Agribulletin 150529

12
Mei 2015 Betaal vir water Pioneer blueberry project Ban on hunting cargo

description

Monthly Agricultural Publication

Transcript of Agribulletin 150529

Page 1: Agribulletin 150529

Mei 2015

Betaal vir water

Pioneer blueberry project

Ban on hunting cargo

Page 2: Agribulletin 150529

Mei 20152

Your agriadvertising solution provider

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:Tamryn Branch

[email protected] Thompson

[email protected] 8, Tzaneen,

0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: Paarl-

Coldset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Masjien nommer dertien het pas sy versky-ning gemaak in Northern Motors se boord-snoeistal en hierdie een is ‘n wenner, sê mnr Andrew Thornhill van Tzaneen.

Hy het die snoeibedryf tien jaar gelede saam met mnr Gerhard van der Gryp begin. Vandag dreun hul snoeimasjiene op feitlik al die groot kommersiële vrugteplase in Limpopo, en selfs ook by tye in ander provinsies.

Thornhill sê hy en Van der Gryp is reeds sedert 2000 saam in besig-heid met die verkoop van gebruikte trekkers en lugdruk-snoeitoerus-ting. In 2005 het hulle navorsing oor meganiese snoeitoerusting ge-doen en besluit op masjiene wat met rehabilitasie- en instandhou-dingsnoeiwerk ingespan kan word om neut- en vrugteboorde te takel. Baie boorde was oorgroei, moeilik om te snoei en die vrugte te oes en hulle was minder produktief.

Twee snoeimasjiene met vier rolsaaglemme is gebou en suksesvol ingespan, gevolg deur ‘n swaardiensmasjien wat groter bome met dikker takke kon snoei.

In 2007 het Thornhill Israel besoek om meer kennis oor meganiese snoei in te win. Hy het ‘n rotasiesnoeimasjien na Suid-Afrika in-gevoer, maar dit moes aangepas word met

versterkings vir die robuuster toestande in Limpopo.

Hul snoeiwerk het al gewilder geword by groot vrugteboere, omdat dit vir die produ-sente nie lonend was om die duur masjiene op eie houtjie aan te skaf nie.

Nog ‘n groot voordeel was dat snoeiwerk baie gou na oestyd gedoen kon word, wat lei tot vroeë blomtyd en vrugset en gevolg-like hoër opbrengs. Dit het ook beteken dat chemiese beheer in boorde doeltre� ender toegepas kon word.

“Ons brei steeds uit, want nuwe boorde kom jaarliks by ongeag die storms wat rondom grondhervorming woed. Minstens een pro-dusent brei sy jaarlikse avo-aanplantings met ‘n honderd hektaar per jaar uit.”

Hy sê hulle probeer om snoeikontrakte tot Limpopo te beperk en werk van Marble Hall tot by Pontdrif, Musina, Levubu en met groot kontrakte in Mooketsi, Tzaneen en Hoed-spruit. Hulle werk egter ook tot by Malelane

in die ooste.“Ons het onlangs ‘n versoek uit

Worcester in die Kaap gekry om ‘n perskeprodusent se boorde te doen, maar dit is nie vir ons lonend nie. Benewens die dae wat die mas-jiene op vragmotors moet deur-bring, kan dit ook ander logistieke nadele inhou.”

Van der Gryp doen self die modi-� kasies in hul Tzaneen-werkswinkel en het volgens Thornhill reeds won-dere verrig. Die jongste toevoeg-ing is ‘n masjien wat in een rigting bome aan alle kante kan snoei en baie tyd bespaar.

Die maatskappy doen ook snip-perwerk (mulching) van gesnoeide takke, sodat dit as materiaal vir be-mesting in die boord kan agterbly.

Alle toerusting het spesiale veilig-heidseienskappe met sterk kajuite. ‘n Paar masjiene het al op skuins terreine omgeval, maar in die tien jaar het hulle nog geen beserings gehad nie, sê Thornhill.

Meganiese snoei groei fluks

Gerhard van der Gryp en Andrew Thornhill.

Die eerste snoeitrekker van 2005 loop steeds.

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

Page 3: Agribulletin 150529

Mei 2015 3

Die volhoubare benutting van besproeiings-water is net moontlik as dit op grondvlak reg bestuur word, sê mnr Nic Knoetze, die uitvoerende hoof van die Assosia-sie van Watergebruikersverenigings van SA. Hy was die hoofspreker by ‘n inligtingsdag oor watersake in Polokwane, wat deur AgriLimpopo aangebied is.

Knoetze het perspektiewe gegee oor die bestuur van water onder die ou wet, asook uitgewys hoe sake onder die nuwe wet bestuur moet word. Hy het benadruk dat die klem in die toekoms al meer gaan val op die noodsaaklikheid van samewerking tussen landbouers onderling en die komponente van die gemeenskappe waarbinne hulle boer.

