar, wanneer jy heen en weer reis is nie meer genoeg nie. Stokkies draai, soos in jou skooljare. Nuwe weivelde soek, soos jy soms in vrouetydskrifte aangeraai word.

Dit laat jou stilweg glimlag. Jou bakens versit. Tent gaan opslaan iewers. Waar niemand jou ken nie.

Wat is so wonderlik daaraan om so bekend soos ’n ou afgeleefde, skeefgetrapte skoen te wees. Waarmee niemand weet wat om daarmee te doen nie. Dis opgebruik, reg vir die ashoop.

Halte 5! Jy sien nie die verkeer waardeur jou dogter behendig vleg nie. Hoor nie gedruis van die wiele op die teer nie.

Wat jy hoor is die gedruis van die waterval by Halte

Page 339: Alleen in Plekke

‘n Treinreis Ver

329

5. Jy onthou die eerste maal wat jy dit gesien het. Die trein het stadig teen ’n berghang uitgekruie en aan die bopunt was daar skielik Die Vallei aan die onderkant van die berg.

Jy het die waterval gehoor nog voor jy dit gesien het. ’n Stroom blinkwit water wat honderde meters vêr oor die bergrand stort.

Spierwit gekalkte huisies met uitbundige rooi dakke. Waar bokke teen die hange wei en swerms voëls wat in die rokerige, wit sproei van die waterval heen en weer flits. Op ’n stil dag kan jy die ruising, wanneer die wind reg stoot, tot by die halte hoor.

Vandag is die dag, besluit jy! Jy sal by Halte 5 afklim! Daar moet iewers in een van die rooidak huisies vir jou ’n plekkie wees. Jy sal jou al jou pensioengeld aanbied.

Jy sal jou kinders ’n blaaskans gee. En jouself. Want julle is vasgevang in ’n web van pligsbesef en skuldgevoel. Hulle pligsbesef teenoor jou en jou skuldgevoel teenoor hulle.

Dit beïnvloed julle verhouding, wat ’n liefdevolle een moet wees, na ’n onuithoudbare gevoel van vervreemding.

Jou haastige dogter besorg jou getrou in jou kompartement, oorlaai jou met tydskrifte en ’n laaste vermaning dat jy jou medisyne moet drink.

En die afgesaagde boodskap aan haar broer; “Ma moet vir Stephen sê ons moet praat oor die koste van ’n ouetehuis vir ma.”

Page 340: Alleen in Plekke

330

Alleen in Plekke

Maar geen blomme nie. Sy het vergeet dat dit jou verjaarsdag is. Jou sewentigste. Daarvoor het jy spesiaal jou nuwe rok aangetrek. En jou hare die vorige aand ingedraai. Sy was te haastig om dit raak te sien.

Wat jy haar nie verkwalik nie. Met ’n huis vol kinders en ’n veeleisende loopbaan, het sy haar hande vol. En op die koop toe, moet sy nog ses maande van die jaar na haar ma se kwinte en kwale ook luister.

Jou dogter sal geskok wees as sy moet weet dat jý ook haastig was om weg te kom. Soos jy ook verlig was om weg te kom na ses maande se verblyf by jou seun.

Jy voel al soos ’n onafgehaalde, lastige posstuk wat herwaarts en derwaarts gestuur word, omdat niemand ontvangs wil erken nie. ’n Verkreukelde posstuk met beskadigde kante en hoeke en waarop die adres al amper onleesbaar geword het.

So reis jy al tien jaar, terwyl jou kinders nie kan besluit wat om met jou te maak nie. Jyself sal verkies om net in ’n kamer te gaan woon, maar dit sal indruis teen hulle pligsbesef.

Daar is ’n troostende reuk van deurleefdheid in die kompartement. Jy kan jou verbeel dat jy vorige reisigers hoor gesels en lag. Jy blaai deur die tydskrifte, maar kan niks kry om jou gedagte te hou nie.

Deur die treinvenster glip die landskap in reëlmaat met die geklop van die treinwiele verby en jy dink aan

Page 341: Alleen in Plekke

‘n Treinreis Ver

331

treinreise as ’n kind saam met jou ouers see toe.Jy hoor die warmte van julle gelag deur die

kompartement en af met die gang trek. Jy kyk vir die soveelste maal op jou horlosie. Van

vertrekpunt tot by Halte 5 neem vier ure. Jy het nog ’n halfuur tyd om reg te maak voor die trein sal stop.

Werkers sal regsit met mandjies vrugte vir die mark. Met al die jare wat die trein daar gestop het vir ’n uur om die vrugte te laai, het jy baie van die werkers leer ken.

Dit was juis die voorman wat belowe het dat daar vir haar blyplek sal as sy so besluit. Hulle weet ook dis vandag haar verjaarsdag.

Sy het hulle daaraan herinner ses maande gelede.So sy weet daar sal blomme wees, bosse blomme

om haar te verwelkom.Sy skik haar klere, druk haar hare reg en sit ’n

bietjie rooisel aan haar lippe. Haar twee tasse staan gereed, moet net haar handsak oor haar arm hak.

Die trein vertoef ’n uur dus hoef sy nie haastig te wees nie. Sal rustig wag, eers deur die venster kyk na die waterval, die groen vallei wat jou verwelkom. ’n Plek van rus!

Jy kyk weer op jou horlosie. Dis tyd en die trein het nog nie spoed verminder nie! Jy vlieg verbaas op. Miskien is jou horlosie verkeerd!

Maar deur die venster sien jy die vallei. Of waar die vallei voorheen was. Die groen is verbleik die bome

Page 342: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

332

lyk of dit toegegooi is onder hope verbrande afval.En daar is geen waterval nie!Jy val terug op jou sitplek. En troos jouself. Oor

ses maande kom jt weer hier verby. Dan sal dit weer wees soos dit altyd was:

’n Groen paradys! Dán belowe jy jouself, dán...

Page 343: Alleen in Plekke

333

Wynand Erlank sien hoe ’n motor stadig die opstal nader. Hy voel ergerlik; hy het nie lus vir

besoekers nie. Hy het plaas toe gekom om te rus. Hy het pas teruggekeer ná twee jaar in die buiteland.

Hy is ’n meganiese ingenieur en sy firma het kontrakte in verskeie lande. Die gejaagde stadslewe en die gedurige reise na ander lande het hom begin onderkry.

Hy het besluit om te bedank en voltyds te kom boer. Sy ma, Catherine, het die plaas aan hom bemaak. Hy sal die vyfde geslag wees wat op “De Hoop” kom boer. Daarom is dit ook die spogplaas van die distrik.

Hy stap met sy koppie koffie deur die huis en kyk na die foto’s teen die mure. Streng gesigte van die voorvaders staar na hom; die vrouens, meestal geklee in swart rokke met kragies hoog teen die nek en lang moue, straal ’n stille krag uit.

Die vroue van hierdie familie was die ruggraat en spil waarom alles gewentel het, dink hy.

Soos sy ma wat nie gaan lê het toe sy pa hulle verlaat het nie; Wynand was maar drie maande oud. Sy het verbete teruggeveg teen die noodlot. Hy kan hom voorstel hoe sy, vrou alleen, op “De Hoop” moes veg om alles in stand te hou.

Met opbrengste uit die plaas het sy hom deur die

Reisiger na Nêrens

Page 344: Alleen in Plekke

334

Alleen in Plekke

Universiteit gesit. Daarom het hy vir haar ’n woonstel gekoop toe hy dit kon bekostig; en ’n voorman op die plaas aangestel.

Hy kyk na die foto’s waar hy graad gekry het. Trane stoot in sy oë op. Net hulle twee! Daar waar sy pa moes gestaan het, was die plek leeg! Hy het geweet dat sy ook daaroor dink. Hy was nou ’n volwaardige ingenieur.

Dié nag het hy haar hoor huil...die eerste en laaste maal.

Wat hom dwars in die krop gesteek het, was dat sy vir die man bly wag het; en hom nooit veroordeel het nie.

“Hy sal eendag terugkom, jy sal sien, Wynand!”“Wel, hy moet dit liewer nie waag nie! Wat se soort

pa is hy wat sommer sy vrou en kind net so aan hulle lot oorlaat?”

Bitterheid het soos gal in sy keel opgestoot. “Dit is buitendien te laat... vir ons al drie!”

“My seun, dit is nooit té laat nie, glo my. Jou pa het verkies om só te lewe...’n reisiger na nêrens! En eendag as hy genoeg geswerf het, sal hy terugkom. Jy sal sien!”

Oral in die huis het foto’s van sy pa, Philip, gehang. Sy ma het ’n dagboek getrou gehou van die dag dat sy en Philip Erlank ontmoet het.

Sy was so dapper, maar hy weet dat sy getreur het oor die man en elke dag vir hom gewag het! Wat ’n vermorsing van ’n lewe.

Page 345: Alleen in Plekke

Reisiger na Nêrens

335

Sy gedagtegang word verbreek toe hy ’n motordeur hoor toeklap. Hy het skoon vergeet van die motor wat hy sien indraai het na die opstal. Wie dit ook al is, hy sal sommer gou van hulle ontslae raak.

