101_2016_3_a

download 101_2016_3_a

of 21

Transcript of 101_2016_3_a

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    1/21

    HEC101V/101/3/2016

    Studiebrief 101/3/2016

    Gesondheidsopvoeding

    HEC101V

    Semesters 1 en 2

    Departement Vroekinderjare-onderwys

    BELANGRIKE INLIGTING

    Hierdie studiebrief bevat belangrike

    inligting oor die module.

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    2/21

    2

    INHOUD

    1

    VERWELKOMING ...................................................................................................................... 3

    2 DOEL EN UITKOMS VAN HIERDIE MODULE ........................................................................... 3

    3

    KOMMUNIKASIE MET U DOSENTE .......................................................................................... 5

    4 ONDERSTEUNINGSTELSEL VIR STUDENTE .......................................................................... 5

    5 STUDIEMATERIAAL .................................................................................................................. 6

    6

    HOE DIE WERKOPDRAGSTELSEL WERK ............................................................................... 7

    7 HOE DIE EKSAMENSTELSEL WERK ....................................................................................... 9

    8

    WERKOPDRAGTE EN ASSESSERINGSKRITERIA ................................................................ 10

    9 GEREELDE VRAE ................................................................................................................... 21

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    3/21

    HEC101V/101

    3

    1 VERWELKOMING

    Baie welkom by hierdie module. Ons hoop dat u dit interessant en bevredigend sal vind. Ons sal onsbes doen om u studie van hierdie module suksesvol te maak. Indien u reeds vroeg in die jaar met ustudies begin en onderneem om die werkopdrag(te) behoorlik te voltooi, het u reeds uitstekendegrondslag vir sukses gel.

    U sal gedurende die semester 'n aantal studiebriewe ontvang. 'n Studiebrief is ons manier om met u tekommunikeer oor onderrig, leer en assessering.

    Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor die werkskema, hulpbronne en werkopdragte virhierdie module. Ons moedig u aan om dit noukeurig deur te lees en om dit byderhand te hou wanneeru deur die studiemateriaal werk, die werkopdrag(te) doen, vir die eksamen voorberei en vrae aan udosente rig.

    In hierdie studiebrief (101) verskyn die werkopdragte en assesseringskriteria sowel as instruksies oordie opstel en indiening van die werkopdragte. Dit gee ook al die inligting wat u nodig het ten opsigte

    van die voorgeskrewe studiemateriaal en ander hulpbronne en hoe u dit kan bekom. Bestudeer hierdieinligting asseblief noukeurig en maak seker dat u die voorgeskrewe materiaal so gou as moontlikbekom.

    Ons het ook sekere algemene en administratiewe inligting oor hierdie module ingesluit. Bestudeerhierdie afdeling van die studiebrief asseblief noukeurig.

    Ons wil reg van die begin af vir u daarop wys dat u al die studiebriewe wat u gedurende die semesterontvang onmiddellik en aandagtig moet lees aangesien hulle altyd belangrike, en soms dringende,inligting bevat.

    Ons hoop dat u hierdie module sal geniet en wens u alles van die beste toe!

    2 DOEL EN UITKOMS VAN HIERDIE MODULE

    Hierdie module handel oor n verskeidenheid gesondheidsverwante onderwerpe wat n impak het opdie KKO en die primer skoolomgewing asook die volwassenes en leerders wat daarby betrokke is.

    Die doelvan die Gesonheidsopvoeding module is daarop gerig om u toe te rus met die nodige kennisen vaardighede om die gesondheidsfokusarea op n gentegreerde en sinvolle wyse toe te pas en teonderrig.

    Die uitkomste vir die module is:

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    4/21

    4

    Studie-eenheid 1:

    Om u in staat te stel om die gesondheid van kinders en volwassenses in die primre skool deur middelvan gesondsheidsopvoeding te bevorder en in stand te hou. Nadat u hierdie eenheid bestudeer het,behoort u:

    die begrip gesondheid te kan verduidelik

    die invloed wat die kwaliteit van die kind se gesondheid, veiligheid of voedingstatus

    onderling op mekaar het, te kan verduidelik die uitwerking wat oorerwing, gedrag en lewenswyse, omgewing, gesondheidsorgstelsels en

    ontwikkeling op gesondheid het, te kan beskryf

    die verband tussen die kind se gesondheid en sy/haar emosionele, sosiale en kognitiewe (of

    intellektuele) ontwikkeling te kan verduidelik

    die verskil tussen gesondheidsbevordering en gesondheidsopvoeding te kan verduidelik

    die begrip gesondheidsbevorderlike skole tekan bespreek

    die faktore wat skoolgesondheidsopvoeding benvloed, te kan verduidelik

    gesondheidsopvoeders in die skoolomgewing te kan identifiseer

    die ouers se betrokkenheid in gesondheidsopvoeding te kan beskryf

    kriteria te kan verduidelik wat toepaslike gesondheidservaringe bepaal

    Studie-eenheid 2:

    Om u te help besin oor die gesondheidsopvoedingkurrikulum in jou betrokke fase. Nadat u hierdieeenheid bestudeer het, behoort u

    gesondheidsopvoedingsonderwerpe wat geskik is vir die leerder in die intermedire en senior

    fase te kan identifiseer

    geskikte leerervaringe wat met hierdie onderwerpe verband hou vir die leerder in die

    intermedire en senior fase te kan beplan

    Studie-eenheid 3:

    Om u te help om na te dink oor sake wat betrekking het op kindermishandeling en verwaarlosing,hospitalisasie, chroniese siekte, stres, verlies, en die konsep dood ( loss, death and dying) enMIV/VIGS, en om dit te verstaan. Nadat u hierdie eenheid bestudeer het, behoort u:

    die verskille tussen die onderskeie kategorie van kindermishandeling en kinderverwaarlosing

    te kan verduidelik

    die kenmerke van volwassenes wat kinders mishandel en mishandelde en verwaarloosde

    kinders te kan beskryf

    die rol van die onderwyser ten opsigte van die mishandelde en/of verwaarloosde kind en die

    ouer wat hom/haar skuldig maak aan kindermishandeling te kan verduidelik

    die onderwyser se optrede te kan verduidelik indien kindermishandeling ofverwaarlosing

    vermoed word

    vertroud te wees met toepaslike wetgewing wat met kindermishandeling verband hou

    insig te toon ten opsigte van die wyse waarop die ervaring van siekte en hospitalisasie die kind

    kan affekteer

    die effek van chroniese siektes, verlies, en die dood op die leerder en sy/haar gesin te kan

    verduidelik

    die implikasies van MIV/VIGS op leerders, onderwysers en hulle gesinne te verstaan en

    vertroud te wees met die implementering van die amptelike skoolbeleid oor MIV/VIGS in en

    primre skole.

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    5/21

    HEC101V/101

    5

    3 KOMMUNIKASIE MET U DOSENTE

    Die volgende dosent is verantwoordelik vir hierdie module:

    Mev D HannawayAJH van der Waltgebou, kamer 7-39

    E-posadres:[email protected]: 012 429-6601

    Alle navrae wat nie van 'n suiwer administratiewe aard is nie, maar wat oor die inhoud van hierdiemodule handel moet aan ons gerig word. Hou asseblief u studiemateriaal byderhand wanneer u onskontak.

    E-posadresse en telefoonnommers is hierbo ingesluit, maar u kan ook aan ons skryf. Stuur briewe aan

    Die moduleleier (HEC101V)Departement Vroekinderjare-onderwys

    Posbus 392UNISA0003

    LET WEL: Briewe aan dosente mag nie by werkopdragte ingesluit word nie.

    Kommunikasie met die Universiteit

    Indien u die Universiteit moet kontak oor kwessies wat nie met die inhoud van hierdie module verbandhou nie, raadpleeg asseblief die publikasie my Stud ies @ Unisa, wat u saam met u studiemateriaalontvang het. Hierdie brosjure bevat inligting oor hoe om die Universiteit te kontak (bv. aan wie uverskillende navrae kan stuur, belangrike telefoonnommers en faksnommers, adresse en

    besonderhede van die tye waarop sekere fasiliteite oop is).

    Hou u studentenommer altyd byderhand wanneer u die Universiteit kontak.

    4 ONDERSTEUNINGSTELSEL VIR STUDENTE

    Vir inligting oor die verskillende ondersteuningstelsels en dienste wat vir studente by Unisa beskikbaaris (bv. studenteberading, studieklasse, taalondersteuning), raadpleeg asseblief die publikasie myStudies @ Unisa, wat u saam met u studiemateriaal ontvang het.

    4.1 Kontak met ander studente

    4.1.1 Studiegroepe

    Dit is raadsaam om kontak te h met medestudente. Een manier om dit te doen, is om studiegroepe tevorm. Die adresse van studente in u omgewing kan by die volgende departement verkry word:

    Direktoraat: Studente-administrasie en RegistrasiePosbus 392UNISA0003

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]
  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    6/21

    6

    4.1.2 myUnisa

    Indien u toegang het tot 'n rekenaar wat aan die internet gekoppel is, kan u vinnig toegang kry tothulpbronne en inligting by die Universiteit. Die leerbestuurstelsel myUnisa is Unisa se aanlynkampuswat u sal help om met u dosente, ander studente en met die administratiewe departemente van Unisate kommunikeeralles deur middel van die rekenaar en die internet.

    Om na die myUnisa webtuiste te gaan, begin by Unisa se hoofwebtuiste, http://www.unisa.ac.za, enklik dan op die Login to myUnisa-skakel aan die regterkant van die skerm. Dit behoort u na diemyUnisa webtuiste te neem. U kan ook direk daarheen gaan deur http://my.unisa.ac.za in te tik.

    Raadpleeg asseblief die publikasie my Stud ies @ Unisa, wat u saam met u studiemateriaal ontvanghet, vir meer inligting oor myUnisa.

    4.1.3 Mentorondersteuning

    Unisa bied mentordienste vir studente aan as bykomstige akademiese ondersteuning by dieonderskeie Unisa streekleersentrums oral in die land.

    n Studieklas is n georganiseerde sessie waar studente en n mentor(s) gereeld by n gemeenskaplikelokaal en op geskeduleerde tye bymekaarkom om kursusmateriaal te bespreek.

    Die hoofdoel van die studieklasdienste is:

    om studente se leer te fasiliteer deur die studente se vaardighede vir onafhanklike leer teontwikkel

    deur studente te help om gemotiveerde en onafhanklike leerders te word.

    help die studente om hulle leerondervinding en akademiese prestasie te ontwikkel

    Studieklasse is nie verpligtend nie en gewillige studente ontvang studieklasondersteuning teen nnominale fooi. Studente wat belangstel, word aangeraai om n leersentrum naby hulle te konta k om virstudieklasse in te skryf. Vir verdere inligting oor studieklasse, raadpleeg die brosjure my Studies @

    Unisa.

    5 STUDIEMATERIAAL

    5.1 Inventarisbrief

    U moes 'n inventaris ontvang het wat aandui wat u in u studiepakket ontvang het en wat ook aanduiwatter items nog uitstaande is. Kyk ook na die brosjure my Stud ies @ Unisa.

    Vergelyk asseblief die studiemateriaal wat u ontvang het met die inventaris. U moes al die items wat indie brief opgenoem word, ontvang het tensy daar aangedui word dat iets uit voorraad is of niebeskikbaar nie is. As enige item ontbreek, moet u sonder versuim die instruksies agter op dieinventarisbrief volg.

