0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD:...

26
0030.1 AARDRYKSKUNDE HG GEOGRAPHY HG (VRAESTEL 1) (PAPER 1) NOVEMBER 2004 TYD/TIME: 3 URE/HOURS PUNTE/MARKS: 320 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION 2004 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” AARDRYKSKUNDE HG (VRAESTEL 1) Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” – GEOGRAPHY HG (PAPER 1) Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye. This question paper consists of 25 pages.

Transcript of 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD:...

Page 1: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

0030.1 AARDRYKSKUNDE HG GEOGRAPHY HG (VRAESTEL 1) (PAPER 1) NOVEMBER 2004

TYD/TIME: 3 URE/HOURS PUNTE/MARKS: 320

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION

2004

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak”

AARDRYKSKUNDE HG (VRAESTEL 1)

Write on the cover of your answer book, after the word “Subject” –

GEOGRAPHY HG (PAPER 1)

Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye. This question paper consists of 25 pages.

Page 2: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

2

VOORSKRIFTE 1. Hierdie vraestel bestaan uit sewe vrae. BEANTWOORD VIER VRAE wat soos volg gekies moet word: EEN uit Afdeling A EEN uit Afdeling B EEN uit Afdeling C EEN addisionele vraag uit enige van die orige vrae wat nog nie beantwoord is nie. 2. Skryf die nommer van die vraag bo-aan elke antwoord. 3. Begin die antwoord op elke nuwe vraag bo-aan 'n nuwe bladsy. 4. Let daarop dat twee punte gewoonlik vir een feit toegeken word. As die puntetoekenning byvoorbeeld 3x2=(6) is, word drie feite verlang vir 'n totaal van ses punte.

Page 3: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

3

AFDELING A – FISIESE AARDRYKSKUNDE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Sinoptiese weerkaart Verwys na die sinoptiese weerkaart en beantwoord die vrae wat volg.

Page 4: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

4

Die sinoptiese weerkaart op bladsy 3 is die konteks waarop die volgende vrae (1.1.1 – 1.1.3) gebaseer is. 1.1.1 Jy vertrek per seilboot vanaf Kaapstad om die skoolvakansie in Luderitz te gaan deurbring.

(a) Het jy die bootrit tydens die Junie- of die Desembervakansie onderneem? Gee EEN rede, van die weerkaart afgelei, om jou antwoord te staaf. 2x2=(4)

(b) Was die weerstoestande gunstig vir jou bootrit vanaf Kaapstad na Luderitz? Gee EEN rede vir jou antwoord. 2x2=(4)

1.1.2 Terwyl jy jou bootrit geniet het, het jy jou vriend wat in Maputo op vakansie was, asook jou oom in Luderitz, gebel. Jy het verneem na die temperatuur by albei. Verklaar die groot verskil in temperatuur tussen Maputo en Luderitz. 2x2=(4) 1.1.3 Jy het die radio aangeskakel. Die volgende weerberig is uitgesaai:

Ligte reën sal môre langs die suidweskus voorkom. Dit is gedeeltelik bewolk en warm oor die sentrale binneland waar donderstorms later ten ooste van 'n oppervlaktrog verwag word.

(a) Verklaar die ligte reën wat langs die suidweskus sou voorkom. 1x2=(2)

(b) Wat veroorsaak die weerstoestande in die binneland soos hierbo

berig word? 4x2=(8) [22]

Page 5: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

5

1.2 Tropiese siklone Bestudeer die strokiesprent van Seppie die Soldaat en beantwoord dan die vrae.

1.2.1 In watter halfrond was Seppie se kamp? Gee 'n rede uit die strokiesprent vir jou antwoord. 2x2=(4) 1.2.2 Op watter een van die volgende datums het die tifoon oor Seppie se kamp beweeg: 21 Februarie; 29 Augustus; 14 Desember? Gee EEN rede vir jou antwoord. 2x2=(4) 1.2.3 Identifiseer die weerelement in die tifoon wat volgens Seppie die kamp verwoes het. 1x2=(2) 1.2.4 Seppie bel 'n vriend wat in 'n dorp ongeveer 950 km van sy kamp af na die binneland toe woon om te verneem na die omvang van die skade wat deur die tifoon veroorsaak is. Tot sy verbasing hoor hy dat die tifoon glad nie sy vriend se dorp bereik het nie. Verduidelik hierdie feit. 2x2=(4) 1.2.5 Jy het Seppie se kamp besoek nadat die tifoon dit verwoes het. Stel DRIE voorsorgmaatreëls voor wat geneem kan word om die impak van toekomstige tifone te verminder. 3x2=(6) [20]