Maar by die motor staan net een ou verwaarloosde man. Hy leun op ‘n kierie; sy rug geboë, sodat sy gesig amper nie sigbaar is nie. Toe hy Wynand die trappe hoor afkom, lig hy sy kop.

Hy is seker goed ses voet lank; sy lang, grys hare tuimel oor sy skouers. Sy profiel sou gepas het op ’n muntstuk. Of hy kon ’n profeet wees uit vergange se dae.

Sy flets blou oë rus op Wynand en laat hom effe ongemaklik voel.

“Middag oom, kan ek miskien help?” “Sal jy omgee as ek net hier ’n bietjie kan rus. Kom

van die Kaap af en dis ’n lang pad!” “Natuurlik, oom.” Hy voel hoe broos die ou man

is toe hy hom die trappe oplei. Hy help hom tot by die rusbank en bring vir hom ’n glas water.

“Ek gaan net die bediendes roep om te kom kosmaak en vir oom ’n kamer reg te kry.”

“Moet nie moeite doen nie, ou seun.”“Dis nie moeite nie, oom, ek moet ook eet.” Toe Wynand weer instap, lê die oubaas, vas aan

die slaap. Die man is siek; hy moet by ’n dokter kom, dink

hy. Wat sou hom besiel het om die man in te nooi. Hy het gekom om te rus en nou sit hy met ’n

Page 346: Alleen in Plekke

336

Alleen in Plekke

pasiënt! Dis jy ma, dink hy geamuseerd; jy sou nooit iemand wat hulp nodig het, weggestuur het nie!

Die bediendes kom geselsend binne en die vreemdeling kom ook regop. Die bietjie rus het hom blykbaar nuwe lewe gegee.

Wynand is bly; miskien kan hy ontslae raak van die man!

“Waarheen is oom op pad?” knoop hy ’n geselskap aan.

“Ek is by my bestemming, ou seun!”Wynand dink eers hy het verkeerd gehoor. “Hoe

bedoel, oom?”“Ek het huistoe gekom,” sê hy. “Waar is Catherine?”“Oom het Catherine geken?” vra Wynand verbaas.

“Sy was my ma.” Dan tref die waarheid hom soos ’n vuishou; hy voel siek van verdriet. Dit is my pa ...!

“Geken, vra jy? Sy was my vrou! Natuurlik het ek haar geken! Ek kon haar nooit vergeet nie! ’n Mens vergeet nie ’n vrou soos Catherine nie!”

Wynand sien hoe die ou man begin bewe; trane rol oor sy wange. Maar woede maak hom blind vir die verdriet.

“Sy is dóód! Té vroeg! Aan ’n gebroke hart! Jy is vyf jaar te laat!”

Dit kan nie waar wees nie! dink Wynand. Dit kan nie my pa wees nie! Iewers moet daar ’n misverstand wees.

“Wie is jý ?” vra hy. “En ek wil jou ID sien!” Hy bewe so groot as wat hy is. Nee, so ’n spel kan selfs

Page 347: Alleen in Plekke

Reisiger na Nêrens

337

die noodlot nie op jou speel nie! Hy het spring op en staan dreigend oor die ou

man.“My naam is Philip Erlank; ek is jou pa.” Hy bly

onverstoord sit.“En jy dink jy kan sommer ongenooid hier instap.

Ek los jou alleen; ek het nog werk wat vir my wag! As ek terugkom moet jy weg wees!

Jy weet mos hoe om jou uit die voete te maak! Verdwyn nou uit my lewe soos jy gedoen het toe ek ’n baba van drie maande was!”

Hy loop stalle toe en saal sy perd op. Hy moet wegkom; dit is al wat hy weet. Dit voel vir hom asof hy die ou man sal vermorsel as hy nog ’n minuut langer moet bly!

Hy jaag deur die veld... doelloos. Takke krap hom en eenmaal word hy uit die saal geslinger toe die perd in ’n gat trap. Dit bring hom effens tot bedaring. Hy ondersoek die perd se been, maar sien dat alles reg is.

Hy druk sy gesig teen die perd en begin huil soos ’n kind.

“Ma, jy het altyd gesê dat hy sal terugkom... en nou het hy. Maar daar is geen sin daarin nie. Dit is te laat. Jy het jou lewe omgewag vir hom en ek het sonder ’n pa groot geword!”

Hy wonder wat sy ma sou gedoen het, maar hy weet. Sy sou hom terug verwelkom het, want hy was haar man en Wynand se pa!

“My pa!” Hoe vreemd klink die woord op sy tong.

Page 348: Alleen in Plekke

338

Alleen in Plekke

Hy het nooit die voorreg gehad om iemand pa te noem nie. Maar nou het hy!

En hy het sy pa weggejaag! Die man wat sy ma haar lewe lank lief gehad het; daar moes iets in sy pa gewees het. En blykbaar was dit dieselfde met sy pa; daar was ook nooit iemand anders vir hom nie.

Wynand kan nie onthou wanneer hy die pad terugevat het opstal toe nie. En die motor is weg! dink hy ontsteld. Hy moet sy pa gaan soek; hy is siek; hy moet hom by ’n dokter kry.

Maar dan sien hy die motor by die kerkhof staan. Natuurlik! Sy pa het gaan afskeid neem van sy vrou, Catherine. Hy stap stadig daarheen.

Toe hy die hekkie oopstoot kyk sy pa op. “Ek het net kom afskeid neem, dan val ek in die

pad,” maak sy pa verskoning.“Pa, bly net hier. Ma het altyd gesê jy sal huistoe

kom. Hy sien ’n glimlag sprei oor die ou gesig. Ek lyk na hom, dink hy verwonderd.

“Sê dit weer, my seun. Niemand het my nog ooit “pa” genoem nie!”

“Kom, pa, jy moet in die bed kom en versorg word. Pa het nie ’n keuse hierin nie. En pa is meer as welkom op “De Hoop. En daar is soveel jare wat ons moet inhaal!”

Hy sit sy arm om sy pa skouers. Saam staan en kyk hulle na Catherine se graf. “Catherine Erlank,” lees sy pa. “And when the earth shall claim your limbs, then shall you truly dance.” “Kahlil Gibran.” Wynand

Page 349: Alleen in Plekke

Reisiger na Nêrens

339

moet sluk aan die knop in sy keel, voordat hy weer kan praat.

“Kom pa, ons kan nog baie hierheen kom.”“En eendag sal my rusplek langs haar wees,” sê

Philip Erlank.“As ons nie in die lewe kon saam wees nie, sal die

dood ons weer saambring!”

Page 350: Alleen in Plekke

340

Maryn sluit haar besigheid, koop ’n koerant en vlug huistoe voordat iemand weer begin uitvra

oor haar kind se ontvoering. Sy klim op na Rosa se kamer, ’n ritueel wat sy nou

al ’n ses maande lank uitvoer. Dis hoe lank haar kind vermis word.

Om Rosa se foto het sy blomme gerangskik – met twaalf wit kerse, waarvan ses reeds uitgebrand het. Dit was vir die eerste ses maande na haar kind se ontvoering.

Elke maand het sy ’n kers aangesteek en gebid vir ’n wonderwerk, maar soos die kers al korter gebrand het, so het haar geloof ook verflou – totdat die pit van die kers versmoor het in sy eie was.

Sy was ook besig om te versmoor in haar eie smart. Wat haar staande gehou het, was ’n oerinstink – as

my kind dood is, sou ek dit geweet het! Sy het dit nie in haar hart gevoel nie, dié was dood;

haar verstand se boodskappe, alles negatief. Sy het dit in haar liggaam gevoel, daar waar sy haar kind nege maande gedra het!

Dit is die begin van die sewende maand – sy moet ’n kers aansteek. Haar hande bewe so dat die vuurhoutjies uit haar hand val, toe die telefoon begin lui.

Rosa

Page 351: Alleen in Plekke

Rosa

341

“Is dit Maryn Grové?” vra ’n mansstem.“Ja,” antwoord sy, skielik weer vol hoop.“My naam is Rudolf Stassen, mevrou Grové. Hy

huiwer ’n oomblik asof onseker of hy moet aangaan. “Ek het gister met Rosa gepraat,” sê hy sag, amper

troostend. Maryn voel hoe haar bene onder haar meegee en sak met ’n snik in ’n stoel neer.

Maar dan onthou sy die talle oproepe waaruit niks voortgespruit het nie en die aantalle kere wat mense aangebied het om haar te help as sy sou betaal.

“Hoeveel, Meneer Stassen?” vra sy koud, afsydig.Daar is stilte op die lyn. “Kyk, Mevrou, ek wil jou

help, nie afpers nie,” sê hy naderhand. “Maar ek wil eers weet of ek by die regte adres is? Is u Rosa Grové, se ma?”

“Ja, ek is Maryn Grové, haar ma.”“Ek het gister met haar gepraat. Sy word in die

straat oorkant my gevange gehou. Of so wil dit voorkom.

