AgriBSA - is stalmaats en Wins is... · 2015. 11. 19. · bykans R3 000 per jaar. Die kostemodel...

2
11 Deur Andries Gouws is stalmaats Wetenskaplike seleksiemetodes waarin geneka die vernaamste rol speel, is noodsaaklik vir vordering in vleisbeesteelt. Baie kommersiële boere besef nog nie hoe groot die posiewe invloed van ’n genees meerderwaardige bul in hul kuddes kan wees nie. C hristopher Sparks, bekende Brangus-teler en voorsitter van die LRF, sê telers in die vleisbeesbedryf kan dieselfde welslae behaal as hoenderboere wat daarin slaag om swaarder slaghoenders in ’n korter tyd met aansienlik minder voer te teel. Hy sê hulle het oor die jare ’n kostemodel saamgestel vir ’n kommersiële beeskudde op suurveld waar die somers kort en die winters genadeloos is. Kostemodelle sal verskil van gebied tot gebied en dié van ’n stoetery is ook heelwat anders. Koste teenoor inkomste Die koste van ’n koei per jaar teenoor die inkomste wat sy in daardie jaar genereer, is natuurlik die boer se wins op daardie koei (Tabel 1). Tabel 1: Koste per koei per jaar vs inkomste. Faktor Koste Weiding (3,5ha per koei teen R 350.00/ha. Al is die plaas klaar betaal, kon dié inkomste deur verhuring geïn word). R1 225,00 Entstof (jaarlikse inentings wat enige veearts besoeke uitsluit). R71,06 Somerlek (gegrond op 150 dae somer). R120 Winterlek (gegrond op 215 dae winter). R281,65 Koopprys van gemiddelde bul (R 30 000/30 koeie). R1 000 Arbeid en diesel (totaal gedeel deur aantal koeie op plaas). R221 TOTAAL R 2 918,71 Die kostes is vas behalwe vir weidingskoste (wat van gebied tot gebied kan verskil), die kwaliteit van die bul wat aangekoop word en natuurlik die arbeid/dieselkoste wat tussen al die koeie verdeel moet word. Geen melding word gemaak van kapitale kostes soos eiendomsverbande, waterinfrastruktuur of koste van heinings, krale en geboue nie. ’n Koei moet kalf en haar kalf suksesvol speen. Indien nie, word haar jaarkostes gelykop tussen die res van die bydraende koeie verdeel. Die winssom word in Tabel 2 uiteengesit. Tabel 2: Winssukseskoers. Speenpersentasie Winskoers 100% van koeie kalf en speen hul kalwers 27,03% 95% van koeie kalf en speen hul kalwers 23,19% 90% van koeie kalf en speen hul kalwers 18,92% 85% van koeie kalf en speen hul kalwers 14,16% 80% van koeie kalf en speen hul kalwers 08,79% 75% van koeie kalf en speen hul kalwers 02,71% 70% van koeie kalf en speen hul kalwers -4,24% Die som in Tabel 2 is gegrond op ’n werklike koeikoste van R2 918,71 en ’n beraamde kalf- inkomste van R4 000 (konserwatiewe speenmassa van 200kg teen R20/kg). Verhoog jou wins Opsies soos aangeplante weidings om meer koeie op die plaas te kan aanhou (om die arbeid/dieselkoste per koei af te bring) of prikkelvoeding om swaarder kalwers te speen, is ’n strategie wat gebruik kan word, maar wat net nog geld kos. Die hoenderbedryf het deur genetiese seleksie dit oor die jare reggekry om kuikens op ’n vroeër ouderdom swaarder te laat slag met ’n aansienlike laer kosinname. Die kalfpersentasie van die koeikudde is die belangrikste winsdrywer. Met ’n 100%-kalfpersentasie beloop die wins volgens die model vir die suurveldgebiede sowat 27,3% per jaar.

Transcript of AgriBSA - is stalmaats en Wins is... · 2015. 11. 19. · bykans R3 000 per jaar. Die kostemodel...

Page 1: AgriBSA - is stalmaats en Wins is... · 2015. 11. 19. · bykans R3 000 per jaar. Die kostemodel sal van streek tot streek en selfs plaas tot plaas verskil. Gebruik die regte bulle

11

Deur Andries Gouws

is stalmaatsWetenskaplike seleksiemetodes

waarin genetika die vernaamste

rol speel, is noodsaaklik vir

vordering in vleisbeesteelt. Baie

kommersiële boere besef nog nie

hoe groot die positiewe invloed

van ’n geneties meerderwaardige

bul in hul kuddes kan wees nie.