    LET WEL: U dosente kan u nie met ontbrekende studiemateriaal help nie.

    5.2 Studiemateriaal

    Die Versendingsafdeling moet u van die volgende studiemateriaal vir hierdie module voorsien:

    Studiebrief 101 by registrasie en ander later

    Studiebrief 501 wat as u studiegids dien

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    7/21

    HEC101V/101

    7

    Afgesien van Studiebrief 101 sal u ook ander studiebriewe gedurende die semester ontvang. Hierdiestudiebriewe sal nie noodwendig tydens registrasie beskikbaar wees nie, maar sal aan u gestuur wordsodra dit beskikbaar of nodig is (byvoorbeeld vir terugvoering oor werkopdragte).

    Indien u toegang het tot die internet, kan u op die Universiteit se aanlynkampus, myUnisa, byhttp://my.unisa.ac.za na die studiegidse en studiebriewe vir die modules waarvoor u geregistreer hetgaan kyk.

    5.3 Voorgeskrewe handboek

    U voorgeskrewe handboek vir hierdie module vir hierdie semester is:

    Weinstein, E & Rosen, E (eds). 2003. Teaching chi ldren abo ut health. 2nd edition. Belmont, CA:Wadsworth/Thomson.

    Aangesien dit n Amerikaanse boek is, sal sekere feite moontlik aangepas moet word vir die Suid-Afrikaanse vereistes. Dit is veral van toepassing met betrekking tot die wetlike aspekte asook amptelikebeleid.

    Raadpleeg asseblief die lys van amptelike boekhandelaars en hulle adresse inmy Stud ies @ Unisa.As u sukkel om boeke by hierdie boekwinkels te kry, kontak asseblief die Afdeling VoorgeskreweBoeke by telefoon 012 429 4152 of stuur n e-pos [email protected].

    5.4 Hulpbronne

    5.4.1 Aanbevole boeke

    Daar is geen aanbevole boeke vir hierdie module nie.

    5.4.2 Bykomstige boeke/hulpbronne

    Daar is geen bykomstige boeke/bronne vir hierdie module nie.

    5.4.3 myUnisa hulpbronne

    Kyk op die myUnisa webtuiste vir hierdie module en soek onder Resources.

    6 HOE DIE WERKOPDRAGSTELSEL WERK

    Vir algemene inligting en vereistes wat werkopdragte betref, kyk in die brosjuremy Stu dies @ Unisa,wat u saam met u studiemateriaal ontvang het.

    6.1 Werkopdragte en leer

    Werkopdragte word beskou as deel van die studiemateriaal vir hierdie module. Wanneer u diewerkopdrag doen, die tekste bestudeer, ander hulpbronne raadpleeg, die werk met ander studente ofmentors bespreek of navorsing doen, is u aktief betrokke by leer. As u na die assesseringskriteria virelke werkopdrag kyk, sal dit vir u 'n duideliker begrip gee van wat van u verlang word.

    6.2 Algemene opmerkings

    LET WEL: Navrae oor werkopdragte (bv. of die Universiteit u werkopdrag ontvang het of nie, of diedatum waarop 'n werkopdrag aan u teruggestuur is) moet gerig word aan die the Departement

    Werkopdragte,[email protected].

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]
  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    8/21

    8

    U kan ook inligting kry op myUnisa. Om na die myUnisa webtuiste te gaan, begin by Unisa sehoofwebtuiste, http://www.unisa.ac.za, en klik dan op die login to myUnisa-skakel onder die opskrifmyUnisa op die skerm. Dit behoort u na die myUnisa webtuiste te neem. U kan ook direk daarheengaan deur http://my.unisa.ac.za in te tik.

    Werkopdragte moet gestuur word aan:

    Die RegistrateurPosbus 392UNISA0003

    U kan skriftelike werkopdragte en werkopdragte wat op merkleesblaaie gedoen is, per pos ofelektronies deur middel van myUnisa indien. Werkopdragte mag nie per faks of e-pos ingedien wordnie. Vir gedetailleerde inligting oor en vereistes vir werkopdragte, kyk in die brosjuremy Studies @Unisa, wat u saam met u studiemateriaal ontvang het.

    Om 'n werkopdrag via myUnisa in te dien:

    Gaan na myUnisa. Teken aan met u studentenommer en wagwoord.

    Kies die module.

    Klik op werkopdragte op die opsielys aan die linkerkant.

    Klik op die werkopdragnommer wat u wil indien.

    Volg die instruksies op die skerm.

    6.3 Terugvoering oor werkopdragte

    U sal die korrekte antwoorde vir meerkeusevrae outomaties ontvang. Vir geskrewe werkopdragte salnasieners konstruktiewe opmerkings oor u werk maak. Terugvoering oor verpligte werkopdragte sal

    egter in 'n opvolgstudiebrief aan alle studente wat vir hierdie module geregistreer is, gestuur worden nie net aan die studente wat die werkopdragte ingehandig het nie.

    Sodra u die terugvoering ontvang het, moet u asseblief u antwoorde nagaan. Die werkopdragte en dieterugvoer oor hierdie werkopdragte vorm 'n belangrike deel van u leer en behoort u te help om betervoor te berei vir die volgende werkopdrag en die eksamen.