Ek het ’n foto van haar uit die koerant geknip en hou die huis al ’n geruime tyd dop. Soms sien ek haar by ’n venster. Dit is dieselfde persoon.

Hy praat met gesag en oortuiging en Maryn voel nuwe hoop in haar opvlam. Asof hy nog onseker is oor haar reaksie, herhaal hy: Ek het seker gemaak voor ek gebel het.”

Maryn begin saggies huil. Daar is ’n lang stilte en sy wonder of dit weer een van daardie siek oproepe is, waar hulle aan die anderkant wag vir jou reaksie of

Page 352: Alleen in Plekke

342

Alleen in Plekke

belofte van geld. As sy geld gehad het, het sy waarskynlik lankal

betaal vir inligting.“Mevrou, dis nie nou die tyd vir trane nie,” hoor

sy hom sê. “Ons moet vinnig optree. Die huis is in die mark en as dit verkoop word, sal die huidige eienaars waarskynlik verhuis.”

Rosa is goed versorg; en ek het uitgevind: hulle van is ook Grové. Waar is jou man?”

“Ek weet nie; ons is geskei.” Dan tref die waarheid haar; dis Adriaan, haar gewese man, en Rosa se pa, wat die kind ontvoer het.

Maryn het eendag vir Rosa by ’n kinderpartytjie afgelaai en opdrag gegee, dat sy self weer vir Rosa kom oplaai.

Haar kind was weg toe sy daar kom. Die gasvrou was ook in trane en het verduidelik dat Rosa saam met ’n assistent van Maryn daar weg is – dié sou haar gestuur het. Maryn se assistent het ook verdwyn.

“Waar is dit?” vra Maryn met bewende stem. Hy gee vir haar ’n adres en sy telefoonnommer.

“Ek stuur iemand om jou op die lughawe te kry – hy sal ’n plakkaat met die naam Stassen dra.”

Maryn moet vinnig dink, maar sy weet nie wat haar te doen staan nie. Is dit nie ook maar weer ’n doodloopstraat nie?

“Ek vat die eerste vlug uit, meneer Stassen,” besluit sy. Wat het sy om te verloor?

“Ek sal die huis oppas en as enigiets verdags

Page 353: Alleen in Plekke

Rosa

343

gebeur, sal ek die polisie bel,” belowe hy. Maryn gryp net haar handsak en spring in haar

motor. Gelukkig is daar ’n plek beskikbaar en binne ’n uur is hulle in die lug.

Na hulle geland het, kom daar weer ’n onsekere gevoel oor haar. Sê nou sy word in ’n lokval gelei? Maar toe sy die man met die plakkaat sien, verdwyn haar vrees. Sy gaan weer vir Rosa sien!

Dit voel vir haar na ’n ewigheid toe hulle eindelik agter ’n luukse huis stop.

’n Lang, skraal man staan reeds buite en wag. “Hallo, Maryn,” groet hy asof hulle ou kennisse is. “Kom binne – en moet nie so angstig lyk nie –

alles is onder beheer. Sit, asseblief – ek skink eers vir ons iets. Jy het dit beslis nodig.”

Sy vat die glasie wyn outomaties by hom.“In watter huis is my kind?” vra sy.“Jy beter my begin vertrou, Maryn. Jou man is op

die oomblik die gevaar – as hy jóú sou sien. “Waar is die huis, asseblief, Rudolf!” Hy druk haar terug in ’n stoel. “Van hier af is die

huis nie sigbaar nie; die bome versper die uitsig. Dis net oorkant die straat.”

Hy wys na die groot glasdeur wat oopmaak op ’n balkon.

“Daar is bedrywigheid aan die gang; miskien word die meubels gelaai of die huis geskou. Miskien moet ons die polisie bel...”

Hy is besig om ’n sigaret aan te steek.

Page 354: Alleen in Plekke

344

Alleen in Plekke

Maar sy kan nie langer sit en wag nie. Maryn vlieg op en hardloop by die deur uit, oor die straat en tussen die meubelpakkers deur, die huis binne.

Voor haar is trappe en sy hardloop op – sy is nie bewus daarvan dat sy aanmekaar Rosa se naam uitgil nie.

Sy stamp die deur voor haar oop. Daar is niemand nie. Toe sy uitkom, staan Adriaan aan die onderkant van die trappe.

“Ek breek jou nek, vroumens!” skree hy. Rudolf verskyn in die deur. Toe Adriaan omkyk slaan hy hom onder die ken dat hy oor die trappe val.

Hy gryp Maryn aan die arm, maar sy ruk los en hardloop terug.

In die gang staan Rosa met haar hand in dié van ’n ouer dame. Sy ruk los toe sy Maryn sien en hardloop huilend in haar ma se arms.

“Ons moet sorg dat ons by die huis kom – die polisie is op pad. Hulle kom die ontvoerders in hegtenis neem; hou blykbaar al lank die huis dop!”

Hulle hardloop terug oor die straat na die veiligheid van Rudolf se huis.

“Blykbaar is jou man en jou gewese sekretaresse deel van ’n kartel wat kinders uit die land smokkel.”

Maryn hou Rosa desperaat vas, terwyl Rudolf tee maak. “Eina, mamma, maak my seer!”

Rosa spartel om los te kom. Sy hardloop na Rudolf toe. “Dis mos jy wat vir my gesê het dat jy ’n dieretuin agter jou huis het?”

Page 355: Alleen in Plekke

Rosa

345

“Ja, dis ek en een van my honde het kleintjies gekry – en jy kan die mooiste een vir jou gaan uitsoek,” belowe hy.

“Kom, ons gaan kyk, asseblief,” soebat Rosa.“Vergeet maar voorlopig van die tee,” sê Maryn en

hardloop agter Rosa aan. Sy sal nooit weer haar kind onder haar oë laat uitgaan nie.

“Ag, siestog,” sê Rosa. “Ek wil daardie enetjie hê,” sê sy en wys. Rudolf haal die hondjie uit en gee dit vir Rosa. “Ag, siestog, voel net hoe bewe hy; hy sal in die bed by my moet slaap, nê mamma?”

“Ja, my liefste, dan sal ons maar aldrie vannag in een bed moet slaap.”

“Maar dan kry oom Rudolf weer koud, siestog.” Maryn voel ’n blos oor haar wange sprei.

“Ag, ek is al gewoond daaraan,” lag hy. “Ek het nog vir jou ’n ponie ook, Rosa – ek sal jou moet leer ry,” sê Rudolf.

“Dis lekker hier by oom Rudolf, nê, mamma? Ons moet sommer hier by oom Rudolf bly – hy weet wanneer ’n mens se hartjie seer is en dan maak hy dit gesond.”

“Lyk my so.” sê Maryn en kyk na Rudolf. Hulle lag.“Maar dan kan ons mos maar almal sommer een

bed slaap.”“Glad nie ’n slegte idee nie, sê Rudolf, ewe droog.

Page 356: Alleen in Plekke

346

Die eerste vraag wat ’n besoeker aan Duineveld, ’n dorpie aan die rand van die woestyn, gevra het,

was altyd: “Wie bly in daardie kasteel teen die rant?”En die standaard antwoord: “Simpel Maryn

Jonker.” En as die besoeker ’n wenkbrou gelig het oor die geniepsige benaming, het die dorpenaar dit gesien as belangstelling.

“Sy het nog nie ’n voet uit die huis gesit die afgelope tien jaar nie. Bly daar soos haar vinger, stoksielalleen. Maar so ken ons die Jonkers. Stinkryk en hoogmoedig.

Dis ’n tipiese karaktertrek van sommige plattelandse dorpe. Die inwoners het ’n kalender en notaboek van gebeure op die dorp in die kop waarvoor heelwat breinselle moes plek maak.

Wat logies is: waarvoor gebruik ’n mens onnodige grysstof as een dag in die volgende inloop, maand na maand verbysleep, jaar na jaar alles dieselfde bly?

Nooit juis gemeng nie. Na haar ouers se dood en die vernedering is Maryn Jonker se trots finaal geknak.”

En as die besoeker gewonder het oor die gevoelloosheid van die verteller, het hy wyslik besluit om nie te reageer nie. Hy was haastig om weg te kom uit die dorp wat blykbaar niks kon bied nie, behalwe stof en versengende hitte.

Samaritaan

Page 357: Alleen in Plekke

Samaritaan

347

Sou hy wonder oor die ongelukkige vrou, sou hy nie kon raai dat die dorpenaars jou enige iets sou vergewe behalwe, “dat jy nie meng nie.”

Al blik wat hulle van Maryn Jonker gekry het, was wanneer sy vyfuur elke middag haar lang donker hare voor ’n venster op die tweede vloer van die huis, staan en borsel het. Jy kon jou horlosie daarna instel.

“Simpel Maryn gedenk haar vernedering,” sou hulle selfvoldaan vir mekaar sê. “Sy het mos dáárdie dag vyfuur, tevergeefs voor die preekstoel gewag vir die bruidegom!”

Die gebeure is gedurig weer opgerakel, alhoewel almal dit geken het. “Dit wys jou net: hoogmoed kom tot ’n val!”