Watergebruikersverenigings (WGV’s) is kragtens die Waterwet die liggaam wat water op grond-vlak bestuur. Volgens die wet word gebruikers van water in twee kategorië verdeel, naamlik die wat ‘n reg op wa-ter het (huishoudings/menslike gebruik) en die wat ‘n vergun-ning het om water te gebruik (landbou, mynbou, nywerheid). Wgv’s kan ‘n bepalende rol speel waar botsing van belange tussen mynontwikke-ling en landbou ontstaan. Die voorwaarde is natuurlik dat daar ‘n WGV in so ‘n gebied moet wees wat kragtens die wet opgerig, goedgekeur en bedryf word.

Hoewel WGV’s nie op gebruikers afgedwing word nie, is die stigting en bedryf daarvan wel in belang van alle gebruikers van water. Volgens die wet is almal wat wet-tig water gebruik, onderhewig aan die reëls en bepa-lings soos neergelê deur die WGV van daardie omge-wing. Reëls neergelê deur WGV’s is bindend genoeg om in ‘n hofgeding te kan staan. Watergebruikers behoort die magte en pligte van WGV’s tot hul voordeel te ge-bruik. Waar ‘n WGV statistieke oor ‘n lang tydperk ver-samel het, kan sulke inligting van onskatbare waarde wees in hofgedinge oor water.

Besproeiïngsrade was veronderstel om reeds omge-skakel te wees na WGV’s. Dié rade word nie deur die nuwe wet erken nie. Dit is raadsaam vir sulke rade om tydig die omskakeling te doen, voordat hulle gedwing word daartoe. Die omskakeling sal nie tot nadeel van hul bestaande werksaamhede wees nie.

Knoetze het landbouers aangeraai om toe te sien dat alle water vir landbougebruik, deur WGV’s bestuur word. Dit is in landbou se belang om toe te sien dat

water oordeelkundig gebruik word. Opvanggebied-bestuursagentskappe (CMA’s) word toenemend in plek gestel. In dié strukture behoort landbou deur

WGV’s verteenwoordig te word. CMA’s neem die funksies van die ou streekskantore van wa-terwese oor. Omdat water nie ‘n reg vir landbou

is nie, sal landbouers in die toekoms moet seker maak hul belange word in dié strukture gedien. Dit gaan nie vanselfsprekend gebeur nie.

Benoemings vir landbouverteenwoordigers indie CMA’s se rade is ‘n netelige saak. Verteen-woordigers moet tydig benoem word. Dit is ver-der belangrik dat hierdie persone onderlê moet wees in die Waterwet en grondige kennis van watergebruik in landbou moet hê. Dit is aan te beveel dat die persone ook die pad moet loop van waar die sogenaamde “steering committee”

met sy werksaamhede begin. Dit is juis hierdie stuurkomitees wat binne die CMA

die praktiese uitvoering en besluite gaan beïnvloed. Daarom moet landbou

daar verteenwoordig wees en ‘n positiewe bydrae lewer.

Die wanopvatting dat die afwesigheid van ‘n WGV watergebruikers meer vryheid gee en hul vrystel van waterbelastingbetalings, is uitgewys. WGV’s kan wel as invorderingsagente registreer by die departement water en sanitasie (DWAS), maar dit is hul keuse en kan vir die vereniging bykomende inkomste be-teken. Dit is egter nie hul primêre funksie nie. Met of sonder ‘n WGV bly wettige gebruikers betaalpligtig. Waar betalings nie aan DWAS gemaak word nie, loop landbouers die risiko dat hul reg tot waterge-bruik teruggetrek kan word. Waar watergebruik wel geregistreer is maar waterbelasting nie betaal is nie, word agterstallige geld van die verkoper verhaal, as voorwaarde vir die afhandeling van

die verkooptransaksie wanneer hy daardie grond wil verkoop. Waar ‘n grondeienaar verkies om geen gebruik te registreer nie, beskou waardeerders en � nansierders sulke plase as veegrond. Die wet is duidelik daaroor dat slegs kategorie een gebruik (huishoudelik en veesuip-ing) in landbou nie geregistreer hoef te word nie. Sulke plase word dan waardeer as veeplase en nie as be-sproeiïngsplase nie. Grondeienaars behoort hierdie as-pek deeglik in ag te neem wanneer hulle besluite neem oor waterregistrasie al dan nie.

Volgens die president van AgriLimpopo, mnr Leon Borcherds, is water van kardinale belang vir landbou in Limpopo. “Beskikbare water vir landbougebruik kom toenemend onder druk weens groter aansprake daarop deur dorpe, stede en mynbou,” het hy op die inligtings-dag gesê.

WGV’s is volgens Knoetze die aangewese struktuur om binne die Waterwet soos hy nou staan, vir landbou sy regmatige kwota water te beding. Water is skaars in ons land en die gebruikers word al meer. Daar gaan toen-emend aangedring word op e� ektiewe en spaarsamige gebruik deur die landbou.