Aangepas uit die Burger 2001-10-27

Page 6: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

6

1.3 Stedelike klimaat Lees die onderstaande berig (Aangepas uit Die Burger: Koerant in die klaskamer) en beantwoord dan die vrae. Moederstad se vuil lug een te veel vir meter

KAAPSTAD Die bruin rookmis wat talle Kapenaars gister met 'n gevoel van benoudheid gelaat het, was klaarblyklik ook een te veel vir die Kaapse Metropolitaanse Raad se outomatiese lugbesoedelings-monitor toe dié se lesings die wenkbroue laat lig het. Mnr Dave Arnott, omge-wingsgesondheidsbeampte van die KMR se lugbe-soedelingsbeheerafdeling, het gesê gister se lesings was

“onmoontlik laag” in die lig van die sigbare besoedeling oor die stad. “Opdrag is dadelik gegee dat die toestel nagesien word en dit sal stellig vandag behoorlik werk,” het Arnott gesê. “Die rookmis is waarskynlik deur 'n temperatuurinversie teweeggebring,” het prof. Dick Dutkiewicz, hoof van die Energienavorsingsinstituut van die Universiteit van

Kaapstad gesê. Hy sonder vervoer en nywerhede uit as die grootste bronne van lugbesoedeling in die skiereiland. 'n Temperatuurinversie kom voor wanneer ……………… ………………………………. Dutkiewicz het gewaarsku dat Kaapstad se lug net so besoedel soos dié van verskeie groot Europese en Amerikaanse stede kan wees.

1.3.1 Wat impliseer die opskrif van die berig? 1x2=(2) 1.3.2 Verduidelik hoe rookmis ontstaan. 2x2=(4) 1.3.3 Voltooi paragraaf 6 in die berig deur 'n inversie te definieer. Begin jou antwoord met die volgende woorde: 'n Temperatuurinversie ontstaan wanneer ……………………………… 2x2=(4) 1.3.4 Beskryf die invloed wat 'n inversie op lugbesoedeling het. 2x2=(4) 1.3.5 Watter TWEE bronne van lugbesoedelaars in Kaapstad beskou

Prof. Dutkiewicz as die grootste? 2x2=(4) 1.3.6 Kaapstad en sy omgewing se bevolking styg vinnig. Daarom is daar absoluut geen kans dat besoedeling in die omgewing sal verminder nie. (a) Stem jy saam met hierdie stelling? Antwoord “ja” of “nee”. (b) Regverdig jou antwoord deur 'n goedberedeneerde argument te gee. (Slegs die argumente wat jou standpunt ondersteun sal geassesseer word.) 3x2=(6) [24]

Page 7: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

7

1.4 Die invloed van die mens op ekosisteme Die grafieke stel bevolkingsgroei en voedselvoorraad voor.

1.4.1 Het voedselvoorraad en bevolkingsgroei teen dieselfde tempo toegeneem?

(Ja of Nee?) 1x2=(2) 1.4.2 Watter probleem sal die wêreld na die jaar X in die gestig staar? 1x2=(2) 1.4.3 Die diagram stel die DPSIR-formaat van verslagdoening (dryfkragte, druk, toestand, impak, reaksie) ten opsigte van waterverbruik voor.