Christopher Sparks, bekende Brangus-teler en voorsitter van die LRF, sê telers in die vleisbeesbedryf kan dieselfde welslae behaal

as hoenderboere wat daarin slaag om swaarder slaghoenders in ’n korter tyd met aansienlik minder voer te teel.

Hy sê hulle het oor die jare ’n kostemodel saamgestel vir ’n kommersiële beeskudde op suurveld waar die somers kort en die winters genadeloos is. Kostemodelle sal verskil van gebied tot gebied en dié van ’n stoetery is ook heelwat anders.

Koste teenoor inkomsteDie koste van ’n koei per jaar teenoor die inkomste wat sy in daardie jaar genereer, is natuurlik die boer se wins op daardie koei (Tabel 1).

Tabel 1: Koste per koei per jaar vs inkomste.

Faktor Koste

Weiding (3,5ha per koei teen R 350.00/ha. Al is die plaas klaarbetaal, kon dié inkomste deur verhuring geïn word).

R1 225,00

Entstof (jaarlikse inentings wat enige veearts besoeke uitsluit). R71,06

Somerlek (gegrond op 150 dae somer). R120

Winterlek (gegrond op 215 dae winter). R281,65

Koopprys van gemiddelde bul (R 30 000/30 koeie). R1 000

Arbeid en diesel (totaal gedeel deur aantal koeie op plaas). R221

TOTAAL R 2 918,71

Die kostes is vas behalwe vir weidingskoste (wat van gebied tot gebied kan verskil), die kwaliteit van die bul wat aangekoop word en natuurlik die arbeid/dieselkoste wat tussen al die koeie verdeel moet word. Geen melding word gemaak van kapitale kostes soos eiendomsverbande, waterinfrastruktuur of koste van heinings, krale en geboue nie.

’n Koei moet kalf en haar kalf suksesvol speen. Indien nie, word haar jaarkostes gelykop tussen die res van die bydraende koeie verdeel. Die winssom word in Tabel 2 uiteengesit.

Tabel 2: Winssukseskoers.

Speenpersentasie Winskoers

100% van koeie kalf en speen hul kalwers 27,03%

95% van koeie kalf en speen hul kalwers 23,19%

90% van koeie kalf en speen hul kalwers 18,92%

85% van koeie kalf en speen hul kalwers 14,16%

80% van koeie kalf en speen hul kalwers 08,79%

75% van koeie kalf en speen hul kalwers 02,71%

70% van koeie kalf en speen hul kalwers -4,24%

Die som in Tabel 2 is gegrond op ’n werklike koeikoste van R2 918,71 en ’n beraamde kalf-inkomste van R4 000 (konserwatiewe speenmassa van 200kg teen R20/kg).

Verhoog jou winsOpsies soos aangeplante weidings om meer koeie op die plaas te kan aanhou (om die arbeid/dieselkoste per koei af te bring) of prikkelvoeding om swaarder kalwers te speen, is ’n strategie wat gebruik kan word, maar wat net nog geld kos.

Die hoenderbedryf het deur genetiese seleksie dit oor die jare reggekry om kuikens op ’n vroeër ouderdom swaarder te laat slag met ’n aansienlike laer kosinname.

Die kalfpersentasie van die koeikudde is die belangrikste winsdrywer. Met ’n 100%-kalfpersentasie beloop die wins volgens die model vir die suurveldgebiede sowat 27,3% per jaar.

Page 2: AgriBSA - is stalmaats en Wins is... · 2015. 11. 19. · bykans R3 000 per jaar. Die kostemodel sal van streek tot streek en selfs plaas tot plaas verskil. Gebruik die regte bulle

13

Volgens ‘n kostemodel wat vir suurveldgebiede uitgewerk is, kos ’n koei in ’n kommersiële kudde bykans R3 000 per jaar. Die kostemodel sal van streek tot streek en selfs plaas tot plaas verskil.

Gebruik die regte bulleAs ’n boer wil weet of hy na ’n winsgewende beesboerdery vorder, meet en verbeter dan die verhouding. Die enigste manier om te verseker dat ’n boer se bulle vir hom meer geld en sy koeikudde doeltreffender gaan maak, is om ekonomiese seleksie-indekse te gebruik om die volgende bulle mee te kies. Dié indekse is soos die kW en dieselverbruik van ’n trekker of bakkie. Moet nie bulle gebruik as jy nie weet watter waarde dié bul in rand en sent tot jou produksiestelsel gaan toevoeg nie.