Toe eendag gebeur daar iets wat die dorpenaars vir die volgende tien jaar stof vir geselskap gee. Maryn Jonker kry weer die hoofrol. Of was dit Samaritaan?

Nietemin. Eendag trek ’n boer met sy trop skaap by die dorp verby op soek na weiding. Een van sy skaaphonde tel ’n vreemde reuk op en besluit om te gaan ondersoek instel.

So beland hy in Duineveld waar hy by al wat huis is verwilder word. Sy oog val op Maryn waar sy haar hare staan en borsel en hy gaan lê teen haar tuinmuur.

“Nou, het die hond beslis by die verkeerde adres gaan aanklop,” lag die inwoners toe hulle horlosies regstel op Maryn se verskyning en die hond gewaar.

“Ou Simpel Maryn maak vir niemand haar voordeur oop nie. Wat nog te sê vir ’n rondloperhond!”

Page 358: Alleen in Plekke

348

Alleen in Plekke

Die afwesigheid van Maryn in die venster stiptelik vyfuur die volgende dag het ’n skokgolf van ongeloof deur die dorp gestuur.

En bespiegelinge waarom sy nie daar was nie, het begin.

Is sy siek? is daar gewonder. Dan moet dit ernstig wees. Of is sy dood? Dan is dit buitendien die dokter of die predikant se saak.

Hulle sal ’n paar dae wag en sien. ’n Week gaan verby. En nog een.

Ander het iets bonatuurliks gesien in haar afwesigheid. Miskien was dit al die jare net haar gees wat in die venster verskyn het. En waar is dit nou?

Saans is die sinkhuisies vroeg gegrendel teen naglopers. Mens moet versigtig wees.

Omtrent ’n week later, het iets gebeur wat die dorp ’n gesamentlike sug van verligting én verontwaardiging laat slaak het. Dat Simpel Maryn hulle so vir die gek gehou het!

Sy het ’n rondloperhond in haar huis ingenooi! Nadat niemand daar welkom was nie. Dis vêrregaande.

By die sinkhuisies word daar weer buite vuur gemaak. Natuurlik is Maryn nie ’n gees nie. Honde maak nie vriende met geeste nie, lag hulle verlig.

Want so onwaarskynlik as wat ’n sneeustorm in die Kalahari sou wees, verskyn Maryn, tien jaar na haar selfopgelegde afsondering, weer op straat.

Teen die rant voor haar huis kom sy aangestap, die rondloperhond skaaphond aan ’n leiband, langs haar.

Page 359: Alleen in Plekke

Samaritaan

349

Konsternasie trek deur die dorp. Werk word gestaak sodat die onverklaarbare gebeurtenis in oënskou geneem kan word.

Gesigte verskyn en verdwyn weer oor tuinmure, motoriste wag dat sy die straat kruis en losloop kinders tou agterna. Die telefone begin gons.

By die ouetehuis het die telefoon ook gelui. Voor in die tuin het die siekes, kreupeles, die blinde Tant Breggie, die rolstoel brigade en ’n bleek Matrone, Maryn Jonker en die vreemde skaaphond ingewag.

Toe sy hulle sien het sy begin waai. “Môre, môre,” het sy vrolik gegroet. Die hond het uitbundig begin rondspring en rem aan sy leiband. Die losloop kinders het begin dans en handeklap.

“Môre, môre,” groet die oumense. Hulle het teen die draad begin saamdrom opgewonde soos kinders oor die onverwagte afleiding. Met ou verrimpelde hande het hulle die hond deur die draad gestreel.

“Oubaas se honne,” het oom Hans, met ’n gebroke stem gesê, “jy is die enigste wat Maryntjie gehelp het in haar nood. ’n Ware Samaritaan.”

Hy was jare gelede ’n huisvriend van haar ouers. “Maar ek is gekluister aan hierdie stoel en kon nie plig aan haar nakom nie.”

“Ek het dit!” het Maryn uitgeroep. “Sy naam is Samaritaan! Sa-ma- ri- taan,” toets sy dit op haar tong. “Hy het my uit ’n diep donker put gered.”

Sy streel oor die hond se kop. “En hy sal dieselfde vir oom Hans doen,” troos sy die ou man.

Page 360: Alleen in Plekke

350

Alleen in Plekke

Die Algemene Handelaar was bedrywig vir so vroeg in die oggend. Huisvrouens het skielik onthou dat hulle dringend iets nodig het. Dit was die plek waar almal by mekaar gekom het vir die jongste nuus van Duineveld.

En hulle is nooit teleurgestel nie. Want die eienaar, Piet Kontant, het so ’n ding of twee geweet. Van elke inwoner. Dit het gesorg vir goeie besigheid, het hy uitgevind.

Dié oggend het hy hulle nie teleurgestel nie. Sy telefoon het aanhoudend gelui sedert Maryn se verskyning op straat. Die storie oor haar vernedering voor die preekstoel is weer gesirkuleer.

Daar is wyd spekuleer oor wat gebeur het dat sy skielik op straat verskyn.

“Ek weet,” het Piet Kontant hulle ingelig. “Daardie skaaphond moet genesende krag hê! Hy’t Maryn genees van haar simpelheid! Die hond het bonatuurlike kragte!”

Dié wysheid is vinnig in die dorp versprei. Dit was soos ’n veldbrand. Net eers ’n rokie en dan vat alles vlam.

“Dink net wat hy vir ons kan doen,” het die mense van die ouetehuis mekaar bemoedig.

“Het julle gesien! Hy het sulke sielvolle ,wit oë wat ’n teken is van bonatuurlike krag!” was ’n ander een se opinie.

“En hy’t vir Maryntjie gesond gemaak, het hy nie?” was die algemene konsensus.

Page 361: Alleen in Plekke

Samaritaan

351

So word hy opgekommandeer ouetehuis toe en almal voel beter na sy besoek. Al wat hy gedoen het, was om met sy wit oë van die een na die ander te staar soos hulle praat.

En Duineveld het ’n koue oorlog op hande. Dié wat vír Samaritaan is en dié wat teen hom is. Die anti- Samaritane kry gou die naam van Fariseërs en Dominee is voor in die koor.

Bygelowe moet met wortel en tak uitgeroei word! En dit sal, belowe hy.

Want oral, met Piet Kontant aan die voorpunt, vind wonderwerke daagliks plaas. Dit gaan die Sondagkoerante haal, belowe hy.

En dit sal tot voordeel van Duineveld en die hele gemeenskap strek. Die dorp kan selfs ’n toeriste aantreklikheid word!

’n Oor ywerige joernalis het kom foto’s neem van mense in rolstoele, siekes in die kliniek, ’n groepfoto van die ouetehuis se mense en ’n lys van hulle kwale en die hoë verwagtings wat hulle koester van Samaritaan.

Dis net ’n kwessie van tyd. Lesers moet hom so ’n drie maande gee, dan rapporteer hy die wonderwerke. Met die gepaste foto’s daarby.

Toe was die gort gaar. Dominee het al die Samaritane onder sensuur gesit, sodat hulle nie die Kerk met hulle bygelowigheid kan kom besoedel nie.

Samaritaan het ook bedrywiger geraak. Onrustig. Hy het van huis tot huis geloop asof hy iemand soek. Sy ondersteuners het hom hartlik verwelkom, maar

Page 362: Alleen in Plekke

352

Alleen in Plekke

die Fariseërs het hom met klippe gegooi.Een Sondag het Samaritaan vir die eerste maal die

Kerk besoek. Aan die voorpunt van sy ondersteuners wat sommer met sensuur en al opgedaag het!

Die orreliste het net haar gramskap op die orrel begin uithaal oor die leë kerk toe die Samaritane inval en heel voor gaan sit, sensuur en al.

Samaritaan het reg voor die preekstoel gaan lê. Die orreliste het so groot geskrik toe sy die twee strydende partye stelling teenoor mekaar sien inneem, dat sy onmiddellik ‘Ruwe stormen mogen woeden’ begin speel het.

Maar dit was ’n stigtelike Kerk en die heethoofde is kalmeer deur die boodskap vanaf die orreliste. Party het die hond in die Bybel onthou wat Lazarus se sere gesond gelek het. Trane is weggepink.

Dominee het gepreek oor die tollenaar, Fariseer en die Samaritaan. Elke maal as hy sy naam hoor het Samaritaan opgestaan, sy kop opgelig en sy stert geswaai.

“Hy het weer die Kerk verenig, sê die hoofouderling na afloop van die diens. Almal wil nou met die hond kennis maak en wag by die deur vir hom om uit te kom.

Maar Samaritaan het onder die sing van die laaste gesang, net verdwyn. Hy het in die Kerk ’n reuk van sy baas met sy trop skaap gekry en die dorp verlaat.

Dit was eers toe die dorpenaars weer vir Maryn voor haar venster gewaar dat hulle besef het,

Page 363: Alleen in Plekke

Samaritaan

353

Samaritaan was nie meer saam met hulle nie.Twintig jaar later is die storie van Samaritaan, die

hond met die gevoelentheid vir siekes en oumense, nog herhaal en geherkou.