Bron: Swanevelder et al Nuwe Senior Aardrykskunde Graad 12 Bestudeer die verslag noukeurig saam met die grafiek, en skryf dan 'n verslag, deur van die DPSIR-formaat gebruik te maak, om die impak van bevolkingsgroei en voedselvoorraad op die omgewing te illustreer. Maak gebruik van AL VYF kriteria, nl. Dryfkragte, Druk, Toestand, Impak en Reaksie, in jou verslag. 5x2=(10) [14] /80/

Page 8: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

8

VRAAG 2 2.1 Dreineerbekkens Bestudeer die diagram en beantwoord dan die vrae.

2.1.1 Hoeveel dreineerbekkens word op die diagram aangetref nadat stroomroof in blok W plaasgevind het? 1x2=(2) 2.1.2 Watter een van die riviere, A of B, het 'n hoër dreineerdigtheid? 1x2=(2) 2.1.3 Watter DRIE aanduidings is daar op die diagram dat die rivier by C in sy benedeloop is? 3x2=(6) 2.1.4 Teken 'n dwarsprofiel van die rivier A langs die lyn XY. Dui die stoot- en glyoewers op jou dwarsprofiel aan. 2+(2x2)=(6)

Page 9: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

9

2.1.5 Gee TWEE tydelike erosiebasisse wat in die riviere op die diagram aangetref word. 2x2=(4) 2.1.6 Die dreineerbekkens op die diagram word deur waterskeidings geskei. Verduidelik wat 'n waterskeiding is. 2x2=(4) 2.1.7 Identifiseer die stroompatrone by B, D en E, en noem die onderliggende gesteentes wat die patrone bepaal het. (3x2)+(3x2)=(12) 2.1.8 Verduidelik hoe stroomroof in die blok, gemerk W, plaasgevind het. 2x2=(4) 2.1.9 Identifiseer die stroomroofkenmerke by F, G en H. 3x2=(6) 2.1.10 Verjonging kom by Z in die rivier by A voor. Watter TWEE faktore (prosesse) kon hierdie verskynsel veroorsaak het? 2x2=(4) [50] 2.2 Struktuurlandskappe Bestudeer die diagram en beantwoord dan die vrae.

Dolerite intrusion Dolerietintrusie

Bron: Vrystaat Departement van Onderwys Source: Freestate Department of Education

Page 10: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

10

2.2.1 Identifiseer die landvorme by A en B. 2x2=(4) 2.2.2 Met watter struktuurlandskappe word A en B geassosieer? 1x2=(2) 2.2.3 Noem EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen die landvorme by A en B. 2x2=(4) 2.2.4 Watter een van die onderstaande kontoersketse X of Y stel die landvorm by C voor? Verduidelik jou antwoord deur na die kontoersketse te verwys. 2x2=(4)

2.2.5 Verduidelik waarom dit baie moeilik is om te boer waar landvorme A, B en C aangetref word. 2x2=(4) 2.2.6 In watter rigting duik die lae in die landvorm by D? 1x2=(2) 2.2.7 Teken 'n deursnit van die landvorm by D om die duik- helling, die eskarphelling en die dolerietintrusie voor te stel. 3x2=(6) 2.2.8 Identifiseer die granietintrusievorm by E en verduidelik hoe jy dit herken het. 2x2=(4) [30] /80/

X Y

Page 11: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

11

AFDELING B - NEDERSETTINGSAARDRYKSKUNDE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 3 - LANDELIKE NEDERSETTING EN LANDELIKE ONTWIKKELING Bestudeer die kaart (Suidelike Halfrond) en beantwoord dan die vrae.

Page 12: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

12

3.1 Watter nedersettingspatrone word deur nedersetting A en Smithsonia onderskeidelik voorgestel? Gee TWEE redes vir die verskil in nedersettingspatrone. (2x2)+(2x2)=(8) 3.2 Is Nezaamville of Smithsonia die stedelike nedersetting? Gee DRIE redes vir jou antwoord. 2+(3x2)=(8) 3.3 Waarom sal die oprigting van 'n klein fabriek meer voordelig wees by Smithsonia as by Gabebea? Verduidelik jou antwoord vanaf die diagram. 5x2=(10)