“Deur WGV’s kan landbou aan die wetlik voorgeskrewe proses van waterbestuur deelneem en voorkom dat die sektor uitgelewer word aan onoordeelkundige beslui-t-neming wat dit tot nadeel kan strek,” het mnr Willem van Jaarsveld, die hoof- uitvoerende beampte van Agri- Limopo gesê.

Betaal vir water of boer droog

Page 4: Agribulletin 150529

Mei 20154

AgriSA het sy uitvoerende bestuurspan met ‘n paar nuwe swaargewigte gelaai, om georganiseerde landbou in Suid-Afrika met nuwe krag op koers te hou.

Mnr Omri van Zyl neem oor as uitvoer-ende direkteur by mnr Hans van der Mer-we, wat einde November aftree. Van

Zyl het ‘n regsgraad, MBA en serti� kate in projekbestuur en mis-daadintelligensie. Hy spog met ‘n reeks toe-kennings vir sy werk en is ‘n senior vennoot in die Deloitte-groep.

Nog ‘n nuweling is mnr Christo van der Rheede, wat saam met mnr Johan Pie-naar as adjunk-uitvoer-ende direkteur diens

sal doen. Van der Rheede is die uit-voerende hoof van die Afrikaanse Han-delsinstituut (AHI) en ‘n leier in die opvoed-kunde en gemeen-

skapsdiens.Nog ‘n toevoeging tot die bestuur-

span is mnr Thabi Nkosi, wat as senior ekonoom aangestel is.

Die nuwe aanstellings is vroeër die maand deur mnr Johannes Moller, die president van AgriSA, bevestig. Hy het gesê AgriSA het besluit om sy kapa-siteit op uitvoerende vlak te versterk met die fokus op kommersiële sake wat die bestaansreg van die sektor raak, asook die ontwikkelende en so-siale aspekte wat verband hou met die heersende debat oor transformasie.

AgriSA kry vars breinkrag

The decision by SAA that was followed by Emirates Airlines, not to transport hunting cargo in future came at a very wrong time for the hunting industry in South Africa as the 2015 hunting season just start-ed, AgriLimpopo warned last week.

“Our country, and the hunting industry in particu-lar, depends heavily on income derived from interna-tional hunters visiting our game farms. This income supports job creation and management of wildlife numbers and diversity in our industry,” said Mr Pieter Vorster, vice president of AgriLimpopo and game farmer from the Gravelotte area. “The multiplier ef-fect of spendings from visiting hunters can and should not be neglected when putting a monetary value to the negative impact on our economy com-ing from decisions like this,” Vorster added.

AgriLimpopo believes that airlines opting for deci-sions like this should have entered into discussions with role players in the a� ected industries like hunt-ing and hospitality, to discuss their motivations for their drive towards such decisions. To see this as a way to curb the illegal trade in endangered species and rhino horn, is to simplify a complex situation.

“We appreciate the willingness from airlines to con-tribute towards solutions to these problems, but it is not in the hands of airlines or any other international transporters of hunting cargo to solve matters that should be solved by stakeholders like PHASA, WRSA, Chasa, departments of environmental a� airs and specialised policing units,” Vorster said.

He extended a hand of support to these organisa-tions by saying: ”As organised agriculture we will join hands with these stakeholders to serve the interests of our members and that of the a� ected industries. It is to the bene� t of our country that we have to work together towards proper solutions to poaching and illegal trade in endangered species. But not by harm-ing legal hunting and tourism as these decisions by airlines will do”.

SAA ban on hunting cargo

slammed

Die Nguni-beesras het vroeër dié maand weer die kollig gesteel, toe die gunstige eienskappe daarvan by Nampo by Bothaville aandag geniet het.

Dis ‘n geharde bees wat so goed in die Afrika-klimaat aangepas het dat dit doeltre� end in sy omgewing kan oorleef en voortbestaan. Dit is bestand teen interne en eksterne parasiete en het ‘n sterk immuniteit teen siektes.

Die Nguni Beestelersvereniging (NCBA) is reeds dertig jaar gelede by die SA Stamboekver-eniging ingesluit, en stel deesdae streng stan-daarde vir die voortbestaan en verbetering van die ras.

Die NCBA sê die bees het die geskikste moe-derlyn vir ekonomiese vleisproduksie, terwyl die bulle weens lae gewig op enige ander ras gebruik kan word. Die hoofkantoor is in Bloem-fontein en hulle is bereikbaar by www.nguni-cattle.info.

Nguni-ras maak stem dik

Page 5: Agribulletin 150529

Mei 2015 5

The production of kiwi fruit for the South African market is � ourishing in the Magoebaskloof near Hae-nertsburg, where a bigger crop is expected this year.