    6.4 Keerdatums

    Die keerdatums vir die indiening van die werkopdragte is:

    EERSTE SEMESTER

    Werkopdrag Datum Eksamen

    Werkopdrag 01Unieke nommer: 801952Verpligtend

    26 February 2016 Mei/Junie 2016

    Werkopdrag 02Unieke nommer: 898354Verpligtend

    24 March 2016

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    9/21

    HEC101V/101

    9

    TWEEDE SEMESTER

    Werkopdrag Datum Eksamen

    Werkopdrag 01Unieke nommer: 810555Verpligtend

    09 Augustus 2016 Okt/Nov 2016

    Werkopdrag 02Unieke nommer: 688267Verpligtend

    09 September 2016

    6.5 Assessering van werkopdragte

    Let wel: Hoewel studente saam mag werk terwyl hulle werkopdragte voorberei, moet elke student sy ofhaar eie individuele werkopdrag skryf en indien. U moet met ander woorde u eie idees in u eie woordeindien. U moet toepaslike, kort aanhalings waarna u behoorlik verwys in u werkopdrag gebruik. Dit isonaanvaarbaar dat studente identiese werkopdragte indien op grond daarvan dat hulle saamgewerkhet. Dit is dieselfde as afskryf ('n vorm van plagiaat) en nie een van hierdie werkopdragte sal nagesienword nie. Verder kan u gepenaliseer word of aan dissiplinre stappe deur die Universiteit onderwerp

    word.

    7 HOE DIE EKSAMENSTELSEL WERK

    7.1 Eksamentoelating

    Die Departement van Onderwys verplig die universiteit om te bewys dat n student aktief wasgedurende die onderrigtydperk alvorens die student deur die Departement gesubsidieer word. DieSenaat het die inlewering van n verpligte werkopdrag as bewys van s tudente se aktiewe studiegoedgekeur. Voorts is daar besluit dat studente eksamentoelating ontvang op grond van die inlewering

    van die verpligte werkopdrag.

    Soos hierbo verduidelik, moet u kwalifiseer om eksamen te mag skryf omdat daar nie outomatiesetoelating tot die eksamen is nie. Om te kwalifiseer, MOET u Werkopdrag 01 inhandig, waarvoor u dan`n punt sal kry. Werkopdrag 01 is daarom verpligtend, en dit moet ingehandig word voor diesluitingsdatum.

    Volgens Unisa se assesseringsbeleid moet studente n subminimum van 40% in die eksamen behaal.Indien die student nie die vereiste subminimum van 40% in die eksamen behaal nie, tel diesemesterpunt nie en die student sal nie slaag nie, ongeag die semesterpunt. Gedurende hierdiesemester sal u geassesseer word op u werkopdragte wat 20% bydra tot die finale punt, en dieeksamen wat 80% bydra tot die finale punt.

    Om die module te slaag, moet n studente 50% in die eksamen behaal. Om n onderskeiding te krymoet die student 75% behaal in die eksamen.

    Eksamentoelating is geheel en al afhanklik van die inlewering van Werkopdrag 01 ongeag diepunt wat behaal word. Indien u die werkopdrag druip, sal dit egter u jaarpunt benvloed

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    10/21

    10

    7.2 Eksamentydperk

    Hierdie module word aangebied in n semesterperiode van 15weke. Dit beteken dat indien u vir dieeerste semester geregistreer is, u die eksamen in Mei/Junie 2016 sal skryf en die aanvullendeeksamen sal in Oktober/November 2016 geskryf word. Indien u vir die tweede semester geregistreer is,sal u die eksamen in Oktober/November 2016 skryf en die aanvullende eksamen sal in Mei/Junie 2017geskryf word.

    Tydens n spesifieke semester sal die eksamenafdeling u van inligting oor die eksamen in diealgemeen, eksamenlokale, eksamendatums en eksamentye met betrekking tot die module verskaf.

    7.3 Eksamenvraestel

    Daar is een twee-uurvraestel vir HEC101V.

    7.4 Ou eksamenvraestelle

    Ou eksamenvraestelle is beskikbaar vir studente. Ons raai u egter aan om nie slegs op oueksamenvraestelle te fokus nie, aangesien die inhoud van modules en dus van eksamenvraestelle van

    jaar tot jaar verander. U kan egter aanvaar dat die tipe vrae wat in die eksamen gevra sal word,soortgelyk sal wees aan di wat in die aktiwiteite in u studiegids en in die werkopdragte gevra word.

    7.5 Studiebrief met inligting oor die eksamen

    Om u met u voorbereiding vir die eksamen te help, sal u 'n studiebrief ontvang wat die formaat van dieeksamenvraestel verduidelik, voorbeelde gee van vrae wat u kan verwag en wat duidelik uiteensitwatter materiaal u vir eksamendoeleindes moet bestudeer.

    8 WERKOPDRAGTE EN ASSESSERINGSKRITERIA

    8.1 Tegniese versorging van werkopdragte

    Die korrekte tegniese versorging van werkopdragte is een van die vaardighede wat nuniversiteitstudent moet bemeester.

    8.1.1 Inhoudsopgawe

    Werkopdrag 02 moet van n Inhoudsopgawe wat die belangrikste opskrifte aandui, voorsien word.Op die eerste bladsy van u werkopdrag moet u u antwoord voorsien van n inhoudsopgawe wat diehoofopskrifte en onderopskrifte aandui, soos uiteengesit in die vraag, terwyl u ook die betrokke bladsywaarop ons u antwoorde sal vind, moet aandui.

    8.1.2 Verwysingstegniek en plagiaat

    U moet al die bronne erken wat u in u werkopdrag geraadpleeg het. U kan kort direkte aanhalingsgebruik wat binne aanhalingstekens ( ) geplaas is, byvoorbeeld:

    Die mees kenmerkende eienskap van afstandsonderrig is dat dosent en student nie in dieonmiddellike nabyheid van mekaar opereer nie (McFarlane 1995:45).