3.4 Is die plase na die noorde of na die suide van die Kroneberge groter? Gee EEN menslike faktor en EEN fisiese faktor om jou antwoord te ondersteun. 2+(2x2)=(6) 3.5 Wat is die mikroklimatologiese voordele van die standplaas by Gabebea in vergelyking met die standplaas by Kareemia? Verduidelik jou antwoord deur VYF redes te gee. 5x2=(10) 3.6 Verwys na Kalomani (gestig in 1916) en Nezaamville (gestig in 1980): 3.6.1 Wat is die buitelynvorme van Kalomani en Nezaamville onderskeidelik? 2x2=(4) 3.6.2 Waarom het mense Kalomani verlaat? Slegs antwoorde afgelei van die kaart sal aanvaar word. 3x2=(6) 3.6.3 Wat kan die mense van Kalomani doen om stedelinge te lok? 4x2=(8) 3.6.4 Die ontwikkeling van Nezaamville was baie vinnig. Gee VIER redes, afgelei van die kaart, waarom dit die geval was. 4x2=(8) 3.7 Verduidelik hoe die inwoners van Kareemia daarin slaag om te oorleef. Gebruik die inligting op die kaart. 3x2=(6) 3.8 Watter aanduidings is daar op die kaart dat bewaringsboerdery toegepas word? 3x2=(6) /80/

Page 13: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

13

VRAAG 4 - STEDELIKE NEDERSETTINGS Bestudeer die diagram wat 'n stad in 'n ontwikkelde land in die Suidelike Halfrond voorstel en beantwoord dan die vrae. Antwoorde moet vanaf die diagram afgelei word.

4.1 Hierdie stad kan beide 'n gespesialiseerde en 'n handels- en vervoerstad wees. Gee TWEE redes om die geldigheid van hierdie stelling te verklaar. 2x2=(4) 4.2 Verwys na die residensiële area by A: 4.2.1 Identifiseer die stratepatroon by A. 1x2=(2) 4.2.2 Gee DRIE redes waarom die stratepatroon gekies is. 3x2=(6) [8] 4.3 Identifiseer die TWEE vernaamste fisiese faktore wat die buitelynvorm van die stad beïnvloed het. 2x2=(4) 4.4 Voertuie op die paaie in hierdie stad word gedwing om teen 'n spoed van 10 tot 20 km/h gedurende spitstye te beweeg. Wat sou jy die Stadsraad aanraai om te doen om die verkeersprobleme te verlig? (Moet nie die konstruksie van meer paaie en/of snelweë aanbeveel nie.) 4x2=(8) 4.5 Wat is VIER bronne van lugbesoedeling in hierdie stad? Verduidelik ook hoe die valleiklimaat die probleem vererger. (4x2)+(3x2)=(14)

Page 14: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

14

4.6 Verwys na die grondgebruiksone by F: 4.6.1 Identifiseer die grondgebruiksone. 1x2=(2) 4.6.2 Identifiseer die straatplan. 1x2=(2) 4.6.3 Waarom is die straatplan hier gebruik? 1x2=(2) 4.6.4 Waarom is die geboue hier so hoog? 3x2=(6) 4.6.5 Watter soort besighede sal jy verwag om op die grondverdieping

van hierdie hoë geboue aan te tref? 2x2=(4)

[16] 4.7 Is C of D die swaar nywerheidsone? Gee SES redes vir jou antwoord. 2+(6x2)=(14) 4.8 Die Stadsraad beplan die bou van nog woonstelle by E vir die lae- inkomste groepe. Skryf 'n brief (waarvan die inhoud minstens 10 reëls moet beslaan), aan die Burgermeester waarin jy as inwoner van residensiële gebied A beswaar maak. Jy sou eerder die bestaande enkelverdieping huise by E wil laat behou en opknap. U brief sal geassesseer word aan die hand van die volgende kriteria:

• aksie wat jy neem • vrese • nadelige gevolge • voordelige gevolge (12)

/80/

Page 15: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

15

AFDELING C - STREEKSAARDRYKSKUNDE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 5: SUID-AFRIKA - OMGEWINGSKWESSIES 5.1 Reënvalverspreiding en droogte Bestudeer die onderstaande reënvalverspreidingskaart van Suid-Afrika asook die klimaatgrafieke van 3 dorpe/stede en beantwoord dan die vrae.