One of the main producers is the farm Callegra about ten kilo’s outside Haenertsburg, where the Draghi family started growing kiwi fruit for the local market many years ago.

Italy is the largest exporter of ki-wis and Mr Aldo Draghi applied his Italian born skills to establish a well managed operation. He did not consider the export market and be-lieved in producing export quality fruit to the local South African consumer.

Sadly, Aldo’s SA born wife, Helen, passed on in August 2013 and his interest in the business pined away rapidly

until his death on 19 December last year, due to an asbestose re-lated illness. The couple’s ashes rest in a special gravestone erect-ed in the garden of the estate.

During the decline in their health their only daughter, Gra-zia, was summoned from Dubai to take over the enterprise. She and her husband, Mr Kevin Cass, moved to SA and he settled in Johannesburg as the owner of a construction group.

Grazia moved to Callegra and is now running the family business under the brand name. It also in-clude avo’s and blueberries.

Kevin comes home every fortnight, while their two children, Jordan and Jade, are completing their studies at universities in Rome and Kopenhagen.

The man who is in charge of the kiwi business is Mr Paul Sehwana. He worked for the Draghi family for 22 years and knows every inch of the 163 ha farm.

Last year production took a decline due to ne-matodes attacking the root system of the kiwi plantations, reducing the harvest to a mere twenty tons. This year they are looking forward to a yield of between 35 and 40 tons.

Sehwana says the orchards are prone to blight because of the cold weather in the high lying area, but they have means of countering the damage.

Their product is marketed under the name of Callegra and is available on all the major municipal markets in South Africa.

Callegra kiwis are flourishing

Ms Grazia Cass is the owner of Callegra Farm near Haen-ertsburg, where high quality kiwi fruit for the SA market is

produced.

Mr Paul Sehwana is the man-ager on Callegra.

The dragon is depicted on the entrance to the Draghi estate.

The ashes of the Draghi couple, who established the kiwi farm, was laid to rest in this tomb-

stone on the estate. Kiwi fruit from Callegra.Helen and Aldo Draghi

Page 6: Agribulletin 150529

Mei 20156

Commercial farming with blueber-ries are gaining ground in South Africa. Local farming with its 2 000 tons per year is still on a small scale in comparison with regions such as South America, with its annual ex-port running into more than 125 000 tons to the rest of the world.

After a comprehensive entrance by farmers in the Eastern Cape such as Amathole Berries on Thornhill Farm near Stutterheim a few years ago, the keenness is now also seen in Limpopo. A handful of existing pro-ducers are joined by new entrepre-neurs to push up production in the province. (See page 8)

Blueberries have been known in the hills of Magoebaskloof near Haenertsburg for a number of years, where they are part of exhibitions

and festivals held during the year.Commercial farming with blueberries is nonetheless

a highly capital intensive business. The market is con-trolled internationally by limiting the available plant material to approved growers all over the world. There are several species, but they are expensive and are priced up to more than R40 per plant. Establishing a sin-gle hectare can cost you up to R2,7 million when plant material, computerized irrigation systems, netting and soil preparation is taken into consideration.

A farmer from Trichardtsdal, Mr Stefan Botes, did some research on the berry industry with plans to enter the blueberry market, but has his doubts after calculating the overall costs.

Amathole Berries in the Eastern Cape followed a slightly di� erent route some seven years back and has already planted several hectares of a planned ten year programme to grow 225 ha of berries.

It is estimated that a density of between 3 300 and 5 500 plants per hectare is normal. Amathole grew their plants in 20 litre plastic bags and � tted up to 26 800 plants into one hectare, expecting a yield of between 15–18 ton/ha.

Blueberries blossom in Limpopo

The entrance to Blueberry Heights, a landmark near Haen-ertsburg.

Blueberries are kept under netting to control temperatures and prevent frost damage. This farm belongs to Mr Claudio Draghi next to the Magoebaskloof road

outside Haenertsburg.

The plants are ready to be pruned for the next season which starts in October.

‘n Nuwe bemarkingstrategie vir die uit-voer van bloubessies word later vanjaar wêreldwyd verwag, wanneer die inter-nasionale bloubessie-organisasie (IBO) sy vyfde jaarlikse spitsberaad in Co� s Harbour, Australië, hou. Klem sal gelê word op nuwe variëteite en kostebesnoeiing om die wins-gewend-heid in die bedryf te verhoog.

Page 7: Agribulletin 150529

Mei 2015 7

Geld vir navorsing op subtropiese vrugte groei jaarliks teen so ‘n tempo dat Subtrop nou pro-aktief kan optree pleks om vure dood te slaan, sê dr Gerhard Nortjé, tegniese bestuurder van Sub-trop in Tzaneen, wat na die pro-dusente van makadamias, avo’s, mango’s en lietsjies omsien.