Die dorpenaars kon nog steeds hulle horlosies regstel as hulle opkyk na die kasteel teen die rant.

Vyf uur elke middag sit Simpel Maryn voor haar venster en kam haar lang, grys hare. Sy kam en kam haar hare...

Page 364: Alleen in Plekke

354

Ingrid Walters kan haar oë eers nie glo nie toe sy sien, Omuramba, die familieplaas, is te koop nie –

vir ’n belaglike lae prys! Daar is ’n duidelike foto van die ou huis – nog van klip gebou – geslagte gelede.

Sy bel die eiendoms-agent, bevestig die prys en koop dit nog dieselfde dag. Sy sit terselfdertyd haar besigheid, ’n florerende restaurant, in die hartjie van die stad, in die mark.

Met die kontrak in haar hand vat sy die pad Omuramba toe. In haar onderbewuste het sy altyd gehoop dat sy eendag sal kan terugkeer – só het sy egter nie kon droom nie!

Dis amper ses jaar gelede dat haar pa haar soos ’n hond van die plaas afgejaag het. “Gaan bly by die kaffers – hulle is nou jou familie! Ek gee julle ’n week tyd dan moet julle weg wees!”

Wat Faan Walters nie kon regvloek nie, het hy reggedonner – het hy altyd gespog.

Daardie basilisk – die Ontug Wet – wat deur die Nasionale Party uitgebroei is, was in volle swang. En sy Ingrid Walters, wit dogter van Faan en Ellie Walters het ’n kind verwag van Joseph Meintjies, seun van Souf, hulle kombuismeid, ’n kleurling.

Die feit dat hy ook die seun van ryk Jan Meintjies, voorsitter van die Boerevereniging was, het almal

Tuiskoms

Page 365: Alleen in Plekke

Tuiskoms

355

geweet – maar verkies om dit te vergeet.Joseph het hom nie laat intimideer deur Faan

Walters nie. “Ingrid bly hier tot ons kind gebore is en dan nog ’n maand om aan te sterk - óf ek gaan polisie toe – jy smokkel met diamante; ek hou jou al jare dop – en ek is nie die enigste wat weet nie!”

Faan het merkbaar verbleek. Ellie het gillend die huis ingehardloop.

Later tap sy petrol in en vat toe die gruispad plaas toe.

Ingrid brand om die goeie nuus by Joseph te kry, maar haar laaste brief het onbeantwoord gebly. Briewe was ál kontak wat hulle in ses jaar met mekaar gehad het.

Sy moes hulle seun, Peter, op foto’s sien groot word; en dit was die bitterste.

Ma’Souf het haar bygestaan met die geboorte en sy en Joseph se fris seun is sonder komplikasies gebore. Dit was ’n verskriklike tyd – jy het nie geweet watter oë jou dophou nie – en alles moes in die donker plaasvind.

“Ons gaan vannag weg, pak jou goed!” het Ma’Souf vir haar gefluister.

Tot haar verbasing het Joseph haar daardie nag met ’n motor kom oplaai. In die stad het sy haarself in ’n hotel ingeboek en natuurlik kon Joseph en Ma’Souf nie daar bly nie – dit was net vir wittes.

Haar kind moes saam met hulle. Op die pad al het Joseph ’n pak note in haar handsak gesit. “Waar kom

Page 366: Alleen in Plekke

356

Alleen in Plekke

al die geld vandaan?” het sy gevra, en begin huil.“Van my pa af – my erfporsie! Hy voel dit sy

vaderlik plig om dit aan my te gee en om my so gou as moontlik weg te kry, hierdie motor, een van sy bestes. Skytbang vir die Ontug-Wet.

Ingrid het ’n week in die hotel gebly getreur oor haar kind. Toe het sy ’n rekening gaan open met die geld wat Joseph haar gegee het.

Die teller het nie ’n oog geknip toe sy die groot pak note oor die toonbank skuif nie. Met daardie geld het hy haar op haar voete gehelp. Sy kon die restaurant koop – en later uitbrei.

Joseph, Ma’Souf en die kind het die grens oorgesteek Bechuanaland toe. Sy het Joseph se eerste brief Poste Restante gekry en só het hulle dit gehou – dit was hulle enigste kontak. En hy het gereeld geld in haar bankrekening inbetaal.

Ingrid besef dat sy stadiger moet ry – koedoes is altyd ’n gevaar op dié pad. By die motorhek tussen Omuramba en die buurplaas, staan ’n groot advertensiebord: “Omuramba Gastehuis/Guesthouse!”

Dinge het beslis drasties hier verander, dink sy, maar sy is op háár grond en dis al wat tel!

Sy eien die bome weerskante van die pad: die groot Soetdorings, die Witgat, hier en daar ’n Appelblaar, die Basterkameel, ’n kleinboet van Suidwes se geliefde Kameeldoringboom, die koning van die veld!

Sy sien Rosyntjiebosse en onthou hoe sy en Joseph

Page 367: Alleen in Plekke

Tuiskoms

357

die bessies gepluk het – soet-frank, as jy dit met pit en al gekou het. En die Wag-’n-Bietjie en die Haak-en-Steek. Net van die gehate Swarthaak is daar nie ’n teken nie; daarom dat die gras heuphoogte staan; waar dié bos groei vernietig hy alle plantegroei.

Voor haar oor die pad stap twee Sekretarisvoëls, statig, kop in die lug – aristokrate, van die veld. Tarentale met kuikens verdwyn in die gras. ’n Paar kwartels vlieg op asof vlieg vir hulle harde werk bly!

Dit was ’n goeie reënjaar vir Suidwes. Die natuur sing van nuwe lewe! Langs die pad na die opstal is groen mielielande. Die baard van die mieliekoppe begin bruin verkleur – oestyd is voor die deur, dink Ingrid.

Sy hou onder ’n groot Jakarandaboom stil. Alles is doodstil. Die huis is vergroot en balkonne strek die lengte van die muur – duidelik ingerig as ’n Gastehuis. Sy kyk met verbasing na al die verbeterings wat aangebring is: die groot grasperke, ’n roostuin, paadjies uitgelê met leiklip, ’n visdam; selfs ’n groot swembad.

Haar oë gaan onwillekeurig gaan na waar Joseph en Ma’Souf se pondok vroeër was. Daar is nou netjiese huisies gebou – en selfs bome geplant. Perdestalle is voor die laning bloekombome gebou. Waar eers net besembos en sydissels gegroei het, staan vier chalet’s elkeen met sy eie tuin en tennisbaan.

Sy is verplig om te gaan aanklop; niemand het nog uitgekom nie. Sy vrees Groot Faan se reaksie. Sy begin

Page 368: Alleen in Plekke

358

Alleen in Plekke

stadig met die trappe opklim na die balkon, maar steek vas toe sy ’n kind hoor lag. Sy luister weer.

Sy hoor ’n mansstem en die kind lag weer. Dit kom van die stalle se kant af.

Sy hardloop die trappe af, reguit stalle toe. Sy sal daardie stem nooit vergeet nie. “Joseph!” roep sy en dan verskyn hy in die deur – en agter hom hulle kind.

Die kind is eerste by haar; hy steek voor haar vas. “Jy is my ma,” sê hy en strek sy armpies uit na haar. Sy gryp hom en druk hom so styf teen haar vas, dat hy begin spartel.

Dan is Joseph by; hy omhels hulle. Trane loop oor hulle wange en drup op Peter.

“Waarom huil julle? vra hy verbaas. Hulle lag, maar woorde is eintlik onnodig. Hulle staar na mekaar – alles is onwerklik.

“Kom,” sê Joseph en begin huis toe stap. Ingrid gryp hom aan sy arm. “Wat van Groot Faan?”

“Dan weet jy nog nie? Hy’s in die tronk vir klippies – die polisie het hom ’n maand gelede opgesluit. Jou ma is ook weg na ’n suster toe.

Ou Amos, die voorman, het my laat weet; die plaas is in die mark vir ’n belaglike prys.

En die aasvoëls sirkel; ek kan dit koop, maar hulle sal nooit aan ’n kleurling verkoop nie!” Sy hoor die bitterheid in sy stem deurslaan. Ingrid druk hom teen haar vas; ek het nooit gedink dat ek jou liggaam weer teen myne sal voel nie.”

“Wanneer kom julle?” skree Peter van die balkon

Page 369: Alleen in Plekke

Tuiskoms

359

af.“Ek het Omuramba klaar gekoop, Joseph – vir

ons! Maar waar is Ma’Souf dan?”“Sy wag in die huis. Maar jy weet ons probleme is

lank nog nie opgelos nie, Ingrid!”“Wel, dis ’n Gastehuis! Julle sal hier moet inwoon.

Ek en Ma’Souf sal vir die kos en kamers moet sorg. En jy sal die plek moet bestuur – en die bestuurder moet dag en nag beskikbaar wees, jy weet!”