5.1.1 Die isohieet gemerk X-X verdeel Suid-Afrika in 'n “nat oostelike” en 'n “droë westelike’gedeelte. Watter reëlvalwaarde stel hierdie lyn voor? 1x2=(2)

PORT NOLLOTH kAAPSTAD DURBAN

Page 16: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

16

5.1.2 Die 30° Suiderbreedtelyn halveer Suid-Afrika byna in 'n noordelike en 'n suidelike helfte. Beskryf hoe die reënvalverspreiding van oos na wes langs hierdie lyn verander deur na die reënvalsyfers langs hierdie

lyn te verwys. 2x2=(4) 5.1.3 Noem en verduidelik kortliks TWEE faktore wat aanleiding gee tot die verspreiding wat jy in 5.1.2 beskryf het. 2(3x2)=(12) 5.1.4 Kaapstad en Port Nolloth is albei aan die westekant van die land geleë, maar hulle reënvalgrafieke toon merkbare verskille. Noem en verklaar die verskille. (2x2)+(3x2)=(10) Bestudeer ook die volgende droogtefrekwensiekaart van Suid-Afrika en beantwoord dan die vrae.

Bron: Verken Aardrykskunde Graad 12, Maskew Miller Longman 5.1.5 Watter van die stedelike nedersettings waarna daar in 5.1.4 verwys word, het die grootste kans om droogte te ervaar? Gee redes vir jou keuse. 2+(2x2)=(6) 5.1.6 As 'n landbou-adviseur in die Noord-Kaap, watter aanbevelings sal jy aan die boerderygemeenskap maak om die situasie in 5.1.5 genoem, suksesvol te hanteer? 4x2=(8) [42]

Page 17: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

17

5.2 Wanbalans in die natuurlike plantegroei Bestudeer die figuur wat die gevolge van versteuring van die natuurlike ekosisteem illustreer en beantwoord dan die vrae. Antwoorde moet vanaf die diagram afgelei word.

Bron: Challenge of the Natural Environment, Longman Group, VK 5.2.1 Watter verandering in die plantegroeipatroon van die gebied kan jy op die figuur identifiseer? 1x2=(2) 5.2.2 Noem 'n menslike en 'n natuurlike proses wat tot hierdie verandering bygedra het. 2x2=(4) 5.2.3 Gewoonlik lei die gevolge van een omgewingsprobleem tot die ontwikkeling van 'n ander wat die situasie vererger. Wat op die diagram dui aan dat die natuurlike ekosisteem van hierdie gebied uit balans geruk word? 3x2=(6) 5.2.4 Watter aanbevelings sal jy aan die eienaars van die grond maak ten einde die probleme wat in 5.2.3 genoem word, op te los? 3x2=(6) [18]

Page 18: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

18

5.3 Oorstromings Bestudeer die foto, koerantberig en kaart en beantwoord dan die vrae. Baie vlugtelinge uit Mosambiek het hul huise op en langs die walle van die

Jukskeirivier in Alexandra naby Johannesburg gebou. Wanneer dit reën en die rivier sterk vloei, kan hierdie huise weggespoel word.

4 beseer toe plakkershutte ineenstort Baie families is dakloos gelaat toe 'n dosyn plakkershutte langs die Jukskeirivier in Alexandrawoonbuurt gister meegesleur is toe watervlakke na vier dae van reën gestyg het. Volgens onbevestigde berigte is vier mense beseer toe plakkershutte in die rivier gestort het. Lede van Sandton se brandweerafdeling was op gereedheidgrondslag vir noodreddingsoperasies. Hulle het gesê dat baie plakkershutte wat langs die rivier gebou is, gevaarlik naby was en deur die stygende water en gevolglike gronderosie meegesleur kon word. Families wie se hutte nog staande was, het gister gepoog om hul wonings te versterk om te verhoed dat hulle in die rivier beland.

deur Makgadi Pela, Sowetan, 27 Maart 1995 Bron: Living Geography Grade 9, Maskew Miller Longman