“Ons is verheug oor die R4,5 miljoen wat vir die volgende jaar vir avo’s en makadamias beskik-baar is. Hiervan is R1,6 miljoen net vir makadamias.”

Hy sê dis duidelik dat die produsente en owerhede be-gin besef dat die vier assosiasies tot stand gekom het om juis meer navorsing te doen en voor te bly in die stryd om oorlewing. Nuwe peste en plae kom gereeld na vore en dis noodsaaklik dat die produsente op die wenpad bly.

Volgens Nortjé bly die stinkbesie by neute en avo’s steeds die plaag wat die grootste skade jaarliks aan oeste aanrig. Dit is hoog op die voorkeurlys en word hoofsaaklik chemies bestry, hoewel Subtrop se spanne ook biologiese teenmiddels soos vlermuise en fero-mone ondersoek.

Die Amerikaners het reeds ‘n feromoon ontwikkel wat suksesvol teen ‘n spesi� eke stinkbesie ingespan word.

Subtrop voorsien ook groter samewerking met die waternavorsingskommissie oor die volgende vyf jaar, wat ingestem het om twee keer meer geld vir navorsing beskikbaar te stel.

“Ons het ook vir die eerste keer ‘n behoorlike beraad tussen die bedrywe en chemiese maatskappye gehou,

sodat die vervaardigers vorentoe ‘n beter begrip het wat produsente van hulle ver-

lang. So ‘n raamwerk het nie voorheen bestaan nie.”

Een van die groot deurbrake wat die afgelope jaar met navorsing

gemaak is, was die teenvoeter vir bloeiselmisvorming by mango’s. Heelwat navorsing is daaroor gedoen, maar die

deurslaggewende een het ge-kom met proewe wat mnr Theuns

Botha, mangoprodusent van Lapland buite Tzaneen, op verskeie plekke met die middel Lima gedoen het. Dit is ‘n fosforsuur-mengsel en word in samewerking met die maatskappy QMS beskikbaar gestel.

Ander kwale in die mangobedryf is die snuitkewer en galvlieg, waarop deurlopende navorsing gedoen word. Dit en die welslae teen bloeiselmisvorming sal besprekingspunte wees op die jaarlikse mango na-vorsingsimposium, wat op 24 Junie by Swadini gehou word. ‘n Mango-kenner uit Amerika, me Noris Ledesma van Florida, sal as gasspreker oor nuwe variëteite en die wêreldwye verspreiding van mango’s praat.

Geld stroom in vir Subtrop-navorsing

Mnr Diek Coetzee, jarelange verteenwoordiger in die chemiese bedryf in Letsitele, is vanjaar weer gekroon as BASF se topverkoper in Limpopo en Suid-Afrika. Hy en drie groepe boere het die maat-skappy Destrimix minder as drie jaar gelede ge-stig as deel van BASF in Letsitele, met ‘n versprei-dingsgebied tot in Komatipoort. In dié kort tydperk het hy reeds die Limpopo-kroon drie keer gewen en die SA prys twee keer. Destrimix se twee belang-rikste produkte wat hiertoe aanleiding gegee het is Cabrio teen swartvlek by sitrus en Hunter, wat blaaspootjie by alle gewasse beveg.

Page 8: Agribulletin 150529

Mei 20158

A prestigious blueberry estate is emerg-ing on the outskirts of Tzaneen, which is seen as a pioneer project for the berry industry in the region.

Tzaneen Blueberry Farm (TBF) is in the Hamawasha area, bor-dered by avo, litchi, banana and mango farms.

The enterprise belongs to three partners who have up to the present invested thoroughly in getting the business on the right track from the beginning. They are messrs Henry Hayes, Nino Burnelli and an overseas partner known as Misty Holdings. Hayes has been involved in growing blueberries in the Haenertsburg area before and has paid his “school fees” in master-ing the techniques of the trade.

At this stage a total of 25 hectares are blooming in their first and second year, while the owners are anticipating a final unit of between

50 and 80 hectares in the near future.According to Hayes the blueberry

business is expensive and the correct

technical preparations are necessary to grow them successfully. This include soil preparation, a computerized irrigation

and feeding system and suitable plant material, the cost of which can be esti-

mated at R650 000 per hec-tare without netting or plas-tic coverage. When netting is considered, the cost can run up to twice as much.

Hayes explained that three early varieties are grown in Tzaneen which are suitable for the temperatures and climate of the area. They are Snowcatcher, Emerald and Jewel, which will produce berries as early as August each year when market pric-es are favourable for produc-ers. Blueberries well looked after can deliver its � rst har-vest within a year, but reach-es full harvest between three and four years.

The industry in South Africa is still minute in comparison with the USA, the largest producer, and Chili in South America as well as Australia, which feeds

the eastern countries with blueberries. The worldwide demand for blueberries exceeds the supply by far and TBF thrives to bene� t

from this at an early stage.The plant material is supplied under

licence by a Stellenbosch company and may not be distributed to unlicenced growers. The berry harvest is delivered directly to the Stellenbosch company, who exercises strict control on the distri-bution of the product.