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    11/21

    HEC101V/101

    11

    U kan ook n outeur se sienswyse in u eie woorde weergee. Dit word n parafrase genoem. By diegebruik van sowel aanhalings as waar u die aanhaling in u eie woorde verander, moet u verwys na diebronne wat u geraadpleeg het. Kyk na die voorbeeld van n parafrase hieronder. Die skrywer het Stonese idees geneem en dit in haar/sy eie woorde gestel:

    Stone (1979:15) is van mening dat die navorser in sy navorsing nie alleen te make het met diewerklike empiriese realitiet nie, maar ook met die ewe werklike perspektief op die werklikheidwat veronderstellings genoem word.

    Verwysings moet die volgende data insluit:

    outeur se van

    datum van publikasie

    bladsynommer

    (Kyk hierbo na die aanhaling uit Stone.)

    Verwysings moet aangedui word in die hoofdeel van die werkopdrag onmiddellik na n aanhaling of ueie weergawe van n outeur se mening. Hierdie verwysings moet ook in die bibliografie aan die eindevan u werkopdrag verskyn.

    8.1.3 Bronnelys

    n Bronnelys moet aan die einde van elke werkopdrag verstrek word waarin alle gepubliseerde bronnewat u geraadpleeg het in die voorbereiding van u werkopdrag.

    U moet n bronnelys opstel deur die vanne van outeurs alfabeties te lys. Elke inskrywing (boek, tydskrifof koerant) moet die volgende inligting bevat:

    outeur se naam (van, met voorletter/s)

    datum van publikasie

    titel van bron (artikels in gewone druk; boek onderstreep of in skuinsdruk)

    plek van publikasie (stad, slegs in die geval van boeke)

    uitgewer (vir boeke)

    bladsye (vir artikels)

    Let veral op die punktuasie in die volgende voorbeeld:

    Arnold, LE. 1990. Childhood stress. New York: Wiley & Sons.

    Badenhorst, DC & Claassen, JC. 1995. Complexity theory and the transformation of education: the roleof values. Educare24(1):5-12.

    Paris, SG, Saarnio, DA & Cross, DR. 1986. A metacognitive curriculum to promote childrens readingand learning. Australian Journal of Psychology38:107-123.

    Quinn, FM. 1988. The principles and practice of nurse education.London: Chapman & Hall.

    Die titel van die boek of tydskrif moet of in vetdruk of kursief wees (of onderstreep wanneer in skrif).Die naam van n artikel in tydskrifte MOET NIE vetdruk, kursief of onderstreep wees nie.

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    12/21

    12

    8.2 Werkopdragte vir die eerste en tweede semester

    VERPLIGTE WERKOPDRAG (WERKOPDRAG 01)

    Geen uitstel is vir Werkopdrag 01 moontlik nie en laat werkopdragte sal nie nagesien word nie.

    Werkopdrag 01 verleen aan u eksamentoelating.

    Hierdie werkopdrag dra 20% tot u finale eksamenpunt by. Die doel van hierdie werkopdrag is om u te orienteer tot die module en die voorgeskrewe

    handboek.

    Hierdie werkopdrag bestaan uit n aantal meerkeusevrae.

    Hierdie werkopdrag moet inpotlood op n MERKLEESBLAD beantwoord word:

    vul u naam en studentenommer op die merkleesblad in.

    vul die unieke nommer op die merkleesblad in. Indien dit inkorrek gedoen word, sal dierekenaar jou werkopdrag verwerp en dit sal ongemerk aan u teruggestuur word.

    Raadpleeg asseblief die brosjure my Studies @ Unisa vir besonderhede oor die invul van diemerkleesblad.

    Gebruik slegs die merkleesblad wat u hierdie semester saam met u studiemateriaal ontvang het.

    Werkopdrag 01: SEMESTER 1

    Sluitingsdatum: Semester 1: 26 Februarie 2016Unieke nommer: 801952 (Semester 1)

    MEERKEUSEVRAE:

    Kies die korrekte antwoord op elk van die volgende vrae:

    1. Chroniese siektes word hoofsaaklik veroorsaak deur(1) patogene.(2) bakterie.(3) genetika.(4) lewenstyle engedrag.

    2. Kontroleerbare gesondheidsrisikofaktore sluit al die volgende in, behalwe(1) onvoldoende oefening.(2) swak dieet.(3) dwelmmisbruik.(4) genetiese predisposisie.

    3. Gesondheidsbevordering is(1) n effektiewe gesondheidsverwante advertensieveldtog.(2) n georganiseerde poging wat gesonde gedrag en gewoontes aanmoedig.(3) n beplande behandelingsintervensie.(4) die opleiding van professionele gesondheidspraktisyns in siektevoorkoming.

    4. n Groep organe wat saamwerk om n spesifieke funksie te verrig, word genoem(1) n lewensiklus.(2) n genetiese oorerwing.(3) n liggaamstelsel.

    (4) homeostase.

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    13/21

    HEC101V/101

    13

    5. Die funksie van die vel is(1) die uitskeiding van minerale soute en kein hoeveelhede liggaamsafval.(2) die omskakeling van die ultravioletstrale van die son na vitamien D.(3) die beskerming van die liggaam teen kieme en ander middele wat siektes veroorsaak.(4) al bogenoemde.

    6. Watter stelsel wat saam met die asemhalingstelsel werk, voorsien die liggaamselle vansuurstof?(1) senuweestelsel(2) sirkulasiestelsel(3) limfatiese stelsel(4) endokriene stelsel

    7. Tydens asemhaling ________die diafragma ______en die borsholte __________.(1) ontspan, krimp(2) ontspan, vergroot(3) trek saam, krimp(4) trek saam, vergroot

    8. n Afvalproduk van die metabolismeproses is(1) koolstofdioksied.(2) suurstof.(3) waterstof.(4) melksuur.