Page 370: Alleen in Plekke

360

Dit was vir Cecile ’n skok toe sy uit die bloute ’n brief van haar dogter, Sonja, ontvang. Wat haar

betref, was daardie deel van haar lewe afgehandel en verby - tien jaar gelede al.

Sy skeur die brief in fyn stukkies en verbrand dit in die kaggel – sonder om dit te lees.

Tien jaar gelede het sy die deur van haar vernedering agter haar toegetrek – sy het té hard geveg om haar balans te herwin, om dit nóú selfs net op ’n skrefie oop te maak.

Cecile het destyds niks vermoed nie. Dit was haar vriendin, Rhoda, wat haar ontnugter het. Hulle was altwee dokters by dieselfde hospitaal en was al vriendinne sedert hulle studentedae.

“Luister, Cecile, jou man en jou dogter het ’n verhouding,” het Rhoda op haar reguit manier gesê; in haar motor geklim en weggery.

Cecile het verbyster in haar motor bly sit. Sy het geweet dat dit waar was; dat sy sélfs soms gewonder het oor die hegte band tussen haar man en sy stiefdogter.

Dit het sy egter nie verwag nie!Sy het met Fritz getrou, nadat haar man oorlede is.

Sonja was agt jaar oud. Hy was ’n advokaat en Rhoda het hom aan haar voorgestel op ’n partytjie. Cecile was gevlei deur die aandag van die aantreklike advokaat.

Waar Bloed Kruip

Page 371: Alleen in Plekke

Waar Bloed Kruip

361

Drie maande later is hulle getroud en sy was dankbaar dat hy Sonja so geredelik aanvaar het; en Sonja hom.

Nóú - agt jaar later – bereik sy die einde van die pad wat sy met soveel geluk en dankbaarheid geloop het. Sy bly verslae en besluiteloos sit.

Sy moet huis toe gaan en Fritz konfronteer; of sy moet bewyse teen hom kry – hom op heterdaad betrap. Nog onseker wat om te doen, ry sy huis toe.

Sy hou voor die huis stil. Sy het besluit; en Sonja is oud genoeg om self te besluit.

Cecile hoor hulle op die tennisbaan. Sy begin pak. Toe hulle onder die venster verbystap, hoor sy Fritz se stem: “Sy’s nog nie by die huis nie.”

“Ons moet versigtig wees,” sê Sonja. “Jy kan tronk toe gaan vir wat jy doen, Pappa-Fritzie! Wat van die sportmotor wat ek so graag wil hê?”

Sy pers hom af! dink Cecile geskok. Sonja, my kind, het die situasie onder beheer, terwyl ek, haar ma nog ronddobber in ’n see van onsekerheid!

“Wat staan jou kar dan nog voor die deur, Cecile?” vra Fritz, toe hy instap.

“Ek gaan weg,” antwoord sy en pak vêrder.“Waarom...?” vra hy en sy hoor die vrees in sy

stem. Sonja stap ook in en vlei haar op die bed neer.“Het jy nou eers gesnap wat al vyf jaar onder jou

oë aangaan, liefste. Mamma?” vra Sonja sarkasties, maar Cecile hoor die hartseer in haar stem.

Page 372: Alleen in Plekke

362

Alleen in Plekke

“Maar nou is dit té laat! En moenie my probeer oortuig dat jy nooit geweet het nie – jy het!”

Sy loop tot voor Fritz en druk haar vinger op sy bors.

“En jy kan tronk toe gaan hiervoor, liefste pappa! Dink net aan die voorbladop-skrifte in die koerante!

Wat van daardie sportmotor wat jy my nou al maande lank belowe – vir dienste gelewer!

As daar een is wat moet padgee uit hierdie huis, is dit ek – maar waarom sal ek? Ek is ’n rykmansdogter of is dit nou vrou?”

Die verbittering in haar kind se stem ruk haar uit die onwerklikheid waarin sy blindweg rondtas – sedert Rhoda se woorde.

“Asseblief, Cecile,” begin Fritz soebat, “moet nie ’n spektakel hiervan maak nie. Jy weet wat dit aan my loopbaan kan doen – en aan joune! En aan Sonja!”

“Die hele stad praat al daaroor – selfs my vriende spot daarmee, Pappa-Fritzie. Maar solank ons dit onder die mat invee – sal dit net by ’n geskindery bly.”

Sy stap en hak by Cecile in. “Of wat dink jy, liefste mamma? Terwyl julle soos kinders in die donker spartel, is alles vir my glashelder. Jy verlaat hom; hy skei – en ék bly by hom!

Jy sien, mamma, ons het mekaar lief!” Sy gaan staan voor Fritz en soen hom op die mond.

“Is dit nie wat jy vir my van die begin af gesê het nie, Fritz- liefling? Dis mos hoe dit begin het – ek is jou pa en het jou só lief – het jy in my oor gefluister.

Page 373: Alleen in Plekke

Waar Bloed Kruip

363

En later: onthou ons het geen bloedverwantskap nie!”

Cecile kyk van die een na die ander. “Is dit so, Fritz?” Sy is bly dat haar stem niks van haar gevoelens verraai nie. “Het julle mekaar lief?”

“Stadig nou,” sê Fritz, “ek is seker ons kan ’n kompromis uitwerk, Cecile...”

“Antwoord net haar vraag, Fritz!” sê my dogter en sit haar arm besitlik om my man.

Hy val in ’n stoel en bedek sy gesig met sy hande.“In daardie geval, het ék die hef in die hand, sê

Cecile. “Onthou julle dit net altwee! Julle sal van my

prokureur hoor. En julle sal aan al my eise voldoen, want ons wil mos nie ons vuil wasgoed in die openbaar was nie, wil ons?” sê sy en stap met bewende bene na haar motor.

En met dié woorde het sy uit hulle lewe gestap – só het sy gedink! Haar hel van selfverwyt het gekom toe sy dit die minste verwag het. In die begin was sy té besig om haarself weer gevestig te kry.

Cecile het maklik ’n pos by die hospitaal gekry. Die egskeiding is vinnig afgehandel en Fritz het aan al haar eise voldoen.

Met die onderhoud alleen, het sy nie nodig gehad om te werk nie. Maar sy het geweet dat die stroompie dalk kon opdroog.

En toe hulle dit die minste verwag het sy die huis – háár huis – onder hulle uitverkoop.

Page 374: Alleen in Plekke

364

Alleen in Plekke

Sy was besig om wraak te neem, maar terselfdertyd het sy haar eie toekoms beveilig. Maar wat van Sonja s’n? het sy soms gewonder.

Die laaste toneeltjie waar Sonja met haar arm besitlik om Fritz staan en hulle liefde vir mekaar in Cecile se gesig slinger, het haar vêrder verhard.

Maar in die klein ure van die nag het sy met haar gewete geworstel. Het sy geweet of nie? En daar was nie ’n eenvoudige antwoord nie. Jy hoor en lees van die dinge – maar dit gebeur mos net met ander mense – dan nie?

Het sy haar kind in die steek gelaat – haar mooi, Sonja? En sy het Fritz liefgehad en vertrou; hy was die skuldige, het sy haarself probeer verontskuldig.

Hy het nog nie genoeg betaal nie, het sy gedink en die wraakgedagtes het haar voedingsbron geword.

Terwyl hy lewe, het sy gesterf. Dan het Sonja se selfversekerde gesig verskyn en sy het besef dat sy besig was om haarself te vernietig. Haar werk het daaronder begin ly.

Cecile het ’n sielkundige begin sien en stadig haarself uit die moeras begin optel. Sy het aan die sosiale lewe begin deelneem, meer aandag aan haar voorkoms gegee, en wanneer sy ’n kans gekry het, in die natuur geboer.

Rhoda het haar onverwags eendag gebel om van Sonja en Fritz se huwelik te vertel. Dit het haar baie gehelp; dan het hulle mekaar tog liefgehad – en haar kind was versorg, het sy dankbaar gedink.

Page 375: Alleen in Plekke

Waar Bloed Kruip

365

En sy het begin skryf, eers net los gedagtes – ’n soort van dagboek – maar later met meer erns. Dit was my redding, het Cecile meer as eenmaal gedink, en hoe onwaarskynlik dit ook al vir haar gevoel het – die feit dat Sonja gelukkig en versorg was, was ook ’n groot faktor.

Haar eerste boek was by die pers – sy het so vry soos ’n voël gevoel; sy het van al die gif wat in haar opgegaar was, ontslae geraak.

Op pad Houtbaai toe eendag het sy soos gewoonlik ’n Sondagkoerant gekoop en uitgesien na ’n maaltyd van lekker vars vis en ’n sonbad op die strand.

Die berig was op bladsy drie: ‘Vooraanstaande advokaat in hof!’ Sy het die naam gesien en onmiddellik vir Rhoda gebel.

“Sonja en haar kind is hier by my, Cecile. Dit gaan nie so goed met hulle nie – sy kruip al ’n maand lank vir Fritz weg.

Sy het die wêreld vir hom warm gemaak, nadat sy bewyse gekry het dat hy ’n kind van haar vriendin, molesteer. Blykbaar is dit maar ’n ou swakheid van hom – soos jyself weet.”