“The largest producers are in the Western Cape: Blue Mountain Berries in George, delivering outstanding crops, Villiersdorp and Stellenbosch. Then there is Amathole Berries near Stutterheim in the Eastern Cape, who entered the blue-berry market by growing many hectares.

Hayes said TBF employs 32 permanent workers at this stage, but the biggest run-ning expences are during harvest time, when a large number of contract workers are employed.

“Harvesting is an ongoing process, be-cause berries do not ripen at the same time and each row in the orchard is vis-ited several times.”

They expect a yield of between 12–15 tons per hectare, but up to twenty tons are also expected in sections of the plantation.

Tzaneen boasts pioneer blueberry project

Mr Henry Hayes The early � owers appear within one year.

Mr Darlington Masata is the supervi-sor on the farm.

One of many outlets in the comput-erized irrigation and feeding system.

Blueberries planted in December 2014 � ourish on the farm in Hamawasha.

Page 9: Agribulletin 150529

Mei 2015 9

For over 45 years, thirteen million Toyota Hilux LDV’s have been forging trails around the globe from the Arctic tundra to the deserts of the Kalahari. This unstop-pable vehicle has earned the highest trust and admira-tion for its o� -road capabilities, endurance and overall ability.

And now, to celebrate 45 years of ‘bundu bashing’ ex-cellence, Toyota South Africa is pleased to announce the introduction of the aptly named Legend 45. Applied to 100 percent of all Raider (high spec) production, this value-for-money, special edition 45 package is avail-able in 4x2 Raised Body and 4x4 formats and across all variants — Single Cab, Xtra Cab and Double Cab. In total there are thirteen di� erent Legend 45 model variants.

Distinguishing it from the rest of the Hilux range, the Legend 45 gets the following exterior treatment:

• New headlamp and front fog lamp design with black-out detail

• Smoked tail light design• Stainless steel front nudge bar• Stainless steel rear step bumper• Towbar• Matt black side steps• Exclusive Legend 45 badging• Colour-coded door handles & chrome � nish mirrors• Multi-spoke 17-inch anthracite alloy wheels• Wide range of exterior colours including • Tonneau cover and rear styling bar available as a

cost option (Legend 45 Plus)Likewise when it comes to the interior, Legend 45

models are tastefully and liberally specced:• Full black interior for the cabin including dash-

board � nish• Black leather with silver contrast stitching on the

seats, door panels, steering wheel etc• Reverse camera now added to Xtra Cab Legend

45 models as well the 2.7 VVTi Legend 45 mod-els (standard on all other Double Cab Legend 45 models)

It’s worth noting that in terms of kit, the Hilux is one of the most generously equipped pick-ups on the market with all 3.0 D-4D and 4.0 V6 Double Cab models com-

ing standard with a full suite of luxury and safety ac-cessories ranging from automatic climate control, auto lights, multi-function steering wheel and display audio (with reverse camera) to six airbags and stability control.

• Visit or call Trophy Mo-tors in Modjadjiskloof to arrange for a test drive of the Legend 45 or to discuss a trade-in or the purchase of the special edition of SA’s No 1 seller in the popular “bakkie” market.

Call Trophy Motors on 015 309 9258.

A Legend is born Skeepsvervoer van SA vrugte na bestemmings in die

Ooste soos Viëtnam kan dalk binnekort deure vir die uitvoer van sitrus na dié land laat oopswaai.

‘n Afvaardiging van die Sitrus Kwekersvereniging (CGA) en Fruit SA het Viëtnam onlangs besoek en gunstige reaksie vir toekomstige handel in sitrus ontvang. Dit word verwag dat die Viëtnamese Suid-Afrika voor die einde van die jaar sal besoek terwyl die sitrus-plukseisoen nog aan die gang is, om die uitvoerbal aan die rol te sit.

Mnr Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die CGA, sê ingevoerde vrugte in Viëtnam se winkels en supermarkte is duur. Dis meestal vrugte uit Amerika en word ingevlieg, wat aanleiding tot die hoë pryse gee. Die meeste invoerders in Viëtnam is skepties oor skeepsvrag, hoewel dié wat daarmee te doen gehad het, glo heel in hul skik is. Vrugte per skip kan teen baie laer pryse op die rakke beland, tot voordeel van SA produsente.