    9. Gal word gemaak in die _______ en gestoor in die _______.(1) milt, pankreas(2) pankreas, lewer(3) lewer, galblaas(4) galblaas, pankreas

    10. Die grootste deel van die brein is die(1) serebellum.(2) serebrum.(3) medulla.(4) middebrein.

    11. n Ander naam vir bednatmaak is(1) peristalse.(2) enurese.(3) enkopresis.(4) pilonefritis.

    12. Die deel van die tong wat sensitief is vir n suur smaak, is(1) die kant van die tong.(2) die agterkant van die tong.(3) die middel van die tong.(4) die voorkant van die tong.

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    14/21

    14

    13. Vesel in voedsel help vir al die volgende, BUITEN(1) die voorkoming van sekere tipes kanker.(2) die verlaging van cholesterol.(3) die regulering van bloedsuiker.(4) die toename in algemene energie.

    14. Die hooffunksie van proteiene is om(1) bloed na die longe te neem.(2) te help om liggaamsweefsel te bou en te herstel.(3) vitamiene na die omliggende weefsel te neem.(4) te help met die sametrekking en ontspanning van spiere.

    15. Watter vitamien is oplosbaar in water?(1) Vitamien D(2) Vitamien K(3) Vitamien C(4) Vitamien A

    16. Die Menslike Immuniteitsvirus (MIV) kan die liggaam binnedring deur

    (1) n kam te deel.(2) n coke te deel.(3) moedersmelk.(4) nie een van bogenoemde nie.

    17. Diabetes is n siekte wat ontstaan wanneer die ________ nie genoeg insulien produseernie.(1) lewer(2) galblaas(3) pankreas(4) milt

    18. Watter een van die volgende kognitiewe voordele kan n individu deur gereelde fisieseaktiwiteit verkry?(1) afname in stres en angs(2) toename in gevoelens van selfwaarde en selfbeeld(3) al bogenoemde(4) nie een van bogenoemde nie

    19. Wat is die algemene eienskappe van n kwaadaardige melanoom (velkanker)?(1) asimmetriese vorm(2) gladde kante(3) kleur oral dieselfde(4) versprei stadig

    20. Skoliose is n siekte wat hoofsaaklik die volgende affekteer:(1) hartlongstelsel(2) neurologiese stelsel(3) endokriene stelsel(4) muskuloskeletale stelsel

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    15/21

    HEC101V/101

    15

    21. Die twee basiese behoeftes wat deur Maslow gedentifiseer is, sluit in(1) sukses en gewildheid.(2) fisiese krag en stamina.(3) kos en skuiling.(4) mag en leierskap.

    22. Wanneer kinders n goeie selfbeeld het, sal hulle heel waarskynlik(1) self begin om dwelms te gebruik sonder die aanmoediging van vriende.(2) sekerheid h oor hulle sosiale en skoolprestasie.(3) hulleself van selfgeldende portuurgroepe isoleer.(4) weier om by kompeterende spel betrokke te raak.

    23. n Individu se oortuiging wat betref manlik of vroulik te wees, staan bekend as(1) seksrol.(2) geslag.(3) geslagsidentiteit.(4) seksuele orientasie.

    24. Hans Selye het drie stadia gedentifiseer waardeur ons liggaam gaan as dit op stresreageer. Dit staan bekend as(1) eustres.(2) hanteringsmeganismes.(3) algemene aanpassingsindroom.(4) nood.

    25. Die vlug- of vegrespons(1) word deur die ouers aan hulle kinders geleer.(2) is nteken van sielsiekte.(3) is n oorlewingsrepons op waargenome gevare.(4) moet beheer word om gewelddadige gedrag te voorkom.

    26. Aggressiewe afknouers(1) neig om beangs, onseker en afhanklik te wees.(2) inisieer gewoonlik nie die aggressiewe dade nie.(3) kan n gebrek aan inhibisies teenoor aggressie h.(4) is die tipe afknouers wat algemeen voorkom.

    27. Gereelde oefening tydens die kinderjare kan die risiko van watter een van die volgendesiektes tydens volwassenheid voorkom?

    (1) hartsiekte(2) diabetes (suikersiekte)(3) osteoporose

    (4) al bogenoemde

    28. Watter van die volgende hou verband met sielkundige dwelmafhanklikheid?(1) die persoon ervaar n hunkering.(2) onttrekking van die dwelm veroorsaak sielkundige simptome.(3) onttrekking van die dwelm veroorsaak fisiese simptome.(4) al bogenoemde.

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    16/21

    16

    29. __________ vind plaas wanneer iemand voorberei vir die verwagte dood van n geliefde.(1) n Voorgevoel(2) Antisipatoriese smart(3) Woede(4) Bedinging

    30. Wanneer jy n kind help wie se neus bloei, moet jy(1) n koue drukverband op die kind se nek en neus plaas.(2) watte in die neusgate druk.(3) die kind se neusgate toe druk met die kop effens na agter gebuig.(4) Die kind se neusgate toe druk met die kop effens na voor gebuig.

    Werkopdrag 02: SEMESTER 1

    Sluitingsdatum: Semester 1: 24 Maart 2016Unieke nommer: 898354 (Semester 1)

    LET WEL!

    Dit is belangrik om hierdie werkopdrag op n akademies-verantwoordelike wyse voor te berei.U moet dus vertroud raak met die korrekte tegniese versorging (sien 8.1).

    Heg asseblief ook die vraelyste agter in hierdie studiebrief aan werkopdrag 02 voordat u dit instuur.Werkopdrag 02 handel oor die temas MIV/VIGS, kindermishandeling en stres.

    Voltooi al die afdelings van die volgende werkopdrag:

    South Africa is reputed to presently have one of the fastest growing HIV/AIDS epidemics in theworld with approximately 5, 7 million South Africans infected. Of these there are an estimated280,000 children aged 0-14 living with HIV and approximately 1, 4 million children aged 0-17

    who have been orphaned by AIDS (UNAIDS, 2008).