“Waarom het jy nie eerder gebel nie, Rhoda?”“Sonja, was bang om met jou te praat ná alles wat

gebeur het! Selfs ek het gedink dat jy genoeg gehad het en sy haar eie heil moet uitwerk,” sê Rhoda.

Cecile se stem bewe toe sy weer praat. “Vertel my van my klein kind, Rhoda.”

“Wel, dis ’n dogtertjie wat op ’n druppel water soos

Page 376: Alleen in Plekke

Alleen in Plekke

366

jy lyk, so vyf jaar oud. En wag hiervoor, vriendin: haar naam is Cecile.”

“Rhoda, sal jy my ’n guns doen? Ek sal vir hulle plekke op die eerste vlug Kaap toe bespreek en die kaartjies sal vir hulle wag.

Sal jy net sorg dat hulle op die vliegtuig kom? Ek kan nie wag om Sonja en my eerste kleinkind te sien nie!”

Page 377: Alleen in Plekke

367

“Wat is dit, Kate?” vra Myra, my huishoudster en vertroueling toe sy my trane sien. Ek

staan met ’n pakkie wat pas afgelewer is in my hand. “Dis van Adrian,” stamel ek. “Dis nie sy handskrif

nie.” Ek sak in die naaste stoel neer, verbaas oor my ontsteltenis en die golf van herinneringe wat oor my spoel.

Ná vyf jaar het ek gedink dat die skaduwee van die man nie meer soos ’n donker wolk oor my lewe hang nie. Maar die ou hartseer en pyn, gemeng met die wete dat hy dalk nie meer daar is nie, oorweldig my.

“Hy is dood, Myra,” snik ek en druk die pakkie met die vreemde handskrif teen my vas.

“Toe Adrian Profane vyf jaar gelede uit jou lewe gestap het, was hy al dood vir jou, Kate. En as jy nou weer van voor af wil grens, doen dit op jou eie!”

Sy staan vererg op van die tafel waar ons tee drink. “Dis net ’n aanname wat jy maak, Kate. Onkruid vergaan nie!”

“Waarom, as hy nog gelewe het, sal hy nie self die pakkie adresseer nie?”

“Kate, ek gaan nie weer saam met jou worstel oor hierdie man van wie jy in vyf jaar niks gehoor het nie!

Adrian Profane was nie een van jou trane werd nie.”

Winterstorie

Page 378: Alleen in Plekke

368

Alleen in Plekke

Sy gryp die pakkie uit my hand soos sy verbystap. “Ek sal daarvan ontslae raak! Vir ’n tranedal sien ek nie weer kans nie.”

“Myra, jy kan nie die boek vernietig nie. Daar mag iets van belang in wees,” keer ek,

“Wel Kate, vir hom was daar in al die tyd niks van belang wat jou betref nie. Waarom skielik nou?”

Ek weet sy is reg, maar ek moet hierdie laaste gebaar van hom respekteer. Dit is ’n erkenning dat hy tog onthou het en kan bydra dat ek daardie ongelukkige fase in my lewe uiteindelik sal kan afsluit.

“Daar is niks waarvoor ek hom moet vergewe nie. Inteendeel...”

“Ek gaan nou vir jou tee maak; jou studente sal in ’n uur hier wees. Ek verwag dat jy op jou pos sal wees. Gaan was jou gesig. Ek sal jou roep as die tee klaar is, Kate.

My bene kan nie meer die trappe op en af nie. En ek wil nie weer die naam, Adrian Profane hoor nie!”

Adrian Profane... Wat weet Myra? Het sy ooit ’n man só liefgehad?

Ons het by my eerste uitstalling ontmoet...vyf jaar gelede.

“Jy is Kate Thyssen?” ’n Lang, maer man, hou sy hand uit. “Ek is Adrian Profane.”

Sy hand is yskoud; net so koud soos sy gitswart oë. Toe ek ’n kind was, het ek eendag amper op ’n swart mamba getrap.

Die slang het sy kop gelig en ek het, asof

Page 379: Alleen in Plekke

Winterstorie

369

gehipnotiseerd, in die koue, gitswart oë gestaar. Hierdie man se oë was net so swart en koud.

“Ek wil dié skildery koop, Kate Thyssen, om hier in my woonstel te hang. My firma, in Swede, het my vir twee jaar Suid-Afrika toe gestuur,” sê hy en haal die skildery van die muur af.

“Somer op Kara,” lees hy. “Waar is Kara?”“Dit is ons familieplaas in Suidwes.”“Jou liefde vir die plaas kom duidelik deur.”“Ek het daar groot geword.”“Jy het dieselfde misterie, Kate Thyssen. Ek het

jou foto in die koerant gesien, en besluit om te kom. Dis karma.”

“Ek weet werklik nie wat jy bedoel nie, meneer, Profane. Dit is nie te koop nie! Ek hou nie van jou houding en jou persoonlike aanmerkings nie.”

“Ek vra om verskoning, juffrou Thyssen!” Hy hang die skildery terug teen die muur. “Ek het gedink jy sou verstaan; dis wat in jou skilderye deurkom!”

Hy het uitgestap. Ek kon die man nie uit my gedagtes kry nie. Dit was asof hy iets van homself agtergelaat het; asof hy my in daardie een enkele ontmoeting verander het in iemand wat ek nie geken het nie.

In elke lang, donker man het ek hom gesoek. Ek het my verhouding van drie jaar verbreek.

My skilderye het totaal verander. Ek het deur die agterbuurtes begin dwaal en armoede en lyding begin skilder. Ek het gebreek met my vorige lewe. Ek het

Page 380: Alleen in Plekke

370

Alleen in Plekke

nagte deur geskilder. In baie van my skilderye het die swart mamba begin

verskyn. Ek het dit selfs in ’n skildery van Adam en Eva gebruik. Daar was niks waaraan ek nie my hand gewaag het nie.

Die mees ontstellende, die skokkendste, die mees bisarre het ek op die doek vasgelê. Na drie maande het ek genoeg skilderye gehad om ’n uitstalling te hou.

Dit was ’n waagstuk. Die publiek hou van die gewone, die alledaagse. Hulle is bang om met die werklikhede van die lewe gekonfronteer te word.

En al hierdie skilderye was ’n skreiende geroep om hulp. Of ’n vinger van beskuldiging wat reguit na die kyker wys.

Neil, my broer het net sy kop geskud. “Is dit nie tyd dat jy ’n bietjie op die plaas kom kuier nie, Sus?”

“Ek het nog te veel werk en hierdie woonstel versmoor my! Hier is nie genoeg ruimte om in asem te haal nie!”

Gewoonlik was ek baie gespanne voor die opening van ’n uitstalling. Hierdie keer het ek onbetrokke gevoel. Die pers het, soos gewoonlik, ’n geil tyd gehad:

“Kate Thyssen slaan dekadente rigting in met skilderye!”

En die dag met die opening het die bom gebars! Die kunsgalery het oorstroom met besoekers... vir ure lank.

Daar is gefluister; selfs beledigings is na my geslinger. Van die skilderye is beskadig. Ek het

Page 381: Alleen in Plekke

Winterstorie

371

onbetrokke gebly.Die volgende paar weke het die koerante en die

kerke my afgeslag. Net een koerant het my skilderye verdedig. Hulle wou ’n onderhoud met my voer, maar ek het geweier.

“My skilderye praat namens my,” het ek gesê. Hulle het foto’s geneem en dit op die voorblad geplaas.

Ek het getrou elke dag die kunsgalery oopgemaak en soms selfs een of twee skilderye verkoop.

Toe het die betogings begin. Een oggend kon ek nie die deure oopsluit nie. Plakkate is in my gesig gedruk. Ek moes die polisie bel.

Daar het ’n bakleiery ontstaan en sommige van die betogers het in die hospitaal beland.

Toe was die vet in die vuur!Ek het dreigbriewe gekry en selfs by my woonstel is

betogings gehou. Die ander inwoners het nie daarvan gehou nie en ek het ’n maand kennis gekry.

Neil, het op sy stil manier sleutels in my hand geplaas. “Kom ons gaan kyk, Sus! Ek het vir jou ’n huis gekoop met jou erfgeld. Kara is nou winsgewend en ek het nie die geld meer nodig nie.

Dit was ’n Victoriaanse huis met nog die ou, oorspronklike meubels. Kolossale plek. ’n Plek vir my galerei, asof dit net vir my gewag het! Dit was die ideale plek; dit het al my probleme opgelos.

En die storm het bedaar en mense het begin koop! Die koerante het nuwe nuus gekry en die predikante het besef, dat daar nog ander sondaars was, wat bekeer

Page 382: Alleen in Plekke

372

Alleen in Plekke

moes word.Ek het my huur opgesê en met die laaste paar

skilderye na my nuwe woonplek getrek. Die huis was teen ’n heuwel geleë en daar het ’n nuwe kalmte oor my gekom.

My vorige uitstalling was vergete; ek het teruggekeer na natuurtonele en portretstudies. Ek het Adrian Profane probeer vergeet. Maar dinge het nie uitgewerk soos ek dit beplan het nie.