Page 19: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

19

5.3.1 Die gebied wat groot skade as gevolg van die vloed gely het, staan bekend as Maputo op the Jukskei. Verduidelik waarom hierdie naam vir die nedersetting gekies is. 1x2=(2) 5.3.2 Gegewe die ligging van die gebied in Suid-Afrika, watter weerstelsel/- verskynsel sou die waarskynlikste oorsaak van die oorstromings gewees het? 1x2=(2) 5.3.3 Watter gevolge het die oorstromings langs die Jukskeirivier gehad? 2x2=(4) 5.3.4 Watter hedendaagse sosiale vraagstukke/probleme in Suid-Afrika dink jy het grootliks bygedra tot die groot omvang van die skade. 3x2=(6) 5.3.5 As jy die president van Suid-Afrika was, wat sou jy doen om elk van die vraagstukke wat jy in 5.3.4 geïdentifiseer het, te probeer oplos? 3x2=(6) [20] /80/

Page 20: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

20

VRAAG 6: BEVOLKING EN EKONOMIESE AARDRYKSKUNDE 6.1 Bevolkingsgroei en bevolkingsdigtheid Bestudeer die sirkel- en kolomgrafiek wat die persentasie (%) grondgebied

en % bevolking in 1997 en 2001 onderskeidelik voorstel en beantwoord die vrae wat volg.

Stats. SA: Census 2001

Page 21: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

21

6.1.1 Watter TWEE provinsies het die hoogste persentasie bevolking in beide 1997 en 2001 gehad? 2x2=(4) 6.1.2 Watter provinsie het die grootste % geografiese grondgebied? 1x2=(2) 6.1.3 Watter provinsie toon 'n statiese bevolkingsgroei? 1x2=(2) 6.1.4 Watter provinsie het die laagste persentasie bevolkingsgroei? 1x2=(2) 6.1.5 Verduidelik kortliks die redes vir die afname in die persentasie bevolkingsgroei in 6.1.4. 3x2=(6) 6.1.6 Verduidelik kortliks die trekfaktore wat bygedra het tot die hoë bevolkingsdigtheid in Gauteng. 7x2=(14) 6.1.7 Gee VIER faktore wat die lae bevolkingsdigtheid in die Noord-Kaap veroorsaak. 4x2=(8) [38] 6.2 Bevolking en sosio-ekonomiese ontwikkeling Bestudeer die tabel en beantwoord dan die vrae.

Provinsies in SA % Werkloosheid % Armoede % MIV/VIGS-voorkoms

Oos-Kaap 32 20.2 18 Vrystaat 29.1 6.4 27.9 Gauteng 28.2 10.5 23.9 KwaZulu-Natal 33.5 23.9 32.5 Limpopo 36.1 1.6 11.4 Mpumalanga 29.9 7.8 27.3 Noord-Wes 29.9 9.2 23 Noord-Kaap 26.1 16.6 10.1 Wes-Kaap 18.4 3.8 7.1

6.2.1 Watter provinsie het die hoogste persentasie MIV/VIGS-voorkoms? 1x2=(2) 6.2.2 Verduidelik kortliks die faktore wat bygedra het tot die hoër MIV/VIGS- voorkoms waarna daar in 6.2.1 verwys word. 2x2=(4) 6.2.3 Verduidelik kortliks op watter maniere hierdie provinsie sy MIV/VIGS-voorkoms kan verminder. 3x2=(6)

[12]

Page 22: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

22

6.3 Nywerheidstreke van Suid-Afrika 6.3.1 Bestudeer die kaart van die Durban-Pinetown nywerheidsgebied en beantwoord die volgende vrae:

Page 23: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

23

6.3.1 Verduidelik waarom hierdie nywerheidstreek 'n ideale ligging vir brugnywerhede het. (2x2)=(4) 6.3.2 Die oorspronklike nywerheidsgebied van Durban was in die omgewing van Congella en Umbilo geleë en het sedertdien suidwaarts versprei. (a) Verduidelik, deur na die kaart te verwys, waarom Congella en Umbilo gekies was as oorspronklike ligging vir nywerhede in Durban. 2x2=(4) (b) Watter faktor het bygedra dat die nywerheidsgebied sedertdien suidwaarts versprei het? 1x2=(2) 6.3.3 Watter voordele hou die ligging van die nywerhede by Pinetown en New Germany bo dié by Durban in? 2x2=(4) 6.3.4 Beskryf die gunstige faktore, soos van die kaart afgelei, wat veroorsaak het dat Durban-Pinetown ten koste van Suidwes-Kaap, as die tweede belangrikste nywerheidsgebied in Suid-Afrika ontwikkel het. 8x2=(16) [30] /80/

Page 24: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

24

VRAAG 7: EKONOMIE VAN SUID-AFRIKA 7.1 Bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk Bestudeer die tabel en beantwoord dan die vrae.

Persentasie bydrae tot die BBP Ekonomiese sektore 2000 2001

Primêre sektor Landbou 2.5 3.1 Mynbou 3.5 7.5 Sekondêre sektor Fabriekswese 11.7 18.5 Konstruksie 3.3 2.9 Tersiêre sektor Handel (binnelands) 16.3 13 Vervoer en kommunikasie 13 10 Finansies 22.4 20.5 Gemeenskapsdienste 3 2.9 Algemene regering 20 18.9 Elektrisiteit, water (verspreiding) 4.3 2.7 Totaal 100 100 7.1.1 Bereken die bydraes van elke sektor (primêre, sekondêre en tersiêre)

tot die BBP vir 2000 en 2001 onderskeidelik. 2(3x2)=(12) 7.1.2 Watter sektor(e) het hulle bydraes tot die BBP vanaf 2000 tot 2001 verhoog? 2x2=(4) 7.1.3 Verduidelik waarom die bydraes van landbou tot die BBP vanaf 2000 tot 2001 toegeneem het. 2x2=(4)

[20] 7.2 Mynbou Die bydrae van mynbou tot die BBP van Suid-Afrika het van 3,5% in 2000 tot 7,5% in 2001 toegeneem. 7.2.1 Verduidelik kortliks die belangrike positiewe rol wat mynbou in die ekonomie van Suid-Afrika speel. 8x2=(16) 7.2.2 Beskryf die faktore wat mynbou in Suid-Afrika strem. 6x2=(12)

[28]

Page 25: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

25

7.3 Handel Bestudeer die kolomgrafieke wat die uitvoere en invoere vir 1999 en 2001 van die RSA aantoon en beantwoord dan die vrae. 7.3.1 Definieer handelsbalans. 2x2=(4) 7.3.2 Noem een kategorie wat 'n toename in uitvoere vanaf 1999 tot 2001

toon. 1x2=(2) 7.3.3 Gee redes vir die toename in die uitvoere vir masjinerie en vervoer- toerusting kategorie vir 1999 tot 2001. 2x2=(4) 7.3.4 Verduidelik kortliks hoekom die mynboukategorie vir invoere so 'n groot toename vanaf 1999 tot 2001 toon. 3x2=(6) 7.3.5 Gee redes waarom masjinerie en vervoertoerusting die invoersektor oorheers. 2x2=(4) [20] 7.4 Ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika 7.4.1 Na 1996 het Suid-Afrika sy ekonomiese strategie van HOP na GEAR verander. Waarvoor staan die afkortings HOP en GEAR? 2x2=(4) 7.4.2 Hoe sal die ekonomiese strategie (GEAR) die ekonomiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika verbeter? 2x2=(4) 7.4.3 Wat is die impak van GEAR op indiensneming in Suid-Afrika? 2x2=(4) [12] /80/ TOTAAL: /320/

SLEUTEL a = Mynbou (goud uitgesluit) b = Goud c = L andbou d = Basiese metaalindustrieë e = Masjinerie en vervoertoerusting f = Chemikalieë g = Tekstiele, klere, leer en papier h = Kos, drank en tabak i = Ander

Page 26: 0030 1 aardrykskunde hg v1wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...4x2=(8) [22] WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1 5 1.2 Tropiese siklone

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 (0030.1) AARDRYKSKUNDE HG/V1

26