Viëtnam kan sitrus lok

agri©10161wk150227dm

Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269

Vir `n volledige reeks:• Mikro-element blaarvoeding• Na-oesbederfmiddels• Plaagdoders• Swamdoders• Citrosol Wakse

Wenkem S.A.(EDMS) BPK. (PTY) LTDReg № 1988/003854/07

[email protected]@wenkem.co.za

Wenkem S.A.

agri©10161wk150227dm

agri©10161wk150227dm

071 819 3269

agri©10161wk150227dm

Page 10: Agribulletin 150529

Mei 201510

Page 11: Agribulletin 150529

Mei 2015 11

Sakata se teelprogram op F1 baster botterskorsies stel nuwe standaarde in die wêreld van hierdie gewilde groentesoort. Die resep is eenvoudig, dit gaan oor ‘n goeie opbrengs, interne kwaliteit, eenvormigheid in vruggrootte en vorm en die groeikragtigheid van die plant. Hierdie reeks bestaan uit die volgende variëteite:

ATLAS (2 – 3 kg) is ‘n unieke bastervariëteit weens sy vruggrootte, opbrengs en uitstaande interne gehalte. Hierdie variëteit het hom reeds in die markplek en ver-werkingsbedryf gevestig. Die plant is groeikragtig en lewer uitstekende opbrengste en die interne gehalte maak dit moontlik om vrugte vir maande op te berg. Weens die sterk wortelstelstels moet daar teen oorbe-mesting gewaak word. Doen besonders goed met half-organiese bemesting. Waar groot vrugte vir verwerking verlang word, word ‘n plantpopulasie 10 000 tot 12 000 plante per ha voorgestel.

PLUTO (0.9 – 1.5 kg) is vir alle praktiese doeleindes ‘n kleiner weergawe van Atlas met medium grootte vrugte met dieselfde uitstaande vruggehalte en eenvormig-heid as Atlas. Die sterk groeiende basterplante is wyd aanpasbaar en weerstandbiedend teen Poeieragtige meeldou. Die opbrengspotensiaal van Pluto is hoog en opbrengste van meer as 50 t/ha is al in kommersiële proewe verkry. Vrugte set oor ‘n lang groeitydperk en die vrugvorm is soortgelyk aan Waltham. Pluto doen besonders goed met half-organiese bemesting. Ide-ale plantestand is 12 000 plante per ha. Dit is gewild vir uitvoer en verwerking weens die eenvormige vrugte met ’n goeie interne gehalte en hoë suikergehalte. Plu-to is ‘n markwenner wat ‘n nuwe hoofstuk skryf in die produksie van botterskorsies. Voorgestelde plantpopu-lasie is 10 000 tot 12 000 per hektaar.

VEENAS (0.6 – 1.2 kg) is ‘n kleiner weergawe van Pluto, en is spesi� ek ontwikkel vir die uitvoermark en vir ver-pakking vir die kettingwinkelgroepe. Die vrugte is klein tot medium met ‘n eenvormige vruggrootte. Vrugte het ‘n basiese Waltham vorm. Soos Pluto en Atlas beskik dit oor die hoogste vruggehalte wat ‘n voorvereiste is vir die uitvoermark. Die plante is sterk groeikragtig wat oor ‘n lang tydperk vrug set en bied weerstand teen Poeier-agtige meeldou. Dit doen goed met half-organiese be-

mesting. Voorgestelde plantpopulasie is 12 000 tot 15 000 plante per ha. Veenas moet verkieslik gedurende die somer verbou word aangesien die vrugte kleiner word gedurende koeler groeitydperke.

COSMOS (0.8 – 1.2 kg) is die eerste bostipe botter-skorsie in die mark. Hierdie eienskap maak verbou-

ing soveel makliker deurdat dit tot op ‘n laat stadium meganies geskoffel kan word. Cosmos het weerstand teen Poeieragtige meeldou. ‘n Plantestand van tot 15 000 plante per ha kan met gemak gehandhaaf word. Cosmos het ‘n goeie opbrengs van eenvor-mige vrugte van ongeveer 8 vrugte per sak. By uit-stek geskik vir vroeë seisoen produksie om vroeg in die mark te wees. Cosmos word slegs aanbeveel vir varsmark produksie teen ‘n voorgestelde plantpopu-lasie van 15 000 plante per ha.

APOLLO (1.5 – 2.2 kg) beskik oor medium-groot vrugte (in vergelyking met Pluto en Waltham) met uitstekende vruggehalte en eenvormige vrugte. Die plante is sterk groeikragtig met weerstandbiedendheid teen “Zucchini Yellow Mosaic Virus” (ZYMV) en “Papaya Ringspot Virus” (PRSV). Vrugset is uitstekend oor ‘n lang produksiesei-soen. Vrugte weeg tussen 1.5 – 2.2 kg en die vrugvorm is uniek aangesien die nek verleng is en sodoende ver-bruikersvriendelik is. Beskik oor ‘n besonderse geur, tek-stuur en diep-oranje kleur wat dit by uitstek geskik maak vir verwerking, soppe en botterskorsiekoekies. Sodan-ige aanplantings sal goeie medium grootte vrugte met uitstekende vorm en eenvormigheid verseker. Apollo sal groot tot ekstra groot vrugte produseer indien dit in die lente en somer geplant word. Voorgestelde plant-populasie van 12 000 plante per hektaar. Apollo is ide-aal om in die laatsomer en winter (in rypvrye gebiede) geplant word.