    Skryf n artikel van 3 4 bladsye vir n primreskoolnuusbrief met inligting vir ouers wat dieamptelike skoolbeleid ten opsigte van MIV/VIGS verduidelik. (40 punte)

    Beplan drie ontwikkelingsgeskikte leeraktiwiteite oor die voorkoming van kindermishandeling virleerders in die intermedire fase (Graad vier tot Graad sewe) en dui aan wat in elke aktiwiteitingesluit sal word. Gebruik verskeie leerstrategie vir die beplanning van die leeraktiwiteite. Duiaan vir w atter gr aad elke leerakt iwitei t beplan wo rd.

    (30 punte)

    Bespreek die algemene bronne van stres vir leerders in die intermedire fase en verduidelikhoe u leerders behulpsaam sal wees om verskeie bronne van stres te hanteer.

    (30 punte)

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    17/21

    HEC101V/101

    17

    Werkopdrag 01: SEMESTER 2

    Sluitingsdatum: Semester 2: 09 Augustus 2016Unieke nommer: 810555 (Semester 2)

    MEERKEUSEVRAE:

    Kies die korrekte antwoord op elk van die volgende vrae.

    1 Chroniese siektes word primr veroorsaak deur:(1) patogene(2) genetika(3) leefstyl en gedrag(4) bakterie

    2 Gesondheidsopvoeding is essensieel vir leerders omdat(1) hulle so baie negatiewe dinge tuis leer

    (2) hulle voel hulle moet doen wat die onderwyser s(3) gesondheid n lewenslange proses is, en hoe gouer gesondheidsopvoeding begin, hoegroter is die moontlikheid vir sukses

    (4) onderwysers die negatiewe aspekte van n kind se opvoeding kan tewerk

    3 n Interne gesondheidslokus van kontrole is n oortuiging dat n mens se gesondheidhoofsaaklik(1) n kwessie is van n mens se verhoudings met ander(2) n kwessie is van doeltreffende toegang tot die gesondheidstelsel(3) deur jouself bepaal word(4) daarvan afhang of jy die regte dokter het

    4 Funksies van die skeletstelsel sluit in(1) steun aan die liggaam(2) instandhouding van die postuur/houding(3) beskerming van die lewensorgane(4) al die bogenoemde

    5 n Noodsaaklike voedingstofvir sterk en gesonde bene en tande is(1) kalsium(2) kalium(3) glukose(4) vitamien C

    6 Diabetes is n siekte wat veroorsaak word wanneer die __________ nie genoeg insulienproduseer nie.(1) lewer(2) galblaas(3) pankreas(4) milt

    7 Die veg- of vlugrespons(1) word deur ouers aan hul kinders geleer.(2) is n aanduiding van geestesiekte.(3) is n oorlewingsrespons wanneer gevaar waargeneem word.(4) behoort beheer te word om gewelddadige gedrag te voorkom.

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    18/21

    18

    8 Die diafragma ____________ gedurende inaseming, en die borsholte __________.(1) ontspan, krimp in(2) ontspan, sit uit(3) trek saam, krimp in(4) trek saam, sit uit

    9 Klein bloedvate wat slagare en are met mekaar verbind, staan bekend as(1) arteriole(2) haarvate(3) ventrikels(4) aartjies

    10 n Individu se besef/oortuiging van sy of haar manlikheid of vroulikheid staan bekend as(1) geslagsrol.(2) geslag.(3) geslagsidentiteit.(4) seksuele orintasie.

    11 Die basiese eenhede van die senustelsel is

    (1) neurotransmitters (senuwee-oordragstof)(2) perifere senuwees(3) sinapse(4) neurone

    12 Die grootste deel van die brein is die(1) serebellum(2) serebrum(3) medulla(4) middelbrein

    13 Die drie klein beentjies in die oor wat vibrasies van die oordrom versterk, is

    (1) die hamer, aambeeld en stiebeuel(2) die koglea, aambeeld en stiebeuel(3) die hamer, ourikel en koglea(4) die hamer, ourikel en aambeeld

    14 Die deel van die tong wat sensitief is vir n bitter smaak, is(1) die sykant van die tong(2) die agterkant van die tong(3) die middel van die tong(4) die voorste deel van die tong

    15 Die hooffunksie van proteen is om

    (1) suurstof na die longe te vervoer(2) liggaamsweefsel te help bou en herstel(3) vitamiene na die omringende weefsel te dra(4) te help met die saamtrek en ontspan van spiere

    16 Eetversteurings word die meeste by die volgende groep aangetref:(1) meisies, grondslagfase (junior primre ouderdom)(2) seuns, grondslagfase (junior primre ouderdom)(3) meisies, intermedire of senior fase (senior primre of horskool-ouderdom)(4) seuns, intermedire of senior fase (senior primre of horskool-ouderdom)

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    19/21

    HEC101V/101

    19

    17 Watter van die volgende kognitiewe voordele kan n individu trek uit gereelde fisiekeaktiwiteit?(1) afname in stres en angs(2) toename in gevoelens van eiewaarde en selfagting(3) al bogenoemde(4) nie een van bogenoemde

    18 Die Menslike-immuniteitsgebrek-virus (MIV) kan die liggaam binnekom deur(1) n kam te deel(2) n Coke te deel(3) borsmelk(4) nie een van bogenoemde

    19 Die teikenselle van die MIV-virus is(1) die selle waarmee die genitalie uitgevoer is(2) velselle(3) T-4 (CD4) selle(4) selle van die lewensorgane

    20 Wat is die algemene kenmerke van n kwaadaardige melanoom (velkanker)?(1) asimmetries in vorm(2) relmatige rand(3) relmatig van kleur(4) versprei stadig