Verkort die dektydperke en laat die hoof-kalftydperk saamval met die beskikbaarheid van genoeg beeskos. Die kalwers wat vroeg in die seisoen aankom, is altyd swaarder en beteken meer geld. Hoe korter die dekseisoen, hoe minder arbeid en bestuur is nodig. ’n Rand gespaar is ‘n rand gemaak.

Gebruik ‘n kruisteelstelsel – dit bly die doeltreffendste manier om speengewigte te verhoog. Vir die beste resultate kan ’n mens Bos Taurus-bulle gebruik. Hulle voeg waarde by oor ’n wye verskeidenheid moederlyne met Bos Indicus-bloed in hul are.

Skot uit en bestuur jou koeieDie maklikste en bewese manier om ‘n koeikudde doeltreffender te kry, is om al die koeie wat nie ’n kalf gespeen het nie, uit te skot. Jy hoef jou nie te bekommer oor watter tipes koeie op jou plaas werk

nie, die natuur doen dit self vir jou, mits jy natuurlik nougeset dié uitgooi wat nie ’n kalf speen nie.

Bestuur die kondisie van die koeie noukeurig. Onthou lek-aanbevelings word gewoonlik deur die manne wat lek verkoop, gedoen.

’n Beesboer se noodfonds en buffer teen klimaat is ’n oskomponent op die plaas.

Die waarde van ’n bulDr Michael Bradfield van Breedplan SA sê kommersiële boere onderskat grootliks die waarde wat ’n goeie bul op hul kuddes sal hê, omdat hulle soveel verskillende boodskappe kry. Party raadgewers beveel veldbulle aan; ander sê weer die wetenskap is ’n mors van tyd; nog ander meen die boer se oog is baie beter om ’n goeie teelbul raak te sien as genetiese waardebepalings en party glo die natuur sal sorg dat sy beeste gedy.

Die probleem in die beesvleisbedryf is dat teeldiere nie deur onafhanklike koöperatiewe ondernemings geteel word soos in die vark- en hoenderbedryf nie.

Met dié stelsel het die hoenderbedryf daarin geslaag om braaihoenders te teel wat vandag twee keer swaarder weeg, binne die helfte van die tyd en met ’n kwart van die kos as wat vyftig jaar gelede die geval was. Melkbeeste se produksie is vandag dubbel soveel as dertig jaar gelede met die dieselfde hoeveelheid voer.

Kies net die besteDie feit dat vleisbeeste op natuurlike weidings moet produseer, is geen verskoning waarom vleisbeeste nie geneties verbeter kan word nie, want al die navorsing wys dat enige eienskap wat oorerflik is, met moderne genetiese seleksiemetodes bevorder kan word, ondanks omgewingsverskille.

As ’n kommersiële boer sy kudde wil verbeter, moet hy ’n goeie bul gebruik en die swakker diere ten opsigte van ekonomies belangrike eienskappe uitskot. Die maklikste manier is om bulle in te bring wat geneties meerderwaardig is.

Die meeste ekonomies belangrike eienskappe is goed oorerflik en selfs vrugbaarheid, wat laer oorerfbaar is, is hoogs herhaalbaar. ’n Koei wat elke jaar kalf se dogters behoort ook elke jaar te kalf, sê Michael.

Boere kan deur genetiese seleksie dieselfde in die beesbedryf vermag. Om bulle te koop met veldbulindekse en indekse vir vleiseienskappe soos oogspier, marmering en verkoopbare vleisopbrengs, kan ’n boer besluit wat dit is wat hy in sy kudde wil teel. Die gebruik van wetenskap in besluite oor teelmateriaal moet die goedkoopste manier wees om diere met lae onderhoudskoste, beter speenmassa en vleisgehalte vir groter winste te produseer, sê Christopher.

Belangrike winsdrywersJohan Styger, bekende Simmentalerteler sê volgens ’n ekonomiese model uit Australië is die relatiewe invloed van die veebelading op die inkomste uit ’n vleisbeesboerdery 8, teenoor die 4 van vrugbaarheid, 2 van groeitempo en 1 van karkas-eienskappe.

Hy glo die enkel belangrikste winsdrywer is die aantal kalwers gespeen, teenoor die aantal vroulike diere wat aan die bul blootgestel is en wat gewoonlik as ’n persentasie uitgedruk word. Die mikpunt in kommersiële vleisbeeskuddes behoort 85% te wees.

Dié doeltreffendheidsmaatstaf meet alles op een slag, naamlik vlak van bestuur wat koeikondisie by paring, kuddegeslagsgesondheid, siektebeheer en -bestuur, vrugbaarheid en aangepastheid van die koeikudde by die omgewing, insluit.