Kontak gerus vir Leon Labuschagne by sel: 083 585 1181, hy kan u van meer inligting verskaf oor hierdie variëteite, en beskik oor ‘n magdom tegniese kennis om u in staat te stel om die beste opbrengs en kwaliteit uit u oes te verkry.

Botterskorsies bly aan die wenkant

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die � siologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Pluto se uitstaande vrugkwaliteit en eenvormigheid maak van hierdie botterskorsie ‘n markwenner.

Die genetika van grassaadspesies is aangepas by die omstandighede van die teikenomgewing. BiomosomeTM saad-mengels bied ‘n groot verbetering vanaf die veldsaadmengsels wat algemeen beskikbaar is.

Plantegroei tipes in Suid-Afrika, wat as biome bekend staan, word as volg geklassi� seer:

• soortgelyke plantgemeenskappe, ten opsigte van die voorkoms en mate van teenwoordigheid van spesies,

• struktuur, na gelang van variasie en lengtegroei, en

• deelname in soortgelyke ekologiese prosesse soos jaarlikse reënval, reën-seisoen, voorkoms van ryp, natuurlike blaarvreters en intensiteit van weerlig.

Voordat herwinning begin, moet die oorsaak van agteruitgang vasgestel en regstellende aksie geneem word.

Voorbereiding vir herwinning vereis los grond om ‘n saadbed mee voor te berei en om waterindringing en belugting te bewerkstellig. Die implemente en trek-kers op die meeste plase en rehabilita-sieterreine is gewoonlik geskik. ‘n Mate van modi� kasie mag noodsaaklik wees.

Indeel van tyd is belangrik, aangesien doeltre� ende grondvoorbereiding klam grond vereis en daar moet genoeg tyd voor die volgende droë seisoen wees vir saad om te ontkiem en plante te vestig.

In dorre gebiede gebeur dit soms nie, maar tog word daar ontkiemingsresul-tate in opvolgende seisoene verkry.

In dorre gebiede het die skottelmetode, waar die grond met tussenposes langs die kontoer eers gebreek en dan gelos word, doeltre� end gewerk — dit kan met handgereedskap gedoen word. Waar die terrein dit toelaat kan die werk met ‘n trekker gedoen word.

Op ligte grond is ‘n skottele� ek ver-kieslik. ‘n Dis of ‘n swawelstertskaar is doeltre� end. Op swaarder grond, 20 % klei of meer, is ‘n tandimplement meer doeltre� end bevind, omdat die smeer-

e� ek van toerusting wat skep ‘n dun, dog hoogsgekompakteerde lagie vorm, wat waterindringing beperk.

Op herwinningsterreine wat deur bosin-dringing benadeel is, of op ontbosde uitheemse boomplantasies soos swart-wattel, is die onderdrukking van boom-plantjies deur graskompetisie van uiter-ste belang. Grasgroei wat genoegsaam is om brandstof vir ‘n brandprogram teen

oorlewende boompies te voorsien, is net so belangrik.

Onmiddellik na die grond losgemaak is word die saad op die bewerkte gedeeltes gestrooi. Die bolaag met die oppervlak-

kig toegediende saad word vasgerol, om ‘n ferm saadbed te verkry. Dit word ge-doen deur met die wiele in die rye met ‘n trekker oor die area te ry. As die werk per hand gedoen word, word ‘n ferm saad-bed verkry deur die grond met die voet, en toepassing van volle liggaamsgewig vas te trap.

Breedwerpige toediening van organiese materiaal, soos kraalmis, is voordelig. Dit help in besonder by verspoelde areas waar die organiesryke A-horison van die grond verloor of benadeel is.

Die pak van takke sal die plante be-skerm onder meer teen beweiding, voor-dat hulle gevestig het. Dit sal ook die plante toelaat om die grond te stabiliseer, veral waar daar gronderosie was.

BiomosomeTM herwinningsmengsels is ontwerp om by die plant-suksessiepro-ses in te pas. Met verloop van tyd sal an-der spesies hulle op die terrein vestig, òf vanaf die natuurlike saadbank, òf vanaf saad van die omliggende plantegroei, òf vanaf elders toegedien.

Bestuur van die plantsuksessieproses is belangrik om die grootste voordeel uit die moeite en koste van herwinning te trek. Dit sal ook verhoed dat die terrein na die voormalige degradeerde toestand terugkeer.

Skakel gerus MayFord se Hulplyn by 0861 100 456 vir meer inligting.

Grassaad vir die herwinning van veldgras

Page 12: Agribulletin 150529

Mei 201512