    21 Twee basiese behoeftes deur Maslow gedentfiseer,sluit in(1) sukses en gewildheid(2) fisieke krag en stamina(3) kos en skuiling

    (4) mag en leierskap

    22 Wanneer kinders n sterk gevoel van eiewaarde het, sal hulle waarskynlik(1) op hul eie begin dwelms gebruik, sonder dat hulle deur maats aangemoedig word(2) vertroue h in hul eie sosiale vaardigheid en skoolprestasie(3) hulself isoleer van selfgeldende maats in die portuurgroep(4) weier om aan mededingende spel deel te neem

    23 Hans Selye het drie fases gedentifiseer waardeur ons liggame gaan as hulle op stresreageer. Dit staan bekend as(1) eustres(2) hanteringsmeganismes

    (3) algemene-aanpassingsindroom(4) distres

    24 n Stressor kan __________ wees.(1) n verandering in die omgewing(2) npersepsie(3) antisipasie/afwagting(4) al bogenoemde

    25 Iemand wat met MIV besmet is,(1) kan altyd die infeksie aan ander oordra(2) kan slegs die infeksie oordra in die laaste fase van die infeksie (vigs-fase)(3) kan slegs die infeksie oordra in die eerste ses maande n die infeksie(4) (a) en (b)

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    20/21

    20

    26 Terg is n voorbeeld van(1) sosiale geweld(2) afknou/boelie(3) verbale geweld(4) visuele geweld

    27 Watter van die volgende hou verband met psigologiese dwelmafhanklikheid?(1) Die persoon ervaar n drang.(2) Onttrekking van die dwelm produseer psigologiese simptome.(3) Onttrekking van die dwelm produseer fisieke simptome.(4) Al bogenoemde

    28 Die toestand van iemand se gesondheid kan deur die volgende faktore bepaal word:(1) prenatale faktore(2) perinatale faktore(3) postnatale faktore(4) al bogenoemde

    29 Die eerste emosie wat individue ervaar wanneer hulle verneem dat hulle aan n terminalesiekte lei, is(1) depressie(2) onderhandeling(3) ontkenning(4) woede

    30 ___________ bepaal wat n mens kan word.(1) gene(2) oorerwing(3) omgewing(4) chromosome

    [30]

    Werkopdrag 02: SEMESTER 2

    Sluitingsdatum: Semester 2: 09 September 2016Unieke nommer: 688267 (Semester 2)

    LET WEL!

    Dit is belangrik om hierdie werkopdrag op n akademies-verantwoordelike wyse voor te berei.U moet dus vertroud raak met die korrekte tegniese versorging (sien 8.1)

    Heg asseblief ook die vraelyste agter in hierdie studiebrief aan werkopdrag 02 voordat u dit instuur.Werkopdrag 02 handel oor die temas MIV/VIGS, kindermishandeling en stres.

    Voltooi al die afdelings van die volgende werkopdrag:

  • 7/25/2019 101_2016_3_a

    21/21

    HEC101V/101

    21

    HISTORIESE VOORKOMS VAN KINDERMISHANDELING

    Hoewel kindermishandeling deesdae skynbaar baie meer algemeen is, is dit nie n nuwemaatskaplike verskynsel nie. Volgens Langor (1974:353-367) is kindermoord van die vroegstetye af by sommige kultuurgroepe n metode van bevolkingsbeheer. Daar is ook baie stawendegetuienis dat kinders gedurende die agtiende eeu (gedurende die Industrile Rewolusie)mishandel en uitgebuit is. Selfs tradisionele kleuterrympies lewer bewys daarvan:

    There was an old woman Who lived in a shoe She had so many children She didnt knowwhat to do She gave them some broth Without any bread And whipped them all soundly

    And put them to bed. (Opie & Opie 1951:355)

    Kan u aan enige onlangse wetgewing in Suid-Afrika (of u eie land) dink wat regte aan kindersgee? (40 punte)

    South Africa is reputed to presently have one of the fastest growing HIV/AIDS epidemics in theworld with approximately 5, 7 million South Africans infected. Of these there are an estimated

    280,000 children aged 0-14 living with HIV and approximately 1, 4 million children aged 0-17who have been orphaned by AIDS (UNAIDS, 2008).

    Skryf n artikel van 3 4 bladsye vir n primreskoolnuusbrief met inligting vir ouers wat d ieamptelike skoolbeleid ten opsigte van MIV/VIGS verduidelik. (30 punte)

    Beplan drie ontwikkelingsgeskikte leeraktiwiteite oor die voorkoming van kindermishandeling virleerders in die intermedire fase (Graad vier tot Graad sewe) en dui aan wat in elke aktiwiteitingesluit sal word. Gebruik verskeie leerstrategiee vir die beplanning van die leeraktiwiteite. Duiaan vir watter graad elke leerakt iwitei t beplan wor d. (30 punte)

    {TOTAAL: 100 PUNTE}

    9 GEREELDE VRAE

    Die brosjure my Studies @ Unisabevat nA-Z gids van die mees relevante inligting.

    Vrae wat dikwels in hierdie module (HEC101V) gevra word is:

    Vraag: Ek benodig uitstel vir die indiening van my werkopdrag.Antwoord: Dit is nie moontlik om uitstel vir langer as een week te gee nie. As u verplig is

    om n opsteltipe werkopdrag in te handig, moet u voor die sluitingsdatum

    toestemming vra. Geen uitstel kan gegee word vir meerkeusevrae-werkopdragte nie.

    Vraag: Ek het nie internettoegang nie.Antwoord: U kan internettoegang kry by al die Unisa streekskantore

    Ons hoop dat u hierdie module sal geniet en ons wens u sukses toe met u studies.

    Vriendelike groete

    U dosent(Mev.) D Hannaway