Een aand laat, het die deurklokkie gelui. Toe ek die deur oopmaak, staan Adrian Profane voor my!

“Lyding het jou selfs mooier gemaak, Kate,” is sy eerste woorde.

Sy woorde slaan my asem weg. Wat se soort mens is hy?

“Is dit grys hare wat ek sien, Adrian? Wat het jy deurgemaak? En wat soek jy hier?”

“Ek was in Frankryk met vakansie. Ek het dadelik gekom toe ek lees wat hier aangaan, maar ek kon jou nêrens opspoor nie.

“Jou ateljee was gesluit en niemand het enige inligting oor jou gehad nie.

“Gister was daar ’n berig in die koerant oor jou nuwe ’skuilplek’ soos hulle dit noem. Daar was foto’s van die huis.”

“Wil jy die huis sien? Ek sal jou op ’n toer neem!”“Ek wou jou sien, Kate. En waarom is jy so

vyandig?”

Page 383: Alleen in Plekke

Winterstorie

373

Dan sien ek die bos veldblomme in sy hande. Ek vat dit sonder woorde by hom. Hy moes dit teen die rant, waar die huis staan, gepluk het.

Dit was alle soorte deur mekaar, party te lank, ander te kort met hier en daar nog ’n grasspriet ook.

Hoe het hy geweet? Ek druk my gesig in die blomme, sodat hy nie my trane kan sien nie. Sy arms gaan sag om my.

Ek het lank gelede vir my broer gesê, spottenderwyse, dat ek eendag gaan trou, met die man wat vir my veldblomme bring... nie ou winkel blomme nie.

Ons bly só staan vir etlike minute. Ons altwee weet dat dit ’n keerpunt in ons lewe is. Later neem hy die blomme uit my hande en vee my trane af,

Ons stap die huis binne asof ons dit al jare lank só doen. Hy skakel die ketel aan en maak vir ons tee. Ek rangskik die blomme in ’n koperkan.

“Hoe het jy geweet, Adrian?” Ek wys na die blomme.

“Daar is niks omtrent jou wat ek nie verstaan nie, Kate. Voel jy nie dieselfde oor my nie? Ons ken mekaar. Ek verstaan dit nie, maar dit is so bestem.”

En dit was so. Ons kon oor alles met mekaar praat. Hy was eerlik met my uit die staanspoor.

“Kate, ons sal nooit kan trou nie. Ek wil jou nie onder ’n valse indruk bring nie.”

“Waarom nie, Adrian? Ons het mekaar lief.

Page 384: Alleen in Plekke

374

Alleen in Plekke

Gebruik jy my net?” “Hoe kan jy dit van my dink, Katie? Ek het jou lief,

maar daar is onoorkombare struikelblokke...” “Soos wat? Jy is ten minste eerlikheid aan my

verskuldig!” Maar ek het geweet dit is futiel. Ná so ’n gesprek kon hy vir dae lank in melancholie verval.

Nie lank nie dan was ons gesprekke maar weer op die verbode onderwerp.

“Kate, wil jy nie kinders hê nie?”“Ja, miskien sal ek eendag trou. Op die oomblik

het ek my werk en groot planne vir die ou kasteel. Ek gaan studente kry om klasse te loop.”

En dan is daar nog Kara ook. Ek wil die werk wat my oorlede moeder daar begin het, voortsit!”

Hy het deur die venster staan en staar. Die posisie waarin ek hom later begin skilder het. Hy kon onbepaald daar staan asof hy in ’n ander wêreld was.

My huishoudster, Myra, het hom nie vertrou nie. “Ek hoop jy weet wat jy doen, Kate.” Sy was soos

’n ma vir my, daarom het ek haar nie kwalik geneem nie.

Soms het ek daaraan gedink om die verhouding te verbreek, maar ek kon nie van die man afsien nie. Hy was soos ’n verslawing.

Drie maande voor sy kontrak sou verval, het sy kantoor laat weet dat hy dringende werk in Frankryk moet gaan afhandel.

Ons was altwee verpletter. Ek kan nie sonder hom

Page 385: Alleen in Plekke

Winterstorie

375

lewe nie, het ek gehuil as ek alleen was. My lewe het voor my voete aan skerwe gelê! Ek het

hom gesmeek om ’n plan te maak om langer te bly. Daar was nie ’n keuse nie, het hy my verseker.

Ek het begin adverteer vir studente om klas te kom neem by my. Ek is oorval deur aansoeke. Ek het langer ure begin werk. Ek het hom doelbewus begin vermy.

Adrian was ook nie meer sy ou self nie. Een nag het ek wakker geword van sy snikke. Ek het nog nooit ’n man sien huil nie.

Ek het gemaak of ek slaap toe hy my naam noem. Twee weke voor sy vertrek, het hy verjaar.

Dit was die begin van die winter en reeds bitter koud. Ek het vir hom ’n kortverhaalbundel van Edith Wharton gekoop en voorin geskryf: “Bly asseblief, nog net hierdie winter, Adrian...”

Maar hy is weg. Ek was gebroke. “Ek kan nie sonder hom lewe nie, Myra!”

“Natuurlik kan jy! En jy is nie die eerste vrou wat hierdie pad alleen loop nie, glo my.” Sy was nie een vir ’n gepamperlang nie.

En sy het saam met my elke tree van die pad geloop tot ek weer sterk was.

Maar dit gee haar nie nou die reg om die enigste kontak wat ek met hom sal hê, te vernietig nie. Ek staan vasbeslote op toe sy my roep.

Ek het die paar studente wat vir klas moes kom,

Page 386: Alleen in Plekke

376

Alleen in Plekke

gebel en gekanselleer.“Hier is jou pakkie, Kate.” Daar is trane in haar oë. Die pakkie met die vreemde handskrif is nog

toegedraai. Ek kyk vraend na haar. “Dink jy regtig ek sal jou pos oopmaak, Kate?” Sy

stap uit.Ek sak in die eerste stoel neer en begin die pakkie

oopmaak. Ek lees weer my woorde van vyf jaar gelede: “Bly nog net hierdie winter asseblief, Adrian...” En

dan in sy handskrif my volledige adres. Tussen die blaaie van die boek val ’n brief uit. Ek kan nie alleen wees as ek dit lees nie.

Ek roep Myra en verduidelik. “Ek ry nou Kara toe, daar is ’n brief van Adrian in die boek ingesluit; ek kan nie alleen wees as as ek dit lees nie.

“Ek het my familie om my nodig.” “Ek verstaan,” sê Myra net.Neil staan voor die deur en wag toe ek op Kara

aankom. Ons praat nie. Woorde was nog nooit nodig tussen

ons nie. Hy weet iets belangriks het gebeur. “Waar is Riaan?” vra ek, “hy moet by wees. Dit is

’n brief van Adrian wat ons moet lees.”Ek swaai om toe ek sy stem hoor: “Mamma!” roep

hy opgewonde uit. “My perd het ’n vulletjie gekry!” Ek druk die stewige lyfie van my seun teen my vas. “Ek sal nou gaan kyk. “Ons moet net eers ’n brief

van jou pa lees.”

Page 387: Alleen in Plekke

Winterstorie

377

“Wanneer kom hy terug? Is sy werk nog nie klaar nie?”

Ek het vandat hy kon verstaan vir Riaan vertel wie sy pa is en dat hy in ’n ander land werk en eendag sal terugkom as sy werk klaar is.

Ek stap deur na die sitkamer waar die skildery wat ek van Adrian gemaak het, hang. Ons seun staan langs my.

“Ek het die mooiste pa in die hele wêreld, sê hy vir die soveelste maal. “Maar ma moet die vulletjie kom kyk, hy...

Ek gaan sit en tel hom op my skoot.” Oom Neil sal die brief vir ons lees.”

Hy skeur die brief oop. Dit is ’n amptelike brief van prokureurs af. En ’n afskrif van ’n testament: ‘Hiermee bemaak ek al my besittings aan my seun, Riaan Profane...’

Dan was my voorgevoel reg: Adrian Profane is dood!

Neil trek nog ’n brief uit die koevert. “Persoonlik,” lees hy en gee dit vir my. Dit is van Adrian, die eerste en laaste brief wat hy ooit aan my sou skryf.

“Jou pa is dood, Riaan,” sê ek aan ons seun. Ek wag vir reaksie. “Hy kom nie meer terug nie...”

“Kan ons nou na die vulletjie gaan kyk?” “Natuurlik,” sê Neil.Riaan hardloop vooruit.“Dan het Adrian geweet van Riaan, Sus.”

Page 388: Alleen in Plekke

378

Alleen in Plekke

Ek antwoord hom nie direk nie. “Sal jy vir my hierdie brief verbrand, asseblief, Neil?”

Hy vat die brief by my.“Die finaliteit van Adrian Profane se dood het alle

ander dinge oorbodig gemaak, as ek na ons seun kyk.”

Page 389: Alleen in Plekke

 

 

   

Page 390: Alleen in Plekke